MICHAL CORNELIUS FRANZ ODENDAAL N.O. LUXUS WEALTH MANAGEMENT (EDMS) BEPERK

Similar documents
OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA GORETE TEIXEIRA SUTIL N.O. AANGEHOOR OP: 29 NOVEMBER 2012 UITSPRAAK DEUR: VAN DER MERWE, R

VOORSLAG ONTWIKKELINGSKORPORASIE (EDMS) BPK RUIL 'N PLAAS (EIENDOMS) BEPERK

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling)

[1] Die applikant vra, in sy kennisgewing van mosie, vir die

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

JDG TRADING (EDMS)BEPERK UITSPRAAK

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA ABSA BANK BPK REGNR. 1986/004764/06

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

VRYSTAAT KOÖPERASIE BEPERK WESSEL GEORGE PRINCE WESSELS GELEWER OP: 18 FEBRUARIE 2010

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

BOUKONTRAK AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN. Die KONTRAKTEUR soos gedefinieer in die kontrak waarvan hierdie ooreenkoms Aanhangsel F is

Beslis, dat artikel 1 (1) van Wet 71 van 1969 van toepassing was en nie artikel 1 (1) van Wet 68 van 1957 nie.

KOOPOOREENKOMS THERESIA PARK

Daniël en die Leeukuil

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Saak Nr. : 5264/2006. In die saak tussen:

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. (Noord-KaapseAfdeling) ADRIAAN JACOB ADOLF JONKER EERSTE APPLIKANT ZACHRIA ELIZABETH JONKER TWEEDE APPLIKANT

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID- AFRIKA

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (APPèLAFDELING) APPELLANT. Coram: Wessels AR, Potgieter AR, Jansen AR, Trollip AR en Muller AR UITSPRAAK

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

TrumpetNet, 31 May 2007

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WILLEM STEPHANUS VAN ZYL

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA VOORTREKKER APTEEK BK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (NOORDKAAPSE AFDELING) Appèl Nr. : A412/2007 In die saak tussen: ESIAS ENGELBERTUS MEYER

OPBERGINGSOOREENKOMS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

Nuusbrief Junie / Julie 2017

Government Gazette Staatskoerant

LAERSKOOL SAAMTREK. GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRIMêRE SKOOL LAERSKOOL SAAMTREK

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

KAMMAGAS MYNBOU (EDMS) BEPERK

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE DIE MULTILATERALE MOTORVOERTUIG-

/Af KENNISGEWING AAN GETUIE OM DIE POLISIE VAN SY/HAAR ADRES OP HOOGTE TE HOU

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

UMZUMBE CHALETS AANDELEBLOK (EDMS) BPK

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

MOOIBERGE EIENAARSVERENIGING PAARL GRONDWET

DIE VOORDEELVEREISTE IN DIE SUID-AFRIKAANSE INSOLVENSIEREG. deur. Retha du Plessis

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (APPèLAFDELING) V NOORDKAAPLANDSE AARTAPPELKERNMOERKWEKERS KOÖPERASIE BPK RESPONDENT

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Die wind as bron van energie *

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

# 2002 Universiteit van Suid-Afrika. Hersiene uitgawe Alle regte voorbehou

Wat is vaskulêre demensie?

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

Speel met battery elektrisiteit *

Die wonder van water *

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

DEPARTEMENT REKENINGKUNDE FINALE ASSESSERINGSGELEENTHEID NOVEMBER 2015 BELASTING 300/BCTA

Kennisgewing van die ALGEMENE JAARVERGADERING. Suidwes Beherend (RF) Eiendoms Beperk 21 September 2016

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

VERBLYFREGTE. Wet Op Uitbreiding Van Sekerheid Van Verblyfreg (wet 62 / 1997) Extension Of Security Of Tenure Act = ESTA

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

AANBOD VIR DIE VERKRYGING VAN N REG TOT UITBREIDING - DEELTITELSKEMA

GRONDSLAGFASE (GRAAD R TOT 3) REGISTRASIEVORM

AGRI VOEDSEL. AGRI VOEDSEL BEPERK (In die Republiek van Suid-Afrika geïnkorporeer) (Registrasienommer 2007/015880/06) ("AVL" of "die Maatskappy")

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Wat is elektrisiteit? *

ALGEMEEN GELDENDE KLOUSULE

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

PROVINSIALE AFDELING) PATRICK ~~Bl~-A BALEKL\. EN 21 ANDER

STATUTERE BESKERMING VAN DIE VOORDEELTREKKENDE AANDEELHOUER IN DIE SUID-AFRIKAANSE MAATSKAPPYEREG. deur FREDERIK ANTON DE BRUYN

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

FPSA RAADS EKSAMEN. Examination date/eksamendatum: 19 NOVEMBER :00 13:15 (4 hours/ure 15 min) Total marks/totale punte: 150

HERSIENE REGLEMENT. van die GKSA PREDIKANTE PENSIOENFONDS

ARBITRASIE-REËLS VAN DIE AFRIKAANSE ARBITRASIE-GENOOTSKAP

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

N ARBEIDSREGTELIKE PERSPEKTIEF OP DIE ONGURE KONTRAK VAN KYLIE

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

MALHERBE RP MALHERBE RP. Applikant verhuur aan respondent twee plase en n hoeveelheid. skape ingevolge n skriftelike huurkontrak (aanhangsel PCM1 tot

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING


Een gesertifiseerde kopie van elk van die volgende dokumente moet aangeheg wees indien van toepassing: Geslag. ID Nommer. Nasionaliteit.

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

in Maartmaand, sou u daarvan onthou? -- dit sal ek onthou. En daar is ook getuienis hier dat indien n persoon nota's

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

University Of Pretoria

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Die boek Job en lyding

LAERSKOOL HELDERKRUIN

GRONDWET VAN DIE DRAKENSTEIN SAKEKAMER

Transcription:

VRYSTAAT HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA In die saak tussen: Saak Nr.: 760/2009 MICHAL CORNELIUS FRANZ ODENDAAL N.O. Applikant en LUXUS WEALTH MANAGEMENT (EDMS) BEPERK Respondent CORAM: VAN DER MERWE, R UITSPRAAK: VAN DER MERWE, R AANGEHOOR OP: 11 JUNIE 2009 GELEWER OP: 18 JUNIE 2009 [1] Hierdie is n aansoek om die voorlopige likwidasie van die respondentmaatskappy. Die applikant is die behoorlik aangestelde eksekuteur in die boedel van wyle Coenraad Frederik van Tonder ( die oorledene ), wie op 30 Mei 2008 gesterf het. [2] Op 21 Junie 2007 het die oorledene n belegging in die bedrag van R320 000,00 by die respondent gemaak. Die belegging se struktuur was dat kragtens n skriftelike

2 ooreenkoms op daardie datum aangegaan, die oorledene die bedrag van R320 000,00 aan die respondent geleen het op die terme en voorwaardes daarin vervat ( die leningsooreenkoms ). Ingevolge die bepalings van die leningsooreenkoms het dit in aanvang geneem op die datum van ondertekening daarvan en sou dit voortbestaan vir n tydperk van 5 jaar, waarna die leningsbedrag opeisbaar en betaalbaar sou wees op die 15de dag van die 60ste maand na datum van ondertekening van die ooreenkoms. Rente bereken teen 1% per maand sou ingevolge die leningsooreenkoms maandeliks deur die respondent aan die oorledene betaal word. Klousules 7.4 en 8.1 van die leningsooreenkoms bepaal soos volg: 7.4 Sou die Belegger tydens die bestaan van hierdie leningsooreenkoms te sterwe kom, sal OWM die leningsbedrag aan die eksekuteur van die Belegger se bestorwe boedel betaal en sal hierdie ooreenkoms by noodwendige implikasie tot n einde kom.... 8.1 Die partye bevestig dat hierdie ooreenkoms die hele ooreenkoms tussen hulle bevat en dat geen toevoeging daartoe of wysiging van die ooreenkoms geldig sal wees

3 tensy dit op skrif gestel word en deur albei partye onderteken word nie. OWM verwys na die respondent. [3] By dieselfde geleentheid as die ondertekening van die leningsooreenkoms het die oorledene ook n verdere dokument onderteken. Die dokument, getitel AANSOEKVORM, verwys na die belegging in die bedrag R320 000,00 deur die oorledene by die respondent en bevat dan onder die opskrif VERKLARING VAN BEGUNSTIGDES die volgende: Hiermee verklaar ek dat die ondergenoemde individue benoem word as begunstigdes met my afsterwe. Die volle beleggingsbedrag moet dus aan hierdie begunstigdes uitbetaal word. Slegs Mev. A. J. van Tonder, toe die eggenote van die oorledene, is met aanduiding daarvan dat sy as volle begunstigde benoem word, aangedui is as n ondergenoemde individu.

4 [4] Dit blyk nie uit die stukke wat die verhouding tussen die oorledene en Mev van Tonder was ten tye van die afsterwe van die oorledene op 30 Mei 2008 nie. Wat wel duidelik is uit die stukke is dat beide die respondent en Mev van Tonder uit hoofde van die voormelde benoeming as begunstigde vir Mev van Tonder beskou het as die reghebbende ten opsigte van die beleggingsbedrag van R320 000,00. Dit blyk ook uit die stukke dat Mev van Tonder verkies het om die belegging op dieselfde terme by die respondent te behou en dat rente dienooreenkomstig aan Mev van Tonder betaal is. [5] Die partye voor my is dit eens dat die kernvraag by beslissing van die onderhawige aansoek is of die applikant locus standi het soos wat hy beweer, naamlik dat hy in sy hoedanigheid as eksekuteur van die boedel van die oorledene n skuldeiser van die respondent is omdat hy geregtig is om die gemelde bedrag van R320 000,00 van die respondent te vorder. Die partye is dit na my oordeel ook tereg eens dat die antwoord op hierdie vraag afhanklik daarvan is of die genoemde benoeming van Mev van Tonder as begunstigde regsgeldig is of nie. Indien die benoeming geldig is het die vordering nie deel gevorm van die boedel van die oorledene nie en het die

5 applikant geen reg daarop nie en derhalwe ook nie locus standi in hierdie aansoek nie. Indien die benoeming as begunstigde egter ongeldig is, is die applikant geregtig om te eis dat die respondent die bedrag van R320 000,00 aan die boedel van die oorledene betaal soos wat in hierdie aansoek aangevoer word deur die applikant. [6] Die partye is dit na my oordeel ook tereg eens dat die korrekte konstruksie van die benoeming van Mev van Tonder as begunstigde ten opsigte van die leningsbedrag is dat n ooreenkoms gesluit is tussen die oorledene en die respondent ingevolge waarvan die leningsbedrag by die afsterwe van die oorledene aan Mev van Tonder betaal moet word. Namens die applikant is op twee grondslae aangevoer dat hierdie ooreenkoms ( die benoemingsooreenkoms ) ongeldig of oneffektief is. Dit is eerstens namens die applikant aangevoer dat die benoemingsooreenkoms n wysiging van klousule 7.4 van die leningsooreenkoms daarstel wat geen regskrag het nie omdat dit nie voldoen aan klousule 8.1 van die leningsooreenkoms nie. Tweedens is aangevoer dat die benoemingsooreenkoms n ongeldige pactum successorium is.

6 [7] Dit kom my voor dat die bedoeling van klousule 7.4 van die leningsooreenkoms bloot was om te bepaal dat die leningsbedrag terugbetaalbaar sou word by die afsterwe van die oorledene voor die verstryking van die termyn van die leningsooreenkoms, wat andersins nie die geval sou wees nie. Na my oordeel was die bedoeling van klousule 7.4 dus nie om die oorledene te verhoed om op een of ander wyse die reg om die beleggingsbedrag by die afsterwe van die oorledene te ontvang, oor te dra nie. So gesien, het die benoemingsooreenkoms nie die effek dat die leningsooreenkoms gewysig word nie. [8] In BORMAN EN DE VOS, NNO EN 'N ANDER v POTGIETERSRUSSE TABAKKORPORASIE BPK EN 'N ANDER 1976 (3) SA 488 (A) op 501A B is die volgende definisie van n pactum successorium gegee: 'n Pactum successorium (of pactum de succedendo) is, kort gestel, 'n ooreenkoms waarin die partye die vererwing (successio) van die nalatenskap (of van 'n deel daarvan, of van 'n bepaalde saak wat deel daarvan uitmaak) van een of meer van die partye ná die dood (mortis causa) van die betrokke party of partye reël.

7 [9] Daar is twee redes waarom n pactum successorium as ongeldig beskou word en dit is eerstens dat deur so n ooreenkoms testeervryheid van n persoon aan bande gelê word en tweedens omdat daardeur n ontduiking plaasvind van die formaliteite wat vereis word vir n geldige testamentêre geskrif. Sien McALPINE v McALPINE NO AND OTHER 1997 (1) SA 736 (A) op 747E F. n Ooreenkoms ingevolge waarvan n reg op die bate van een persoon in n ander gevestig word voor die dood van die eersgenoemde persoon, al sou die genieting van daardie gevestigde reg uitgestel word tot na die dood van daardie persoon, meng nie met testeervryheid in nie. Dit is daarom nie n pactum successorium nie. Sien die McALPINE-saak, supra op 750C 752E waarin met goedkeuring aangehaal is uit die artikel Isolating the Pactum Successorium van Prof. Dale Hutchison in (1983) 100 SALJ op 221. Insgelyks lê n belofte om n bate mortis causa oor te dra wat eensydig herroepbaar is, ook nie testeervryheid aan bande nie. Sien EX PARTE: CALDER WOOD N.O.: IN RE: ESTATE WIXLEY 1981 (3) SA 727 (Z) op 735D G. Daarom sê Prof. Hutchison myns insiens tereg soos volg op p. 231 van die gemelde artikel:

8 a pactum successorium is an agreement which purports to limit a contracting party s freedom of testation by irrevocably binding him a post-mortem devolution of the right(s) to an asset in his estate. Maar soos blyk uit die voormelde, is n herroepbare belofte in n informele ooreenkoms om regte na dood te vestig, strydig met die formaliteite vereis vir n geldige verlyding van n testamentêre geskrif en om daardie rede nogtans ongeldig. Sien CORBETT, HOFMEYR AND KAHN, The Law of Succession in South Africa, 2de Uitgawe, bl 37 en 38. [10] Of ingevolge n ooreenkoms n reg inter vivos gevestig word, is natuurlik n kwessie van konstruksie. Daar is ook n vermoede ten gunste van inter vivos vestiging van regte. Na my oordeel het die onderhawige benoemingsooreenkoms slegs beoog om regte aan Mev van Tonder oor te dra na die dood van die oorledene. Na my oordeel is dit die gewone betekenis van die benoeming van n persoon ten opsigte van n bedrag geld verskuldig as gevolg van n lening, as n begunstigde met my afsterwe. Anders gestel, Mev van Tonder word met die afsterwe van die oorledene n

9 begunstigde en nie voor daardie tyd nie. Die oorledene het hom nie by wyse van die benoemingsooreenkoms voor sy dood ontdaan van enige regte met betrekking tot die leningsooreenkoms nie. [11] Daar is na my oordeel sterk aanduiding daarvan dat in terme van die benoemingsooreenkoms die benoeming van Mev van Tonder as begunstigde nie herroepbaar was nie. Die benoemingsooreenkoms self bevat geen sodanige reg op herroeping ten gunste van die oorledene nie. In so n geval, soos blyk uit EX PARTE: McINTOSH, NO, IN RE: ESTATE BARTON 1963 (3) SA 51 (N) op 57A D, sal die benoeming slegs herroepbaar wees indien dit bemaak is uit blote vrygewigheid of liefdadigheid ( sheer liberality or inspired solely by disinterested benevolence ). Soos gemeld, was die oorledene en Mev van Tonder ten tye van die benoemingsooreenkoms getroud. Volgens hul identiteitsnommers was die oorledene en Mev van Tonder op 21 Junie 2007 onderskeidelik net oor die 80 jaar oud en net oor die 60 jaar oud. Die oorledene het op 20 Junie 2006 n testament verly waarin hy al sy bates aan sy afstammelinge bemaak het en waarin daar geen bemaking aan Mev van

10 Tonder of die oorledene se eggenote gemaak is nie. Dit moet aanvaar word dat die oorledene ten tye van die aangaan van die leningsooreenkoms en benoemingsooreenkoms bewus was hiervan. Daar is gevolglik goeie rede om te glo dat die benoemingsooreenkoms aangegaan is nie uit blote vrygewigheid of welwillendheid nie, maar eerder uit erkenning van behoefte aan onderhoud aan die kant van Mev van Tonder. [12] Soos reeds gesê, selfs al was die benoeming eensydig herroepbaar deur die oorledene voor sy dood, was die werking en effek van die benoemingsooreenkoms egter steeds die beskikking oor n bate mortis causa, wat ongeldig is omdat dit nie voldoen aan die vereistes vir geldigheid van testamentêre geskrifte nie. [13] Ek kom dus tot die gevolgtrekking dat die benoemingsooreenkoms n ongeldige pactum successorium is. Derhalwe bevind ek dat die applikant geregtig is om die gemelde bedrag van die respondent te vorder en derhalwe as skuldeiser van die respondent locus standi het om hierdie aansoek te rig.

11 [14] Ek meen dat ek dit duidelik behoort te maak dat my bogemelde bevinding nie enige impak het op die alledaagse verskynsel van benoeming van begunstigdes ingevolge versekeringsooreenkomste nie. Dit is nie presies duidelik wat die rede is waarom n beding ten behoewe van n derde ingevolge waarvan n derde benoem is as begunstigde van die voordeel ingevolge n versekeringspolis, nie as n ongeldige pactum successorium beskou word nie. In die BORMAN-saak, supra is gesê dat waar premies wat op n versekeringspolis of iets dergeliks betaal word, tydens die lewe van die betaler afstand gedoen word van alle aanspraak wat hy op die geld het wat hy betaal het, en dat in daardie gevalle gesê kan word dat n bate van die persoon wat betaal het tydens sy lewe afgesonder en van sy boedel onttrek is. Op hierdie wyse word die geld wat aan die versekeringsmaatskappy of dergelike vereniging betaal is, die geld van die betrokke versekeringsmaatskappy of dergelike vereniging. Dit is ook min of meer die standpunt van Prof. Hutchison in sy gemelde artikel op p. 234, naamlik dat die betaling van die premies n vervreemding inter vivos is. Sien ook WILLE S Principles of South African Law, 8ste

12 Uitgawe, p. 434. In die minderheidsuitspraak van Nienaber AR in die McALPINE-saak, supra is op 756I gesê dat hierdie beredenering onoortuigend is en dat ongeag of die geld die eiendom is van die bydraer of van die entiteit wat dit administrateer en moet versprei by die dood van die bydraer, die betrokke ooreenkoms een van die partye verbind tot n post-mortem vervreemding van sy eiendom. Dit kom my voor dat in baie gevalle in die praktyk waar op die grondslag van n beding ten behoewe van n derde n persoon benoem word as begunstigde van voordele betaalbaar ingevolge n versekeringspolis by die dood van die polishouer, regte in die begunstigde vestig voor die dood van die polishouer deur die aanvaarding van benoeming. Dit is heeltemal moontlik om ingevolge n ooreenkoms dadelik regte op die opbrengs van n polis te vestig selfs indien die benoeming herroepbaar is en die regte eers geniet kan word by die dood van die polishouer. Hoe dit ook al sy, in die onderhawige geval is dit duidelik, na my oordeel, dat ingevolge die benoemingsooreenkoms geen regte in Mev van Tonder sou setel voor die dood van die oorledene nie.

13 [15] Mnr Grobler, namens die respondent, het na my oordeel tereg toegegee dat indien die applikant locus standi het, die aansoek moet slaag op die basis dat die respondent nie in staat is om sy skulde te betaal nie. Dit is gemeensaak dat n kennisgewing soos bedoel in artikel 345(1) van die Maatskappyewet, 61 van 1973 deur die balju afgelewer is by die geregistreerde kantoor van die respondent en dat die respondent nie daarop gereageer het nie. Gevolglik is die respondent regtens nie in staat om sy skuld te betaal nie, al sou die respondent se enigste aandeelhouer wat die opponerende verklaring hierin afgelê het, onbewus gewees het van die aanmaning. Daar is ook geen grondslag gelê waarop nogtans n diskresie uitgeoefen kan word om nie n likwidasiebevel te verleen nie. Dit is gevolglik ook onnodig om te beslis of dit boonop reg en billik is om n likwidasie bevel uit te reik op die basis dat dit voorkom dat die respondent op onwettige wyse deposito s van die publiek neem. [16] Gevolglik word n voorlopige likwidasiebevel verleen ooreenkomstig smeekbedes 1, 2, 3, 4, 5 en 6 van die kennisgewing van mosie, egter met wysiging van die keerdatum in smeekbede 2 na 30 Julie 2009.

14 C.H.G. VAN DER MERWE, R Namens die applikant: Adv. P. Zietsman In opdrag van: E G Cooper Majiedt Ing. BLOEMFONTEIN Namens die respondent: Adv. S. Grobler In opdrag van: Peyper Prokureurs Ingelyf BLOEMFONTEIN /em