Kaartjies. by dosyne. Inhoud. Fransie Snyman. Meer as 150 oorspronklike handgemaakte ontwerpe

Similar documents
VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Speel met battery elektrisiteit *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Visuele Kuns: 'n Dieremasker *

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

TrumpetNet, 31 May 2007

Die wonder van water *

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Courses for March 2012

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Daniël en die Leeukuil

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Wat is elektrisiteit? *

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

Musiek: Toets jou kennis *

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Wat is vaskulêre demensie?

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Digitale Produkte. Katalogus

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

Die wind as bron van energie *

2. BORDUURWERK / EMBROIDERY

LAERSKOOL RUSTENBURG

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Johannes 6:1-15; /07/2014

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

University Of Pretoria

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Government Gazette Staatskoerant

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

OESFEES. Oktober 2016

Plekwaardes van heelgetalle *

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding *

Leer om tyd vanaf analoog-horlosies te lees *

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION

Johannes 14: /08/2014

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Pragtige Koningin Ester

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

E-Klas handleiding Studente

Deuteronomium 8: /01/2014

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

10. NAALDWERK / NEEDLE WORK

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Dierestories - 04 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Dierestories 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

DEVELOPMENT AND MODELLING OF NEW WIDEBAND MICROSTRIP PATCH ANTENNAS WITH CAPACITIVE FEED PROBES

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

Basiese beginsels van meetkunde - Graad 10 [CAPS] *

MEMO TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION. Name: Surname: Class: Afdeling A: Leesbegrip [30]

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

Inligtingkunde/Information Science INL 220 HEREKSAMEN/RE-EXAMINATION Eksaminatore/Examiners: NOVEMBER 2009

KWARTAAL Nr. 41. Bl. 5. Bl. 5. Bl. 10. Bl Bl. 14. Hierdie voorblad is n lusmakertjie vir die inhoud van die Kix.Kom...

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

Die boek Job en lyding

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Vierde Kwartaal Week 7, 8 en 9 Tema 12: Die planete en sterre. Notas: aanvullende materiaal. Internetverwysings of. Leermateriaal en.

Transcription:

Fransie Snyman Kaartjies by dosyne Inhoud Inleiding 7 8 Terme en tegnieke 13 Veelsydige voue 17 Ponswerk 43 Stempelwerk 55 Papierkrulwerk 63 Mooie metaal 73 Bosselering 81 Irisvouwerk 95 Teesakkievouwerk 103 Kreatief met gare 117 Alkoholink 123 Glasverf vir kaartjies 129 Pragtig met tooisels 139 Uit my naaldwerkmandjie 151 Immergewilde kruissteek 165 Eetbare kaartjies 171 Patrone 188 Meer as 150 oorspronklike handgemaakte ontwerpe

benodigdhede 4 Basiese benodigdhede Daar is sekere benodigdhede waarsonder handwerkers en veral kaartjiemakers nie kan klaarkom nie. Aan die begin van elke projek word n lys benodigdhede vir daardie spesifieke taak gegee. Sorg dat jy alles gereed het voor jy begin, sodat jy nie halfpad deur die proses gefrustreerd na iets moet soek nie. In dié afdeling word die basiese benodigdhede wat vir die meeste projekte gebruik word, aangedui. Snyapparaat en snymat n Goeie handwerkmessie, skêr en guillotine is van die mees basiese benodigdhede wat vir die maak van kaartjies gebruik word. Natuurlik moet jy dan ook n goeie snymat hê waarop jy kan werk. Die beste tipe snymat is een wat selfhelend is. Mens kan jare lank daarop sny sonder dat die snymerke wys. Wanneer jy snywerk doen en met n liniaal wil meet terwyl jy sny, is dit belangrik om n staalliniaal te gebruik. Plastiekliniale kan maklik in die slag bly as jy dit per ongeluk met die messie raaksny. In die boek het ek ook n sierskêr gebruik om mooi rande te sny, en n ovaalsnysisteem wat met sjablone en lemmetjies werk. Wanneer jy kaartjies met vilt of materiaal maak, is n goeie materiaalskêr noodsaaklik. Daar is min dinge so frustrerend as om vilt te probeer sny met n skêr wat nie skerp genoeg is nie. Gom en ander plakgoed As mens nie die regte gom vir jou kaartjiemaakprojek gebruik nie, kan jy die kaartjie se voorkoms regtig bederf. Die meeste handwerkers het spesifieke gunsteling-gomsoorte waarmee hulle werk. Die gom wat ek gebruik het, is die volgende: n Gompen om baie fyn stukkies plakwerk mee te doen. Alkantkleefband om linte aan karton te plak asook groot stukke papier of karton op mekaar te plak. Dit is in verskillende breedtes beskikbaar. Ek werk graag met die smalste kleefband wanneer ek kaartjies maak. As mens dit per ongeluk skeef plak, kan dit makliker afgetrek word as wanneer jy breër band gebruik. As ek groter oppervlakke aan mekaar wil plak, gebruik ek dan net meer as een strokie kleefband. Gomwieletjie om kleiner papier- en kartongedeeltes aan mekaar te plak. Dit kan ook in plaas van alkantkleefband gebruik word, maar dit plak nie so stewig soos die kleefband nie.

6 Papierkrulwerk Papierkrulwerk is n historiese kunsvorm wat die rol en vorming van smal papierstrokies behels. Delikate krulle kan n verskeidenheid driedimensionele ontwerpe vorm. Van my kreatiewe vriendinne getuig dat papierkrulwerk verslawend kan wees. Lynette het die pragtige kaartjies in dié hoofstuk geskep. Van die patrone wat sy gebruik het, is gratis op die internet beskikbaar. Dié patrone is almal verkry van www.whimsiquills.com

7 stempelwerk 8 Pienk lippe Eenvoudig in wit swart karton: 29 cm x 11,5 cm helderpienk karton vir sirkels en randjie lippe-stempel kleurlose of pienk inkkussing helderpienk bosseleerpoeier hittepistool sirkelponse: medium en klein alkantkleefband liniaal beenvouer wit karton: groot genoeg vir die stempels wat jy gaan gebruik swart inkkussing stempel van jou keuse kleurlose bosseleerpoeier hittepistool glinstergom in verskillende kleure geponste vorms soos blommetjies liniaal beenvouer Metode 1. Diepmerk en vou die swart karton in die helfte om die kaartjie te vorm. 2. Pons drie medium pienk sirkels uit. 3. Pons drie kleiner swart sirkels uit. 4. Stempel die kleiner swart sirkels met die lippe-stempel en strooi bosseleerpoeier oor. 5. Verhit die bosseleerpoeier met die hittepistool tot dit gesmelt is. 6. Plak n pienk randjie om die voorkant van die swart kaartjie en plak ook n 5 mm breë strook pienk karton 2,5 cm van die onderkant van die kaartjie af. 7. Plak die swart sirkels op die pienk sirkels en plak vas op die kaartjie soos aangetoon. Hierdie twee kaartjies is eenvoudig met swart gestempel en met kleurlose bosseleerpoeier gebosseleer. Dit is daarna met glinstergom en blommetjies versier. Metode 1. Sny en vou wit kaartjies wat by die grootte van jou stempel pas. 2. Stempel met swart ink en bosseleer met kleurlose bosseleerpoeier. 3. Gebruik glinstergom of geponste vorms soos blommetjies om die kaartjie verder te versier. 4. As jy nie dié spesifieke stempels het nie, kan jy die ontwerpe op bl. 189 kopieer en dan n kaartjie daarvan maak.

irisvouwerk 10 Ovaal irisvoukaartjie Ek het n kombinasie van goud, silver en swart papier vir hierdie kaartjie gebruik. Dit is geskenkpapier wat oorgebly het na een Kersfees en ek wou nie die orige stukkies papier net weggooi nie. Dit het handig te pas gekom by die maak van dié kaartjie. swart karton: 23 cm x 16 cm silwer karton: 10 cm x 15 cm (ek begin gewoonlik met n heelwat groter stuk karton en knip dit later kleiner) 4 verskillende soorte patroonpapier: silwer, goud en swart kleefband alkantkleefband maskeerband hoekpons guillotine Metode 1. Kopieer die patroon op bl. 191 en knip dit uit. 2. Plak dit met maskeerband op n snymat vas. 3. Knip die ovaal uit op die silwer karton en plak dit met maskeerband bo-oor die irisvoupatroon vas. 4. Knip stroke van 2 cm breed uit die patroon papier. Vou die rande 5 mm om sodat die stroke 1,5 cm breed is. 5. Volg die nommers op die patroon en plak die stroke sodat die gevoude kante op die lyne van die patroon lê. Wissel die vier soorte patroon papier af. 6. Herhaal die patroon totdat daar n klein opening oorbly dit is die iris van die patroon. 7. Maak die silwer karton los van die snymat en knip dit 10 cm x 15 cm groot. 8. Knip die hoekies met n hoekpons. 9. Diepmerk en vou die swart karton in die helfte om die kaartjie te vorm. 10. Plak die irispatroon met alkantkleefband bo-op vas.

11 METZ PRESS www.metzpress.co.za Ander handwerkboeke deur Metz Press Kaartjies by dosyne Meer as 150 oorspronklike handgemaakte ontwerpe Fransie Snyman 260 x 193 mm 200 pp Flexibinding RRP: R200.00 ISBN 978-1-920479-23-7 Publikasiedatum: April 2012 Beskikbaar in Engels: Cards galore ISBN 978-1-920479-22-0 Metz Press is an independent publisher of high quality information books and illustrated non-fiction for the local market as well as the international co-edition market. We have sold rights to our books in countries all over the world, having impressed reputable international companies with our quality of content and production and our ability to deliver. Publisher: Wilsia Metz Tel: +27 (0)21 913 7557 Mobile: +27 (0)83 424 6662 Fax: +27 (0)21 913 5102 or 086 575 5769 Email: info@metzpress.co.za Web: www.metzpress.co.za Postal address: PO Box 7322, Welgemoed, 7538, South Africa Street address: 1 Cameronians Avenue, Welgemoed, 7535, South Africa Fransie Snyman, veelsydige handwerkentoesias en papierversamelaar, deel in hierdie boek haar idees vir handgemaakte kaartjies en wys jou hoe om hulle uit te voer. Daar is n groot verskeidenheid tegnieke, van vou- en ponswerk tot stik- en inkwerk, met genoeg inligting dat jy nooit weer hoef te wonder hoe jy n oorspronklike kaartjie kan ontwerp en maak nie. Elke tegniek word met stapvir-stap-foto s en -aanwysings verduidelik, gevolg deur etlike voorbeelde waar dié spesifieke tegniek gebruik is. Lieflike volblad foto s van elke kaartjie, met heelwat wenke, dra nog inligting en idees oor. Hierdie boek is lekker prakties en bevat nie net maklike idees wat in n japtrap uitgevoer kan word nie, maar ook voorstelle en aanwysings vir meer ingewikkelde kaartjies wat eintlik kunswerke uit eie reg is. Handgemaakte kaartjies is geskik vir enige denkbare geleentheid en bring net soveel vreugde vir die skepper as die ontvanger. Gebruik hierdie boek om na hartelus jou papierversameling in unieke kaartjies te omskep. Tegnieke sluit in: Ponswerk Stempelwerk Papierkrulwerk Tekstiel- en naaldwerktegnieke Alkoholink Glasverf Tooisels: gekoop of handgemaak Vouwerk Metaalwerk Bosselering ISBN 978-1-920479-23-7 9 781920 479237 METZ PRESS www.metzpress.co.za