PAST EXAM PAPER & MEMO N3 ABOUT THE QUESTION PAPERS:

Similar documents
GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Daniël en die Leeukuil

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Musiek: Toets jou kennis *

Die wonder van water *

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Die wind as bron van energie *

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Plekwaardes van heelgetalle *

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

Speel met battery elektrisiteit *

TrumpetNet, 31 May 2007

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Inligtingkunde/Information Science INL 220

University Of Pretoria

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

Digitale Produkte. Katalogus

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

Johannes 6:1-15; /07/2014

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Inligtingkunde/Information Science INL 220 HEREKSAMEN/RE-EXAMINATION Eksaminatore/Examiners: NOVEMBER 2009

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

MEMO TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION. Name: Surname: Class: Afdeling A: Leesbegrip [30]

Wat is vaskulêre demensie?

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

n Ware verhaal Luister- en leestyd: n Storie oor vriendskap Jock van die Bosveld

Split by PDF Splitter 7 Diere-avonture _ASG_6_LB_AFR TXT.indb /07/25 3:34 AM

E-Klas handleiding Studente

SPELERS MET GESTREMDHEDE

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Meghan van Wouw ( Christo Janse van Rensburg ( Blessing Buthelezi (

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

OESFEES. Oktober 2016

Die boek Job en lyding

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Government Gazette Staatskoerant

Wat is elektrisiteit? *

Johannes 14: /08/2014

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

GRAAD 11 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

Nuusbrief Junie / Julie 2017

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

GRADE 10 / GRAAD 10 NOVEMBER 2015 ENGINEERING GRAPHICS & DESIGN TOTAL / TOTAAL INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP PAPER 2 / VRAESTEL 2

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

n Dieredrama: Kameelperd

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

Safari and Outdoor WP OPE 2015 Waaihoek, Goudini, Weskaap


HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Transcription:

EKURHULENI TECH COLLEGE. No. 3 Mogale Square, Krugersdorp. Website: www. ekurhulenitech.co.za Email: info@ekurhulenitech.co.za TEL: 011 040 7343 CELL: 073 770 3028/060 715 4529 PAST EXAM PAPER & MEMO N3 ABOUT THE QUESTION PAPERS: THANK YOU FOR DOWNLOADING THE PAST EXAM PAPER AND ITS MEMO, WE HOPE IT WILL BE OF HELP TO YOU. SHOULD YOU NEED MORE QUESTION PAPERS AND THEIR MEMOS PLEASE SEND US AN EMAIL TO INFO@EKURHULENITECH.CO.ZA AND WE WILL SEND YOU A FULL DOWNLOAD VERSION OF THESE. HOWEVER PLEASE NOTE THAT THESE ARE SOLD FOR A SMALL AMOUNT OF R300 PER DOWNLOAD PER SUBJECT. ABOUT REGISTERING WITH OUR COLLEGE CONSIDER REGISTERING WITH OUR COLLEGE AND WE HAVE THE FOLLOWING TYPES OF LEARNING: ONLINE OR CORRESPONDENCE LEARNING. THIS IS THE MOST PREFARED ONE BY THOUSANDS PART-TIME CLASSES DURING SATURDAYS IF NEAR OUR OFFICES IN KRUGERSDORP FULL-TIME CLASSES IF NEAR OUR CLASSES IN KRUGERSDORP ABOUT EXTRA TEXTBOOKS IF LOOKING FOR TEXBOOKS FOR CERTAIN SUBJECTS I N1-N6 ENGINEERING STUDIES PLEASE SEND US AN EMAIL ON INFO@EKURHULENITECH.CO.ZA ABOUT VIDEO MATERIAL WE HAVE VIDEO MATERIAL FOR EXTRA UNDERSTANDING ON CERTAIN ENGINEERING FOR A FEE. REQUEST A QUOTE. SEND US AN EMAIL ON INFO@EKURHULENITECH.CO.ZA Website: www.ekurhulenitech.co.za Email: info@ekurhulenitech.co.za

N70(A)(N24)N NOVEMBER-EKSAMEN NASIONALE SERTIFIKAAT (Eerste Vraestel) (12030093) 24 November 2014 (X-Vraestel) 09:00 11:00 'n Maksimum van vier naslaanwerke waarvan twee woordeboeke moet wees, word toegelaat. Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

(12030093) -2- N70(A)(N24)N DEPARTEMENT VAN HOËR ONDERWYS EN OPLEIDING REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA NASIONALE SERTIFIKAAT (Eerste Vraestel) TYD: 2 UUR PUNTE: 100 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. Beantwoord AL die vrae. Lees AL die vrae aandagtig deur. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Begin elke vraag se antwoord op 'n nuwe bladsy en trek 'n streep na die afhandeling van die volledige vraag. Laat 'n reël oop tussen die antwoorde van die onderafdelings van vrae. Slegs eksamenmateriaal wat in die eksamenlokaal aan jou uitgereik word, mag gebruik word. (Geen prentjies of ander papier wat jy in jou lêer ingeneem het, mag gebruik word nie.) Skryf netjies en leesbaar.

(12030093) -3- N70(A)(N24)N AFDELING A: BEGRIPSLEES, SOEKLEES EN TAAL VRAAG 1: BEGRIPSLEES Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae: Olifante en leeus laat jou vinnig trap Min dinge laat jou fikser voel op 'n fiets as die wete dat jy moontlik leeukos sal word indien jy die agteros in jou groep is, skryf Jaques Marais. 1. Die wete dat daar leeus in die omgewing is, maak jou skrikkerig. Vra maar enige van die manne en vroue wat verlede week aan die Nedbank Tour de Tuli-bergfietstoer ('mountain bike') deelgeneem het. 2. Vier dae lank en oor 'n roete van bykans 300 km, trap 300 deelnemers fiets deur die uitgestrekte mopaniebosse van Botswana, Zimbabwe en ons eie Limpopo. 3. Die grootste deel van die roete volg uitgetrapte olifantpaadjies, en die kanse is dus uitstekend dat jy van aangesig tot aangesig met 'n grootpoot sal kom. 4. Dit is ook juis waarom die organiseerders van die Tour de Tuli 'n uitstekende span saamgestel het om seker te maak dat geeneen van die deelnemers êrens in die voedselketting ('food chain') eindig nie. 5. Elke groep fietsryers word vergesel van twee gidse een voor en een agter om seker te maak dat hulle veilig ry en al die wildernisreëls nakom. 6. Ek en Peter Kirk (die ander fotograaf) was effens meer aan die ongediertes ('beasts') blootgestel. 7. Ons joppie was om elke dag sowat 50 tot 60 km op ons bergfietse met kameras en al tussen die troepe rond te trap op soek na goeie foto's. 8. Ons het albei ons eie gids gehad, maar dis nou ook nie juis of dié manne gewapen was met 'n dubbelloop Rigby of soortgelyke ordentlike olifantgeweer nie. Wat wou, ons moes volstaan ('be satisfied') met 'n donderbussie ('small rifle') effens groter as 'n BIC-pen en ek is seker dit sou olifant of leeu se kind net meer iesegrimmig ('surly') gemaak het indien ons dit gebruik het. 9. Gelukkig was die olifante wat ons wel op dag een gesien het, glad nie moeilik nie en groep twee se leeus was blykbaar heel versadig ('sated') en het hulle neus opgetrek vir die sweterige fietsryers. 10. Vir dosyne fietsryers uit die VSA, Australië, Brittanje en ander lande rondom die wêreld, was dit 'n belewenis soos die MasterCard-advertensie lui iets wat geld nie regtig kan koop nie.

(12030093) -4- N70(A)(N24)N 11. Een van die oorsese groot geeste in Nedbank se Tour de Tuli vanjaar was Rick Nowack, 'n skottelgoedwasser uit Kalifornië. Hy is in sy sewentigerjare en het die sand, rotse, boomwortels en wilde diere kom trotseer op 'n Renovo-fiets met 'n houtraam. 12. Jip, jy het reg gelees. Hy het sommer ook met plat pedale gery, in 'n gewone driekwart-kortbroek en 'n gholfhempie, so ouskool soos 'n mens kan kry! 13. Ook was daar groep drie, alombekend as die Ameri-frikaners, 'n mengelmoes van Amerikaners en Afrikaners. In die laaste paar jaar het dié groep op sy eie al amper R1 miljoen vir die aangewese welsynsorganisasie, Kinders in die Wildernis, ingesamel. 14. Die deelnemertal vir die Tour de Tuli word tot 300 ryers beperk. Elke deelnemer moet 'n minimum van R20 000 insamel vir welsyn. Dit beteken dat Kinders in die Wildernis minstens R1,5 miljoen tot R2 miljoen beter daaraan toe is ná die toer. Dié toer is dus nie net 'n eenmalige ervaring vir jou as fietsryer nie, maar jy weet ook dat jou bydrae nog lank lewens sal verbeter nadat jy die stof van Tuli afgeskud het. Uit: 'Die Burger', 20 Augustus 2013. 1.1 Watter TWEE gevare is daar op hierdie fietstoer? (2) 1.2 Wanneer het hierdie bergfietstoer plaasgevind? (2) 1.3 Hoe lank duur die fietstoer en hoe ver moet hulle ry? (2) 1.4 Deur watter DRIE lande loop hierdie roete? (3) 1.5 Waarom vergesel gidse die fietsryers op die roete? (2) 1.6 Waarom dink die skrywer van die artikel dat sy taak moeiliker en gevaarliker was as dié van die ander ryers? (2) 1.7 Waarom het hy nie baie vertroue in die gidse se beskerming nie? (2) 1.8 Het hulle ooit wilde diere teëgekom? Bewys jou antwoord met TWEE aanhalings uit die artikel. (2) 1.9 Hoe weet jy hierdie was 'n baie unieke ervaring vir die skrywer? (2) 1.10 Noem TWEE eienaardighede in verband met Rick Nowack wat hom onderskei van die res van die groep. (2) 1.11 Noem DRIE oorsese lande vanwaar deelnemers tydens die fietstoer gekom het. (3) 1.12 Wat is die eienskap van die groep 3-fietsryers? (2) 1.13 Haal 'n frase aan wat aantoon dat die terrein waar hulle ry rof en gevaarlik is. (2)

(12030093) -5- N70(A)(N24)N 1.14 Sal jy aan so 'n fietstoer deelneem? Motiveer jou antwoord. Jy kry slegs punte vir die motivering. (2) [30] VRAAG 2: SOEKLEES Gebruik die bostaande teks om die volgende vrae te beantwoord. 2.1 Wie is die volgende persone of wat het hulle gedoen? 2.1.1 Rick Nowack (1) 2.1.2 Peter Kirk (1) 2.1.3 Jaques Marais (Noem TWEE feite.) (2) 2.2 Hoeveel mense neem aan die fietstoer deel? (1) 2.3 Hoeveel gidse is daar vir elke groep? (1) 2.4 Wie borg die Tour de Tuli? (1) 2.5 Watter welsynsgroep word vanjaar bevoordeel? (1) 2.6 Hoeveel geld is ingesamel? (1) 2.7 Hoe oud is die deelnemer uit Kalifornië? (1) [10] VRAAG 3: TAAL 3.1 3.1.1 Watter woord in paragraaf een beteken bang? 3.1.2 Watter woord in paragraaf 4 beteken olifant? (2 1) (2) 3.2 Skryf die volgende sin in die lydende vorm. Begin met: 'n Uitstekende... Die organiseerders van die Tour de Tuli het 'n uitstekende span saamgestel vir veiligheid. (2) 3.3 Skryf die volgende sin in die ontkennende vorm: (nie... nie) Jy kan maklik tydens die toer leeukos word. (2) 3.4 Verbind die twee sinne met die woord tussen hakies. Hulle ry net in die dag. (omdat) Daar is gevaarlike diere. (2)

(12030093) -6- N70(A)(N24)N 3.5 Skryf die verkleiningsvorm van die woorde tussen hakies in die volgende sin neer. Hy moet 'n (foto) van die (olifant) neem. (2) 3.6 Gee die meervoudvorm van die volgende woorde: pen, hemp (2) 3.7 Skryf die regte vorm (trappe van vergelyking) van die woorde tussen hakies neer. Hy is (bang) vir die olifant wat (groot) is as die leeu. (2) 3.8 Vervang die onderstreepte frase met EEN woord: Dis 'n goeie ondervinding wat ek oor skryf. (1) TOTAAL AFDELING A: 55

(12030093) -7- N70(A)(N24)N AFDELING B: SAKEKORRESPONDENSIE EN VERGADERINGSPROSEDURE VRAAG 4: NAVRAAGBRIEF Jy het besluit jy wil ook volgende jaar aan die Tour de Tuli deelneem. Maar jy het geen inligting daaroor nie. Skryf aan Nedbank, Posbus 70, Pretoria 0001. Jy wil meer weet oor die datum wanneer dit plaasvind, die vereistes waaraan jy moet voldoen, die koste, waar 'n mens inskrywingsvorms kry en wanneer die aansoeke sluit. Jy wil ook weet wie mag deelneem en of daar 'n ouderdomsbeperking is. Jou naam is Henry Bobeni en jou adres is: Vleistraat 17, Oesterbaai 6700. VRAAG 5: KLAGTEBRIEF Jou naam is Henry Bobeni en jou adres is: Vleistraat 17, Oesterbaai 6700. Jy het 'n nuwe Raleigh-fiets by Trapfietse in Port Elizabeth op 15 Oktober gekoop. Hulle adres is Kaapweg 17, en die poskode is 6001. Jy is baie ongelukkig oor die fiets. Die trappe het albei sommer tydens die eerste rit afgeval, die verf skilfer af, die handremkabel het gebreek en die saal is skeef. Jy wil die fiets terugneem sodat hulle dit kan vervang of hulle moet jou geld teruggee. Skryf die klagtebrief aan Trapfietse en gebruik die inligting wat verskaf is. VRAAG 6: VERGADERINGSPROSEDURE 6.1 Noem TWEE pligte van die voorsitter. (2) 6.2 Wie moet sorg dat die ledelys op datum bly? (1) 6.3 Wat is die notule? (1) 6.4 Wanneer word 'n spesiale vergadering gehou? (1) 6.5 Daar word 'n spesiale inligtingsvergadering deur die Tour de Tuliorganiseerders in Port Elizabeth by Trapfiets gehou om al die deelnemers in te lig oor die reëls en regulasies van die toer. Dit sal op 15 Junie 2014 om 10:00 in hulle winkel gehou word. Stel die KENNISGEWING en AGENDA vir hierdie vergadering op. (10) TOTAAL AFDELING B: GROOTTOTAAL: 45 100

NASIENRIGLYN NASIONALE SERTIFIKAAT NOVEMBER-EKSAMEN (Eerste Vraestel) 24 NOVEMBER 2014 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 6 bladsye.

NASIENRIGLYN -2- N70(A)(N24)N (Eerste Vraestel) AFDELING A: BEGRIPSLEES, SOEKLEES EN TAAL VRAAG 1: BEGRIPSLEES 1.1 Daar is wilde diere: olifante (1) en leeus (1) (2) 1.2 Die week voor 20 Augustus (OF Enige datum van 13 19 Augustus.) (2) 1.3 Vier dae (1) en 300 km (1) (2) 1.4 Botswana, (1) Zimbabwe (1) en Suid-Afrika (1) (nie Limpopo) (3) 1.5 Om hulle deur die onbekende wildernis te begelei (1) en te beskerm teen die gevaarlike diere.(1) (2) 1.6 Hulle moes nog kameras/toerusting saamry (1) en hulle twee is alleen saam met die gidse. Hulle ry nie in 'n groep nie.(1) (2) 1.7 Hy vergelyk die gewere wat hulle het met 'n BIC-pen (1) en hy kan nie glo dat die gewere hulle teen olifante kan beskerm nie. Hy dink die gewere sal net die olifante kwaad maak.(1) (2) 1.8 Ja. 'olifante wat ons op dag een gesien het' (1) en 'groep twee se leeus was blykbaar heel versadig' (1) (2) 1.9 Hy sê dis 'n belewenis,(1) iets wat geld nie regtig kan koop nie (1). (2) 1.10 (Enige twee) Hy is in die sewentig, skottelgoedwasser van beroep, ry met 'n fiets met 'n houtraam, ry sommer in gewone driekwart kortbroek en gholfhempie. (2) 1.11 VSA, (1) Australië (1) en Brittanje (1) (3) 1.12 Dis die Amerikaners en Afrikaners (1) wat alleen omtrent R1 miljoen vir liefdadigheid ingesamel het.(1) OF Hulle was 'n mengelmoes van Amerikaners en Afrikaners (1) wat alleen omtrent R1 miljoen ingesamel het (1) (2) 1.13 'het die sand, rotse, boomwortels en wilde diere kom trotseer' (2) 1.14 Ja. Dit moet opwindend wees om deur so 'n natuurlike omgewing met wild te ry. Ek ry graag fiets. (Enige sodanige motivering) OF Nee. Ek neem aan ander sport deel. Ek het nie lus vir so 'n ruwe fietstog nie. Ek hou nie van fietsry nie. (Enige aanvaarbare motivering) (2) [30]

NASIENRIGLYN -3- N70(A)(N24)N (Eerste Vraestel) VRAAG 2: SOEKLEES 2.1 2.1.1 'n Amerikaner uit Kalifornië/'n Skottelgoedwasser uit Kalifornië (1) 2.1.2 Fotograaf op die toer (1) 2.1.3 Fotograaf (1) op die toer en skrywer (1) van die artikel. (2) 2.2 300 (1) 2.3 2/twee (1) 2.4 Nedbank (1) 2.5 Kinders in die Wildernis (1) 2.6 R1,5 miljoen tot R2 miljoen (1) 2.7 In die sewentig/in sy sewentiger jare (1) [10] VRAAG 3: TAAL LET WEL: Indien 'n spelfout in VRAAG 3 gemaak word, kan geen punte vir daardie antwoord verdien word nie. 3.1 3.1.1 skrikkerig 3.1.2 grootpoot (2 1) (2) 3.2 'n Uitstekende span vir veiligheid is deur die organiseerders van die Tour de Tuli saamgestel. (2) 3.3 Jy kan nie maklik tydens die toer leeukos word nie. (2) 3.4 Hulle ry net in die dag omdat daar gevaarlike diere is. (2) 3.5 Foto'tjie, olifantjie (2) 3.6 Penne, hemde (2) 3.7 Banger, groter (2) 3.8 waaroor (1) TOTAAL AFDELING A: 55

NASIENRIGLYN -4- N70(A)(N24)N (Eerste Vraestel) AFDELING B: SAKEKORRESPONDENSIE EN VERGADERINGSPROSEDURE VRAAG 4: NAVRAAGBRIEF Enige datum * Vleistraat* 17 OESTERBAAI 6700 Die Bestuurder* Nedbank* Posbus 70 * PRETORIA* 0001* Geagte Meneer* Ek wil volgende jaar aan die Tour de Tuli deelneem, maar ek het geen inligting daaroor nie. (1) Ek wil asseblief die volgende inligting hê: Wanneer vind die toer plaas?(1) Aan watter vereistes moet ek voldoen?(1) Waar kan 'n mens inskrywingsvorms kry?(1) Hoeveel kos dit/is die inskrywingsgeld?(1) Wanneer sluit die aansoeke?(1) Wie mag deelneem en is daar 'n ouderdomsbeperking?(1) Welwillendheidsparagraaf : Iets soos: Ek sien uit daarna om van u te hoor. (1) Die uwe Handtekening* HENRY BOBENI * Uitleg: *4-1 per fout of weglating Taal: 3 -½ per taal- of spelfout Inhoud: 8 (soos aangedui) (Dit is die feite/inligting wat in paragrawe weergegee moet word.)

NASIENRIGLYN -5- N70(A)(N24)N (Eerste Vraestel) VRAAG 5: KLAGTEBRIEF Datum na 15 Oktober 2014* Vleistraat* OESTERBAAI* 6700* Die Bestuurder* Trapfietse Kaapweg 17 * PORT ELIZABETH* 6000* Geagte Meneer* KLAGTE OOR FIETS Iets welwillends soos: Ek het oral gehoor van u goeie fietse en diens, maar my ondervinding is anders. (1) Ek het op 15 Oktober 'n nuwe Raleigh-fiets (1) by Trapfietse in Port Elizabeth gekoop, maar ek is baie ongelukkig oor die fiets.(1) Die trappe het albei sommer tydens die eerste rit afgeval,(1) die verf skilfer af, (1) die handremkabel het gebreek(1) en die saal is skeef. (1) Laat weet my asseblief wanneer ek die fiets kan terugbring sodat u dit kan vervang of my kan terugbetaal. (1) Die uwe Handtekening* HENRY BOBENI * Uitleg: *4 Taal: 3 Inhoud: 8-1 per fout of weglating -½ per taal- of spelfout (soos aangedui) (Dis die feite/inligting wat in paragrawe weergegee moet word.

NASIENRIGLYN -6- N70(A)(N24)N (Eerste Vraestel) VRAAG 6: VERGADERINGSPROSEDURE 6.1 Hy is verantwoordelik vir die orde. Moet sorg dat die vergadering behoorlik belê is. Lei vergadering volgens agenda. Hanteer vrae op punt van orde. Som argumente op in debat. Kondig uitslag van stemming aan. Verdaag vergadering. Sien toe dat besluite behoorlik genotuleer is. Verseker dat opdragte en besluite uitgevoer word. (Enige 2 1) (2) 6.2 Die sekretaresse (1) 6.3 Die verslag van die verloop en besluite van 'n vergadering (1) 6.4 Wanneer 'n dringende saak aandag moet kry en die volgende maandvergadering is nie binne 'n paar dae nie (1) 6.5 KENNISGEWING VAN SPESIALE VERGADERING* Neem asseblief kennis van 'n spesiale vergadering deur die Tour de Tuliorganiseerders (1) wat gehou sal word op 15 Junie (1) om 10:00 (1) in die Trapfiets-winkel.(1) Die doel is om al die deelnemers in te lig oor die reëls en regulasies van die toer. Die uwe Handtekening* Enige voorletters en van in hoofletters* SEKRETARESSE* AGENDA 1. Opening en verwelkoming (1) (Mag ook met Teenwoordigheid begin) 2. Teenwoordigheidsregister (½) 3. Verskonings (½) 4. Mosie: dat deelnemers oor die Tour de Tuli ingelig word.(1) 5. Afsluiting (1) Uitleg: *2 (soos aangedui) -1 per fout of weglating Kennisgewing: 4 (soos aangedui) Agenda: 4 (soos aangedui) (10) TOTAAL AFDELING B: GROOTTOTAAL: 45 100

N80(A)(N26)N NOVEMBER-EKSAMEN NASIONALE SERTIFIKAAT (Tweede Vraestel) (12030093) 26 November 2014 (X-Vraestel) 09:00 11:00 Vier naslaanbronne, waarvan twee woordeboeke is, mag gebruik word. Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

(12030093) -2- N80(A)(N26)N DEPARTEMENT VAN HOËR ONDERWYS EN OPLEIDING REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA NASIONALE SERTIFIKAAT (Tweede Vraestel) TYD: 2 UUR PUNTE: 100 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 3. 4. 5. 6. Beantwoord AL die vrae. Lees AL die vrae aandagtig deur. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Begin elke vraag op 'n NUWE bladsy en trek 'n streep dwarsoor die bladsy aan die einde van elke vraag. Slegs eksamenmateriaal wat in die eksamenlokaal aan jou uitgereik is, mag gebruik word. (Geen prentjies of ander papier wat jy in jou lêer ingeneem het, mag gebruik word nie.) Skryf netjies en leesbaar.

(12030093) -3- N80(A)(N26)N AFDELING A VRAAG 1: OPSOMMING Lees die onderstaande teks en som dit in ± 80 woorde op. Voorsien dit van 'n gepaste opskrif van nie meer as DRIE woorde nie en skryf die aantal woorde van die opsomming aan die einde daarvan neer. Elke jaar in die Tour de Tuli pak slegs 300 bergfietsryers vir 4 dae die 300 km-tog aan deur Botswana, Zimbabwe en Limpopo. Dit is rowwe terrein wat meestal in die looppaadjies van die olifante deur die mopaniebosse gery word. Daar moet hulle oor boomwortels, deur los sand en soms oor klipperige terrein op hulle fietse bly. Hulle word in groepe verdeel en elke groep het hulle eie gidse. Die gidse moet sorg dat hulle op die regte pad bly en die reëls en regulasies van die wildernisgebied nakom. Die gidse is bewapen met gewere, want leeus en olifante kom algemeen in hierdie gebied voor. 'n Ander doel van die toer is om geld in te samel vir liefdadigheid. Elke deelnemer moet ten minste R20 000 insamel vir welsyn. Gedurende 2012 se toer is daar R1,5 en R2 miljoen ingesamel vir Kinders in die Wildernis. Hierdie is dus nie net 'n ervaring deur die wildernis nie, maar jy weet ook dat jy iets gedoen het vir iemand of vir verskeie mense wat dit baie nodig het. Woordtelling en opskrif: 2 Taal: 2 ½ per taal of spelfout Inhoud: 11 VRAAG 2: PARAGRAAF Die sport wat ek beoefen OF Die sport waarvan ek hou Skryf 'n paragraaf van 150 woorde oor hierdie onderwerp. Voorsien dit van 'n gepaste opskrif. Vertel van die sport, hoe dit beoefen word, iets van die reëls en waarom jy daarvan hou of dit self beoefen. Inleiding: 2 Inhoud: 10 Slot: 1 Taal: 2 ½ per spel- of taalfout TOTAAL AFDELING A: 30

(12030093) -4- N80(A)(N26)N AFDELING B: BONDIGE KOMMUNIKASIE VRAAG 3: KENNISGEWING VIR KENNISGEWINGBORD Gebruik die volgende inligting om 'n kennisgewing vir die kennisgewingbord net buite Trapfietse op te stel om mense aan te moedig om in te skryf vir dietour de Tarka. Dit moet NIE 'n paragraaf wees nie. Inskrywingsvorms vir die Tour de Tarka is nou in die winkel beskikbaar. Jy kan inskrywings daar indien vir die bergfietstoer wat plaasvind vanaf 1 4 Augustus 2014. Elke deelnemer moet bewys dat hy R20 000 ingesamel het vir liefdadigheid. Die bedrag dien as inskrywingsfooi. Die deelnemers moet 'n ID en 'n geldige paspoort hê en ouer as 21 wees. Inskrywings sluit op 15 Julie. Uitleg: 2 spasiëring en uitleg, raampie, kleur Taal: 2 ½ per taal of spelfout Inhoud: 11 soos aangedui VRAAG 4: MEMORANDUM Jy is Jan Hendriks, die bestuurder van Trapfietse. Stel 'n memorandum op aan die personeel waarin jy hulle in kennis stel dat die inskrywings vir die Tour de Tarka by julle winkel gedoen sal word. Die inskrywings open op 1 Julie en sluit op 15 Julie. Elke deelnemer moet die inskrywingsvorm voltooi en 'n afskrif van sy ID indien. Die personeel moet seker maak dat die inskrywingsvorm geteken is; moet elke inskrywingsvorm aan die dokumente vaskram; dit in die register aanteken; die deelnemer se kwitansie uitreik en sy wedstrydnommer verskaf. Al die personeel moet hiermee help. Verskaf self die uitleg en stel die memorandum op. Uitleg: 4 Taal: 5 Inhoud: 11 [20] VRAAG 5: FORMELE UITNODIGING Die bestuurder van Nedbank nooi Jan Hendriks, die eienaar van Trapfietse na 'n dinee in die Strand Hotel op Vrydag 15 September 2014 om 20:00. Dit is om hulle te bedank vir die hulp met die inskrywings. Daar moet by Patience, tel/faks 041 234 5678, hierop geantwoord word voor 8 September 2014. Die drag is semiformeel. Stel die formele derdepersoonsuitnodiging aan Jan Hendriks op. Uitleg: 3 ( 1 per fout of weglating) sentreer en spasieer (1) raampie (1) Inhoud: 10 soos aangedui Taal: 2 ½ per taal- of spelfout TOTAAL AFDELING B: 50

(12030093) -5- N80(A)(N26)N AFDELING C: PROEFLEES EN KOMMUNIKASIETEORIE VRAAG 6: PROEFLEES Skryf die volgende paragraaf oor in korrekte Afrikaans en onderstreep die foute wat jy verbeter het. Meeste mense doen sports. Hulle oefen om fiks te bly, dan speel hulle footbal of rugby of netball of kriket of hockey of baie jog darm biekie in die ogende om op te warem. Daar is 12 foute, maar die maksimum punte wat jy kan verdien, is 10. [10] VRAAG 7: KOMMUNIKASIETEORIE 7.1 Kies 'n term uit KOLOM B om by stelling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A F) langs die vraagnommer (7.1.1 7.1.6) in die ANTWOORDBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 7.1.1 7.1.2 7.1.3 Die bestuurder van Trapfiets vra die gehoor om elkeen die register te teken Pieter frons toe John vra waar moet hulle inskryf Pieter vra Sean waar die inskrywingsvorms is A B C D interpersoonlike kommunikasie ekstrapersoonlike kommunikasie massakommunikasie skriftelike kommunikasie 7.1.4 7.1.5 Alfred klap die rekenaar en sê: werk, jong Die telefoonboodskap van John aan Alfred E F massamediakommunikasie nieverbale kommunikasie 7.1.6 Die artikel oor die Tour de Tarka in die koerant (6 1) (6)

(12030093) -6- N80(A)(N26)N 7.2 Toon aan watter van die volgende voorbeelde is MONDELINGE en watter is SKRIFTELIKE kommunikasie. Skryf slegs 'skriftelike' of 'mondelinge' langs die vraagnommer (7.2.1 7.2.4) in die ANTWOORDBOEK neer. 7.2.1 7.2.2 7.2.3 7.2.4 Kennisgewing en agenda van vergadering Klagtebrief Telefoonboodskap Werksonderhoud (4 1) (4) [10] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100

NASIENRIGLYN NASIONALE SERTIFIKAAT NOVEMBER-EKSAMEN (Tweede Vraestel) 26 NOVEMBER 2014 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 5 bladsye.

NASIENRIGLYN -2- T...(A)(N26)T (Tweede Vraestel) AFDELING A VRAAG 1: OPSOMMING Gepaste opskrif(1) Aantal woorde aangedui(1) Taal 2: ½ per taal of spelfout Inhoud: 11 soos aangedui Tour de Tuli(1) of enige gepaste opskrif 300 bergfietsryers(1) ry jaarliks(1) die 300 km Tour de Tuli(1) in 4 dae(1) deur Botswana, Zimbabwe en Limpopo(1). Dit is rowwe terrein, deur die mopaniebosse oor boomwortels, deur los sand en klipperige terrein(1). Elke groep het twee gidse (1) wat moet sorg vir veiligheid en dat die reëls gevolg word(1). Die gidse het gewere, want daar is leeus en olifante(1). Elke deelnemer moet R20 000 insamel vir welsyn(1). In 2012 is daar R1,5 en R2 miljoen ingesamel vir Kinders in die Wildernis(1). ± 80 woorde (1) VRAAG 2: PARAGRAAF Inleiding: 2 Inhoud:10 Slot: 1 Taal: 2 ½ per spel- of taalfout Merk met 'n oop gemoed. Ken 'n punt toe vir elke sinvolle gedagte/feit wat in die paragraaf genoem word. TOTAAL AFDELING A: 30

NASIENRIGLYN -3- T...(A)(N26)T (Tweede Vraestel) AFDELING B: BONDIGE KOMMUNIKASIE VRAAG 3: KENNISGEWING VIR KENNISGEWINGBORD Trapfietse(1) Tour de Tarka bergfietstoer(1) 1 4 Augustus 2014(1) Inskrywingsvorms vir die Tour de Tarka is nou in die winkel beskikbaar.(1) Jy kan inskrywings hier (in die winkel) indien.(1) Vereistes: Inskrywingsfooi : bewys dat R20 000 vir liefdadigheid ingesamel is(1) ID(1) Geldige paspoort(1) Ouer as 21(1) Inskrywings sluit op 15 Julie(1) Handtekening(1) Uitleg: 2 raampie,(1) lettergrootte, spasiëring,(1 ens. om aandag te trek) Taal: 2 ½ per taal- of spelfout Inhoud: 11 soos aangedui VRAAG 4: MEMORANDUM MEMORANDUM Van: Jan Hendriks* Bestuurder* Aan: Die personeel* Datum: Voor 1 Julie* TOUR DE TARKA(1) Die inskrywings vir die Tour de Tarka sal in hierdie winkel/by ons gedoen word.(1) Die inskrywings open op 1 Julie en sluit op 15 Julie.(1) Elke deelnemer moet die inskrywingsvorm voltooi(1) en 'n afskrif van sy ID indien.(1) Maak seker dat die inskrywingsvorm geteken is.(1) Kram elke inskrywingsvorm aan die dokumente vas.(1) Teken elke deelnemer in die register aan.(1) Reik 'n kwitansie uit en verskaf die wedstrydnommer.(1) Al die personeel moet hiermee help.(1) (Welwillendheid) Baie dankie vir julle samewerking.(1)

NASIENRIGLYN -4- T...(A)(N26)T (Tweede Vraestel) Handtekening of paraaf:* JH/J Hendriks Uitleg:* 4 1 per fout of weglating Inhoud: 11 soos aangedui Taal: 5 ½ per taal- of spelfout [20] VRAAG 5: FORMELE UITNODIGING Die bestuurder van Nedbank(1) nooi Jan Hendriks(1) na 'n dinee(1) in die Strand Hotel(1) op Vrydag 15 September 2014(1) om 20:00.(1) RSVP voor 8 September 2014(1) by Patience(1) Tel/Faks 041 234 5678 (1) Drag: Semiformeel(1) Uitleg:3 ( 1 per fout) sentreer(1) en spasieer(1) raampie(1) Inhoud: 10 soos aangedui Taal: 2 ½ per taal- of spelfout TOTAAL AFDELING B: 50 AFDELING C: PROEFLEES EN KOMMUNIKASIETEORIE VRAAG 6: PROEFLEES Die meeste mense beoefen/ neem deel aan sport. Hulle oefen om fiks te bly, dan speel hulle voetbal of rugby of netbal of krieket of hokkie of baie hardloop/draf darem bietjie in die oggende om op te warm. 1 punt per korrekte antwoord tot 'n maksimum van 10. [10]

NASIENRIGLYN -5- T...(A)(N26)T (Tweede Vraestel) VRAAG 7: KOMMUNIKASIETEORIE 7.1 7.1.1 7.1.2 7.1.3 7.1.4 7.1.5 7.1.6 7.2 7.2.1 7.2.2 7.2.3 7.2.4 C F A B D E (5) Skriftelik Skriftelik Skriftelik Mondeling (5) [10] TOTAAL AFDELING B: 20 GROOTTOTAAL: 100

EKURHULENI TECH COLLEGE. No. 3 Mogale Square, Krugersdorp. Website: www. ekurhulenitech.co.za Email: info@ekurhulenitech.co.za TEL: 011 040 7343 CELL: 073 770 3028/060 715 4529 REGISTERING WITH OUR COLLEGE CONSIDER REGISTERING WITH OUR COLLEGE AND WE HAVE THE FOLLOWING TYPES OF LEARNING: ONLINE OR CORRESPONDENCE LEARNING. THIS IS THE MOST PREFARED ONE BY THOUSANDS PART-TIME CLASSES DURING SATURDAYS IF NEAR OUR OFFICES IN KRUGERSDORP FULL-TIME CLASSES IF NEAR OUR CLASSES IN KRUGERSDORP ABOUT EXTRA TEXTBOOKS IF LOOKING FOR TEXBOOKS FOR CERTAIN SUBJECTS I N1-N6 ENGINEERING STUDIES PLEASE SEND US AN EMAIL ON INFO@EKURHULENITECH.CO.ZA ABOUT VIDEO MATERIAL WE HAVE VIDEO MATERIAL FOR EXTRA UNDERSTANDING ON CERTAIN ENGINEERING FOR A FEE. REQUEST A QUOTE. SEND US AN EMAIL ON INFO@EKURHULENITECH.CO.ZA Website: www.ekurhulenitech.co.za Email: info@ekurhulenitech.co.za