SOUTH AFRICAN BIATHLON ASSOCIATION SUID-AFRIKAANSE TWEEKAMP VERENIGING

Similar documents
Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

LAERSKOOL SAAMTREK. GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRIMêRE SKOOL LAERSKOOL SAAMTREK

SWD TWEEKAMP BIATHLON

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

G/ Volgende hersien datum: Algemeen

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES

Courses for March 2012

SPELERS MET GESTREMDHEDE

Daniël en die Leeukuil

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Geregistreer ingevolge Wet nr.46 van 1926 Registered in terms of Act no 46 of 1926

Kennisgewing van die ALGEMENE JAARVERGADERING. Suidwes Beherend (RF) Eiendoms Beperk 21 September 2016

Government Gazette Staatskoerant

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

PAARL RANGERS. Paarl Rangers Rugby-Voetbal Klub Gestig (1914) Grondwet en Reglimente Geamendemeer op 28 Oktober 2015

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

E-Klas handleiding Studente

Die wonder van water *

GRONDWET VAN DIE DRAKENSTEIN SAKEKAMER

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN DIE TYGERBERG TAK VAN DIE FIA SOOS GEHOU 5 NOVEMBER 2010 BY LA MASSERIA RESTAURANT VAN 11:15 TOT 13:00

HOëRSKOOL PORTERVILLE

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

AGRI NOORD-KAAP GRONDWET

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

SASOLBURG NEWSFLASH. Voorsitter se kommentaar / Chairman s. In This Issue / In Hierdie Uitgawe

Musiek: Toets jou kennis *

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Appendix 12. General Correspondence with Interested and Affected Parties

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag


Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Hoërskool Roodepoort

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT: PROPOSED BRINE AND GROUNDWATER TREATMENT WORKS AT TUTUKA POWER STATION, MPUMALANGA

AURORA PRIVAAT STUDENTE ORGANISASIE GRONDWET

Nuusbrief. Voorwoord. Volume 1 / Vryburg Skou. Regstelling op Vorige Nuusbrief

THE ASSOCIATION OF MUNICIPAL ELECTRICITY UNDERTAKINGS (SOUTHERN AFRICA) DIE VERENIGING VAN MUNISIPALE ELEKTRISITEITSONDERNEMINGS (SUIDELIKE AFRIKA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE NORTHERN CAPE PROVINCE

TrumpetNet, 31 May 2007

Safari and Outdoor WP OPE 2015 Waaihoek, Goudini, Weskaap

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Wat is vaskulêre demensie?

Hoe kom ek op die webwerf? Besoek die Sanlam Aftreefondsweb by

Speel met battery elektrisiteit *

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Voorstel aan die Kerkraad in opdrag van die Kerkraad rakende Engelse Dienste Aangewysde ouderlinge en Register van besoekers in die erediens

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

Nuusbrief Junie / Julie 2017

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Inligtingkunde/Information Science INL 220

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Digitale Produkte. Katalogus

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

2011 SOUTH AFRICAN JUNIOR CHESS CHAMPIONSHIPS. Organized by Nelson Mandela Bay Chess Union Under the auspices of Chess South Africa (CHESSA)

GRADE 10 / GRAAD 10 NOVEMBER 2015 ENGINEERING GRAPHICS & DESIGN TOTAL / TOTAAL INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP PAPER 2 / VRAESTEL 2

PROVINSIALE AFDELING) PATRICK ~~Bl~-A BALEKL\. EN 21 ANDER

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

Die wind as bron van energie *

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

AANSOEK OM LIDMAATSKAP STUDENTE 2015

2 8/2016. Discipline is the bridge between goals and accomplishment. -Jim Rohn*

LAERSKOOL SAAMTREK GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

DIE REPUBLIEK VAN HELDERBERG: GRONDWET

Een gesertifiseerde kopie van elk van die volgende dokumente moet aangeheg wees indien van toepassing: Geslag. ID Nommer. Nasionaliteit.

Transcription:

SOUTH AFRICAN BIATHLON ASSOCIATION SUID-AFRIKAANSE TWEEKAMP VERENIGING 20 VAN SCHALKWYK STREET, UNIVERSITAS, BLOEMFONTEIN, 9301 SOUTH AFRICA TEL/FAX: +27 51 525 2180; e-mail: dsat-bfn@iafrica.com 2015 ANNUAL GENERAL MEETING ALGEMENE JAARVERGADERING 2015 AGENDA 03/04/2015 @ 19:30 in Die Stal at the Jannie Marais Club House on the Stellenbosch University sports grounds, Stellenbosch. 1. Opening and welcoming / Opening en verwelkoming 2. Attendance Register / Presensie 3. The scrutiny of the delegates credentials / Die bevestiging van die afgevaardigdes se geloofsbriewe 4. Reading of the notice convening the AGM / Lees van die kennisgewing wat die AJV belê 5. Submission and adoption of the minutes of the previous AGM / Voorlegging en bekragtiging van die notule van die vorige AJV 6. Submission, discussion and adoption of the President s Annual Report / Voorlegging, bespreking en aanvaarding van die President se Jaarverslag 7. Submission, approval and adoption of the Financial Statement / Voorlegging, goedkeuring en aanvaarding van die Finansiële Verslag 8. Motions / Mosies 9. Discussions / Besprekings 10. Election of the office bearers of the Association and additional members of the Executive Committee for the ensuing year / Verkiesing van die beamptes van die Vereniging en bykomstige gekose lede van die Uitvoerende Bestuur vir die daaropvolgende jaar 11. Election of Honorary Members / Verkiesing van Erelede 12. Election of a Selection Committee of three (3) members / Verkiesing van n Keurkomitee van drie (3) lede 13. Appointment of Honorary Auditors for the next financial term / Aanstelling van Ere-ouditeure vir die volgende finansiële termyn 14. Date and Venue of the next annual championships as well as Interprovincial Meetings / Datum en plek van die volgende jaarlikse kampioenskappe sowel as Interprovinsiale byeenkomste. 15. Conclusion / Afsluiting B Swart B Swart B Swart B Swart A Blignaut-de Waal

2 NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN DIE SA TWEEKAMP VERENIGING GEHOU OP VRYDAG, 4 APRIL 2014 OM 19:00 IN DIE RAADSAAL VAN DIE NOORDWES UNIVERSITEIT (PUK-KAMPUS HOOFGEBOU) IN POTCHEFSTROOM. 1. OPENING EN VERWELKOMING: Bryan Varrie opens with Scripture Reading and Prayer reminding us not to be concerned about tomorrow. Die President, Mnr Archie Markgraaff, verwelkom almal by sy eerste AJV as President van die SA Tweekampvereniging. Hy glo dat dit n aangename naweek sal wees en wens almal sterkte toe. 2. PRESENSIE: Die presensielys word aangeheg. n Spesiale verskoning word aangebied vir regter Chris jansen, oud-president en tans Ere President, wat oppad na die SAs moes omdraai en hom terug Port Elizabeth toe moes haas weens sy eggenote se ongesteldheid. 3. DIE BEVESTIGING VAN DIE AFGEVAARDIGDES SE GELOOFSBRIEWE: Alle provinsies het hulle geloofsbriewe vooraf na die sekretaris gestuur bevestig deur Blackie Swart (BS). Dit word bevestig dat daar volgens die presensielys 32 stemgeregtigde lede teenwoordig is. 4. LEES VAN DIE KENNISGEWING WAT DIE AJV BELê: Die sekretaris, BS, lees die amptelike kennisgewing om die AJV te belê. Die vergaderingsprosedure word met n PowerPoint skyfievertoning vergesel wat al die belangrikste punte uitlig. 5. VOORLEGGING EN BEKRAGTIGING VAN DIE NOTULE VAN DIE AJV GEHOU OP DONDERDAG, 21 MAART 2013 OM 19:30 IN DIE CANGO CAVES OUDITORIUM IN OUDTSHOORN: Die notule word as gelees beskou en word deur die vergadering bekragtig voorgestel Ben Fourie, gesekondeer Marius Vorster. 6. VOORLEGGING, BESPREKING EN AANVAARDING VAN DIE PRESIDENT SE JAARVERSLAG: Archie Markgraaff (AM) lewer sy jaarverslag, soos wat ingebind is in die dokumente wat uitgedeel is. Die volgende aspekte word uitgelig: Die UB het twee vergaderings gehou. Die volle UB was teenwoordig in Port Elizabeth en die vergadering is gevolg deur n baie geslaagde Bosberaad. Daar sal n bespreking wees oor die probleem met atlete wat nie albei dissiplines voltooi nie. n Nuwe Tweekampwapen is in gebruik geneem. Portefeuljes is aan die UB lede toegeken.

3 Die Lottogeld is klaar aangewend en ontwikkeling sal op n ander manier voortgesit moet word. Daar sal weer probeer word om by SASCOC te affilieer. Die aantal provinsies kan vorentoe onder bespreking kom. Biathlo word nie meer amptelik beoefen nie behalwe waar provinsies self so wil doen. Daar is voorstelle vir bespreking aangaande swemreëls, o/15 seuns se tabelle, Meester Mans en - Dames se swemtye en regstelling van Klousule 9 van die tegniese reëls. Verskeie Interprovinsiale kompetisies is gehou. Provinsies moet beter ondersteuning gee, veral aan buurprovinies. Uitslae en n kort verslag moet ook aan die President gestuur word. n Paar provinsies is suksesvol met ontwikkeling. Dave vd Walt moet genader word vir hulp. Provinsies moet hule gelde betyds oorbetaal. Daar is n paar veranderings by sommige van die provinsiale besture. Daar was mooi groei van atlete in veral die Suidelike provinsies. Chris Jansen gaan help om die webblad op te gradeer. Dave vd Walt gaan die provinsies weer vra vir terugvoer vir SASCOC. Die verslag word aanvaar, voorgestel Daie Smit en gesekondeer Michael vd Walt. 7. VOORLEGGING, GOEDKEURING EN AANVAARDING VAN DIE FINANSIëLE VERSLAG: Die ouditverslag is weer kosteloos gedoen deur Questus soos verteenwoordig deur Hans Jonker. Hulle het hulle tevredenheid met die finansiële state uitgespreek. Ananda Blignaut de Waal doen verslag. Daar is R 88 000 in die Tweekamprekening waarvan R 26 000 van die Ontwikkelingsfonds is. n Bedrag van ongeveer R8000 is eers na die einde van die finansiële jaar vanaf provinsies ontvang vir betalings vir die 2013/2014 Finansiële jaar wat nog bygevoeg moet word. Die uitgawes is R63 000. Met die addisionele inkomste moet die netto verlies R4000 wees. Die laaste bladsy dui aan dat die rekenkundige beleid op n kontantbasis berus en dat alle betalings eers goedgekeur moet word. Die finansiële verslag word aanvaar: voorgestel: Marius Vorster en gesekondeer: Almari Visser.

4 8. MOSIES: Die volgende mosies word deur voorgestel: 8.1 PUNTE VIR ATLETE WAT NIE BEIDE DISSIPLINES VOLTOOI NIE: (Voorgestel deur die SA Bestuur): Wanneer n deelnemer net aan een dissipline deelneem (non-finisher) sal geen punte vir die ouderdomsgroep of spankompetisie tel nie. Algemeen aanvaar. Voorgestel: Marius Vorster, gesekondeer Dave vd Walt. 8.2 ONTWIKKELINGSATLETE (Voorgestel deur die SA Bestuur): Aangesien daar in die toekoms nie meer Lottogeld gaan wees vir n Ontwikkelingspan nie, word voorgestel dat daar atlete van kleur addisioneel per Provinsie ingesluit word vir die SA Kampioenskappe waarvan n maksimum van drie (3) se punte dan as n bonuspunt bygetel word vir die spankompetisies. Hierdie getal kan jaarliks aangepas word totdat vyf se punte dan as n bonuspunt bygetel word. (Indien hierdie aanvaar word, sal die rekenaarprogram en reëls dienooreenkomstig aangepas word.) Hierdie ontlok n goeie debat. Afgevaardigdes voel dat n punt van 1800 ook deur ontwikkelingsatlete gehandhaaf moet word. Daar kan ook van die ontwikkelinsplan eerder by Interprovinsiale kompetisies gebruik gemaak word. Daar word besluit dat provinsies voorstelle moet deurgee vir ontwikkeling wat dan deur die UB bespreek moet word en n plan uitgwerk moet word. Die saak word terugverwys na die UB. 8.3 BIATHLO: (Voorgestel deur die SA Bestuur): Daar word voorgestel om nie meer voort te gaan met Biathlo nie. Daar sal dus nie meer n SA Biathlo Kampioenskappe aangebied word nie. Dit staan egter enige provinsie vry om dit aan te bied by sy Interprovinsiaal. Dit sal egter nie meer nie meer deel van die SA Tweekampkampioenskappe wees nie. Algemeen aanvaar. 8.4 SWEMREËLS EN KLERE 8.4.1 OP stel die volgende mosie: Dit word in die Tegniese Reëls uitgestippel dat die FINA swemdrag n vereiste is. Tydens die Kangogrotte Interprovinsiaal is daar deur sommige senior rolspelers aangedring dat FINA swemreëls geld. Hier kan genoem word pleisters, horlosies, enkel- of armband, ens. Dit veroorsaak verwarring onder almal, beamptes en atlete. Indien ons FINA swemreëls wil toepas moet dit die volle pakket, of duidelike skriftelike uiteensetting van die relevante gedeeltes daarvan wees.

5 Tydens byeenkomste moet bestuur/appélkomitee ook verseker dat n skriftelike of elektroniese afskrif van die tegniese reels vir verwysing beskikbaar is. Terwyl die eerste item hierbo ingedagte gehou moet word met bepaling van SA Kampioenskappe, word dit hiermee versoek dat daar tydens SA AJV besluit word omtrent item twee, sodoende met die nuwe seisoen daarvolgens byeenkomste aan te bied. 8.4.2 Na aanleiding van besprekingspunte ontvang vanaf provinsies, word die volgende deur die SA UB voorgestel (ook as aanpassing van OP se mosie): SWEMREËLS: Die volgende reëls word voorgestel (FINA en aangepas): Swimming: Start Starter first whistle stand behind blocks Starter second whistle swimmers onto blocks Take your marks Blow of whistle / Electronic bleep / Gun shot Swimming: Other When a swimmer jumps the start, 2 seconds penalty will be applied Only one swimming costume allowed No underwear except if part of costume - motivated exceptions prior to the event Only FINA-approved costumes allowed: No rings, bangles, wristbands, etc. allowed No plaster / strapping is allowed Overhead start means swimmer hangs on ropes ±3 meters back (always on swimmer s right-hand side) and wait for next race to start. Then exit pool on sides Final decision to be made by the Referee. Die volgende word na bespreking ook bevestig: Briewe om aansoek te doen vir spesiale gevalle i.v.m. swemklere moet al by die Bestuursvergadering ingedien word. Die finale besluit oor konsessies t.o.v. swemklere berus by die Skeidsregter (nie die Appèlraad nie). Enige besering tydens die byeenkoms waar pleisters benodig word, moet voor die swem begin uitgesorteer word (as opwarming sluit) met bevestiging van die amptelike Noodhulp. Die finale bewoording sal deur die UB gefinaliseer word. Mosie 8.4.1 word deur 8.4.2 ondervang: Mosie 8.4.2 met byvoegings Algemeen aanvaar.

6 8.5 HERSIENING VAN TABELLE: Die volgende veranderings aan die puntetabelle word deur die UB voorgestel: 8.5.1 Onder 15 Seuns Die Onder 15 Seuns se puntetabelle is onregverdig hoog en dit word voorgestel om soos volg verander te word: - Swem: 1000 punte vir 1min 16sek swem en - Hardloop: 7min 10sek. Griekwaland-Wes stel voor: dat die o/15 seuns se hardloop aangepas moet word en dat hulle 1500m moet hardloop om dit meer in lyn te bring met hulle fisiese vermoëns. Sodoende word hulle gewoond gemaak aan die sport se vereistes en is dit dieselfde as die ouderdom se atletiekafstand op skoolvlak. Dit word genoem dat die ontwikkeling van 800m na 1200m na 1500m meer natuurlik is en aanpas by die ontwikkelingsvlak van die atlete. Johan Ferreira noem dat hy by die Interprovinsiaal in Oudtshoorn n opname onder atlete gedoen het en dat al die o/15 atlete n voorkeur vir n 1500m aangedui het. Tydens stemming word die volgende voorstelle met n meerderheid van stemme aanvaar: Die hardloopafstand van die 0/15 seuns word verander na 1500m. Die voorstelle vir die punte vir die 1500m sal na provinsies gestuur word vir insette en afhandeling. Die swempunte van die 0/15 seuns word soos volg verander: 1000 punte vir 1min 16sek. n Nuwe rekord sal uitgewerk word. 8.5.2 Meester Mans en Dames Meester Mans en Dames se swemtye word soos volg voorgestel: - Mans verander na 40 sek. - Dames verander na 45 sek. Algemeen aanvaar. 8.5.3 Tegniese reëls Klousule 9 het n tikfout: Senior Dames 2000m moet wees 1000m. Algemeen aanvaar. 8.6 Toekomstige datums vir SA Kampioenskappe Oostelike Provinsie stel die volgende mosie voor: Dit word versoek dat SA bestuur en/of die Provinsie wat die byeenkoms aanbied, die SA atletiek datums ook ingedagte moet neem. Indien die datums bots, ontneem dit goeie atlete n geleentheid om aan SA s deel te neem. Met atletiek n internasionale sport, en Tweekamp wat gereeld deur opvoedkundige instellings nie die nodige erkenning kry nie, ontneem ons die byeenkoms en geaffekteerde atleet van die glorie wat verdien behoort te word.

7 Tydens bespreking word dit uitgewys dat tweekamp lank voor die tyd op datums besluit en die atletiek en swemdatums nie altyd betyds beskikbaar is nie. Tweekamp kyk ook altyd na beskikbaarheid van fassiliteite, paasnaweek en provinsie wat die SAs aanbied. Daar is ook verskillende kompetisies en ouderdomsgroepe vir swem en atletiek wat dit moeilik maak om n spesifieke datum wat almal pas in te werk. Die vergadering besluit dat die datum van die SAs aan die gasheerprovinsie oorgelaat word met bevestiging deur die UB met die versoek om alle faktore soos bo genoem in ag te neem. 9 BESPREKINGS 9.1 Portefeuljes vir Bestuurslede: Die UB stel die volgende portefeuljes vir UB-lede voor: A Finansies - Ananda Blignaut-de Waal. B Administrasie - Blackie Swart: vegaderings, agendas & korrespondensie. C Ontwikkeling en Bemarking: Dave van der Walt D Statistiek en kleure - Deon Velthuysen: Provinsiale se rekords en SA kleuretoekennings opdateer, Provisies se inligting insamel vir argiefdoeleindes; oorhandiging van kleure E Klere - Archie Markgraaff. F Tegniese reëls / Grondwet / Kompetisies - Johan van de Venter. G Rekenaar en program - Len Symington. H Webwerf - Chris Jansen, Ere-President: Spesiale pos om inligting op webwerf te orden, webwerf opdateer, statistieke nagaan. Die voorstel word goedgekeur. Regter Chris Jansen sal versoek word om dit as n Grondwetwysiging vir die volgende AJV voor te berei. 9.2 Bemarking en Borge Die vergadering word gevra om voorstelle te maak oor die Bemarking van Tweekamp en Werwing van Borge / borgskappe vir SA Tweekamp. Daar kan selfs oorweeg word om n spesifieke persoon of maatskappy daarvoor aan te stel of om n kundige te ko-opteer op die Bestuur. Provinsies word gevra om voorstelle te maak en deur te gee aan die UB vir bespreking by hulle volgende vergadering.

8 9.3 Tweekampwapen / logo n Opgedateerde Tweekampwapen (logo) is ontwerp met n nuwe briefhoof (sien bo) en sal elektronies aan alle provinsies beskibaar gemaak word. GENERAL SPECIFICATIONS: FONT: Tweekamp/Biathlon: Frutiger 5Cn Condensed; SA: Arial MT black, Regular COLOUR: PMS 342 CMYK (100, 0, 71, 43) RGB (0, 111, 81) 9.4 Griekwaland-Wes vra die volgende besprekings: Opvolg terugvoer na Uitvoerende Bestuur se Bosberaad Webwerf van SA Tweekamp Atlete wat SA Kleure verwerf meer blootstelling gee, SA Tweekamp se trots. Daar is n nuusbrief (Nuusbrief Nommer 3 gedateer 25 November 2013) deur die President aan al die Provinsies uitgestuur met al die besprekings van die UB se Bosberaad vervat. Van die besluite is in Mosies vervat wat vanaand gedien het. Hierdie nuusbrief is ook ingebind in die pakkie vergaderingsdokumente wat vanaand aan al die provinsies voorsien is. Die webwerf word deur Regter Chris Jansen opgedateer en lede wat onlangs die SA Tweekamp webwerf besoek het sou die veranderings en opdaterings gesien het. Provinsies word ook weereens versoek om hulle eie provinsiale webwerwe op datum te kry en te verbind ( link ) met die SA Webwerf. Daar sal gepoog word om SA Atlete meer blootstelling te gee deur bv. dat hulle voor moet loop in die optog by die amptelike opening. Die punt kan ook verwys word na die persoon / portefeulje wat oorweeg word as Bemarker / Bemarking. Dave vd Walt deel die vergadering mee dat Johan Windt by n galageleentheid van die Wes-Kaapse Departement van Kultuur en Sport op 13 Desember 2013 n Western Cape Legends Award ontvang het. Die vergadering wens hom geluk met hierdie toekenning uit erkenning vir sy groot bydrae tot Tweekamp. WP versoek dat daar gekyk moet word na erkenning vir atlete en administrateurs wat 10, 15, 20, 25 en 30+ jaar deelname aan Tweekamp het. Dit word aanvaar en na die UB verwys. 9.5 Ontwikkelingsverslag Dave vd Walt bespreek die Ontwikkelingsverslag soos wat ingebind is in die vergaderingstukke. Ontwikkeling is alreeds tydens die mosies bespreek en nuwe inisiatiewe sal dringend bespreek moet word.

9 10. VERKIESING VAN DIE BEAMPTES VAN DIE VERENIGING EN BYKOMSTIG GEKOSE LEDE VAN DIE UITVOERENDE BESTUUR: Daar is slegs meer as die vereiste aantal nominasies ontvang vir die Addisionele Lede, maar beide Bryan Varrie en Nic Soekoe versoek dat hulle nominasies onttrek word. Die volgende persone word dus onbestrede as Uitvoerende Bestuurslede van die SA Tweekampvereniging verkies: President: Vise-President: Sekretaris: Tesourier: Addisionele lede: Archie Markgraaff Dave van der Walt Blackie Swart Ananda Blignaut-de Waal Deon Velthuysen Len Symington Johan van de Venter 11. VERKIESING VAN ERELEDE: Ere-President: Chris Jansen Benoem en onbestrede verkies. Daar is n bespreking rondom die proses van verkiesing van erelede word n persoon eenmalig verkies of word sodanige persoon n lewenslange erelid / lewenslid? In hierdie veband word die naam van Les Cox, voormalige President en n voormalige Ere-President, ook genoem. Hierdie aspek word na die UB verwys vir bespreking en hantering met die moontlikheid om die Konstitusie aan te pas en reg te stel. 12. VERKIESING VAN N KEURKOMITEE VAN 3 LEDE: Keurkomitee: Len Symington Dave van der Walt Deon Velthuysen Onbestrede verkies. Marius Vorster wens alle Bestuurslede geluk met hulle verkiesing. 13. AANSTELLING VAN ERE-OUDITEURE VIR DIE VOLGENDE FINANSIëLE TERMYN: Questus Ingelyf, soos verteenwoordig deur Hans Jonker, word aanvaar as ouditeure.

10 14. AANSOEKE ONTVANG: DATUM EN PLEK VAN DIE VOLGENDE JAARLIKSE KAMPIOENSKAPPE SOWEL AS INTERPROVINSIALE BYEENKOMSTE: Die SA Kampioenskappe word in 2015 deur die Westelike Provinsie in Stellenbosch aangebied. Die SA Kampioenskappe in 2016 sal deur die Suid-Vrystaat in Bloemfontein aangebied word Die res van die seisoen se bepalings is soos volg: (sien onder) 15. AFSLUITING: Die President bedank Nic Soekoe en die reëlingskomitee vir die reëlings ten opsigte van die 2014 SA Kampioenskappe en wens almal n voorspoedige kompetisie toe. Die vergadering verdaag om 21:40. PRESIDENT. DATUM SEKRETARIS DATUM

11 BIATHLON Annual Programme for 2014, 2015, 2016: Inter Provincial Meetings and SA Championships (as on 04.04.2014) DATE of EVENT CODE VENUE HOST PROVINCE CONTACT 11 January 2014 Biathlon Nelspruit Mpumalanga See 1 M Stronkhorst 1 February 2014 Biathlon Oudtshoorn Kangogrotte (OP org) See 7 A van Olm 16 February 2014 Biathlon WITS Education Campus Central Gauteng See 4 W Viljoen 4 & 5 April 2014 Biathlon NW - Potchefstroom SA Championships See 12 N Soekoe 4 October 2014 Biathlon Bloemfontein Southern Free State See 6 11 October 2014 Biathlon Upington Noordwes-Kaap See 10 B Nieuwoudt 25 October 2014 Biathlon Port Elizabeth Eastern Province See 7 A van Olm 25 October 2014 Biathlon Pretoria Gauteng North See 5 J vd Venter 1 November 2014 Biathlon Kroonstad Noord-Vrystaat See 9 H Taylor 10 January 2015 Biathlon Nelspruit Mpumalanga See 1 M Stronkhorst 7 February 2015 Biathlon Oudtshoorn Cango Caves (WP org) See 11 M Vorster 18 February 2015 Biathlon WITS Education Campus Central Gauteng See 4 W Viljoen 3 & 4 April 2015 Biathlon WP - Stellenbosch SA Championships See 11 M Vorster 4 October 2015 Biathlon Bloemfontein Southern Free State See 6 10? October 2015 Biathlon Kimberley Griekwas See 8 F van Niekerk 24? October 2015 Biathlon Port Elizabeth Eastern Province See 7 A van Olm 24 October 2015 Biathlon Pretoria Gauteng North See 5 J vd Venter 7? November 2015 Biathlon Kroonstad Noord-Vrystaat See 9 H Taylor 9? January 2016 Biathlon Nelspruit Mpumalanga See 1 M Stronkhorst 6? February 2016 Biathlon Oudtshoorn Kangogrotte (Bol org) See 3 L Symington 13 February 2016 Biathlon WITS Education Campus Central Gauteng See 4 W Viljoen 2016 Biathlon SFS - Bloemfontein SA Championships See 6 (? = date not confirmed The host province must please confirm the final date) CONTACT DETAILS OF CHAIRPERSON OF PROVINCE / ORGANISING COMMITTEE: 1. MPUMALANGA BIATHLON ASSOCIATION Magda Stronkhorst Cell 082 575 278 e-mail mstronkhorst@lantic.net (to be changed to Jan Engelbrecht) 2. SOUTH WESTERN DISTRICTS BIATHLON ASSOCIATION Dave van der Walt Cell 082 7734 901 e-mail davesus@telkomsa.net 3. BOLAND BIATHLON ASSOCIATION Len Symington Cell 082 875 2257 e-mail symingtonl@pvbm.co.za; symingtons@adept.co.za 4. CENTRAL GAUTENG BIATHLON ASSOCIATION Wynand Viljoen Cell e-mail cgbiathlon@gmail.com; 5. GAUTENG NORTH BIATHLON ASSOCIATION Johan van de Venter Cell 083 268 2363 e-mail vdventer@mweb.co.za 6. SOUTHERN FREE STATE BIATHLON ASSOCIATION Archie Markgraaff Cell 082 5583 567 e-mail dsat-bfn@iafrica.com; fstweekamp@lantic.net 7. EASTERN PROVINCE BIATHLON ASSOCIATION Adriaan van Olm Cell 079 506 8911 e-mail chairman@epbiathlon.co.za 8. GRIEKWALAND-WES BIATHLON ASSOCIATION Frans van Niekerk Cell 083 271 7503 e-mail frans@pm4.co.za 9. NORTHERN FREE STATE BIATHLON ASSOCIATION Hendrik Taylor Cell 0824477869 e-mail hendriktaylor@yahoo.com 10. NORTH WEST CAPE BIATHLON ASSOCIATION Bennie Nieuwoudt Cell 072 822 2575 e-mail bennie.nieuwoudt@fnb.co.za 11. WESTERN PROVINCE BIATHLON ASSOCIATION Marius Vorster Cell 082 336 1575 e-mail wptweekamp@telkomsa.net 12. NORTH WEST PROVINCE BIATHLON ASS OCIATION Nic Soekoe Cell 084 048 7149 e-mail nicsoekoe1@gmail.com; rene.soekoe@dfc.discovery.co.za