GRAAD 11 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

Similar documents
GRAAD 12 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 NASIENRIGLYN

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Daniël en die Leeukuil

Die wind as bron van energie *

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Die wonder van water *

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

MEMO TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION. Name: Surname: Class: Afdeling A: Leesbegrip [30]

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

TrumpetNet, 31 May 2007

Speel met battery elektrisiteit *

Plekwaardes van heelgetalle *

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

Johannes 6:1-15; /07/2014

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Wat is elektrisiteit? *

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

Musiek: Toets jou kennis *

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

University Of Pretoria

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

Wat is vaskulêre demensie?

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Pragtige Koningin Ester

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Digitale Produkte. Katalogus

2016 SACAI-WINTERSKOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL NOTAS

n Ware verhaal Luister- en leestyd: n Storie oor vriendskap Jock van die Bosveld

UNIVERSITY OF KWAZULU-NATAL - PIETERMARITZBURG EXAMINATIONS : NOVEMBER 2006 SCHOOL OF LANGUAGE, LITERATURE AND LINGUISTICS

Split by PDF Splitter 7 Diere-avonture _ASG_6_LB_AFR TXT.indb /07/25 3:34 AM

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

Courses for March 2012

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding *

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

LAERSKOOL HELDERKRUIN

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Johannes 14: /08/2014

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Deuteronomium 8: /01/2014

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Die badkamer en kombuis *

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

OESFEES. Oktober 2016

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

Kom ons laat die tydskedule net vir die huidige oomblik. Kan u vir die hof sag of u op daardie stadium van die

GRADE 10 / GRAAD 10 NOVEMBER 2015 ENGINEERING GRAPHICS & DESIGN TOTAL / TOTAAL INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP PAPER 2 / VRAESTEL 2

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

Leer om tyd vanaf analoog-horlosies te lees *

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

Inligtingkunde/Information Science INL 220

Transcription:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 PUNTE: 80 TYD: 2 uur *IAFRFA1* Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/NOVEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: LEESBEGRIP (30) AFDELING B: OPSOMMING (10) AFDELING C: TAAL (40) 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK. 3. Begin elke afdeling op ʼn NUWE bladsy. 4. Trek ʼn streep na elke afdeling. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat ʼn reël oop na ELKE antwoord. 7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Beplan jou tyd só: AFDELING A: AFDELING B: AFDELING C: 50 minute 30 minute 40 minute 9. Skryf netjies en leesbaar.

(EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 3 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL Lees die onderstaande tydskrifartikel deur en beantwoord die vrae wat volg. HOEKOM SO SELF(IE) MAL? 1 Dink jy aan ʼn selfie, dink jy beslis aan Kim Kardashian, die koningin van selfies. Maar sy is nie die enigste een nie. Ook jy het seker al ʼn selfie geneem. Sommige kenners sê dis net pret, ander dink dis n vorm van narsisme. deur Lydia van der Merwe 2 21 Junie was Selfie-dag en soos dinge nou gaan, is dit nie die laaste een wat ons gaan vier nie. 3 Want enigiets wat jy eet, waar jy vakansie hou of net chill word mos deesdae met ʼn lang arm met jou slimfoon-kamera afgeneem: met jouself natuurlik prominent as deel van die foto. En dan word dit op Facebook, Instagram of ʼn ander sosiale netwerk gelaai om aan die we reld te wys: Kyk, ek eet! Kyk, ek chill! Kyk, ek neem ʼn selfie! 4 Dis beslis die tyd van die #selfie, ʼn speelding van ryk en arm. Die feit kom selfs in popliedjies voor. Dink aan die liedjie Selfies van die Skotse sangeres Nina Nesbitt. 5 Gʼn wonder die nuustydskrif Time het dit einde 2012 as een van die tien topgonswoorde van die jaar aangewys nie. Die woord is ook in 2013 in die aanlynweergawe van die Oxford English Dictionary opgeneem. 6 Volgens die selfoon- en kameravervaardiger Samsung is tot 30% van die foto s wat jongmense (tussen 18 en 34) neem, selfies. 91% van tieners doen dit gereeld, volgens n opname van die Amerikaanse Pew Research Centre. Ek Ek Ek! 7 Onskuldige pret, net nog ʼn manier om jouself uit te druk? Nee, se ʼn tweede groep. Die ontploffing van die selfie wys maar net weer ons lewe in ʼn buitengewoon narsistiese era. 8 Narsisme is ʼn sieklike vorm van self-liefde: ek ek ek... Ek is byvoorbeeld op Instagram en Facebook en Google+ en Twitter en Snapchat en Viber en en en... As jy kyk hoeveel foto s veral jonger mense van hulself op sosiale netwerke plaas, sê dit nogal baie. Teen einde Oktober 2016 is reeds 34,700,000,000 foto s op die sosiale netwerk geplaas.

4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/NOVEMBER 2017) 9 Volgens Dion Chang het sosiale media die manier verander hoe ons na die we reld kyk. Dit leer ons om na alles met ʼn nuwe oog te kyk sodat ons dit op die internet kan plaas. Dit word die Facebook-oog-effek genoem. 10 Jou hele lewe kry ʼn mooi raampie en jy wys net die perfekte kant. ʼn Studie wys dat Facebook jou daarom depressief kan maak. Selfies is net deel daarvan. Jy plaas die fokus 100% op jo u, se Dion. Hoe lyk die toekoms? 11 Die einde is nog lank nie daar nie. Dit gaan net aanhou groei. Volgens Dion is ons in ʼn hiper-visuele lewe en ons sien dit op sosiale netwerke. Hy voorspel ʼn reuse groei in Instagram en Snapchat. 12 Selfies is die gewildste onder millennials (mense van 18-34 jaar), die generasie wat met die nuwe digitale tegnologie grootgeword het, volgens ʼn opname wat die Pew Research Centre in Amerika gedoen het. Sowat 55% van hulle het al ʼn selfie op ʼn sosiale media-webwerf geplaas. In vergelyking met net 24% van generasie X (sowat 35 49 jaar), 9% van die baby boomers (sowat 50 68 jaar) en 4% van die silent generation (sowat 69 87 jaar). Gevare 13 Selfies kan ook jou dood veroorsaak, glo dit of nie. Die meeste selfie-dood word veroorsaak wanneer mense van hoë plekke afval terwyl hulle probeer om selfies te neem. Die tweede grootste oorsaak van selfiedood is motorongelukke as mense selfies neem terwyl hulle bestuur. Baie mense sterf ook in die bulstorm in Mahal in Spanje. Terwyl hulle weghardloop, probeer hulle foto s van hulleself met die bulle in die agtergrond neem! 14 Maar dit is nog lank nie die dood van selfies nie. Al hou jou ouers nie daarvan nie, sal jy bly selfies neem en dit vir jou maats via WhatsApp stuur of op Facebook plaas. [Verwerk en verander uit http://www.sarie.com/lewe-liefdes/hieroor-praat-mense/hoekom-selfie-behep]

(EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 5 1.1 Haal EEN woord in paragraaf 1 aan wat na ʼn foto verwys wat jy van jouself neem. (1) 1.2 Hoe word Kim Kardashian beskryf? (1) 1.3 Wanneer word internasionale Selfie-dag gevier? (1) 1.4 Hoekom neem jongmense so baie foto s van algemene dinge? Gee TWEE redes volgens paragraaf 3. (2) 1.5 Hoekom, dink jy, is daar liedjies oor Selfies gemaak? (Paragraaf 4) (1) 1.6 Verduidelik wat die volgende onderstreepte woord beteken: (1) Selfies is as een van die tien top-gonswoorde van die jaar aangewys. 1.7 Wanneer is die woord selfies veral as populêr erken? (1) 1.8 Watter TWEE AGTEREENVOLGENDE WOORDE verwys na selfies? (Paragraaf 5) (1) 1.9 Meer as helfte van die foto s wat jongmense (tussen 18 en 34) neem, is selfies. Haal ʼn deel van ʼn sin aan om die stelling as ONWAAR te bewys. (1) 1.10 1.10.1 Dink jy tieners neem foto s van hulself vir die pret of uit narsisme? 1.10.2 Motiveer jou stelling in VRAAG 1.10.1. (2) 1.11 Noem EEN manier hoe sosiale netwerke die mens verander het. (Paragraaf 9) (1) 1.12 Hoekom, dink jy, kan Facebook-gebruikers depressief raak? (2) 1.13 Hoekom kom daar twee strepies (akuuttekens) op die woord jóú voor? (Paragraaf 10) (1) 1.14 Verduidelik in ʼn volsin wat hiper-visueel beteken. (1) 1.15 Hoekom plaas die silent generation minder selfies as die millennials op sosiale netwerke?(paragraaf 12) (1) 1.16 Verduidelik die onderstreepte uitdrukking in die volgende sin in jou eie woorde. Maar dit is nog lank nie die dood van selfies nie. (2)

6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/NOVEMBER 2017) 1.17 1.17.1 Is die volgende stelling ʼn MENING of ʼn FEIT? 91% van tieners doen dit gereeld, volgens ʼn opname van die Amerikaanse Pew Research Centre. (1) 1.17.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2) 1.18 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte letter as jou antwoord neer bv. 1.19 E. Hoekom so self(ie) mal? in die titel verwys na mense wat... A mal is oor nuwe selfone wat selfies neem. B mal is om die antwoord te weet. C self mal is. D mal is om selfies van hulself te neem. (1)

(EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 7 TEKS B: SO VERSKIL NETWERKE SE TARIEWE Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Verskillende netwerke het verskillende tariewe. 1.19 Watter netwerk se tarief is plaaslik die goedkoopste? (1) 1.20 Hoe weet ons dat Vodafone in Nieu-Seeland en Vodacom in Suid- Afrika dieselfde besigheid is? (1) 1.21 Dink jy dat 8٠ta eerlik is met hulle advertensie volgens Grafika 24? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) 1.22 Watter netwerk is die duurste in die buiteland? (1) 1.23 Waarna verwys die asterisk (*) in die titel? (1) 1.24 Hoekom dink jy is die liggrys en die donkergrys blok langs 8٠ta dieselfde grootte? (1) TOTAAL AFDELING A: 30

8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/NOVEMBER 2017) AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees die onderstaande teks deur en voer die instruksies uit. INSTRUKSIES 1. Som die SEWE maniere hoe om minder sout te gebruik, in jou eie sinne op. 2. Skryf die maniere PUNTSGEWYS neer. 3. Nommer die maniere van 1 tot 7. 4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie. 5. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan. SLIM MANIERE OM MINDER SOUT TE GEBRUIK 1 ʼn Hoë soutinname kan tot hoë bloeddruk lei wat hartprobleme kan veroorsaak. Ongeveer een uit elke drie Suid-Afrikaners ontwikkel hoë bloeddruk. Probeer daarom om minder sout te gebruik. 2 Die liefde vir sout is ʼn aangeleerde smaak. As jy gewoonlik ʼn opgehoopte teelepel sout gebruik, gebruik eerder ʼn plat teelepel. Sny dit na ʼn week bietjie af, tot jy na ʼn tyd op ʼn halfteelepel staan. 3 Net soos sout het olie die vermoë om geure uit te bring. Ons het gesonde olies nodig vir die omega 3-vetsure daarin. Gebruik ʼn bietjie olyf-, avokadoof canola-olie oor slaaie en groente in plaas van sout. 4 Kies kruie soos byvoorbeeld pietersielie en tiemie wat ʼn heerlik souterige smaak aan vleis, groente en soutgeregte gee. Dit is ook ryk aan antioksidante. 5 Pakkies skyfies, kitskos soos hoenderstukkies en veral die pakkies sous wat daarmee kom, bevat baie sout. Koop soutvrye happies vir jou gesin soos vrugte vir skool en werk. 6 Die meeste gaar groente is so lekker dat dit nie sout benodig nie. Bak jou groente en kyk hoeveel beter is die natuurlike geure sonder dat jy sout hoef te gebruik. 7 Gekoopte pap het baie sout in. As jy self hawermout, mieliepap of muesli maak, kan jy die sout daarin beheer. Tuisgebakte brood, skons, muffins en beskuit bevat ook minder sout as gekoopte gebak. 8 Nog ʼn doeltreffende manier om smake te behou en minder sout te gebruik, is om waterlose potte te gebruik. [Aangepas en verwerk uit http://www.rooirose.co.za/slim-maniere-om-minder-sout-te-gebruik/] TOTAAL AFDELING B: 10

(EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 9 AFDELING C: TAAL VRAAG 3: ADVERTENSIE Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande advertensie gebaseer. TEKS D 3.1 Kyk ook uit vir hope om te wen! Hoe word hierdie stelling in die advertensie beklemtoon? (1) 3.2 Wie is die teikenmark van die advertensie? (1) 3.3 Hoekom word die slengwoorde, Cool / Coolste, in die advertensie gebruik? (1) 3.4 Hoekom word die woorde, kom kuier, twee maal herhaal? (1) 3.5 Wat, dink jy, beteken die onderstreepte woord in die volgende uitdrukking? Oppiebol Afrikaanssprekende voortieners (1) 3.6 Hoekom, dink jy, is ʼn veilige omgewing op die internet belangrik? (1)

10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/NOVEMBER 2017) 3.7 Verander die volgende stelsin na ʼn vraagsin. Die webwerf is ʼn veilige omgewing vir jong voortieners. (1) 3.8 Hoekom word die prentjies in die advertensie gebruik? (1) 3.9 Skryf die volgende sin oor in die LYDENDE VORM. Voortieners moet die Hoezit-webwerf besoek. Begin so: Die Hoezit-webwerf... (1) 3.10 Hoekom word byvoeglike naamwoorde (adjektiewe) soos bv. opwindende, nuutste, interessante in die advertensie gebruik? (1) [10]

(EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 11 VRAAG 4: STROKIESPRENT Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer. Voer die instruksies by elke vraag uit. TEKS E 4.1 Hoe weet ons dat die kroegman strokie 1 raampie 3 nie die twee mans se bakleiery verstaan nie? (1) 4.2 Hoekom, dink jy, is daar stippels na die man se woorde in strokie 1, raampie 2? (1) 4.3 Hoe weet ons die twee mans in strokies 1 en 3 baklei? (1) 4.4 Wat beteken die donker wolkie bo die man se kop in strokie 2, raampie 1? (1) 4.5 Hoe weet ons dat Andy die woorde in strokie 2 raampie 4 bedoel het? (1)

12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/NOVEMBER 2017) 4.6 My hart bloei vir jou? (Strokie 2, raampie 5) 4.6.1 Is bogenoemde stelling konnotatief of denotatief gebruik? (1) 4.6.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 4.6.1. (1) 4.7 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte letter as jou antwoord neer, bv. 4.7.E. My vrou het my vanoggend laat staan (verwys na strokie 2), beteken... (1) A B C D hy moes heeloggend by sy vrou staan. sy vrou het by hom gestaan. sy vrou het hom gelos. hy moes net die oggend buite staan. 4.8 Hoe weet ons dat Fred nie baie gelukkig met Andy se woorde in strokie 2 raampie 7 is nie? (1) 4.9 Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE. Andy se aan Fred: My hart bloei vir jou. (1) [10]

(EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 13 VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT TEKS F Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer. Opsetlike taalfoute kom voor. Voer die instruksies by elke vraag uit. CHARNÉ RUITERS, WORD GEKEUR OM AAN OPRAH WINFREY SE LEADERSHIP ACADEMY FOR GIRLS TE GAAN STUDEER. Sy kon dit in haar hart voel: Hierdie geleentheid is mýne. Ek het nie gestres oor die uitslae nie. Ek het net in my binneste geweet dit gáán uitwerk. Charné Ruiters, ʼn gr. 7-leerling aan die Primere Skool Belmor in Hanover Park, is gekeur om in 2017 aan Oprah Winfrey se Leadership Academy for Girls in Johannesburg skool te gaan studeer. Sy is een van net ʼn handjievol meisies landwyd wat suksesvol was. Sy het ʼn keuringstoets in die eerste ronde geskryf. Sy het vir ʼn naweek na Johannesburg opgevlieg vir verdere toetse en onderhoude. Charné vertel dat dit die eerste keer was dat sy gevlieg het. Sy het ʼn bietjie naar geraak aan die einde van die vlug. Die kos op die vliegtuig is deur haar geniet. Gedurende die volgende 5 jaar gaan sy vakansietye tussen Johannesburg en Kaapstad pendel. Sy wens net dat die skool nader aan haar huis is. Sy kan makliker vir haar familie gaan kuier. Charné het die vorige dag gese sy hoop om eendag ʼn onderwyseres te word, maar tog is sy bang vir die toekoms. [Bron: http://www.netwerk24.com/ontspan/jip/charne-na-oprah-winfrey-skool-20160918] 5.1 Herskryf die volgende sin deur die korrekte INFINITIEF te gebruik. Sy kon dit in haar hart voel. Begin so: Sy behoort dit in... (1) 5.2 Herskryf die volgende sin in die TOEKOMENDE TYD. Hierdie geleentheid is myne. (1)

14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/NOVEMBER 2017) 5.3 Gee die TEENOORGESTELDE betekenis (antoniem) van die woord tussen hakies. Skryf slegs die woord as jou antwoord neer. Sy is een van net ʼn handjievol meisies landwyd wat (suksesvol) was. (1) 5.4 Verbeter die SPELFOUT in die volgende sin. Skryf die korrekte spelling neer. Charné Ruiters is ʼn gr. 7-leerling aan die Primere Skool Belmor. (1) 5.5 Herskryf die volgende sin in die ONTKENNENDE VORM. Sy het ʼn toets in die eerste ronde geskryf. (1) 5.6 VERBIND die woord in hakies. Skryf slegs die korrekte antwoord neer. Die Leadership Academy for Girls is ʼn (meisie + skool). (1) 5.7 Skryf die volgende sin in die BEDRYWENDE VORM oor. Die kos op die vliegtuig is deur haar geniet. (1) 5.8 Verbind die volgende sinne met die VOEGWOORD sodat. Sy wens net dat die skool nader aan haar huis is. Sy kan makliker vir haar familie gaan kuier. (1) 5.9 Skryf die jaar 2017 in woorde uit. (1) 5.10 Skryf die volgende sin in die DIREKTE REDE oor. Charné vertel dat dit die eerste keer was dat sy gevlieg het. Begin so: Charné vertel:... (2) 5.11 Skryf die volgende sin in die VERLEDE TYD oor. Sy kan maklik vir haar familie gaan kuier. (1) 5.12 Gee EEN woord vir die woorde tussen hakies. Skryf slegs die woord as jou antwoord neer. Charné het (die vorige dag) gese sy hoop om eendag ʼn onderwyseres te word. (1) 5.13 Skryf die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies neer. Charné hoop om eendag ʼn onderwyseres te word, maar tog is sy (bang) vir die toekoms. (1)

(EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 15 TEKS G Die taalvrae wat volg, is op die prent en paragraaf hieronder gebaseer. Voer die instruksies by elke vraag uit. Dit is nasionale braaidag. Ma is die 5.14 (goed) braaier in die buurt. Selfs die hond dink so. Sy 5.15 (tong) hang uit van lus vir die lekker wors. Al die 5.16 (mense wat langs hulle woon) het kom saambraai. Die 5.17 (ruik / reuk) van die vleis maak almal baie honger. Die kwyl 5.18 (drup / druip) by die jong man se mond uit. Die 5.19 (rook / stoom) hang bo die braaiskottel. 5.14 Skryf die OORTREFFENDE TRAP van die woord goed neer. (1) 5.15 Skryf die VERKLEINWOORD van die woord tong neer. (1) 5.16 Gee EEN WOORD vir mense wat langs hulle woon. (1) 5.17 Kies die KORREKTE WOORD. (1) 5.18 Kies die KORREKTE WOORD. (1) 5.19 Kies die KORREKTE WOORD. (1) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 80