Watter veranderinge kan die volgende tien jaar in die aartappelbedryf plaasvind?

Similar documents
Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Die wonder van water *

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die wind as bron van energie *

Hoe kom ek op die webwerf? Besoek die Sanlam Aftreefondsweb by

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

TrumpetNet, 31 May 2007

IS 2015/16 SE DROOGTE DIE ERGSTE NOG? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN

Speel met battery elektrisiteit *

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

03 Julie 2015 Carine van Zyl Tel: (021)

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

Musiek: Toets jou kennis *

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Please complete the attendance register on the back page, tear off and hand to the invigilator.

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Wat is elektrisiteit? *

Droogtevoeding en Bestuur

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding *

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Wat is vaskulêre demensie?

Courses for March 2012

Bankkosteverslag. Solidariteit. Solidariteit Navorsingsinstituut. * NAVORSINGSVERSLAG

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

KUNSMISVERENIGING VAN SUIDER AFRIKA

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

Government Gazette Staatskoerant

Daniël en die Leeukuil

GRADE 10 / GRAAD 10 NOVEMBER 2015 ENGINEERING GRAPHICS & DESIGN TOTAL / TOTAAL INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP PAPER 2 / VRAESTEL 2

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Plekwaardes van heelgetalle *

WETENSKAPLIKF. BYDRAES VAN DIE PU VIR CHO Reeks H: Inougurele Redes Nr. 43. Prof. J.T. Claassen

GRAFIEK 1: WêRELD POPULASIE

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

DFPT Deciduous Fruit Producers Trust Submit to: Louise Kotzé Suite 275, Postnet X5061 Stellenbosch, 7599 Tel: +27 (0) /1

E-Klas handleiding Studente

APPROACHES TOWARDS A CRITICAL EVALUATION AND UPDATE OF THE RED LIST OF SOUTH AFRICAN BUTTERFLIES JONATHAN BRADFORD BALL

HOOFSTUK 2 TEORETIESE BEGINSELS WAT DIE STUDIE ONDERL~

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

SPELERS MET GESTREMDHEDE

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

University Of Pretoria

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

AN INTEGRATED CONTINUOUS OUTPUT LINEAR POWER SENSOR USING HALL EFFECT VECTOR MULTIPLICATION

Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting *

Johannes 6:1-15; /07/2014

Die buitelandse sektor in die ekonomiese siklus *

Digitale Produkte. Katalogus

Sanlam Werknemervoordele

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Inkomstestaat en balansstaat *

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

NUUSBRIEF. Universiteit Stellenbosch Aftredefonds

4. B E D R Y F S - EN B E ST U U R SR E K E N IN G K U N D IG E W IN S B E P A L IN G 1. Bedryfs- en bestuursrekeningkunde, PU vir CHO

Cumulus Flexi Uittree-Plan

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Inligtingkunde/Information Science INL 220

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 REKENINGKUNDE ANTWOORDEBOEK

2. BORDUURWERK / EMBROIDERY

Die rol van waardes in klaskamerdissipline resultate van n empiriese ondersoek

DIE REPRODUKSIEPATROON VAN VYF SKAAPRASSE ONDER EKSTENSIEWE TOESTANDE

Kaapse Aftreefonds Nuusbrief April Volume 41, Fund Registration No 12/8/32689/2

Reeks: Besproeiing van aartappels V. Skeduleringshulpmiddels Grondwaterinhoud metings Grondmonsters

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

*November 26 Desember 2. Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10.

Transcription:

Watter veranderinge kan die volgende tien jaar in die aartappelbedryf plaasvind? Marion Delport, Ferdi Meyer en Divan van der Westhuizen, Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP) en Pieter van Zyl, Aartappels Suid-Afrika Vir elke landboubedryf bestaan daar 'n reeks kerndrywers of fundamentele faktore wat die rigting van 'n bedryf kan bepaal. Daar kan ook 'n onderskeid getref word tussen drywers wat 'n bedryf oor die korttermyn beïnvloed en die meer langtermyn strategiese drywers. Die grootste uitdaging wanneer toekomsprojeksies gemaak word, is om aannames te maak rondom die fundamentele drywers asook om te antisipeer wanneer die onderlinge verhouding tussen hierdie drywers gaan verander. Figuur 1 illustreer die balans tussen die vraag en aanbod van aartappels, asook die hektare wat jaarliks sedert 1997 onder aartappels aangeplant is. Dit is opvallend uit die figuur dat aartappelhektare per jaar geplant tot 215 sywaarts beweeg het tussen 5 en 55 hektaar. Die projeksies wat deur die Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP) se aartappelbedryfsmodel genereer word, dui aan dat die hektare geplant die volgende tien jaar nie noemenswaardig gaan styg nie, soos in die figuur getoon. Dit wil dus voorkom asof ons jaarliks nie meer as 55 hektaar aartappels gaan aanplant nie. Dit is ook duidelik uit die figuur dat die groei wat in die bedryf gesien word hoofsaaklik toegeskryf kan word aan Page 44 CHIPS Mei/Junie 216

3, 6 55 Duisend ton 2,5 2, 1,5 1, 5 5 45 4 35 3 25 2 15 1 Duisend hektaar/ Ton per ha Verbruik (ton) Produksie (ton) Area geplant Opbrengs (ton/ha) Figuur 1: Projeksie tot 225 - vraag, produksie, hektare geplant en gemiddelde opbrengs per hektaar 5 45 4 Rand per 1 kg 35 3 25 2 15 1 5 1997 1999 21 23 25 27 29 211 213 215 217 219 221 223 225 Reële markprys (212=1) Nominale markprys Figuur 2: Nominale en reële markpryse CHIPS May/June 216 Page 45

5. 4.71 R 1.4 Miljoen ton 4.5 4. 3.5 3. 2.5 2. 1.5 1..5 R.51 3.37 R 1.18 2.16 R 1.7 R.55 1 kg los 1 kg verpakking R.53 1.1 R 1.2 R 1. R.8 R.6 R.4 R.2 Rand (verbruikersprys) per porsie. Mieliemeel Witbrood Aartappels Rys R. Verbruik 215 (milj ton) Verbruikersprys per porsie Figuur 3: SA verbruik van styselprodukte (215) versus porsiekoste per styselproduk (gemiddeld vir 215) 12, 1, 1 ton 8, 6, 15% 14% 15% 16% 16% 18% 18% 18% 16% 18% 18% 17% 19% 18% 19% 4, 2, 21 22 23 24 25 26 27 28 29 21 211 212 213 214 215 Mielies Koring Aartappels Rys Figuur 4: Die grootte van die menslike styselmark oor tyd (BFAP) Page 46 CHIPS Mei/Junie 216

beter opbrengste wat behaal word. Opbrengs per hektaar het oor die afgelope dekade met 36% gestyg (jaarlikse gemiddeld van 3% styging in gemiddelde opbrengs) wat meegebring het dat binnelandse aanbod aan die stygende vraag kon voldoen. Die projeksie dui daarop dat die stygende tendens in opbrengste sal voortduur. Ons kan dus die gevolgtrekking maak dat gegewe die huidige omgewing waarin produsente hulle vlak van produksie moet bepaal, n plafon bereik is wat hektare geplant betref. Projeksies (Figuur 1) dui daarop dat produksie met bykans 1% in die volgende dekade kan groei. Die totale oesgrootte kan oor tien jaar in die omgewing van 2.8 miljoen ton wees, teenoor 215 se rekord oesgrootte van sowat 2.5 miljoen ton. Dit beteken dat 3 ton (3 miljoen 1 kg sakkies) meer aartappels in die Suid- Afrikaanse waardeketting oor die volgende tien jaar gaan beland. Die verlangsaming in die geprojekteerde groeikoers is die gevolg van n verwagte lae ekonomiese groeikoers oor die volgende dekade. Die vraag is dus met hoeveel kan opbrengste per hektaar nog verder styg? Onder die aanname van 'n 13% styging in opbrengs per hektaar oor die volgende tien jaar, bring dit mee dat hektare rondom 52 hektaar gaan stabiliseer om sodoende aan die vraag te kan voldoen. Dit sal die gemiddelde nasionale opbrengs op 52.6 ton per hektaar te staan bring teen 225. Die gemiddelde nasionale opbrengs vir 215 (droëland en besproeiing) was 46.3 ton, die hoogste tot dusver. Die aanname rondom die groei in opbrengste dryf op sy beurt weer die relatiewe mededingendheid van die aartappelvertakking (teenoor ander gewasse), en dus ook tot 'n mate die gemiddelde markpryse wat gerealiseer word. Met opbrengste wat effens stadiger behoort te groei, sal pryse in reële terme moet styg om binne die ewewig wat in die bedryfsmodel gesimuleer word om aan produsente die nodige aansporing te gee om hektare uit te brei. Daar bestaan 'n fyn balans tussen hektare geplant en die relatiewe winsgewendheid van aartappels teenoor ander gewasse. Die 55 hektaar is dalk nie werklik 'n fisiese plafon wat betref die aantal hektare wat onder aartappels geplant kan word nie, maar dalk eerder 'n ekonomiese plafon in die sin dat as meer geplant word dit tot oorproduksie sal lei wat die binnelandse pryse sal laat daal. Neem in ag dat die produksiekoste, asook kapitaalbelegging van aartappelverbouing geweldig hoog is, so ook die produksie en markrisiko. vanaf 1999 duidelik uitgebeeld. Uit die geprojekteerde pryse kan n marginale styging in reële pryse waargeneem word. Let op die sywaartse beweging in reële pryse vanaf 21 tot 22 (Let ook op dat die reële produksiekoste van aartappels konstant gestyg het in die laaste jare). Indien dieselfde styging in opbrengs per hektaar behaal word as wat oor die afgelope tien jaar behaal is, kan geen verdere verhoging in hektare verwag word nie. Die nodige uitbreiding in produksie (oesgrootte) sal toegeskryf kan word aan hoër opbrengste. Onder hierdie toekoms-scenario sal reële pryse ook geen stygings toon nie. Wat is tans besig om in die bedryf te gebeur? Die grootste oes tot dusver is gedurende 215 gerealiseer. Sowat 53 9 hektaar aartappels is geplant en daarmee is bykans 2.5 miljoen ton aartappels geproduseer. Dit was 'n 25 ton toename in produksie vanaf 214 wat hoofsaaklik toegeskryf is aan die 6% toename in opbrengs tot 'n nasionale gemiddeld van 46.3 ton per hektaar. 'n Groot toename in produksie word geassosieer met 'n afname in die reële prys, aangeneem dat aartappels 'n normale verbruikersproduk is. In 215 het die nominale markprys met sowat 23% gedaal. Die BFAP Aartappelbedryfsmodel het gevolglik geprojekteer dat die hektare geplant in 216 sou afneem. Huidig wil dit egter voorkom asof 216 se hektare effens kan toeneem, ongeag 215 se lae pryse en die droogte. Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die Oos-Vrystaat (en ander streke) waar die aanplantings relatief hoog bly ongeag laer pryse gedurende die periode waar die besluit geneem is om te plant. Dit dui daarop dat ander faktore as prys 'n rol speel in die besluitneming om aartappels te plant. Die negatiewe impak van die droogte en abnormale hoë temperature in bykans alle produksiegebiede word op tussen 25 en 35 miljoen 1 kg sakkies. beraam Dit is dan ook die rede hoekom markpryse vroeër vanjaar die hoogste ooit was. Figuur 2 dui die gemiddelde jaarlikse markprys in reële (nadat voorsiening vir inflasie gemaak is) en nominale terme aan. Alhoewel pryse oor die afgelope jare baie gefluktueer het, word die positiewe tendens in reële pryse CHIPS May/June 216 Page 47

Hoe bekostigbaar is aartappels in die styselmark? Dit is nie net aartappelpryse wat hoog is nie, maar ook die pryse van ander stysels soos witmielies (mieliemeel) en koring (brood) wat waarskynlik die verbruiker se keuse in styselverbruik sal beïnvloed. In Figuur 3 word die Suid- Afrikaanse menslike verbruik van die verskillende stysels vergelyk met die koste (verbruikersprys) per porsie. Die porsiegroottes was in onlangse navorsing bepaal wat navorsers aan die Universiteit van Pretoria gedoen het en is gemeet in die aantal rou gramme wat naastenby dieselfde voedingswaarde het (Tabel 1). Die gemiddelde verbruikerspryse vir 215, soos gepubliseer deur Stats SA, is gebruik om 'n koste per porsie (oftewel verbruikersprys per porsie) uit te werk. Die verskillende verpakkings wat gebruik is, is 5 kg super mieliemeel, 7 gram wit brood, 1 kg los aartappels asook die 1 kg aartappelverpakking (Nielsen data) en 2 kg rys. Dit is duidelik uit Figuur 3 dat mieliemeel (R.51 per porsie), die 1 kg aartappelverpakking (R.55 per porsie) asook rys (R.53 per porsie) baie vergelykbaar is. Die prys per porsie vir die 1 kg los aartappels is heelwat duurder teen R1.7 per porsie. Volgens die BFAP Mieliebedryfsmodel neem die witmielie produsentepryse sowat drie maande om deur te werk na hoër verbruikerspryse ( n drie maande vertraging). Die hoë mieliepryse vanaf Desember en Januarie 216 begin dus eers in Maart 216 op die winkelrakke vertoon. Neem ook in ag dat rekordpryse sedert Januarie vanjaar is op aartappels van toepassing. Tabel 1 Kommoditeit Mieliemeel Brood Aartappels Rys Die grootte van die styselmark Porsie grootte (rou) met dieselfde voedingswaarde 25 gram 9 gram 11 gram 45 gram Porsiegrootte-inligting is bekom gedurende n nasionale opname wat deur Schönfeld, H.C. en Pretorius, B. in samewerking met Booyzen, A. van die Departement van Gesondheid gedoen is. Dit handel oor Riglyn 11 van die voorlopige weergawe van regulasies m.b.t. Labelling and Advertising of Foods (R429 van 29 Mei 214). Menslike verbruik van mielies (meestal in die vorm van mieliemeel) het oor die afgelope 15 jaar toegeneem, van 4.1 miljoen ton in 21 tot 4.7 miljoen ton in 215 (14.75% oor die 15 jaar periode), aldus Figuur 4. Die toename is egter gedryf deur bevolkingsgroei gesien die feit dat per capita verbruik oor dieselfde tydperk afgeneem het. Die per capita verbruik van koring het sterk toegeneem, met 33.62% oor die afgelope 15 jaar. Die verbruik van aartappels word in Figuur 4 as 'n persentasie van die totale styselverbruik in Suid-Afrika uitgedruk. Aartappelverbruik het met 67.57% gestyg van 1.28 miljoen ton in 21 tot 2.16 miljoen ton in 215. Die per capita verbruik het oor die afgelope 15 jaar gestyg en was in 215 39.6 kg per persoon per jaar. Suid-Afrika produseer geen rys nie en is totaal afhanklik van invoere. Die per capita rysverbruik was oor die afgelope 15 jaar redelik konstant en was in 215 18.5 kg. C Page 48 CHIPS Mei/Junie 216