GEDRAGSKODE Alle leerders het die verantwoordelikheid om:

Similar documents
Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Veldenvlei Primary School

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

GREY KOLLEGE BELEID TEN OPSIGTE VAN DWELMMIDDELS

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Gedragskode. Inleiding

HOËRSKOOL MONTANA INLIGTINGSTUK VIR NUWE LEERDERS

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

laerskool darling GEDRAGSKODE CODE OF CONDUCT

GEDRAGSKODE - SKOOLREëLS EN REGULASIES

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS VAN HOËRSKOOL MONTANA

Die wonder van water *

nommer 1 Gedragskode vir ouers 3 2 Gedragskode en dissiplinêre prosedures 10 3 Dissipline Beleid 18 4 Dissiplinêre prosedure en gedragskode 24 5

HTS DANIEL PIENAAR GEDRAGSKODE 2015

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

LAERSKOOL SAAMTREK GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

HOËRSKOOL J G MEIRING 2011/12

GAUTENG DEPARTMENT VAN ONDERWYS

Die wind as bron van energie *

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Hoërskool Roodepoort

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

Prospektus Robertson Voorbereidingskool

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

LAERSKOOL HELDERKRUIN

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

HOËRSKOOL RICHARDSBAAI

PANORAMA PRIMARY BUITEMUURSE AKTIWITEITE

Gedragskode vir leerlinge van die Hoër Landbouskool Boland. Deel 1. Etiekkode

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

SPELERS MET GESTREMDHEDE

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

KROONSTAD HOëRSKOOL KOSHUISE

Gee die pas aan Setting the pace

Wat is vaskulêre demensie?

1. VISIE VAN HOëRSKOOL DE KUILEN. n Strewe om n hoërskool met effektiewe en gehalte-onderrig. MISSIE VAN HOëRSKOOL DE KUILEN

LAERSKOOL SAAMTREK. GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRIMêRE SKOOL LAERSKOOL SAAMTREK

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

HOËRSKOOL SUID-NATAL P R O S P E K T U S 2015

TrumpetNet, 31 May 2007

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Daniël en die Leeukuil

Kuilie-Koers. n Hartlike welkom aan al ons nuwe ouers! Missie van die Hoërskool De Kuilen. Visie van Hoërskool De Kuilen

LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK VERKORTE DISSIPLINÊRE BELEID

NUUSBRIEF 2/2017 SKOOLBEHEERLIGGAAM (SBL) AANGELEENTHEDE

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM

LAERSKOOL EVERSDAL VIGSBELEID

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Vorige skool: Van: Doopnaam: Noemnaam: Graad waarvoor ingeskryf word: Jaar: Inskrywingsdatum: Tyd: (h) (m) (s) Inskrywingsnommer:

Een gesertifiseerde kopie van elk van die volgende dokumente moet aangeheg wees indien van toepassing: Geslag. ID Nommer. Nasionaliteit.

GEDRAGSKODE: LEERDERS

Hokkiespan. Kaskardag. Kaskardag. Hoofleiers Mev. C de Bruin Onderhoof. Mnr. S Weber Hoof. Matriekafskeid

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

Vorige skool: Van: Doopnaam: Noemnaam: Graad waarvoor ingeskryf word: Jaar: Inskrywingsdatum: Tyd: (h) (m) (s) Inskrywingsnommer:

AANSOEK TOT TOELATING VIR 2019 HUIDIGE SKOOLGELD VIR 2018 OPSIE 1: MAANDELIKS OPSIE 2: EENMALIG OPSIE 3: DEBIETORDER. Betaalbaar voor/op 1 Maart 2018

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR

18 Mei Geagte Ouers

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE NASKOOLSENTRUM 2018 Vorm NS 1

Government Gazette Staatskoerant

OAKDALE OAKDALE PROSPEKTUS PROSPEKTUS $DQVRHNYRUP HQ YHUWURXOLNH YHUVODJ LQJHVOXLW $DQVRHNYRUP HQ YHUWURXOLNH YHUVODJ LQJHVOXLW

AANSOEK OM LIDMAATSKAP STUDENTE 2015

OUTENIQUA HOëRSKOOL HANDLEIDING INGEVOLGE ARTIKEL 14 VAN DIE WET OP BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING (PAIA)

VERWELKOMING DEUR BEHEERRAADSLEDE

Wat is elektrisiteit? *

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

SAOU (Gauteng) SKOOLVERTEENWOORDIGERS Februarie 2016 KORTLYSVERGADERINGS EN ONDERHOUDE

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

INHOUDSOPGAWE 1. VOORWOORD 2. HISTORIESE OORSIG. 3. SKOOLTYE en SKOOLBYWONING 4. OUERVERTEENWOORDIGING

PROSPEKTUS ONS VISIE. Inhoud MISSIE

Speel met battery elektrisiteit *

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

LAERSKOOL ROBERTSON INHOUDSOPGAWE GEDRAGSKODE VIR LEERDERS. Tel.: Faks: Epos:

HOëRSKOOL PORTERVILLE

DRAMA INDIVIDUELE AFDELING DRAMA INDIVIDUAL SECTION

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

BELEID TEN OPSIGTE VAN DIE TOEKENNING VAN EREKLEURE AAN HOËRSKOOL DF MALAN 2017

ALTIORA SPERO STREEF ALTYD HOËR HOËRSKOOL B R A C K E N F E L L HIGH SCHOOL

Laerskool Wonderboom LEERDERAANWESIGHEIDSBELEID

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS

Musiek: Toets jou kennis *

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

/Af KENNISGEWING AAN GETUIE OM DIE POLISIE VAN SY/HAAR ADRES OP HOOGTE TE HOU

Tygienuus. 29 Maart 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Transcription:

- 1 - Die Brandwag Hoogstraat 8 / Privaatsak X62 Uitenhage 6230 SKOOLHOOF: S.G. ZIETSMAN Telefoon: 041-922 8188 Faks: 041 922 7354 E-pos: skoolhoof@brandwag.co.za Web: www.brandwag.co.za 2017.01.30 GEDRAGSKODE Die doel van hierdie gedragskode is om te verseker dat alle leerders hulle regte en verantwoordelikhede verstaan, asook die prosedure waarvolgens enige oortreding van die skool se Gedragskode hanteer sal word. Van alle leerders word verwag om die Gedragskode te alle tye te gehoorsaam, ongeag of hulle skool bywoon, of betrokke is by aktiwiteite waarmee die skool geassosieer word. Dit word van alle leerders verwag om die Gedragskode te gehoorsaam en gehoorsaam te bly aan die bedoeling en gees van hierdie gedragskode asook al die wette en regulasies soos vervat in die grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. 1. DIE VERANTWOORDELIKHEDE VAN LEERDERS Alle leerders het die verantwoordelikheid om: Betyds te wees vir skool, hul klasse en funksies. Leerders wat die klas binnekom nadat n les reeds begin het, ontwrig die onderrig- en leerproses wat plaasvind in die klaskamer. Stiptelikheid is n gewoonte wat leerders moet aanleer indien hulle sukses wil behaal. Leerders wat laat opdaag, kan belet word om die betrokke les of funksie by te woon. Alle huiswerkopdragte, projekte en toetse te voltooi, alle verpligte aktiwiteite by te woon en sperdatums na te kom. Die verantwoordelikheid vir die leerproses berus nie slegs by die onderwyser nie. Onderrig kan slegs effektief wees indien die leerders deelneem in die klasse en alle opdragte voltooi. Onbevredigende werk, opdragte wat laat ingehandig word en afwesigheid van toetse/ eksamens, kan tot gevolg hê dat leerders nie aan die einde van die jaar bevorder kan word na die volgende graad nie. Alle skool-en akademiese reëls soos uiteengesit in ooreenkomste, kennisgewings, aankondigings, die Gedragskode en enige ander soortgelyke kommunikasiemedia te gehoorsaam. Die vereistes vir die suksesvolle voltooiing van alle vorme van assessering sal deur opvoeders uiteengesit en aan die leerders gekommunikeer word. Samewerking te gee aan alle skoolpersoneel en hoflik te wees teenoor almal wat by die skool werksaam is.

- 2 - Mekaar, die personeel en besoekers te alle tye hoflik en met respek te behandel, veral in die geval van meningsverskille. Die klaskamers en alle fasiliteite op die skoolterrein netjies en skoon te hou, asook alle plekke in gebruik tydens skoolaktiwiteite, funksies en uitstappies. Te alle tye eerlike inligting te verskaf wat van tyd tot tyd benodig mag word. Ander te respekteer en regverdig te behandel, ongeag van hul ras, geloof, etnisiteit, geslag, seksuele oriëntasie, ouderdom of gebrek. Nie-gewelddadige metodes van konflikoplossing te gebruik. Fisiese gewelddadige gedrag is totaal onaanvaarbaar. 2. ERNSTIGE OORTREDINGS VAN DIE GEDRAGSKODE In gevalle van beweerde oortredings van die Gedragskode, sal leerders voor n dissiplinêre verhoor gedaag word, waar n leerder die geleentheid gebied sal word om die beweerde oortreding voor n paneel, bestaande uit gelykes, onderwysers en ouers, te verduidelik. Indien die leerder skuldig bevind word op die aanklagte wat teen hom/haar ingebring is, sal strafmaatreëls deur die betrokke paneel opgelê word, afhangende van die erns van die oortreding. Hierdie maatreëls mag, onder andere, insluit n verbale waarskuwing, skriftelike (finale) waarskuwing, weerhouding van deelname aan sekere skoolaktiwiteite en tydelike uitsluiting in die sorg van ouers/voogde. As die oortreding van die Gedragskode veroorsaak is deur skade aan skooleiendom, kan die leerder en sy/haar ouers/voog verantwoordelik gehou word vir die skadevergoeding veroorsaak deur die leerder. In gevalle van erge en of herhaalde oortredings van die skool se Gedragskode vir leerders, kan die dissiplinêre paneel die hoof van die Oos-Kaap se Onderwysdepartement versoek dat die leerder permanent uit die skool geskors word. 3. DIE VOLGENDE WORD IN BESONDER VERBIED. 3.1 Beskadiging van eiendom: Vandalisme, die beskadiging of vernietiging van enige eiendom, insluitende eiendom of items wat aan die Provinsiale Onderwysdepartement, die skoolpersoneel of leerders behoort. 3.2 Diefstal: Dit is die neem van eiendom of enigiets sonder toestemming. Dit sluit enige item in wat aan n ander leerder, personeellid of enige persoon wat by die skool werksaam is, behoort. 3.3 Ongehoorsaamheid en disrespek: Van leerders word verwag om die skoolreëls te gehoorsaam en die gesag van onderwysers en ander personeel te respekteer. 3.4 Wanordelike gedrag: Wanordelike gedrag sluit in, maar is nie beperk tot, dronkenskap, onwelvoeglike en onbetaamlike of weerbarstige gedrag op skooleiendom of beheerde eiendom of by skoolfunksies/aktiwiteite/uitstappies; gedrag wat te enige tyd, plek of geleentheid waar dit plaasvind, onredelik is; en of n hindernis of ontwrigting veroorsaak tydens skoolverwante aktiwiteite. 3.5 Rook en dwelms: Die gebruik, besit, in die teenwoordigheid van, die verspreiding of maak van enige narkotiese of gewoontevormende middels is streng verbode op skooleiendom, in skool- of sportdrag of tydens deelname aan enige skoolverwante

- 3 - aktiwiteit. Verder word leerders verbied om enige item, geassosieer met die gebruik van, verspreiding of verkoop van onwettige of gewoontevormende stowwe in hul besit te hê terwyl hul op die skoolterrien is of tydens enige skoolaktiwiteit, skooluitstappie of skoolfunksie. Met hulle blote teenwoordigheid by hierdie aktiwiteite kondoneer hulle hierdie verbode aktiwiteite en oortree daarom ook die skool se Gedragskode. Indien daar n vermoede bestaan dat leerders gewoontevormende stowwe gebruik, sal hulle volgens departementele prosedures getoets word. Leerders wat in die teenwoordigheid is van ander leerders wat deelneem aan derglike aktiwiteite, sal hanteer word asof hulle daaraan deelneem. 3. 6 Alkohol: Die gebruik, besit of verspreiding van alkoholiese drank op die skoolterrein of skooleiendom of beheerde eiendom of by skoolfunksies, uitstappies of aktiwiteite is verbode. Voorts is die ontwrigting van klasse of enige ander skoolverwante aktiwiteit of funksie as gevolg van alkoholmisbruik of dronkenskap ten strengste verbode. Leerders in die teenwoordigheid van alkoholgebruikers op die skoolterrein of in skooldrag of tydens enige skoolverwante aktitwiteit oortree ook die skool se Gedragskode. Indien daar n vermoede bestaan dat leerders alkohol gebruik, sal hulle volgens departementele prosedures getoets word. Leerders wat in die teenwoordigheid is van ander leerders wat deelneem aan derglike aktiwiteite, sal hanteer word asof hulle daaraan deelneem. 3.7. Wapens: Die besit van, vertoon van, gebruik of verspreiding van enige wapen of artikel wat bedoel is om as wapen gebruik te word, is streng verbode. Hierdie dade mag nie plaasvind op die skoolterrein of enige skoolverwante funksie nie. 3.8. Godslastering: Die gebruik van lasterlike of vulgêre taal, uitdrukkings en gebare deur leerders van die skool, is streng verbode. Dit sluit vulgariteite wat op klere, artikels, eiendom, skoolbanke ens. tentoongestel word, in. 3.9. Dreigemente, teistering, treitering of afpersing: Dreigemente van geweld, besering, teistering, intimidasie, afpersing en treitering is verbode. Treitering is enige handeling wat n ander persoon verneder, degradeer, misbruik of in gevaar stel ondanks die ander persoon se gewilligheid om deel te neem. Fisiese, verbale of geskrewe teistering of misbruik van enige persoon of enige ander optrede wat enige ander persoon op die skoolterrein of tydens skoolfunksies, uitstappies of aktiwiteite bedreig of fisies of emosioneel in gevaar stel of die veiligheid van die persone bedreig, is verbode. 3.10 Seksuele teistering / wangedrag van seksuele aard: Leerders mag geen aanmerking, grap, dreigement of ongepoetste gebaar met n seksuele karakter maak wat ander leerders, personeel of besoekers aan die skool kan aanstoot gee nie. 3.11 Akademiese oneerlikheid: Leerders moet hulle weerhou van enige onwettige aksie wat n leerder toelaat om n onregverdige akademiese voorsprong op n ander leerder te kry. Dit sluit in die afskryf van iemand anders se werk, plagiaat, ongemagtigde samewerking, verandering van rekords of die gebruik van verbode hulpmiddels, ongemagtigde gebruik van eiendomsreg, omkopery of leuens oor gedane werk. Leerders mag mekaar op geen manier help tydens toetse of eksamens of in besit wees van toetse/ eksamenverwante vraestelle voordat die vraestelle geskryf word nie. 3.12 Kriminele dade: Leerders moet hulle weerhou van enige dade wat deur die wet verbied word, want dit is n kriminele oortreding.

- 4-3.13 Bedrog: Leerders moet hulle weerhou van enige oneerlike handeling wat daarop gerig is om aansien, geld, verbeterde akademiese prestasie of voorregte vir hulself of enige groep leerders te laat toekom. 3.14 Bakleiery/ Aanranding: Enige vorm van fisiese geweld op die skoolterrein of by skoolverwante aktiwiteite of funksies is streng verbode. 3.15 Om die skool se beeld te skend: Gedrag wat skade berokken aan die goeie beeld van die skool en wat die goeie orde, dissipline en funksionering van die skool benadeel, is verbode. 3.16 Diskriminasie: Leerders mag nie onregverdig diskrimineer teen ander leerders, personeel, kantoorpersoneel of besoekers aan die skool ten opsigte van ras, geslag, swangerskap, etnisiteit, seksuele oriëntasie, gebrek, godsdiens, geloof, kultuur of taal nie. 3.17 Selfone: Geen leerders mag onder enige omstandighede n selfoon tydens skoolure (7:35 14:00) gebruik nie. Indien n leerder met n selfoon betrap word, sal dit gekonfiskeer word en eers aan die einde van die kwartaal teruggegee word. n Administrasie fooi van R100 sal gehef word voordat die selfoon terugbesorg word aan die betrokke leerder. Met n tweede oortreding met n selfoon in die betrokke skooljaar, sal n administrasie fooi van R500 gehef word. Die Brandwag Hoërskool dra egter geen verantwoordelikheid vir die verlies of diefstal van selfone of enige ander elektroniese toerusting nie. DISSIPLINêRE STAPPE/PROSEDURES: (Hierdie mag van tyd tot tyd aangepas word) OORTREDING PROSEDURE 1 tot 3 Opvoeder 4 Opvoeder kontak ouer 5 Opvoeder, Graadhoof, Leeder Hoof, Adjunkhoof - Verwysing 6 7 Dissiplinêre verhoor - Beheerliggaam 4. KLEREDRAG: Die primêre oogmerk van Die Brandwag Hoërskool is om vir elke leerder n leeromgewing te skep wat die skool se visie en missie ondersteun. Die persoonlike voorkoms van elke leerder is n belangrike komponent in die daarstelling van n omgewing wat ons waardes van respek, hoflikheid en dissipline weerspieël. Van leerders word verwag om op n toepaslike wyse gekleed te wees tydens skooltyd en by elke skoolverwante aktiwiteit of funksie. Die kleredrag van leerders sal sodanig wees dat dit nie verantwoordelik is vir die ontwrigting van die goeie orde, die afleiding van ander leerders of gesondheids- en veiligheidsregulasies oortee nie.

- 5 - Die volgende klerereëls geld by Die Brandwag Hoërskool en moet te alle tye gehoorsaam word: SEUNS: 4.1.1 SEUNS SKOOLDRAG * Grys lang of kortbroek met wit skoolhemp. * Swart skoolskoene (veters of gespe). Skoenveters moet vas wees. * Grys skoolkouse. * Swart of grys gordel met toepaslike gespe. * Skoolbaadjie, grys skooltrui of grys oortrektrui ( pullover ) is opsioneel in die somer. Die dra van n baadjie (grys, RVL, Eerstespan of Erekleure) is verpligtend in die winter. (Vormlose en verrekte oortrektruie is onaanvaarbaar). * Die groen amptelike skool reënbaadjie mag slegs gedra word in reënweer* Skooldas is verpligtend in die winter en opsioneel in die somer. * Erekleure baadjies, Senior Raad van Leerders (SRL) baadjies en eerstespan baadjies moet saam met die donkergroen erekleure das gedra word. Swart of wit truie mag nie sonder die betrokke baadjies gedra word nie. * Hemde moet te alle tye ingesteek wees. * As n T-hemp onder die skoolhemp gedra word, moet dit n wit V-nek T-hemp of frokkie wees met geen sigbare slagspreuke op nie. T-hemde mag nie onder die hemp uitsteek nie. * Wit, swart en grys skoolserpe mag in die winter gedra word met die ooreenkomstige baadjies. 4.1.2 HARE Hare is deel van skooldrag en moet netjies, kort en beheersd wees. Eksotiese en flambojante style is onvanpas, so ook skel kleure, highlights, stubs en dread locks. Hare moet n natuurlike kleur hê. Oortreders sal huis toe gestuur word om hul hare te gaan regmaak. Agter: Hare mag nie aan die kraag raak nie. Voor: Hare mag nie oor die wenkbroue groei nie. Hare moet 2 vingers bokant die wenkbroue wees. Sykante: Hare mag nie die ore raak nie. Wangbaarde: Slegs tot in die middel van die oor. Moet te alle tye skoon geskeer wees. Skeermesse sal teen R10.00 aan leerders voorsien word wat nie behoorlik geskeer is nie. Geen afro, spikes of patrone mag in die hare geskeer word nie. Indien gel gebruik word, mag hare nie langer as 2cm bo op die kop wees nie. 4.1.3 NAELS Naels moet skoon en kortgeknip gehou word.

- 6-4.1.4 JUWELE Seuns word nie toegelaat om enige juwele te dra nie, behalwe n horlosie, mediese armband, groen skoolarmband en mediese hangertjie. Lapelwapens: Slegs leierskap en goedgekeurde skoolspelde mag gedra word. Alle ander juwele wat nie genoem is nie, is onwettig,bv. oor- en tongringe. Dit mag ook nie verberg word bv. met pleisters nie. Tatoeëermerke: Geen sigbare tatoeëermerke word toegelaat nie. DOGTERS: 4.2 SKOOLDRAG 4.2.1.SOMERSDRAG (Eerste en Vierde Kwartaal) * Groen rok, volgens voorgeskrewe patroon. Lengte van rok 7cm bo vloer as leerder kniel. * Wit kortmou oopnekhemp vir dogters. * Kort, wit kouse, netjies omgevou. * Swart skoolskoene met gespes. Veterskoene is opsioneel, maar veters moet te alle tye vas wees. Geen aanglipskoene nie. Geen hofskoen of enige ander modeskoen nie. * Erekleurebaadjies, Senior Raad van Leerders (SRL) baadjies en eerstespanbaadjies moet saam met die donkergroen erekleure dasgedra word. Swart of wit truie mag nie sonder die betrokke baadjies gedra word nie. 4.2.2 WINTERSDRAG (Tweede en derde kwartaal) * Rok soos vir somer, saam met swart broekiekouse. * Wit dashemp met skooldas. * Groen reënbaadjie mag net in reënweer gedra word. * Skoolbaadjie, grys skooltrui of grys oortrektrui ( pullover ) is opsioneel in die somer. Die dra van n baadjie (grys, RVL, eerstespan of erekleure) is verpligtend in die winter. * Vormlose en verrekte truie is nie toelaatbaar nie. * Skoolskoene soos vir somer. * Wit, swart en grys skoolserpe mag in die winter gedra word met die ooreenkomstige baadjies. 4.2.3 NAELS * Kort, netjies en skoon en ± 2 mm wit randjie. * Kleurlose naellak sonder blinkers is toelaatbaar. 4.2.4 HARE * Hare moet te alle tye netjies en beheersd wees. * Eksotiese en flambojante kleure en style is nie toelaatbaar nie.

- 7 - * Haarverlengings moet dieselfde kleur as die natuurlike hare wees en moet te alle tye vasgemaak wees in een of twee poniesterte. * Geen stubs of dreadlocks word toegelaat nie. * Haarknippies en rekkies moet wit, groen, swart of grys wees. * Indien haarverlengings of pruike gedra word, moet dit n natuurlike kleur en styl hê. * Matige ligstrepe ( lowlights ) word toegelaat en moet n natuurlike voorkoms hê. * Oortreders sal huis toe gestuur word om hul hare te gaan regmaak. 4.2.5 GRIMERING * Geen grimering word toegelaat nie. * Slegs vleeskleurige lipsalf word toegelaat. * Geen lipgloss word toegelaat nie. 4.2.6 JUWELE Oorringe: Een paar klein knopies of ringetjies geen steentjies op die oorbel gedra in die onderste gaatjie. Alle ander juwele is onwettig en mag ook nie met pleisters verberg word nie. Ringe: Geen ringe word toegelaat nie. Slegs horlosies en mediese armbande. Geen tongringe word toegelaat nie. Tatoeëermerke: Geen sigbare tatoeëermerke word toegelaat nie. 4.3 SIVVY DAE * Dit is nie n reg nie, maar n voorreg. Wees altyd netjies en smaakvol gekleed. * Seuns mag nie oorringe dra nie * Dogters mag nie laehalstoppies of laehalsrokke dra nie. * Dogters se kortbroeke, rokke en rompe mag nie korter as half-bobeen lengte wees nie. 4.4 EREKLEURE Hierdie toekenning is n voorreg en die ontvanger van bogenoemde erekleure is te alle tye aanspreeklik vir sy/haar dade. Dit word toegeken aan n leerder op die voorwaarde dat die leerder die skool se beeld te alle tye met eer en waardigheid sal uitdra. Oortreding van die gedragskode in hierdie verband mag lei tot die ontneming van erekleure. Onder geen omstandighede mag die erekleurebaadjie gedra word deur n persoon wat dit nie verwerf het nie. 5 REGTE WAT DEUR DIE SKOOL VOORBEHOU WORD. * Die Brandwag Hoërskool behou die reg voor om ouers in kennis te stel van leerders se oortreding van die Gedragskode. * Die Brandwag Hoërskool hou leerders verantwoordelik vir alle verliese en skade wat deur leerders aan skooleiendom veroorsaak word. * Die Brandwag Hoërskool behou die reg voor om die Gedragskode te enige tyd aan te pas en die aanpassing sal binne sewe dae in werking tree nadat leerders kennis gekry het van die aanpassing. S.G. Zietsman SKOOLHOOF VOORSITTER: BEHEERLIGGAAM

- 8 - ALGEMENE INLIGTING Skoolure: 07:35 14:00 (Maandag Vrydag) Kontakbesonderhede: Telefoon: 041 922 8188 Faks: 041 922 7354 E-pos: ontvangs@brandwag.co.za / info@brandwag.co.za SKOOLFONDS Die fooie vir 2017 is as volg betaalbaar: Verpligte betaling: R1 400 ( n Verpligte bedrag teen 31 Januarie betaalbaar) Tien maandelikse paaiemente (R1 200) betaalbaar teen die einde van elke maand vir die tydperk Januarie Oktober. Indien u van hierdie keuse gebruik maak, moet u dit met n aftrekorder doen. Die skool se bankbesonderhede is soos volg: Bank: Nedbank Rekeningnaam: Hoërskool Brandwag Takkode: 1263-17 Rekeningnommer: 1263-055-303