E-Klas handleiding Studente

Similar documents
Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Plekwaardes van heelgetalle *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Speel met battery elektrisiteit *

Die wonder van water *

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

TrumpetNet, 31 May 2007

Daniël en die Leeukuil

LAERSKOOL HELDERKRUIN

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Musiek: Toets jou kennis *

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

University Of Pretoria

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Die wind as bron van energie *

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

Wat is elektrisiteit? *

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Wat is vaskulêre demensie?

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

Courses for March 2012

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

GRADE 10 / GRAAD 10 NOVEMBER 2015 ENGINEERING GRAPHICS & DESIGN TOTAL / TOTAAL INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP PAPER 2 / VRAESTEL 2

Inligtingkunde/Information Science INL 220

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

Digitale Produkte. Katalogus

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 MEMORANDUM

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding *

OESFEES. Oktober 2016

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Visuele Kuns: 'n Dieremasker *

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 11 PUNTE: 180 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Universiteit Stellenbosch: Departement Geskiedenis. Geskiedenis Opstelgids (2017)

Kom ons laat die tydskedule net vir die huidige oomblik. Kan u vir die hof sag of u op daardie stadium van die

Meghan van Wouw ( Christo Janse van Rensburg ( Blessing Buthelezi (

Johannes 6:1-15; /07/2014

Government Gazette Staatskoerant

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

GRADE 12 SEPTEMBER 2013 COMPUTER APPLICATIONS TECHNOLOGY P1

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

Inligtingkunde/Information Science INL 220 HEREKSAMEN/RE-EXAMINATION Eksaminatore/Examiners: NOVEMBER 2009

Deuteronomium 8: /01/2014

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

Die badkamer en kombuis *

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Nuusbrief Junie / Julie 2017

Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting *

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Die boek Job en lyding

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

SPELERS MET GESTREMDHEDE

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Transcription:

E-Klas handleiding Studente Dickenson laan 1180 Waverley Pretoria 0083 Tel: 012 332 3227 Kopiereg voorbehou

Inhoudsopgawe 1 Wat is e-klas?... 1 2 Teken aan op e-klas... 1 2.1 Wagwoordverandering... 2 3 Profielveranderinge... 3 4 Addisionele nutsbalk en hulpmiddels... 3 4.1 Kalenderkoppeling... 5 5 Aflaai van dokumente en gidse (files and folders)... 6 6 Afkondigings... 8 7 Voltooi opsies op e-klas... 9 7.1 Inhandiging van ʼn opdrag-lêer (file)... 9 7.2 Stoor opdragte in PDF-formaat... 13 8 Turnitin-opdragte... 14 9 Sien al die punte wat in die module behaal is... 18 10 Neem aan forums deel... 18 11 E-Klastoetse... 20 12 Wiki... 23 13 Eweknie-assessering... 26 14 Navrae... 29

1 Wat is e-klas? E-Klas is ʼn interaktiewe aanlyn leerplatform wat deur Aros gebruik word om interaksie tussen dosente en studente te bewerkstellig. E-Klas word op die oopbron-leerplatform genaamd Moodle bedryf. E-Klas gee aan studente 24 uur per dag toegang tot die modules se inhoud. Dit hou studente op hoogte van alles wat in hulle modules aangaan en gee aan hulle toegang tot aanlyn assesserings. Alle leermateriaal soos studiegidse, addisionele leeswerk, PowerPoint-aanbiedings, video s, en vele meer word op e-klas aan studente beskikbaar gestel. Studente moet ook aan aanlyn assesserings, soos besprekingsforums, e-klastoetse, inhandiging van opdragte en wiki s, deelneem. 2 Teken aan op e-klas Daar is twee (2) maniere om by e-klas uit te kom. Maak ʼn webblaaier (verkieslik Google Chrome) oop en 1) gaan na die volgende webadres eklas.aros.ac.za of 2) gaan na Aros se webtuiste by www.aros.ac.za en klik op die e-klasskakel regs bo aan die blad soos in Figuur 1 aangedui. Figuur 1: Aros-webblad bied toegang tot e-klas. 3) Sodra die e-klas voorblad oopgemaak het, klik op Log in om na die intekenblad te gaan (Figuur 2). Figuur 2: e-klas voorblad. Bladsy 1

4) Sleutel jou studente no. in by die Username blokkie en Changeme#1 by die Password blokkie (Figuur 3). Figuur 3: Aantekenskerm van e-klas.! NB:Sodra ʼn gebruiker vir die eerste keer ingeteken het, word hulle gedwing om die wagwoord te verander, soos in Figuur 4 hieronder aangetoon. Figuur 4: Blad om wagwoord te verander. 2.1 Wagwoordverandering I. Verskaf die ou wagwoord by Current password (Changeme#1), en tik die nuwe wagwoord by die volgende twee blokkies in. II. Klik op Save changes om die nuwe wagwoord te stoor. III. Klik op Continue om voort te gaan na e-klas. Bladsy 2

3 Profielveranderinge Gebruikers kan veranderinge op hulle persoonlike profiel aanbring, deur bo regs op die gebruiker se naam te klik. Dit maak ʼn nutsbalk oop soos in Figuur 5 aangetoon. Figuur 5: Profielnutsbalk. Boodskappe wat ontvang is, kan ook hier gelees en beantwoord word deur op die Messages-skakel te klik (Figuur 5). 4 Addisionele nutsbalk en hulpmiddels Gebruikers kan enige tyd na die tuisblad terugkeer deur op die e-klas-ikoon te klik net langs die addisionele nutsbalk (Figuur 6). Figuur 6: e-klas-ikoon en Nutsbalk knoppie. In die addisionele nutsbalk verskyn die modules waarvoor die gebruiker geregistreer is, asook ʼn paar baie belangrike hulpmiddels (Figuur 6). Bladsy 3

Die inhoud van die addisionele nutsbalk is soos volg: Home: Neem die gebruiker terug na die e-klastuisblad. Dashboard: Bevat oorsigtelike inligting van die gebruiker se vordering in al hulle modules. In die Dashboard-blad is daar drie(3) vensters naamlik die Course overview, Timeline en Upcoming events-vensters (Figuur 7).» Die Course overview-venster verskaf ʼn oorsig, in grafiekformaat, van die gebruiker se vordering in elkeen van hulle modules.» Die Timeline-venster verskaf ʼn oorsig van opdragte en e-klastoetse wat nog deur die gebruiker voltooi moet word (Figuur 7).» Die Upcoming events-venster vertoon alle e-klas aktiwiteite wat binne die volgende paar weke voltooi moet word.» NB: Kyk asb. gereeld na die Upcoming events-venster, want aktiwiteite verskyn eers daarop nadat dosente dit opgelaai het. Figuur 7: Dashboard-bladsy. Calendar: Bevat ʼn kalender wat al die opdragte en toetse bevat wat reeds deur dosente geskep is. Hierdie kalender kan ook aan die gebruiker se eie kalender toepassing gekoppel word. Meer inligting hieroor onder punt 4.1. Belangrike hulpmiddels: Verder verskyn daar verskeie ander hulpmiddels soos klasroosters, biblioteek, studente-ondersteuning, kopkrappers hulp afdeling, ens. Aktiewe modules: Ná bogenoemde verskyn al die modules waarvoor die gebruiker geregistreer is byvoorbeeld, MT (Figuur 6). Bladsy 4

Bogenoemde is ook direkte skakels, wat gebruikers direk na die gekose hulpmiddel in die module neem. 4.1 Kalenderkoppeling Die Calendar kan aan gebruikers se eie kalendertoepassing gekoppel word deur die volgende stappe te volg: 1) Klik op Calendar in die addisionele nutsbalk, soos in Figuur 6 aangetoon. 2) Sodra die kalenderblad oopgemaak het, klik op Export Calendar (Figuur 8). Figuur 8: Aflaai van kalender. 3) Dan maak die kalender export kalender-blad oop (Figuur 9). Figuur 9: Aflaaiblad vir kalender. 4) Klik nou op All events, Recent and next 60 days en dan op Get calendar URL 5) Rol af en kopieer die URL-skakel. 6) Die gebruiker kan nou by hulle eie kalendertoepassing inteken en die URLskakel by die betrokke toepassing intrek import. 7) Hierdie proses koppel die e-klas Calendar met die ander kalendertoepassing, sodat enige aanpassing wat deur dosente gemaak word, outomaties op die gebruiker se eie kalendertoepassing gelaai word. Bladsy 5

5 Aflaai van dokumente en gidse (files and folders) Gebruikers kry toegang tot die modules se inhoud deur op die betrokke module se kode te klik. Elke module is in weke, leereenhede of onderwerpe opgedeel. Die betrokke week, leereenheid of onderwerp se aktiwiteite sal net onder die spesifieke week, leereenheid of onderwerp verskyn. Figuur 10: Week waarin lêers beskikbaar is om af te laai In Figuur 10 kan gesien word dat daar vir die spesifieke week net een lêer is, wat afgelaai moet word. Klik net op die betrokke lêer en dit sal self aflaai. ʼn Gids (folder) op e-klas werk baie dieselfde as ʼn gids op ʼn rekenaar. Daar is gewoonlik verskillende dokument binne-in die gids. Die gids kan op verskillende maniere afgelaai word (afhangend van die verskillende verstellings). Die twee opsies is soos volg: Die gids sal ʼn Download folder opsie beskikbaar hê (Figuur 11). Indien daar geklik word op die Download folder opsie sal daar ʼn verpakte gids (zipped folder) afgelaai word. Die gids kan uitgepak (unzip) word deur op die gids te regsklik en dan op Extract All te klik (Figuur 12). Dit moet gedoen word om te verseker dat al die inhoud in die gids in ʼn formaat is waarin gewerk kan word. Figuur 11: Voorbeeld van ʼn gids. Bladsy 6

Figuur 12: Week waarin lêers beskikbaar is om af te laai. Die dokumentasie kan een vir een afgelaai word deur daarop te klik (Figuur 13). Geen inhoud hoef uitgepak (extract/unzip) te word nie. Figuur 13: Week waarin lêers beskikbaar is om af te laai. Bladsy 7

6 Afkondigings Afkondigings kan deur dosente vir die module op e-klas gemaak word. Dit is baie belangrik om hierdie afkondigings te lees sodat jy op datum kan bly van enige verandering en inligting. Afkondigings word heel bo aan enige module vertoon. of Figuur 14: Afkondigings. Alle afkondigings wat dosente maak, kan hier gekry word. Die naam kan ook iets anders wees as Announcements of News forum. Die algemeenste naam hiervoor is Afkondigings. Hierdie afkondigings word ook in kronologiese volgorde aan die regterkant van die skerm vertoon (Figuur 15). Figuur 15: Mees onlangse afkondigings wat gemaak is. Afkondiging vertoon soos volg (Figuur 16): Figuur 16: ʼn Afkondiging wat in ʼn module op e-klas gemaak is. Bladsy 8

7 Voltooi opsies op e-klas E-Klas bied die opsies om n aktiwiteit/dokument/video as voltooi te merk sodra n student n sekere voorwaarde nakom. Hierdie verstelling word per module deur die dosent opgestel. Indien n spesifieke opdrag/dokument dus nie ʼn checkbox het nie, is dit omdat die dosent dit so verkies. Hierdie verstellings vertoon as checkboxes langs elke item in die module om aan te dui of die betrokke aktiwiteit of hulpbron voltooi is. Twee tipes blokkies kan vertoon word: Hierdie blokkie vertoon met soliede kante en jy kan hierdie blokkie self as voltooi merk. E-Klas merk nie self die blokkie nie. Sodra die aktiwiteit en/of hulpbron deurgegaan is, klik hierdie blokkie sodat die volgende aktiwiteit/hulpbron vertoon kan word. Om die checkboxes af te merk is nie verpligtend nie, maar dit help jou om te onthou watter aktiwiteite jy voltooi het. Hierdie blokkie vertoon met gestippelde kante. Hierdie tipe blokkies word deur e-klas as voltooi gemerk na aanleiding van die verstelling wat die dosent gestel het. Hiervoor moet jy die aktiwiteit doen en die volgende aktiwiteite/hulpbronne sal na aanleiding daarvan verskyn. Sekere aktiwiteite gaan nie vertoon totdat jy die vorige aktiwiteite gedoen het nie. Die volgende tipe boodskappe kan ook vertoon word om jou as student te lei, om te identifiseer watter opdrag jy nog moet doen (Figuur 17). Figuur 17: Boodskap wat aandui dat ʼn vorige opdrag gedoen moet word voordat die opdrag beskikbaar kan word. 7.1 Inhandiging van ʼn opdrag-lêer (file) Die dosente gaan van tyd tot tyd opdragte op e-klas laai. Hierdie opdragte moet voltooi word, en die betrokke lêer waarin die opdrag voltooi is, moet weer op e- Klas gelaai word sodat die dosent dit kan nasien. Opdragte word aan die volgende ikoon voor die naam herken: Bladsy 9

Die opdrag kan soos volg oopgemaak word om die instellings te vertoon: 1. Klik op die opdrag. 2. Die opdrag se instellings word nou soos volg vertoon (Figuur 18):» Die datum en tyd waarop die opdrag open en sluit. Ná die sluitingstyd sal geen verdere lêers opgelaai kan word nie.» Die punte word vertoon indien die opdrag reeds nagesien is. Figuur 18: Skerm met inligting oor 'n opdrag. Die inligting aan die begin dui aan wat in hierdie opdrag gedoen moet word. Wanneer die opdrag klaar is volgens die merkstaat of rubriek, kan die lêer opgelaai (ingehandig) word. Dit word verkies dat die opdrag in PDF-formaat gestoor word of soos deur die dosent gespesifiseer. Hier volg die stappe vir die oplaai (inhandiging) van ʼn opdrag: 1. Klik op die opdrag. 2. Klik op Add submission. 3. Die volgende gaan vertoon waar die lêer opgelaai moet word (Figuur 19): Bladsy 10

Figuur 19: Opdrag-indien op e-klas. 4. Klik op die eerste ikoon in die blok om n lêer te kies. 5. E-Klas gaan nou vir die lêer vra. 6. Klik op Choose File om die lêer te kies wat opgelaai moet word. 7. Kies die betrokke lêer op die rekenaar. 8. Klik dan op Open. 9. Gee vir die lêer ʼn gepaste naam, byvoorbeeld ABCD111_Opdrag1_31026035_Van_Naam.pdf 10. Maak seker dat jou naam ingevul is by die Author opsie. 11. Kies dan Upload this file. 12. Die lêer gaan nou vertoon in die blok soos in Figuur 20 gesien kan word. Figuur 20: Oplaai van ʼn opdrag. 13. Om die lêer finaal na die dosent te stuur, klik op Save changes. Bladsy 11

14. Die besonderhede van die opdrag sal nou verander om die nuwe lêers soos in Figuur 21 aan te dui. Figuur 21: Besonderhede van opdrag wat ingedien is. 15. Om n nota by die lêer te gee, klik op Comments (0) soos in geel in Figuur 21 aangedui. 16. Tik die nota en klik op Save comment. 17. Die dosent gaan nou die nota sien saam met die lêer wat opgelaai is. 18. Indien die dosent begin om na te sien en vir die opdrag punte gee, gaan die Feedback-blad verander (Figuur 22). Die dosent se terugvoer op jou opdrag sal by Feedback comments vertoon. Figuur 22: Terugvoer en punte van die verslag. Bladsy 12

7.2 Stoor opdragte in PDF-formaat By 7.1 hierbo is gewys hoe om n gewone opdrag op e-klas in te handig. Dit word verkies dat hierdie opdrag in PDF-formaat moet wees (tensy dit deur die dosent anders gespesifiseer word), wat die nasien en hantering daarvan vergemaklik. Die groot voordeel van n PDF-dokument is dat dit kleiner is (en dus vinniger oplaai) en die inhoud ook nie verander kan word nie. Soos wat die dokument ingedien word, so word dit deur die dosent gesien. Die volgende stappe illustreer hoe om n MS Word-dokument as n PDF te stoor. Hier is die veronderstelling dat die voorblad en plagiaat-dokument gebruik word wat tydens registrasie ontvang het. Wanneer die opdrag klaar getik is, klik op File. Klik op Save As. Afhangend van die weergawe van MS Office, navigeer na die gids (folder) waar die opdrag gestoor moet word (Figuur 23). Figuur 23: Skerm om die opdrag as PDF te stoor. By die File name tik die naam van die dokument (dit is goeie gebruik om jou studentenommer, voorletters, van, modulekode en die opdrag se naam by die lêernaam in te sluit). By die Save as type klik op die pyltjie om meer opsies te vertoon. Kies die PDF (*.pdf) opsie (soos hierbo vertoon word). Klik op Save. Die dokument is nou in PDF-formaat gestoor en kan maklik op e-klas gelaai word. Bladsy 13

8 Turnitin-opdragte Turnitin is n ooreenkoms-identifiserings-program wat ooreenkomste tussen jou opdragte, die internet (van nou en die verlede), boeke, artikels en ook ander studente se opdragte identifiseer. Wanneer jy in n aktiwiteit ingaan waar Turnitin opgestel is, gaan die volgende vertoon word (Figuur 24): Indiening van Turnitin-opdrag: Figuur 24: Turnitin-blad. 1. Hier is die voorbeeld (Figuur 25) van hoe die skerm sal lyk (onthou opdragte kan verskil, maar oor die algemeen sal die opdrag so vertoon): Figuur 25: Turnitin-opdrag. 2. Klik op die Submit Paper opsie (Figuur 26). Figuur 26: Submit Paper-opsie. Bladsy 14

3. Die volgende skerm sal verskyn (Figuur 27) waar die opdrag ingehandig kan word: Figuur 27: Turnitin-blad waar opdrag ingehandig word. 4. Vul die inligting in soos versoek (Figuur 28): Figuur 28: Addisionele Turnitin-inligting wat ingevul word. 5. Hierdie titel kan verskil en moet verkieslik pas by die opdrag wat ingedien word. 6. Klik dan op die Add knoppie 7. Die volgende skerm sal verskyn (Figuur 29): Bladsy 15

Figuur 29: Addisionele Turnitin-inligting wat ingevul word. 8. Klik nou op Choose file of Browse (Figuur 29) en kies die dokument waar dit op die rekenaar gestoor is. Klik dan op Upload this file. 9. Klik dan op Add submission. 10. Die opdrag is dan nou ingedien. Aflaai van Turnitin-verslag: 1. Nadat die opdrag ingedien is, kan daar gekyk word na die verslag wat Turnitin genereer en wat aandui hoeveel ooreenkomste daar in die opdrag is. Let wel: Net omdat daar ooreenkomste is, maak dit nie noodwendig plagiaat nie. Die verslag neem tussen vier en ses uur om te genereer. Figuur 30: Digitale verslag vanaf Turnitin. 2. Om die ooreenkomste-verslag te vertoon, klik op die persentasie wat onder die inligting verskyn. Figuur 31: Die persentasie ooreenkomste. Bladsy 16

3. Die volgende skerm sal nou vertoon word (Figuur 32): Figuur 32: Skerm waar ooreenkomste gesien kan word wat deur Turnitin aangedui word. 4. Die ooreenkomste word in verskeie kleure aangedui om dit makliker te maak om die ooreenkomste te sien. Die kleure van die persentasies dui die volgende aan: Blou Geen ooreenkomste nie Groen: 1% tot 24% ooreenkomste Geel 25% tot 49% ooreenkomste Oranje 50% tot 74% ooreenkomste Rooi 75% tot 100% ooreenkomste Onthou dat die persentasie ooreenkomste nie die persentasie plagiaat is nie. 5. Die verslag wat die persentasie aandui, kan ook afgelaai word. Klik op die die volgende opsie: 6. Die onderstaande venster sal in Turnitin oopmaak (Figuur 33) waar verskeie opsies op die skerm beskikbaar is, onder andere om die verslag af te laai. Figuur 33: Opsies om die Turnitin-verslag af te laai. Bladsy 17

» Current View: Dit is ʼn verslag waar die ooreenkomste aangedui word. Dit is dus die hele opdrag en die ooreenkomste wat voorkom.» Digital Receipt: Dit is 'n bladsy wat net wys dat die opdrag ingedien is. Daar verskyn nie n persentasie op hierdie bladsy nie.» Originally Submitted File: Dit is die volledige opdrag wat ingedien is sonder die persentasies wat aangedui is. 9 Sien al die punte wat in die module behaal is Wanneer n paar opdragte al voltooi is, kan dit baie tyd neem om by elke opdrag na die punt te gaan kyk. E-Klas bied die opsie om al die punte gelyktydig te sien: Aan die linkerkant van die skerm, gaan na die Administration-blok (Figuur 34): Figuur 34: Administrasie-blok waar punte verkry kan word. Klik op Grades om al die punte te vertoon. Al die punte van al die opdragte vir die betrokke module word aangedui, asook die kommentaar wat die dosent vir die student gegee het. 10 Neem aan forums deel Forums is die manier om n diskussie met ander studente te voer. Dit gebeur asinkronies waar die student deelneem wanneer hul tyd kry. Dit is nie dieselfde as n kletskamer ( chat room ) waar boodskappe onmiddellik aan die studente verskyn nie. Diskussie-forums word in e-klas deur die volgende ikoon aangedui: Bladsy 18

Wanneer die forum oopgemaak word, gaan dit soos volg vertoon (Figuur 35): Figuur 35: Forums op e-klas. Die opdrag word boaan weergegee. Die rubriek waarvolgens die forum nagesien word, gaan ook hier verskyn. Net onder die opdrag word daar aangedui in watter groep die student is (indien daar groepe is). Let wel: Studente in verskillende groepe kan verskillende onderwerpe en verskillende antwoorde kry. Daar is verskillende forums wat gebruik kan word. Hier volg ʼn lys: o Eenvoudige gesprek: ʼn Enkele besprekingsonderwerp wat alle gebruikers op ʼn module antwoord. o Elke persoon sit een bespreking op: Elke student kan net een bespreking byvoeg. o Vraag-en-antwoord-bespreking: Studente plaas eers hulle eie antwoord voordat al die ander antwoorde gesien kan word. o Standaard forum:: Alle gebruikers kan soveel as moontlik antwoorde plaas. Daar kan dan op die beskikbare diskussie-inskrywing geklik word om te sien wat die res van die studente gesê het, en ook kommentaar daarop lewer (Figuur 36). Figuur 36: Forum op e-klas. Bladsy 19

Om kommentaar op iemand se inskrywing te lewer, klik op die Reply skakel wat by die betrokke inskrywing gevind kan word. Dosente kan dit soms toelaat dat studente mekaar se werk evalueer en bepunt (peer rating). o By elke inskrywing wat die student nie self gemaak het nie, sal n Rate opsie verskyn. o Die student kies dan n punt wat hulle aan die persoon wil toeken. o Wanneer studente mekaar begin evalueer, gaan daar onderaan die inskrywing aangedui word wat die gemiddelde punt is wat behaal is, asook hoeveel studente al die inskrywing geëvalueer het (Figuur 37). Figuur 37: Evaluering van die inskrywing deur studente. o In Figuur 37 kan gesien word dat die student n gemiddelde punt van 5 (uit 30) ontvang het, en dat slegs 1 persoon die inskrywing geëvalueer het. Maak seker dat jy verstaan wat jou bydrae in die forum moet wees, asook hoe dit geëvalueer word (deur na die rubriek te kyk). 11 E-Klastoetse Aanlyn toetse kan op e-klas gedoen word. Hierdie toetse kan enige van die volgende tipes vrae bevat: Multikeuse-vrae Waar/Vals-vrae Kort antwoorde Numeriese antwoorde Vergelykings (soos wiskunde) Opsteltipevrae Passing van antwoorde by vrae Trek en los (Drag and Drop) Invul van ontbrekende woorde Een toets kan meer as een van bogenoemde tipes bevat, afhangende van hoe die dosent die toets opgestel het. Bladsy 20

Toetse word deur die volgende ikoon voorgestel: ʼn Toets op e-klas word soos volg vertoon: Figuur 38: Voorblad van e-klastoets op e-klas. Die opskrif en instruksies word bo vertoon. Die manier hoe punte toegeken word, word ook aangedui. Om die toets te begin, klik op Attempt quiz now. Afhangend van hoe die dosent die vrae opgestel het, gaan die vrae of onder mekaar verskyn, of elke vraag gaan apart vertoon word (Figuur 39). Figuur 39: Vraag in ʼn toets op e-klas. Kies die antwoord wat reg is, en klik op Next. Wanneer al die vrae beantwoord is, gaan e-klas n opsomming vertoon. Bladsy 21

Figuur 40: Opsomming van die toets. Om regstellings te maak, klik op Return to attempt en beantwoord weer die vrae. Om die antwoorde finaal te maak, klik op Submit all and finish. Indien die dosent meer as een geleentheid toegestaan het, kan die student weer die toets voltooi. ʼn Keuse-aktiwiteit (Choice) en opname-aktiwiteit (Survey) werk dieselfde. Bladsy 22

12 Wiki ʼn Wiki is n webwerf waar daar gemeenskaplik gewerk word aan n webblad om inligting weer te gee. ʼn Wiki moet dus wetenskaplik, akademies, korrek (met bronverwysings inteks en n bronnelys) en sonder tik- en/of spelfoute wees. ʼn Wiki word deur die volgende ikoon voorgestel: ʼn Wiki vertoon soos volg (Figuur 41) indien n student nog nie met die opdrag begin het nie: Klik op Create page. Figuur 41: Skep van ʼn wiki-blad. Dan vertoon die wiki soos volg, indien n student reeds met die wiki begin het: Bladsy 23

Figuur 42: Wiki gemaak. Die eerste bladsy vertoon die huidige webblad van die wiki (Figuur 42). Om die webblad te verander, klik op Edit. Die gebruiker gaan nou n skerm kry waar die bladsy verander/bygewerk kan word. Hierdie blok (soos in Figuur 43) kan gebruik word om prentjies, tabelle, ens. in te voeg om die webblad (wiki) netjies te laat vertoon. Figuur 43: Byvoeg van verskillende komponente om die wiki netjieser te laat vertoon. Om meer opsies te bekom, klik op (soos in Figuur 43 aangedui). Om ʼn addisionele bladsy binne hierdie bladsy te skep, tik die naam van die nuwe bladsy in die huidige bladsy, en sit dubbel-vierkantige hakies aan beide kante. As die bladsy se naam Troeteldiere moet wees, gaan dit getik word as [[Troeteldiere]]. Klik op die skakel in die Preview-afdeling om die nuwe bladsy te skep. Om die veranderinge te sien, klik op Preview. As die veranderinge reg is, kan daar op Save geklik word om die wikibladsye te stoor. Bladsy 24

n Voordeel van n wiki is dat n persoon kan sien wie wanneer aan die bladsy verander het. Om die geskiedenis van die bladsy te sien, klik op History. Om twee van die weergawes te vergelyk, kies die twee weergawes deur op die knoppie onder die opskrif Diff te kies. Daar kan slegs twee weergawes met mekaar vergelyk word. As die betrokke weergawe se knoppie aan die linkerkant is, gaan daardie weergawe aan die linkerkant vertoon word. As die betrokke weergawe se knoppie aan die regterkant is, gaan daardie weergawe aan die regterkant vertoon word. As weergawe 2 en 3 met mekaar vergelyk word (soos in Figuur 44 aangedui), dan gaan die volgende vertoon word: - - Figuur 44: Vergelyking van twee weergawes van ʼn wiki-bladsy. Bladsy 25

13 Eweknie-assessering Hierdie aktiwiteit word gebruik waar julle as studente mekaar moet assesseer. Jy dien nog steeds jou opdrag in, en die dosent ken n punt aan jou toe, maar jy ontvang ook n punt vir hoe ander studente jou geassesseer het. Die eweknie-assesseringsaktiwiteit word deur voorgestel. Wanneer jy in die aktiwiteit ingaan, sal jy sien dit bestaan uit die volgende vyf fases: Figuur 45: Aanvanklike fase van eweknie-assessering. Indien die dosent nog besig is om verstellings aan hierdie aktiwiteit te maak, gaan dit vertoon soos in Figuur 45 in die Setup phase. Fase 2: Inhandiging fase Sodra die dosent dit klaar opgestel het en oorbeweeg na die fase waarin jy jou opdrag inhandig, sal die skerm soos volg vertoon word: Figuur 46: Inhandiging fase van ʼn eweknie-assessering. Om jou opdrag in te handig, klik op die Submit your work. In die skerm wat vertoon word, verskaf n naam vir jou opdrag, en laai jou opdrag op. Fase 3: Assesseringsfase Sodra die aktiwiteit in die assesseringsfase is, gaan die skerm soos volg vertoon (Figuur 47): Bladsy 26

Figuur 47: Assesseringsfase van die eweknie-assesseringsaktiwiteit. Jy gaan nou sekere opdragte kry om te assesseer. Om die student se opdrag te assesseer, klik op die Assess-opsie soos in Figuur 47 gesien. Die volgende skerm wat jy gaan gebruik om die assessering te doen, gaan vertoon: Figuur 48: Opsies vir die assessering van eweknie-assesseringsopdragte. By Aspect 1 gaan staan watter aspek van die opdrag jy nou na kyk om punte toe te ken. In die voorbeeld word slegs een aspek gebruik, maar daar kan meer as een voorkom. Grade: Kies die punt wat jy aan die student vir hierdie aspek van die opdrag toeken. Bladsy 27

Comment: Indien jy enige kommentaar wil gee, kan jy dit by hierdie gedeelte verskaf. Feedback for the author: Hier verskaf jy algemene kommentaar vir die student, maar dit is nie verpligtend nie. Om te stoor, klik op Save and close. Die skerm gaan verander. As jy wil stoor, maar steeds in die skerm bly (jy is dalk nog nie klaar geassesseer nie), klik op Save and continue editing. Fase 4: Punte-evaluering Sodra die aktiwiteit na die volgende fase oorgaan, gaan die skerm soos volg vertoon: Figuur 49: Punte-evalueringsfase van die eweknie-evalueringsaktiwiteit. Tydens hierdie fase is die dosent besig om die punte te verwerk. Fase 5: Afsluitingsfase Sodra die punte geëvalueer is, gaan die skerm soos volg vir die laaste fase vertoon (Figuur 50): Figuur 50: Laaste fase van die eweknie-assesseringsaktiwiteit. Tydens hierdie fase word jou punte vir jou verskaf. Let op dat jy twee punte vir die opdrag ontvang. Die eerste is die inhandiging (Grade for submission), asook die punt wat aan jou toegeken word (volgens komplekse kunsmatige intelligensie) vir die assesserings wat jy gedoen het (Grade for assessment). Bladsy 28

14 Navrae Vir enige verdere navrae, kontak: Mnr. Marius Van Rooyen E-pos: eklas@aros.ac.za Bladsy 29