Telefoon: Posbus Faks: Selcourt E-Pos: 1567 Web:

Size: px
Start display at page:

Download "Telefoon: Posbus Faks: Selcourt E-Pos: 1567 Web:"

Transcription

1 Telefoon: Posbus Faks: Selcourt E-Pos: 1567 Web: Laerskool Selectionpark Ons kommunikeer met die ouers deur middel van die kommunikeerder. Ons vra vriendelik dat u die D6 Communicator aflaai op u foon of rekenaar Kies Laerskool Selectionpark. Op hierdie manier sal u altyd op hoogte wees van wat aangaan by die skool

2 INHOUDSOPGAWE 1. Making Time... Bl 3 2. Boodskap van Graad R personeel... Bl 4 3. Doel van Gr R... Bl 5 4. Personeelinligting... Bl 5 5. Kostes... Bl 6 6. Lys van benodigdhede... Bl 7 7. Klerewinkeltye... Bl 7 8. Skooltye... Bl 8 9. Algemene Reëls Gr R... Bl Buitemuurse aktiwiteite... Bl Skoolkwartale Bl Kleiresep... Bl Rympie wat kinders moet leer... Bl Skoolgereedheid vir Kleuters Graad R... Bl Lys van skryfbehoeftes wat skool voorsien... Bl 15 2

3 MAKING TIME Did you have lots of fun with your child today? Did you take time to climb, to run and to play? Did you look at new things through his eager eyes? Did you comfort and hold him when you heard his cries? Were your fingers all sticky with paint and cold glue? Was there enough play dough for him and for you? Did you help him to cut, to paste and to thread? Or did you sit quietly and watch him instead? Was there enough time for a story last night? Did you talk about why the stars looked so bright? Did you talk about insects and why a bee stings? Did you watch as a butterfly spread silky wings? Your child s childhood years are so precious and few; They re gone in what seems just a moment or two! What he really needs most is for you to be there to love him and show him just how much you care By Doreen Maree 3

4 Spesiale boodskap vir ons nuwe maatjies! Ons hoop dat jy van jou nuwe skool hou! Hier by ons gaan jy slim word saam met jou nuwe maatjies! Ons het 3 goue reëls by ons Parkie Karnallie-skool: Luister Dink Doen Sjoe, dit is darem nie te moeilik nie né! As jy dit kan doen gaan skool BAIE LEKKER wees! Jy moet nooit bang wees nie, ons juffrouens is daar om jou handjie styf vas te hou! Ons sien uit daarna dat jy een van ons TROTSE Parkie Karnallies word! Groete Gr R Personeel DOEL VAN GRAAD R 4

5 Graad R maak jou kind gereed vir Graad 1 en daarom werk ons aan die volgende: Skryf van die kind se naam Tel en herken syfers Vroeë korrekte potloodgreep Ken kleure en vorms Visuele diskriminasie Onderskei tussen goeie en nie goeie gedrag Ooreenkomste en verskille Knip en plak Datahantering Volgorde Volg opdragte Herkenning van klanke PERSONEELINLIGTING HOOF : Mnr A.F. du Plessis ADJUNK-HOOF : Mnr O.J. van Schalkwyk Departementshoof : Me Suzan Joubert KOSTES: 5

6 Klasfooie: n Registrasiefooi van R is betaalbaar met inskrywing. HIERDIE FOOI IS NIE TERUGBETAALBAAR NIE!! Die maandelikse fooie van R is betaalbaar voor of op die vyfde dag van elke maand vir elf maande vanaf Januarie tot November. Omdat kontant n veiligheidsrisko inhou verkies ons dat alle betalings per Internet gedoen word. Debietorder fasiliteite kan gereël word. Graad RR vorm nie deel van verpligte onderwys nie daarom is daar geen subsidies beskikbaar vir Graad R nie. Fooie sluit die volgende in: U maandelikse skoolfonds Bak-en-broufooi Afgerolde werkkaarte Skryfbehoeftepakket Musiekklas 1 keer per week Sodra u bewys lewer dat u fooi vir Januarie 2019 betaal is sal u kind sy skryfbehoeftepakket ontvang Alle afgerolde werksboeke BLY te alle tye DIE SKOOL SE EIENDOM Naskoolsentrumfooie: Naskoolsentrumfooie is betaalbaar oor 11 maande Eerste leerling : R per maand Tweede leerling : R per maand Derde leerling : R per maand Spesiale pakket vir GRAAD RR EN GRAAD R: Hierdie pakket sluit u Klasfooie en Naskoolsentrumfooie in!! Fooi: R per maand, betaalbaar oor 11 maande Hierdie is voorlopige fooie, alle fooie sal bekragtig word op n Ouervergadering later vanjaar! LYS VAN BENODIGDHEDE Die skool voorsien al die skryfbehoeftes 6

7 Sodra ons bewys ontvang dat u fooi vir Januarie 2019 betaal is sal u kind van n skryfbehoeftepakket voorsien word. Merk asseblief elke item afsonderlik en stuur dit terug skooltoe. Die volgende items vorm nie deel van die pakket nie daarom vra ons u om dit asseblief self aan te koop: (Al die items wat u aankoop is vir die hele jaar, ons gaan nie later in die jaar van u verwag om iets aan te koop nie) 1 Riem wit papier 4 Rolletjies toiletpapier 1 Dose sneesdoekies 1 Houers vloeibare handseep 2 Pakkies Wet Wipes 1 Stoflap Plastiek plekmatjie 1 Witbordpen 1Springtou 1 Groot Plastiekbal 1 Pak Zip Seal sakkies (klein) Kleiresep op bladsy 11 Klei (U maak dit self, sien resep op bladsy 11) U kan ook klei koop, kyk asseblief vir klei wat nie hard word nie. Plaas die klei in n plastieksakkie en daarna in n lugdigte houer (kosblik grootte) Skryf asb. u kind se naam op die houer KLEREWINKELTYE Maandae tot Donderdae 13:00 tot 14:30 Vrydae 13:00 tot 13:45 Die winkel sal ook op die volgende dae en tye oop wees: Saterdag 5 Januarie :00 tot 13:00 Maandag 7 Januarie :00 tot 13:00 Dinsdag 8 Januarie :00 tot 13:00 SAL VANAF 11 Desember 2018 GESLUIT WEES! 7

8 Ons Gr R maatjies kom elke dag skooltoe met die hempie wat gemerk is vir die betrokke dag van die week. (Nie verpligtend) Daar is ook n navy broekie beskikbaar wat pas by die skoolhempies U kind leer nou die verskillende kleure asook die dae van die week ken Al die klere is beskikbaar in die Kleretrommel SKOOLTYE Gr RR, Gr R, Gr 1 en Gr 2: Maandae tot Vrydae: Skool begin STIPTELIK om 07:25 tot 13:05 Wagklas: Indien u nie u kind om 13:05 kan kom haal nie kan die kind, onder toesig, in die wagklas wag tot 13:35 n Kind mag hier wag vir n ouer broer of suster totdat die skool uitkom om 13:35 GEEN WAGKLAS OP VRYDAE!! ALGEMENE REËLS VIR GRAAD R Vir die eerste twee weke verdaag die kinders om 12:00. Om veiligheidsredes mag die kinders slegs by die klas afgehaal word Na twee weke verdaag ons om 13:05. Daar sal toesig wees tot 13:35 Merk asseblief al u kind se klere, kosblikke, waterbottels ens. 8

9 Die kleinhekkie by die Gr R klasse word om 07:25 gesluit en eers weer om 13:05 oopgesluit Om orde en dissipline in die klas te handhaaf versoek ons u asseblief vriendelik om u kind in die oggend by die wagklas te besorg en dan asseblief dadelik te verdaag Indien u iets met die Onderwyseres wil bespreek moet u asseblief vooraf n afspraak Juffrou kan ongelukkig nie soggens ouers te woord staan nie! Kospakkie: Pak asseblief elke dag vir u kind n voedsame kospakkie Van Maandag tot Vrydag ag ons die volgende as n gesonde kospakkie: Cerealbars Vrugtestokkies Biltong Kasies Vars vrugte Yogurt Soutkoekies (Cheddar) Geen gaskoeldranke nie asseblief slegs vrugtesap n Voedsame broodjie kan by die Mamma-kombuis aangekoop word Kinders mag op elke tweede DONDERDAG van die maand snoepiegeld bring (nie meer as R25-00)-hulle kan ook die snoepiekaart gebruik. Inligting is op die D6 Kommunikeerder beskikbaar. Die ander twee Donderdae Bak en Brou ons Ons het een maal per kwartaal n Pretdag. Meer inligting sal later deurgegee word BUITEMUURSE AKTIWITEITE Atletiek: Alle Gr R leerlinge neem deel aan die interhuisatletiek Young Engineers: Word een keer per week vir 45 minute gedurende skooltyd aangebied. Kontak vir Ronel by Playball: Word een keer per week vir 30 minute gedurende skooltyd aangebied (Betaling direk aan Playball) Kontak Me Mandie Wagner

10 Ballet: Rugga Kids: Lesse word by die skoolsaal aangebied. (Betaling direk aan afrigter) Kontak René Word een keer per week vir 30 minute gedurende skooltyd aangebied. (Betaling direrk aan Rugga-Kids) Kontak Mnr Johan van Schalkwyk Petite Netbal: Mini-Hokkie: Drama: Braingym: Tennis: Word een keer per week vir 30 minute gedurende skooltyd aangebied. (Betaling direk aan Petite Netbal) Kontak Mnr Johan van Schalkwyk Hierdie is n wintersport. (Julie tot September) Die kinders oefen dan vanaf 13:45 tot 14:30 Skoolaktiwiteit Geen kostes Lesse word by die skool aangebied gedurende skooltyd. Kontak Elize by Lesse word aangebied gedurende skooltyd Kontak vir Thys Lourens by Lesse word aangebied gedurende skooltyd Kontak Gary Cotton Musiek: Lesse word aangebied gedurende skooltyd, deur n gekwalifiseerde musiekonderwyseres. Geen kostes Mini-Skaak: Word 1 keer per week vir 30 minute gedurende skooltyd aangebied. Betaling: EFT in dieselfde rekening as die skoolfonds met n duidelike verwysing Mini-skaak Kontak Me S. Joubert Gr. R het hul Gradeplegtigheid aan die einde van die jaar daar is kostes aan verbonde vir die huur van die toga asook die Sertifikaat SKOOLKWARTALE VIR 2019 KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 KWARTAAL 4 VAN TOT VAN TOT VAN TOT VAN TOT 09/01 15/03 02/04 14/06 09/07 20/09 01/10 04/12 10

11 500ml 200ml 30ml RESEP VIR KLEI Meel Sout Kremetart Plaas in n kastrol. Voeg volgende by: o 500ml Water o 30ml Olie o 2,5ml Geursel of Kleursel Roer oor vinnige hitte in kastrol tot klonte vorm. Verlaag hitte. Roer tot klammigheid verdwyn. Wag tot afgekoel is voor begin knie. Knie vir 5 minute (Gee elastisiteit) NB: Moet asseblief nie enige van die bestanddele uitlaat nie!! Mamma, leer asseblief vir jou kleuter hierdie rympie sodat ons dit almal saam kan opsê die dag wanneer die skool begin! RYMPIE OU JUFFROU PADDA Tien klein paddatjies, kom sit in n kring Bring julle boekies en laat ons sing. Maak julle bekkies wawyd oop En sing vir my so soet soos stroop. Kwak kwak kwak! Kwek kwek kwek! Tien klein paddatjies maak my gek 11

12 SKOOLGEREEDHEID VIR KLEUTERS GRAAD R Mamma, ons vra jou vriendelik om hierdie riglyne te lees en die oefeninge met u kind by die huis te doen Deur dit te doen sal u vind dat u kleuter gelukkig by die skool en by die huis sal wees! Wat is skoolgereedheid? Skoolgereedheid hou verband met die kind se ontwikkeling op vier vlakke: Sosiale- en emosionele ontwikkeling Perseptuele ontwikkeling Fisiese of biologiese rypingsvlak Intellektuele ontwikkelingsvlak n Kind se sosiale vaardighede en aanpassingsvermoë bepaal tot n groot mate hoe gelukkig die kind by die skool gaan wees. Motoriese ontwikkeling: Die kind se motoriese ontwikkeling help hom om n gesonde en gebalanseerde leefwyse te handhaaf. n Agterstand in motoriese ontwikkeling kan lei tot moegheid, wat verder mag aanleiding gee tot rusteloosheid, afleibaarheid, swak konsentrasie en koördinasieprobleme. Ons gee vir u voorbeelde van aktiwiteite wat u met die kind kan doen om sy motoriese vaardighede te ontwikkel: Groot motoriese vaardighede: (Samewerking van groot spiere in die liggaam) Klim-en-klouteraktiwiteite Springaktiwiteite (balspele en touspring) Balanseeraktiwiteite (huppel, eenbeenstaan, eenbeentjiespring, loop op n lyn Fyn motoriese vaardighede: (Samewerking van die klein spiere in die liggaam) Frommel van papier Skêr aktiwiteite en inkleur Inryg van krale / wasgoedpennetjies vasknyp Swak motoriese beplanning kan swak werkspoed en lompheid tot gevolg hê en kan daartoe lei dat die kind langer neem om nuwe vaardighede aan te leer. 12

13 Spraak en Taalontwikkeling: Taalontwikkeling begin op n vroeë ouderdom, voor lees en skryf. Die kind dink in taal en druk sy gedagtes in taal uit. Graad R leerders moet effektief kan kommunikeer deur taal, kuns, beweging, musiek en dramatisering van fantasie ervarings Aktiwiteite: Oorvertel van stories Liedjies en rympies Telefoon korrek te beantwoord / boodskap noukeurig oor te dra Emosionele en Sosiale ontwikkeling: Positiewe selfbeeldontwikkeling Hantering van emosies Empatie met ander Toepaslike sosiale interaksie Graad R kinders wat emosioneel en sosiaal nog onryp is, vind dit moeilik om in die klassituasie aan te pas en aktief deel te neem. Hulle sukkel om hulle emosies te hanteer, is dikwels bakleierig, onwillig om nuwe dinge aan te pak en in groepe te werk Aktiwiteite: Wees n voorbeeld vir jou kind deur te wys dat jy ander se gevoelens, geloof en kultuur respekteer Beklemtoon jou kind se positiewe eienskappe en help hom om aggressie en negatiewe gevoelens te verwerk en selfvertroue te ontwikkel Dus: laat die kind besef dat, hoewel jy sy verkeerde optrede / gedrag nie aanvaar nie, jy hom nog steeds as mens aanvaar en lief het Moedig groepspel aan Perseptuele ontwikkeling: Dit is die akkurate waarneming, organisasie en interpretasie van inligting wat vanaf die sintuie na die brein gestuur word. 13

14 Visuele persepsie: (Inligting wat vanaf die oë na die brein gestuur word: Aktiwiteite: Raak met jou hand aan jou knie / toon / kop ens Identifiseer liggaamsdele aan n pop Plaas 6 voorwerpe op n skinkbord. Kind kyk ongeveer 3 sekondes, bedek, kind moet opnoem wat hy kan onthou Legkaarte bou Ouditiewe persepsie: (Inligting wat vanaf die ore na die brein gestuur word) Aktiwiteite: Gee verskillende opdragte bv. raak met jou hand aan jou kop en spring twee keer in die lug ens. Oorvertel van storie in eie woorde Sê n nommer of letters en laat die kind dit herhaal Klank n woord, bv. k-a-t; die kind moet sê wat hy gehoor het Die belangrikste van alles in die lewe is dat u, u kind moet geniet!! U moet u kind soveel moontlik liefde gee en hom aanvaar vir wie hy is (onthou elkeen van ons het ons eie unieke persoonlikheid) 14

15 SKRYFBEHOEFTES WAT DIE SKOOL VOORSIEN GRAAD R x 125ml Alcolin Kouelym (Superior Wood & Paper Adhesive) 2 Amos (Groot) 1 Witbord 1 Witbordpen Swart (Maxiflo White Board Marker) 1 Skêr (Een klein gaatjie vir die duim & een groter gaatjie vir ± 3 vingertjies) 1 A4 160g Board Bright Pad Assorted 20 s Kartonne 1 Pak Gekleurde gompapier 2 x 20 s Faber-Castell Trigrip Inkleurpotlode (Onthou die spesiale skerpmaker vir die driehoek potlode is in die dosie!!!) 1 Skerpmaker (metaal) (Die een met 1 x groot + 1 x klein gaatjie) 1 Faber-Castell Goldfaber Beginners Pencil H Trigrip 1 Pennesakkie materiaal ± 35cm lank 2 Deurskyende waterdigte boeksak met ritsluiter 1 35 stuk legkaart 1 x 12 s Dik Koki s 1 Uitdraai kryte (Mon-Ami) 1 Ringbinder (dun leer) 1 Inkleurboek ongeveer 300 bladsye Jy gaan leer skryf 15

Telefoon: Posbus Faks: Selcourt 1567 E-Pos:

Telefoon: Posbus Faks: Selcourt 1567 E-Pos: Telefoon: 011 362 6858 Posbus 11401 Faks: 086 607 1075 Selcourt 1567 E-Pos: admin1@laerskoolselectionpark.co.za Web: www.laerskoolselectionpark.co.za Laerskool Selectionpark Ons kommunikeer met die ouers

More information

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

LAERSKOOL RUSTENBURG

LAERSKOOL RUSTENBURG GRAAD 7 1. Penne 2 van elk: Blou, swart en rooi - nie "gel" penne nie (balpunt asb.) 2. Inkleurpotlode 3. 2 x Pritt 4. 2 x HB Potlode of Pacer (Onthou lood vir pacer) 5. 2 x A4 Skryfblokke 6. 1 x Sakrekenaar

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7 SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7 2019 Die volgende algemene skryfbehoeftes word deur die skool verskaf: Alle skrifte 1 x HB Potlood 1 x Liniaal 1 x Uitvëer 1 x Skêr 1 x Skerpmaker 1 x Eksamenblok 1 x Blou pen

More information

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag Classwork Klaswerk Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5 Monday Maandag 1. Draw a picture using tens and units and write the number name for 79. Teken 'n prentjie deur tiene en ene te gebruik, en skryf die

More information

Musiek: Toets jou kennis *

Musiek: Toets jou kennis * OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4

More information

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces

More information

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha Dissipline en positiewe leerderdeelname 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha Daaglikse siening oor dissipline? Formele strukture om dissipline te hanteer: Gedragskode/ Merietestelsel HOËRSKOOL GERRIT MARITZ

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN JUNIE EKSAMEN 2016 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 AFBAKENING: 7 JUNIE 2016 Afdeling A: Begripstoets Afdeling B: Taalstruktuur Woordsoorte (Werkkaarte is in kwartaal 1 lêer en kwartaal 2

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

Speel met battery elektrisiteit *

Speel met battery elektrisiteit * OpenStax-CNX module: m24199 1 Speel met battery elektrisiteit * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad

More information

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE OpenStax-CNX module: m26630 1 GESONDE KOS * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS

More information

Wat is elektrisiteit? *

Wat is elektrisiteit? * OpenStax-CNX module: m24760 1 Wat is elektrisiteit? * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel 1 P a g e (Kliek op een van die inhouds opgawe items om daarna te spring) INHOUDS OPGAWE Handleiding vir die... 1 gebruik van... 1 SAEF Registrasies

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer OpenStax-CNX module: m20785 1 Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative

More information

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including: Page1 English in italic font Die VVOS bied aan/ The AECYC presents: Kurrikulum vir Baba s, Peuters, Voor-Gr R & Graad R Curriculum for Babies, Toddlers, Pre-grade R & Grade R Ontwikkel deur Freda Wilkens

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015 SAOU Noord-Kaap Northern Cape Posbus 110156 Hadisonpark 8306 E-pos: saounk@saou.co.za 053 832 2727 Faks 053 832 2460 8 Desember 2015 No: 28 van 2015 SEMINAAR VIR SKOOLHOOFDE 2016 Skoolhoofde word versoek

More information

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

Digitale Produkte. Katalogus

Digitale Produkte. Katalogus ... leer speel-speel! Digitale Produkte Katalogus www.lomi.co.za info@lomi.co.za Afrikaanse Produkte Die Somme(r) Pret reeks is propvol opwindende aktiwiteite om basiese wiskundevaardighede op n prettige

More information

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE

More information

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL SPORTVERSLAG Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL Netbal Die derde kwartaal was weer propvol hoogtepunte. Ons netbalspelers het week na week uitmuntend gepresteer met pragtige uitslae.

More information

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA UNIVERSITY OF PRETORIA Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese Department of Industrial and Systems Engineering INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

More information

Hoërskool Roodepoort

Hoërskool Roodepoort Hoërskool Roodepoort NUUSBRIEF/ NEWS LETTER 10 22/9/2018 Junie is jeug maand! Roodies se tema vir Junie was gelykheid. Ons het daarop gefokus, om elke leerder te verseker dat hy/sy gelyke waarde in ons

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08 DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08 Handleiding vir registrasie van studente en personeel - Papercut BEKNOPTE HANDLEIDING

More information

Wat is vaskulêre demensie?

Wat is vaskulêre demensie? PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is vaskulêre demensie? Hierdie inligtingsblad sit n paar oorsake en simptome uiteen van vaskulêre demensie en gee n paar voorstelle oor hoe om die risiko daarvan om die toestand

More information

OESFEES. Oktober 2016

OESFEES. Oktober 2016 1 OESFEES Oktober 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Die teeskinkbeurt-lys vir 2017 sal ge-epos word aan die kleingroepleiers, bevestig asb dat die teeskinkdatums vir julle groep gepas sal wees. Voorstelle vir aanbiedings,

More information

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS WTW 218 - CALCULUS EKSAMEN / EXAM PUNTE MARKS 2013-06-13 TYD / TIME:

More information

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Die vraestelle word opgestel volgens die riglyne van die CAPS kurrikulum, sodat soveel moontlik van alle tegnieke wat in die eerste twee

More information

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my. Ontmoeting 33 Teks: 1 Samuel 17 Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou! Hulpmiddels:

More information

Plekwaardes van heelgetalle *

Plekwaardes van heelgetalle * OpenStax-CNX module: m30621 1 Plekwaardes van heelgetalle * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad 4

More information

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25941 1 Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

Ondersoek twee-dimensionele vorms * OpenStax-CNX module: m30779 1 Ondersoek twee-dimensionele vorms * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad

More information

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land. 1 Maats by die skool Luistertyd: So groet ons Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land. Hallo! My naam is Patricia.

More information

NIE VERBALE EVALUERING

NIE VERBALE EVALUERING Skoolgereedheid evaluering. Voorwoord aan ouers/onderwysers 2. Hulp met evaluering 3. Wat is skoolgereedheid? 4. Vooreistes vir skoolgereedheid NIE VERBALE EVALUERING 5. Kriteria (maatstaf) vir die bepaling

More information

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module: m30249 1 Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere

More information

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11) OpenStx-CNX module: m988 Trigonometrie: Trig identiteite (Grd ) Free High School Science Texts Project Bsed on Trigonometry: Trig identities (Grde ) by Free High School Science Texts Project This work

More information

Courses for March 2012

Courses for March 2012 Courses for March 2012 Beginners Lightroom 3 Course In this beginners course we will look at the importance of Lightroom as a powerful workflow tool. Explore catalogs and demystify the Library and Develop

More information

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek! 1 Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy 1 14. Lekker soek! 2 Lees die tr- woorde hardop en skryf dit dan in jou werkboek! traan trap tref trek treur tril

More information

Tygienuus. 29 Maart 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

Tygienuus. 29 Maart 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK: Tygienuus 29 Maart 2017 Webblad: www.laerskooltygerpoort.co.za E-pos: admin@laerskooltygerpoort.co.za Tel: 012 809 0029 Faks: 012 809 0341 / 086 559 4837 PROGRAM VIR DIE WEEK: DONDERDAG - 30 MAART Mediasentrum:

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mrs M Gough Leesbegrip en taalwerk Date 8 June 2017 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar

More information

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING OpenStax-CNX module: m27843 1 HERWINNING Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4

More information

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION ALGEMENE REëLS EN BEPALINGS 1. Deelnemers wat nie die reëls en bepalings nakom nie word gediskwalifiseer. 2. Deelnemers mag nie meer as een keer aan n item deelneem

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN JUNIE EKSAMEN 2015 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 ENGLISH DEMARCATION: 8 JUNE 2015 Comprehension Test Language Proper nouns: (Susan, Roodepoort) and Common nouns: (desk, pencil, girl...)

More information

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk education Department: Education GAUTENG PROVINCE Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk November 2011 AFRIKAANS HT Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. GOO JOHANNESBURG

More information

Die badkamer en kombuis *

Die badkamer en kombuis * OpenStax-CNX module: m26171 1 Die badkamer en kombuis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mr. J Ellis Date 10 November 2016 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special instructions/

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mrs M Gough Leesbegrip en taalwerk Date 8 June 2017 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special

More information

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD n Paar wenke: Hierdie volledige patrone en instruksies word gratis van ons webwerf afgelaai. Dit is oorspronklike patrone deur Pauline Matthee (met inspirasie

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

Nuusbrief 22 Junie 2018

Nuusbrief 22 Junie 2018 Nuusbrief 22 Junie 2018 1. Alle ouers word vriendelik uitgenooi na ons algemene oueraand op Maandag, 23 Julie 2018, om 18:00 in die skoolsaal. Baie belangrike inligting sal bespreek word en daarom vra

More information

Leer om tyd vanaf analoog-horlosies te lees *

Leer om tyd vanaf analoog-horlosies te lees * OpenStax-CNX module: m30772 1 Leer om tyd vanaf analoog-horlosies te lees * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE

More information

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014 Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As

More information

C. en N. Primêre Meisieskool Oranje

C. en N. Primêre Meisieskool Oranje Januarie: Eerste Kwartaal C. en N. Primêre Meisieskool Oranje 1 x Pennesakkie deur skool voorsien. Betaalbaar Januarie by klasonderwyseres. Plaas geld in n gemerkte koevert met u kind se naam en van. Kostes

More information

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

19. Dit is in ons bloed Genesis 4 19. Dit is in ons bloed Genesis 4 Tema Jaloesie wat ons kwaad laat voel, asook sondige dade bring ons op n slegte plek n plek waar God ons moet help en Hy doen dit! Agtergrond en interpretasie Lees weer

More information

University Of Pretoria

University Of Pretoria University Of Pretoria Faculty Of Engineering, Built Environment And Information Technology Student Number: Name: Surname: Email: Contact Number: Signature: Student Information Test Information Subject:

More information

Visuele Kuns: 'n Dieremasker *

Visuele Kuns: 'n Dieremasker * OpenStax-CNX module: m25097 1 Visuele Kuns: 'n Dieremasker * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2

More information

Soos n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel.

Soos n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel. Dit Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: helder2@global.co.za Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za Omsendbrief 28/17 2017 10 10 Soos n moeder haar kind

More information

E-Klas handleiding Studente

E-Klas handleiding Studente E-Klas handleiding Studente Dickenson laan 1180 Waverley Pretoria 0083 Tel: 012 332 3227 Kopiereg voorbehou Inhoudsopgawe 1 Wat is e-klas?... 1 2 Teken aan op e-klas... 1 2.1 Wagwoordverandering... 2 3

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit? OpenStax-CNX module: m23724 1 Advertensies * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

More information

Nuusbrief Junie / Julie 2017

Nuusbrief Junie / Julie 2017 Nuusbrief Junie / Julie 2017 Ons wil graag dankie sê aan Toy Adventures, die trotse borg van die Kamcare Nuusbrief. Ondersteun hulle gerus by Byls Bridge Promenade in Highveld Centurion en The Grove winkelsentrum.

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN NOVEMBER EKSAMEN 2015 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 AFRIKAANS Kwartaal 3 - Hoofwerkwoorde, hulpwerkwoorde en deelwoorde - Selfstandige naamwoorde - eienaam / soortnaam (telbaar en ontelbaar,

More information

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY by Leon Ian Ie Grange Submitted in partial fulfilment of the requirements for the degree M.Eng. (Technology Management) in the Faculty

More information

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Vrystaat (Bothaville).

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Vrystaat (Bothaville). Droom - Glo - Doen A L G E M E N E V R A E : Waar en Wanneer en Wat kos dit? Dit word aangebied by Megapark in Bredasdorp. (die terein is geleë op die rand van die dorp, volg net al die bordjies wat in

More information

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel 1 DIE KONING IS OP PAD n Kersspel Dramatis personae in volgorde van verskyning Mattatias ) vriende en kamerade van Josef, in hulle vroeë twintigs Natan ) Josef, ongeveer 22 jaar Tamar, Maria se jonger

More information

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Votum: Psalm 8 Seëngroet: Vriende ek groet julle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, wat jou liefhet en aanvaar, net soos jy

More information

Deuteronomium 8: /01/2014

Deuteronomium 8: /01/2014 Deuteronomium 8:1-20 26/01/2014 Een van die mees gevreesde siektes van ons tyd is Alzheimer... Dis is n siekte wat jou brein aantas en maak dat jy naderhand glad nie meer kan onthou nie. Dit begin stadig

More information

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323 Copyright reserved UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323 November 2003 External Examiner: Dr E Terblanche Time: 2h30 Internal Examiners: P.R.

More information

DERTIENDE UITGAWE November 2016 THIRTEENTH EDITION a. Yes, mom. I DID make this myself.

DERTIENDE UITGAWE November 2016 THIRTEENTH EDITION a. Yes, mom. I DID make this myself. DERTIENDE UITGAWE November 2016 THIRTEENTH EDITION a Yes, mom. I DID make this myself. 1 2 My snail Garry Pail. (By Mila Strydom) My snail Garry Pail is very slimy. Hel likes to drive in the car. He also

More information

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Metafoor: Google die natuurverskynsel: The meeting of the waters waar die Rio Negro en Rio Solimoes

More information

Government Gazette Staatskoerant

Government Gazette Staatskoerant Government Gazette Staatskoerant REPUBLIC OF SOUTH AFRICA REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Regulation Gazette 10023 Regulasiekoerant Vol. 579 Pretoria, 27 September 2013 36866 N.B. The Government Printing Works

More information

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module: m31862 1 Afronding * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie

More information

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING, EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie EN L. B. HOSKING, vroeer onderwyseres vir Kindertuin- Metodes aan die Opleidingskollege Wellington,

More information

Inkomstestaat en balansstaat *

Inkomstestaat en balansstaat * OpenStax-CNX module: m31781 1 Inkomstestaat en balansstaat * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis Benodig: - 5 mense - 4 met jeans met wit hemp (die idee is dat die persoon nie die mense met die wit hemde die kruise sien neersit

More information

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 1 1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 Tema Josef is ʼn pa of ouer wat hoor wanneer God sy gesin lei. Agtergrond Die verhaal begin met sterrekykers wat weet dat Jesus n baie besondere nuwe koning is.

More information

Omsendbrief 2/ Januarie Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur: Pen van die Hoof. Geagte ouers

Omsendbrief 2/ Januarie Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur: Pen van die Hoof. Geagte ouers Omsendbrief 2/2017 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur: 20 Januarie 2017 Pen van die Hoof Geagte ouers Baie welkom terug aan elkeen wat betrokke is by ons skool: ouers, leerders, opvoeders en werkers.

More information

Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling

Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling Dag 1 Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling voorbeeld: n verjaarsdagpartytjie of n ongeluk. Die klas bespreek die gebeure wat in die prente uitgebeeld word. (Sit die prente Leerlinge verdeel

More information

Nuusbrief Augustus / September 2017

Nuusbrief Augustus / September 2017 Nuusbrief Augustus / September 2017 My school / My Village / My Planet Kamcare is nou geregistreer as n My School / My Village / My Planet begunstigde. Wat dit beteken is Woolworths betaal n gedeelte van

More information

10. NAALDWERK / NEEDLE WORK

10. NAALDWERK / NEEDLE WORK 10. NAALDWERK / NEEDLE WORK MASJIEN WERK / MACHINE WORK Koördineerder/Coordinator: Doretha Jacobs 073 231 3985 SLUITINGSDATUM vir inskrywings: Woensdag 28 Maart 2018. CLOSING DATE for entries: Wednesday

More information

Een gesertifiseerde kopie van elk van die volgende dokumente moet aangeheg wees indien van toepassing: Geslag. ID Nommer. Nasionaliteit.

Een gesertifiseerde kopie van elk van die volgende dokumente moet aangeheg wees indien van toepassing: Geslag. ID Nommer. Nasionaliteit. Aansoekvorm 2019 Graad R - 9 Opsies Een gesertifiseerde kopie van elk van die volgende dokumente moet aangeheg wees indien van toepassing: Identiteitsdokument of paspoort of geboortesertifikaat Oorspronklike

More information

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) * OpenStax-CNX module: m39725 1 Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings Graad 10 * Free High School Science Texts Project This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the

More information

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100 EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 PUNTE : 100 TYD : 1 uur 30 min SPESIFIEKE DOELWITTE TEGNOLOGIESE PROSES EN VAARDIGHEDE 50% TEGNOLOGIESE KENNIS 30% TEGNOLOGIESE IMPAK OP DIE

More information

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA WES-GAUTENGTAK GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA WEST GAUTENG BRANCH WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER NEXT MONTHLY MEETING:

More information