Welkom WELK SKEDULES WERK INLEIDING

Similar documents
Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Die wonder van water *

Die wind as bron van energie *

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Speel met battery elektrisiteit *

Wat is vaskulêre demensie?

Daniël en die Leeukuil

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Wat is elektrisiteit? *

LAERSKOOL HELDERKRUIN

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

Musiek: Toets jou kennis *

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

TrumpetNet, 31 May 2007

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

Plekwaardes van heelgetalle *

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

WAT IS GESKIEDENIS? Daar is tw ee moontlike antw oorde.

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

Visuele Kuns: 'n Dieremasker *

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

MIV/VIGS: Die gevreesde siekte van Afrika *

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Pret en plesier - 02 *

SPELERS MET GESTREMDHEDE

Johannes 6:1-15; /07/2014

Hoërskool Roodepoort

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Wat is fronto-temporale temporale demensie

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

E-Klas handleiding Studente

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding *

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

Dierestories - 04 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Dierestories 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Courses for March 2012

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

NKR: Standaard: 3. ES No:8970. Fasiliteerder:... Maatskappy:... Kommoditeit:... Datum:...

Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting *

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

LAERSKOOL HELDERKRUIN

OESFEES. Oktober 2016

ONDERSTEUNDE WERK ( SUPPORTED EMPLOYMENT ) VANUIT N GEMEENSKAPSKONTEKS Madri Engelbrecht (1998)

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Johannes 14: /08/2014

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

Samevatting, gevolgtrekking en aanbevelings van die studie

Nuusbrief Junie / Julie 2017

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Hoe om brood te bak *

Pragtige Koningin Ester

Die buitelandse sektor in die ekonomiese siklus *

Die boek Job en lyding

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

Vaselinetjie. (c) Tafelberg-Uitgewers. Anoeschka von Meck. n Onderwysersgids deur Danie Steenkamp

HOOFSTUK 3 KURRIKULERING

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Die ontwikkeling van menslike potensiaal in die Republiek van Suid-Afrika: drie essensiële voorwaardes

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

Government Gazette Staatskoerant

DEVELOPMENT AND MODELLING OF NEW WIDEBAND MICROSTRIP PATCH ANTENNAS WITH CAPACITIVE FEED PROBES

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Transcription:

Welkom Welkom by Ken & Verstaan Lewenswetenskappe. Hierdie kursus sluit n Leerdersboek en Onderwysersgids in wat al die kernmateriaal bevat wat jy nodig het om die Leeruitkomste en Assesseringstandaarde vir Graad 11 te dek. In dié inleiding is daar inligting oor die kernkenmerke van die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad 10 12 (Algemeen) en Uitkomsgebaseerde Onderwys, asook deeglike advies en ondersteuningsmateriaal oor die assesseringsinstrumente wat jy nodig het om aan die vereistes van die kurrikulum te voldoen. As onderwyser op die vlak van Verdere Onderwys en Opleiding (VOO), is die twee belangrikste hulpbronne waaroor jy beskik: jou eie deskundige kennis van die vak jou onderwyservaring dat jy weet hoe om leerders te help om die vaardighede en kennis in hierdie vak te bemeester. Die nuwe VOO-kurrikulum stel twee kernvereistes aan jou as onderwyser: om n leerprogram te organiseer wat leerders in staat sal stel om al die vaardighede, kennis, waardes en houdings wat op jou vak betrekking het, onder die knie te kry; om n deeglike, gereelde bygewerkte kennis van die inhoud en metodes van jou vak te hê, en n duidelike begrip van die sosiale toepaslikheid daarvan sodat jy as raadgewer, fasiliteerder en vakkundige in die klaskamer kan optree. Hierdie gids sal jou op die volgende maniere help om aan genoemde vereistes te voldoen: Dit voorsien n struktuur vir jou onderrigprogram vir die jaar en n jaarplan wat jou kan help met die organisasie van die werk. Dit dek al die leermateriaal in die Leerdersboek en bevat voorstelle oor hoe om die inhoud van die Leerdersboek te benader en die leerders te ondersteun terwyl hulle die inligting en aktiwiteite deurwerk. Dit bevat oplossings vir al die aktiwiteite in die Leerdersboek. Dit verduidelik al die assesseringsvereistes van die kurrikulum en voorsien ook die graderingskale en nasionale kodes wat gebruik moet word. Dit bevat voorbeelde van assesseringsvorms wat jy kan gebruik of aanpas vir jou eie assesseringswerk in die loop van die jaar. INLEIDING WERKSKEDULES WELKOM 5

Werk jou kennis by As n professionele opvoeder moet jy jou kennis oor die vak gedurig bywerk. Hier is n lys van boeke en webwerwe wat jou kan help om dit te doen: Boeke Teaching Science in Secondary Schools, Jane Butler Kahle, D Van Nostrand Co., ISBN 0-442-22901-1 The Effective Teaching of Biology, Paul DeHart Hurd, Teachers College Press, ISBN 0-582-09505-0 Cooperative Learning in Science, Ed.: Robert J Stahl, Addison-Wesley Pub. Co., 0-201-49422-1 Explaining Science in the Classroom, Jon Ogborn, et al., Open University Press, ISBN 0-335-19719-1 Innovation in the Science Curriculum, Ed.: John Olson, Nichols Pub. Co., ISBN 0-709-91900-X The Science Teacher s Handbook, Andy Byers, et al., Hodder & Stoughton, ISBN 0-435-02302-1 The Thinking Teacher s Guide: Remodelling your Biology Teaching for Change, Frank Opie, Via Afrika, ISBN 0-799-41590-1 Practical Assessering for GCSE: Biology, D Sparks et al., Cambridge University Press, ISBN 0-521-35999-6 Laboratory Manual for Natural Science and Biology, Chris de Lange, Collegium Educational, ISBN 1-868-95010-7 Webwerwe Vir statistiek oor Afrika en sosiale of maatskaplike vraagstukke: www.sadc.int www.fao.org www.worldbank.org www.statssa.gov.za (Let daarop dat web-adresse dikwels verander dié hierbo is korrek by die ter perse gaan.) Hierdie gids dek al die kernaspekte van die Graad 11-kurrikulum soos uiteengesit in die Nasionale Kurrikulumverklaring. Jy kan die inligting en voorstelle gebruik om seker te maak dat jy al die kernaspekte dek in die leerprogramme wat jy opstel. Maar moet jou nie beperk tot die materiaal in die handboek nie. Dit is slegs die vertrekpunt om die kernmateriaal aan te pas en uit te brei sodat dit toepaslik is vir jou leerders binne hul sosiale konteks. Jou eie ervaring en vakkennis is die heel belangrikste hulpbronne waaroor jy beskik in die klaskamer gebruik dit dus waar nodig om die leerders te lei en hul leeraktiwiteite te verryk. 6

Oorsig van die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Beginsels Die Nasionale Kurrikulumverklaring vir Graad 10 12 is gebaseer op die volgende beginsels: sosiale transformasie hoë vlak van kennis en vaardighede integrasie en toegepaste bevoegdheid progressie artikulasie (beweeglikheid) en oordraagbaarheid menseregte, inklusiwiteit, omgewings- en sosiale geregtigheid waardering vir inheemse kennisstelsels geloofwaardigheid, kwaliteit en doeltreffendheid uitkomsgebaseerde onderwys. Sosiale transformasie Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika vorm die grondslag vir sosiale transformasie in ons post-apartheid samelewing. Die doelwit van sosiale transformasie in onderwys is om te sorg dat opvoedkundige wanbalanse van die verlede reggestel word en dat alle sektore van ons bevolking toegang verkry tot gelyke onderwysgeleenthede. As ons werklike sosiale transformasie wil hê, moet die opvoedkundige potensiaal van alle Suid-Afrikaners erken en bevestig word, en alle kunsmatige versperrings tot die bereiking van kwalifikasies moet uit die weg geruim word. Watter implikasies het dit vir jou klaskamer? Jou leerders sal kom uit huise en gemeenskappe wat op uiteenlopende maniere deur Suid-Afrika se verlede geraak is. Hul idees oor moontlike toekomstige beroepe sal van mekaar verskil net soos hul idees oor die soort samelewing waarin hulle wil woon, sal verskil. In die leerprogram wat jy vir die jaar bepan, sal jy geleenthede moet inwerk waar leerders die rol wat hierdie spesifieke vak speel om die soort samelewing wat ons in Suid-Afrika tot stand wil bring, kan ontleed, navors en verstaan, asook watter moontlikhede dit vir hul toekoms bied. Byvoorbeeld: Skep geleenthede vir leerders om navorsing te doen oor en te gesels oor kwessies soos: hoeveel mense in hul familie het Lewenswetenskappe geleer en tot watter vlak? Hoe hou toegang tot onderwys in Lewenswetenskappe verband met verskillende tipes werkgeleenthede? Watter faktore beïnvloed mense se toegang tot en sukses met die vak Lewenswetenskappe? INLEIDING OORSIG VAN DIE NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING (NKV) 7

Hoë kennisvlak en vaardighede Die Nasionale Kurrikulumverklaring vir Graad 10 12 wil n hoë kennisvlak en vaardighede by alle leerders ontwikkel. Dit stel hoë verwagtinge vir wat alle Suid-Afrikaanse leerders kan behaal. Sosiale geregtigheid vereis die bemagtiging van daardie sektore van die bevolking wat voorheen ontmagtig is deur gebrek aan kennis en vaardighede. Die Nasionale Kurrikulumverklaring spesifiseer die minimum standaarde ten opsigte van kennis en vaardighede wat vir elke graad behaal moet word en stel hoë, maar haalbare standaarde in alle vakke. Watter implikasies het dit vir jou klaskamer? Jy sal die Assesseringstandaarde in die kurrikulum as raamwerk moet gebruik om seker te maak dat alle leerders n hoë kennisvlak en vaardighede in hierdie vak ontwikkel. Dit is ook belangrik vir jou, as vakkundige, om jou leerders te inspireer met toepaslike kennis en aktiwiteite wat hulle sal aanmoedig om die vak in diepte te verken, en dít wat hulle leer, in verband te bring met hul lewe buite die skool en ook moontlik toekomstige beroepsbane wat hulle kan volg. Byvoorbeeld: Wys op die skakels tussen spesifieke onderwerpe in Lewenswetenskappe en toekomstige beroepsrigtings soos ingenieurswese, astronomie, mediese wetenskappe en biologiese navorsing. Waar moontlik, skep geleenthede vir leerders om professionele persone in hierdie en ander velde te ontmoet. Gee projekte wat leerders sal uitdaag om hul vaardighede in Lewenswetenskappe op n terrein buite die skoolkonteks toe te pas. Sê vooraf wat hulle kan verwag om te leer as hulle tersiêre kursusse in hierdie vakgebied wil volg. Integrasie en toegepaste bevoegdheid Integrasie word behaal binne vakke en leergebiede maar ook oor die grense tussen vakke en leergebiede. Die integrasie van kennis en vaardighede oor vakke en praktiese terreine is van die allergrootste belang vir toegepaste bevoegdheid, soos gedefinieer in die Nasionale Kwalifikasieraamwerk. Deur integrasie en toegepaste bevoegdheid as beginsel te stel, wil die Nasionale Kurrikulumverklaring integrasie bewerkstellig tussen teorie, praktyk en nadenke. Watter implikasies het dit vir jou klaskamer? Die aktiwiteite in jou leerprogram moet die take kombineer wat van leerders vereis om teoretiese kennis te leer, daardie kennis op praktiese maniere toe te pas, en dan na te dink oor die waarde en sosiale toepaslikheid van wat hulle leer en doen. Jy behoort ook jou leerprogram in samehang met ander onderwysers in die skool opstel, en saam temas of aktiwiteite in elke leerprogram identifiseer wat goeie geleenthede bied vir integrasie van kennis en metodes oor vakgrense heen. 8

Progressie Progressie verwys na die proses om meer gevorderde en ingewikkelde kennis en vaardighede te ontwikkel. Die vakverklarings toon progressie van een graad na n ander. Elke Leeruitkoms word gevolg deur n uitdruklike stelling van watter vlak van prestasie vir die uitkoms verwag word. Assesseringstandaarde is in n formaat gerangskik wat n toenemende vlak van verwagte prestasie per graad daarstel. Die inhoud en konteks van elke graad sal ook progressie van eenvoudig na meer ingewikkeld toon. Watter implikasies het dit vir jou klaskamer? Ken & Verstaan Lewenswetenskappe bevat materiaal op die toepaslike vlak om te voldoen aan die Assesseringstandaarde wat vir Graad 11 vereis word. As jy n leerprogram beplan waarin jy dié kursus wil gebruik, sal jy seker maak dat jou leerders geskikte progressie toon deur die vlakke van kennis en vaardighede soos deur die kurrikulum vereis. Artikulasie en oordraagbaarheid Artikulasie (ook beweeglikheid genoem) verwys na die verwantskap tussen kwalifikasies in die verskillende vlakke of bane van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk wat toeganklikheid van een kwalifikasie na n ander bevorder. Oordraagbaarheid verwys na die mate waarin dele van n kwalifikasie (vakke of eenheidstandaarde) oordraagbaar is na n ander kwalifikasie in n ander leerroete van dieselfde baan van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk. Vakke in die Nasionale Kurrikulumverklaring vir Graad 10 12 vergelyk met toepaslike eenheidstandaarde soos geregistreer in die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR). Watter implikasies het dit vir jou klaskamer? As jou leerders die Leeruitkomste vir hierdie kursus bereik, sal hulle die kwalifikasies wat hulle op dié vlak behaal het, kan gebruik om na ander kursusse en programme buite die skoolstelsel oor te skakel, op die verwante vlakke volgens die NKR. Menseregte, inklusiwiteit, omgewings- en sosiale geregtigheid Die Nasionale Kurrikulumverklaring vir Graad 10 12 wil menseregte, inklusiwiteit, omgewings- en sosiale geregtigheid bevorder. Alle nuutontwikkelde vakverklarings is deurdrenk met die beginsels van praktyke van sosiale en omgewingsgeregtigheid en ook menseregte, soos gedefinieer in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Daar is veral sensitiwiteit ten opsigte van uiteenlopende vraagstukke soos armoede, ongelykheid, ras, geslag, taal, ouderdom, gestremdheid en ander faktore. Watter implikasies het dit vir jou klaskamer? In alle aktiwiteite wat jy gaan organiseer en fasiliteer, sal jy: a) geleenthede moet skep om jou vak in verband te bring met die breër sosiale doelwit van bevordering van menseregte, omgewings- en sosiale geregtigheid; b) moet beoordeel hoe die leerders vraagstukke soos armoede, taal, gestremdheid, ens. in hul daaglikse 9 INLEIDING OORSIG VAN DIE NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING (NKV)

lewe hanteer, en hulle aanmoedig om sulke kwessies op maniere te verken wat verband hou met dié vak. Byvoorbeeld: Identifiseer n sosiale vraagstuk wat toepaslik is in die leerders se gemeenskap en help hulle om n klein navorsingsprojek te ontwerp om inligting oor hierdie vraagstuk in te samel en te analiseer. Dit kan iets wees soos gesondheidsorg in die gemeenskap, of navorsing oor vraagstukke wat n impak op die plaaslike omgewing het. 10 Waardering vir inheemse kennisstelsels In die 1960 s het die teorie van veelvuldige intelligensies opvoedkundiges genoop om te erken dat daar baie maniere is om inligting te verwerk om sin te maak van die wêreld en dat, as n mens intelligensie opnuut moet definieer, jy hierdie verskillende benaderings in ag sal moet neem. Vandag erken mense die wye verskeidenheid van kennisstelsels waardeur mense sin maak uit en betekenis verleen aan die wêreld waarin hulle woon. Inheemse kennisstelsels in die Suid-Afrikaanse konteks verwys na n liggaam van kennis wat in die filosofiese denke en sosiale praktyke van Afrika ingebed is en oor duisende jare ontwikkel het. Die Nasionale Kurrikulumverklaring vir Graad 10 12 het inheemse kennisstelsels in die vakverklarings geïnkorporeer. Dit gee erkenning aan die ryk geskiedenis en erfenis van hierdie land wat n belangrike bydrae te lewer het om die waardes onderliggend aan ons grondwet te voed. Soveel as moontlik verskillende perspektiewe is ingesluit om te help met probleemoplossing in alle velde. Watter implikasies het dit vir jou klaskamer? Dié kursus bevat materiaal wat steun op inheemse kennisstelsels en moedig leerders aan om te put uit hierdie stelsels vir hul navorsing en praktiese werk. Jy kan gerus ook steun op die kennis van jou vakgebied wat in die plaaslike gemeenskap beskikbaar mag wees. Samel dus inligting in oor individue en organisasies in jou streek wat die werk in die klaskamer kan ondersteun met relevante inheemse kennis waartoe hulle toegang het. Moedig leerders aan om nooit bronne van toepaslike inheemse kennis in hul eie gemeenskappe te ignoreer nie, en hierdie bronne sover as moontlik in hul navorsing en praktiese projekwerk te betrek. Voorbeeld Sommige inheemse kulture glo dat sampioene na n tyd van hewige donderstorms groei. In KwaZulu-Natal gebeur dit dikwels dat plaaslike inwoners wat langs die suikerplantasies woon groot sampioene langs die paaie verkoop. Hulle glo dat die donderweer en weerlig krake in die aarde veroorsaak wat die sampioene laat verskyn. Eintlik is daar reeds talle mikroskopiese swamspore in die lug aanwesig, gereed om te ontkiem sodra gunstige toestande daarvoor ontstaan (soos vogtigheid, voedingstowwe, temperature en donkerte). Die reën van die storm forseer die spore na die grond van suikerrietplantasie, waar dit kontak maak met organiese voedingstowwe in die grond. Die oorvloed van voedingstowwe laat die swamme vinnig groei en dit bring baie gou groot sampioene voort.

Geloofwaardigheid, kwaliteit en doeltreffendheid Die Nasionale Kurrikulumverklaring vir Graad 10 12 wil geloofwaardigheid verkry deur n agenda van transformasie en deur onderwys te verskaf wat in kwaliteit, breedte en diepte vergelykbaar is met die kurrikulums in ander lande. Kwaliteitsbeheer word deur die vereistes van die Wet op Suid- Afrikaanse Kwalifikasiegesag (Wet 58 van 1995) gereguleer, die Regulasies op Onderwys- en Opleidingskwaliteitsbeheer en die Wet op Algemene en Verdere Onderwys- en Opleidingskwaliteitsbeheer (Wet 58 van 2001). Inklusiwiteit In die onderwysstelsel is ons baie bewus van die verskillende behoeftes van leerders. Ken & Verstaan Lewenswetenskappe neem dit ook in aanmerking. Witskrif 6 definieer inklusiewe onderwys en opleiding as volg: Dit erken dat alle kinders en jeugdiges kan leer en dat alle kinders en jeugdiges ondersteuning nodig het. Dit aanvaar en respekteer die feit dat alle leerders op die een of ander wyse verskil, en verskillende leerbehoeftes het wat in gelyke mate na waarde geskat moet word. Dit beklemtoon onderwysstrukture, stelsels en leermetodologieë wat aan die leerders se behoeftes voldoen. Dit erken en respekteer verskille in kinders, hetsy dit te wyte is aan ouderdom, geslag, etnisiteit, taal, klas, gestremdheid, MIV-status, ens. Dit is wyer as formele skoolopvoeding en erken dat leer in die huis asook in die gemeenskap op formele en informele wyses en strukture plaasvind. Dit verander houdings, gedrag, metodologieë, kurrikulums en omgewings om aan alle leerders se behoeftes te voldoen. Dit maksimaliseer die deelname van alle leerders in die kultuur en die kurrikulum van opvoedingsinstellings, en onthul en minimaliseer hindernisse in die leerproses. Watter implikasies het dit vir jou klaskamer? In Ken & Verstaan Lewenswetenskappe werk leerders in groepe en pare, wat aan hulle die geleentheid bied om nie net by mekaar te leer nie, maar om ook teen hulle eie pas te leer, terwyl die leermetodes wat gebruik word, voorsiening maak vir leerders met verskillende leervermoëns. Die boek bevat n wye verskeidenheid aktiwiteite. Die onderwyser het die keuse om te besluit watter aktiwiteite geskik is om deur die hele groep gedoen te word, afhangende van die spesifieke klasomstandighede en leerdervaardighede. Ander aktiwiteite kan as aanvullingsaktiwiteite vir gevorderde leerders gebruik word, of remediërende werk vir leerders wat meer ondersteuning benodig. Omdat sowel seuns as meisies aan al die aktiwiteite kan deelneem, word die geslag van die leerders ook aangespreek. Leerders kry ook geleentheid om uit die vakmateriaal wat gedek word, meer oor diversiteit te wete te kom. Leerders wat fisiek gestrem is, kan in groepe of saam met n maat werk, sodat hulle gehelp kan word indien nodig. Jy word aangemoedig om leerders INLEIDING UITKOMSGEBASEERDE ONDERWYS 11

12 met gestremdhede te groepeer by leerders met ander tipes gestremdhede, of saam met leerders met geen gestremdhede nie, sodat hulle mekaar kan ondersteun. Wat is spesiale behoeftes en hoe spreek ons hulle aan? In baie klaskamers het leerders met spesiale behoeftes ekstra aandag nodig; in sommige gevalle baie min, maar in ander taamlik intensiewe aandag. Onderwysers behoort veral sensitief te wees teenoor hierdie leerders om sodoende nie te veel aandag te vestig op die leerder se moontlike leerhindernisse nie. Terselfdertyd moet die medeleerders ook bewus gemaak word van die feit dat hierdie leerders nie so bevoorreg is soos hulle nie ten minste nie in een opsig nie, of miskien selfs meer. Die algemene idee is dat leerders geleer moet word dat ons geen keuse het as om mekaar, sonder uitsondering, met respek te behandel nie. Dit is n onontbeerlike lewensvaardigheid en behoort in elke jongmens ingeprent te word sodat dit deel word van hulle persoonlikheid vir die res van hul lewe. Neem kennis van die volgende spesiale behoeftes en leer hoe om hulle aan te spreek. Gedeeltelike sig, of selfs blindheid: Vir leerders met gedeeltelike sig wat dit moeilik sou vind om tekste te lees, kan tekste op n fotokopieerder vergroot word om dit maklik leesbaar te maak. Maak seker dat hierdie leerders reg voor in die klas sit, en in die middel, sodat hulle sigprobleme nie n leerhindernis word nie. n Alternatief wat veral in groepwerk goed sou werk, is dat die teks hardop aan die leerders gelees word. Hul medeleerders moet onthou om nie net hard en duidelik te lees nie, maar ook stadig omdat leerders met gedeeltelike sig of wat blind is grotendeels op hul geheue staatmaak. Wanneer eksperimente gedoen word, sal hierdie leerders dalk nie die resultate kan sien nie. Lei n paar medeleerders op veral dié met uitstekende sosiale vaardighede om die resultate aan hulle klasmaats oor te dra. Dit is n goeie idee om hierdie leerders te laat bly in die groepe waar daar leerders is wat jy spesiaal opgelei het om hul klasmaats te help. Swak gehoor: Weer eens behoort hierdie leerders reg voor in die klas geplaas te word. Wanneer instruksies gegee word of wanneer tekste hardop gelees word, behoort die spreker/leser direk na die leerder gedraai te wees en moet hard en duidelik gepraat word natuurlik sonder om te oordryf. Leerders met swak gehoor leer van kleins af om te liplees. Swak sosiale vaardighede: Die aard van hierdie hindernis verskil baie, maar in sommige gevalle kan dit n ernstige leerhindernis word. Leerders wat skaam is of wat hooggespanne is, kan dalk take wat voor die klas aangebied moet word baie stresvol vind. Al is dit belangrik om hulle aan te moedig om hierdie lewensvaardigheid te ontwikkel, is dit ook belangrik om te onthou dat n mens nie iemand se geaardheid heeltemal kan verander nie. Werk sagkens met hierdie leerders hul skaam geaardheid of senuweeagtigheid kan selfs as gevolg van negatiewe

huislike omstandighede wees. Laat hulle toe om hul klasaanbiedings eers skriftelik in te handig. Beweeg stadig en laat hulle eers hul werk aan een klasmaat voorlê, dan aan n klein groep, en uiteindelik aan die hele klas. In ander gevalle kan leerders met ATS (Aandagtekortsindroom, ook bekend as ADA Aandagtekortafwyking) dit ontsettend moeilik vind om in groepe te werk, om stil te sit of om vir lang tydperke te konsentreer in sommige gevalle is dit selfs te lank om vir twee minute aaneen te luister. Hierdie kinders kan die klasatmosfeer en klasdissipline op n negatiewe manier affekteer. Al stem almal saam dat die gebrek nie hul eie skuld is nie, mag hulle nie toegelaat word om hul medeleerders se opvoeding te bederf/verhinder nie. Die skool behoort n beleid te hê dat ouers die skool vertroulik moet inlig indien hulle kind aan die sindroom ly. As die kind gediagnoseer is, is dit dikwels die geval dat sy of hy op medikasie is. Dit is noodsaaklik dat onderwysers in kennis gestel word, anders kan die leerder eenvoudig as ontsettend stout gekenmerk word, wat onregverdig is en wat tot gevolg kan hê dat die kind op n ongepaste manier hanteer word. Wees versigtig om nie n stout kind te vinnig te oordeel nie. Die sindroom kom deesdae baie voor en in sommige gevalle kan dit nie gediagnoseer wees nie. Wees bedag op n kind wat: dit moeilik of selfs onmoontlik vind om te konsentreer die onderwyser gereeld in die rede val met oënskynlik irrelevante of simpel vrae heeltyd woelig is tot die punt waar dit sy of haar klasmaats irriteer gereeld opspring om te vra om na die badkamer (of enige ander plek) te gaan gereeld antwoorde of opmerkings uitroep wanneer die klas gevra is om hulle hande op te steek nie groepwerk of paarwerk kan hanteer nie hierdie lesse word geïnterpreteer as vry om te maak wat jy wil tekens van aggressie toon wanneer daar op n billike manier dissipline toegepas word met die onderwyser stry wanneer hulle gevra word om stil te bly. Let op die volgende: Die sindroom kom baie meer onder seuns as onder meisies voor. Dieet kan n belangrike rol speel in die beheer van die sindroom kitskos, suiker en gemorskos behoort beperk te word. INLEIDING WERKSKEDULES 13

Uiterste armoede: Dit is natuurlik een leerhindernis wat uiterste sensitiwiteit vereis. As jy weet daar is een of meer leerders in jou klas wat uiters arm is, word jy aangeraai om op die volgende maniere die situasie te hanteer: Leerders word dikwels gevra om hulpbronne van die huis af skool toe te bring, veral in praktiese leerareas soos Lewenswetenskappe. Sommige leerders kan dalk nie van die volgende items bekostig nie: tydskrifte (om prente uit te knip of om plakkate te maak); kleurpotlode of viltpuntpenne; papierborde; hul eie skêr; liniale; sakrekenaars. Hou n voorraad van hierdie items in die klas aan sonder om leerders te vertel en gee dit ongemerk aan leerders wat jy weet dit nodig het. Pasop dat vergeetagtige leerders nie van jou voorraad misbruik maak nie! Jy kan gemeenskapsgroepe, soos kerke, in jou gebied vra om hulp te verleen met die insameling van materiaalvoorraad om in jou klaskamer aan te hou. Wees besonder taktvol in die hantering van hierdie spesiale behoefte. Dit is gewoonlik beter om nie ander leerders van uiters behoeftige leerders bewus te maak nie. Ontmoedig negatiewe opmerkings oor armoede en minder bevoorregte gemeenskappe in jou klaskamer en moedig hulle aan om alle ander mense met empatie te behandel. 14