GEDRAGSKODE - SKOOLREëLS EN REGULASIES

Similar documents
OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Daniël en die Leeukuil

Speel met battery elektrisiteit *

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Veldenvlei Primary School

LAERSKOOL HELDERKRUIN

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Die wonder van water *

GREY KOLLEGE BELEID TEN OPSIGTE VAN DWELMMIDDELS

nommer 1 Gedragskode vir ouers 3 2 Gedragskode en dissiplinêre prosedures 10 3 Dissipline Beleid 18 4 Dissiplinêre prosedure en gedragskode 24 5

LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK VERKORTE DISSIPLINÊRE BELEID

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

GEDRAGSKODE: LEERDERS

GEDRAGSKODE Alle leerders het die verantwoordelikheid om:

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

KROONSTAD HOëRSKOOL KOSHUISE

Gedragskode. Inleiding

Wat is elektrisiteit? *

Musiek: Toets jou kennis *

Die wind as bron van energie *

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Hoërskool Roodepoort

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

Prospektus Robertson Voorbereidingskool

laerskool darling GEDRAGSKODE CODE OF CONDUCT

TrumpetNet, 31 May 2007

GAUTENG DEPARTMENT VAN ONDERWYS

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

AANSOEK OM LIDMAATSKAP STUDENTE 2015

Gedragskode vir leerlinge van die Hoër Landbouskool Boland. Deel 1. Etiekkode

LAERSKOOL ROBERTSON INHOUDSOPGAWE GEDRAGSKODE VIR LEERDERS. Tel.: Faks: Epos:

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS VAN HOËRSKOOL MONTANA

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

HTS DANIEL PIENAAR GEDRAGSKODE 2015

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

LAERSKOOL RUSTENBURG

SAOU (Gauteng) SKOOLVERTEENWOORDIGERS Februarie 2016 KORTLYSVERGADERINGS EN ONDERHOUDE

LAERSKOOL SAAMTREK GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

Plekwaardes van heelgetalle *

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

E-Klas handleiding Studente

18 Mei Geagte Ouers

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

LAERSKOOL SAAMTREK. GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRIMêRE SKOOL LAERSKOOL SAAMTREK

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Pragtige Koningin Ester

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

1. VISIE VAN HOëRSKOOL DE KUILEN. n Strewe om n hoërskool met effektiewe en gehalte-onderrig. MISSIE VAN HOëRSKOOL DE KUILEN

SPELERS MET GESTREMDHEDE

Laerskool Wonderboom LEERDERAANWESIGHEIDSBELEID

Wat is vaskulêre demensie?

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION

LAERSKOOL HELDERKRUIN

HOËRSKOOL RICHARDSBAAI

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

BELEID OOR KONFLIK VAN BELANGE

Appendix 12. General Correspondence with Interested and Affected Parties

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

HOËRSKOOL SUID-NATAL P R O S P E K T U S 2015

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

HOËRSKOOL WONDERBOOM VEILIGHEID- EN SEKURITEITSBELEID

/Af KENNISGEWING AAN GETUIE OM DIE POLISIE VAN SY/HAAR ADRES OP HOOGTE TE HOU

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

Vorige skool: Van: Doopnaam: Noemnaam: Graad waarvoor ingeskryf word: Jaar: Inskrywingsdatum: Tyd: (h) (m) (s) Inskrywingsnommer:

Vorige skool: Van: Doopnaam: Noemnaam: Graad waarvoor ingeskryf word: Jaar: Inskrywingsdatum: Tyd: (h) (m) (s) Inskrywingsnommer:

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting *

PANORAMA PRIMARY BUITEMUURSE AKTIWITEITE

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Vrystaat (Bothaville).

HOËRSKOOL MONTANA INLIGTINGSTUK VIR NUWE LEERDERS

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

LAERSKOOL MOOIRIVIER PROSPEKTUS

Transcription:

GEDRAGSKODE - SKOOLREëLS EN REGULASIES Ouers en leerders moet asseblief kennis neem - Leerders moet reëls gehoorsaam. Onderhewig aan professionele oordeel van onderwysers. (STIPTELIKHEID WORD TEN ALLE TYE VEREIS) Missie Hierdie Gedragskode is ontwikkel deur die ouers, onderwysers en leerders van LAERSKOOL SABIE, om sodoende te verseker dat die kultuur van onderrig en leer kan inslag vind in ʼn ordelike en geskikte omgewing waartydens elke rolspeler homself ten doel stel om hulleself en die goeie naam van die skool uit te brei, en te bevorder. 1. Die doel van die gedragskode: 1.1 Die daarstelling van ʼn atmosfeer waar leer en onderrig op ʼn ordelike wyse kan plaasvind. 1.2 Om te verseker dat alle leerders van die skool die reg tot onderwys in ʼn veilige omgewing kan geniet. 1.3 Om alle rolspelers die geleentheid te bied om ʼn positiewe bydrae tot die leerproses te kan lewer. 1.4 Om opbouende inspraak te bevorder. 1.5 Om te verseker dat alle rolspelers met die nodige respek behandel word. 1.6 Die bevordering van ʼn kultuur van onderrig en leer deur die daarstelling van kwaliteit onderwys. 1.7 Die daarstelling van ʼn Erekode gebaseer op norme en waardes van die gemeenskap. 1.8 Om die ontwikkeling en onderhoud van skoolfasiliteite te bevorder. 1.9 Om respek te kweek vir die omgewing waarin ons werk en speel. 1.10 Ons, die leerders onderneem om: - God te dien, te vrees en te eer. - andere se reg om onderrig te ontvang te RESPEKTEER. - ons onderwysers te respekteer. - ons persoonlike higiëne en waardigheid te verhef/ te verhoog/ te bevorder. - andere se waardigheid en persoon te respekteer. - die skool se eer te beskerm en te respekteer. - die gemeenskap te dien. - altyd ons bes te doen en pligsgetrou te wees in die uitvoering van ons taak. - my eie en die teenoorgestelde geslag te respekteer. - te alle tye goeie maniere te handhaaf. - trots te wees en respek te toon teenoor ons land. - gereeld skool by te woon. - om die program van die skool te respekteer en betyds en stiptelik te wees. 2. Persoonlike optrede 2.1 ʼn Leerder moet altyd so optree dat die regte van andere om te leer gerespekteer sal word. 2.2 ʼn Leerder moet hom/haar te alle tye op n aanvaarbare manier gedra by die skool - hoflik wees, goed gemanierd en lojaal teenoor skool, onderwysers en maats. 2.3 Vuil taal, bakleiery en die dra van gevaarlike wapens en speelgoed by die skool of skoolaktiwiteite word nie toegelaat nie.

2.4 Kougom is verbode. 2.5 Afknouery, viktimisasie, intimidasie, belediging van andere is ontoelaatbaar. 2.6 Leerders moet alle klasse bywoon en leeglêery op speelgronde is ontoelaatbaar. 2.7 Leerders moet betyds wees vir skool. 2.8 Afwesighede moet opgevolg word deur ʼn brief van die ouers of dokter waarin redes verskaf word vir afwesigheid. 2.9 Lesse/Klasse mag nie deur swak gedrag onderbreek word nie. 2.10 Leerders moet altyd hoflik, hulpvaardig en lojaal teenoor die skool, onderwysers en maats wees. 2.11 Geen pornografie van watter aard ook al mag in jou besit wees of op die skoolterrein gebring word nie. 2.12 Leerders mag niks by die skool smous of verkoop vir eie gewin sonder toestemming nie. 3. Respek vir eiendom 3.1 Leerders moet respek hê vir skooleiendom asook vir mede leerders se eiendom. 3.2 ʼn Leerder mag nie steel nie. 3.3 Eiendom mag nie beskadig word nie. 3.4 Daar mag nie op mure, deure, vensters ens. gekrap, geskryf word nie.vandalisme word as ʼn ernstige oortreding beskou. 3.5 Leerders moet die skoolgeboue en fasiliteite oppas. 3.6 Leerders en ouers is verantwoordelik vir die herstel van enige skooleiendom wat leerders beskadig - dit sluit beskadigde handboeke, lêers in. 3.7 Die skoolgeboue en -terrein moet netjies gehou word. Alle papiere en rommel moet in die vullisblikke gegooi word. 3.8 Geen skooleiendom mag van die skoolgronde verwyder word sonder toestemming van die Hoof nie. 3.9 Leerders is verantwoordelik vir alle handboeke, mediaboeke en lêers aan hulle uitgereik. Leerders moet dit nie verniel nie en oortrek soos deur die onderwysers vereis. Elke leerder moet ʼn behoorlike, stewige skooltas hê om die boeke in te dra. Geen rugsakke/sakke wat nie boeke sal beskerm nie, word toegelaat nie. Alle boeke moet ingehandig word wanneer ʼn leerder verhuis of die skool verlaat asook aan die einde van die jaar. 3.10 Leerders behoort selfrespek te hê en daarom hulle hare versorg en netjies kam en netjies en trots op hulleself, hulle skool en skoolwerk wees. 4. Besoeke aan ander skole/plekke/opvoedkundige uitstappies 4.1 Ouers/voogde moet toestemmingsbriewe en vrywaringsbriewe teken en leerlinge moet dit by betrokke onderwysers/afrigter inhandig. 4.2 Gelde vir uitstappies moet vroegtydig inbetaal word. 4.3 Leerlinge se gedrag moet onberispelik wees in die bus en gedurende die uitstappies. 5. Veiligheid 5.1 Geen gevaarlike wapens van enige aard word op die skoolterrein toegelaat nie.indien ʼn leerder hom/haarself hieraan skuldig maak kan hy/sy geskors word. Dit word as ʼn ernstige oortreding beskou. 5.2 Aanranding, intimidasie, bakleiery by die skool is verbode. 5.3 Geen bendes of bendebedrywighede word toegelaat nie.

5.4 Rook en besit van sigarette op die skoolterrein is verbode. 5.5 Geen leerder mag enige dwelmmiddel of alkohol gebruik, verkoop of in sy besit hê by die skool nie. 5.6 Gevaarlike situasies/voorwerpe/plekke moet onder die hoof se aandag gebring word. 5.7 Geen troeteldiere of speelgoed mag sonder toestemming skool toe gebring word nie. (Dit sal gekonfiskeer word.) 5.8 Niemand mag op die stoepe, pawiljoene in die klaskamers of skoolsaal hardloop, skreeu, speel of klim nie. 5.9 Sodra die klok lui aan die begin van die skooldag of na pouses moet leerders dadelik ophou speel en raas en dadelik gaan aantree. 5.10 Sodra ʼn leerder op die skoolbus of skoolterrein kom, is hy/sy onder die skool se reëls, gesag en toesig. 5.11 Daar moet weggebly word van klaskamers, stoepe, kantoor en motors gedurende pouse en na skool - tensy onderwyser teenwoordig is. 5.12 Gehoorsaam die skoolleiers. Hulle is daar om te help. 5.13 Die skoolterrein mag nie verlaat word sonder toestemming van die Hoof nie. Ouers moet skriftelike toestemming gee dat ʼn leerder die terrein mag verlaat. 5.14 Afsprake met tand- of oogartse en/of dokters, moet sover moontlik buite skoolure gereël word. 5.15 Gevaarlike speletjies, klippe/voorwerpe gooi, vloekery, afknouery of bakleiery is verbode. 5.16 Seuns en meisies vanaf Gr 3 speel op aparte speelgronde. Seuns - rugbyvelde, meisies netbalbane tot by die naaste rugbypale, A-veld. Gr 3 seuns agter die verste rugbypale, B-veld. G1 en 2 seuns agter noordelike rygbypale op die B-veld. Gr 1 en 2 dogters by die klimrame en agter die Gr 1 klas, speel aan die westekant van die pad.geen spelery naby personeelkamer/ kantore. 5.17 Geen gespelery, gepeuter met brandslange, emmers met sand of brandblussers, elektriese toerusting of elektriese kragpunte, -skakelaars word toegelaat nie. 5.18 Tasse/sportsakke moet gedurende sportperiodes in afrigters se klasse gebêre word - nie op stoepe of buite of in kleedkamers nie. 5.19 Die skolierpatrollie moet gehoorsaam word en pad mag slegs oorgesteek word by voetoorgange. 6. Klaskamerreëls 6.1 Klaskamers moet te alle tye netjies en skoon gehou word. 6.2 Geen meubels/toerusting mag sonder toestemming verwyder word nie. 6.3 Geen speelgoed is toelaatbaar by die skool nie. 6.4 Onderwysers moet gerespekteer word. 6.5 Klasse mag nie sonder toestemming verlaat word nie. 6.6 Steel is verbode - leerders moet mekaar en onderwyser se eiendom uitlos en respekteer. 6.7 Alle leerders moet die onderwyser se reëls vir sy klas respekteer en eerbiedig. Enige reëls wat as onbillik beskou word moet deur die leerder met die hoof bespreek word. 6.8 Geen lesse mag op enige manier onderbreek/ontwrig word nie. 6.9 Leerders mag geensins sonder ń toestemmingskaartjie van die onderwyser tussen periodes rondbeweeg nie. 6.10 Geen selfone mag in die klasse gebruik word nie, moet by die kantoor ingehandig word.

7. Wisseling 7.1 Hou altyd links by wisseling. 7.2 Leerlinge stap agter mekaar en dwaal nie af of kuier langs die pad nie. Indien ʼn leerder langer as die toegelate 3 minute neem om by sy volgende klas/pouse te kom moet hy/sy gerekordeer word vir laat by klas. 7.3 Leerders mag nie tussen periodes ń badkamer sonder die toestemming van ʼn onderwyser besoek nie, kaart moet te alle tye gedra word. 7.4 Neem die voorgeskrewe pad na die volgende klas. 7.5 Geen leerling mag gedurende pouse, toesig of voor skool in die klaskamers wees nie. 7.6 Tasse word netjies agtermekaar tussen pilare geplaas op die grondvloer en teen die muur as dit op die boonste vloere is. Leerlinge moet voor skool hul tasse plaas by die klas waarheen hulle na opening/registerklas gaan. 7.7 Geen leerling mag tussen periodes sonder n kaart van ʼn onderwyser rondbeweeg nie en meer as 1 leerder mag nie terselfdertyd uit ʼn klas wees nie. 7.8 Geen balspele of etery tussen die geboue of met wisseling sal toegelaat word nie. 8. Saalopening 8.1 Saalopening is op geskeduleerde Maandae om 07:20. 8.2 Fases tree op verskillende aantreeblokke aan; klasonderwyser vergesel klas in saal in en sit by sy/haar klas. 8.3 Leerders beweeg stil, onder toesig van die bestuurskomitee en personeel, in die saal in. 8.4 Leerders bly stil in die saal. 8.5 Na saalopening beweeg leerders in rye na hulle klasse toe. 9. Skoolfunksies 9.1 Almal moet betyds opdaag. Reg van toegang is voorbehou. 9.2 Niemand mag die terrein verlaat gedurende saalfunksies nie. Indien n leerder die terrein verlaat, mag hy/sy nie terugkom nie. 9.3 Niemand mag die saal verlaat sonder toestemming gedurende 'n toedeurfunksie nie. 9.4 Alle skoolfunksies en sportbyeenkomste word in skooldrag bygewoon tensy anders vermeld. 9.5 Gr 7 leerlinge, rade en vrywilligers bly om te help met die opruim van die terrein. 9.6 Gedrag van leerlinge moet altyd onberispelik wees. 9.7 Bywoning is onderhewig aan kriteria. 10. Skooldrag Alle skooldragreëls geld ook wanneer die terrein verlaat word. ʼn Leerder moet onthou dat hy/sy die skool verteenwoordig as hy/sy skooldrag aan het ALLE SKOOLKLERE MOET DUIDELIK GEMERK WEES!!!!!! Seuns: Somer: Grys broek, grys hemp en grys skoolkouse, swart skoolskoene (met skoenveters) of kaalvoet. (Winterdrag mag slegs op koue dae gedra word) Winter: 1. Volledige skoolsweetpak met die amptelike sporthemp en sport tekkies.

2. Sweetpakbaadjie/ Drimac /Skoollangmoutrui, grys hemp, grys langbroek, met swart skoolskoene. NB: Slegs skoene met skoenveters mag gedra word, shoes must be clean and polished. Belde moet te alle tye gedra word (sonder ornamentele gespes) 3. Pull-over mag slegs saam met uitrusting 2 gedra word - winter en somer, (Op baie koue dae mag slegs ń wit kortmou T-hemp onder klere gedra word) groen beamys en serpe is toelaatbaar) Meisies: Somer: Groen broekromp (Culotte) met wit skoolhemp(word VERVANG MET SKOOLROK, FASSEER UIT IN 2016), wit kouse, swart skoolskoene(gespe moet vas wees) of kaalvoet. Winter: 1. Volledige skoolsweetpak met die amptelike sporthemp en sport tekkies. 2. Sweetpakbaadjie/ Drimac /Skoollangmoutrui, wit hemp, grys langbroek, met swart skoolskoene. 3. Groen broekromp (Culotte) met wit skoolhemp(word VERVANG MET SKOOLROK, FASSEER UIT IN 2016), swart skoolskoene(dik swart kouse mag gedra word saam met bogenoemde) 4. Pull-over mag slegs saam uitrusting 2 gedra word winter en somer. (Op baie koue dae mag slegs ń wit kortmou T-hemp onder klere gedra word, groen beanys (voor skool en na skool) en serpe is toelaatbaar. 5. Goedgekeurde kort swart skipants mag gedra word maar mag nie uitsteek onder skoolrokke nie. (AMPTELIKE SKOOLSPORTDRAG MAG OP DINSDAE, DONDERDAE EN VRYDAE GEDRA WORD, GOEDGEKEURDE GR7 DRAG MAG OOK OP VRYDAE GEDRA WORD,SLEGS LEERDERS WAT OP RADE DIEN MAG DIE TOEGELATE GROEN BAADJIE DRA) Provinsiale kleure Indien ʼn leerder self Provinsiale kleure verwerf het mag dit op Vrydae skooltoe gedra word. (Boeties/sussies se provinsiale kleure mag nie gedra word nie) Geen skipants by skoolklere. GEEN ARMBANDE, OORBELLE, HANGERTJIES OF ANDER JUWELE NIE! Dogters mag oorknoppies (maks 5 mm) goud of silwer of klein (1cm) oorringetjies (goud/silwer) sonder enige aanhangsels (slegs 1 per oor) en 1 seëlring dra. Haarlinte, haarknippies en haarbande mag groen, wit of swart of bruin wees. Slegs horlosies met silwer, goud, swart en bruin bandjies mag gedra word. Onder geen omstandighede mag daar iets om die nek gedra word nie. (geen sleutels) 11. Hare en persoonlike higiëne 11.1 Hare moet netjies en skoon gehou word. Dit moet netjies gekam word en seuns se hare moet kort gedra word. Meisies met lang hare moet dit vasbind. Geen kuiwe wat in die oë hang nie. 11.2 Hare moet natuurlik wees - geen kleurstowwe of gegolfde/gepatroonde hare. Geen spuitmiddels of gel om hare in posisie te hou is aanvaarbaar nie. 11.3 Naels moet kort en netjies/skoon wees. Geen naellak word toegelaat nie.

12. Afwesighede (TREE STRENG OP VOLGENS AFWESIGHEIDSBELEID) 12.1 Indien 'n leerling afwesig is, moet 'n brief van sy ouers of 'n doktersbrief hom/haar vergesel wanneer hy terugkom skool toe om sy afwesigheid te verduidelik. (Indien bogenoemde nie nagekom word nie moet leerder deur die registeronderwyser gerekordeer word vir ʼn B 1.5 oortreding van die gedragskode; na die 5 de keer word die leerder vir ʼn A2.11 gerekordeer) 12.2 Indien 'n leerling gedurende skoolure die skoolgronde moet verlaat, moet ouers dit skriftelik versoek en die leerling self kom haal. Indien voor 10h00 moet afwesigheidsbrief ingedien word. (Reëlings ten minste 2 dae voor die tyd) 12.3 Ouers moet asseblief so ver moontlik nie ortodontiese-, dokters- of tandarts afsprake gedurende skoolure maak nie. - Slegs ʼn mediese sertifikaat sal aanvaar word indien ʼn leerder ʼn toets of eksamen misloop. Leerder moet ook die vakonderwyser van die brief voorsien. - Mediese sertifikate kan deur personeel in die administratiewe kantoor gekontroleer word. 12.4 Indien ʼn leerder afwesig is, is dit SY eie verantwoordelikheid om verlore werk op te vang. 12.5 Geen leerder sal toegelaat word om die skoolterrein te verlaat sonder die skriftelike toestemming van die hoof nie. (Alle versoeke moet die hoof twee dae voor die tyd bereik) 13. Huiswerk (TREE STRENG OP VOLGENS HUISWERKBELEID) 13.1 Huiswerk Huiswerk is vir konsolidasie en moet gebaseer word op die werk wat in die klas onderrig is. 1 tot 1½ ure per dag. (Indirek beteken dit 10-15 minute se huiswerk per periode onderrig in ʼn siklus) Hou asseblief bogenoemde in gedagte wanneer projekte, ens. wat baie tyd in beslag neem gegee word. Wanneer huiswerk uitgegee word vir ʼn klas, bepaal hoe lank dit die gemiddelde leerder sal neem om dit te voltooi. 13.2 STAPPE WAT GEVOLG SAL WORD INDIEN N LEERDER AANHOUDEND VERSUIM OM HUISWERK TE DOEN: - Gebruik die voorgestelde vorm waarop leerder teken vir elke keer wanneer huiswerk kontroleer en haar/sy huiswerk nie voltooi is nie. Plaas hierdie klaslys in u vak of puntelêer, of agter in die leerder se klaswerkboek. - Dit is belangrik om huiswerk daagliks te merk. Dit is nie noodsaaklik om huiswerk elke dag te kontroleer nie, tyd laat dit net nie toe nie. - Indien ʼn leerder 3 keer versuim om huiswerk te doen, kan u van sy/haar DASS punte wegneem(vakbeleide in ag geneem) vir daardie spesifieke tema. Wys dit dan ook in die leerder se portefeulje. (Skryf ʼn kort verslag in die portefeulje.) - Merk ook per geleentheid huiswerk as deel van DASS waar leerder nul kry as huiswerk nie voltooi is nie. - Gee ook aan hierdie leerder ekstra huiswerk vir die volgende dag.

- Gee dan ook aan hierdie leerder ʼn finale skriftelike waarskuwing. (Voorbeelde van sodanige briewe kan in die kantoor afgehaal word) - Indien bogenoemde optrede nie ʼn uitwerking het nie moet die leerder gerekordeer word vir A2.11. (Afskrif van skriftelike waarskuwing moet rekordering vergesel) - As sodanige leerder gerekordeer is vir A2.11, sal die ouers geskakel word vir ʼn onderhoud met betrokke vakonderwysers, graadhoof en hoof. Hierna sal die leerder elke keer vir ʼn detensie geroep word om agterstallige werk op te vang of in te haal. 13.3 Huiswerk mag wel voor of op toetsdae sowel as naweke aan leerders gegee word. 14. Verslawingsmiddels (TREE OP VOLGENS DWELM EN ALKOHOLBELEID) 14.1 STANDPUNT UITEENSETTING: Die skool laat leerders nie toe om: - verbode middels te gebruik nie, ook nie Monster/Red-Bull energiedrankies nie. - voorgeskrewe of nie-voorgeskrewe dwelms op n ongehoorde wyse te gebruik nie; - oplosmiddels, snuifmiddels, en/of ander chemiese middels op n ongehoorde wyse te gebruik nie; - alkoholiese drank te gebruik as hulle onder die wettige ouderdom is nie; - tabak en ander dwelms te rook nie; - dwelmverwante bybehore (sigaretpapier, pype, ens.) in hulle besit te hê nie; - hulleself te wangedra a.g.v. die gebruik van alkohol en/of ander dwelms nie. Die gevolge van die oortreding kan die volgende insluit, maar hang af van individuele omstandighede. Dit is nie beperk tot een of almal van die volgende nie: - dissiplinêre verhoor. - die opstel van 'n kontrak tussen al die betrokke partye (leerder, ouers en skool). - gepaste dissiplinêre aksie en/of rehabilitasie. - skorsing en/of uitsetting van die leerder. - bogenoemde geld ook vir leerders wat in die teenwoordigheid van hierdie oortreders betrap word. 14.2 HANDELDRYF EN/OF BESIT: Indien daar 'n redelike vermoede bestaan dat 'n leerder in besit is van of handeldryfmet 'n verbode middel (ingesluit maar nie beperk tot alkohol nie), sal die volgende aksies, ongeag die hoeveelheid betrokke, in die teenwoordigheid van ten minste een getuie geskied. - Die leerder sal so gou moontlik ingeroep word en van sy/haar wetlike regte van ouerlike of geregtelike verteenwoordiging ingelig word. - Die leerder sal van die bewyse ingelig en 'n redelike kans gegun word om sy/haarsaak te stel. - Indien die leerder skuld erken sal hy/sy versoek word om die onwettige middels te oorhandig. - Ongeag of die leerder skuld erken of nie sal die ouers so gou moontlik ingeroep

15. Skooltye word en die getuienis of aan hul gestel of die leerder se goeie naam in hul teenwoordigheid herstel word. - Indien die leerder skuld erken, sal 'n volledige skriftelike verklaring in die ouer se teenwoordigheid afgelê word en deur beide die leerder en die ouer onderteken word. - Indien die leerder skuld ontken, en na die onderhoud die vermoede steeds bestaan dat die leerder skuldig is, sal die leerder sowel as sy ouers, 5 werksdae skriftelike kennisgewing kry van 'n dissiplinêre verhoor deur die beheerliggaam. - Indien die leerder by die dissiplinêre verhoor skuldig bevind word, het die beheerliggaam die opsie om, afhangend van die erns van die situasie, die leerder of 7 dae lank te skors, of om uitsetting by die MDO aan te beveel. - Normale regte tot appèl sal vir die beheerliggaam sowel as die MDO se besluit geld. - Alle bewyse kan aan die relevante polisie-owerhede (bv. Sanab) vir verdere optrede oorhandig word. Maandae tot Vrydae: Gr. 1,2 en 3: 07:20-13:30 (Vrydae 13h00) Gr. 4-7: 07:20-14:00 (Vrydae 13h00) 16. Oplaai/aflaai van leerders Kinders moet buite die skool af en op gelaai word. Geen leerlinge mag aan die voorkant van die skool vir hulle ouers wag behalwe onder die nuwe afdak nie, omdat hulle in die straat speel en ons nie oral kan toesig hou nie. Ry versigtig en hou by die stadige spoed, kinders is onvoorspelbaar en sien nie altyd die gevaar nie. 17. Dissiplinêre stelsel - Grondslagfase 17.1 By die Grondslagfase sal daar meer op die positiewe gefokus word alhoewel alle oortredings, soos vir Intersenfase, ook op die leerders van toepassing sal wees. Rather safe than sorry. 17.2 Indien ʼn leerder aan die einde van die jaar steeds 20 sterre het kom hy/sy in aanmerking vir ʼn sertifikaat of vermelding van uitstekende dissipline aan die einde van die jaar. Leerder met 15 sterre ontvang ʼn sertifikaat of vermelding goeie dissipline. Negatiewe Gebruik ondergenoemde B-oortredings. Elke keer wanneer die leerder oortree word een van sy/haar sterretjies weggevat en word die oortreding aangeteken op die leerder se kaart. Sou ʼn leerder 3 x vir dieselfde oortreding gestraf word, word die oortreding op die stelsel gerekordeer. A-oortredings word onmiddellik op die stelsel gerekordeer.. 18. Dissiplinêre stelsel - Intersenfase 18.1 Leerder sal punte verloor volgens ondergenoemde oortredings. 18.2 Indien n leerder aan die einde van die jaar 46-50 krediet punte het, sal hy/sy ʼn sertifikaat of vermelding van uitstekende gedrag aan die einde van die jaar ontvang. Op 41-45 kredietpunte ʼn vermelding van goeie dissipline. 18.3 Kinders sal beloon word vir goeie gedrag.

19. SKOOLTASSE Leerders moet sterk skooltasse hê wat die skoolboeke kan beskerm. Leerders mag nie op hulle tasse skryf of prente op hulle tasse plak nie. Slegs name van leerders mag op tasse geskryf word. Leerders het twee weke om boeke oor te trek. Versuim om bogenoemde uit te voer sal daartoe lei dat boeke teruggeneem word en die leerder gerekordeer word. Tasse met wieletjies is toelaatbaar. 20. HANDBOEKE: (Vereistes vir die oortrek van handboeke:) o Alle handboeke moet met n goeie kwaliteit deursigtige plastiek oorgetrek word. o Geen dicifix mag as oortrekmiddel gebruik word nie. o Die handboek moet in die binnekant van die buiteblad, met dun karton versterk word. o Die karton se dikte moet nie die rugkant van die handboek beskadig nie. o Die kartonversterking binne die buiteblad, moet dieselfde grootte as die buiteblad wees. o Maak seker dat die versterkings deeglik tot in die hoeke van die handboek gaan, sodat daar nie ore veroorsaak kan word nie. o Die karton verstreking mag aan die binnekant in die hoeke liggies met Pritt geheg word, om te verhoed dat dit skuif. 21. EKSAMENREËLS 1. Alle leerders moet in die regte skooldrag kom skryf. 2. Skoolreëls geld onder alle omstandighede. 3. Alle leerders word alfabeties gerangskik in die eksamenlokaal. 4. Leerders mag nie tydens die eksamen self van lokaal of sitplek skuif nie. 5. Geen notas of items waar notas op gemaak kan word, mag in die besit van n leerder wees gedurende die eksamen nie. 6. Geen tasse of sakke word in die eksamenlokaal toegelaat nie. Om hierdie rede aanvaar ons geen verantwoordelikheid vir waardevolle artikels wat uit tasse wegraak nie. 7. Geen lenery sal tydens die eksamen toegelaat word nie. (Sorg dat jy die nodige het wanneer jy eksamen skryf). 8. Leerders moet te alle tye stil wees gedurende die eksamen. - Vraestelle word alleenlik uitgedeel as leerders in die lokaal stil en ordelik is. - Leerders mag nie die lokaal verlaat voordat die tydsduur van die vraestel verby is nie al het die leerder self reeds klaar geskryf. - Leerders mag onder geen omstandighede met mekaar praat as hy/sy in besit van n antwoordstel is nie. 9.Oneerlikheid, in watter vorm ookal, is n oortreding wat tot gevolg kan hê dat leerders nul vir die betrokke vraestel kan kry en kan tot skorsing lei. 10. Geen selfone en MP 3 Player of enige ander elektroniese apparaat word in die eksamenlokale toegelaat nie. Gebruik en/of sigbaarheid van selfone,of selfone wat lui, sal op dieselfde manier as oneerlikheid tydens eksamen hanteer word; d.w.s.die leerder kry nul vir die eksamen. Moet die stelsel nie slegs as negatief ervaar nie, gedrags-, emosionele-,akademiese probleme sowel as probleemklasse word hierdeur geïdentifiseer.

KATEGORIE A-OORTREDINGS Ernstige oortredings van hierdie aard word summier in die betrokke onderwyser se oortredingregister aangeteken. Die leerder teken daarby. Daar word opgetree volgens die skool se kode. A1 PUNTE A1.1 Besit, gebruik of onder die invloed van hallusinerende substansies. -50 A1.2 Besit, gebruik of dreig leerders met gevaarlike wapens. -50 A1.3 Seksuele misbruik of afdreiging. -50 A1.4 Diefstal en brandstigting. -50 A1.5 Oneerlikheid tydens toetse of eksamen. -50 A1.6 Ernstige fisiese geweld teenoor leerders en personeel. -50 A2 A2.1 Doelbewuste, negatiewe invloed, manipulering, uittarting en afdreiging van -25 leerders/onderwysers. A2.2 In besit van pornografie of in teenwoordigheid van leerders daarmee. -25 A2.3 Rassisme en verbale aanranding. -25 A2.4 Rook, in besit van sigarette, aanstekers of in teenwoordigheid van leerders -25 daarmee. A2.5 Skool bank (Stokkies draai) -15 A2.6 Tweede versuiming om detensie by te woon. -15 A2.7 Afskiet van klappers/vuurwerke/stinkbomme ens. -25 A2.8 Vandalisme, graffiti, klim oor/deur heinings. -10 A2.9 Fisiese geweld teenoor leerders en personeel. -15 A2.10 Immorele gedrag. (spoeg, ontlasting in die openbaar, ontbloting, lieg(jok), vloek, -10 spot dryf met geloof) A2.11 Herhaalde Skuldigbevinding (3) aan B-oortredings. -10 A2.12 Versuim om detensie by te woon, of swak gedrag in die detensieklas. -10 A2.13 Gesagsverwerping van onderwyser(arrogant of disrespekvol) -10 A2.14 Oneerlike optrede. -10 A3 A3.1 Ontwrig klasaktiwiteite. -5 A3.2 Weiering om opdrag van onderwyser te gehoorsaam. -5 A3.3 Afwesig uit klas sonder toestemming. -5 A3.4 Verlaat die skoolterrein onwettig voor of tydens skoolure. -5 A3.5 Herhaaldelik geen siekbrief na afwesigheid nie. (Sien afwesigheidsbeleid) -5 A3.6 Mors van toiletpapier. -5 A3.7 Misbruik van rekenaartoerusting. -5 A3.8 Huiswerkrekorderingsvorm nie beskikbaar. -10 A3.9 Skop of pootjie ander leerders. -5 A3.10 Boelie ander kinders. -5 A3.11 Gooi met klippe. -5 A3.12 Misbruik van brandbestrydings toerusting. -10 A3.13 Herhaaldelik geen huiswerk(3, brief, rekordeer) -10 A3.14 Ernstige onwelvoeglike fisiese kontak -10 A3.15 Verbale en/of emosionele intimidasie/aanranding van ander leerders. -5 A3.16 Maak van onaanvaarbare geluide. -5 A3.17 Versuim om assesseringsopdragte in te handig -10

KATEGORIE B-OORTREDINGS Oortredings van hierdie aard word deur die betrokke onderwyser se oortredingsregister aangeteken. Die leerder teken daarby. Daar word opgetree volgens die skool se kode. B1 KLASKAMER PUNTE B1.1 Gesels en/of speel. -2 B1.2 Doen ander vak se werk. -2 B1.3 Handboek/werkboek/skryfbehoeftes nie by skool nie/boek nie oorgetrek. -2 B1.4 Oortreding van klasreëls. -2 B1.5 Handig nie afwesigheidsbrief in nie. -2 B1.6 Eet in klas.(kougom) -2 B1.7 Assesseringsboeke/toetse nie deur ouers geteken nie. -2 B3 STIPTELIKHEID B3.1 Laat vir skool, afwesig vir opening. -2 B3.2 Laat vir klas/detensie. -2 B3.3 Afwesig van aktiwiteit waarvoor leerder verkies is. -2 B4 GEDRAG TYDENS OPENING B4.1 Ongedissiplineerd/praat tydens opening. -2 B4.2 Tree op verkeerde plek aan. -2 B4.3 Sing nie en/of staan nie op aandag met die skoollied/volkslied nie. -2 B5 ORDE TERREIN/POUSE B5.1 In skoolterrein/op verbode terrein tydens pouse. -2 B5.2 Strooi van rommel op terrein/in klasse. -2 B5.3 Gebruik van verkeerde kleedkamer/speel in die kleedkamer. -2 B5.4 Wegsteek van tasse. -2 B5.5 Rowwe/Agressiewe speletjies tussen maats/leerders op die speelterrein. -2 B5.6 Ignoreer die klokreël na pouse/aantree. (3 minute na pouses) -2 B6 VOORKOMS B6.1 Skooldrag/LO-drag/sportdrag nie reg nie -2 B6.2 Voorkoms nie reg nie (hare, juwele,naelpolitoer(ook tone), grimering, skryf met -2 ink op liggaamsdele) B6.3 Nie in skooldrag wanneer so vereis. -2 B6.4 Skooltas nie volgens skoolreëls. -2 B7 LEIERS B7.1 Weier om opdrag uit te voer. -2 B7.2 Verbale geweld teenoor leiers. -2 B8 ALGEMEEN B8.1 Bring nie getekende wangedrag brief vanaf ouers terug nie. -2 B8.2 Verontagsaam ʼn direkte opdrag. -2 B8.3 Gebruik van ʼn selfoon by die skool. (Afgeneem vir een kwartaal) -2 B8.4 Kom nie toesigrëelings na nie. -2 B8.5 Enige oortreding buite skoolure in skooldrag.(voorkoms) -2 B8.6 Onwelvoeglike fisiese kontak. -2 B8.7 Rapport of ander skeurstrokie nie ingehandig nie. -2 B8.8 Verniel van skoolboeke. -2 B8.9 Verbreking van toets/eksamenreëls. -2 B8.10 Klap maats/ander leerders. -2 B8.11 Handeldryf op skoolterrein. -2 B8.12 Kompetisie kaartjies of borgvorms nie terug nie. -2 B8.13 Skiet met rekkies en/of P shooters. -2 B8.14 Speel met speelgoed tydens die lesperiode. -2 B8.15 Slaan ander kinders met stokke of liniale. -2 B8.16 Dwaal te lank tussen geboue rond met aanbreek van pouse en na skool. -2

KATEGORIE-C Die fases van die dissiplinêre proses. Alle Senior leerders word met 50 punte gekrediteer. C1 (40 punte: 5 x B-oortredings of A-oortreding) Leerling moet aanmeld vir eerste detensie. Dissiplinêre onderhoud met leerder. 1ste waarskuwingsbrief en dissiplinêre verslag aan ouers. Leerder teken op naamlys ter erkenning van ontvangs van brief aan ouers. Ouers moet verslag teken en terugstuur. STRAWWE Gemeenskapsdiens of pouses sal ingeboet word. Indien detensie nie bygewoon word nie sal die leerder aan geen sportaktiwiteite deelneem nie. Indien detensie nie bygewoon word nie mag leerder nie aan sosiale funksies deelneem nie. (Indien geen oortredings vir ʼn volle kwartaal sal bogenoemde in heroorweging geneem word) C2 (30 punte: 10 x B-oortredings of A-oortreding) Leerling moet aanmeld vir tweede detensie. Tweede dissiplinêre onderhoud met leerder. 2de waarskuwingsbrief en dissiplinêre verslag aan ouers. Leerder teken op naamlys ter erkenning van ontvangs van brief aan ouers. Ouers moet verslag teken en terugstuur. STRAWWE Gemeenskapsdiens of pouses sal ingeboet word. Geen sosiale funksies/nie akademiese aktiwiteite(bv.toere,kampe, ens) mag meer bygewoon word nie. Leerder met A-oortreding mag nie sivies dra. Leerder mag nie meer op die rade dien nie, leierskapbalkie sal teruggeneem word. Indien detensie nie bygewoon word nie sal die leerder aan geen sportaktiwiteite deelneem nie. Indien detensie nie bygewoon word nie mag leerder nie aan sosiale funksies deelneem nie. C3 (20 punte: 15 x B-oortredings of A-oortredings) Leerling moet aanmeld vir derde detensie. Onderhoud met ouers en leerder (interne tugstappe). Hoof sowel as Dissiplinêre hoof moet teenwoordig wees tydens onderhoud. 3de waarskuwingsbrief en dissiplinêre verslag aan ouers. Leerder teken op naamlys as erkenning van ontvangs van brief. Ouers teken verslag en stuur terug. Bg. dien as eerste mini-verhoor. Voorligtingsessie. STRAWWE Leerder mag geen sosiale funksies bywoon nie CASS punte kan afgetrek word vir huiswerk nie gedoen nie. Instandhoudingswerk en skoonmaak van terrein. Geen sosiale funksies/nie akademiese aktiwiteite(bv.toere,kampe,sport ens) mag meer bygewoon word nie. Ontneming van pouses vir huiswerk/studies/skoonmaak van klasse. Leerder met A-oortreding mag nie sivies dra. Indien detensie nie bygewoon word nie sal die leerder aan geen sportaktiwiteite deelneem nie. Indien detensie nie bygewoon word nie mag leerder nie aan sosiale funksies deelneem nie.

C4 (10 punte: 20 x B-oortredings of A-oortredings) Interne tugverhoor word gehou. Hoof, Dissiplinêre Hoof, Graadvoog of Klasvoog en BL Lid vorm paneel. Kennisgewing van verhoor en dissiplinêre verslag word aan ouers gestuur. Ouers onderteken finale skriftelike waarskuwing, neem kennis van gevolge. Volledige notule van verhoor moet geneem word. Aanbeveling vir berading deur skoolsielkundige. Oortredings word op lêer geplaas vir 6 maande. STRAWWE Leerder ontvang, ekstra detensies of gemeenskapsdiens. Kombinasie strawwe sal toegepas word. Inperking van eksamenverlof. Sportdeelname kan opgeskort word. Leerder mag nie genomineer word vir leerlingraad. Skorsing van prestasietoekennings. C5 (Leerder se krediete staan nou op 0.) Eksterne dissiplinêre verhoor sal nou gehou word. Hoof, Dissiplinêre Hoof, Graadvoog of Klasvoog en BL Lid vorm paneel Hierdie leerder word geskors 1-7 dae. Doen aansoek vir uitsetting by DSH. Indien aansoek geweier word doen aansoek by LUR. Alle A1-oortredings bly op die stelsel. WYSIGING VAN BELEID: Hierdie Beleid kan van tyd tot tyd deur die Beheerliggaam gewysig of aangevul word. EED VAN GETROUHEID EN ONDERWERPING: Hiermee onderneem en belowe ek om my by die letter van hierdie Gedragskode vir Leerders te hou en dit na te volg. Ek onderneem en belowe verder om my van die spesifieke skoolreëls van Laerskool Sabie te vergewis, dit te leer en ten alle tye na te kom. Naam: Van: Gr: Handtekening: VOLWASSENE AS GETUIE (OUER/VOOG) Voorletters en Van:

Handtekening: Datum: