KROONSTAD HOëRSKOOL KOSHUISE

Similar documents
OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Daniël en die Leeukuil

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Hoër Jongenskool Paarl. Koshuise PROSPEKTUS. Towards the future. The old-fashioned

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

Speel met battery elektrisiteit *

Die wonder van water *

AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL KOSHUISGIDS KOSHUISGEDRAGSKODE

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Hoërskool Roodepoort

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

18 Mei Geagte Ouers

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

TrumpetNet, 31 May 2007

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

GREY KOLLEGE BELEID TEN OPSIGTE VAN DWELMMIDDELS

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

LAERSKOOL HELDERKRUIN

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

Die wind as bron van energie *

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

Wat is elektrisiteit? *

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Musiek: Toets jou kennis *

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Vrystaat (Bothaville).

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

Pragtige Koningin Ester

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Tygienuus. 29 Maart 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

GEDRAGSKODE - SKOOLREëLS EN REGULASIES

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

Plekwaardes van heelgetalle *

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

E-Klas handleiding Studente

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

nommer 1 Gedragskode vir ouers 3 2 Gedragskode en dissiplinêre prosedures 10 3 Dissipline Beleid 18 4 Dissiplinêre prosedure en gedragskode 24 5

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

Wat is vaskulêre demensie?

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Veldenvlei Primary School

Gedragskode vir leerlinge van die Hoër Landbouskool Boland. Deel 1. Etiekkode

SPELERS MET GESTREMDHEDE

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

AANSOEK OM LIDMAATSKAP STUDENTE 2015

HTS DANIEL PIENAAR GEDRAGSKODE 2015

Nuusbrief Junie / Julie 2017

Government Gazette Staatskoerant

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE NASKOOLSENTRUM 2018 Vorm NS 1

Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES

Johannes 6:1-15; /07/2014

GEDRAGSKODE: LEERDERS

VERWELKOMING DEUR BEHEERRAADSLEDE

Prospektus Robertson Voorbereidingskool

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

Deuteronomium 8: /01/2014

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

OESFEES. Oktober 2016

/Af KENNISGEWING AAN GETUIE OM DIE POLISIE VAN SY/HAAR ADRES OP HOOGTE TE HOU

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Februarie 2016 No: 4 van 2016

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

BELEID OOR KONFLIK VAN BELANGE

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR

LAERSKOOL SAAMTREK. GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRIMêRE SKOOL LAERSKOOL SAAMTREK

2 8/2016. Discipline is the bridge between goals and accomplishment. -Jim Rohn*

AANSOEK TOT TOELATING VIR 2019 HUIDIGE SKOOLGELD VIR 2018 OPSIE 1: MAANDELIKS OPSIE 2: EENMALIG OPSIE 3: DEBIETORDER. Betaalbaar voor/op 1 Maart 2018

Word deel van hierdie unieke studente kultuur wat HEIMAT is en pak elke dag aan met 'n ONTEMBARE GEES!

Inkomstestaat en balansstaat *

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Digitale Produkte. Katalogus

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

VOLTOOI AFDELINGS : A P VOLLEDIG

LAERSKOOL SAAMTREK GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

Transcription:

INLIGTINGGIDS 2018 KROONSTAD HOëRSKOOL KOSHUISE Toelating tot die skool bied nie outomatiese toelating tot die koshuis nie. Die beheerliggaam alleenlik behou die reg voor van toelating tot die koshuis. Die Hoërskool Kroonstad beskik oor drie koshuise met uitgebreide fasiliteite vir seuns en meisies. Ons koshuise bied n stabiele tweede tuiste weg van die huis. Alle meisies word in een koshuis geakkommodeer terwyl die graad 8 en 9 seuns, apart van graad 10 12 seuns in hulle eie koshuis inwoon. Die koshuise beskik oor ruim kamers, badkamers, studiesale, ontspanningslokale, en eetsale. Leerders word voorsien van genoegsame goed gebalanseerde maaltye. Daar is ook twee swembaddens waarvan die leerders gebruik maak. Studietye word stiptelik nagekom en vind onder toesig plaas. Die behoud van Christelike beginsels is n saak van erns en daar is daagliks twee verpligte Bybelstudies (stiltetyd). Die gedragskode en reëls van die skool geld in die koshuise ook. Nuwe leerders word in kamers geplaas wanneer hulle arriveer. Hierdie leerders bly so vir ongeveer 2 weke en word daarna die geleentheid gebied om kamermaats te kies. Huis vd Merwe Huis Smith Huis de Klerk Huisvader 082 7877628 083 6259962 083 3885384 Matrone 0794801953

Personeel Onderwyspersoneel van die skool is ook diensdoenende personeel in die koshuise. Die personeellid aan diens is te alle tye beskikbaar vir persoonlike aandag, navrae en ongevalle. Die koshuispersoneel word bygestaan deur n koshuiskomitee van leerders wat deur die leerders self aangewys word. Diens vir personeel gedurende die week asook naweke. Oop en toesluit van koshuis. Sluit 3 uur Vrydae. Maak ook seker dat alle ligte af is, vensters toe is en kinders uit is. Oopsluit 17:00 op Sondae en sluit deur weer 19:30 Sondagaand. Persoon aan diens moet naweke vroegtydig met matrone reël rondom etes, daar is gewoonlik Vrydae middag en Maandagoggend kinders. Matrone sorg gewoonlik oor naweke vir etes. Dit kan ook vooraf voorberei word sodat dit net warm gemaak kan word, leerders moet met personeel en die matrone reël rondom etes. Personeel bly verantwoordelik om leerders te kontroleer. Moet weet as kinders die terrein verlaat. Sien toe dat hul uitteken en personneellid weet waarheen hul gaan en wanneer hul terugkom. Leerders mag slegs uitslaap met toestemming van ouers en koshuisvader. Leerders moet Maandae vir die week se etes inteken, dit is veral belangrik gedurende die eksamen. Daar word slegs vir die leerders wat ingeteken het, kos voorberei. Sorg dat studie en etes georganiseerd verloop. Sien toe dat leerders wat naweke inbly, leer, en versorg is. Sien om na siek leerders en kontroleer hul gereeld, sorg dat hulle deur die matrone ʼn afspraak by die dokter maak, daar en terug kom. Rapporteer aan die koshuisvader. Indien nodig, laat ouers weet wat die stand van sake is. Sorg dat alle leerders in is as deure 19:00 sluit. Die koshuis sluit weer 6:00 oop. Leerders wat nie by ete, studie en toesluit is nie moet opgevolg word. Moet asb nie onnodig dae ruil nie, as daar met uitsondering geruil word laat weet die koshuisvader vroegtydig. Personeel mag nie die terrein verlaat as hy/sy op diens is nie. Personeel moet te alle tye beskikbaar wees op die dag of naweek van diens.

Staan Koshuisvader by indien hulp verlang word tydens die week, naweke of vakansies. Sien toe dat leerders by die reëls hou en die koshuis nie verniel nie. Wees bewus dat die koshuis met kameras gemonitor word. Finansies Koshuisgeld word bepaal op die begrotingsvergadering vir die komende jaar. Die bedrag word dan gedeel deur 10 maande en kan eenmalig of oor 10 mde betaal word. Gr 8 tot 12 betaal almal oor tien maande. Dit sluit alle etes, water en ligte, riool, onderhoud en herstelwerk, ens. in. Die eerste paaiement is Januarie betaalbaar en die laaste einde Oktober van die betrokke jaar. Indien ʼn leerder se vorige kwartaal nie voluitbetaal is nie, sal hy nie vir die volgende kwartaal in die koshuis toegelaat word nie. Leerders wat die koshuis verlaat, moet een kwartaal kennis gee. Leerders wat reeds hul koshuisgelde vooruit betaal het, sal die onverstreke maande as % op 12 maande, terug betaal word. Dit is nie van toepassing op leerders wat die koshuis gedurende die 4de kwartaal verlaat nie. Matrieks moet in Augustus kennis gee indien hul nie die 4de kwartaal in die koshuis gaan wees nie. As n leerder n koshuisbeurs het en hy verlaat die skool, sal ouers verantwoordelik gehou word vir die koshuisgelde. Leerders wat gedurende die jaar koshuis toe kom, betaal die onverstreke maande as % op 12 maande Alle koshuisgelde is binne die eerste 14 dae van elke maand betaalbaar. Indien ʼn leerder se koshuisgeld deur ʼn ander persoon, instansie of trust betaal word bly dit die ouer of voog se verantwoordelikheid om seker te maak dat die geld kwartaaliks betaal is. Indien daar ʼn probleem met die betaling ontstaan bly dit die ouer/voog se verantwoordelikheid om die rekening te vereffen. Daar word ook vir dagstudente voorsiening gemaak per ete of toevallige slaap. Dit moet net met die betrokke koshuisvader gereël en betaal word. Daar is ook ʼn ekstra heffings vir naweek en vakansieverblyf. Dit word jaarliks bepaal en aangepas, in beloop tans R250 per naweek. Leerders wat van die naweekbus gebruik maak, is vir daardie kostes verantwoordelik. Betaling geskied maandeliks vooruit. Leerders moet Woensdag by die kantoor aandui of hul saamry of nie. Geen leerder sal op die bus toegelaat word indien sy of haar busgelde uitstaande is nie.

Dit kan gebeur dat die bus nie ry nie as gevolg van sport die Saterdag, onvoorsiene omstandighede of dat daar minder as 10 Gauteng-leerders is wat Vrydag huis toe gaan. Die bus sal wel die leerders Sondag 16:00 in die somer en 15:00 in die winter by die aangewese plekke oplaai indien daar meer as 8 leerders is wat saamry. Dit bly die verantwoordelikheid van die ouers om seker te maak van die tye en plekke waar leerders op- en afgelaai word. Die bus gaan nie vir ouers of kinders wag nie. Die bus is n hulp aan ouers. Dit kan enige tyd gestaak word indien dit misbruik word, die kostes te veel raak, leerders hul nie kan gedra of daar nie meer bestuurders is nie. Dit bly dus ʼn voorreg en nie n reg nie. Verlof om die terrein te verlaat Geen leerder mag die skoolterrein verlaat sonder toestemming van die koshuisvader of personeellid aan diens nie. Daar is twee uittekenboeke, een vir sport, kultuur, skoolaktiwieteite en dorp. Die tweede uittekenboek word in die week by die kombuis in die matrone se kantoor ingevul as ʼn leerder huistoe of na ʼn vriend gaan. Daarvoor kan hy/sy net by die koshuisvader toestemming kry. Die leier en personeellid wat Donderdag aan diens is moet seker maak dat al die leerders reg uitteken vir die komende naweek en seker maak dat daar skakelpersone en besonderhede is van waarheen die leerder gaan. Persone wat leerders kom haal, moet self met huisvader of personeellid aan diens reël. Slegs leerders wat aan buitemuurse aktiwiteite binne skoolverband deelneem, mag inbly. Die koshuis sluit Saterdag na afloop van die aktiwiteit. Leerders verlaat die koshuis in skooldrag en dra dit ook as hy/sy weer koshuis toe kom. Koshuis open Sondagmiddag 17:00 (Geen aandete word verskaf nie.) Die eerste ete is Maandag middagete. Daar kan wel voortydig deur die leerder met die matrone gereël word vir pap Maandagoggend. Dorpsbeurt Woensdae is daar dorpsbeurt van 14:10 tot 15:30. Skooldrag moet aangetrek word of die betrokke koshuis se koshuis hemp en ʼn denim. Leerders wat saam met hulle ouers in die week dorp toe gaan, moet ook skooldrag aanhê.

Besigheid moet so gereël word dat dit op hierdie dag val. Telefone, rekenaars of enige ander elektroniese toestelle Geen oproepe of die gebruik van die toestelle mag tydens inspeksie, stilteen studie-, etenstye of na ligte uit plaasvind nie. Beide die koshuis en die skool neem geen verantwoordelikheid vir die toestelle nie. Gordyne en beddegoed Leerders moet hul eie gordyne, duvets en linne gebruik. Hulle is ook verantwoordelik om die linne gereeld te laat was. Breekskade Leerders word aanspreeklik gehou vir enige breekskade deur hom / haar veroorsaak. Breekskade moet dadelik aangemeld word by die personeellid aan diens. Medies Ouers word aangemoedig om vooraf te reël sou n dokter-/tandartsbesoek nodig wees. Leerders gebruik ʼn dokters of tandaarts van sy of haar keuse. Ons vra dat ouers asb nie hul kinders siek by die koshuis aflaai nie, want so steek hul mekaar aan wat ʼn rippel effek het. Kinders wat deur die week siek of beseer word en deur ʼn dokter afgeboek word moet kom haal word. Vir mediese versorging sal geneesheer, soos deur ouers versoek, ingeroep word. Ouers is ten volle verantwoordelik vir kostes. Kosgangers met aansteeklike siektes sal nie in koshuis toegelaat word nie. Leerders wat aan allergieë, asma, ens. ly, moet voorsiening maak vir medisyne. Siekte moet onmiddellik by personeellid aan diens aangemeld word. Indien u nie ʼn mediesefonds het of die inligtingsvorms en afskrifte van ID en mediese kaarte onvolledig ingevul of afwesig is gaan u kind na die staats hospitaal geneem word. In geval van afwesigheid weens siekte, stel asseblief huisouers in kennis. Kosgangers wat weeksoggende siek is, mag nie na skool opstaan of koshuis verlaat nie.

Ongevalle Aanspreeklikheid: Verwys na Aansoek om koshuisverblyf. Kamers Geen prente of plakkers mag op enige plek in die kamers aangebring word nie. Geen leerder mag kamers verwissel sonder die huisvader se toestemming nie. Elke leerder is verantwoordelik om kamers, badkamers, gange en studie- /eetsaal skoon en netjies te hou. Inspeksies word gereeld gehou. Daar mag van ʼn leerder verwag word om sy kas of tas oop te maak vir ʼn inspeksie of ondersoek. Almal moet dadelik opstaan en begin klaarmaak wanneer die opstaanklok lui. Beddens moet opgemaak en kamers aan die kant gemaak en gereed wees vir inspeksie. Kaste moet netjies gehou word en gesluit wees wanneer nie in gebruik nie. Ligte moet afgeskakel word wanneer daar niemand in die kamer is nie. Niemand mag met skakelaars en kragproppe peuter nie. Geen spelery of kamerstrooptogte word toegelaat nie. Daar moet streng by ligte-uittye gehou word en geen pratery word ná ligteuit toegelaat nie. Niemand mag ná ligte-uit gaan tandeborsel nie. Toilette mag nie binne die eerste 30 minute ná ligte-uit gebruik word nie. Geen naaklopery word in gange toegelaat nie. Gordyne moet toegetrek wees wanneer daar verklee word. Geen handdoeke of kledingstukke mag oor of uit vensters gehang word nie. Niks mag by vensters uitgegooi word nie. Geen beddegoed (matrasse ingesluit), wat aan die koshuis behoort, mag te enige tyd uit kamers verwyder word nie. Eie beddegoed moet gereeld gewas word. Dit is in jou eie belang om te verseker dat jou kas gesluit is en die sleutel, of kombinasie, op n veilige plek gehou word. Slotte Duplikaatsleutels moet by die koshuisvader ingehandig word. Hou kaste altyd gesluit. Geen verantwoordelikheid word deur die koshuisvader/personeellid aan diens geneem vir gesteelde goedere nie.

Eetsaal Almal gaan die eetsaal met die gepaste respek en goeie maniere binne. Die kombuis-personeel sal met die nodige respek behandel word en basiese hoflikheid teenoor alle personeel word verwag. n Tafelgebed sal voor en na elke ete gedoen word. Toustaan vir kos Netjiese, ordelike rye word gevorm met geen gestamp en stotery nie. Personeel, besoekers en matrieks mag na die voorpunt van rye beweeg. Inwoners moet kombuispersoneel bedank en te alle tye respekvol behandel. Opruiming Huiskomiteelede sien toe dat tafels opgeruim word. Alle tafels word na elke ete deur inwoners afgedek en opgeruim. As iemand gemors het, is dit sy/haar verantwoordelikheid om self skoon te maak. Alle stoele word ingestoot en tafels skoon en netjies gelaat. Algemeen etes Alle etes is verpligtend en geen verskoning sal aanvaar word nie. Daar sal slegs etes verskaf word aan leerders wat reg ingeteken het vir die week en hul sal ook verantwoordelik gehou word indien hul ingeteken het en nie opdaag nie. Geen messegoed of breekgoed mag uit die eetsaal verwyder word nie. Goeie tafelmaniere moet gehandhaaf word: niemand mag oor die tafel hang, met n mond vol kos praat, of met die messegoed peuter of beduie nie. Niemand mag in die eetsaal rondloop, of oor die tafels heen skree nie. Na die dankgebed mag diegene wat nie klaar geëet het nie, dit vinnig en stil doen. Geen kos mag uit die eetsaal verwyder word en daar mag ook nie in die koshuis kos gemaak word nie. Inwoners mag hulle eie broodsmere en graankosse bring. Geraasvlakke moet so laag moontlik gehou word in die eetsaal. By die aanhoor van die ghong/klok hou almal op met eet en absolute stilte volg. Die gebruik van selfone in die eetsaal is verbode.

Verbode terrein Binne die koshuis is die volgende verbode terrein: Kantore, personeelkwartiere, ketelkamer, motorhuise, kombuis, eetsaal (behalwe gedurende etenstye of studie) en stoorkamers. Die koshuis is verbode terrein gedurende skoolure. Inwoners word slegs met die toestemming van die huisvader, of die personeellid aan diens, en in besit van n toestemmingsbrief in die koshuis toegelaat word. Tussen 15:15 en 17:00 word slegs matrieks in hulle kamers toegelaat. Studie Gedrag in die studiesaal: Studie is verpligtend vir almal en geen uitsondering word gemaak nie. Slegs matrieks en gr 10 en gr 11 leerders wat vir al hul vakke bo 60% behaal het, en Gr 9 en 8 wat bo 75 % behaal het, word toegelaat om in hul kamers te studeer. Dis nie ʼn reg nie, dis ʼn voorreg om in jou kamer te mag leer. Die studiesaal moet te alle tye beskou word as n plek waar ernstige akademiese werk gedoen word en dit is n voorreg om hier te wees. Almal wat die studiesaal binnegaan, moet die eiendom en mense in die studiesaal respekteer. Inmenging met ander mense se reg op onderwys en studie word in n ernstige lig beskou en sal ernstige gevolge hê. Geen rondhardlopery, grappies,speletjies of onnodige lawaai word in die studiesaal toegelaat nie. Slegs sakrekenaars, en GEEN ander elektroniese apparaat, insluitende selfone en rekenaars word in die studiesaal toegelaat nie. Geen kaart- of bordspeletjies word hier toegelaat nie. Geen vermaak- of sporttydskrifte sal hier gelees word nie slegs opvoedkundige tydskrifte soos National Geographic, Popular Mechanics, ens. asook voorgeskrewe - of biblioteekboeke. Daar mag nie rondgeloop en vrae gevra word gedurende studiesessies nie. In uitsonderlike gevalle mag die toesighoudende personeellid gevra word om hulp van hom/haar of n ander personeellid. Fietse Fietse mag koshuis toe gebring word. Fietse moet egter op n sentrale punt gestoor word. Beide die koshuis en die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir fietse of die veiligheid daarvan nie.

Uitneem van leerders Ouers mag hul eie kinders uitneem gedurende weeksaande nadat die nodige toestemming verkry is. Leerders moet egter om 21:15 terug wees. Dagrooster Hierdie rooster is die riglyn en mag verskil van koshuis tot koshuis. Woensdae is dorpsbeurt en daar is geen studie in die middae nie, maar wel n ekstra studie in die aand. Tye Weeksdae 06:00 Opstaanklok 06:30 Stiltetyd. Klaar aangetrek. Kamer netjies. Onderwyser aan diens doen inspeksie 06:40 Etensklok. 06:40Aantree vir ontbyt 06:45 Ontbyt 13:40 Middagete 14:15 Studieklok/Stilteklok 15:00 Studie verdaag 17:30/17:40 Etensklok. Netjies geklee - skoene - geen nat hare (dogters) 17:45 tot 18:55. Stort, geen uitsondering 19:00 Studieklok. Stiptelik 19:00 aan die werk 19:00 Buitedeure word gesluit 20:00 15 minute pouse 20:15 Studieklok. Stiptelik 20:15 aan die werk 21:15 Studie verdaag en roll call 21:15 Uitvee, skoonmaak en badkamers afdroog 21:50 Stilteklok vir 10 minute. Onderwyser aan diens doen rondtes 22:00 Laaste rondloop vir 15 minute 22:15 Ligte-uitklok. Elkeen MOET in sy eie kamer wees en bly

Woensdae 14:10 Bus vertrek dorp toe 15:30 Bus vertrek terug koshuis toe 16:00 Teken terug Eksamen Oggend: 08:30 tot 9:30 (15 Min af) 09:45 tot 10:45 Middag: 14:00 tot 15:00 (15 Min af) 15:15 tot 16:00 Laatstudie Teken in boek vir laatstudie - reël met onderwyser aan diens Gr. 8 tot 22:30 Gr. 9 tot 22:30 Gr. 10 tot 23:00 Gr. 11 tot 23:00 Gr. 12 tot 23:30 Reëls en regulasies Hiermee oorhandig ons aan elke kosganger in Blouskool-koshuise 'n stel basiese reëls wat stiptelik en onvoorwaardelik nagekom moet word. Indien daar enige reëls is wat nie duidelik is nie, moet kosgangers asseblief nie huiwer om dit met die huisouers te kom bespreek nie. Dit word vertrou dat die verblyf in hierdie koshuis baie aangenaam sal wees en dat, wanneer die kosgangers die dag die koshuis verlaat, hy/sy met vreugde daaraan sal terugdink as 'n baie aangename deel van sy/haar lewe. Kom laat ons as 'n huisgesin lekker saamwoon en laat elkeen van ons sy/haar deel doen om dit vir mekaar lekker te maak. Verbreking van die reëls word in n baie ernstige lig beskou en daar sal streng opgetree word in sulke gevalle: Algemeen Die leen en uitleen van klere en privaat artikels is streng verbode. Leen sonder toestemming word as diefstal beskou. Diefstal is strafbaar met permanente skorsing. Die leen van geld word ook ten sterkste afgekeur. Rook, dwelm- en drankgebruik en/of die besit van sulke middels, of die houers daarvan, is streng verbode, beide op en van die skoolterrein. Oortreders sal dissiplinêr verhoor word en moontlik geskors word.

Afwesigheid uit die koshuis sonder die toestemming van die huisvader of n personeellid sal meebring dat die oortreder gestraf word en moontlik geskors kan word. n Oortreding kan n vyf-dae-skorsing meebring, terwyl n daarop-volgende oortreding met permanente skorsing uit die koshuis gestraf kan word. Enige fisiese aanranding, intimidasie, of verpligting van inwoners om ander opdragte uit te voer as die voorgeskrewe pligte, word ook as n ernstige oortreding beskou wat n dissiplinêre verhoor en moontlike skorsing kan meebring. Alle redelike opdragte van die personeel, matrone of huiskomitee moet uitgevoer word. Slegs matrieks mag met toestemming n yskas en radio/cd-spelers in hul kamers hê en mag musiek teen n REDELIKE volume speel (d.w.s. dit mag nie buite hulle kamers gehoor kan word nie). Gedurende studietye moet dit stil wees. Musiek mag nie by vensters na buite gespeel word nie en ook nie ná 22:00 saans nie. Matrieks mag nie ander inwoners toelaat om hulle musiekspelers te gebruik nie. n Eerste oortreding van hierdie reël sal meebring dat die radio vir n week weggeneem word en n tweede oortreding sal veroorsaak dat dit permanent uit die kamer verwyder word. Die studiesaal is n permanente STIL GEBIED en mag nie as n deurloop gebruik word nie. Niemand mag tussen 15:30 en 17:00 in die studiesaal wees nie. Die gange word na stiltetyd elke aand ook STIL GEBIEDE. Geen rugbystewels en spykerskoene mag binne die koshuis gedra word nie. Inwoners van die koshuis mag nie duimgooi of saam met enige persoon ry sonder toestemming van die koshuisvader of persoon aan diens nie. Dagskoliere en/of enige ander persoon wat nie ʼn inwoner is nie, word nie sonder toestemming van n personeellid, met kennisname deur die huisvader, in die koshuis toegelaat nie. Volle skooldrag/sportdrag word na alle sport, kultuur en geleenthede gedra waar die skool betrokke of verteenwoordig word gedra. Waardevolle artikels (soos kameras, selfone, rekenaars en geld) word op eie risiko in kamers gehou. Duur sporttoerusting behoort ook te alle tye weggesluit te wees. Koshuispersoneel aanvaar geen verantwoordelikheid daarvoor nie. Ontgroening is verbode. Daar word egter van gr 8 en gr 10 leerders verwag om die eetsaal af te dek, te sorg dat die studiesaal na studie netjies en skoon is en dat die badkamers bo en onder droog en skoon is na daar gestort is.

Hierdie is gebruike wat baie jare kom en is nie afbreukend nie, dit is ook noodsaaklik vir die ordelike verloop van die koshuis. Niks mag teen die mure, kaste of spieëls geplak word nie. Geen dogter word in die seunskoshuis toegelaat nie en geen seun in die dogterskoshuis nie. Geen gr. 10 tot 12 leerder word in die gr. 8 en 9 koshuis of - kamers toegelaat nie en geen gr.8 en 9 - leerder word in Smith gange of kamers toegelaat nie. (Seuns) Rook en die gebruik van drank is ten strengste verbode. Bywoning van skool- of koshuisfunksies is verpligtend. Geen privaatpartytjies mag sonder toestemming van die koshuisvader vanuit koshuis bygewoon word nie. Kosgangers mag geen eiendom van koshuis beskadig nie. Indien wel, sal ouers verantwoordelik wees vir die herstel of vervanging van sodanige eiendom. Terrein moet skoon en netjies gehou word. Niemand mag skoolterrein sonder verlof verlaat nie. Ouers mag leerders onder geen omstandighede sonder toestemming van koshuisvader of personeel op diens van die terrein wegneem nie. Graad 10 12 leerders wat bo 60% en Graad 8-9 leerders wat bo 75% in al hul vakke behaal het studeer in hul kamer. Moet egter gedurende studietye in kamer wees en voor lesenaar sit. Niemand, behalwe matrieks, mag radio's, CD-spelers en yskaste ens. aanhou nie.(met nodige toestemming) Radio luister en selfone in studietyd is verbode. Geen laatkommery vir studie of etes nie. Absolute stilte moet te alle tye in studiesaal gehandhaaf word. Verkry verlof vir laatstudie by personeellid aan diens en teken naam in laatstudieboek. Almal moet in kamer wees en bly na ligte uit. Geen nie-koshuisleerling mag sonder toestemming koshuis besoek of binnegaan nie. Geen klere of handdoeke mag in vensters, of op vensterbanke of aan kasdeure gehang word nie.

Koffers moet Maandagaand uitgepak en bo-op kaste wees. Niemand mag by vensters uithang of uitskree nie. Toegang tot koshuis gedurende pouse of skoolure verbode. Geen elektriese apparaat behalwe haardroërs toegelaat nie. Niemand mag verwarmers en elektriese komberse aanhou nie. Geen eetware, tee, koffie of eetgerei mag uit eetsaal na kamers geneem word nie. Water, veral by storte, moet spaarsaam gebruik word. Bywoning van kerkdienste en jeugaande word aangemoedig. Belangrik Daar is kameras binne die koshuis. Die beeldmatetiaal kan teen ʼn leerder gebruik word indien hy of sy haar aan wangedrag of diefstal skuldig maak. Kosgangers wat hulle aan drankgebruik skuldig maak, sal nie toegelaat word om verder in die koshuis te bly nie. Leerders sal ook volgens die skool se tugstelsel aangekla word. Hulle kan ook sekere voorregte verbeur, soos die Matriekafskeid, om vir die skool sport te speel, nie na proewe gestuur te word nie en ook nie meer aan ander skoolaktiwiteite deel te neem nie. Ouers sal ook dadelik in kennis gestel word om so ʼn leerder te kom haal. Koshuisleerders mag glad nie rook, alkohol of enige verbode middels gebruik nie. Hulle kan getoets word na funksies en enige tyd wat die koshuisvader of diensdoenende personeellid dit goeddink. Leerders mag ook nie enige drank, sigarette of verbode toestelle in hul kaste hê nie. Indien dit gevind word, sal dit vernietig word. Koshuisleerders moet te alle tye koshuisreëls nakom en dit is elkeen se verantwoordelikheid om presies te weet wat die reëls is. Leerders kan met uitsondering met die koshuisvader reël om naweke in te bly. Maar dit bly die koshuisvader se besluit of hy dit goed of afkeur. Dit moet Woensdae deurgegee word en Donderdae gefinaliseer word. Daar word voorsiening gemaak indien ʼn leerder vir sport moet inbly. Elke leerder moet, of hy huis toe gaan of by iemand gaan kuier, elke Donderdag by die leier aan diens uitteken. Die wat nie huistoe gaan nie se ouers moet die koshuisvader bel en sê dat hul daarvan bewus is. Leerders mag ook onder geen omstandighede die terrein verlaat sonder toestemming van die koshuisvader of n personeellid aan diens nie.

Indien n leerder siek is, moet hy/sy die koshuisvader persoonlik daarvan sê. Leerders wat ander kinders kan aansteek moet dadelik kom haal word. As jy nie koshuis toe kom nie, of as jou ouers jou kom haal, moet jou ouers skakel en jy moet reg uitteken. Indien die leerders se inligtingsblaaie en mediese inligting nie ingegee is nie, kan hy nie gehelp word nie, en dit sal dan die ouers se verantwoordelikheid word om hom dokter toe te vat Die swembad word op eie risiko gebruik. EREKODE As inwoner van Blouskool-koshuis belowe ek dat ek te alle tye my allerbeste sal doen om: die reëls, regulasies en tradisies van die koshuis te onderhou alle inwoners en personeel van die koshuis met respek te behandel selfdissipline aan die dag te lê lojaal te wees aan die koshuis en sy inwoners eerlik te wees en met integriteit op te tree hoflik en goedgemanierd te wees hulpvaardig te wees teenoor mede-inwoners die koshuisgees in stand te hou my skooldrag met trots te dra en in voorkoms netjies te wees op die sportveld sportmanskap te toon en in alles wat ek doen slegs my beste te lewer alles wat ek aanpak met trots en tot die beste van my vermoë te doen in alle verhoudings eerbaar op te tree. Wat van n inwoner verwag word AARD: RESPEK: Gepaste kleredrag en optrede te alle tye Selftrots, asook trots op die skool en die koshuis Glo dat Blouskool-koshuis die beste is en streef om dit só te hou. Respek vir alle personeel, ouers, maats en vir die eiendom van ander, die skool en die koshuis Groet alle personeel, matrieks en besoekers aan die skool/koshuis. Spreek alle personeel en besoekers hoflik aan. Vertoon basiese hoflikheid deur nie terug te praat nie, stil te wees tydens appèl, vergaderings en tafelgebed; op te staan wanneer seniors

en/of personeel die vertrek binnekom, of wanneer seniors en/of personeel gegroet/aangespreek word. VERBINTENIS: Om jou beste te gee vir Blouskool-koshuise, die skool op akademies sowel as kultuur- en sportgebied vir jou ouers, die personeel en maats. Dissiplinêre stelsel/disciplinary System 1. Inleiding/Introduction 1.1 Hierdie reëls is opgestel deur die Koshuis Dissiplinêre Komitee (DKD) in oorleg met die bestuursliggaam van die skool en het den doel die bevordering en handhawing van n ordelike en gedissiplineerde omgewing in alle koshuise van alle leerders en personeel. These rules were compiled by the Hostel Disciplinary Committee (HDC) in conjuction with the governing body of the school. The purpose thereof is to encourage order and discipline in all the hostels and surrounding areas. 1.2 Leerders en hulle ouers/voogde moet deeglik op hoogte wees van alle reëls en dissiplinêre stelsels van toepassing. Learners and their parents must be informed regarding all rules and disciplinary systems. 1.3 Wanner n leerder se aansoek om toelating tot die koshuis toegestaan word, word dit gedoen onderhewig aan hierdie reëls en dissiplinêre stelsel en die leerder en sy ouers/voogde aanvaar die inhoud hiervan en onderneem om die bepalings daarvan na te kom. When a learner applies for residence in a hostel, the rules and disciplinary system must be adhered to. Learners and parents accept the content thereof and undertake that their child/guard will adhere to these rules. 1.4 Dagstudente is onderworpe aan dieselfde dissiplinêre stelsel as permanente koshuisbewoners. Day scholars must also adhere to the rules and disciplinary system laid down for permanent residents/boarders.

2. Oortredings en puntestelsel/transgressions and point system: 2.1 Die DKD het n lys van oortredings opgetsel wat gekodifiseer is en het aan elke sodanige oortreding n negatiewe punt toegeken wat deel vorm van die dissiplinêre puntestelsel. The HDC compiled a list of codified transgressions. Each transgression receives a debit point and forms part of the disciplinary system. 2.2 Die dissiplinêre puntestelsel bevat sekere strafbepalings soos hieronder uiteengesit. The disciplinary sytems has certain punishments as is indicted. Vlak / Level Debietpunte / Aksie / Action Debit points 1 1-29 Mondelinge waarskuwing / Verbal warning 2 30-59 1ste Detensieklas / 1st Detention class 3 60-89 2de Detensieklas / 2nd Detention class 4 90-119 3de Detensieklas / 3nd Detention class 5 120-149 Eerste Verhoor / Detensieklas First Hearing / Detention class 6 150-199 Tweede Verhoor / Detensieklas Second Hearing / Detention class Moontlike skorsing / Expelled 7 200+ Derde verhoor / Third hearing (Geskors/ Expelled) 3. Detensie/detention: Kennis van detensie sal betyds aan leerder deurgegee word deur betrokke koshuisvader. Notice of detention will be issued in due time by the respective Boarding Master.

Detensie vind Vrydae middae vanaf 13:15 tot 17:15 by die skool plaas. Detention will take place on Friday afternoons from 13:15 to 17:15 at school. Indien n leerder met die hoogste uitsondering nie die detensie kan bywoon nie, sal die detensie oorstaan tot die daaropvolgende detensiedatum. (Ouers moet dit persoonlik met die koshuisvader reël.) Should a learner (Only in extreme cases) be unable to attend detention, it will be carried over to the next available detention date. (Parents must make these arragements with the Boarding Master.) Die volgende is verbode tydens detensie/ The following is not allowed during detention: Boeklees/Reading Tuiswerk/Homework Slaap/Sleeping Selfoon/Cell phone Gesels/Talking Eet & drink/eating & drinking Rondloop/Walking around Indien n leerder nie opdaag vir detensie nie, sal hy volgens die negatiewe puntestelsel n verdere 30 punte verdien. Die detensie waarvoor daar nie opgedaag is nie sal dan op die daaropvolgende datum uitgedien word. If a learners is absent from detention, he/she will receive a further 30 debit points on the disciplinary system. The detention that was skipped will then move to the next available date. Leerders sal betyds in kennis gestel word van die detensie wat sal plaasvind. Learners will be informed of the detention in time. Geen uitstel sal aanvaar word nie. No postponement is allowed. Leerders kan ook die volgende opgelȇ word / learner may also lose the following priivileges: Geen dorpbeurt Not going to town Geen bywoning van enige funksies of sosiale aangeleenthede nie. Being prohibited from attending any functions or social events.

Mag glad nie die koshuis verlaat nie behalwe vir sport of akademiese aangeleenthede. May not leave the hostel exept for sport/academic events. Betrokke leerder mag slegs in sy eie kamer wees. Learner will remain in his/her room. Oortreder mag nie die ontspanningslokaal besoek tydens die straf tydperk nie. Learner may not visit the recreation room during the gating period. Gedurende die middae tussen 14:00 en 17:00 sal die leerder in die studiesaal wees behalwe vir die tydperk wat hy by sport of akademie betrokke is. In the afternoon between 14:00 and 17:00, the learner will be in the study hall, except if he/she has sport or academic obligations. NB: As leerder met 150 of meer punte nie die straf respekteer nie mag die koshuisvader leerder se ouers skakel om leerder te kom haal en is leerder dan dadelik uit die koshuis geskors. If a learner has 150 or more debit points and does not respect the disciplinary system, the Boarding Master will ask the parents of the learner to fetch him/her and he/she will be expelled from the hostel. Hiermee erken ek... ouer/voog van... ontvangs van die inligtingsgids op. (Datum)... HANDTEKENING

I parent/guardian of. herewith acknowledge receipt of the Information Guide handed to me on Date:. Signature:..