Nuusbrief 22 Junie 2018

Similar documents
SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

Hoërskool Roodepoort

Tygienuus. 29 Maart 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Die wonder van water *

ADMATHS Die AdMaths leerders skryf Maandag, 21 Mei, hul halfjaarlikse eksamen hier by die skool. Tye is met

GEDAGTE VIR DIE DAG. Klim die berg sodat jy die wêreld kan sien en nie sodat die wêreld jou moet sien nie. (Anoniem) GELEENTHEID DATUM GRAAD/PLEK

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

2 8/2016. Discipline is the bridge between goals and accomplishment. -Jim Rohn*

Laerskool Jan van Riebeeck

Digitale Produkte. Katalogus

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

Omsendbrief 2/ Januarie Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur: Pen van die Hoof. Geagte ouers

Musiek: Toets jou kennis *

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Geloof klim teen die trappe op wat liefde gebou het en sien die toekoms deur n venster wat hoop oopgemaak het. Charles Haddon Spurgeon

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Nuusbrief Augustus / September 2017

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Trap versigtig wanneer jy hoop van mense weggeneem het. ~ Oliver Wendell Holmes ~

18 Mei Geagte Ouers

TrumpetNet, 31 May 2007

Soos n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel.

LAERSKOOL HELDERKRUIN

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

Uit die kantoor 2 6/2016. Autumn is a second spring when every leaf is a flower. -Albert Camus*

Wiskunde Olimpiade. 31 Maart Top Presteerder Charné van der Merwe in Graad 9 was ook een van ons Top Presteerders in 2016.

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Courses for March 2012

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

Die wind as bron van energie *

Nuusbrief Junie / Julie 2017

Daniël en die Leeukuil

Volgende Kruiner Klets verskyn op 24 Julie 2017.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Appendix 12. General Correspondence with Interested and Affected Parties

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

GEDAGTE VIR DIE DAG. Beauty isn t about having a pretty face, it s about having a pretty MIND, a pretty HEART and a pretty SOUL.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

AKADEMIE. Gr. 4 & 5: 5 tot 15 Junie; Gr. 6: 1 tot 15 Junie; en Gr. 7: 1 tot 19 Junie.

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 23 nr Mei 2016

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gelukkige Vrouedag

Vinkie. Laerskool Fairland

OOPDAG Neem asseblief kennis dat Laerskool Helderkruin se Oopdag op Saterdag 18 April tussen 09:00 en 11:00 plaasvind.

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Vinkie. Laerskool Fairland

Julie 2018

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Ek het altyd hoop. Al weet ek nie wat die toekoms inhou nie; weet ek in Wie se hande die toekoms is. E Stanley Jones

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Volgende Kruiner Klets verskyn op 22 Junie 2015.

What you cannot enforce, do not command. (Sophocles)

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Nuusbrief. Voorwoord. Volume 1 / Vryburg Skou. Regstelling op Vorige Nuusbrief

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Trap versigtig wanneer jy hoop van mense weggeneem het. Oliver Wendell Holmes

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: /7 Faks: E-Pos: Webblad:

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: /7 Faks: E-Pos: Webblad:

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

HOëRSKOOL D.F. MALHERBE

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

SIT DIE WIEL AAN DIE ROL!

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

OESFEES. Oktober 2016

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

Speel met battery elektrisiteit *

Menlo Weekliks Nr Augustus 2018

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Vinkie. Laerskool Fairland

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

Hoërskool P.J. Olivier

Nuustak Die grootse gevaar is nie dat ʼn mens misluk nie, maar dat jy tevrede kan wees met die tweede beste.

SASOLBURG NEWSFLASH. Voorsitter se kommentaar / Chairman s. In This Issue / In Hierdie Uitgawe

NUUSBRIEF 2/2017 SKOOLBEHEERLIGGAAM (SBL) AANGELEENTHEDE

VERWELKOMING DEUR BEHEERRAADSLEDE

HOËRSKOOL LUTZVILLE HIGH SCHOOL 6, LUTZVILLE, 8165 (027) (027) Aan alle OueRs

Ware barmhartigheid is dit: om alles, ja, alles, te doen wat ons kan.

DIE VOORTREKKERS BIED AAN... STOOMTREIN-UITSTAPPIE! (ALLE WOUWTJIES IS WELKOM!)

Geregistreer ingevolge Wet nr.46 van 1926 Registered in terms of Act no 46 of 1926

Transcription:

Nuusbrief 22 Junie 2018 1. Alle ouers word vriendelik uitgenooi na ons algemene oueraand op Maandag, 23 Julie 2018, om 18:00 in die skoolsaal. Baie belangrike inligting sal bespreek word en daarom vra ons dat ouers asseblief dit sal bywoon! 2. Intervensie afsprake sal in die tweede week van die derde kwartaal plaasvind. Die betrokke leerders het omsendbriewe in hul rapporte gekry met datums en tye. Dit is in belang van u kind, dat u wel hierdie afsprake sal nakom. 3. Ons wil graag die Graad 6-ouers vra om hul kind volgende kwartaal te ondersteun met die voorbereiding vir die sistemiese toetse wat September plaasvind. Hulle sal vraestelle kry om uit te werk. Ons waardeer u samewerking in die proses om die leerders voor te berei vir die nasionale sistemiese toetse. 4. Die goedgekeurde skoolkalender vir 2019 is as volg: Kwartaal Open Sluit Eerste 9 Januarie 2019 15 Maart 2019 Tweede 2 April 2019 14 Junie 2019 Derde 9 Julie 2019 20 September 2019 Vierde 1 Oktober 2019 4 Desember 2019 5. Op Saterdag, 2 Junie 2018, het Laerskool Olifantsvallei aan die Vredendal Sportdag deelgeneem. Baie geluk aan die volgende spanne met hul oorwinnings: Netbal: O/7A teen Calvinia (2 1) / teen Laerskool Vredendal (2 1) / teen Uitkyk Primêr (2 1) / teen Vredendal Noord (5 0) O/8 teen Calvinia (5 1) / teen Vredendal Noord (6 0) / teen TNJ van der Walt (3 0) O/9A teen Vredendal Noord (5 3) / teen Laerskool Vredendal (3 2) O/10 teen Calvinia (4 4) / teen Klawer (10 1) / teen Vredendal B (9 1) / teen Vredendal A (5 4) Rugby: O/7 teen Vredendal Noord (20 5) O/8 teen Vredendal Noord (25 0) / teen Calvinia (15 10) O/9 teen Hoërskool Calvinia(35 25) 6. Klasgemiddeldes vir kwartaal 2 is as volg: Graad 4 - Afrikaans (67%), Engels (66%), MSW (66%), Wiskunde (72%), LO (75%), Natuurwetenskap (71.4%); Graad 5 - Afrikaans (63%), Engels (57%), MSW (50%), Wiskunde (62%), LO (68%) Natuurwetenskap (64%); Graad 6 - Afrikaans (66%), Engels (57%), LO (74%), Wiskunde (63%), MSW (56%), Natuurwetenskap (69%) Graad 7 - Afrikaans (62%), Engels (64%), LO (67%), MSW (56%), Wiskunde (62%), Natuurwetenskap (59%), Kuns en Kultuur (62%), EBW (65%) en Tegnologie (75%).

7. Ons O/13-netbal en rugby gaan die naweek van 27-29 Julie 2018 na Lambertsbaai toer. Hulle speel die Vrydag en die Saterdag wedstryde. Ons sal nader aan die tyd 'n program aan die leerders deurgee en ook die bus se vertrektyd. 8. Laerskool Olifantsvallei wil graag betrokke raak by liefdadigheidsprojekte in ons dorp en daarom het ons besluit om fondse vir CARE in te samel. In die voorportaal sal houers geplaas word waar sakkies onbederfbare katte en hondekos in geplaas kan word. Verder sal daar R10-lootjie verkope wees, waar die gelukkige wenner n groot geskenkpak vol produkte kan wen. Die fondse sal beslis goed aangewend kan word so ons vra dat u asseblief hierdie projek sal ondersteun. n Opregte woord van dank aan mev. Elna Oosthuizen wat gister met ons leerders kom gesels het oor die versorging van ons diere. Onthou om seker te maak dat jul diere goed beskerm is teen die koue en dat hulle wel n skuilplek teen die weer het. 9. n Opregte woord van dank aan mev. Karlin Eloff wat aangebied het om n informele sanggroep by Laerskool Olifantsvallei te begin. Sodoende kan ons ons leerders aan meer kultuur-aktiwiteite blootstel. Indien u kind sou belangstel om deel van hierdie sanggroep te wees, vul asseblief die onderstaande strokie in en stuur asseblief terug skool toe aan die begin van die derde kwartaal. 10. Laerskool Olifantsvallei gaan ook nou drama-klasse op Dinsdae en Donderdae vanaf 15:00 tot 16:00 aanbied. Die eerste oudisies vind reeds op 17 en 20 Julie 2018 gedurende pouse plaas. Indien u meer inligting wil bekom, vul asseblief onderstaande strokie in en stuur terug skool toe. 11. Na ons meningsopname is daar besluit dat daar wel sport in skooltyd sal plaasvind. Sportoefening sal dus as volg plaasvind van kwartaal 3 af: NETBAL SPANNE: O/7 A en B Graad 1 2 (Dinsdae en Donderdae): O/8 A en B Sport periode: 12:00 13:00 (verdaag heel week 13:00) RUGBY SPANNE: Vrydae: O/7 (verdaag 12:20) O/8 Graad 3 7: Dinsdae en Donderdae: Sport periode: 13:00 14:00 (verdaag heel week 14:00) Vrydae: (verdaag 13:30) Maandae en Woensdae Skool verdaag om 14:00 (met ander woorde gewone periodes tot 14:00) Wiskunde Klub 14:00 15:00 Landloop 15:00 16:00 Tennis 16:30 17:30 (slegs tennisspan-spelers) NETBAL SPANNE: O/9 A en B O/10 A en B O/11 A en B O/12 A en B O/13 A en B (oefen tot 14:15) RUGBY SPANNE: O/9 O/11 O/13 (oefen tot 14:15) 12. Voorlopige datumlys vir kwartaal 3 & 4 : (Sportdatums is agter op Nuusbrief aangebring) Dinsdag (17/07/18) Skool heropen Saterdag (21/07/18) Soetes ensop -Dans Donderdag (09/08/18) Vrouedag Vrydag (10/08/18) Skole Vakansiedag Saterdag (11/08/18) Landloop te Citrusdal Saterdag (18/08/18) Rock & Roll - Aand Donderdag (23/08/18) Pikannini-Aand

Saterdag (15/09/18) Colour Run Maandag (24/09/18) Erfenisdag Wes-Boland Tennisproewe (3de ronde) Vrydag (28/09/18) Skool sluit Saterdag (29/09/18) Skoolverwisselingskamp tot 02/10/18 Dinsdag (09/10/18) Skool heropen Donderdag (18/10/18) LSO Kerskonsert Maandag (22/10/18) Begrotingsvergadering Dinsdag (30/10/18) Grondslagfase Prysuitdeling Donderdag (01/11/18) Laerskool Prysuitdeling Vrydag (02/11/18) Y-Africa Sport- en Akademie foto s Woensdag (28/11/18) Graad 3-Uitstappie Maandag (10/12/18) Graad 3-Oriëntering Woensdag (12/12/18) Skool sluit 13. Hierdie kwartaal was n besondere kulturele kwartaal. Ons leerders het pragtig presteer tydens die Eisteddfod en het as ware ambassadeurs, ons skool se naam hoog gehou. Baie dankie aan elke personeellid vir die afrigting en die ouers se positiewe bydraes. Ons wil aan die einde van die tweede kwartaal baie dankie sê aan al ons sportafrigters vir die moeite met ons sportspanne. U opofferings, geduld en tyd het beslis nie ongesiens verby gegaan nie. Baie dankie dat ons altyd op u positiewe gesindheid en lojaliteit kan staatmaak. Baie dankie aan al ons ouers vir u ondersteuning, positiewe insette en lojaliteit. Dankie vir al die bystand met projekte van ons skool, asook vir u ondersteuning in die klaskamer en op die sportvelde. Baie dankie aan die dames wat vir ons gedurende die kwartaal, in die plek van personeel in die klaskamers, met toesig gehelp het. Groot dank aan die OOV-bestuur, o.l.v. mev. Hanli van Zyl en mev. Tania van der Merwe, vir hulle belangrike taak met die organisasie van die OOV. Baie dankie aan die res van die OOV-bestuur en die klasverteenwoordigers vir al u harde werk gedurende die kwartaal. Aan die personeel, ons dank vir hul harde werk gedurende die afgelope kwartaal op sport-, kultuuren akademiese gebied. Baie dankie aan elke kollega vir sy/haar ondersteuning, harde werk in die klaskamer en die lang ure langs die sportvelde dit gaan nie ongesiens verby nie. Baie dankie aan ons sekretaresses, mevv. W. Vorster en E. Grobbelaar vir die vriendelikheid en eindelose geduld! Baie dankie ook aan Nico Thiart, Christina Cloete, Gert Snyers, Frans Fransman en Kerneels Swartz dat julle so mooi na ons skoolgebou en terrein kyk. Dankie dat ons elke oggend in n netjiese, skoon skool kan instap. n Opregte woord van dank ook aan ons koshuispersoneel wat met soveel liefde omsien na ons koshuis-leerders. Ons dank aan ons Hemelse Vader vir Sy genade en krag om ons taak as opvoerders na die beste van ons vermoë uit te voer. Ons hoop u geniet die tyd saam met u gesin. Indien u op reis gaan, ry asseblief versigtig. Vriendelike groete... J. HAMMAN SKOOLHOOF SKOOL HEROPEN OP 17 JULIE 2018 OM 07:30

Afskeurstrokie - Sanggroep My seun/dogter,..., Graad..., stel belang om deel van die informele sanggroep te wees. Kontakbesonderhede: Epos-adres...... Selfoonnr:... Ouer Handtekening Afskeurstrokie - Drama My seun/dogter,..., Graad..., stel belang om dramaklasse by te woon. Kontakbesonderhede: Epos-adres...... Selfoonnr:... Ouer Handtekening Laerskool Vredenburg Porterville Primêr Lambertsbaai Sportdag Wolseley Sportdag Laerskool Kenridge & Laerskool Gene Louw Interskole teen Augsburg Derde Kwartaal Voorlopige Sportprogram Watter spanne? Rugby: (O/7), O/8, O/9, O/11 en O/13 Netbal: O/7A, 0/8A, O/9A&B, O/10A&B, O/11A, O/12A en O/13A Rugby: (Spanne nog nie finaal nie) Netbal: (Spanne nog nie finaal nie) Netbal: O/13A Rugby: O/13 Rugby: O/7, O/9, O/11 en O/13 (sewes) Netbal: O/8A&B, O/9A&B, O/10A&B, O/11A, O/12A en O/13A&B Rugby: O/7 A&B, O/9, O/11 en O/13 Netbal: O/7A&B, 0/8A, O/9A&B, O/10A&B, O/11A, O/12A en O/13A&B (nog nie finaal nie) Rugby: O/7A&B, O/9, O/11 en O/13 Netbal: O/7A&B, 0/8A&B, O/9A&B, O/10A&B, O/11A, O/12A en O/13A&B (nog nie finaal nie) DATUM 21 Julie 26 Julie 27 29 Julie 4 Augstus 18 Augustus 25 Augustus