BOLAND OMGEWINGSKONSULTANTE CC OMGEWINGSIMPAKSTUDIE

Similar documents
Appendix 12. General Correspondence with Interested and Affected Parties

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT: PROPOSED BRINE AND GROUNDWATER TREATMENT WORKS AT TUTUKA POWER STATION, MPUMALANGA

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

Die wonder van water *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Die wind as bron van energie *

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

Speel met battery elektrisiteit *

TrumpetNet, 31 May 2007

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

Wat is elektrisiteit? *

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Daniël en die Leeukuil

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

E-Klas handleiding Studente

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting *

Government Gazette Staatskoerant

GRADE 10 / GRAAD 10 NOVEMBER 2015 ENGINEERING GRAPHICS & DESIGN TOTAL / TOTAAL INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP PAPER 2 / VRAESTEL 2

Wat is vaskulêre demensie?

AN INTEGRATED CONTINUOUS OUTPUT LINEAR POWER SENSOR USING HALL EFFECT VECTOR MULTIPLICATION

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Meghan van Wouw ( Christo Janse van Rensburg ( Blessing Buthelezi (

Digitale Produkte. Katalogus

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Nuusbrief Junie / Julie 2017

VOORGESTELDE UITBREIDING VAN TRANSNET SE BESTAANDE SPOORLYN EN VERWANTE INFRASTRUKTUUR VIR DIE UITVOER VAN MANGAANERTS IN DIE NOORD- EN OOS-KAAP

2. BORDUURWERK / EMBROIDERY

Inkomstestaat en balansstaat *

NAMPO Die datum van volgende jaar se NAMPO Oesdag is Dinsdag 15 tot Vrydag 18 Mei JOERNAAL 2012 / JOURNAL 2012

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Voorstel aan die Kerkraad in opdrag van die Kerkraad rakende Engelse Dienste Aangewysde ouderlinge en Register van besoekers in die erediens

PUBLIC MEETING ENVIRONMENTAL PROCESS

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

Nuusbrief Augustus / September 2017

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Plekwaardes van heelgetalle *

SAOU (Gauteng) SKOOLVERTEENWOORDIGERS Februarie 2016 KORTLYSVERGADERINGS EN ONDERHOUDE

AANSOEK OM LIDMAATSKAP STUDENTE 2015

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES

University Of Pretoria

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WILLEM STEPHANUS VAN ZYL

Musiek: Toets jou kennis *

Projekverwysing: PASA Verw: 12/3/318 ER. 11 Oktober 2106 VIR AANDAG: GRONDEIENAARS/BGP/STAATSDEPARTEMENT.

BELEID OOR KONFLIK VAN BELANGE

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding *

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

LAERSKOOL SAAMTREK. GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRIMêRE SKOOL LAERSKOOL SAAMTREK

SPELERS MET GESTREMDHEDE

Inligtingkunde/Information Science INL 220

ONDERSTEUNDE WERK ( SUPPORTED EMPLOYMENT ) VANUIT N GEMEENSKAPSKONTEKS Madri Engelbrecht (1998)

Rigting en kontoerlyne *

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES

Die ekologiese sisteem *

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

4-PROVINSIES WILDSBOEREDAG 20 APRIL 2018

Beleid oor byeenkomste, demonstrasies en betooglinievorming by die Noordwes-Universiteit

Meganiese Projek 478 Megatroniese Projek 478 Megatroniese Projek 488. Riglyne vir Projekvoorstelle

Geregistreer ingevolge Wet nr.46 van 1926 Registered in terms of Act no 46 of 1926

Die Skrum Gids. Die Definitiewe Gids tot Skrum: Die Reëls van die Spel. Julie Ontwikkel en volhou deur Ken Schwaber and Jeff Sutherland

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

SASOLBURG NEWSFLASH. Voorsitter se kommentaar / Chairman s. In This Issue / In Hierdie Uitgawe

Molatek - Gawie Gertenbach

i II IN PIS HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC 48 2/85 PRETORIA

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

Een gesertifiseerde kopie van elk van die volgende dokumente moet aangeheg wees indien van toepassing: Geslag. ID Nommer. Nasionaliteit.

Transcription:

y BOLAND OMGEWINGSKONSULTANTE CC OMGEWINGSIMPAKSTUDIE BEWERKING VAN NUWE GROND EN DIE KONSTRUKSIE VAN N DAM OP PLAAS MIIDELBURG (Vinkrivier) NO. 10/9, ROBERTSON, ASOOK N WATERPOMPSKEMA VANAF DIE BREëRIVIER. DEA&DP Verw. NO: E12/2/4/2-B1/11-1006/10 AGTERGROND-INLIGTINGSDOKUMENT MEI 2011 - MAY 2011 This document is also available in English DOEL VAN HIERDIE DOKUMENT Hierdie Agtergrond-inligtingsdokument (AID) stel Belangstellende en Belanghebbende Partye (B&BPe) voor aan die beplande wingerd ontwikkeling, dam en waterpompskema op die plaas Middelburg naby Robertson. Alle B&BPe word uitgenooi om deel te neem aan die omgewings-goedkeuringsproses deur vrae te vra en kommentaar/insae rakende die projek te lewer wat dan by die projek-dokumente ingesluit sal word. Buiten hierdie dokument sal projek-verslae beskikbaar gestel word aan geregistreerde B&BPe vir verdere insae gedurende verskillende stadiums van die proses. WIE IS Ñ B&BP? Enige lid van die publiek, groep persone of organisasie wat belang stel of deur die ontwikkeling geraak word. Om as B&BP te registreer en te bevestig dat kwessies of voorstelle gedokumenteer en ondersoek word, gebruik die aangehegde Registrasievrom, woon die Opedag by en/of lewer skriftelik kommentaar aan BolandEnviro. OPEDAG Dinsdag 24 Mei 2011, 16:00 18:00 by Cape Lime kalkfabriek (R60 Worcester-Robertson). Alle B&BPe word uitgenooi om enige goedvinde, besware of vrae rakende die voorgestelde ontwikkeling met die omgewingkonsultante te kom bespreek. n Projekaanbieding word gehou om 16:00 en 17:00. AGTERGROND EN KONTEKS Van Loveren PTY (LTD), hierna genoem die Aansoeker, stel voor om tot 370 ha grond te ontwikkel vir nuwe wingerd op die plaas Middelburg (Vinkrivier) Plaas No. 10, Ged. 9, Robertson, hierna genoem die Eiendom. Die landbouontwikkeling vereis die ontbossing van natuurlike Robertson Karoo plantegroei. Die Aansoeker stel ook voor om n dam op die Eiendom te bou vir besproeiingsdoeleindes en sal die nodige infrastruktuur ontwikkel vir n waterpompskema vanaf die Breërivier (Eilandia) oor drie ander eiendomme, tot by die dam op Middelburg (Vinkrivier). Die dam sal aanvanklik net 13 ha beslaan en sal in fases vergroot word tot n maksimum grootte van 34.5 ha (deur die damwal te verhoog). Die voorgestelde waterpompskema en daarmeegaande infrastruktuur word ontwerp vir n maksimum ontwikkelingskapasiteit van 1000 ha besproeiingsgrond, binne n area met n huidiglike lae landboupetensiaal as gevolg van n tekort aan water vir besproeiing. Die ontwikkeling sal die landboupotensiaal en ekonomiese lewensvatbaarheid van die Eiendom aansienlik verbeter. Dit sal ook intensiewe landbou ondersteun en toekomstige moontlike landbouontwikkeling in die omliggende area te weeg bring. Die dam en waterpompskema sal dus nie net deur die Aansoeker vir die landbouontwikkeling op die Eiendom gebruik word nie, maar ook deur omliggende eiendomme. Omliggende grondeienaars sal hul eie aansoeke vir lisensies vir water verbuik en omgewings-goedkeurings aansoeke fasiliteer. Boland Omgewingskonsultante (BolandEnviro) is aangestel om die Omgewings-impakstudie (OIS) vir die projek te behartig. Die eerste fasie van die OIS sal alle moontlike impakte (bio-fisiese, sosio-ekonomiese en kulturele erfenis) op die omgewing identifiseer d.m.v. n Bestekopname Fase Scoping Phase, wat ook insae van rolspelers en B&BPe insluit. Die tweede fase (OIS Fase) sal alle impakte evalueer en tesame met spesialis studies, omgewingsbestuurs- en versagtingsmaatreëls voorstel om negatiewe impate te verminder. Die voorlopige Bestekopname Verslag is tans beskikbaar vir n 40 dae kommentaarperiode: 10 Mei 18 Junie 2011. B&BPe kan die verslag besigtig by die Robertson Openbare Biblioteek, die BolandEnviro kantoor (74 Stockenstrom Str. Worcester), www.bolandenviro.co.za en by die opedag.

Plaas 10/9 Middelburg Figuur 1. Liggingskaart wat Middelburg (Vinkrivier) Plaas 10/9, Robertson en omliggende areas toon (1:250 000 Topo-kadasterkaart 3319). INFRASTRUKTUUR VAN DIE ONTWIKKELING Die voorgestelde landbouontwikkeling, dam en waterpompskema sluit die volgende in: Dam: n Dam sal in drie fases gebou word om stabilisering toe te laat en te toets vir lekasies. Grond materiaal vanuit die damkom sal gebruik word vir die wal. Pompstasie: n Pompstasie sal geinstalleer word op Plaas 466, Ged. 3 (Eilandia), direk langs die Breërivier. Die ontwerp van die pompstasie word gebaseer op n droeë pompput ( dry well ) met onderdompelde pomp inlaat ( flooded suction ). Die pomp-en motor stelle sal binne n 100 m 2 pomphuis ongeveer, 200 m vanaf die rivierwal geinstalleer word. Pyplyn: n Ondergrondse pyplyn sal gebou word om water vanaf die Breërivier tot by die dam te vervoer. Die ongeveer 7km pyplyn sal uit 2 gedeeltes bestaan. Die eerste deel is n 500 mm dik styglyn tot op die kruin van die randte noord van die pompstasie en Eilandia. Water sal hier in n drukbreekkas gestort word. Die tweede deel is n 450 mm gravitasielyn tot by die dam. Kraglyn: 1000 kva aansluitingspunt word by die pompstasie benodig. Geen geboue word tans op die Eiendom beplan nie. Bestaande toegangs- en interne paaie sal gebruik word duer die voorgestelde ontwikkeling. KWESSIES RAKENDE DIE PROJEK Die volgende moontlike kwessies / impakte is tot dusver in die Scoping Phase geidentifiseer: Fauna and flora: Die ontwikkeling behels die verwydering van n groot area natuurlike habitat en kan op area-spesifieke plant of dier spesies n impak hê. n Spesialis plantkundige studie sal in die OIS Fase onderneem word. Gespesialiseerde diere-habitatte soos waterstrome en randjies word by die ontwikkeling uitgesluit. Ekologiese prosesse: Sommige gedeeltes binne die beoogde areas vir nuwe wingerd vorm deel van Kritiese Biodiversiteits-Areas. Nie-standhoudende waterlope strek oor die Eiendom. Stormwater: Ontbossing van plantegroei sal die natuurlike terughou van stormwater beïnvloed. Groot areas mag blootgestel word aan sterker stormwater afloop tydens grond voorbereidings. Erosie: Ontbosde areas sal blootgestel wees aan erosie tydens grond voorbereiding. Versteuring tydens die installasie van die ondergrondse pyplyn kan erosie tot gevolg hê. Die installering van die pompstasie kan n negatiewe impak op die rivierwal / oewer hê. Waterbron: Landbouontwikkeling deur die Aansoeker en toekomstige ontwikkeling in die omliggende omgewing sal water benodig vanuit die Breërivier (Groter Brandvlei Staatswaterskema). Visueel: Die landbouontwikkeling en damwal sal vanaf die R60 sigbaar wees. Stof: Indien nie reg bestuur, kan stof sigbaarheid vir motoriste op die R60 belemmer tydens die konstruksie fase.

Geraas: Die ontwikkeling (dam en nuwe wingerd) sal grootliks plaasvind binne n groot onontwikkelde area landbougrond (geen beduidende geraas impak). Erfenisbronne: Die projek mag n impak hê op argeologiese oorblyfsels. n Argeologiese Impakstudie sal tydens die OIS Fase onderneem word. Sosio-ekonomies: Daar word oorhoofs n positiewe sosio-ekonomiese impak verwag. 1. R60 Robertson Road (Access Rd) 2. 1. Railway R60 Robertsonpad Line (toegang) 3. 2. Eskom Treinspoor power line 4. 3. Breede Eskom River kraglyn 5. 4. Pump Breërivier 6. Proposed Pipeline 5. Pomp 7. Proposed dam site 6. Location Pyplyn of Farm 10/9-7. S33 44.693, Dam E19 43.423 Prevailing Ligging van wind Plaas - SE & 10/9 NW S33 44.963, E19 43.423 Heersende wind: Somer SE, Winter NW 7 R60 6 Prison Zone Plaas 10/9 10/5 466/3 52/RE 1 2 3 4 5 Figuur 2. Liggingskaart (1: 50 000) van Plaas 10/9, Robertson en omliggende areas. Die eiendomme waaroor die pyplyn sal strek word ook aangedui. Dam Heuwels Agter-vinkrivier Buitenstekloof Randjie Droë lope Figuur 3. Satelietfoto wat die Eiendom grense aandui asook die Aansoeker se voorkeur teiken areas vir ontbossing en verbouing van nuwe wingerd (wit buitelyne). Die voorgestelde dam (noordwestelike hoek) word ook getoon.

WETGEWING Die Nasionale Omgewingsbestuurswet (Wet 107 van 1998), soos gewysig, en die Omgewingsimpakbepalingsregulasies van 2010 (GN R 543-547), identifiseer aktiwiteite wat `n potensiële nadelige effek op die omgewing kan hê. Sulke aktiwiteite vereis goedkeuring vanaf die relevante owerheid, gebasseer op n omgewingsimpakstudie voordat die ontwikkeling kan begin. Die voorgestelde ontwikkeling behels gelyste aktiwiteite in Skedule 1, 2 en 3 van die 2010 regulasies. n Volledige Bestekopname en Omgewingsimpakstudie word dus vereis, voordat omgewings-goedkeuring oorweeg kan word. Die ontwikkeling behels die volgende gelyste aktiwiteite: GN R544 No. 9, 11, 18, 41, 55 & 56; GN R545 No. 8, 16 & 19; GN R546 No. 12 & 13 DIE OIS PROSES Die omgewingimpakstudie word in die volgende drie fases onderneem: Fase 1: Aansoek (reeds afgehandel) Fase 2: Omgewings-bestekopname (word tans onderneem) Fase 3: Omgewingsim- Studie (sodra die Bestekopname-verslag en Studieplan deur die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning aanvaar is) ONS IS HIER (MEI 2011) Aansoekvorm Bestekopname Aanvanklike Publieke Deelname en Registrasie Voorlopige Bestekopname-verslag Finale Bestekopname-verslag Omgewingimpak-Studie (OIS) Spesialis Studies Voorlopige Omgewingsimpakverslag Finale Omgewingsimpak-verslag Inhandiging van OIS aan Owerheid Inhandiging van Finale Bestekopname-verslag en Studieplan aan Owerheid Figuur 4: Aansoek en Bestekopname-Proses Goedkeuring Figuur 5: Die OIS-Proses PUBLIEKE DEELNAME PROSES Publieke Deelname vorm n kardinale deel van die OIS Proses. Dit is dus belangrik dat relevante rolspelers en Belangstellende en Belanghebbende Partye (B&BPe) geidentifiseer word en betrokke raak by die Publieke Deelname Proses (PDP) vanaf die aanvang van die voorgestelde projek. Hierdie proses gee vir jou die geleentheid om oor die projek uit te vind, om kwessies / besware uit te lig en om insae te lewer wat die projek-voordele kan versterk. Insette wat van B&BPe ontvang word vorm n belangrike aspek van die OIS proses en sal die relevante owerhede steun met die besluitnemingsproses. Die voorlopige Bestekopname Verslag is tans beskikbaar vir kommentaar (40 dae). Skriftelike kommentaar / besware moet aan BolandEnviro gestuur word voor 18 Junie 2011. Boland Omgewingskonsultante, Posbus 250, Worcester, 6849 Tel: 023 347 0336, Faks: 023 347 5336, E-pos: comment@bolandenviro.co.za Alle kwessies geidentifiseer tydens die Bestekopname sal gedurende die OIS evaueer word. Neem asb. kennis dat verdere projek-inligting / verslae slegs aan geregistreerde B&BPe beskikbaar gestel sal word. Berg River

STEP 7: OMGEWINGSIMPAKSTUDIE BESTEKOPNAME FASE BEWERKING VAN NUWE GROND EN DIE KONSTRUKSIE VAN N DAM OP PLAAS MIIDELBURG (Vinkrivier) NO. 10/9, ROBERTSON, ASOOK N WATERPOMPSKEMA VANAF DIE BREëRIVIER. Record all comments, issues and concerns raised by I&APs within a Comment and Response Report, which will form an integral part of EIA Report; DEA&DP Verw. NO: E12/2/4/2-B1/11-1006/10 PUBLIEKE DEELNAME PROSES BELANGSTELLENDE EN BELANGHEBBENDE PARTYE REGISTRASIE VORM DATUM BESONDERHEDE VAN DIE PARTY: NAAM VERLANGDE KONTAKMETODE POSADRES WOONADRES POSKODE TELEFOON NOMMER SELFOON NOMMER POSKODE FAKS NOMMER E-POS ADRES WATTER BELANGE HET U IN DIE VOORGESTELDE ONTWIKKELING? LYS ENIGE KOMMENTAAR EN KWESSIES T.O.V. DIE VOORGESTELDE PROJEK: (u is welkom om addisionele bladsye te gebruik, indien nodig) GAAN U DIE PUBLIEKE VERGADERING BYWOON? Stuur vorm aan: JA: Getal addisionele bladsye: NEE: Mev. Johlene Krige Boland Omgewingskonsultante Posbus 250, Worcester, 6849 Tel: 023 347 0336 Faks: 023 347 5336 E-pos: comment@bolandenviro.co.za