n Ware verhaal Luister- en leestyd: n Storie oor vriendskap Jock van die Bosveld

Similar documents
Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

Split by PDF Splitter 7 Diere-avonture _ASG_6_LB_AFR TXT.indb /07/25 3:34 AM

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Daniël en die Leeukuil

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Musiek: Toets jou kennis *

Plekwaardes van heelgetalle *

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TrumpetNet, 31 May 2007

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

n Dieredrama: Kameelperd

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Die wonder van water *

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

Die wind as bron van energie *

Pragtige Koningin Ester

MEMO TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION. Name: Surname: Class: Afdeling A: Leesbegrip [30]

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Johannes 14: /08/2014

Oefentyd: Pret met taal

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Johannes 6:1-15; /07/2014

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Courses for March 2012

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

LAERSKOOL HELDERKRUIN

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

Digitale Produkte. Katalogus

Dierestories - 04 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Dierestories 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Pret en plesier - 02 *

OESFEES. Oktober 2016

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

Die badkamer en kombuis *

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

Wat is elektrisiteit? *

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

Speel met battery elektrisiteit *

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

MODULE 2 LEWENSFASE 3

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

Deuteronomium 8: /01/2014

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Maria salf Jesus se voete

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

Taalstrukture en -konvensies

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

Is my child reading? Lees my kind? Drive your imagination. l Babies may become quiet as you start to. l As children begin to read aloud for themselves

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

God se beloftes in voorbidding

Ons verklaar oorlog teen rommel *

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

KARAKTERS. CRUELLA DE VIL Deur mekaar, rook baie en skree as sy praat Two and n half men vrou verslaaf Dexter s Laboratory Kort en slim

1 Eerste Termyn 2015

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Die boek Job en lyding

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding *

Pret en plesier - 04 *

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

MODULE 2 LEWENSFASE 1

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

University Of Pretoria

Transcription:

12 n Ware verhaal Luister- en leestyd: n Storie oor vriendskap Luister na die titel, kyk na die prentjies. Waaroor, dink jy, gaan die verhaal? Jock van die Bosveld Daar was n oulike, klein bruin hondjie met die naam Jock. Jock was spesiaal. Hy het vir homself gesê: Ek wil so dapper soos my ma, Jess, wees. Hy sê ook: Ek wil groot en sterk en slim wees! 130

Lesreeks 12 Jock sê: Ek wil graag n vriend hê. Jock is baie gelukkig. Toe hy grootword, kry hy n beste vriend. Sy naam is Percy Fitzpatrick. Hulle bly in die Bosveld. Jock leer vinnig om te jag (hunt ). Maar hy jaag (chase) nie slange nie. Hy bly in die nag by die vuur as daar leeus is. Hy is versigtig en gehoorsaam (obedient ). 131

Kwartaal 3 Jock sien n wildsbok lank voor Percy die bok raaksien. Percy weet dat Jock se stertjie alles wys wat hy voel. Jock was altyd dapper. Een nag, toe hy die hoenders teen ander honde probeer beskerm, skiet n man hom per ongeluk dood. Percy was baie hartseer. Almal onthou Jock vandag nog as Jock van die Bosveld. 132

Lesreeks 12 Praattyd: Praat oor die storie l l Probeer die storie vir n maat oorvertel (hervertelling). Wat, dink jy, is die kerngedagte van die storie? Kies die regte opsie: Die storie gaan oor: a) die vriendskap tussen n man en n hond. b) die vriendskap tussen n man en n leeu. c) die vriendskap tussen n hond en n kat. l Het jy ook n hond wat jou beste vriend is? Vertel hoekom die hond jou beste vriend is. l As jy n ander slot kon kies, wat sou dit wees? (10 punte) Spelling: Diktee Maak julle boeke toe. Luister na die sinne en skryf dit neer. Die klein hondjie se naam was Jock. Hy het in die Bosveld gewoon. Sy beste vriend was Percy. Jock het n goeie jagter geword. Onthou, begin elke sin met n hoofletter en eindig met n punt. Die hond, die man en die plek se name word ook met hoofletters gespel! My naam is By! Hoe goed verstaan jy die storie? Watter een pas nie? 1. Jock wens dat hy eendag (slim/sterk/dapper/bang) sal wees as hy groot is. 2. Jock is n (klein/groot/bruin/oulike) hondjie. 3. Terwyl Jock en Percy in die Bosveld jag, is Jock altyd (stadig/ versigtig/dapper/gehoorsaam). 4. Jock was altyd n (goeie jagter/goeie baas/goeie vriend) vir Percy. (8 punte) Selflees: Vertel die storie Lees enige verhaal oor n hond of enige ander troeteldier. Kom vertel jou maats daarvan. (Totaal: 10) Skryf 15 woorde uit hierdie storie in jou persoonlike woordeboek. Gebruik van dié woorde en skryf n paragraaf oor die storie of enige ander hond. 133

Kwartaal 3 Luister- en leestyd: n Gedig Luister eers na die gedig. Lees dit daarna hardop, met gevoel en met ritme. n Ware held Daar was n dapper hond, wakker, slim en baie gesond. Jock van die Bosveld was sy naam; ek het n foto van Jock in n raam. Jock het altyd saam met Percy gejag, in die dag of in die nag Vir Percy, sy baas, was Jock die beste maat: van die oggend vroeg tot in die aand laat. Voltooi die rymwoorde. hond naam gejag maat Pret met taal Voeg die dubbelpunt (:) en aanhalingstekens ( ) by. A B Skryf die sinne korrek in die direkte rede. 1. Jock sê As ek eendag groot is, wil ek dapper wees. 2. Hy sê verder Ek wil die beste vriend in die wêreld wees. 3. Percy sê vir Jock Jy is die beste vriend en die beste jagter. Speletjie: Doen dit, doen dat! Verdeel in pare. Leerder 1 gee die instruksie of bevel en leerder 2 volg dit en voer dit uit (bevelsinne). Maak beurte. 1. Blaf soos n hond! Woef! Woef! 2. Brul soos n leeu! BRUL! BRUL! 3. Kekkel soos n hoenderhen! Kekkel! Kekkel! 4. Sis soos n slang! S S S S S 134

Lesreeks 12 Leestyd: n Koerantberig Lees die titel en kyk na die foto. Voorspel wat jy gaan lees. Lees dit daarna hardop. Hoekom skryf ons dramaonderwyser? n Ster, Fenias Timbe Fenias Timbe n graad 3-leerder van Kensington Ridge Primary School in Johannesburg, is n ster in die film, Jock of the Bushveld. Sy stem is een van Jock se boeties in die film. Fenias het n kompetisie gewen. Hy was die wenner uit 3 000 inskrywings. Fenias se ma en pa is oorlede. Hy bly by sy ouma, Diketso Mpala. Sy ouma het van dié kompetisie by Fenias se dramaonderwyser gehoor. Fenias het sy stem met die kort draaiboek (script ) op sy ouma se selfoon opgeneem en vir die kompetisie ingestuur. Fenias is baie opgewonde oor sy rol in die fliek. Hy wil eendag n akteur word. Hy het al in verskeie TV-advertensies verskyn. Hy is ook n sportman en hou van karate. Hy dra al n geel belt. Fenias Timbe (8) se stem maak hom beroemd. (Uit: Sunday Times, Januarie 2011) 135

Kwartaal 3 Hoe goed verstaan jy die koerantberig? Kies die regte antwoord. 1. Fenias is in graad (drie/vier). 2. Hy speel een van Jock se (sussies/boeties in die film. 3. Fenias was die wenner uit (drieduisend/driehonderd) inskrywings. 4. Hy is ook n sportman en hou van (karate/sokker). 5. Vir die kompetisie het hy sy stem op sy ouma se (televisie/selfoon) opgeneem en dit daarna ingestuur. 6. Fenias wil eendag n (sportman/akteur) word. (6 punte) Pretlees: Rympies Ek gaan iemand bel. Ek doen dit so: ek druk die knoppies, wag tot iemand antwoord, dan sê ek: Hallo! Hier is n knop. Wat doen jy daarmee? Jy druk daarop en woep! Af is die TV. sel foon s.nw (selfone) koordlose, mobiele telefoon knop (~pe) s.nw min of meer balvormige uitsteeksel (Uit: My eerste HAT, Pearson, 2009) Teken- en skryftyd 1. Teken jou eie selfoon. Skryf ook jou nommer in syfers en in woorde neer. Voorbeeld: 081 445 8894 nul-agt-een-vier-vier-vyf-agt-agt-nege-vier of: of nul-agt-een-dubbel vier-vyf-dubbel agt-nege-vier 2. Teken enige TV-skerm. Jy kan ook n prentjie op die skerm teken as jy wil! 136

Lesreeks 12 Pretlees: n Prentwoordeboek Lees die woorde van die gediggies by die prente hardop. Die prente en die gediggies help jou om die woorde te verstaan. Skryf die ses woorde ook alfabeties in jou persoonlike woordeboek neer. Wat is die teenoorgestelde van gehoorsaam? afdroog bal Hierdie hond is nat. Hy droog hom af dat die druppels spat. Nou is almal nat! Ek en die hond speel met n bal. Spring op van die grond, want die bal gaan val! bek blaf n Kind het n neus en n mond, maar n snoet en n bek hoort by n hond. n Katjie sê miaau. n Hoender sê kekkel-kôk. Woef-woef, blaf die hond, die groot hond in sy hok! gehoorsaam hond My hondjie Faan is baie gehoorsaam. Ek roep sy naam, dan kom hy vinnig aan. (Al die rympies uit: My eerste HAT, Pearson, 2009) n Hond het vier pote, n stert en n snoet. Hy blaf vrolik om jou te kom groet. 137

Kwartaal 3 Skryftyd: Eie storie A Lees die vrae. Beplan jou eie storie en skryf dit. 1. Wat gaan die titel van die storie wees? 2. Wie gaan in die storie wees? ( n Hond, n leeu, n mens?) 3. Waar gaan die storie afspeel? (In die bos, in die stad, op n plaas?) 4. Hoe begin die storie? (Inleiding) 5. Wat gebeur in die storie? 6. Hoe eindig die storie? (Einde of slot) Wie? Titel? Waar? Wat gebeur? B Skryf die storie in drie paragrawe. Herskryf die storie nadat die onderwyser dit nagesien het. n Taalspeletjie: n Geheime woord (13 punte) Kyk goed na elke prentjie. Skryf eers elke ding se naam neer. Skryf dan net die eerste letter van elke woord neer. Dis die geheime woord! 2. Begin hier: 1. haas 3. 4. Skryf die geheime woord neer. 1. h 3. 2. 4. 138

Lesreeks 12 Leestyd: n Storie: Die bang hond Lees die storie wat Wayne en Wendy geskryf het. l Jou onderwyser gaan vir jou vrae oor die storie uitdeel. (12 punte) 139

Kwartaal 3 Pret met taal A B Leer: Ek my myne (voornaamwoorde) Ek het n hond. Dit is my hond. Die hond is myne. Jy het n hond. Dit is jou hond. Die hond is joune. Sy het n hond. Dit is haar hond. Die hond is hare. Hy het n hond. Dit is sy hond. Die hond is syne. Ons het n hond. Dit is ons hond. Die hond is ons s n. Julle het n hond. Dit is julle hond. Die hond is julle s n. Hulle het n hond. Dit is hulle hond. Die hond is hulle s n. Leer ook: dit, hierdie, daardie (aanwysende voornaamwoorde). C Dit is n hond. Hierdie klein hondjie is by my. Hy is naby. Leer die trappe van vergelyking. Daardie groot hond hardloop weg. Hy is nou ver. Hierdie hond is klein. Hierdie hondjie is kleiner. Hierdie hondjie is die kleinste. D Voltooi die tabel (trappe van vergelyking). 1. dapper dapperder die 2. goed beter die 3. groot die grootste 4. slim die slimste 5. sterk sterker die 140

Lesreeks 12 Hersiening: Wat ken jy nou? A Skryf HIERDIE of DAARDIE. (Daardie/Hierdie) appel is in my hand. (Daardie/Hierdie) appels hang aan die boom. B C Voltooi die sinne (voornaamwoorde). 1. Ek het n vriend. Dit is vriend. 2. Jy het n vriend. Die vriend is. 3. Sy het n vriend. Dit is vriend. 4. Hy het n vriend. Die vriend is. 5. Ons het n vriend. Dit is vriend. 6. Julle het n vriend. Die vriend is s n. 7. Hulle het n vriend. Dit is vriend. Hierdie sinne oor die storie is ONWAAR. Maak hulle WAAR deur een woord te verander. 1. Die hondjie in die storie se naam is Percy van die Bosveld. 2. Sy beste maat se naam was Jock Fitzpatrick. 3. Jock se wens is dat hy eendag vir iemand n slegte vriend sal wees. 4. Jock leer baie stadig hoe om wildsbokke te jag. 5. Jock is baie dom, daarom weet hy dat slange gevaarlik is. D Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies (trappe van vergelyking). 1. Jock sien die wildsbokke (goed) raak as Percy, sy vriend. 2. Jock was die (dapper) hond wat Percy ooit gesien het. 3. Hy was ook die (goed) vriend wat n mens ooit kon hê. (Totaal: 15) 141