Materie en materiale: Intermolekulêre kragte

Size: px
Start display at page:

Download "Materie en materiale: Intermolekulêre kragte"

Transcription

1 Materie en materiale: Intermolekulêre kragte 1

2 Inhoudsopgawe 1. Tussenatoomkragte/Interatoomkragte/Intramolekulêre kragte Intermolekulêre kragte Soort kragte tussen molekules Ione teenwoordig Geen ione teenwoordig Die effek van intermolekulêre kragte Fase van de molekuul Digtheid van die molekuul Molekulêre massa Molekulêre vorm Smelt en kookpunte Viskositeit Termiese uitsetting Termiese geleiding Water (H2O) Warmkapasiteit Smelt en kookpunte Digtheid Adhesie en kohesie Oppervlakte spanning Kapillariteit

3 Kragte tussen atome 1. Tussenatoomkragte/Interatoomkragte/Intramolekulêre kragte Definisie: Dit is die elektrostatiese aantrekkingskragte tussen atome voorkom as gevolg van die deling of oordrag van elektrone. Die kragte verwys na die kragte tussen atome. Die kragte is elektrostatiese/coulombkragte en bepaal die chemise eienskappe van n stof. Na 1 Cl 1+ Tussen die katioon en anioon vorm daar sterk elektrostatiese/ coulombkragte. So vorm daar n kristalrooster. 2. Intermolekulêre kragte Kragte tussen molekules Definisie: Dit is die aantrekkingskragte tussen molekules Die kragte bepaal die fisiese eienskappe van n stof. Na 1 Cl 1+ Na 1 Cl 1+ BELANGRIK: Intramolekulêre kragte kom voor tussen atome, en is dus sterker as intermolekulêre kragte wat voorkom tussen molekules. Wanneer die Intramolekulêre kragte gebreek word sal die chemise eienskappe van die stof verander. Wanneer die intermolekulêre kragte gebreek word sal die fisiese eienskappe verander van die stof. 3

4 2.1 Soort kragte tussen molekules Intermolekulêre kragte Ione teenwoordig Geen ione teenwoordig Ione teenwoordig Ioon-dipoolkragte Ioon + polêre molekuul Dit is die aantrekingskragte wat tussen ione en dipole (polêre molekules) voorkom. Ioon Na + Die dipool posisioneer homself so sodat die teenoorgestelde pooltjie gerig is na die ioon. So ontstaan daar aantrekkingskragte. Dipool O H H δ + δ + BELANGRIK: Die Ioon-dipool krag is die rede hoekom ionise verbindings oplos in water. Wanneer n ionise stof in water geplaas word dissosieer dit. Die ione wat vorm (katione en anione) word dan omring deur die water molekules. Die water molekules dien as n isolator om die ione apart van mekaar te hou. Ioon-geinduseerde-dipoolkrag Ioon + nie-polêre molekuul Dit is die aantrekkingskragte wat tussen ione en nie-polêre molekules ontstaan. Tydelike dipool word in die nie-polêre molekuul geinduseer. Dit gebeur wanneer die elektrone van die molekuul tydelik herrangskik. Die een kant van die dipool word effens negatief. Sodra die ioon verwyder word, beweeg die elektrone weer terug na oorspronklike posisies. - δ + e e 4

5 2.1.2 Geen ione teenwoordig Van der Waalskragte Van der Waalskragte is swak aantrekkingskragte wat tussen molekules voorkom. Ioon-dipool en ioon-geinduseerde kragte is sterker as Van der Waalskragte omdat die ladings van ione baie sterker is as die van dipole of geinduseerde dipole. Daar is die Van der Waalskragte naamlik: Dipool-dipool kragte polêre molekuul + polêre molekuul Dit is die aantrekkingskragte tussen polêre molekules. Hierdie kragte veroorsaak dat die molekules rangskik in n patroon. δ + H Cl O H H δ + δ + sterker dipool aantrekkingskrgte BELANGRIK: Spesiale geval van dipool-dipoolkragte is waterstofbindings. Waterstofbindings vind plaas wanneer waterstof met n klein atoom met n baie hoë elektronnegatiwiteit bind soos stikstof of suurtsof. Die bindings kom voor tussen die effens negatiewe lading op die elektronegatiewe atoom van die molekule en die effens positiewe lading van die waterstof van die ander molekule. δ + δ + δ + δ + Waterstofbindings is die sterkste intermolekulêre kragte maar is steeds swakker as intramolekulêre kragte. Voorbeelde van waar die bindings kan voorkom Waterstof wat verbind met suurstof, stikstof en fluoor In organiese stowwe soos alkohole en karboksielsure 5

6 Dipool-geinduseerde dipoolkragte Polêre molekuul + Nie-polêre molekuul Die is die aantrekkingskragte tussen n dipool (polêre molekuul) en n nie-polêre molekuul. Tydelike dipool word in die nie-polêre molekuul geinduseer. Dit gebeur wanneer die elektrone van die molekuul tydelik herrangskik. Die een kant van die dipool word effens negatief. So ontstaan daar dan aantrekkingskragte tussen die dipool en geinduseerde dipool se teenoorgestelde ladings. δ + H Cl δ + Ar e e Tydelike dipool Nie-polêre molekuul + Nie-polêre molekuul Neutrale atoom + Neutral atoom Geinduseerde dipoolkragte (Londonkragte/Dispersiekragte) Dit is die aantrekkingskragte tussen nie-polêre molekules of neutrale atome. Hoe ontstaan daar kragte? Oombliklike dipole ontstaan. Die elktrone is konstant besig om te beweeg te hoë spoed rondom die positiewe kern. Elke nou end an ontstaan daar n oneweredige verspreiding van elektrone. Op daai oomblik is daar meer elektrone aan die een kant en daar ontstaan n oombliklike dipool. Hierdie sal slegs omringende molekules affeteer vir n baie kort tydperk. Die krag is baie swak. Tussen watse molekules sal die krag ontstaan? Edelgasse atome Diatomiese molekules Nie-polêre molekules He δ + He δ + BELANGRIK: Dispersie kragte is ALTYD teenwoordig tussen alle molekules.alle ander kragte soos waterstofbindings kragte en Van der waals kom bykomend saam en kansaleer nie dispersie kragte uit nie. 6

7 2.2 Die effek van intermolekulêre kragte Fase van de molekuul Stowwe kom voor in een van die drie fasetoestande: vastestof, vloeistof en gas. Die fase waarin die stof voorkom hang af van die intermolekulêre kragte en die kinetiese energie van die deeltjies. Faseveranderings kan plaasvind deur die temperatuur te verhoog (T E k ). Die meer kinetiese energie die deeltjies het, die makliker kan die intermolekulêre kragte gebreuk word. Vastestof (s) Vloeistof (l) Gas (g) Sterkte van intermolekulêre kragte neem af Digtheid van die molekuul Dighteid = massa volume Die digtheid van n stof word gesien as die aantal atome per eenheid of die massa oor die volume. Die drie verskillende fases lei tot verskillende digthede omdat die rangskikking van die deeltjies verskil.wanneer die deeltjies naby aan mekaar is sal die digthied hoër wees as wanneer die deeltjies verder uit mekaar is. intermolekulêre kragte digtheid Vastestof (s) Vloeistof (l) Gas (g) Digtheid neem af 7

8 2.2.3 Molekulêre massa Dispersiekragte/Londonkragte neem toe wanneer die molekulêre massa toeneem. Toename is massa van n nie-polêre molekuul o Wanneer die molekulêre massa toeneem beteken dit dat die aantal elektrone toeneem. o Groter molekules se elektrone is meer geneig om oneweredig te versprei. o Dus vorm daar groter tydelike/oombliklike dipole (sterker). o Die dispersiekragte neem toe. o Meer energie word vereis om die kragte te oorkom. Toename is massa van n polêre molekuul o Tussen polêre molekules kom daar dispersiekragte so wel as dipool-dipool kragte voor. o Wanneer die molekulêre massa toeneem beteken dit dat die aantal elektrone toeneem. o Groter molekules se elektrone is meer geneig om oneweredig te versprei. o Dus vorm daar groter tydelike/oombliklike dipole (sterker). o Die dispersiekragte neem toe. o Meer energie word vereis om die kragte te oorkom. BELANGRIK: Die enigste verskil is dat daar slegs dispersie voorkom tussen nie-polêre molekules terwyl daar dispersie en dipool-dipool kragte voorkom tussen polêre molekules. Ons gebruik die dispersiekragte om ter verduidelik hoekom kragte toeneem soos wat die molekulêre massas toeneem Molekulêre vorm kontakoppervlakte sterker dispersiekragte Lang reguit kettings is minder kompak en het groter kontakoppervlaktes. Dus is daar meer punte waarop die dispersiekragte kan inwerk. Die dispersiekragte is dus sterker as by vertakte kettings. Vertakte kettings is meer kompak en het kleiner kontakoppervlaktes. Dus is daar minder punte waarop die dispersiekragte kan inwerk. Die dispersiekragte is dus swakker as by lang reguit kettings. 8

9 2.2.5 Smelt en kookpunte Smeltpunt: Temperatuur waarby n vastestof oorgaan na n vloeistof. sterkte van intermolekulêre kragte smeltpunt Kookpunt: Temperatuur waarby die dampdruk gelyk is aan die atmosferiese druk. sterkte van intermolekulêre kragte kookpunt Hoe sterker die kragte is hoe meer energie word vereis om die kragte te breek. Wanneer n stof smelt of kook, breek die intermolekulêre kragte tussen die moelukles. Dus sal ons energie toevoeg (temperatuur verhoog) om die kragte te breek Viskositeit Definisie: Dit verwys na die hoeveelheid weerstand wat n stof teen vloei bied. Die groter die viskositeit van n stof die moeiliker vloei die stof. Die sterker die intermolekulêre kragte die groter is die viskositeit. Wanneer die temperatuur verhoog sal die intermolekulêre kragte verswak en die deeltjies se viskositeit sal verlaag. BELANGRIK: die intermolekulêre kragte is nie die enigste faktor wat die viskositeit van n stof beinvloed nie Termiese uitsetting Definisie: Dit verwys na die toename in volume van n stof wanneer die temperatuur toeneem. Toename is temperatuur veroorsaak n toename in die gemiddelde kinetiese energie van die deeltjies.die deeltjies beweeg verder en vinniger uit mekaar. Dus vergroot die volume van die stof. Die sterker die intermolekulêre kragte tussen die deeltjies, die meer energie is nodig om die kragte te breuk, die minder sal die stof uitset. Toename in temperatuur Termiese geleiding Definisie: Dit verwys na n stof se vermoë om hitte te gelei. o o Metale is goeie termiese geleiers van warmte want dit bestaan uit positiewe atoomreste en n see van gedelokaliseerde elektrone. Die elektrone is vry om te beweeg en dra die hitte energie goed oor. Kovalente molekules is swak termiese geleiers van warmte want dit bestaan nie uit elektrone wat vry is om te beweeg nie. UITSONDERINGS: Diamant is n goeie hitte geleier en koolstof is n goeie elektrisiteit geleier. 9

10 3. Water (H 2 O) 3.1 Warmkapasiteit O Definisie: Dit verwys na die hoeveelheid energie wat nodig is om H H 1kg van die stof met 1 C te verander. Water se warmkapasiteit is aansienlik hoog. Omdat water se δ + δ + warmkapasiteit so hoog is kan dit n groot hoeveelheid energie absorber terwyl dit warm word. Latente warmte is die warmte wat geabsorbeer of vrygestel word wanneer n stof van fasetoestand verander. Water het n hoë latente warmte. Dus sal energie (hitte) vrygestel word wanner water afkoel of verhit. Hierdie speel n belangrike rol in: o o Die aarde se matige klimaat Organismes wat hulle liggaamstemperatuur moet reguleer 3.2 Smelt en kookpunte Daar kom waterstofbindings (intermolekulêre kragte) voor tussen die water molekules. Baie energie word vereis om die bindings te breek. Water het dus n hoë kook en smeltpunt. 3.3 Digtheid Een eienskap van water wat onmiddelik opmerkbaar is, is dat ys altyd op water dryf. Vroeër het ons gesien dat digtheid toeneem soos wat intermolekulêre kragte toeneem. So hoekom sal ys (sterker intermolekulêre kragte) dryf op water (swakker intermolekulêre kragte)? Water wat afkoel word digter tot en met 4 C waar die stof sy maksimum digtheid bereik. Wanneer dit enigsens verder afkoel sit die water uit en word minder dig! Water wat afkoel vorm n heksogonale struktuur. Die watermolekules vorm sterk waterstofbindings met ander watermolekules. 10

11 3.4 Adhesie en kohesie Khohesie kragte Adhesie kragte Dit is die kragte wat voorkom tussen dieselfde deeltjies. Bv. Water molekules word deur mekaar aangetrek omdat die water molekules polêr is. dus as jy 'n glas water het is al die water molekules teen mekaar Dit is die kragte wat voorkom tussen verskillende deeltjies. Bv. Wanneer jy 'n bord onder die water hou en weer optel klou daar nogsteeds water druppels aan die bord vas. 3.5 Oppervlakte spanning Definisie: Dit verwys na die kohesie kragte wat die water molekules op die oppervlakte van water ondervind. Dit is die mate van weerstand wat die water bied teen n krag wat sy oppervlakte wil vergroot. Binneste molekules: Hierdie molekules ondervind aantrekkings kragte van alle kante af. Omdat die kragte van alle kante af kom ondervind die molecule redelike simmetriese aantrekkingskragte. Oppervlakte molekules: Hierdie molekules ondervind slegs sywaartste en afwaartse aantrekkingskragte. Dus ondervind dit n netto krag na die middel van die water, die netto krag neig daarna om die watermolekule so veel as moonklik in te trek. Die krag veroorsaak ook dat die molekules digter saampak en dat hulle hulself so rangskik dat daar so min as moonklik molekules op die oppervlakte is (so klein as moonklik oppervlakte). intermolekulêre kragte oppervlakte spanning intermolekulêre kragte oppervlakte spanning intermolekulêre kragte oppervlakte spanning Daar kom lugmolekules voor bo die oppervlakte molekules. Die adhesiekragte tussen die lug en oppervlakte molekules is swakker as die kohesiekragte tussen die water molekules. 11

12 3.6 Kapillariteit Definisie: Dit is die vermoë van n vloeistof om teen swaartekrag te vloei. Wanneer vind dit plaas? Kapillariteit vindplaas wanneer die adhesiekragte tussen die vloeistof en die wande van n buis sterker is as die koheisiekragte tussen die vloeistof molekules. Voorbeeld: Wanneer water in n dun glas buisie is, is die adhesiekragte sterker as die kohesiekragte.dus sal die rand van die oppervlakte na boontoe getrek word terwyl die oppervlakte spanning die oppervlakte by mekaar sal hou. Water se oppervlakte vorm sal altyd konkaaf wees in n glas buis omdat die rand na bo getrek word. adhesiekragte kapillariteit adhesiekragte kapillariteit adhesiekragte kapillariteit Adhesie Kohesie Adhesiekragte > Kohesiekragte 12

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding *

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding * OpenStax-CNX module: m39158 1 Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding * Free High School Science Texts Project Based on Atomic combinations: Electronegativity and ionic bonding by Free

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE

More information

Wat is elektrisiteit? *

Wat is elektrisiteit? * OpenStax-CNX module: m24760 1 Wat is elektrisiteit? * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

Speel met battery elektrisiteit *

Speel met battery elektrisiteit * OpenStax-CNX module: m24199 1 Speel met battery elektrisiteit * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad

More information

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer OpenStax-CNX module: m20785 1 Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative

More information

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Wat is vaskulêre demensie?

Wat is vaskulêre demensie? PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is vaskulêre demensie? Hierdie inligtingsblad sit n paar oorsake en simptome uiteen van vaskulêre demensie en gee n paar voorstelle oor hoe om die risiko daarvan om die toestand

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces

More information

Musiek: Toets jou kennis *

Musiek: Toets jou kennis * OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS WTW 218 - CALCULUS EKSAMEN / EXAM PUNTE MARKS 2013-06-13 TYD / TIME:

More information

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA UNIVERSITY OF PRETORIA Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese Department of Industrial and Systems Engineering INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag Classwork Klaswerk Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5 Monday Maandag 1. Draw a picture using tens and units and write the number name for 79. Teken 'n prentjie deur tiene en ene te gebruik, en skryf die

More information

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323 Copyright reserved UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323 November 2003 External Examiner: Dr E Terblanche Time: 2h30 Internal Examiners: P.R.

More information

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning 4 Operasies Op Data 4.1 Foundations of Computer Science Cengage Learning Doelwitte: Nadat hierdie hoofstuk bestudeer is sal jy kan: Lys die 3 kategorieë van operasies wat op data uitgevoer word. Voer unêre

More information

Plekwaardes van heelgetalle *

Plekwaardes van heelgetalle * OpenStax-CNX module: m30621 1 Plekwaardes van heelgetalle * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad 4

More information

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD n Paar wenke: Hierdie volledige patrone en instruksies word gratis van ons webwerf afgelaai. Dit is oorspronklike patrone deur Pauline Matthee (met inspirasie

More information

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING FAKULTEIT INGENIEURSWESE FAULTY OF ENGINEERING Elektriese Aandryfstelsels 324 Electrical Drives Systems 324 Tutoriaal 11 Tutorial 11 15/16 Mei 2014 15/16 May 2014 Tydsduur: Duration: 2.5h Totaal: Total:

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektriese Aandryfstelsels 324 Electrical Drives Systems 324 Tutoriaal 11 Tutorial 11 15/16 Mei 2014 15/16 May 2014 Tydsduur: Duration: 2.5h Totaal: Total:

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN JUNIE EKSAMEN 2016 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 AFBAKENING: 7 JUNIE 2016 Afdeling A: Begripstoets Afdeling B: Taalstruktuur Woordsoorte (Werkkaarte is in kwartaal 1 lêer en kwartaal 2

More information

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Metafoor: Google die natuurverskynsel: The meeting of the waters waar die Rio Negro en Rio Solimoes

More information

Courses for March 2012

Courses for March 2012 Courses for March 2012 Beginners Lightroom 3 Course In this beginners course we will look at the importance of Lightroom as a powerful workflow tool. Explore catalogs and demystify the Library and Develop

More information

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100 EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 PUNTE : 100 TYD : 1 uur 30 min SPESIFIEKE DOELWITTE TEGNOLOGIESE PROSES EN VAARDIGHEDE 50% TEGNOLOGIESE KENNIS 30% TEGNOLOGIESE IMPAK OP DIE

More information

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11) OpenStx-CNX module: m988 Trigonometrie: Trig identiteite (Grd ) Free High School Science Texts Project Bsed on Trigonometry: Trig identities (Grde ) by Free High School Science Texts Project This work

More information

Digitale Produkte. Katalogus

Digitale Produkte. Katalogus ... leer speel-speel! Digitale Produkte Katalogus www.lomi.co.za info@lomi.co.za Afrikaanse Produkte Die Somme(r) Pret reeks is propvol opwindende aktiwiteite om basiese wiskundevaardighede op n prettige

More information

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

Ondersoek twee-dimensionele vorms * OpenStax-CNX module: m30779 1 Ondersoek twee-dimensionele vorms * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad

More information

Hoërskool Roodepoort

Hoërskool Roodepoort Hoërskool Roodepoort NUUSBRIEF/ NEWS LETTER 10 22/9/2018 Junie is jeug maand! Roodies se tema vir Junie was gelykheid. Ons het daarop gefokus, om elke leerder te verseker dat hy/sy gelyke waarde in ons

More information

University Of Pretoria

University Of Pretoria University Of Pretoria Faculty Of Engineering, Built Environment And Information Technology Student Number: Name: Surname: Email: Contact Number: Signature: Student Information Test Information Subject:

More information

Government Gazette Staatskoerant

Government Gazette Staatskoerant Government Gazette Staatskoerant REPUBLIC OF SOUTH AFRICA REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Regulation Gazette 10023 Regulasiekoerant Vol. 579 Pretoria, 27 September 2013 36866 N.B. The Government Printing Works

More information

Hoe kom ek op die webwerf? Besoek die Sanlam Aftreefondsweb by https://www.retirementfundweb.co.za/.

Hoe kom ek op die webwerf? Besoek die Sanlam Aftreefondsweb by https://www.retirementfundweb.co.za/. Alles met die druk van n knoppie Het jy geweet dat jy, op enige tyd en op enige plek, op die Sanlam Aftreefondsweb kan sien hoeveel jou aftreefondsbelegging werd is? As n lid van die Universiteit Stellenbosch

More information

AN INTEGRATED CONTINUOUS OUTPUT LINEAR POWER SENSOR USING HALL EFFECT VECTOR MULTIPLICATION

AN INTEGRATED CONTINUOUS OUTPUT LINEAR POWER SENSOR USING HALL EFFECT VECTOR MULTIPLICATION AN INTEGRATED CONTINUOUS OUTPUT LINEAR POWER SENSOR USING HALL EFFECT VECTOR MULTIPLICATION by Dieter S. Mellet 9722332 Submitted in partial fulfillment of the requirements for the degree Master of Engineering

More information

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha Dissipline en positiewe leerderdeelname 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha Daaglikse siening oor dissipline? Formele strukture om dissipline te hanteer: Gedragskode/ Merietestelsel HOËRSKOOL GERRIT MARITZ

More information

Kragte en wrywing * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 9 3 ENERGIE, KRAGTE EN MASJIENE 4 Module 19 5 KRAGTE EN WRYWING

Kragte en wrywing * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 9 3 ENERGIE, KRAGTE EN MASJIENE 4 Module 19 5 KRAGTE EN WRYWING OpenStax-CNX module: m20927 1 Kragte en wrywing * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 9

More information

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES 2010 2015/16 2010 REGLEMENT D REGULATIONS D 2010 SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES INHOUD / INDEX NR ARTIKELBESKRYWING / ARTICLE DESCRIPTION P 1 VOORWOORD PREAMBLE 3 2 ROLSTOEL GEBONDE

More information

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25941 1 Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Die vraestelle word opgestel volgens die riglyne van die CAPS kurrikulum, sodat soveel moontlik van alle tegnieke wat in die eerste twee

More information

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL SPORTVERSLAG Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL Netbal Die derde kwartaal was weer propvol hoogtepunte. Ons netbalspelers het week na week uitmuntend gepresteer met pragtige uitslae.

More information

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business iversity of Pretoria etd Giesing, I (2003) iversity of Pretoria etd Giesing, I (2003) User perceptions related to identification through biometrics within electronic business By Ilse Giesing 2003 Submitted

More information

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA WES-GAUTENGTAK GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA WEST GAUTENG BRANCH WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER NEXT MONTHLY MEETING:

More information

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY by Leon Ian Ie Grange Submitted in partial fulfilment of the requirements for the degree M.Eng. (Technology Management) in the Faculty

More information

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module: m31862 1 Afronding * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie

More information

SPELERS MET GESTREMDHEDE

SPELERS MET GESTREMDHEDE 2010 2017/18 REGLEMENT D REGULATION D JUKSKEI SA SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES INHOUD / INDEX NR ARTIKELBESKRYWING ARTICLE DESCRIPTION P 1 VOORWOORD PREAMBLE 3 2 ROLSTOEL GEBONDE

More information

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Skepping Skepping uit niks Adam en Eva Evolusie

More information

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING Wat is kwaliteit-onderrig? Begronding van kwaliteit-onderrig As instelling op Bybelse grondslag kan ons nie

More information

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) * OpenStax-CNX module: m39725 1 Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings Graad 10 * Free High School Science Texts Project This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the

More information

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014 Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mr. J Ellis Date 10 November 2016 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special instructions/

More information

MIV/VIGS: Die gevreesde siekte van Afrika *

MIV/VIGS: Die gevreesde siekte van Afrika * OpenStax-CNX module: m24217 1 MIV/VIGS: Die gevreesde siekte van Afrika * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE

More information

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek! 1 Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy 1 14. Lekker soek! 2 Lees die tr- woorde hardop en skryf dit dan in jou werkboek! traan trap tref trek treur tril

More information

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Votum: Psalm 8 Seëngroet: Vriende ek groet julle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, wat jou liefhet en aanvaar, net soos jy

More information

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110 UNIVERSITY OF PRETORIA UNIVERSITEIT VAN PRETORIA Copright reserved Kopiereg voorbehou Department of Mechanical and Aeronautical Engineering Departement Meganiese en Lugvaartkundige Ingenieurswese Graphical

More information

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING OpenStax-CNX module: m27843 1 HERWINNING Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed Johannes 10:1-10 03/08/2014 Ek hoor nou die dag van mense wat na ander dorp toe getrek het. Hulle was baie ryk maar wou nie hê dat die mense in die nuwe dorp moet weet dat hulle ryk is nie. Hulle het n

More information

Wat is fronto-temporale temporale demensie

Wat is fronto-temporale temporale demensie PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is fronto-temporale temporale demensie Hierdie blad verskaf algemene inligting oor een van die meer rare vorms van demensie, nl. fronto-temporale demensie. Dit gee n opsomming

More information

Basiese beginsels van meetkunde - Graad 10 [CAPS] *

Basiese beginsels van meetkunde - Graad 10 [CAPS] * OpenStax-CNX module: m38525 1 Basiese beginsels van meetkunde - Graad 10 [CAPS] * Free High School Science Texts Project Based on Geometry Basics - Grade 10 [CAPS] by Rory Adams Free High School Science

More information

Die boek Job en lyding

Die boek Job en lyding Die boek Job en lyding Repentance is not a discrete external act; it is the turning round of the whole life in faith in Christ. Sinclair Ferguson Die boek Job en lyding Wat leer die boek van Job vir ons

More information

serie- en parallelskakeling *

serie- en parallelskakeling * OpenStax-CNX module: m31701 1 serie- en parallelskakeling * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 TEGNOLOGIE Graad 8 ELEKTRISITEIT

More information

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O Provincial Gazette Free State Province Provinsiale Koerant Provinsie Vrystaat Published by Authority Uitgegee op Gesag NO. 31 FRIDAY, 04 JUNE 2010 NO. 31 VRYDAG, 04 JUNIE 2010 PROVINCIAL NOTICE PROVINSIALE

More information

Deuteronomium 8: /01/2014

Deuteronomium 8: /01/2014 Deuteronomium 8:1-20 26/01/2014 Een van die mees gevreesde siektes van ons tyd is Alzheimer... Dis is n siekte wat jou brein aantas en maak dat jy naderhand glad nie meer kan onthou nie. Dit begin stadig

More information

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis Benodig: - 5 mense - 4 met jeans met wit hemp (die idee is dat die persoon nie die mense met die wit hemde die kruise sien neersit

More information

Plastiek. Namakwaland Wetenskap Klub 1 GRAAD 7: MATERIE EN MATERIALE

Plastiek. Namakwaland Wetenskap Klub 1 GRAAD 7: MATERIE EN MATERIALE OpenStax-CNX module: m35637 1 Plastiek Namakwaland Wetenskap Klub This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 Iets op plastiek vir graad 7 Abstract

More information

PlasmaMade en skoon lug Hoe om skoon lug te verkoop aan almal, oral V1.0

PlasmaMade en skoon lug Hoe om skoon lug te verkoop aan almal, oral V1.0 PlasmaMade en skoon lug Hoe om skoon lug te verkoop aan almal, oral V1.0 Die PlasmaMade Lugfilter waarborg: Gesonde lug Skoon lug In spasies waar baie mense bly, soos sitkamers, slaapkamers, kantore en

More information

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7 SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7 2019 Die volgende algemene skryfbehoeftes word deur die skool verskaf: Alle skrifte 1 x HB Potlood 1 x Liniaal 1 x Uitvëer 1 x Skêr 1 x Skerpmaker 1 x Eksamenblok 1 x Blou pen

More information

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK LITURGIE SONDAG 18 Mei 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Trompette: Johan & Coenie Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Psalm 148 & 150 Hannes Lof Hy laat die

More information

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: 1 Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps 121-2 : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: Intreelied: Ps 122-1: 1 Votum Seen Lofsang: Lied 203: 1,2 Geloofsbelydenis:

More information

HOOFSTUK 2 TEORETIESE BEGINSELS WAT DIE STUDIE ONDERL~

HOOFSTUK 2 TEORETIESE BEGINSELS WAT DIE STUDIE ONDERL~ ~ 12 - HOOFSTUK 2 TEORETIESE BEGINSELS WAT DIE STUDIE ONDERL~ Met 'n studie oor die landbou-potensiaal van 'n gebied en met die ondersoek van moontlikhede vir die ontwikkeling van die potensiaal, is dit

More information

DEVELOPMENT AND MODELLING OF NEW WIDEBAND MICROSTRIP PATCH ANTENNAS WITH CAPACITIVE FEED PROBES

DEVELOPMENT AND MODELLING OF NEW WIDEBAND MICROSTRIP PATCH ANTENNAS WITH CAPACITIVE FEED PROBES DEVELOPMENT AND MODELLING OF NEW WIDEBAND MICROSTRIP PATCH ANTENNAS WITH CAPACITIVE FEED PROBES by Gordon Mayhew-Ridgers Submitted in partial fulfillment of the requirements for the degree Philosophiae

More information

Kaartjies. by dosyne. Inhoud. Fransie Snyman. Meer as 150 oorspronklike handgemaakte ontwerpe

Kaartjies. by dosyne. Inhoud. Fransie Snyman. Meer as 150 oorspronklike handgemaakte ontwerpe Fransie Snyman Kaartjies by dosyne Inhoud Inleiding 7 8 Terme en tegnieke 13 Veelsydige voue 17 Ponswerk 43 Stempelwerk 55 Papierkrulwerk 63 Mooie metaal 73 Bosselering 81 Irisvouwerk 95 Teesakkievouwerk

More information

5 Rekenaar Organisasie

5 Rekenaar Organisasie 5 Rekenaar Organisasie 5.1 Foundations of Computer Science Cengage Learning Doel: Nadat hierdie hoofstuk bestudeer is sal jy kan: Lys die drie substelsels van `n rekenaar. Beskryf die rol van die sentrale

More information

Safari and Outdoor WP OPE 2015 Waaihoek, Goudini, Weskaap

Safari and Outdoor WP OPE 2015 Waaihoek, Goudini, Weskaap Safari and Outdoor WP OPE 2015 Waaihoek, Goudini, Weskaap Die WP Ope 2015 was n lang maar suksesvolle dag. Ons het 136 vooraf inskrywings gehad met 3 laat inskrywings en 6 geborgde inskrywings wat die

More information

Hoofstuk 5: Opsomming, gevolgtrekkings en aanbevelings

Hoofstuk 5: Opsomming, gevolgtrekkings en aanbevelings 130 Hoofstuk 5: Opsomming, gevolgtrekkings en aanbevelings 5.1 INLEIDING Die voorafgaande hoofstuk het die bevindinge van die studie na die voltooiing van die data-ontleding uiteengesit. Die doel van hoofstuk

More information

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel 1 P a g e (Kliek op een van die inhouds opgawe items om daarna te spring) INHOUDS OPGAWE Handleiding vir die... 1 gebruik van... 1 SAEF Registrasies

More information

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE OpenStax-CNX module: m26630 1 GESONDE KOS * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS

More information

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Pastoor Hannes Struwig omgee gemeente Groblersdal 071 303 8429 1 Ons moet onthou dat in alle tale, woorde is wat meer as as een betekenis het, soos byvoorbeeld

More information

DIE VOOBKOMS VAN INTERFERENSIE IN DIE LEER VAN SINVOLLE LEERSTOF DEUR VERBALE EN DEMONSTaASIEMETODES. PIETER CORNELIUS BAKKER B.Comm., B.Ed.

DIE VOOBKOMS VAN INTERFERENSIE IN DIE LEER VAN SINVOLLE LEERSTOF DEUR VERBALE EN DEMONSTaASIEMETODES. PIETER CORNELIUS BAKKER B.Comm., B.Ed. DIE VOOBKOMS VAN INTERFERENSIE IN DIE LEER VAN SINVOLLE LEERSTOF DEUR VERBALE EN DEMONSTaASIEMETODES Ingedien deur PIETER CORNELIUS BAKKER B.Comm., B.Ed. Verhandeling voorgel& ter gedeeltelike voldoening

More information

2. BORDUURWERK / EMBROIDERY

2. BORDUURWERK / EMBROIDERY 2. BORDUURWERK / EMBROIDERY 2.1. Skeppend / Creative Koördineerder/Coordinator: Annette Stemmet 082 663 8147 SLUITINGSDATUM vir inskrywings: Woensdag 28 Maart 2018. CLOSING DATE for entries: Wednesday

More information

IS 2015/16 SE DROOGTE DIE ERGSTE NOG? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN

IS 2015/16 SE DROOGTE DIE ERGSTE NOG? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN IS 2015/16 SE DROOGTE DIE ERGSTE NOG? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het op 13 Januarie n verklaring uitgereik en aangedui dat die kalenderjaar van 2015 die jaar met die laagste

More information

Kom ons laat die tydskedule net vir die huidige oomblik. Kan u vir die hof sag of u op daardie stadium van die

Kom ons laat die tydskedule net vir die huidige oomblik. Kan u vir die hof sag of u op daardie stadium van die K/C 122.1543 c c 123/93 onca ^ 68 M J BORNMAN wys watter band, die "copy" van daardie band is. Kom ons laat die tydskedule net vir die huidige oomblik eenkant. Kan u vir die hof sag of u op daardie stadium

More information

Reeks: Besproeiing van aartappels V. Skeduleringshulpmiddels Grondwaterinhoud metings Grondmonsters

Reeks: Besproeiing van aartappels V. Skeduleringshulpmiddels Grondwaterinhoud metings Grondmonsters Reeks: Besproeiing van aartappels V. Skeduleringshulpmiddels Grondwaterinhoud metings Artikel en foto s: Prof. Martin Steyn, Universiteit van Pretoria In die vorige artikel in hierdie reeks is atmosferiese

More information

J.G.K. Coetzee 22 GRONDTOEDIENINGS GRONDTOEDIENINGS

J.G.K. Coetzee 22 GRONDTOEDIENINGS GRONDTOEDIENINGS 22 Toedienings aan die grond is die mees natuurlike manier van bemesting. Die toedienings word gemaak om die plante van die nodige voedingselemente te voorsien, om toestande te skep vir optimale wortelgroei

More information

Ander Aardes in die Universum 1-50 (Afr) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die Hemele.

Ander Aardes in die Universum 1-50 (Afr) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die Hemele. Ander Aardes in die Universum 1-50 (Afr) Emanuel Swedenborg 1688-1772 Arcana Coelestia Geheime van die Hemele. 1. Deur die Goddelike genade van die Meester is die innerlikes, wat van my gees is, vir my

More information

WETENSKAP-IN-AKSIE GRAAD 6 EN 7

WETENSKAP-IN-AKSIE GRAAD 6 EN 7 www.akademie.co.za www.saou.co.za WETENSKAP-IN-AKSIE GRAAD 6 EN 7 DINSDAG 13 JUNIE 2017 14:00-15 15 5:00 TYD DSDUUR: 60 MINUTE Eksaminator: Moderator: Prof. Kobus van der Walt,, Fakulteit Natuurwetenskappe,

More information