HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

Similar documents
GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Speel met battery elektrisiteit *

Die wonder van water *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Wat is elektrisiteit? *

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Die wind as bron van energie *

Musiek: Toets jou kennis *

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Visuele Kuns: 'n Dieremasker *

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Hoe om brood te bak *

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Plekwaardes van heelgetalle *

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Lewensvaardighede. By: Siyavula Uploaders

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Daniël en die Leeukuil

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding *

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

Ons verklaar oorlog teen rommel *

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Courses for March 2012

serie- en parallelskakeling *

Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting *

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

Getalle - waar kom hulle vandaan?

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Wat is vaskulêre demensie?

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

GRADE 10 / GRAAD 10 NOVEMBER 2015 ENGINEERING GRAPHICS & DESIGN TOTAL / TOTAAL INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP PAPER 2 / VRAESTEL 2

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Rigting en kontoerlyne *

Die ekologiese sisteem *

Johannes 6:1-15; /07/2014

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

Inkomstestaat en balansstaat *

LAERSKOOL HELDERKRUIN

TrumpetNet, 31 May 2007

Die buitelandse sektor in die ekonomiese siklus *

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

OESFEES. Oktober 2016

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Die badkamer en kombuis *

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

Kersfees * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 5 3 KOM ONS VIER FEES 4 Module 20 5 KERSFEES 6 KERSFEES

Pret en plesier - 04 *

MIV/VIGS: Die gevreesde siekte van Afrika *

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

OpenStax-CNX module: m Wie is ek? * Siyavula Uploaders

WAT IS GESKIEDENIS? Daar is tw ee moontlike antw oorde.

Pret en plesier - 02 *

Plastiek. Namakwaland Wetenskap Klub 1 GRAAD 7: MATERIE EN MATERIALE

LAERSKOOL HELDERKRUIN

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

Kaartjies. by dosyne. Inhoud. Fransie Snyman. Meer as 150 oorspronklike handgemaakte ontwerpe

MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ENVIRONMENTAL STUDIES SYLLABUS GRADES 1-3 AFRIKAANS VERSION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

Week 39-40: Hersiening. Brei die volgende getalreekse uit:

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Dierestories - 04 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Dierestories 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Deuteronomium 8: /01/2014

Nuusbrief Augustus / September 2017

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

Digitale Produkte. Katalogus

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Kragte en wrywing * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 9 3 ENERGIE, KRAGTE EN MASJIENE 4 Module 19 5 KRAGTE EN WRYWING

Hoërskool Roodepoort

Transcription:

OpenStax-CNX module: m27843 1 HERWINNING Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING Een van die beste maniere om ons bome te bewaar is om betrokke te raak by die herwinning van papier. Die ou papier word weer verpulp en gewas en so word daar dan weer nuwe papier gemaak. Bespreek met jou maats: Lê daar dalk baie papier by julle skool rond wat herwin kan word? Wat dink julle sal gebeur as niemand die papier gaan optel en verwyder nie? Wat kan julle doen om die situasie te verbeter? Version 1.1: Jul 7, 2009 12:49 pm -0500 http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

OpenStax-CNX module: m27843 2 Figure 1 Begin om al die afvalpapier in jou klas te versamel. Kyk hoeveel jy kan versamel. Weeg die papier aan die einde van elke week. Voltooi `n graek om te bepaal hoeveel papier jy teen die einde van die maand versamel het. Kleur elke week se blokkies `n ander kleur in. In watter week het jy die meeste papier versamel? Jy kan maklik sakgeld maak of geld vir die skool insamel deur gereeld al die afvalpapier te versamel. Vra vir Jurou om jou meer hiervan te vertel. Onthou: elke keer wat jy papier spaar of herwinbare papier gebruik, help jy ons omgewing bewaar. Dink aan verskillende maniere waarop jy papier kan bespaar. Sommige idees is baie prakties. Partykeer is dit onmoontlik. Bespreek dit in jou groep en besluit watter van die maniere wel vir julle moontlik is.

OpenStax-CNX module: m27843 3 Figure 2 Party mense maak baie spoggerige papier deur verskillende produkte te gebruik, soos verskillende grassoorte, blare en selfs olifantmis! Gewoonlik kan hulle nie so baie papier soos `n fabriek maak nie. Waarom dink jy is dit nie moontlik nie? Dit kan ook baie duur wees om sulke spesiale papier te maak. Gaan kyk na al die verskillende pryse van papier in die verskillende winkels. Kyk ook na die verskillende soorte papier en vergelyk die pryse. Soort papier Gebruik Prys Table 1 Wat het jy opgemerk van die verskillende soorte papier? Hoe het die pryse van die verskillende soorte papier vergelyk? Aangesien dit nogal moeilik is om jou eie papier te maak, kan jy ook gewone papier versier en jou eie geskenkpapier ontwerp. Dink aan geleenthede waar daar geskenkpapier gebruik word, soos `n verjaarsdag, Kersfees, Valentynsdag, ensovoorts. Mense het nie altyd met spesiale geleenthede geskenke gegee nie. Indien hulle wel iets gegee het, was dit baie eenvoudig. Vra vir jou ouers, asook vir Ouma en Oupa, wat hulle altyd gekry of vir ander gegee het. Miskien kan jy dink aan `n nuwe geleentheid waar geskenke gegee kan word. Wat sal die geleentheid wees? Besluit vir watter geleentheid jy graag jou eie papier sal wil ontwerp. Skep jou eie ontwerp: (Maak van verskillende lyne en patrone gebruik). Jy kan jou papier aan familie en vriende verkoop. Kyk of hulle in jou produk sal belangstel. 1. Vind uit of hulle jou geskenkpapier sal koop. 2. Hoeveel gaan jou papier kos? Vind uit hoeveel hulle gewoonlik vir papier sal betaal. 3. Vra hoeveel hulle bereid is om te betaal. 4. Vra ten minste drie persone.

OpenStax-CNX module: m27843 4 Voltooi `n tabel. Dink jy dit is moontlik om jou papier te verkoop? Hoeveel sal jy daarvoor vra? Daar word nie net papier van hout gemaak nie, maar daar is ook nog baie ander gebruike van hout. In die verlede is dit hoofsaaklik gebruik om jou warm te maak en baie huise is ook van hout gebou. Meeste van die meubels was ook net van hout gemaak. Nou word daar ook van ander materiaal gebruik gemaak om meubels te maak. Watter soort materiale word gebruik? Skryf `n paar voorbeelde neer. Dink jy die meubels is nou beter? 7 Bestudeer `n stoel Wat benodig ons om `n stoel te maak? Dit moet gemaklik wees. Dit moenie kan breek nie. Wat is nog belangrik?gaan sit op die verskillende stoele in jou huis. Waarvan is dit gemaak? Wat is hulle goeie eienskappe? Wat is hulle slegte eienskappe? Voltooi die tabel hieronder. Soort stoel Materiaal Goeie eienskappe Slegte eienskappe Teken of plak prente van verskillende stoele 8 Assessering Table 2 EBWLU 2 EKONOMIESE SIKLUSDie leerder kan kennis en begrip van die ekonomiese siklus in die konteks van `die ekonomiese probleem toon'. 1.2 kan verduidelik dat behoeftes en begeertes onbeperk en veranderlik kan wees en deur maats, die media en die ontwikkeling van nuwe produkte en dienste deur sakeondernemings beïnvloed word;1.3 pryse op verskillende soorte pryskaartjies en etikette kan lees en identiseer;1.4 kleingeld bereken nadat eenvoudige goedere en dienste gekoop is;1.5 uitdrukking gee aan die belangrikheid van en maniere om geld en ander hulpbronne soos water en elektrisiteit te bespaar en nie te vermors nie. continued on next page

OpenStax-CNX module: m27843 5 SOSIALE WETENSKAPAARDRYKSKUNDELU 3 ONDERSOEK VAN VRAAGSTUKKEDie leerder kan ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en -probleme neem. 3.1 omgewingsvraagstukke op die plek waar die leerder woon of skoolgaan, identiseer en beskryf;3.2 die faktore wat tot die probleem aanleiding gee, identiseer (faktore wat die vraagstuk aekteer);3.3 die impak van die probleem op die plek en mense (huis, skool, plaaslike omgewing) identiseer [faktore wat die vraagstuk aekteer]. geskiedenislu 1 GESKIEDKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder kan ondersoek-vaardighede gebruik om die hede en verlede te ondersoek. 1.1 inligting uit geskiedkundige bronne wat deur die onderwyser verskaf is (bv. prente, foto's voorwerpe, mense) verkry [werk met bronne]. tegnologielu 1 TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. 1.3 (Ontwerp) gepaste materiaal of stowwe om produkte te maak kan kies en maniere voorstel hoe dit gebruik kan word om `n probleem, behoefte of geleentheid te bevredig;1.5 ( Maak) produkte veilig van verskillende materiale maak en gegewe stappe volg; KUNS EN KULTUURLU 1 SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDINGDie leerder kan werk skep, dit interpreteer en aanbied in elk van die verskillende kunsvorms Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste. 1.8 (Visuele Kuns) die onmiddellike omgewing ondersoek deur die elementêre funksies van lyn, vorm, kleur en kontras in twee- en driedimensionele werk te gebruik; Table 3 9 Memorandum Die leerders moet verskillende besighede besoek om pryse te vergelyk. Hulle moet ook besef dat die pryse sal verskil as gevolg van die gehalte van die papier. Maak hulle ook daarvan bewus dat die prys van papier kan wissel as gevolg van die aanvraag daarvoor (EBW 1.2, 1.3). In `n Wiskunde-les kan die pryse van die papier vergelyk word en ook bepaal word hoeveel kleingeld hulle moet kry as hulle `n sekere bedrag geld ontvang het (EBW 1.4 ).

OpenStax-CNX module: m27843 6 Die leerders word daarvan bewus gemaak dat verskillende materiale verskillende gebruike het. Meubels is gewoonlik net van hout gemaak, maar nou word daar ook van plastiek en aluminium gebruik gemaak. Tuinstoele word van plastiek gemaak, want dit is lig en maklik om te dra en word ook maklik skoon gemaak. Leerders moet die verskillende stoele by hulle huise bestudeer. Hulle kan ook prente van verskillende stoele skool toe bring en dit bespreek. Bespreek waarvan die stoele gemaak is en wat die doel of gebruike van die stoel is (NW 1.2 ). Indien enige van die produkte plaaslik vervaardig is, maak die leerders bewus daarvan (Aardrykskunde 1.2).