Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Similar documents
AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Daniël en die Leeukuil

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Die wonder van water *

TrumpetNet, 31 May 2007

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Speel met battery elektrisiteit *

Musiek: Toets jou kennis *

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Pragtige Koningin Ester

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Die wind as bron van energie *

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Johannes 6:1-15; /07/2014

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Plekwaardes van heelgetalle *

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Wat is elektrisiteit? *

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Visuele Kuns: 'n Dieremasker *

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

E-Klas handleiding Studente

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

MEMO TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION. Name: Surname: Class: Afdeling A: Leesbegrip [30]

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Wat is vaskulêre demensie?

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Split by PDF Splitter 7 Diere-avonture _ASG_6_LB_AFR TXT.indb /07/25 3:34 AM

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Courses for March 2012

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

Johannes 14: /08/2014

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Deuteronomium 8: /01/2014

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

n Ware verhaal Luister- en leestyd: n Storie oor vriendskap Jock van die Bosveld

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

OESFEES. Oktober 2016

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Digitale Produkte. Katalogus

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

Die boek Job en lyding

12. Vroeë koninkryke in Suid-Afrika

LAERSKOOL HELDERKRUIN

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

Ons verklaar oorlog teen rommel *

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

LAERSKOOL HELDERKRUIN

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

University Of Pretoria

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

Buite Die Laer Uitgaan

Transcription:

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education *8865245367* AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2015 2 hours Candidates answer on the Question Paper. No Additional Materials are required. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name in the spaces at the top of this page. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, glue or correction fluid. DO NOT WRITE ON ANY BARCODES. Answer all questions in the spaces provided. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam in die blokkies boaan hierdie bladsy. Skryf met n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord al die vrae in die ruimtes wat daarvoor verskaf is. Maak aan die einde van die eksamen seker dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van n vraag gegee. This document consists of 18 printed pages and 2 blank pages. DC (LEG) 107291/3 [Turn over

2 Oefening 1 Lees die volgende teks uit n reisgids. Beantwoord daarna die vrae wat volg. Die koudste, oudste, eensaamste... Die koudste plek Mense dink Sutherland is die koudste plek in Suid-Afrika, maar dit is op die plaas Buffelsfontein in die Oos-Kaap waar jy die koudste gaan kry. In Junie 1996 was die temperatuur daar 18,6 C die koudste nóg in Suid-Afrika. Sutherland se koudste temperatuur was 16 C, in Julie 2003. Buffelsfontein se gemiddelde jaarlikse temperatuur is 11,3 C. Die landskap by Buffelsfontein is groot en oop. Wanneer jy daar is, kan jy na rotstekeninge van eeue gelede gaan kyk. Moenie jou kamera vergeet nie! Die oudste poskantoor n Portugese seevaarder het vroeg in 1500 n brief in n skoen aan n tak van n melkhoutboom in Mosselbaai gelos. Die brief is in 1501 oopgemaak deur n Portugese kaptein wat met sy skip op pad na Indië was. Hierdie boom is as n posboom gebruik omdat dit naby n fontein was waar mense vars water kon kry. n Mens kan nog steeds briewe in n posbus in die vorm van n skoen onder hierdie boom pos. Briewe wat hier gepos word, kry n spesiale seël. Die eensaamste pad Trek gou n kaart van Suid-Afrika nader Sien jy daardie leë kol links bo? Ja, dit is die Noord-Kaap. In dié provinsie woon daar gemiddeld net twee mense per vierkante kilometer (dit is omtrent dieselfde as dele van die Australiese platteland). Die Noord-Kaap is bekend vir sy groot, oop vlaktes, vir springbokke en ver horisonne. En lang alleenpaaie. Die langste pad sonder n dorp of vulstasie is die warmgebakte pad tussen Calvinia en Kenhardt: 290 km van niks. Wanneer jy in hierdie deel van die land is, kan jy die woud van 5 000 kokerbome naby Kenhardt besoek. Gaan van Junie tot Augustus wanneer dié bome blom. (Uit: www.weg.co.za)

3 1 Waar is die laagste temperatuur in Suid-Afrika gemeet? 2 Wat moet jy saamneem as jy na die rotstekeninge op Buffelsfontein gaan kyk? 3 Waarin is die eerste briewe in Suid-Afrika gepos? 4 Wat het Mosselbaai n goeie plek gemaak om op pad na Indië te stop? 5 Met watter land word die Noord-Kaap vergelyk? 6 Hoe is die landskap van Buffelsfontein en die landskap van die Noord-Kaap dieselfde?...[2] 7 Waarom is Junie tot Augustus n goeie tyd om Kenhardt te besoek? [Totaal: 8] [Turn over

4 Oefening 2 Die Suid-Afrikaanse regering wil inligting insamel oor die tale wat tieners ken. Lees die volgende teks oor Emma Stroh en vul die vorm wat volg in. Emma Stroh is in graad 10 aan die Hoërskool Noordhoek. Haar skool se adres is Hoofweg 15, Noordhoek, 7979. Die skool se e-posadres is noordhoek@school.org.za en die telefoonnommer is 021 789 4479. Emma het pas sestien geword en is op 30 Augustus 1999 gebore. Haar adres is Noordstraat 21, Noordhoek, 7979. Haar huistelefoonnommer is 021 789 3289 en haar selfoonnommer is 081 556 2309. Haar e-posadres is emma.stroh@gmail.com. Emma het tweetalig grootgeword omdat haar ma Afrikaans en haar pa Duits is. Haar ouers het albei vanaf Emma se geboorte in hul eie taal met haar gepraat. Soos baie Suid- Afrikaners, is Emma Engels goed magtig. Een van Emma se beste vriendinne, Aditi, is Hindi-sprekend en geniet dit om haar taal vir Emma te leer. Omdat Emma n aanleg vir tale het, vorder haar Hindi goed. Op skool neem Emma nie n derde taal nie, maar sy het vroeër hierdie jaar Italiaanse lesse deur die Italiaanse konsulaat begin neem. Sy geniet dit om Italiaanse tydskrifte op die internet te lees en kyk gereeld na Italiaanse video s op YouTube. Emma se hele gesin is veeltalig. Haar ma leer op die oomblik Mandaryns en haar broer gaan aan die einde van die jaar op n staptog in die Transkei om sy Xhosa te verbeter. Emma wil volgende jaar Franse lesse neem, want sy wil na skool as au pair in Frankryk gaan werk. Vir Emma is elke taal n venster op n interessante nuwe wêreld, en sy wil graag in n huis met baie vensters woon!

5 Tieners en tale Opname Vul asseblief die vorm in. Emma Stroh Naam:... Hoërskool Noordhoek Naam van skool:... Graad:... Persoonlike besonderhede: Geboortedatum:... Adres:..., Noordhoek, 7979 081 556 2309 Telefoonnommer:... emma.stroh@gmail.com E-posadres:... Maak n regmerkie by die gepaste opsie(s) of vul die nodige inligting in: Op skool neem ek: een taal twee tale drie tale Die taal/tale wat ek buite die skool leer, is:... Ek verbeter my kennis van ander tale deur: boeke by die biblioteek uit te neem tydskrifte in ander tale te lees na video s op die internet te kyk lesse buite die skool te neem ander:... Ek dink dit is belangrik om verskillende tale te ken, want:...... [Totaal: 9] [Turn over

6 Oefening 3 Lees die teks oor rotskuns en voltooi dan die aantekeninge wat volg. Rotskuns Die argeoloog Jean-Marie Chauvet het in 1994 n grot-opening naby Avignon in Frankryk gevind. Hy en sy span het met n touleer 500 meter onder in die aarde ingegaan. Daar het hulle n manjifieke toneel gesien. Teen die grotmure is daar tekeninge van mammoete en osse, steenbokke en leeus, bere, perde, hiënas en wollerige renosters. Daar is ook tekeninge van n panter en n uil, wat volgens n kenner nooit voorheen in die prehistoriese rotskuns gevind is nie. Die diere is so uitstekend bewaar dat jy skaars kan glo hulle is 20 000 en 30 000 jaar gelede geskilder. Verder is sommige van die kunswerke so gesofistikeerd dat hulle modern lyk. Die Chauvet-grot, soos dit nou genoem word, is een van die belangrikste voorbeelde van prehistoriese Europese kuns. Hierdie rotskuns gee navorsers wonderlike nuwe insigte in hoe die vroeë mense gelewe en gedink het. Maar waarom het mense hierdie tekeninge gemaak? Kenners glo nie dat die antieke kunstenaars die tekeninge gemaak het net omdat hulle kreatief was nie. Hulle dink die tekeninge wys hoe die vroeë mense na die wêreld gekyk het. Dit het ook te doen met hul kultuur en godsdiens as n mens die tekening van n dier kon beheer, kon jy die dier self ook beheer. Dit sou van jou n suksesvolle jagter maak. Mense moes lank gelede jag om te oorleef, daarom is die rotskuns in verskillende wêrelddele baie dieselfde. n Tekening van n San-jagter in n grot in Suid-Afrika en n rotstekening van n jagter in Spanje is byvoorbeeld so eenders dat dit lyk of dit deur dieselfde kunstenaar geskilder kon wees. Van die diere in grotte in Frankryk toon groot ooreenkomste met rotstekeninge van diere in Namibië. Daar is ook ander tekeninge in Spanje gevind wat baie soos dié van die Inheemse Amerikaners in Noord-Amerika lyk. Beteken dit daar was lank gelede kontak tussen verskillende kulture en dat hulle mekaar beïnvloed het? Kenners dink nie so nie. Volgens hulle is die eenvoudige verduideliking dat rotskuns baie dieselfde is omdat mense baie dieselfde is. Daar is meer as 15 000 plekke in Suid-Afrika wat saam honderdduisende tekeninge bevat. Die meeste daarvan is deur die San geskep. n Kenner van die San-kuns vertel dat die San geglo het hulle sou krag van God kry deur in n soort beswyming ( trance ) te gaan. Hierdie krag is gebruik om siekes te genees, reën te maak en wilde diere te beheer. Sommige mense wat visioene gesien en buitengewone dinge beleef het, het hul ervarings geïllustreer om ander te inspireer en te leer. Uitgrawings wat sedert 1991 in die Blombos-grot in Suid-Afrika gedoen is, toon dat rotskuns hier selfs ouer is as wat mense eers gedink het. Daar is aanduidings dat die mense wat die grot bewoon het, minstens 70 000 jaar gelede abstrak gedink het en n gesofistikeerde taal gepraat het. Hier is onder meer twee klippies gevind met komplekse geometriese vorms daarop. Hierdie vorms is baie anders as die gewone tekeninge van mense en diere, wat later in so baie ander grotte gemaak is. In die Blombos-grot is daar ook skulpe gevind waarin gaatjies gemaak is sodat dit as krale gebruik kon word. Hierdie skulpe is tienduisende jare ouer as enige ander antieke persoonlike ornamente. Die feit dat daar gereeld nog rotskuns in verskeie wêrelddele gevind word, is n bewys dat daar steeds geheime is om te ontdek. Dit is belangrik dat ons alle rotskuns bewaar omdat dit ons so n diep insig gee in n verlede wat nooit in boeke geskryf kon word nie. (Uit: www.mieliestronk.com)

7 Jy gaan n praatjie oor rotskuns in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. Rotskuns (a) Hoekom die Chauvet-grot belangrik is: Enigste panter en uil in prehistoriese rotskuns......[1]...[1] (b) Ooreenkomste tussen die rotskuns in verskillende wêrelddele:...[1]...[1]...[1] (c) Redes waarom die vroeë mense rotstekeninge gemaak het:...[1]...[1]...[1] [Totaal: 8] [Turn over

8 Oefening 4 Gebruik die teks oor rotskuns en skryf ʼn opsomming van hoe rotskuns ons help om die geskiedenis van die mens te verstaan. Jy kan van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. Jou opsomming moet een paragraaf lank wees en nie meer as 80 woorde nie. Gebruik sover moontlik jou eie woorde. [Totaal: 5]

9 BLAAI OM VIR OEFENING 5 [Turn over

10 Oefening 5 Iets baie spesiaals het verlede naweek met jou gebeur. Skryf ʼn brief waarin jy n goeie maat daarvan vertel. Jou brief moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees. Onthou om die volgende te noem: die spesiale ding wat met jou gebeur het hoe dit jou laat voel het hoe dit jou lewe gaan beïnvloed. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou brief en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry.

11 [Totaal: 15] [Turn over

12 Oefening 6 Lees die volgende teks aandagtig en beantwoord dan die vrae wat volg. Emily Hobhouse is n inspirasie Emily Hobhouse was n welsynwerker van Cornwallis, Engeland. Sy het bekend en geliefd geraak in Suid-Afrika as gevolg van die rol wat sy tydens die Anglo-Boereoorlog (1899 1902) gespeel het. Sy het die omstandighede van vroue en kinders in die konsentrasiekampe onder die aandag van die Britse regering en die Britse mense gebring. Sy het haarself onpopulêr in haar eie land gemaak omdat sy nie bang was om haar eie regering te kritiseer nie. Vir Hobhouse was menseregte belangrik in n tyd toe baie mense se regte misken is. Soos baie ander mense het die aktrise Lynita Crofford die naam Emily Hobhouse geken, maar nie veel van haar geweet nie. Alles het verander toe sy die rol van Hobhouse op die verhoog speel. Crofford is nou geïnspireer om die plekke te besoek waar daar tydens die Anglo-Boereoorlog konsentrasiekampe in Suid-Afrika was. Ek het besef watter besondere mens Emily Hobhouse was, sê Lynita Crofford. Ek het ook baie geleer van die Boerevroue en -kinders se situasie in die Britse konsentrasiekampe en hoe dapper hulle was. Ek het bewus geword van die feit dat almal in n oorlog slagoffers is ook die soldate en dat vroue en kinders vandag nog steeds die meeste in n oorlog ly. Die toneelstuk begin in Londen kort voor die einde van Hobhouse se lewe. Sy lewer n praatjie voor koning George V, politici en ander mense in hoë posisies in Engeland. Sy probeer aan hulle verduidelik waarom sy die omstandighede van vroue en kinders in die konsentrasiekampe wou verbeter. Deur Hobhouse se woorde verstaan jy dat sy dit nie om politieke redes gedoen het nie, maar net om mense te help. Crofford speel nie net die rol van Hobhouse nie, maar ook van verskeie ander karakters. Sy speel onder andere die rol van n boervrou en die rol van n jong Engelse soldaat wat gestuur word om n plaashuis af te brand. Baie mense kom gesels ná die tyd met my en vertel my hulle het nog hierdie poppie of blikkie of iets wat aan n familielid behoort het. Dis duidelik dat die konsentrasiekampe en die oorlog nog nie vergeet is nie. Vir Crofford was hierdie stuk n groot uitdaging. Die belangrikste redes hiervoor was omdat sy alleen op die verhoog was en soveel verskillende rolle moes speel. Die stuk klink dalk na droë geskiedenis, maar dit is n besonder menslike stuk. Die toneelstuk het n prys op die Nasionale Kunstefees in Grahamstad gewen. Ek was baie verras, want daar was soveel ander goeie produksies om op die fees te sien, sê Crofford. Crofford verskyn ook in n film, Dear Mrs Steyn, oor Emily Hobhouse. Die teks is saamgestel uit briewe wat Emily Hobhouse gedurende die Anglo-Boereoorlog aan die vrou van president M.T. Steyn van die Oranje-Vrystaat geskryf het. Emily Hobhouse en mevrou Steyn het mekaar ontmoet toe Hobhouse Bloemfontein besoek het en in die konsentrasiekampe daar gewerk het. Karen Zoid is die verteller in die film Dear Mrs Steyn. Die film sal op kyknet te sien wees. (Uit: Die Burger)

13 1 Watter soort werk het Emily Hobhouse in Engeland gedoen? 2 Hoekom was Emily Hobhouse minder populêr in Engeland as in Suid-Afrika?...[2] 3 Hoe weet ons dat Lynita Crofford vir Emily Hobhouse bewonder? 4 Wat het Lynita Crofford deur Emily Hobhouse oor oorlog geleer? 5 Hoekom was die toneelstuk moeilik vir Lynita Crofford? Gee twee redes....[2] 6 Wat het Lynita Crofford laat besef dat mense die kampe en die oorlog nog onthou? 7 Hoekom was Crofford verras dat die toneelstuk n prys gewen het? [Turn over

14 8 Wat het die filmmaker wat Dear Mrs Steyn gemaak het, gehelp om inligting oor Emily Hobhouse en mevrou Steyn te kry? [Totaal: 10]

15 Oefening 7 Lees die volgende uitsprake oor geld: Geluk is belangriker as geld. n Mens het geld nodig om gelukkig te wees! Geld het nog nooit iemand gelukkig gemaak nie. Geld wat stom is, maak reg wat krom is! Geld is die wortel van alle kwaad! Skryf ʼn artikel vir die skoolkoerant waarin jy jou mening oor die belangrikheid van geld bespreek. Jou artikel moet ongeveer 200 tot 250 woorde lank wees. Jy kan van die idees hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Dit is belangrik dat jy jou mening goed verduidelik. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou artikel en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry. [Turn over

16

17 [Turn over

18 [Totaal: 15]

19 BLANK PAGE

20 BLANK PAGE Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. To avoid the issue of disclosure of answer-related information to candidates, all copyright acknowledgements are reproduced online in the Cambridge International Examinations Copyright Acknowledgements Booklet. This is produced for each series of examinations and is freely available to download at www.cie.org.uk after the live examination series. Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.