JAARVERSLAG VAN KAMCARE SOCIAL AND TRAINING SERVICES, VIR DIE TYDPERK 1 MAART 2017 TOT 28 FEBRUARIE 2018

Size: px
Start display at page:

Download "JAARVERSLAG VAN KAMCARE SOCIAL AND TRAINING SERVICES, VIR DIE TYDPERK 1 MAART 2017 TOT 28 FEBRUARIE 2018"

Transcription

1 6 August 2018 JAARVERSLAG VAN KAMCARE SOCIAL AND TRAINING SERVICES, VIR DIE TYDPERK 1 MAART 2017 TOT 28 FEBRUARIE INLEIDING Kamcare is in Augustus 2008 gestig as n artikel 21 / nie winsgewende maatskappy. Kamcare reik uit na mense met n wye verskeidenheid van probleme. Dit doen ons deur ons dienste in 5 sentrums van bediening te klasifiseer, naamlik: die Wellness sentrum, Opleidingsentrum, Kinderontwikkelingsentrum, Gemeenskapsontwikkelingsentrum en die Besigheidsondersteuningsentrum. Alhoewel Kamcare op die terrein van die NG Familiekerk Kameeldrif gestasioneer is, funksioneer dit onafhanklik. Daar is n samewerkingsooreenkoms met die kerk m.b.t. sekere administratiewe verpligtinge en kantoorarea-gebruik. Ons logo dui op: Die hande dui op dienende hande wat op verskeie maniere help om ons gemeenskap heel te maak. Die blou in die logo dui op ons geloof in God wat inherent deel van ons wese is. Die groen in die logo dui op die sagte manier hoe ons vir ons gemeenskap omgee en hulle wil ontwikkel. Die geel in die logo dui op die hoop wat ons wil bring. Die oop hart dui op die manier hoe ons vir almal in ons gemeenskap omgee, ongeag geslag, kleur of sosiale status. 2. KONTAKBESONDERHEDE Fisiese adres: Plot 310 Sinagogeweg Kameeldrift-Oos (op die NG Familiekerk Kameeldrif se perseel) Posadres: Fotonet Suite #79 Privaatsak x8 Lynn East 0039 Webadres: Eposadres: info@kamcare.org Kontakpersoon: Mev. Liezel Landman - liezel@kamcare.org Telefoonnommer: of

2 2 3. PERSONEELBESETTING Bestuurder Liezel Landman 6/8 pos In diens sedert 1 Januarie 2009 Sekretaresse Thea Rossow 6/8 pos In diens sedert 14 Oktober 2010 Maatskaplike hulp - Jaqueline Mashitiso 6/8 pos In diens sedert 1 Mei 2013 werker Finansiële beampte Elzaan Nortjé 2/6 pos In diens sedert 1 September DIENSTE GELEWER 4.1 Wellness centre By die wellness sentrum was die volgende terapeute werksaam, naamlik: Dr. Roelf Opperman (pastorale berader), Nina Marais forensiese maatskaplike werker Kira Smidt prokureur Adv Cerita Joubert (egskeidingsmediasie) Samewerkingsooreenkoms is gesluit met Jakaranda Kinderhuis in terme van verwysings vir sielkundige hulp. Werner Victor, doen gehoortoetse en aansoeke vir gehooraparate. Allimentasie gevalle is gehanteer deur Liezel Landman (maatskaplike werker) Statistiek rondom al die professionele dienste gelewer is nie beskikbaar nie, die volgende statistiek is wel beskikbaar rondom die pastorale dienste gelewer in die Wellness sentrum gedurende die tydperk: Persone gehelp: 218 Sessies: 210

3 3 4.2 Opleidingsentrum By die opleidingsentrum is die volgende opleiding aangebied: Besigheidsvaardighede Hierdie opleiding fokus op die mense in die gemeenskap wat reeds klein besighede bedryf of beplan om te bedryf. Gedurende die begin van 2017 is n omvattende jaarlange opleiding aangebied in samewerking met Unisa wat in Maart 2017 afgeskop het met 54 mense en geïndig het met 32 volwaardige entrepreneurs Naaldwerkvaardighedeopleiding Hierdie opleiding het 5 Maart 2009 begin en het nog glad nie opgehou nie. Dit vind op Donderdae plaas. Die fokus is naaldwerkvaardighedeopleiding spesifiek vir die swart enkelouers in die gemeenskap met die doel dat hulle n besigheid kan bedryf uit die vaardighede wat hulle uit die opleiding verkry. 3 vrouens en 1 man het reeds hulle eie besighede begin na aanleiding van die opleiding. n Totaal van 83 vrouens en 1 man het reeds die opleiding deurloop.

4 Bakkursus Met hierdie opleiding is persone uit die gemeenskap opgelei in bakvaardighede. 11 persone (mans en vrouens) het die opleiding bygewoon in April 2017 en Oktober n Vrywilliger vanuit die gemeente is behulpsaam met die aanbieding van die kursus Sweis Met hierdie opleiding word mense in die gemeenskap toegerus met praktiese sweisvaardighede, daar word deurlopend kursusse aangebied, in die tydperk is 19 persone oplei Tuinbou Tuinbouvaardighede word aangebied deur n landskapsargitek vir tuinwerkers. 12 persone het die opleiding deurloop in die tydperk Ouerleiding Vyf vrouens het opleiding ontvang in die Botswadi ouerleidingsprogram. 4.3 Kinderontwikkelingsentrum: Reading Eggs Die program is begin na aanleiding van die behoefte van die kinders in ons gemeenskap aan vroeë stimulering en ontwikkeling van Engels. Baie kinders druip en verlaat skool op n vroeë ouderdom omdat hulle glad nie vorder op skool nie. Daar is besluit om op n baie vroeër ouderdom te fokus om hierdie kinders van baie kleins af aan Engels bloot te stel. Die Reading Eggs program is n internasionale aanlyn internet leesprogram wat die kind in staat stel om op sy eie pas te vorder. Na elke 10 lessies is daar n toets en die kind ontvang n sertifikaat. Elke kind kry die geleentheid om 2 keer per week vir 30 minute op die program te werk. Hierdie program is in Maart 2014 afgeskop met 15 Graad R kinders in die informele nedersetting se kleuterskool. In 2015 is Graad 1 leerlinge van Leeuwfontein Laerskool ingesluit en vanaf 2016 ook die Graad 2 kinders. Sedert Januarie 2017 word 207 Gr R- Gr 3 kinders bedien twee keer per week by 2 verskillende skole met Engelse lesse. Daar is ook begin om die Gr 2 en Gr 3 kinders op n Wiskunde program in te skakel vir n verdere uur per kind per week. Vakansieprogram Tydens die vakansie is daar bitter min of geen toesig vir die kinders wat in informele nedersettings bly. Hulle ouers moet werk en daar is geen ander alternatief vir die ouers as om hulle kinders aan hulleself oor te laat nie. In 201 is uitgereik na plot 123

5 5 Leeuwfontein, ook n informele nedersetting en was dit nodig om alles aan te ry omdat daar geen elektrisiteit is nie. Die tema vir die week was Bullies. n Totaal van 89 kinders het deel uitgemaak van die program. 4.4 Gemeenskapsontwikkelingsentrum Sonpanele Hierdie projek het begin a.g.v. die finansiële ondersteuning van Lloyds Register in Engeland. Sedertdien word dit plaaslik befonds deur individuele donateurs. Die doel is om sonpanele in die informele nedersetting, plot 175 en Plot 123, te installeer sodat gesinne met skoolgaande kinders, elektriese lig kan hê waarby die kinders huiswerk kan doen. Die eenheid stel mense ook in staat stel om hulle selfone te herlaai ten einde werksgeleenthede meer bereikbaar te maak. 2 Mense uit die gemeenskap is ook opgelei in die installering en instandhouding van die eenhede en word ook betaal vir hulle dienste gelewer. Tot op hede het 350 huise solarpaneel-eenhede ontvang. Dit sluit n hoeveelheid van 1158 gesinslede in wat deur die projek bereik word. Hulp aan behoeftiges, d.m.v. die skenking van kos, klere en komberse. n Totaal van 100 komberse en 94 kospakkies is uitgegee aan behoeftige gesinne. Betrokkenheid by ander organisasies in die gemeenskap, soos die Akademie vir Kanoe Ontwikkeling, Vintage en Vogue aftreeoord, Jakaranda Kinderhuis, Via Nova skool, Baviaanspoort gevangenis, Huis Blymoedig, ROVCC voedingskema en 3 kleuterskole in plot 175. Hulp is vanaf Kamcare verleen aan die organisasies d.m.v. skenkings en emosionele ondersteuning. Ondersteuning is ook verleen aan die vrywilligers van die NG Familiekerk Kameeldrif wat by sommige van hierdie organisasies hulp verleen. 4.5 Besigheidsondersteuningssentrum In hierdie tydperk het 35 entrepreneurs befondsing ontvang vir hul klein besighede vanuit BEE fondse wat aan Kamcare toegeken is sowel as n donasie van n internasionale organisasie. Kamcare het een keer per maand n byeenkoms gehou waar nuwe entrepreneurs ondersteun is en waar verdere opleiding plaasvind. Ten tyde van die verslag was 70 entrepreneurs deel van hierdie program. 5. TOEKOMSBEPLANNING Kamcare wil graag ons dienste uitbrei deur n rekenaar opleidingsentrum te begin.

6 6 6. SAMEVATTING Dienste is in afhanklikheid van God aangebied. Groot dank word ook uitgespreek aan die NG Familiekerk Kameeldrif en hul predikante omdat hulle voorloop as voorbeelde van sagte harte, lewende water en helder ligte aan die gemeenskap. MEV. LIEZEL LANDMAN BESTUURDER Sien n paar foto s as grepe op die jaar se bedrywighede: Onder en regs Reading eggs: Links: Tuinbouopleiding

7 7 Bo: Ouerleiding Onder: Komberse

8 8 Bo: Vakansieprogram-pret Links: Sonpanele Onder: Vakansieprogram groep-foto

Nuusbrief Junie / Julie 2017

Nuusbrief Junie / Julie 2017 Nuusbrief Junie / Julie 2017 Ons wil graag dankie sê aan Toy Adventures, die trotse borg van die Kamcare Nuusbrief. Ondersteun hulle gerus by Byls Bridge Promenade in Highveld Centurion en The Grove winkelsentrum.

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

Nuusbrief Augustus / September 2017

Nuusbrief Augustus / September 2017 Nuusbrief Augustus / September 2017 My school / My Village / My Planet Kamcare is nou geregistreer as n My School / My Village / My Planet begunstigde. Wat dit beteken is Woolworths betaal n gedeelte van

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL SPORTVERSLAG Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL Netbal Die derde kwartaal was weer propvol hoogtepunte. Ons netbalspelers het week na week uitmuntend gepresteer met pragtige uitslae.

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Speel met battery elektrisiteit *

Speel met battery elektrisiteit * OpenStax-CNX module: m24199 1 Speel met battery elektrisiteit * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad

More information

Wat is elektrisiteit? *

Wat is elektrisiteit? * OpenStax-CNX module: m24760 1 Wat is elektrisiteit? * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including: Page1 English in italic font Die VVOS bied aan/ The AECYC presents: Kurrikulum vir Baba s, Peuters, Voor-Gr R & Graad R Curriculum for Babies, Toddlers, Pre-grade R & Grade R Ontwikkel deur Freda Wilkens

More information

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY by Leon Ian Ie Grange Submitted in partial fulfilment of the requirements for the degree M.Eng. (Technology Management) in the Faculty

More information

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA UNIVERSITY OF PRETORIA Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese Department of Industrial and Systems Engineering INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

2017 / 2018 NPO No:

2017 / 2018 NPO No: Badisa Trio Jaarverslag 2017 / 2018 NPO No: 011 891 History will judge us by the difference we make in the everyday lives of our children Nelson Mandela Wie is Badisa Trio Badisa Trio is n program van

More information

Hoërskool Roodepoort

Hoërskool Roodepoort Hoërskool Roodepoort NUUSBRIEF/ NEWS LETTER 10 22/9/2018 Junie is jeug maand! Roodies se tema vir Junie was gelykheid. Ons het daarop gefokus, om elke leerder te verseker dat hy/sy gelyke waarde in ons

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha Dissipline en positiewe leerderdeelname 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha Daaglikse siening oor dissipline? Formele strukture om dissipline te hanteer: Gedragskode/ Merietestelsel HOËRSKOOL GERRIT MARITZ

More information

Digitale Produkte. Katalogus

Digitale Produkte. Katalogus ... leer speel-speel! Digitale Produkte Katalogus www.lomi.co.za info@lomi.co.za Afrikaanse Produkte Die Somme(r) Pret reeks is propvol opwindende aktiwiteite om basiese wiskundevaardighede op n prettige

More information

Wat is vaskulêre demensie?

Wat is vaskulêre demensie? PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is vaskulêre demensie? Hierdie inligtingsblad sit n paar oorsake en simptome uiteen van vaskulêre demensie en gee n paar voorstelle oor hoe om die risiko daarvan om die toestand

More information

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7 SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7 2019 Die volgende algemene skryfbehoeftes word deur die skool verskaf: Alle skrifte 1 x HB Potlood 1 x Liniaal 1 x Uitvëer 1 x Skêr 1 x Skerpmaker 1 x Eksamenblok 1 x Blou pen

More information

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD n Paar wenke: Hierdie volledige patrone en instruksies word gratis van ons webwerf afgelaai. Dit is oorspronklike patrone deur Pauline Matthee (met inspirasie

More information

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING Wat is kwaliteit-onderrig? Begronding van kwaliteit-onderrig As instelling op Bybelse grondslag kan ons nie

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk education Department: Education GAUTENG PROVINCE Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk November 2011 AFRIKAANS HT Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. GOO JOHANNESBURG

More information

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer OpenStax-CNX module: m20785 1 Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative

More information

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE OpenStax-CNX module: m26630 1 GESONDE KOS * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

ONDERSTEUNDE WERK ( SUPPORTED EMPLOYMENT ) VANUIT N GEMEENSKAPSKONTEKS Madri Engelbrecht (1998)

ONDERSTEUNDE WERK ( SUPPORTED EMPLOYMENT ) VANUIT N GEMEENSKAPSKONTEKS Madri Engelbrecht (1998) ONDERSTEUNDE WERK ( SUPPORTED EMPLOYMENT ) VANUIT N GEMEENSKAPSKONTEKS Madri Engelbrecht (1998) Die voordrag sal handel oor die 1) ontwikkeling van n ondersteunde werksprogram in n 2) gemeenskapskonteks

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,

More information

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015 SAOU Noord-Kaap Northern Cape Posbus 110156 Hadisonpark 8306 E-pos: saounk@saou.co.za 053 832 2727 Faks 053 832 2460 8 Desember 2015 No: 28 van 2015 SEMINAAR VIR SKOOLHOOFDE 2016 Skoolhoofde word versoek

More information

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25941 1 Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS WTW 218 - CALCULUS EKSAMEN / EXAM PUNTE MARKS 2013-06-13 TYD / TIME:

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN JUNIE EKSAMEN 2016 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 AFBAKENING: 7 JUNIE 2016 Afdeling A: Begripstoets Afdeling B: Taalstruktuur Woordsoorte (Werkkaarte is in kwartaal 1 lêer en kwartaal 2

More information

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business iversity of Pretoria etd Giesing, I (2003) iversity of Pretoria etd Giesing, I (2003) User perceptions related to identification through biometrics within electronic business By Ilse Giesing 2003 Submitted

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel 1 P a g e (Kliek op een van die inhouds opgawe items om daarna te spring) INHOUDS OPGAWE Handleiding vir die... 1 gebruik van... 1 SAEF Registrasies

More information

6.4 Die Kuratore Dagbestuur onderneem om Kuratore wat oor die nodige gawes en tyd beskik te versoek om as direksielede van die maatskappy te dien.

6.4 Die Kuratore Dagbestuur onderneem om Kuratore wat oor die nodige gawes en tyd beskik te versoek om as direksielede van die maatskappy te dien. 24.2 RAPPORT 2: KURATORE TEOLOGIESE SKOOL POTCHEFSTROOM OOP AFSTANDSLEER VIR KANDIDAATSTUDENTE VIR WIE DIT NIE MOONTLIK IS OM NA POTCHEFSTROOM TE KOM NIE (Art 211) A. Die voorsitter, dr DG Breed, oorhandig

More information

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O Provincial Gazette Free State Province Provinsiale Koerant Provinsie Vrystaat Published by Authority Uitgegee op Gesag NO. 31 FRIDAY, 04 JUNE 2010 NO. 31 VRYDAG, 04 JUNIE 2010 PROVINCIAL NOTICE PROVINSIALE

More information

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Vrystaat (Bothaville).

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Vrystaat (Bothaville). Droom - Glo - Doen A L G E M E N E V R A E : Waar en Wanneer en Wat kos dit? Dit word aangebied by Megapark in Bredasdorp. (die terein is geleë op die rand van die dorp, volg net al die bordjies wat in

More information

Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES

Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES LEDEVERGADERING GEHOU TE IMPALA KLUBHUIS PIETERSBURG MEETING HELD AT IMPALA CLUB HOUSE

More information

Die storie van die Imbali Nasorg Sentrum

Die storie van die Imbali Nasorg Sentrum Die storie van die Imbali Nasorg Sentrum Op die 15e Januarie 2014 het die Imbali Nasorg Sentrum sy deure vir die eerste maal in die klein dorpie van Kylemore, net buite Stellenbosch, oopgemaak. Juffrou

More information

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING OpenStax-CNX module: m27843 1 HERWINNING Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4

More information

SASOLBURG NEWSFLASH. Voorsitter se kommentaar / Chairman s. In This Issue / In Hierdie Uitgawe

SASOLBURG NEWSFLASH. Voorsitter se kommentaar / Chairman s. In This Issue / In Hierdie Uitgawe SASOLBURG NEWSFLASH Sasolburg Chamber Newsletter/Sakekamer Nuusbrief Aug/Sep 2015 Voorsitter se kommentaar / Chairman s comments. Ek glo dat dit sommer baie goed gaan met al ons wonderlike lede! Somer

More information

2 8/2016. Discipline is the bridge between goals and accomplishment. -Jim Rohn*

2 8/2016. Discipline is the bridge between goals and accomplishment. -Jim Rohn* 2 8/2016 Discipline is the bridge between goals and accomplishment. -Jim Rohn* Met die inskrywing van u kind by n privaatskool, sou dissipline een van die ononderhandelbares wees wat u sou ervaar. As n

More information

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA WES-GAUTENGTAK GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA WEST GAUTENG BRANCH WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER NEXT MONTHLY MEETING:

More information

Courses for March 2012

Courses for March 2012 Courses for March 2012 Beginners Lightroom 3 Course In this beginners course we will look at the importance of Lightroom as a powerful workflow tool. Explore catalogs and demystify the Library and Develop

More information

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning 4 Operasies Op Data 4.1 Foundations of Computer Science Cengage Learning Doelwitte: Nadat hierdie hoofstuk bestudeer is sal jy kan: Lys die 3 kategorieë van operasies wat op data uitgevoer word. Voer unêre

More information

Musiek: Toets jou kennis *

Musiek: Toets jou kennis * OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING FAKULTEIT INGENIEURSWESE FAULTY OF ENGINEERING Elektriese Aandryfstelsels 324 Electrical Drives Systems 324 Tutoriaal 11 Tutorial 11 15/16 Mei 2014 15/16 May 2014 Tydsduur: Duration: 2.5h Totaal: Total:

More information

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012) INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/00001508/2012) PROPOSED ASH DISPOSAL AT KENDAL POWER STATION Notice is hereby

More information

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag Classwork Klaswerk Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5 Monday Maandag 1. Draw a picture using tens and units and write the number name for 79. Teken 'n prentjie deur tiene en ene te gebruik, en skryf die

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektriese Aandryfstelsels 324 Electrical Drives Systems 324 Tutoriaal 11 Tutorial 11 15/16 Mei 2014 15/16 May 2014 Tydsduur: Duration: 2.5h Totaal: Total:

More information

Verslag van die Hoof Uitvoerende Beampte: Ontwikkelingsprogramme Verslag van die Hoofbestuurder: Bedieningsprogram 10

Verslag van die Hoof Uitvoerende Beampte: Ontwikkelingsprogramme Verslag van die Hoofbestuurder: Bedieningsprogram 10 Inhoud Bladsy Inhoud 1 Verslag van die Direksie 2 Verslag van die Hoof Uitvoerende Beampte: Algemene Jaarvergadering 4 Verslag van die Hoofbestuurder: Ontwikkelingsprogramme 2005-2006 6 Verslag van die

More information

Geregistreer ingevolge Wet nr.46 van 1926 Registered in terms of Act no 46 of 1926

Geregistreer ingevolge Wet nr.46 van 1926 Registered in terms of Act no 46 of 1926 JUKSKEI S@ S@ Geregistreer ingevolge Wet nr.46 van 1926 Registered in terms of Act no 46 of 1926 Ingelyfde Vereniging sonder winsoogmerk Incorporated Association not for gain Reg no : 2004/000166/08 Lid

More information

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Skepping Skepping uit niks Adam en Eva Evolusie

More information

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11 100 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is slegs n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n graad 10- jaareindvraestel verwag kan word.

More information

Soos n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel.

Soos n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel. Dit Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: helder2@global.co.za Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za Omsendbrief 28/17 2017 10 10 Soos n moeder haar kind

More information

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Votum: Psalm 8 Seëngroet: Vriende ek groet julle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, wat jou liefhet en aanvaar, net soos jy

More information

Wat is fronto-temporale temporale demensie

Wat is fronto-temporale temporale demensie PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is fronto-temporale temporale demensie Hierdie blad verskaf algemene inligting oor een van die meer rare vorms van demensie, nl. fronto-temporale demensie. Dit gee n opsomming

More information

LAERSKOOL RUSTENBURG

LAERSKOOL RUSTENBURG GRAAD 7 1. Penne 2 van elk: Blou, swart en rooi - nie "gel" penne nie (balpunt asb.) 2. Inkleurpotlode 3. 2 x Pritt 4. 2 x HB Potlode of Pacer (Onthou lood vir pacer) 5. 2 x A4 Skryfblokke 6. 1 x Sakrekenaar

More information

Voorsitter se Jaarverslag

Voorsitter se Jaarverslag Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland PO Box 300 674 Albany Auckland Klub tel. (09) 478 2291 E-pos: Die.Afrikaanse.Klub@clear.net.nz Webblad: www.afrikaans.org.nz 25 November 2002 Voorsitter se Jaarverslag

More information

Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting *

Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting * OpenStax-CNX module: m25236 1 Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 EKONOMIESE

More information

NAMPO Die datum van volgende jaar se NAMPO Oesdag is Dinsdag 15 tot Vrydag 18 Mei JOERNAAL 2012 / JOURNAL 2012

NAMPO Die datum van volgende jaar se NAMPO Oesdag is Dinsdag 15 tot Vrydag 18 Mei JOERNAAL 2012 / JOURNAL 2012 ' Junie June 2011 BELANGRIKE KONTAK BESONDERHEDE / IMPORTANT CONTACT DETAILS Telefoonnommer / Telephone number: 051 448 7302/3 Faksnommer / Fax Number: 051 448 7304 Webwerf / Website: www.ngunicattle.info

More information

Trap versigtig wanneer jy hoop van mense weggeneem het. ~ Oliver Wendell Holmes ~

Trap versigtig wanneer jy hoop van mense weggeneem het. ~ Oliver Wendell Holmes ~ Dit Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: helder2@global.co.za Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za Omsendbrief 32/15 2015 11 09 Trap versigtig wanneer jy

More information

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS 1 VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS 1. Algemeen 1.1 Besonderhede van die Van Huyssteens Orators Fees sal altyd beskikbaar wees op die webwerf. Volg die skakel: www.vanhuyssteens.co.za

More information

OESFEES. Oktober 2016

OESFEES. Oktober 2016 1 OESFEES Oktober 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Die teeskinkbeurt-lys vir 2017 sal ge-epos word aan die kleingroepleiers, bevestig asb dat die teeskinkdatums vir julle groep gepas sal wees. Voorstelle vir aanbiedings,

More information

Voorstel aan die Kerkraad in opdrag van die Kerkraad rakende Engelse Dienste Aangewysde ouderlinge en Register van besoekers in die erediens

Voorstel aan die Kerkraad in opdrag van die Kerkraad rakende Engelse Dienste Aangewysde ouderlinge en Register van besoekers in die erediens Voorstel aan die Kerkraad in opdrag van die Kerkraad rakende Engelse Dienste Inhoud van die verslag vir goedkeuring deur die kerkraad. 1. Motivering vir ʼn Engelse erediens. 2. Beginsels rondom die Engelse

More information

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR Lei, leer en inspireer Lead, learn and inspire DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR WERKSWINKEL VIR SKOOLBESTURE NMU 24 AUGUSTUS 2017 L.H. SWANEPOEL MANUAL FOR SCHOOL MANAGEMENT (www.msmonline.co.za)

More information

ORGANISATIONAL TRANSFORMATION:

ORGANISATIONAL TRANSFORMATION: ORGANISATIONAL TRANSFORMATION: A QUANTUM LEAP FROM THE TRADITIONAL TO THE ENTREPRENEURIAL by SEP SERFONTEIN submitted in partial fulfilment of the requirements for the degree PHILOSOPHIAE DOCTOR (HUMAN

More information

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08 DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08 Handleiding vir registrasie van studente en personeel - Papercut BEKNOPTE HANDLEIDING

More information

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN Inligting oor die vlag: Vergroot die vlag net so groot julle wil. Onthou net om die verhouding reg te hou. Kort sy 10 cm 20 cm 40 cm 60 cm Lang sy 15 cm 30 cm 60 cm 90 cm Rooi

More information

PERSONEELONTWIKKELING AS RAAMWERK WAARBINNE ONDERRIGONTWIKKELING PLAAS. In Genesis 3 verse 17 tot 19 se God aan die mens dat hy met swaarkry 'n

PERSONEELONTWIKKELING AS RAAMWERK WAARBINNE ONDERRIGONTWIKKELING PLAAS. In Genesis 3 verse 17 tot 19 se God aan die mens dat hy met swaarkry 'n 37 HOOFSTUK 2 PERSONEELONTWIKKELING AS RAAMWERK WAARBINNE ONDERRIGONTWIKKELING PLAAS VIND 2.1 ORieNTERING In Genesis 3 verse 17 tot 19 se God aan die mens dat hy met swaarkry 'n bestaan uit die aarde sal

More information

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek! 1 Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy 1 14. Lekker soek! 2 Lees die tr- woorde hardop en skryf dit dan in jou werkboek! traan trap tref trek treur tril

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mrs M Gough Leesbegrip en taalwerk Date 8 June 2017 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special

More information

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Metafoor: Google die natuurverskynsel: The meeting of the waters waar die Rio Negro en Rio Solimoes

More information

mgd n Gemeenskapinteraksie Vlagskipprojek van US n HOOP Projek

mgd n Gemeenskapinteraksie Vlagskipprojek van US n HOOP Projek mgd n Gemeenskapinteraksie Vlagskipprojek van US n HOOP Projek JAAR- VERSLAG 2012 INHOUSOPAWE 1 2 4 5 6 7 8 9 13 14 Inleiding Boodskappe Entrepreneurskap Vaardigheidsopleiding Volwasse Onderrig en Opleiding

More information

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my. Ontmoeting 33 Teks: 1 Samuel 17 Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou! Hulpmiddels:

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GRAAD 11 TOTAAL: 150 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 11- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is daar

More information

AANSOEK OM LIDMAATSKAP STUDENTE 2015

AANSOEK OM LIDMAATSKAP STUDENTE 2015 AANSOEK OM LIDMAATSKAP STUDENTE 2015 (Voltooi in drukskrif, asseblief) Studentenommer - - Geboortedatum J J J J M M D D Van Voorletters ID Nr. Koshuis Stellenbosch-adres Seksie (koshuis) Huisadres Noemnaam

More information

Pret en plesier - 02 *

Pret en plesier - 02 * OpenStax-CNX module: m32511 1 Pret en plesier - 02 * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Pret

More information

18 Mei Geagte Ouers

18 Mei Geagte Ouers Geagte Ouers 18 Mei 2017 Ongelooflik hoe die tyd vlieg nog net 4 weke en dan skryf ons reeds die Junie Eksamen. Dit is UITERS BELANGRIK dat geen leerder nou op die kritieke stadium van die kwartaal afwesig

More information

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

Ondersoek twee-dimensionele vorms * OpenStax-CNX module: m30779 1 Ondersoek twee-dimensionele vorms * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad

More information

Gebedshandleiding. n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree

Gebedshandleiding. n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree N BEDIENING VAN KAMPUS KRUISTOG VIR KRISTUS Gebedshandleiding n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree Inhoudsopgawe Inleiding Inleiding 1 Doelwitte

More information

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Die vraestelle word opgestel volgens die riglyne van die CAPS kurrikulum, sodat soveel moontlik van alle tegnieke wat in die eerste twee

More information

Appendix 12. General Correspondence with Interested and Affected Parties

Appendix 12. General Correspondence with Interested and Affected Parties Appendix 12 General Correspondence with Interested and Affected Parties Suite E4 First Floor 68 High Street WORCESTER 6850 PO Box 250 WORCESTER 6849 Tel/Fax: (023) 347-0336 E-pos: Erf233Touws@BolandEnviro.co.za

More information

2. BORDUURWERK / EMBROIDERY

2. BORDUURWERK / EMBROIDERY 2. BORDUURWERK / EMBROIDERY 2.1. Skeppend / Creative Koördineerder/Coordinator: Annette Stemmet 082 663 8147 SLUITINGSDATUM vir inskrywings: Woensdag 28 Maart 2018. CLOSING DATE for entries: Wednesday

More information

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11) OpenStx-CNX module: m988 Trigonometrie: Trig identiteite (Grd ) Free High School Science Texts Project Bsed on Trigonometry: Trig identities (Grde ) by Free High School Science Texts Project This work

More information

ONTWIKKELINGSPROGRAM vir LAERSKOOL EIKESTAD STELLENBOSCH WEES DIE VERSKIL VIR ONS IS OMGEE EERSTE

ONTWIKKELINGSPROGRAM vir LAERSKOOL EIKESTAD STELLENBOSCH WEES DIE VERSKIL VIR ONS IS OMGEE EERSTE ONTWIKKELINGSPROGRAM vir LAERSKOOL EIKESTAD STELLENBOSCH WEES DIE VERSKIL VIR ONS IS OMGEE EERSTE OPSOMMEND: 1. Waaroor gaan die program: Die program is n geleentheid vir alle graad 7 leerders om leierskapsvaardighede

More information