Bankkosteverslag. Solidariteit. Solidariteit Navorsingsinstituut. * NAVORSINGSVERSLAG

Similar documents
Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die wonder van water *

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Die wind as bron van energie *

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

TrumpetNet, 31 May 2007

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Wat is vaskulêre demensie?

Plekwaardes van heelgetalle *

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Inkomstestaat en balansstaat *

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

Speel met battery elektrisiteit *

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

Daniël en die Leeukuil

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

Musiek: Toets jou kennis *

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Hoe kom ek op die webwerf? Besoek die Sanlam Aftreefondsweb by

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

LAERSKOOL HELDERKRUIN

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

Digitale Produkte. Katalogus

Cumulus Flexi Uittree-Plan

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

Wat is elektrisiteit? *

Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting *

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Nuusbrief Junie / Julie 2017

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

SPELERS MET GESTREMDHEDE

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding *

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

Wat is fronto-temporale temporale demensie

IS 2015/16 SE DROOGTE DIE ERGSTE NOG? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Johannes 6:1-15; /07/2014

Watter veranderinge kan die volgende tien jaar in die aartappelbedryf plaasvind?

STAAFGOUD FASILITEIT VIR ROTSVASTE BELEGGERS

Courses for March 2012

DEVELOPMENT AND MODELLING OF NEW WIDEBAND MICROSTRIP PATCH ANTENNAS WITH CAPACITIVE FEED PROBES

Government Gazette Staatskoerant

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling)

Die boek Job en lyding

PROBLEME IN VERBAND MET VERSTANDSTOETSE IN TWEE TALE

Die impak van revisie op vertaalde eksamenvraestelle in n hoëronderwysomgewing 1

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

BELEID OOR KONFLIK VAN BELANGE

Die buitelandse sektor in die ekonomiese siklus *

SAOU (Gauteng) SKOOLVERTEENWOORDIGERS Februarie 2016 KORTLYSVERGADERINGS EN ONDERHOUDE

E-Klas handleiding Studente

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Vrystaat (Bothaville).

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

Kom ons laat die tydskedule net vir die huidige oomblik. Kan u vir die hof sag of u op daardie stadium van die

APPROACHES TOWARDS A CRITICAL EVALUATION AND UPDATE OF THE RED LIST OF SOUTH AFRICAN BUTTERFLIES JONATHAN BRADFORD BALL

MIV/VIGS: Die gevreesde siekte van Afrika *

2. BORDUURWERK / EMBROIDERY

University Of Pretoria

Inligtingkunde/Information Science INL 220

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Getalle - waar kom hulle vandaan?

Transcription:

Solidariteit Navorsingsinstituut NAVORSINGSVERSLAG Solidariteit Bankkosteverslag 2015 n Vergelykende ontleding van die koste van 'n seleksie van persoonlike transaksierekeninge by vyf banke in Suid-Afrika November 2015 Solidariteit Beweging Saamgestel deur die Solidariteit Navorsingsinstituut www.solidariteit.co.za * 0861 25 24 23

VRYWARING Geen deel van hierdie verslag is daarop gemik om amptelike finansiële advies aan enige spesifieke persoon of groep persone te gee nie. Solidariteit en/of enige verwante organisasies of instellings aanvaar geen verantwoordelikheid vir die manier waarop enige deel van hierdie verslag gebruik word nie. Hoewel daar gepoog is om inligting wat deur die betrokke banke in hul prysliteratuur verskaf word en op hul telefoniese hulplyne aangebied word akkuraat oor te dra, mag foute moontlik in die transkripsie en/of vertolking van die data voorkom. Solidariteit en/of enige verwante organisasies of instellings waarborg nie die akkuraatheid van die data nie en aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige gevolge wat onakkurate data moontlik kan hê nie.

1. Inleiding Die Solidariteit Bankkosteverslag vir 2015 word in verkorte vorm uitgereik as deel van 'n verandering om die verslag in die eerste helfte van elke kalenderjaar uit te reik pleks van in die tweede helfte van elke jaar. Hierdie verandering sal die Bankkosteverslag vir 'n langer tydperk elke jaar nuttig maak vir bankkliënte, aangesien die meeste groot banke in Suid-Afrika veranderde fooie aan die begin van die kalenderjaar implementeer. Aangesien die Bankkosteverslag vir 2015 'n tussentydse verslag is, is dit nie so omvattend soos die vorige vyf verslae nie. 'n Omvattende verslag sal weer in die eerste helfte van 2016 uitgereik word. Vanjaar se tussentydse Bankkosteverslag dek net die rekeninge wat die vyf grootste banke aan mense met lae inkomste bemark en die bondel-rekeninge wat aan die middelinkomstesegment van die mark bemark word. Vanjaar se verslag dek hierdie 12 rekeninge of rekeningopsies wel omvattend. Hierdie tussentydse verslag sal nogtans vir die meerderheid kliënte van banke in Suid-Afrika van belang en nuttig wees om te besluit watter bankrekening hulle die minste sal kos vir hulle spesifieke behoeftes. Vir meer gedetailleerde inligting oor spesifieke onderwerpe soos straffooie ( dishonour fees ) ('n onderwerp wat steeds problematies is), koste van kitsbankonttrekkings by ander banke se kitsbanke, betaal-pertransaksie-rekeninge (PAYT-rekeninge) teenoor bondelrekeninge, en koste van kontant- en tjekdeposito's, 1 lees die Solidariteit Bankkosteverslag vir 2014. Hierdie afdelings sal in die omvattende verslag vir 2016 met die jongste inligting bygewerk word. 1 Die afkorting PAYT vir pay as you transact word verder in hierdie verslag gebruik om na hierdie rekeninge, waar n afsonderlike fooi vir elke transaksie gehef word, te verwys. 1

2. Metode van vergelyking en transaksieprofiele Die transaksieprofiele wat in die Solidariteit Bankkosteverslag vir 2015 gebruik word, is dieselfde as wat in 2013 en 2014 se verslae gebruik is. 2 12 transaksies 17 transaksies 24 transaksies 29 transaksies Monthly admin fee 1 1 1 1 Card purchase (swipe) 2 3 5 6 Withdraw cash at point of sale 2 2 2 2 Withdraw at own ATM (R500) 0 1 1 1 Withdraw at own ATM (R1 000) 0 0 1 2 Own ATM balance enquiry 1 1 1 1 SMS update subscription 1 1 1 1 SMS update notifications 12 17 24 29 Internet banking subscription 1 1 1 1 Internet banking payment 2 3 5 6 Beneficiary SMS notification 2 3 5 6 Scheduled payment (internal) 1 1 1 1 Scheduled payment (external) 1 1 1 1 Debit order (internal) 2 3 4 5 Debit order (external) 2 3 4 5 Die transaksieprofiele word nie volgens inkomstevlak gedefinieer nie maar eerder volgens die getal transaksies op elke profiel. Feitlik geen fooie, buiten kontantonttrekkings en -deposito's by sommige van die banke, wissel volgens die betrokke bedrag nie. Gevolglik is dit meer gepas om die getal transaksies pleks van die inkomste van die rekeninghouer as eerste riglyn te gebruik. Breedweg styg die getal transaksies deur kliënte egter wel namate hul inkomste toeneem. Soos in die verlede is die transaksieprofiele opgestel volgens riglyne wat ooreenstem met die riglyne wat die banke op hulle webwerwe en in hulle promosiemateriaal verskaf. Hierdie riglyne sluit in: min kontantonttrekkings en geen kontantdeposito's of gebruik van tjeks nie; min kontak met kitsbanke (OTM's); geen fisiese besoeke aan 'n banktak nie eerder internetbankdienste; die gebruik van SMS-kennisgewings oor aktiwiteit op die bankrekening; geen voorsiening vir 'n oortrokke rekening nie; en geen internasionale transaksies nie. Die verslag handel ook slegs oor die bankkoste van persoonlike transaksierekeninge. Die koste van kredietprodukte soos kredietkaarte, oortrekkingsfasiliteite, voertuigfinansiering, huislenings en persoonlike lenings word dus nie in hierdie verslag behandel nie. Daar is te veel verskillende produkte van dié aard en te veel moontlike kombinasies van en variasies op sulke produkte om vergelykings te kan tref wat vir baie verbruikers relevant is. 2 Die Engelse terminologie word hier gebruik, vir makliker vergelyking met die banke se terminologie in bemarkingsmateriaal. 2

3. Rekeninge wat aan mense met lae inkomste bemark word Nie een van die vyf banke het van 2014 tot 2015 baie groot veranderinge gemaak aan die struktuur van hulle rekeninge wat aan mense met lae inkomste bemark word nie. Ten opsigte van die vlakke van fooie wat op hierdie rekeninge gehef word, het 'n paar beduidende veranderinge wel plaasgevind. FNB se EasyAccount en Standard Bank se AccessAccount het meer aggressief met Capitec se Global One-rekening begin meeding. Absa se Transact-rekening is steeds mededingend, al het die fooie daarop effens gestyg. Nedbank het wel sommige fooie op sy Ke Yona-rekeninge verlaag, maar nie naastenby genoeg om op hierdie vlak van die mark werklik met die ander vier banke mee te ding nie. Capitec self het sy fooie vir kontantonttrekkings in 2015 effens verhoog, maar sy praktyk om rente op enige saldo in sy kliënte se rekeninge te betaal, verseker steeds dat totale bankkoste mededingend bly. Op die transaksieprofiel wat net 12 transaksies insluit, as die uitwerking van rente op 'n saldo in 'n Capitec-rekening nie in ag geneem word nie, is dit FNB se EasyAccount wat die goedkoopste is, met 'n koste van net R17,25 per maand. Dit word gevolg deur Absa se Transact-rekening met 'n koste van R24,25 en Standard Bank se AccessAccount op die PAYT-opsie met R25,20. Capitec is vierde met R31,90, met Nedbank se Ke Yona-rekening vêr agter. 'n Capitec-kliënt met 'n gemiddelde saldo van R5 000 dwarsdeur die maand sal egter R18,37 rente ontvang teen 'n koers van 4,5%, wat Capitec in die eerste plek plaas met 'n netto koste van R13,53 per maand op hierdie transaksieprofiel. Op die transaksieprofiel met 17 transaksies per maand is die volgorde soortgelyk, maar Capitec sak terug tot in die tweede plek (ná FNB) selfs al word R18,37 rente op 'n gemiddelde saldo van R5 000 in aanmerking geneem. Op die EasyAccount het FNB twee belangrike veranderinge aangebring wat hom in staat gestel het om doeltreffender met Capitec mee te ding wat koste betref. Die koste van 'n interne debietorder is van R1,50 tot nul verlaag, en die koste van 'n internetbetaling (EFT) is van R3,20 tot R1,50 verlaag. FNB het sekere ander fooie verhoog, soos die fooie vir onttrekkings by n kitsbank en vir eksterne debietorders, maar nie genoeg om die voordele van die ander fooie wat verlaag is, te neutraliseer wanneer dit met hierdie transaksieprofiele gemeet word nie. 3 3 FNB bied 'n savings pocket op sy EasyAccount aan, waar rente teen 'n koers van 4,75% verdien word (baie hoër as die koerse op die savings pockets op FNB se ander rekeninge) op saldo's onder R20 000. Koerse daal skerp tot 1,25% tot 2,25% wanneer meer as R20 000 in die savings pocket geplaas word. Hierdie savings pocket -benadering is glad nie goeie mededinging vir Capitec se rente-aanbod nie, aangesien dit hoogs onwaarskynlik is dat kliënte met lae inkomste beduidende bedrae van hulle geld na die savings pocket sal verskuif. In teenstelling daarmee verdien 'n Capitec-kliënt rente op enige bedrag in die gewone rekening niks hoef na 'n pocket oorgeplaas te word nie. Die savings pocket van FNB lyk meer na 'n siniese bemarkingspoging as na 'n werklike poging om met Capitec mee te ding 'n manier om te adverteer dat rente aangebied word, wel wetende dat min kliënte werklik hierdie rente sal verdien. Om hierdie rede word FNB se savings pocket op die EasyAccount nie in hierdie vergelyking ingesluit nie. 3

Dit is belangrik om daarop te let dat FNB nie soos Capitec en soos Absa se Transact-rekening vaste fooie op onttrekkings by n kitsbank hef nie. FNB se kontantonttrekkingsfooie styg vinnig namate die bedrag wat onttrek word, styg. Dit kan maklik veroorsaak dat 'n kliënt wat nie waaksaam is nie, se bankkoste beduidend styg. Absa het nie beduidende veranderinge aan sy Transact-rekening gemaak nie bloot die meeste van die fooie effens verhoog, maar nie genoeg om die rekening kostegewys onmededingend te maak nie. Sommige van die rekeninge, soos Standard Bank se AccessAccount op die Plus-opsie en al drie opsies op Nedbank se Ke Yonarekening is, wat koste betref, glad nie mededingend nie. Standard Bank se AccessAccount op die Plus-opsie vereis n fooi van R59 per maand in ruil vir net agt gratis transaksies uit 'n gespesifiseerde lys, wat dit 'n tipiese voorbeeld maak van 'n rekening wat in sommige maande tot onverwags hoë bankkoste sal lei. Die AccessAccount op die PAYT-opsie is egter vanjaar baie meer mededingend as gevolg van die afskaffing van fooie op kontantonttrekkings kasregisters, fooie vir internetbetalings (EFT) en interne debiet- en stoporders. Dit is steeds nie die goedkoopste van hierdie rekeninge nie, maar die gerief van Standard Bank se duisende AccessPoints dwarsoor die land kan vergoed vir hierdie geringe bykomende koste vir baie kliënte. Wat koste betref, kan daar nie veel oor Nedbank se Ke Yonarekening gesê word nie, behalwe dat hoewel dit die rekening met die meeste opsies is (altesaam drie), nie een van hierdie opsies hoegenaamd mededingend ten opsigte van koste is nie. Die PAYTopsie se intekenfooi vir SMS-kennisgewings en internetbankdienste is afgeskaf, maar steeds kom dit voor dat daar geen rede is hoekom iemand wat bankkoste wil bespaar, enige Ke Yona-rekening bo 'n rekening van die vier mededingers sal kies nie. 4

4. Rekeninge wat aan die middelinkomstemark bemark word In vorige Bankkosteverslae is die ondergang van PAYT-rekeninge op die vlak van die middelinkomstemark bespreek. Hierdie tendens het in 2015 voorgeduur. FNB het selfs die PAYT-opsie op sy Goldrekening heeltemal afgeskaf. By Absa, Standard Bank en Nedbank se rekeninge vir die middelinkomstemark is dit nie finansieel sinvol om die PAYTrekening bo die gelykwaardige bondelrekening te kies nie. Selfs met die basiese transaksieprofiel met net 12 transaksies is die PAYT Gold-rekening van Absa en die PAYT Savvy-rekening van Nedbank duurder as hulle bondel-eweknieë, terwyl die PAYT Elite-rekening van Standard Bank net effens goedkoper as sy bondel-ekwivalent is. Op al drie die ander transaksieprofiele is die PAYT-rekeninge vir die middelinkomstemark van al drie hierdie banke beduidend duurder as hulle ekwivalente bondelrekeninge. 'n Vergelyking van die bondelrekeninge wat aan die middelinkomstemark bemark word, asook Capitec se rekening, toon die volgende: Capitec se Global One-rekening is verreweg die goedkoopste van hierdie rekeninge, selfs al word geen rente in aanmerking geneem nie. 'n Ligte gebruiker met 12 transaksies per maand sal net R31,90 per maand betaal. Met R36,75 renteverdienste op 'n gemiddelde saldo van R10 000 sou so n gebruiker in effek geen fooie betaal nie. Namate die getal transaksies toeneem, styg die koste van Capitec se PAYT Global One-rekening wel, maar selfs met 29 transaksies per maand (koste van R80,50, voor enige rente) is dit steeds laer as die mededingende rekeninge in hierdie kategorie. Onder die ander vier banke is die fooie soortgelyk, met die maandelikse bondel-fooi wat wissel van R95 vir Standard Bank se Elite Plus-rekening tot R100 vir FNB se Gold Cheque Unlimitedrekening, met Absa se Gold Value Bundle-rekening op R98 en Nedbank se Savvy Plus-rekening op R99. Met 'n verskil van net R5 tussen die maandelikse bondel-fooie vir hierdie rekeninge sal 'n verbruiker se besluit tussen die rekeninge hoofsaaklik beïnvloed word deur wat by die bondel ingesluit word en wat uitgesluit word, asook enige voordelige ekstras soos beloningsprogramme. 'n Volledige ontleding van beloningsprogramme val buite die bestek van hierdie verslag, hoewel 'n kort aantekening hieronder ingesluit word. Verskeie soorte transaksies val buite die bondels vir hierdie rekeninge, maar in die transaksieprofiele wat in die Solidariteit Bankkosteverslag gebruik word, is die fooie vir kennisgewings aan derde partye, spesifiek die fooie om die begunstigde van 'n elektroniese fondsoordrag (EFT) per SMS in kennis te stel dat die betaling plaasgevind het, die enigste gereelde fooie wat die koste van hierdie rekeninge bo die nominale maandelikse fooie laat styg. Vir Absa is hierdie fooi 80c, vir FNB is dit R1,15 en Standard Bank se fooi is R1,00. Nedbank hef geen fooi vir hierdie diens op die Savvy Plus-rekening nie. 52

Nedbank hef egter n fooi van R4 per kontantonttrekking by 'n kasregister, terwyl die ander drie dit gratis insluit. Nedbank sluit wel vier gratis kontantonttrekkings per maand in by sy eie kitsbanke op die Savvy Plus-rekening (Absa bied vyf, FNB vier en Standard Bank ses). Om hierdie rede word 'n alternatiewe profiel ingesluit, waar die twee kontantonttrekkings by 'n kasregister per maand vervang word met twee onttrekkings by 'n Nedbank-kitsbank. Hierdie alternatiewe transaksieprofiel bring mee dat Nedbank se Savvy Plus-rekening 'n vaste maandelikse koste van R99 het op die eerste drie transaksieprofiele. Op die transaksieprofiel met 29 transaksies wat vyf kontantonttrekkings insluit, kos die vyfde onttrekking van R500 'n fooi van R9,90, wat 'n totale koste van R108,90 per maand meebring. Tog is daar nie veel van n verskil nie, afgesien van Capitec wat steeds verreweg die goedkoopste is in hierdie segment. Die rangorde van die ander vier banke op die verskillende transaksieprofiele (met die alternatiewe profiel vir Nedbank) is soos volg: 1ste plek 2de plek 3de plek 4de plek 5de plek 12 transaksies Capitec R31,90 Standard Bank R97,00 Nedbank R99,00 Absa R99,60 FNB R102,30 17 transaksies Capitec R47,20 Standard Bank R98,00 Nedbank R99,00 Absa R100,40 FNB R103,75 24 transaksies Capitec R65,20 Nedbank R99,00 Standard Bank R100,00 Absa R102,00 FNB R105,75 29 transaksies Capitec R80,50 Standard Bank R101,00 Absa R102,80 FNB R106,90 Nedbank R108,90 In die middelinkomstesegment van die mark is Standard Bank met sy Elite Plus-rekening in die tweede plek (ná Capitec) in drie van die vier transaksieprofiele, slegs getroef met R1 deur Nedbank se Savvy Plus-rekening op die transaksieprofiel met 24 transaksies. Nedbank se Savvy Plus-rekening word self ook net-net deur Standard Bank geklop op die laagste twee transaksieprofiele, maar dit is die duurste op die laaste transaksieprofiel omdat daar vir die vyfde kontantonttrekking in elke maand betaal moet word. Absa se Gold Value Bundle-rekening is in die vierde plek in drie van die transaksieprofiele en in die derde plek op die laaste transaksieprofiel, en hy word elke keer gevolg deur FNB se Gold Unlimited-rekening, wat in die laaste plek is behalwe in die laaste transaksieprofiel, waar Nedbank effens duurder is. 4.1 Waarde uit ekstras? Omdat die kosteverskille tussen die bondel-rekeninge vir die middelinkomstemark van hierdie vier banke so klein is, sal ander faktore waarskynlik bepalend wees in kliënte se keuse van 'n bank. Onder hierdie faktore is eenvoudige dinge soos die ligging van takke of die vriendelikheid van personeel by 'n spesifieke tak, maar soos elektroniese bankdienste toenemend die norm geword het, het hierdie fisiese faktore al minder belangrik geword. Nog 'n stel faktore wat die banke gebruik om kliënte te lok, is sinergieë tussen produkte wat tot afslag lei. Byvoorbeeld, Absa bied verlaagde fooie op sy Value Bundle-rekeninge vir 'n rekeninghouer wat ook 'n Absa-kredietkaart, -huislening of -voertuigfinansiering het, asook afslag op 'n gade se bankkoste. Standard Bank het byvoorbeeld ook afslag op n rekening vir 'n Elite Plusrekeninghouer se gade. Nog 'n differensieerder wat die banke in hierdie verslag (Capitec uitgesluit) gebruik, is die sogenaamde beloningsprogramme. Absa het Absa Rewards, FNB het ebucks, Standard Bank het UCount en Nedbank het Greenbacks. Daar kan geargumenteer word dat hierdie beloningsprogramme belangriker bemarkingsinstrumente is as kosteverskille wat enkele rande bedra. Op die bondel-rekeninge vir die middelinkomstemark sluit FNB toegang tot sy ebucks-beloningsprogram gratis in, terwyl Absa R21 per maand vra vir toegang tot Absa Rewards; Standard Bank vra R20 vir toegang tot UCount en Nedbank hef R17 vir toegang tot Greenbacks. Die voorvereistes om belonings op hierdie verskillende programme te verdien, wissel aansienlik, en so ook die maniere om die belonings wat verdien is, op te eis. Kliënte wat in hierdie beloningsprogramme belang stel, moet hulle huiswerk deeglik doen voordat hulle besluit watter bank om te ondersteun, en hulle moet ook bewus wees van die feit dat die bepalings en voorwaardes van hierdie programme dikwels sonder kennisgewing kan verander. 6

5. Samevatting en gevolgtrekking In hierdie verkorte Bankkosteverslag vir 2015 word 'n aantal beduidende veranderinge aangedui. Onder die rekeninge wat aan mense met 'n lae inkomste bemark word, is Capitec se Global Onerekening nie meer die duidelike voorloper wat koste alleen betref nie, hoewel die rekening se agterstand slegs geringe bedrae behels. FNB se EasyAccount en Absa se Transact-rekening ding nou baie goed mee met Capitec wat totale koste betref, en Standard Bank se AccessAccount op die PAYT-opsie is nie vêr agter nie. In geen van sy drie permutasies is Nedbank se Ke Yona-rekening enigsins mededingend wat koste of eienskappe betref nie. Op die middelinkomstevlak is Capitec se Global One-rekening steeds baie goedkoper as die rekeninge wat die ander banke op dié vlak aanbied, selfs vir kliënte wat 'n groot volume transaksies per maand doen. Wanneer die uitwerking van rente op saldo's in 'n Capitec-rekening in aanmerking geneem word, word die gaping nog groter. Tussen ander vier banke se bondel-rekeninge vir die middelinkomstemark is die kosteverskille minimaal, ongeveer R10 of minder. Standard Bank se Elite Plus-rekening, wat verlede jaar die duurste rekening in hierdie segment was, is vanjaar oorkoepelend die goedkoopste (naas Capitec) in hierdie segment van die mark, gevolg deur Nedbank se Savvy Plus-rekening, wat verlede jaar in die tweede plek was. Hoewel die fooie vir Absa se Gold Value Bundlerekening en FNB se Gold Unlimited-rekening net effens verander het, is hulle nou in onderskeidelik die tweede laaste en laaste posisie omdat Standard Bank sy fooie op die Elite Plus-rekening effens verlaag het. Dit is duidelik dat mededinging in transaksionele bankdienste in Suid-Afrika steeds toeneem, met die koste van rekeninge wat aan mense met lae inkomste bemark word wat steeds daal, terwyl koste van rekeninge vir die middelinkomstemark die afgelope drie jaar lank reeds ongeveer R100 beloop nadat dit van 2010 tot 2012 beduidend gedaal het. Soos altyd moet daar beklemtoon word dat bankkliënte proaktief moet optree om seker te maak dat hulle die laagste moontlike fooie betaal vir die diens wat hulle nodig het. Met uitsondering van Capitec het al die banke in hierdie Bankkosteverslag verskeie rekeninge. Net omdat 'n spesifieke rekening van een bank die goedkoopste is op een transaksieprofiel, beteken dit nie noodwendig dat ander rekeninge van dieselfde bank ook goedkoop sal wees nie. Kliënte moet fyn oplet na watter spesifieke rekening en rekeningopsie hulle het, anders kan hulle baie meer aan bankkoste betaal as wat nodig is. 'n Bygewerkte Bankkosteverslag sal in die eerste helfte van 2016 uitgereik word wat n groter verskeidenheid van die transaksierekeninge wat deur die vyf grootste banke aangebied word, weer omvattend sal evalueer, insluitende verskeie kwessies soos straffooie ( dishonour fees ) en transaksies soos kontantdeposito's en dies meer. 7

www.solidariteit.co.za * 0861 25 24 23