INSAKE: KOMMENTAAR: VOORGESTELDE TRANSPORT FASILITEIT: ERF 9785, LANGEBAAN

Similar documents
Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Speel met battery elektrisiteit *

Daniël en die Leeukuil

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Wat is elektrisiteit? *

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Appendix 12. General Correspondence with Interested and Affected Parties

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Die wonder van water *

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Wat is vaskulêre demensie?

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Die wind as bron van energie *

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Musiek: Toets jou kennis *

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

Plekwaardes van heelgetalle *

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

PUBLIC MEETING ENVIRONMENTAL PROCESS

TrumpetNet, 31 May 2007

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

E-Klas handleiding Studente

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

Courses for March 2012

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Die buitelandse sektor in die ekonomiese siklus *

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

Nuusbrief Junie / Julie 2017

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

AN INTEGRATED CONTINUOUS OUTPUT LINEAR POWER SENSOR USING HALL EFFECT VECTOR MULTIPLICATION

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WILLEM STEPHANUS VAN ZYL

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Digitale Produkte. Katalogus

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

A story of Re-integration

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

SPELERS MET GESTREMDHEDE

Bankkosteverslag. Solidariteit. Solidariteit Navorsingsinstituut. * NAVORSINGSVERSLAG

Rigting en kontoerlyne *

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

ff;? 'Ka M u A. G, K. Z. G. TIP IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUIP-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) "* SAAKNOMMER: CC 482/8 5 DELMAS

Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting *

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

2. BORDUURWERK / EMBROIDERY

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

in Maartmaand, sou u daarvan onthou? -- dit sal ek onthou. En daar is ook getuienis hier dat indien n persoon nota's

Die Skrum Gids. Die Definitiewe Gids tot Skrum: Die Reëls van die Spel. Julie Ontwikkel en volhou deur Ken Schwaber and Jeff Sutherland

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

Inkomstestaat en balansstaat *

HOOFSTUK 1 AGTERGROND EN DEFINISIE VAN DIE PROBLEEM

University Of Pretoria

OESFEES. Oktober 2016

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

Die ekologiese sisteem *

Meganiese Projek 478 Megatroniese Projek 478 Megatroniese Projek 488. Riglyne vir Projekvoorstelle

ONDERSTEUNDE WERK ( SUPPORTED EMPLOYMENT ) VANUIT N GEMEENSKAPSKONTEKS Madri Engelbrecht (1998)

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

SASOLBURG NEWSFLASH. Voorsitter se kommentaar / Chairman s. In This Issue / In Hierdie Uitgawe

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

Hoe om brood te bak *

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA GORETE TEIXEIRA SUTIL N.O. AANGEHOOR OP: 29 NOVEMBER 2012 UITSPRAAK DEUR: VAN DER MERWE, R

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Die boek Job en lyding

BEHOEFIEBEPALINGSPROSES IN GEMEENSKAPSWERKIONlWIKKEUNG

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

LAERSKOOL HELDERKRUIN

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE


Transcription:

EXCERCE PERFECTIONI RATEPAYERS AND RESIDENTS ASSOCIATION BELASTINGBETALERS EN INWONERSVERENIGING 27 September 2015 Munisipale Bestuurder Saldanhabaai Munisipaliteit Privaat sak X 12 Vredenburg 7380 Geagte Meneer, Aandag: Louis Scheepers INSAKE: KOMMENTAAR: VOORGESTELDE TRANSPORT FASILITEIT: ERF 9785, LANGEBAAN Die Vereniging wil graag van die geleentheid gebruik maak om kommentaar te lewer op die voorgestelde vervoer-wisselaar op Erf 9785, h/voostewal en Antonio Sienistrate,Langebaan. 1. Objektiwiteit en integriteit van die opdrag: Dit is vanuit die staanspoor duidelik dat hierdie proses gemanupileerd en subjektief is. Hierdie stelling word gemaak aan die hand van die aanvangsparagraaf van die opdrag aan die konsultante onder opskrif Directive. Erf 9785 is identified by the Saldanha Bay Municipality as the ideal property for the accommodation of a public transport facility that includes taxis and busses in Langebaan.The municipality requested site-specific design proposals for Erf 9785 Langebaan through a tender process(quote No 385/2015).Dit is duidelik uit hoofde vandiebogenoemde aanhaling dat die konsultante deur die Saldanhabaai Munisipaliteit beperk word om slegs na hierdie perseel en terrein te kyk en dan slegs n ontwerp vir hierdie spesifieke perseel aan te bied.alhoewel daar later in die verslag verwys word na Alternatiewe,beperk diesaldanhabaai Munisipaliteit se opdrag aan die konsultante die ondersoek na alternatiewe standplase binne die Langebaan stedelike soom. Daar word nêrens in die verslagna ander standplase verwys nie en dus is die besluit van die Saldanhabaai Munisipaliteit om hierdie spesifieke erf as die ideale standplaas aan te wys uiters kortsigtig en subjektief. Daar word ten minste verwag dat daar drie of vier moontlikealternatiewe standplase geidentifiseer sal word wat aan verskeiekriteria onderwerp sal word om die mees geskikte standplaas daaruit te bepaal. Voorbeelde van die minimum tipes velde waaraan ie verskeie alternatiewe standplase gemeet sou behoort te word is soos volg: a) Verkeersimpakstudie; b) Risiko impaktudie; c) Sosio-maatskaplike impakstudie en n d) Sosio-ekonomiese impakstudie.

Die Vereniging is van oordeel dat die kundigheid en vaardighede om hierdie studies te doen en om n redelike resultaat te verkry nie in die geledere van die Saldanhabaai Munisipaliteit gevind sal word nie.die kundigheid en vaardigheidsvlakke om hierdie studies objektief te doen sal op die vrye mark bekom moet word. Daar is geen aanduiding dat daar enige vergelykings tussen alternatiewe standplase gedoen is nie. Indien die Saldanhabaai Munisipaliteit van hierdie stelling verskil word ten minste verwag dat: a)die maatstawwe wat gebruik is om die standplaas as die ideale standplaas te bepaal aan die Verenigingblootgelê sal word vir kommentaar. b)die verslae wat deur die amptenare voorgelê is om die standplaas as dievoorkeurstandplaas uit te wys, aan die Vereniging blootgele sal word vir ontleding en kommentaar; c) dat die mate van kundigheid en vaardighede waaroor die amptenare beskik om hierdie standplaas as voorkeur standplaas aan te wyss ook aan die Vereniging blootgelê sal word vir ontleding en kommentaar. Alhoewel die konsultante in pargraaf 1.3 onder opskrif Raad se Ontwikkelingsvisie melding maak dat die eerste fase van die proses die evaluering van die karaktereienskappe van Erf 9785 asook ander standplase sal insluit, word geen alternatiewe kriteria in die verslag gemeld nie omdat GEEN ander standplase genoem word nie. Die verslag meld ten minste by twee geleenthede dat die bevindinge van die groep kundiges van oordeel is dat hierdie projek voortydig is.die Vereniging stem saam met met die groep kundiges omdat die behoefte aan n vervoer wisselaar van hierdie omvang heeltemal voortydig is en maak voorts die bewering dat die werklike problem geensins aangespreek word nie.die verwysing na verskeie taxi optelpunte maak die behoefte aan n taxi staanplek verder ongedaan. Gevolgtrekking: Die enigste redelike afleiding wat uit die verslag gemaak kan word is dat die Saldanhabaai Munisipaliteit se opdrag beperkend is en striem die konsultante om objektief die optimale standplaas te identifiseer en dat die besluit waarskynlik slegs polities gedrewe is. Alhoewel daar melding gemaak word dat daar na alternatiewe standplase gesoek word en dat elk geevalueer moet word faal die verslag daarin omdat daar nie na enige ander standplaas verwys word nie. Die verslag dui duidelik daarop dat die projek heel voortydig is en dat die werklike behoefte nie aangespreek word nie. 2. Wenslikheid a)vergelykbare alternatiewe met groter wenslikheid Die verslag dui in sy bevindinge aan dat die tendergroep die Saldanhabaai Munisipaliteit se voorstel van Erf 9785 steun op grond van agt redes te wete : a)die ligging daarvan is binne die primêre SSK soos aangedui in die 2011 ROR; b)dieligging is aan die buitewyke van die dorp; c)die erf is vakant; d)langebaan ontwikkel noordwaarts en dat hierdie SSK die hart van Langebaan sal raak; e) Die erf word deur hoë digtheid woonbuurte omring; f) Die erf is naby Langebaan-Noord met n lae voertuig eienaarskapsyfer en wat juis van openbare vervoer gebruik maak; g) Die perseel is maklik bereikbaar en op die Langebaan primêre toegangsroete, te wete Oostewalstraat; h) Die perseel moet met voetgangerroetes aaneenskakel.

Die Vereniging is van oordeel dat daar ten minste drie standplase in die Munisipaliteit se besit is wat aan al hierdie kriteria voldoenmaar wat nie eens oorweeg is nie. Die konsultante laat naom uit te wys dat die plasing van die vervoer-wisselaar op Erf 9785 verdere druk op die reeds besige Oostewalstraat sal plaas. In die openbare deelname proses waarin die herontwerp van Oostewalstraat vervat is, word geen melding gemaak van hierdie vervoerwisselaar nie en het skynbaar mostert na die maal, as n nagedagte, gebeur omdat die huidige Raad die voortdurende pleidooi aan die behoefte van n taxi fasiliteit geignoreer het. Daar word ook geen melding van n taxi fasiliteit in die 2011 ROR gemaak nie. b)openbare steun n Groot gedeelte van die gemeenskap het by wyse van n petisie n aanduiding gegee dat die standplaaskeuse nie aanvaarbaar is nie. ntotaal van 450 belastingbetalers het aan hierdi petisie deelgeneem en hul teenstand daarmee aangedui. Sien AANHANGSEL B. c)ekonomiese wenslikheid Die verslag maak in die bevindinge geen geheim daarvan dat hierdie vervoer-wisselaar NIE op sy eie op hierdie prominente standplaas volhoubaar sal kan bestaan nie en dat die eintlike potensiaal van Erf 9785 in sy ekonomiese en kommersiële aktiwiteite opgesluit is.die wesenlike gevaar lê daarin dat die insluiting van die vervoer-wisselaar op hierdie prominente erf met sy groot ekonomiese en kommersiële potensiaal juis daardie potensiaal kan kniehalter.daar word verder GEEN motivering deur die konsultante aangebied waarom hierdie vervoer-wisselaar wel met n ekonomiese groeipunt gekombineer moet word nie. Daar is op goeie gesag van n gerespekteerde bron met uitegbreide kennis aangaande Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling (LED) verneem dat die kombinasie van hierdie vervoer-wisselaar juis NIE met n ekonomiese groeipunt gekombineer behoort te word nie,maar eerder met n openbare dienssentrum. Die wenslikheid om n taxistaanplek met sy, soos in die verslag aangedui,verwante ongewensdhede, is ook geensins komplimenterend aan Langebaan wat primêr op toerismestaatmaak nie. Die Raad se voorkeur (enigste) standplaas is nie net op die enigste ingangsroete tot Langebaan geleë nie,maar ook by die ingang van hierdie toeris afhanklike dorp. 3. Alternatiewestandplaas: Erf 5745-2 Die Vereniging wil slegs na een ander alternatiewe standplaas verwys wat aan al die bogenoemde kriteria voldoen, maar nie in aggeneem is nie. a) Erf 5745-2 is minder as 250 meter vanaf Erf 9785, wat in stedelike beplanningsterme, heeltemal binne redelike afstand vanaf die primêre SSK geleë is. b) Erf 5745-2 is meer geskik omdat dit selfs verder aan die buitewyke van Langebaan gelee is. c) Die erf is ook vakant en groot(2,8024 hektaar) genoeg om verskeie ander openbare dienste soos n munisipale dienskantoor,gemeenskaplike stadsaal,informele handelsarea,openbare toilette asook n werkersdienssentrum te akkommodeer. Hierdie bogenoemde openbare dienste behoort met n openbare vervoerstelsel verbind te wees aangesien die verbruikers van die dienste wat nie oor privaat vervoer beskik nie, ook daardeur gediens word. Die Langebaan ROR maak spesifiek melding dat Erf 5745-2 in die nabye toekoms vir so n openbare dienssentrum geoormerk is.dit maak net soveel meer sin om die openbare vervoer-wisselaar ook in so n openbare dienssentrum in te sluit. d) Die feit dat Erf 5745-2 verder noord en net buiteen noordwaarts van die Langebaan primêre SSK geleë is, maak dit selfs meer geskik omdat dieror aandui dat Langebaan se toekomstige ontwikkeling noordwaarts sal plaasvind. Die behoefte aan verdere lae koste behuising,wat slegs

aan die noorde gevestig kan word, maak dit meer sinvol om die vervoer-wisselaar so na as moontlik aan die verbruikers te vestig. e) Erf 5745-2 lêlangs Seaview Park en daar is geen skeiding van enige aard tussen die woonbuurt en die voorgestelde vervoer-wisselaar nie. Die voordeel hiervan is dat daar n afname in risiko is aangaande voetgangers wat die besige Oostewalstraat moet kruis sou Erf 9785 daarvoor benut word.daar was reeds onlangs na noodlottige ongeluk waar n voetganger op die h/voostewal en Jon Olafssonstrate doodgery is omdat hy moes pendel vanaf die SSK na Seaview Park. f) Erf 5745-2 lêlangs Seaview Park waar die voertuig eienaarskapsyfer laag is. g) Erf 5745-2 is baie meer toeganklik tot die verkeersroetes waarheen die verbruikers pendel te wete Vredenburg en Saldanha asook om na Langebaan se noordelike sakekern by Laguna Mall te reis. h) Erf 5745-2 is nader aan die verbruikers geleë met korter voetganger roetes na en van die woonbuurte.daar hoef ook op geen stadium enige kruising van besige verkeersroetes te wees nie wat die risiko en blootstelling van voetgangers daadwerklik verminder.sien AANHANGSEL A. Die Vereniging is van oordeel dat die verslag eerder n benadering behoort te volg van wat behoort op Erf 9785 gevestig te word instede van wat kan op Erf 9785 gevestig word.die Vereniging is wel van oordeel dat Erf 9785 ideaal is vir ekonomiese aktiwiteite en dat hierdie ekonomiese aktiwiteite wel daar volhoubaar gevestig sal kan en behoort te word,maar dat die vestiging van die transportwisselaar NIE deel daarvan behoort te wees nie. Die marksegment wat deur die informele vervoerstelsel na die perseel getrek word is nie komplimenterend en versoenbaar met die ekonomiese kommersiële potensiaal wat in die standplaas opgesluit lê nie. Daar is reeds sigbare aanduidings dat bestaande sakeondernemings wat tans in aanliggende sakepersele gevestig is, nou hul persele opgee om elders hul sake te gaan bedryf. Die Vereniging word tans oorval met soortgelyke navrae om elders te vestig.dit is n realiteit in Suid-Afrika dat sakegebiede verval waar openbare vervoer soos taxi staanplekke gevestig word.langebaan sal geen uitsondering wees nie. Die verslag dui duidelik daarop dat hierdie vervoer-wisselaar nie alleen volhoubaar kan funksioneer nie en geintegreer moet word met ander fasiliteite soos openbare toilette,informele handels areas,kaartjiekantore,werkershulpkantore en landskapeer moet word met doelmatige straatmeublement.die Verenigng deel hierdie sentimente en wil juis daarop wys dat hierdie vervoerwisselaar juis binne die omgewing van ander openbare dienste moet voorkom soos Erf 5745-2 te h/v Oostewal en Jon Olafssonstrate. Hierdie openbare dienste moenie verwar word met ekonomiese en kommersiële aktiwiteite nie,maar eerder versoen word met openbare dienste soos munisipale geboue,munisipale diens-en navraagkantore,arbeidsondersteunende fasiliteite, n stadsaal,biblioteek en informele handelsareas wat binne die onmiddellike nabyheid van die bepaalde marksegment gesetel sal wees.hierdie dienste en funksies wat hierbo genoem word val uitsluitlik binne die mandaat van plaaslike regering en behoort naby die openbare dienssentrums geleë te wees. Opsomming: Die Vereniging is van mening dat die konsultante wel n esteties aanvaarbare ontwerp gedoen het,maar dat dit op enige ander standplaas net so aangebied of selfs verbeter kan word. Die Vereniging is geensins oortuig dat die Saldanhabaai Munisipaliteit se ideale standplaas enigsins aan die minimum kriteria vir so n fasiliteit voldoen nie.hierdie stelling word gemaak aan die hand van die gebrekkige studieswat gedoen is asook die afwesigheid van enige inligting wat die stellings van die konsultante rugsteun.die verwagting is blykbaar dat die publiek eenvoudig op die bevindinge van diekonsulatante moet staatmaak sonder dat enige daarvan getoets is of getoets kan word.die Vereniging

bied juis teenargumente aan om die bevindinge van die konsultante te skud omdat daar geen ondersteunende inligting aangebied word om hul bevindinge te rugsteun nie. Alle aanduidings is daar dat die Raad weer eens oorhaastig en kortsigtig in n proses verstrengel geraak het en daarna eensydig en subjektief konsultante met n uitersbeperkende opdragaangestel het om die Raad se ideale standplaas te probeer regverdig.hierdie tipe beplanning, indien dit so genoem kan word, kan NIE deur die publiek geduld word nie en word n vriendelike versoek gerig dat al die studies wat in die inleidingsparagraaf van die kommentaar genoem is, objektief en deeglik gedoen sal word alvorens daar tot enige besluit oorgegaan sal word. By voorbaat dank. Jaco Kotze VOORSITTER Posbus 120,LANGEBAAN 7357.REPUBLIEKVAN SUID AFRIKA VOORSITTER: JACO KOTZESelfoon Nr Nr:0828890685 Web Adres: www.langebaanratepayers.co.za E-Pos Adres: info@langebaanratepayers.co.za