Nuustak Die grootse gevaar is nie dat ʼn mens misluk nie, maar dat jy tevrede kan wees met die tweede beste.

Similar documents
SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Tygienuus. 29 Maart 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

Hoërskool Roodepoort

ADMATHS Die AdMaths leerders skryf Maandag, 21 Mei, hul halfjaarlikse eksamen hier by die skool. Tye is met

Digitale Produkte. Katalogus

TrumpetNet, 31 May 2007

2 8/2016. Discipline is the bridge between goals and accomplishment. -Jim Rohn*

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Nuusbrief Junie / Julie 2017

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Die wonder van water *

Geloof klim teen die trappe op wat liefde gebou het en sien die toekoms deur n venster wat hoop oopgemaak het. Charles Haddon Spurgeon

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

Word deel van hierdie unieke studente kultuur wat HEIMAT is en pak elke dag aan met 'n ONTEMBARE GEES!

Soos n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel.

GEDAGTE VIR DIE DAG. Klim die berg sodat jy die wêreld kan sien en nie sodat die wêreld jou moet sien nie. (Anoniem) GELEENTHEID DATUM GRAAD/PLEK

Nuusbrief Augustus / September 2017

Courses for March 2012

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

18 Mei Geagte Ouers

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Nuusbrief 22 Junie 2018

Die wind as bron van energie *

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Musiek: Toets jou kennis *

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

HOëRSKOOL PORTERVILLE

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Daniël en die Leeukuil

Uit die kantoor 2 6/2016. Autumn is a second spring when every leaf is a flower. -Albert Camus*

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

Welkom klein GARSIES

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Trap versigtig wanneer jy hoop van mense weggeneem het. ~ Oliver Wendell Holmes ~

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

Wat is elektrisiteit? *

Volgende Kruiner Klets verskyn op 24 Julie 2017.

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

OESFEES. Oktober 2016

Trap versigtig wanneer jy hoop van mense weggeneem het. Oliver Wendell Holmes

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

Wiskunde Olimpiade. 31 Maart Top Presteerder Charné van der Merwe in Graad 9 was ook een van ons Top Presteerders in 2016.

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Speel met battery elektrisiteit *

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

Uit die hoof se kantoor

AKADEMIE. Gr. 4 & 5: 5 tot 15 Junie; Gr. 6: 1 tot 15 Junie; en Gr. 7: 1 tot 19 Junie.

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Johannes 14: /08/2014

SIT DIE WIEL AAN DIE ROL!

Nuusbrief. Voorwoord. Volume 1 / Vryburg Skou. Regstelling op Vorige Nuusbrief

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Geregistreer ingevolge Wet nr.46 van 1926 Registered in terms of Act no 46 of 1926

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Safari and Outdoor WP OPE 2015 Waaihoek, Goudini, Weskaap

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION

Appendix 12. General Correspondence with Interested and Affected Parties

Ware barmhartigheid is dit: om alles, ja, alles, te doen wat ons kan.

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

Plekwaardes van heelgetalle *

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

Laerskool Jan van Riebeeck

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 23 nr Mei 2016

GEDAGTE VIR DIE DAG. Beauty isn t about having a pretty face, it s about having a pretty MIND, a pretty HEART and a pretty SOUL.

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Vrystaat (Bothaville).

Vinkie. Laerskool Fairland

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Johannes 6:1-15; /07/2014

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

2. BORDUURWERK / EMBROIDERY

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Februarie 2016 No: 4 van 2016

E-Klas handleiding Studente

DERTIENDE UITGAWE November 2016 THIRTEENTH EDITION a. Yes, mom. I DID make this myself.

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

BEHEERLIGGAAMSVERKIESING

WEEKBRIEF 1 VAN 2018 UIT DIE KANTOOR

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Omsendbrief 2/ Januarie Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur: Pen van die Hoof. Geagte ouers

Transcription:

Nuustak 2018 Telefoon : (011) 972 4147/8 Faks : (011) 391 3307 / 086 653 7528 e-pos : kantoor@kruinies.co.za Web-adres : www.laerskoolkruinsig.co.za NUUSTAK 13/2018 26 April 2 Mei Geagte Ouer Vir diegene wat die Aprilvakansie ook net as n verlengde langnaweek ervaar, is die langer naweek beslis welkom. Voel amper onwerklik dat ons op die drumpel van Mei staan. Baie geluk aan ons rugby- en netbalspanne wat met eer uit die stryd getree het. Ons 0/9 rugbyspan kraai koning as die Super 12 A-groep kampioen vir 2018. Ons is trots op ons seuns en afrigters. Die Gr. 1 inskrywings vir 2019 stroom fluks in. Onthou dat alle voornemende Gr. 1 en Gr. 8 (hoërskole) leerders via die Gauteng Onderwys Departement se aanlyn sisteem by skole moet aansoek doen. Maak asseblief seker dat u die verlangde dokumentasie spoedig by die betrokke skole gaan inhandig. Op 4 en 5 Mei staan ons bankvas agter ons skaakspelers wat in Pretoria aan die Super 12 skaaktoernooi deelneem. Ons hou duim vas en glo jy sal die regte skuif op die regte tyd maak. 10 Mei 2018 is Hemelvaart. Dit is nie ʼn openbare vakansiedag of skoolvakansiedag nie. Die skool gaan normaal voort. Ons het wel die oggend saalopening met n Hemelvaart tema. Ons kaskarre skop eersdaags af. Byvoorbaat dankie dat ons op u ondersteuning kan staatmaak. U positiewe gesindheid dra by tot ons skool se uniekheid. Geniet die langnaweek. Ry veilig! Die grootse gevaar is nie dat ʼn mens misluk nie, maar dat jy tevrede kan wees met die tweede beste. -Laurence Peter- Groete uit die Nuustakkantoor. JOHAN KRUGER SKOOLHOOF

Personeel Verjaarsdae NETBAL Baie Dankie 26 April Heidi Boshoff Alet Meyer van Excellence Naskoolsentrum & Mariaan Maritz vir die borg van die afrigters se netbalklere! Rochelle De Lucia van Rodel Administration Services! Baie dankie vir die Netbaldames se Super 12 hempies. ONS WAARDEER DIT OPREG! KRUINIE VERJAARDAE: 26 April Kiané Joubert Triston Parker Lené Nel 28 April Divan Loots 30 April Jordan Jansen v Rensburg Jayden van Tonder Nikita Vermeulen 1 Mei La-Velle Clark Halket Kaylie Pretorius VIDEO TO DVD CONVERSION We do coversions, specialising in Video to DVD. We offer a very affordable, reliable and speedy service. All your old VHS wedding tapes, baby baptisms, family gathering. Etc. don t have to be lost! We will convert them into digital format, perfectly preserving them for many years to come. R 80 p/video. We also convert audio tapes to Mp3 on CD. We are in Terenure. Contact : Patricia 082 435 2575 Natalie 084 628 3999 WISKUNDE GRAAD 6 4 Mei Vermenigvuldiging (10) 11 Mei Hoofrekene (10) 18 Mei Probleemoplossing (10) Eksamen (70) BAIE DANKIE Kruinies se baie dankie aan ons mammas wat kom help het met toesig by die skool tydens die gholfdag. Die Kruinies waardeer julle bereidwilligheid baie!

KRIEKET 1ste Krieketspan Proewe 0/12 en 0/13 4 Mei Vrydag 13:00-14:30 By krieketnette Gee name op by Mnr. Werner. WISKUNDE GRAAD 4 Donderdag 3 Mei Hoofrekene Toets (20 2=10punte) 2 tot 12 x en Luca du Plooy Gr.4E

SKAAKFLITSE Skaakoefening Kamer 34 Vrydag 4 Mei 6:45-7:25 Alle Kruinies wat KAN skaak speel is welkom! Skaakliga uitslae Kruinsig A liga teen Impala A: 0/9 A 1-11 0/11 A 8½-3½ 0/13 A 6½-5½ Kruinsig B liga teen Bredell A: 0/9 6½-5½ 0/11 B 10-2 0/13 B 6½-5½ Super 12 : 5 Mei Tuks Groenkloof Kampus. Ons Eerstespan en Juniorspan speel op die dag vir Kruinsig skaak. Briefies sal volg. Skaakliga: 7 Mei A liga Aston Manor (weg) B liga Birchleigh (tuis) Briefies sal volg Skaakgroete Juf.Celesté WOONSTELLE TE HUUR Glen Hof kompleks Veldstraat Glen Marais Bachelors, een, twee en drie slaapkamer woonstelle te huur. 500m vanaf Laerskool Kruinsig Binne veiligheidskompleks met toegangsbeheer. NETBAL BAIE DANKIE Kruinies bedank graag die volgende borge van die 1ste Netbalspan 2018 Cross & EPC Sweetpakke Tusk Signs Blou wedstrydrok en beffies Mugg & Bean Wit ekstra rok, beffies en broekies Hannes Baard Golfhemp Maritz & Belinda Jonker Rugsak en waterbottels Ananda Hattingh Biokineticists Wit langmou opwarm hemp Excellence Naskool Blou langmou opwarm hemp en blou hoodies K-Sport Toersakke Mariaan Maritz T-hempie Prestige Dive School Thempie Pink Ladies hoedjie Marilette & Herman McCabe hoedjie Kontantborg Karin & Pieter Fourie Golden Harvest Water Skakel Kathy 076 743 9570

KASKARPROJEK 2018 NUUSFLITS KASKARWEDRENNE Vrydag 22 Junie 2018 in skooltyd Dis alweer sulke tyd: Die groot speel en kuierdag by Kruinsig, tydens ons jaarlikse Kaskarwedrenne. Ons trek ou klere aan en die leerders, onderwysers en ouers wat af is, gaan kuier en kaskarre ry tot ons lekker kry. Alle leerders het hierdie week n borgvorm en inligtingsbrief rakende ons kaskarprojek ontvang. Alle aansporingspryse met die verwerwing van borge en inbetaling daarvan was reeds van vandag af beskikbaar en gereed gewees. Hoe werk dit? n Professionele maatskappy verskaf kaskarre en lê die bane uit op die A-rugbyveld. Elke Kruinie word betrek en neem fisies deel deur minstens n beurt te kry om die kaskar te bestuur en ook om die kaskar in spanverband om die baan te stoot. Ou klere en tekkies word aangetrek. Die hele aksie is groot pret en daar is beslis nie plek vir skooldrag nie. Vir die optog trek elke Graad van Gr R-7 aan volgens n tema...meer inligting volg later. Tekkies word gedra om ons voete te beskerm teen wiele. Al die kinders neem deel en niemand word uitgesluit nie. Hierdie projek vorm deel van die begroting wat verlede jaar tydens n ouervergadering deur die ouers goedgekeur is. Die fondse sal aangewend word vir die opknapping van die infrastruktuur. Die Kruinies samel borge in per rondte wat die klas die kaskar om die baan stoot. Die baan is ongeveer 80m en n maksimum van 50 rondtes word afgelê. Werklike kostes word op die borgvorm aangedui. Alles is op die borgvorm uitgespel en niemand word dus onder n wanindruk gebring nie. Daar is baie aansporingspryse wat reeds met die Kruinies bespreek is. Help asseblief elke kindjie om hulle deeltjie in klasverband te doen. Almal trek voordeel al is die bedrae hoe gering. Die mikpunt is dat elke kind sal poog om R150 in totaal in te betaal. Die borge word ingesamel vanaf vandag tot en met Woensdag 20 Junie. ALLE borgvorms moet ELKE VRYDAG BY DIE SKOOL wees vir die klas se WEEKLIKSE OPNAME. Beloofde geld wat leerders ontvang kan asseblief dadelik inbetaal word. Daar sal ook weekliks ekstra aansporingspryse toegeken word hou die Nuustak dop! Ons weet dat elke Kruinie weer eens saam met ons opgewonde gaan raak om sodoende nog n suksesvolle projek hiervan te maak. Gebruik die langnaweek en kry die wiele aan die rol! Kaskarkomitee 2018