OPBERGINGSOOREENKOMS

Similar documents
OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

BOUKONTRAK AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN. Die KONTRAKTEUR soos gedefinieer in die kontrak waarvan hierdie ooreenkoms Aanhangsel F is

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

LAERSKOOL SAAMTREK. GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRIMêRE SKOOL LAERSKOOL SAAMTREK

KOOPOOREENKOMS THERESIA PARK

AGRI VOEDSEL. AGRI VOEDSEL BEPERK (In die Republiek van Suid-Afrika geïnkorporeer) (Registrasienommer 2007/015880/06) ("AVL" of "die Maatskappy")

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Daniël en die Leeukuil

GRONDSLAGFASE (GRAAD R TOT 3) REGISTRASIEVORM

[1] Die applikant vra, in sy kennisgewing van mosie, vir die

AANBOD VIR DIE VERKRYGING VAN N REG TOT UITBREIDING - DEELTITELSKEMA

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

ARBITRASIE-REËLS VAN DIE AFRIKAANSE ARBITRASIE-GENOOTSKAP

/Af KENNISGEWING AAN GETUIE OM DIE POLISIE VAN SY/HAAR ADRES OP HOOGTE TE HOU

Beslis, dat artikel 1 (1) van Wet 71 van 1969 van toepassing was en nie artikel 1 (1) van Wet 68 van 1957 nie.

ALGEMEEN GELDENDE KLOUSULE

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

Government Gazette Staatskoerant

Hoërskool Swartland Grondwet

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

Speel met battery elektrisiteit *

OUTENIQUA HOëRSKOOL HANDLEIDING INGEVOLGE ARTIKEL 14 VAN DIE WET OP BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING (PAIA)

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Die wonder van water *

Een gesertifiseerde kopie van elk van die volgende dokumente moet aangeheg wees indien van toepassing: Geslag. ID Nommer. Nasionaliteit.

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

UMZUMBE CHALETS AANDELEBLOK (EDMS) BPK

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

VOORLOPIGE OOREENKOMS AANGEGAAN TUSSEN.... (Hierna die GEBRUIKER genoem) ORANET BK. (Hierna die DIENSVERSKAFFER genoem)

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Wat is vaskulêre demensie?

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE DIE MULTILATERALE MOTORVOERTUIG-

BELEID OOR KONFLIK VAN BELANGE

MOOIBERGE EIENAARSVERENIGING PAARL GRONDWET

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling)

SPELERS MET GESTREMDHEDE

TrumpetNet, 31 May 2007

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Saak Nr. : 5264/2006. In die saak tussen:

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

MICHAL CORNELIUS FRANZ ODENDAAL N.O. LUXUS WEALTH MANAGEMENT (EDMS) BEPERK

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Plekwaardes van heelgetalle *

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE NASKOOLSENTRUM 2018 Vorm NS 1

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

VERBLYFREGTE. Wet Op Uitbreiding Van Sekerheid Van Verblyfreg (wet 62 / 1997) Extension Of Security Of Tenure Act = ESTA

Kennisgewing van die ALGEMENE JAARVERGADERING. Suidwes Beherend (RF) Eiendoms Beperk 21 September 2016

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Bewys van goedgekeurde diskresionêre Finansiëlediensteverskaffer/Verteenwoordiger se mandaat (indien van toepassing)

LAERSKOOL SAAMTREK GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WILLEM STEPHANUS VAN ZYL

GRONDWET VAN DIE DRAKENSTEIN SAKEKAMER

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

DIE ARBEIDSREGTELIKE POSISIE VAN DIE NAKOMINGSBEAMPTE IN DIE REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

VOLTOOI AFDELINGS : A P VOLLEDIG

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

WET OP OUTEURSREG 98 VAN WET Om outeursreg te reël en om vir bykomstige aangeleenthede voorsiening te maak.

Die wind as bron van energie *

# 2002 Universiteit van Suid-Afrika. Hersiene uitgawe Alle regte voorbehou

VOORSLAG ONTWIKKELINGSKORPORASIE (EDMS) BPK RUIL 'N PLAAS (EIENDOMS) BEPERK

Digitale Produkte. Katalogus

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA GORETE TEIXEIRA SUTIL N.O. AANGEHOOR OP: 29 NOVEMBER 2012 UITSPRAAK DEUR: VAN DER MERWE, R

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM

AGRI NOORD-KAAP GRONDWET

MAJOBE MERINO S 16 de PRODUKSIEVEILING SATERDAG, 13 FEBRUARIE 2016, 11:00 REITZ BIELIE-MIELIE FEES

STATUTERE BESKERMING VAN DIE VOORDEELTREKKENDE AANDEELHOUER IN DIE SUID-AFRIKAANSE MAATSKAPPYEREG. deur FREDERIK ANTON DE BRUYN

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Buitengewone Provinsiale Koerant. Provincial Gazette Extraordinary CONTENTS INHOUD. Donderdag, 28 Februarie Thursday, 28 February 2002

Musiek: Toets jou kennis *

AIMS UITTREE-ANNUÏTEIT EN BEWARINGSFONDS

Inkomstestaat en balansstaat *

Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. (Noord-KaapseAfdeling) ADRIAAN JACOB ADOLF JONKER EERSTE APPLIKANT ZACHRIA ELIZABETH JONKER TWEEDE APPLIKANT

VEILINGREËLS VAN TOEPASSING OP VEILINGS DEUR OOS-VRYSTAAT KAAP BEDRYF BPK 1999/004069/06 (die afslaer)

Wat is elektrisiteit? *

VRYSTAAT KOÖPERASIE BEPERK WESSEL GEORGE PRINCE WESSELS GELEWER OP: 18 FEBRUARIE 2010

Persoonlike Inligting FICA. Posadres: Tel huis: Tel werk: Selfoon: Faks nr: E pos adres: BTW nr: Persoonlike Inkomste Belasting nr:

Transcription:

OPBERGINGSOOREENKOMS SENTRAAL SUID KOOPERASIE BPK Graansilo-eienaar en GRAANGRAANSILO-GEBRUIKER (hierna genoem as die graangraansilo-gebruiker ) het vandag ʼn kontrak gesluit op die volgende terme en voorwaardes: 1. ALGEMEEN Hierdie kontrak tussen die graansilo-eienaar en die graangraansilo-gebruiker handel oor graan en oliesade (hierna genoem produkte) wat die graangraansilo-gebruiker in die graansilo s van die graansilo-eienaar wil opberg en die dienste wat die graansilo-eienaar teen betaling in die verband bereid is om aan die graangraansilo-gebruiker te lewer. Dit behels ook ʼn onderneming van die graansilo-eienaar aan die graangraansilo-gebruiker om ʼn produk van dieselfde kwaliteit en kwantiteit soos vermeld in die kontrak aan die graangraansilo-gebruiker te lewer, en aangeleenthede in verband daarmee. Hierdie kontrak is geldig totdat ʼn nuwe kontrak tussen die partye beding word. 2. PRODUK Alle produkte. 3. KWANTITEIT Netto massa soos per sertifikaat/ontvangsbewys * in graansilo gelewer. 3.1 ʼn 0.5% Hanteringsverlies sal van gelewerde graan afgetrek word tot op 3% sifsels. In die geval van canola sal dit 1% wees. SSK is bereid om koring met meer sifsels in te neem SKK is ook bereid om gars met meer sifsels in te neem alhoewel lewerings aan

2 SABM tot 5% sifsels beperk is. Sifsels sal van die gelewerde massa afgetrek word ooreenkomstig SSK en kopers se standaard in hierdie verband. 3.2 Die massa gereflekteer op SSK weegbrugdokumente sal as finaal aanvaar word. 4. KWALITEIT Die kwaliteit van hierdie Produk voldoen aan die graderingsregulasies van die Direktoraat Plant- en Gehaltebeheer van die nasionale Departement van Landbou. (Spesifikasies soos per Wet op Landbouprodukstandaarde, 1990) en of ander * soos volg. 5. SILO Alle silo s binne Sentraal Suid Koöperasie Bpk. 6. Alle produkte sal volgens die voorskrifte van die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels, 1947 (Wet 36 van 1947) berook word. 7. Die graansilo-eienaar moet alle produkte wat in sy silo opgeberg word verseker teen versekerbare risiko s. In geval van verlies of skade sal die graansilo-eienaar n produk van dieselfde kwaliteit en kwantiteit soos in die kontrak vermeld aan die graangraansilo-gebruiker lewer en sal die graansilo-eienaar nie aanspreeklik wees vir enige gevolglike skadevergoeding nie. Ingeval waar n produk vanaf ʼn alternatiewe silo gelewer word, moet die nodige finansiële regstelling vir vervoerkoste gedoen word, onderhewig aan vooraf onderhandeling tussen die partye betrokke. Indien die fisiese lewering van die produk deur die graansilo- eienaar nie moontlik is nie, sal die graansilo- eienaar die kontantwaarde daarvan aan die graangraansilo-gebruiker lewer. Die waarde van die produk wat in aanmerking geneem moet word by die bepaling van die skadevergoeding waarop die graangraansilo-gebruiker geregtig is in die geval van verlies of skade is die waarde van soortgelyke produkte soos wat tussen die graansilo-eienaar en die graangraansilo-gebruiker ooreengekom word op die dag wat die graansilo-eienaar die graangraansilo-gebruiker in kennis gestel het van die verlies of skade. Sou die graansilo-eienaar en die graangraansilo-gebruiker nie oor ʼn waarde kan ooreenkom nie, sal die waarde deur middel van arbitrasie vasgestel word en sal die waarde aldus vasgestel deur beide partye aanvaar word. 8.1 Die graansilo-eienaar het ʼn retensiereg op alle produkte wat in die graansilo opgeberg word vir die betaling van silodienskoste. 8.2 Die graansilo-eienaar het ʼn vorderingsreg op alle opbrengste wat uit die verkoop van graanprodukte voortspruit vir betaling van silodienskoste.

3 9. Die tariewe van toepassing op dienste gelewer by die silo, geld vir ʼn bemarkingseisoen soos hieronder uiteengesit. Die onderskeie produkte se bemarkingseisoen is soos volg: mielies en sorghum 1 Mei - 30 April, sonneblom en sojabone 1 Maart - 28 Februarie koring 1 Oktober - 30 September. gars 1 Oktober - 30 September hawer 1 Oktober - 30 September korog 1 Oktober - 30 September canola 1 Oktober- 30 September Die graansilo-eienaar kan op vooraf en billike kennisgewing aan graangraansilo-gebruikers, ʼn penalisasietarief by sekere silo s hef op graan wat aan die einde van n bemarkingseisoen in silo is. 10. Die graansilo-eienaar mag produkte van dieselfde soort vermeng, met dien verstande dat koring wat by onttrekking deur die graangraansilo-gebruiker nie aan die oorspronklike graad voldoen nie, deur middel van ʼn afrekening (op- of afgradering) reggestel word. Die regstellende betaling tussen graansilo-eienaar en graangraansilo-gebruiker vind op die dag van onttrekking plaas en word bereken op die prysverskil met die B1-graad as algemene basis. 11. ʼn Toepaslike silodienstarief vir elke bemarkingsjaar, soos gepubliseer is betaalbaar. Die tariewe is by die graansilo-eienaar beskikbaar op aanvraag. Die graansilo-eienaar het die reg om rente, bereken teen FNB se primakoers plus 2% (daagliks bereken en maandeliks gekapitaliseer), vir die periode wat silodienskoste agterstallig is, op sodanige uitstaande silodienskoste te verhaal. Die graangraansilogebruiker kry 30 dae na uitreiking van maandstate rentevrye tyd vir betaling van uitstaande rekening. Indien uitstaande skuld nie vereffen is na afloop van die 30 dae na staat nie, sal die graansilo eienaar rente hef soos hierbo uiteengesit. Alle silo diens tariewe sluit Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) uit. Die produk hoef nie deur die graansilo-eienaar aan die graangraansilo-gebruiker gelewer te word, of ʼn silosertifikaat of Safex sertifikaat uitgereik word, alvorens alle silo dienskoste betaal is nie. Die graansilo- eienaar is geregtig om voldoende produk in silo te hou as sekuriteit vir uitstaande silokoste verskuldig deur die graangraansilo-gebruiker. 12. Alle produkte sal op basis ex-silo aan die graangraansilo-gebruiker gelewer word.

4 13. VERSENDING VAN DIE PRODUK 13.1 Die graangraansilo-gebruiker moet skriftelik kennis van voorneme om die produkte uit die graansilo te onttrek minstens 7 werksdae vooraf aan die Hoofkantoor van die graansilo-eienaar gee ten einde die nodige logistieke reëlings te tref. Uitlaaitye moet ten minste sewe dae voor onttrekking by die betrokke graansilo waar die produk opgeberg word geboek word. Alternatiewelik kan die graansilo-gebruiker ʼn mandaat teken by SSK waarop SSK op mondelinge of enige ander vorm van kommunikasie mag optree namens die graansilo-gebruiker. 13.2 Geen graan mag onttrek word sonder ʼn geldige versendingsinstruksie wat deur SSK uitgereik is nie. 13.3 Indien die graangraansilo-gebruiker graan wil versend, geld die volgende: 13.3.1 Die graangraansilo-gebruiker mag die Produk met 7 dae vooraf skriftelike kennisgewing aan SSK onttrek vanaf graansilo s waar die Produk opgeberg word. 13.3.2 Indien die Produk wat deur die graangraansilo-gebruiker ontvang word, nie ooreenkom met die graad (met inagneming van paragraaf 10), massa of voginhoud soos aan hom versend nie of indien dit insekbesmet is, moet die graangraansilo-gebruiker SSK in kennis stel en nie die Produk aflaai nie. Telefoniese sowel as skriftelike kennisgewing moet SSK binne 24 (vier en twintig) uur na aankoms van die Produk by die graangraansilo-gebruiker se naaste stasie/s of perseel bereik, by gebreke waarvan die graangraansilogebruiker verplig sal wees om die Produk te aanvaar asof dit gelewer is soos versend. Waar naweke of publieke vakansiedae van toepassing is, moet kennisgewing binne 48 (agt en veertig) uur geskied. 13.3.3 SSK sal nie verantwoordelik gehou word vir enige staangeld wat gehef word nie. 13.4 Waar die graangraansilo-gebruiker van padvervoer gebruik maak, is die graangraansilo-gebruiker self verantwoordelik vir die reël en beheer van die vragmotors,

5 14. FORCE MAJEURE Die graansilo-eienaar sal nie verantwoordelik wees vir enige vertraging in die lewering van die Produk of enige gedeelte daarvan indien dit teweeggebring is deur enige Daad van God, aksie deur die Regering, staking, ontploffing, vloede, oproer, oorlog, ongeluk, embargo, Wetgewing, burgerlike opstand, onrus of enige ander oorsaak of gebeurlikheid nie. Die graangraansilo-gebruiker sal nie enige eis teen die graansilo-eienaar kan instel vir die vertraging of nie-lewering ingevolge hierdie klousule nie. 15. KENNISGEWING Enige kennisgewing wat na 16:00 op ʼn besigheidsdag ontvang word sal beskou word asof dit op die daaropvolgende besigheidsdag ontvang is. Enige kennisgewing ingevolge hierdie kontrak sal gegee word per brief (indien afgelewer per hand op die dag waarop dit geskryf is) of per faksimilee. 16. NIE-BESIGHEIDSDAE Saterdae, Sondae en die amptelike erkende en/of Wettige vakansiedae sal nie-besigheidsdae wees. Indien enige tydbeperking vir enige handeling of kennisgewing val op ʼn niebesigheidsdag, sal die tyd wat so beperk word verleng word tot die eerste besigheidsdag daarna. 17. ALGEMENE ADMINISTRASIE SSK kan namens die graansilo-gebruiker ʼn BTW faktuur uitreik vir die lewering van graan of oliesade op ʼn derde party se rekening by SSK, indien daar vooraf voldoen word aan die volgende voorwaardes: 17.1 Die graansilo-eienaar en die graansilo-gebruiker onderteken ʼn ooreenkoms waarin die graansilo-gebruiker toestemming verleen aan die graansilo-eienaar vir die uitreiking van fakture, kredietnotas en debietnotas namens die graansilo-gebruiker. 17.2 Die graansilo-eienaar en die graansilo-gebruiker verklaar dat albei wel geregistreer is vir BTW volgens Wet 89 van 1991. 17.3 Die graansilo-eienaar en die graansilo-gebruiker verklaar dat albei wel bekend is met die inhoud van afdelings 20(2) en 21(4) van Wet 89 van 1990 wat wel

6 voorsiening maak vir die uitreik van fakture, kredietnotas en debietnotas deur n derde party. 17.4 Die graansilo-eienaar en die graansilo-gebruiker verklaar dat albei wel bekend is met die vereistes daar gestel deur die Kommissaris van die Suid Afrikaanse Inkomste Diens vir die voldoening om fakture, kredietnotas en debietnotas uit te reik. 17.5 Die graansilo-eienaar onderneem om: 17.5.1 Fakture, kredietnotas en debietnotas uit te reik wat voldoen aan die vereistes van afdelings 20(4),(5),21(1) of 21(3) van die BTW Wet,Wet 89 van 1991. 17.5.2 Afskrifte op rekord hou van alle fakture, kredietnotas en debietnotas vir die graansilo-gebruiker. 17.6 Die graansilo-gebruiker onderneem om: 17.6.1 Geen fakture, kredietnotas en debietnotas uit te reik vir belasbare items wat deel uitmaak van die ooreenkoms met die graansilo-eienaar nie en indien daar wel n faktuur, kredietnota of debietnota uitgereik word, dit nie sal dien as ʼn belastingdokument vir die doel van Wet 89 van 1991 nie. 17.7 Die graansilo-eienaar en die graansilo-gebruiker verder onderneem om beide partye in kennis te stel indien: 17.7.1 Die graansilo-gebruiker sy besigheid sou staak. 17.7.2 Daar veranderinge is in die BTW nommers) van die graansilo-gebruiker. 17.7.3 Enige materiële veranderinge aan beide die graansilo s eienaar en of graansilo s gebruiker voorkom wat n invloed mag hê op die ooreenkoms 17.8 Slegs rekenaar gedrukte dokumente met ʼn amptelike SSK logo daarop is geldig 17.9 Slegs dokumentasie onderteken deur ʼn SSK amptenaar sal as geldig beskou word. 18. ARBITRASIE 18.1 Enige dispuut tussen die partye van watter aard ook al, voortspruitend uit die kontrak, sal besleg word deur middel van arbitrasie of bemiddeling op die wyse wat in hierdie klousule uiteengesit word. Die voorwaardes van die Wet op Arbitrasie, 1965 (Wet 42 van 1965) sal van toepassing wees op die arbitrasieprosedures. 18.2 Die arbitrasie sal plaasvind op ʼn plek soos tussen die twee partye ooreengekom en sal so spoedig moontlik plaasvind en afgehandel word nadat skriftelike kennisgewing deur een party aan die ander gegee is dat ʼn dispuut ontstaan het, en

7 versoek is dat die dispuut by wyse van arbitrasie opgelos word. n Afskrif van die kennisgewing sal terselfdertyd gestuur word aan die Vereniging van Arbiters (Suidelike Afrika) waarin hulle versoek word om ʼn voorsitter aan te wys vir die arbitrasie tribunaal wat volgens klousule 17.3 vasgestel word. 18.3 Elke party sal binne 5 besigheidsdae nadat enige party versoek het dat die dispuut by wyse van arbitrasie opgelos word ʼn onafhanklike persoon wat bekend is met die graanbedryf aangewys om op te tree as arbiter. Indien n party in gebreke bly of weier om ʼn persoon in terme van klousule 17.2 aan te wys, sal n arbiter namens hom aangewys word. 18.4 Die party teen wie n toekenning deur die arbitrasie tribunaal gemaak word is geregtig om binne 10 besigheidsdae nadat hy daarvan kennis gekry het skriftelik appèl by die Vereniging van Arbiters (Suidelike Afrika) aan te teken in welke geval Reël 26 van die Reëls van Optrede vir Arbitrasie (1997) soos gepubliseer deur die Vereniging van Arbiters (Suidelike Afrika) van toepassing sal wees. 18.5 Die party in wie se guns ʼn toekenning gemaak word kan, indien hy dit nodig ag, versoek dat die toekenning ʼn bevel van die Hof gemaak word. 18.6 Die partye kom ooreen om te hou by die reëls, fooie en uitgawes van die Vereniging van arbiters (Suidelike Afrika). 18.7 Indien die party teen wie ʼn finale toekenning gemaak is gebreke is om binne 21 dae nadat die toekenning gemaak is te voldoen aan die voorwaardes van die toekenning soos aan hom meegedeel is, kan die ander party dit rapporteer aan die verenigings wat hierdie kontrakvorm aanvaar het en kan hierdie verenigings die naam van sodanige party en die voorwaardes van die toekenning publiseer. 18.8 Die partye betrokke kan, indien hulle daartoe instem, ʼn bemiddelaar aanstel, wat vir albei partye aanvaarbaar sal wees, wat sal poog om toe te sien dat die twee partye sal ooreenstem tot die oplossing vir die dispuut. Enige ooreenkoms waartoe die twee partye ooreengekom het in die oplossing van die dispuut sal bindend wees op albei partye. Indien die twee partye op enige tyd gedurende die arbitrasieproses besluit om die dispuut by wyse van bemiddeling te besleg, sal die arbitrasieprosedures gestaak word en sal die voorskrifte van hierdie subklousule van toepassing wees. Indien die dispuut nie deur meditasie besleg word nie, sal die arbitrasieprosedure hervat word. 19. DOMISILIE Die graansilo-eienaar en graangraansilo-gebruiker kom ooreen dat vir doeleindes van vervolging:

8 19.1 Hierdie kontrak beskou sal word asof dit in Suid Afrika gesluit is en daar afgehandel moet word, nieteenstaande enige korrespondensie met verwysing na die aanbod, die aanvaarding daarvan, die plek van betaling, of andersins; en 19.2 Arbiters wat aangewys word in Suid Afrika (behalwe vir doeleindes om enige toekenning wat in terme van die Arbitrasie klousule gemaak is af te dwing) die eksklusiewe jurisdiksie sal hê bo alle dispute wat mag voortspruit uit hierdie kontrak. Sodanige dispute sal besleg word volgens die Wette van Suid Afrika, wat ookal die domisilie, woonplek of plek van besigheid van die partye tot die kontrak is of mag wees. 20. DOMICILIUM CITANDI ET EXECUTANDI Graansilo-eienaar en graangraansilo-gebruiker kies die volgende domicilium citandi et executandi: Graansilo-eienaar: Voortrek Straat 32 Posbus 12 SWELLENDAM 6740 Graangraansilo-gebruiker 21. VOLLE KONTRAK Graansilo-eienaar en graangraansilo-gebruiker kom ooreen dat hierdie dokument die volle kontrak tussen hulle verteenwoordig en dat geen wysiging of verandering daaraan van enige krag of effek sal wees tensy dit op skrif is en deur beide partye onderteken is nie... DATUM GRAANSILO-EIENAAR.. GRAANSILO-GEBRUIKER. GETUIE... GETUIE

9