IN DIE HO.OGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WITWATERSRANDSE..PIAASLIKE AFDELING) Saaknoimner : 93/13246 DIE MINISTER VAN VERDEDIGINC. BEeDIGDE VERKLARING

Similar documents
OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

/Af KENNISGEWING AAN GETUIE OM DIE POLISIE VAN SY/HAAR ADRES OP HOOGTE TE HOU

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA GORETE TEIXEIRA SUTIL N.O. AANGEHOOR OP: 29 NOVEMBER 2012 UITSPRAAK DEUR: VAN DER MERWE, R

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Die wonder van water *

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling)

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Daniël en die Leeukuil

JDG TRADING (EDMS)BEPERK UITSPRAAK

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID- AFRIKA

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

TrumpetNet, 31 May 2007

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

VRYSTAAT KOÖPERASIE BEPERK WESSEL GEORGE PRINCE WESSELS GELEWER OP: 18 FEBRUARIE 2010

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

CC 123/ B NTTTTiT. between nine to 9.30 (21:30) that night, went out of the hostel. armed, towards Boipatong through the main gate. -- No.

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

VOORSLAG ONTWIKKELINGSKORPORASIE (EDMS) BPK RUIL 'N PLAAS (EIENDOMS) BEPERK

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

Wat is vaskulêre demensie?

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA ABSA BANK BPK REGNR. 1986/004764/06

Die wind as bron van energie *

[1] Die applikant vra, in sy kennisgewing van mosie, vir die

SPRINGSTOWWE BEGRAWE WAS:

Beslis, dat artikel 1 (1) van Wet 71 van 1969 van toepassing was en nie artikel 1 (1) van Wet 68 van 1957 nie.

Government Gazette Staatskoerant

Wat is elektrisiteit? *

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Speel met battery elektrisiteit *

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. (Noord-KaapseAfdeling) ADRIAAN JACOB ADOLF JONKER EERSTE APPLIKANT ZACHRIA ELIZABETH JONKER TWEEDE APPLIKANT

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

University Of Pretoria

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

ARBITRASIE-REËLS VAN DIE AFRIKAANSE ARBITRASIE-GENOOTSKAP

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

PROVINSIALE AFDELING) PATRICK ~~Bl~-A BALEKL\. EN 21 ANDER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (APPèLAFDELING) APPELLANT. Coram: Wessels AR, Potgieter AR, Jansen AR, Trollip AR en Muller AR UITSPRAAK

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

BOUKONTRAK AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN. Die KONTRAKTEUR soos gedefinieer in die kontrak waarvan hierdie ooreenkoms Aanhangsel F is

K BRITS. MNR. McNALLY: Mnr. die Voorsitter ek het die geleentheid gehad. om na die projeklêers wat in paragraaf 10 van mnr.

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

ff;? 'Ka M u A. G, K. Z. G. TIP IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUIP-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) "* SAAKNOMMER: CC 482/8 5 DELMAS

MICHAL CORNELIUS FRANZ ODENDAAL N.O. LUXUS WEALTH MANAGEMENT (EDMS) BEPERK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (NOORDKAAPSE AFDELING) Appèl Nr. : A412/2007 In die saak tussen: ESIAS ENGELBERTUS MEYER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Saak Nr. : 5264/2006. In die saak tussen:

Kom ons laat die tydskedule net vir die huidige oomblik. Kan u vir die hof sag of u op daardie stadium van die

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

SAOU hoofdesimposium Leerderdissipline: Die ondersoek, voorbereiding en verhoor van ernstige wangedragsake Jaco Deacon

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

in Maartmaand, sou u daarvan onthou? -- dit sal ek onthou. En daar is ook getuienis hier dat indien n persoon nota's

AANGEHOOR OP: 2 NOVEMBER [1] Die eiser, mnr Hans Kok (Kok) het twee eise teen die verweerder,

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Musiek: Toets jou kennis *

AANGEHOOR OP: 1 FEBRUARIE 2008, 22 FEBRUARIE 2008, 25 APRIL 2008, 13 JUNIE [1] Die betrokke applikante is skuldig bevind aan verskeie

LAERSKOOL SAAMTREK. GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRIMêRE SKOOL LAERSKOOL SAAMTREK

Sekere persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet en SAFLII se beleid.

OUTENIQUA HOëRSKOOL HANDLEIDING INGEVOLGE ARTIKEL 14 VAN DIE WET OP BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING (PAIA)

En waar het julle die woonbuurt verlaat? -- Ek wys by. Is dit die westelike, wys u by die westelike punt van

OPBERGINGSOOREENKOMS

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WILLEM STEPHANUS VAN ZYL

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

Inkomstestaat en balansstaat *

Plekwaardes van heelgetalle *

Kan u onthou waar in daardie vertrek_ het die hangkas ge- ^ staan? -- Ek kan nie onthou nie.

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

Nuusbrief Junie / Julie 2017

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Kennisgewing van die ALGEMENE JAARVERGADERING. Suidwes Beherend (RF) Eiendoms Beperk 21 September 2016

Is daar wat onder u aandag gekom het, beseerdes op 'n daaglikse basis in Pholapark? -- Ja, daar is.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

KOOPOOREENKOMS THERESIA PARK

Die boek Job en lyding

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

MALHERBE RP MALHERBE RP. Applikant verhuur aan respondent twee plase en n hoeveelheid. skape ingevolge n skriftelike huurkontrak (aanhangsel PCM1 tot

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

Transcription:

C z m f t IN DIE HO.OGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WITWATERSRANDSE..PIAASLIKE AFDELING) Saaknoimner : 93/13246 In die saak tussen: DABULA, Novela Paulina Applikante en DIE MINISTER VAN VERDEDIGINC Respondent BEeDIGDE VERKLARING Ek, die ondergetekende: HENDRIK JOHANNES LUUS verklaar hiermee onder eed soos volg: 1. 1.1 Ek is 'n majoor in die Suid-Afrikaanse Weermag en tree op in die hoedanigheid as regsoffisier, Kommandement Witwatersrand. 1.2 Die feite hierin vervat val binne die bestek van my persoonlike kennis, tensy uitdruklik anders

Bladsy 2 aangedui en is na die beste van my wete waar en korrek. Die Applikante is Novela Paulina DABULA. Die Eisers na wie verwys word in die aansoek word hierinlater na verwys in dieselfde numeriese volgorde as vervat in die Applikante se aansoek. Die Respondent is die MINISTER VAN VERDEDIGING, wat aangespreek is in sy amptelike hoedanigheid. Ek is deur die Respondent gemagtig om die eedsverklaring namens die Respondent te maak om die aansoek van die Applikante te opponeer. Alvorens ek handel met die bewerings vervat in die Applikante se funderende eedsverklaring, wens ek kortliks te verwys na die gebeure wat aanleiding gegee het tot die Applikante en die Eisers vermeld in die Applikante se aansoek. Op 9 September 19 91 het die Minister van Wet en Orde kragtens Artikel 5A (i) van die Wet op Openbare Veilig- heid, Wet 3 van 1953, Onrusregulasies, R2242, afgekondig

Bladsy 3 in Staatskoerantnoiruner 13519, gedateer 9 September 1991. Ingevolge vermelde Onrusregulasies is Tokoza as 'n onrus- gebied verklaar. Phola Park is deel van Tokoza. 6. Op 9 September 1991 het die Minister van Wet en Orde kragtens Artikel 5A van die Wet op Openbare Veiligheid (supra) Onrusregulasies, R2243, afgekondig in Staatskoerant 13519, gedateer 9 September 1991, welke Onrusregulasies van toepassing gemaak is op gebiede wat as onrusgebiede verklaar is, waarby Phola Park ingesluit is. 7. Op 8 April 1992 en te alle relevante tye hiertoe was Phola Park 'n onrusgebied en was vermelde Onrusregulasies van toepassing. 8. Op 8 April 1992, om ongeveer 21h00, het lede van 32 Bataljon Phola Park binne gegaan in die uitoefening van hulle bevoegdhede of die verrigtinge van hulle werksaamhede ingevolge die Onrusregulasies vermeld, met die bedoeling om openbare rusverstoring en/of wanordelikheid en/of oproer en/of openbare geweldpleging in Phola Park te bekamp of te voorkom of om die openbare orde in Phola Park te handhaaf of te herstel of om te handel met omstandighede wat na hulle oordeel as gevolg van sodanige

Bladsy 4 openbare rusverstoring en/of wanordelikheid en/of oproer en/of openbare geweldpleging, of die bekamping of voorkoining daarvan, ontstaan het of waarskynlik sou ontstaan. Op 9 April 1992, om ongeveer 07h00, het van die lede van 32 Bataljon na die gebied in Phola Park gegaan waar skote afgevuur is met die doel om afgevuurde doppies op te tel. 9. Na aanleiding van bewerings wat gemaak is oor die optredes van 32 Bataljon op 8 April 1992 en 9 April 1992 in Phola Park, het die Kommissie van Ondersoek Insake die Voorkoming van Openbare Geweld en Intimidasie, daargestel ingevolge die Wet op Voorkoming van Openbare Geweld en Intimidasie, Wet 139 van 1991, 'n komitee aangestel (hierna verwys as "die Komitee") met die oogmerk om ondersoek in te stel na die aard en C oorsake van die optrede van lede van 32 Bataljon in Phola Park op 8 en 9 April 1992. Die ondersoek het 'n aanvang geneem gedurende Mei 1992. 10. Gedurende September 1992 het die Applikante en die Eisers vermeld in paragraaf 17 van die Applikante se funderende eedsverklaring elk individuele aksies ingestel teen die Respondent. Die Respondent het verdediging aangeteken en pleite na aanleiding daarvan en ten opsigte van elke aksie geliasseer. Ek is geadviseer dat die hoflfeers wat die pleitstukke bevat ten opsigte van elke Eiser

Bladsy 5 beskikbaar sal wees, alternatiewelik beskikbaar gestel sal word wanneer hierdie aansoek voor die Agbare Hof dien. 11. Ek sal vervolgens voortgaan om te handel met die funderende eedsverklaring van die Applikante. # 12. AD PARAGRAAF 1; Benewens om te erken dat die Applikante Novela Paulina Dabula is, dra die Respondent nie kennis van die inhoud van die bewerings gemaak deur die Applikante nie. Ek ontken egter dat al die inligting uiteengesit in die Applikante se eedsverklaring korrek is en verwys met eerbied na my uiteensetting van die gebeure hieronder. 13. AD PARAGRAAF 2 : Ek erken die inhoud van die paragraaf. 14. AD PARAGRAAF 3:

Bladsy 6 Dit is korrek dat die Applikante aksie teen die Respondent ingestel het onder saaknommer 92/26553. Die Applikante het in haar aksie beweer dat "a member or members" van die Suid- Afrikaanse Weermag haar aangerand het, terwyl sy in die paragraaf beweer dat die aanranding gedoen is deur meerdere lede van die Suid-Afrikaanse Weermag. Die Applikante vermeld ook dat die beweerde aanranding "on or about 8 April 1992" gepleeg is. Ek verwys hierinlater na gebeure op 8 April 1992 in Phola Park, asook na bewerings wat deur Eisers se prokureurs aan die Komitee gemaak is dat daar meerdere optredes deur lede van 32 Bataljon in Phola Park was, wat na bewering op 8 April 1992 en 9 April 1992 plaasgevind het. Die optrede van 8 April 1992 was nie deurlopend na 9 April 1992 nie, maar het die optrede van 9 April 1992 afsonderlik plaasgevind van die optrede op 8 April 1992 en was dit ook volgens die tydsberaming ongeveer 8 ure na staking van die optrede op 8 April 1992. Ek doen met eerbied aan die hand dat die twee optredes nie een optrede was nie en nie al die lede wat op 8 April

Bladsy 7 1992 opgetree het met die optrede van 9 April 1992 teenwoordig was nie. 14.3 V dieselfde nie aangesien die rede vir die optrede f \ P 8 April 1992 gevolg het na aanleiding van 7n skietvoorval, terwyl die optrede van 9 April 1992 slegs gedoen was om afgevuurde doppies van die vorige aand op te tel in 'n beperkte gebied. Die optrede van 8 April 1992 het 'n deursoeking van 'n gebied in Phola Park behels waar persone verwond kon gewees het in die gebied waarin die skietery plaasgevind het, met die doel om vuurwapens en gewondes te soek. Op 9 April 1992 het van die lede slegs na die spesifieke plek in Phola Park gegaan waar die skietery die vorige aand plaasgevind het met die doel om die vorige aand se afgevuurde doppies op te tel. 14.4 Dit sal by die verhoor nodig wees om vas te stel watter Eisers na bewering op die aand van 8 April 1992 beseer is en watter Eisers na bewering op die oggend van 9 April 1992 beseer is. Soos hierinlater vermeld, beweer al die Eisers dat hulle "on or about 8 April 1992" beseer is, terwyl Eiser

Bladsy 8 17 (Alfred Nkosana Magzala) beweer dat hy "on or about 9 April 1992" beseer is. 15.1 Die Respondent het ingevolge Reel 36(4) van die Hooggeregshofreels kennisgewings op Nicholls, Cambanis & Sudano, wat die prokureurs van rekord vir al die Eisers (insluitende die Applikante) is, bestel om al die mediese verslae, hospitaal- oorkondes, x straalfoto/s of ander wesenlike dokumentere inligting ten opsigte van elke Eiser te verskaf. Na aanleiding daarvan is ten opsigte van sekere Eisers vorms ontvang getiteld "Buitepasient en/of Ongevalle Afdeling" (Vorm TPH25). Benewens die dokumente hierbo vermeld, is geen ^ roediese verslae, x-straalfoto's of ander der- Octc&jd- gelike dokumentere inligting ontvang nie. Ten Aj 0 opsigte van die volgende Eisers is geen antwoord not CcUU, io ontvang op die Reel 36(4)-kennisgewings nie: fpw(x a I % j y f J ^ A 15.1.1 Eiser 5 : Welile Phangabantu (saaknommer 92/26571);

Bladsy 9 15.1.2 Eiser 10 : Hlalisile Makaula (saaknommer 92/26555); en 15.1.3 Eisers 16 : Andele Gusha (Makisi) en Simphive Gusha (Makisi) (saaknoimner 92/27030). / s j / eye? ' Di Respondent het ook toestemming versoek om die hospitaaloorkondes van die onderskeie Eisers te inspekteer. Die volgende Eisers het nie toe- stemming verleen nie: 15.2.1 Eiser 16 : Andele Gusha (Makisi) en Simphiwe Gusha (Makisi) (saaknommer 92/27030); 15.2.2 Eiseres 19 : Gertrude Sithole (saaknommer 92/26558); 15.2.3 Eiseres 25 : Bongiwe Ngonywa (saaknommer 92/26559); en 15.2.4 Eiser 29 : Tenford Phiri (saaknommer 92/26561).

Bladsy 10.3 Ten opsigte van die volgende Eisers is die dokument getiteld "Buitepasient en/of Ongevalle Afdeling (Vorm TPH25), wat aangeheg is tot die antwoord op die Reel 36(4)-kennisgewing, onleesbaar: 15.3.1 Eiseres 2 : Paulina Novela Dabula (saak- nommer 92/26553); en 15.3.2 Eiseres 19 : Gertrude Sithole (saak- nommer 92/26558). Mnr. Bowen ("Bowen"), verbonde aan die kantoor van die Staatsprokureur, het op 16 Maart 1993 'n skrywe aan Nicholls, Cambanis & Sudano (die Eisers se prokureurs) gerig, waarin die gebreke hierbo na verwys uiteengesit is en waarin die toestemmings en/of ontbrekende en/of leesbare dokumente versoek is. 'n Afskrif van Bowen se skrywe word hierby aangeheg as Aanhangsel "HJLl". Die Eisers se prokureurs het tot op datum hiervan nie gereageer op Bowen se versoek nie. c / e / v 7 ^ a-c^ /a 5 Op 30 Maart 1993 het Bowen 'n verdere skrywe aan die Eisers se prokureurs gerig. Ek heg 'n

Bladsy 11 afskrif daarvan hierby aan as Aanhangsel,,HJL2" en doen met eerbied aan die hand dat die inhoud daarvan vanself spreek. Ek heg ook volledig- heidshalwe een van die briewe wat na verwys word in Aanhangsel "HJL2" hierby aan as Aanhangsel "HJL3. Die brief wat ek aanheg as voorbeeld, is 'n brief wat gerig is aan die Elfde Eiser (Norah Kay). Die brief is 'n voorbeeld van die inligting wat deur die Respondent versoek is. Die rede waarom die Respondent die inligting op hierdie wyse versoek het, was om op 'n wyse wat soveel moontlik kostes kon bespaar, inligting te bekom met die doel om 6f 'n betrokke aksie te skik, 6f om ten minste geskilpunte ten aansien daarvan aansienlik te verminder. Op 4 Mei 1993 het die Eisers se prokureurs in 'n skrywe geantwoord op Aanhangsel,,HJL2", 'n afskrif waarvan ek hierby aanheg as Aanhangsel "HJL4". Ek doen met eerbied aan die hand dat die inhoud daarvan vanself spreek. Die Eisers se prokureurs het geweier om enige gevraagde inligting te verskaf. Op dieselfde dag (4 Mei 1993) het die Eisers se

Bladsy 12 prokureurs 'n verdere skrywe aan Bowen gerig, 'n afskrif waarvan ek hierby aanheg as Aanhangsel "HJL5'1. Ek ontken dat daar nie vooruitsigte vir 'n vroee skikking was, soos vermeld in die skrywe nie en ek doen met eerbied aan die hand dat enige moontlike skikking of vermindering van geskilpunte afhanklik is van die inligting wat deur die Eisers se prokureurs verskaf behoort te word. Op 7 Mei 1993 het Mnr. Roeleveld ("Roeleveld"), van die kantoor van die Staatsprokureur, Johannesburg, in 'n skrywe gedateer 7 Mei 1993, gereageer op die twee skrywes van die Eisers se prokureurs (waarna hierbo verwys is as Aanhangsels "HJL4 en "HJL5"). Ek doen met eerbied aan die hand dat die skrywe van Roeleveld aantoon dat die Respondent bereid is om so ver moontlik kostes te bespaar en geskilpunte te beperk. Die skrywe is ook aanduidend dat indien enige van die aksies geskik kan word, die Respondent sodanige skikkings sal bewerkstelling. Ek heg 'n afskrif van Roeleveld se skrywe hierby aan as Aanhangsel 'HJLe*' en doen met eerbied aan die hand dat die inhoud daarvan vanself spreek.

Bladsy 13 15.9 Ek doen met eerbied aan die hand dat die Applikante se aansoek prematuur is aangesien noodsaaklike inligting uitstaande is, wat nie alleen geskilpunte mag beperk nie, maar ook verdere aanduidend mag wees dat die Eisers se aksies nie in 'n gekonsolideerde verhoor bereg kan word nie. 15.10 Ek maak hierdie stelling aangesien dit reeds gedurende die verrigtinge voor die Komitee wat gedurende Mei 1992 ondersoek ingestel het na 32 Bataljon se optrede in Phola Park, duidelik geword het dat van die inwoners wat beweer het dat hulle op 8 April 1992, om 21h00, of kort /U # / daarna, of 9 April 1992, deur lede van 32 Bataljon in Phola Park aangerand is, op ander plekke as Phola Park en/of op ander tye as 8 April 1992, om ongeveer 21h00, of kort daarna, of 9 April 1992, aangerand is. Op die stadium van die vermelde verrigtinge voor die Komitee was die Eisers se prokureurs dieselfde prokureurs wat ten behoewe van die inwoners van Phola Park opgetree het. Slegs 18 van die Eisers het klagtes by die Polisie gele dat hulle in Phola Park beseer is.

Bladsy 14 Die Eisers se prokureurs het ongeveer 20 mediese verslae ten aansien van inwoners wat op 8 April 1992, om ongeveer 21h00, of kort daarna, of 9 April 1992, na bewering deur lede van 32 Bataljon aangerand is, deur die Komitee aan die Respondent beskikbaar gestel ten einde die omvang van die beserings opgedoen deur die inwoners van Phola Park aan te dui. Die mediese oorkondes is deur my nagegaan en het 'n hele aantal daarvan (my geheue is ongeveer 8 daarvan), aangetoon dat die beserings opgedoen is op ander plekke as in Phola Park en op ander tye as 8 of 9 April 1992, dit wil s voordat 32 Bataljon Phola Park ingegaan het. Die mediese verslae so oorhandig is nie meer in die Respondent se besit nie, benewens drie van die verslae, wat ek hierby aanheg as Aanhangsels 11HJL7 1 tot "HJL9" onderskeidelik. 15.12.1 Aanhangsel"HJL7" is 'n hospitaalverslag (Vorm TPH3) ten opsigte van Doctor Hasjodini, wat aantoon dat Doctor Masjodini alreeds op 8 April 1992 in Natalspruit Hospitaal opgeneem was, 3 s? ) j J L

Bladsy 15 vermoedelik omdat hy hom bekla het dat hy uit 'n trein geval het. 15.12.2 Aanhangsel MHJL8" is 'n hospitaalverslag (Vorm TPH3) ten opsigte van Patric Nisaluba, wat daarop dui dat hy reeds op 2 April 1992 'n skietwond opgedoen het. 15.12.3 Aanhangsel HJL9" is 'n vogbalanskaart (Vorm TPH118) van Natalspruit Hospitaal ten opsigte van Virginia Mqoto, waaruit dit duidelik blyk dat sy alreeds op 6 April 1992 in Natalspruit Hospitaal opgeneem is. Alhoewel bogenoemde 3 persone nie van die Eisers is in die huidige Hooggeregshofaksies nie, doen ek met eerbied aan die hand dat daar ook ongeveer 40 aksies in Pretoria in die Landdroshof uitgereik is. Op die stadium toe die mediese verslae (waaronder ingesluit Aanhangsels "HJL7" tot HJL9") aan die Respondent by die Komitee oorhandig is, is dit gedoen op die basis dat ook

Bladsy 16 hierdie 3 persone op 8 April 1992, om 21h00, of kort daarna, of op 9 April 1992 in Phola Park deur lede van 32 Bataljon aangerand en beseer is. Ek dra op di< stadium nie kennis of die ander ongeveer 5 persone ten opsigte van wie mediese verslae deur die Komitee ontvang is en wat aangetoon het beserings op te gedoen het wat nie met 8 of 9 April 1992 verband hou nie, deel vorm van die huidige Eisers. Dit sal alleenlik bepaal kan word wanneer Eisers se prokureurs al die inligting soos versoek ingevolge die Reel 36(4) -kennisgewings beskikbaar stel en nadat elke Eiser se meriete oorweeg is. Die Respondent sal ook by die verhoor getuienis aanbied dat inwoners van Phola Park daagliks beseer word deur mede-inwoners van Phola Park en dat hierdie toestand voor en na 8 of 9 April 1992 bestaan het. Phola Park is 'n plakkerskamp en daar woon na beraming ongeveer 20 000 mense. Die Respondent het rede om ondersoek in te stel na die omstandighede van elke Eiser om vas te stel waar en wanneer die beserings opgedoen is.

Bladsy 17 Dit is om di6 rede dat die Eisers se antwoord op die Reel 36(4)-kennisgewings van groot belang is. Ten opsigte van die mediese verslae wat wel ten aansien van sekere Eisers beskikbaar gestel is na aanleiding van die Reel 36(4)-kennisgewings, is die volgende vasgestel: 15.15.1 die "Buitepasient en/of Ongevalle Afdeling" Vorm TPH25 van Togmeid Francis Motlaung (Eiser 4) toon aan dat vermelde Motlaung alreeds op 13 Maart 1992, om 13h35, in Natalspruit Hospitaal vir beserings. opgeneem is. 'n Afskrif van Vorm TPH25 van Motlaung word hierby aangeheg as Aanhangsel "HJLIO"; 15.15.2 die "Buitepasient en/of Ongevale Afdeling" Vorm TPH25 van Joshua Bhamu Mdake (Eiser 21) ( X /jy to o n aan dat hy op 7 April 1992, om 21h00, beseer is. Hy is op 8 April 1992, om 06h00, in die hospitaal opgeneem. Dit was op 'n stadium wat lede van 32 Bataljon nie in Phola Park was

Bladsy 18 nie en dit was ook nooit beweer voor die Komitee dat die lede van 32 Bataljon op daardie stadium aanrandings gepleeg het nie. 'n Afskrif van Vorm TPH25 van Mdake word hierby aangeheg as Aanhangsel HJL11M; die "Buitepasient en/of Ongevalle Afdeling" Vorm TPH25 van Fickson Shabangu (Eiser 22) toon aan dat hy op 9 April 1992, om 22h00, beseer is. Op daardie stadium was lede van 32 Bataljon nie in Phola Park nie en was dit ook nooit so beweer voor die Komitee nie. 'n Afskrif van Vorm TPH25 van Shabangu word hierby aangeheg as Aanhangsel,,HJL12"; die "Buitepasient en/of Ongevalle Afdeling" Vorm TPH25 van Thabo Mofokeng (Eiser 26) toon aan dat hy op 9 April 1992 "fell this morning", terwyl sy Besonderhede van Vor-dering beweer dat sy been op of omtrent 8 April 1992 deur lede van die Respon-dent gebreek is. Vorm TPH25 toon geen frakture aan nie. Ek heg 'n afskrif ) ^ L

Bladsy 19 van die Vorm TPH25 hierby aan as Aan- hangsel,,hjl13"; 15.15.5 die "Buitepasient en/of Ongevalle Afdeling-Vorm" (TPH25) van Freddie Notisi (Eiser 27) toon aan dat hy beseer is op 8_A ^il H 1992, om llhoo, Op daardie tydstip was lede van 32 Bataljon nie in Phola Park nie. Ek heg 7n afskrif van Vorm TPH25 ten opsigte van Notisi hierby aan as Aanhangsel "HJL14". Notisi beweer in sy Besonderhede van Vordering dat hy gebreekte ribbes opgedoen het, terwyl Vorm TPH25 geen frakture aantoon nie. Op hierdie stadium dra die Respondent nie kennis wat die inhoud van die mediese verslae is van die Eisers wat nog nie na aanleiding van die Reel 36(4)-kennisgewings dokumentasie beskikbaar gestel het nie. Al die Eisers beweer in hulle onderskeie Besonderhede van Vordering dat hulle op of

Bladsy 20 ongeveer 8 April 1992 aangerand is, terwyl Eiser 17 (Alfred Nkosana Magxala) beweer dat hy op of ongeveer 9 April 1992 aangerand is. Dit is vanwee bogenoemde faktore noodsaaklik vir die Respondent om die meriete van die beserings van elke Eiser te onderskei en sal 'n gekonsolideerde aksie nie hierdie individuele ondersoeke uit die weg ruim nie. Daarbenewens moet vasgestel word waar elke Eiser was ten tye van die voorval, aangesien die optrede van 32 Bataljon op 8 April 1992 uit twee optredes bestaan het (benewens die optrede op 9 April 1992, wat 'n verdere optrede was). Dit word spesifiek ontken dat die Applikante beseer is onder omstandighede waar die optrede teen haar deel gevorm het van 'n groter (larger") milit re optrede en het ek reeds na 3 verskillende optredes hierbo verwys (benewens beserings opgedoen op ander tye en plekke as op 8 en 9 April 1992 te Phola Park).

Bladsy 21 15.21 Ek sal meer volledig hierop uitbrei wanneer ek handel met paragrawe 5 en 8 van die Applikante se funderende eedsverklaring. Die omvang van elke Eiser se skade genoodsaak ook individuele ondersoek na elke Eiser se eie situasie en sal 'n gekonsolideerde verhoor geen koste- of tydsbesparing ten aansien daarvan tot gevolg he nie. AD PARAGRAWE 5. 6. 8. 9. 10 en 11: 16.1 Op 8 April 1992, om ongeveer 21h00, was daar verskeie skote afgevuur in Phola Park, na aanleiding waarvan lede van 32 Bataljon na Phola Park gegaan het. Dit is waarskynlik dat inwoners van Phola Park beseer is as gevolg van die skote wat afgevuur is voordat lede van 32 Bataljon Phola Park ingegaan het. Die Respondent het byvoorbeel^ vasgestel dat Tatana Willie Makise, wat na bewering deur lede van die Suid-Afrikaanse Weermag gedood is op 8 April 1992 en wat na bewering onderhoudspligtig was teenoor Eisers 16 [Andele Gusha (Makisi)] en [Simphiwe Gusha (Makisi)] gedood is deur 'n koeel afgevuur deur 'n AK47. Lede van 32 Bataljon was nie toegerus met AK47 vuurwapens nie. Die inlig-

iv Bladsy 22 ting, wat balisties bepaal is, is verkry vanaf Sersant Olivier ("Olh'ier"), wat die ondersoek beampte is vir die Polisie na die gebeure in Phola Park op 8 en 9 April 1992. Ek heg 'n bevestigende eedsverklaring van Olivier hierby aan as Aanhangsel "HJL15". 16.2 Met lede van 32 Bataljon se aankoms in Phola Park was daar spervuur op die lede van 32 Bataljon, afkomstig van persone in Phola Park. Lede van 32 Bataljon het teruggevuur. Dit moet gevolglik ook bepaal word watter Eisers deur lede van 32 Bataljon raakgeskiet is en watter Eisers (of oorledenes ten opsigte van wie daar afhanklikheidseise is) deur persone verwond is wat gevuur het op lede van 32 Bataljon. Die volgende Eisers se aksies is byvoorbeeld gebaseer op skietvoorvalle: 16.2.1 Eiser 1 : Constance Nkonyana (Mofokeng) (saaknommer 92/26573); 16.2.2 Eiser 5 : Welile Phangabantu (saaknommer 92/26571);

Bladsy 23 16.2.3 Eiser 11 Norah Kay (saaknommer 92/26564); 16.2.4 Eiser 12 : John Msimango (saaknommer 92/26565); 16.2.5 Eisers 16 : Andele Gusha (Hakisi) en Simphiwe Gusha (Makisi) (saaknommer 92/27030); 16.2.6 Eiser 18 : Sipho Dube (Msimang), Panky Dube (Msimang) en Tabs Dube (Msimang) (saaknommer 92/26569); en 16.2.7 Eiser 19 : Gertrude Sithole (saaknommer 92/26558). 16.3 Die voorvalle sal eweneens individuele ondersoeke genoodsaak en 'n gekonsolideerde aksie sal geen koste of tydsbesparing of enige gerief tot gevolg hfe nie. Dit sal met eerbied uiters ongerieflik vir die Respondent wees om met meerdere Eisers

. Bladsy 24 in een verhoor te handel, aangesien elke Eiser se eie geval onderskei moet word van die ander Eisers weens die verskillende optredes en omstandighede daarvan, soos hierbo vermeld. 16.4 Nadat vuur gestaak is, het lede van 32 Bataljon # 'n gebied in Phola Park waar gevuur is, deursoek vir vuurwapens en gewondes. Bewerings was gemaak dat lede van 32 Bataljon gedurende die proses aanrandings op sekere van die inwoners van Phola Park gepleeg het. Dit sal ten opsigte hiervan noodsaaklik wees om ten opsigte van elke Eiser vas te stel waar hy horn bevind het gedurende die beweerde aanranding aangesien die lede van 32 Bataljon nie in 'n bondel beweeg het nie, maar elke lid in die algemeen 'n spesifieke plek deursoek het, alhoewel ek moet toegee dat my inligting is dat sekere lede van tyd tot tyd gesamentlik bv. 'n sekere gebou deursoek het. Daarbenewens is optrede deur lede ingevolge die bepalings van Regulasie 12 van die Onrusregulasies, R2243, nie van toepassing op al die Eisers nie (sien bv. die eise na aanleiding van beweerde verkragtings waar die toepaslikheid van die Onrusregulasies nie gepleit is nie). Die beserings van die verskillende Eisers kan nie

Bladsy 25 voortgespruit het uit enige gesamentlike optrede deur die lede nie, aangesien daar verskillende optredes op verskillende tye was. Ek het reeds hierbo verwys na die aanvanklike verwisseling van vuur en 'n latere deursoeking van die gebied. Bewerings was ook by die Komitee gemaak dat lede van 32 Bataljon die volgende dag na die deursoeking op 8 April 1992 teruggekeer het na Phola Park en verdere aanrandings gepleeg het. 16.5 Na aanleiding van die klagtes deur sekere inwoners van Phola Park is 7n identifikasieparade op 22 April 1992 deur die Polisie gehou. By die parade is onder andere lede van 32 Bataljon uitgewys wat nie in Phola Park teen- woordig was nie. Slegs 9 van die Eisers was by die identifikasie-parade teenwoordig en slegs 18 van die Eisers het klagtes by die Polisie gele. Die Eisers wat nie daar teenwoordig was nie, word nie geraak deur die getuienis van die prosedure en gebeure by die identifikasie-parade nie en sal 'n gekonsolideerde verhoor hulle benadeel wat betref koste, tyd en gerief wanneer die getuienis ten aansien van die identifikasieparade aangebied word wat nie meeste van die Eisers raak nie.

Bladsy 26 16.6 Die Respondent weet op hierdie stadium nie watter lede die beweerde aanranding sou gepleeg het nie Y en watter Eisers as gevolg daarvan beseer is nie. Die Respondent weet ook nie op hierdie stadium / f '^9. watter Eisers beseer is: 16.6.1 op ander tye en plekke as op 8 April 1992, om 21h00, of kort daarna, te Phola Park nie; 16.6.2 op 8 April 1992, voor 21h00, tydens die skote wat afgevuur is toe lede van 32 Bataljon nog nie in Phola Park was nie; 16.6.3 op 8 April 1992, om ongeveer 21h00, toe op lede van 32 Bataljon gevuur is; 16.6.4 op 8 April 1992, kort na 21h00, ge- durende die deursoeking; en

Bladsy 27 16.6.5 op 9 April 1992, 'n paar ure na die deursoeking plaasgevind het, toe lede van 32 Bataljon na bewering teruggekeer het na Phola Park. 16.7 Die rede waarom lede van 32 Bataljon Phola Park binnegegaan het, soos na verwys in paragraaf 9 van die Applikante se funderende eedsverklaring, sal 'n baie klein gedeelte in tyd van die verhoor van sommige Eisers se saak vorm en kan di6 aspek ingevolge die bepalings van Reel 37 van die Hooggeregshofreels uitgeskakel word, of aan- sienlik beperk word. Die uitvoering van die ondersoek na verwys in paragraaf 9 van die Applikante se funderende eedsverklaring, verwys nie na een handeling nie, maar na verskeie handelinge op verskillende tye en plekke en onder verskillende omstandighede deur onder andere verskillende lede van 32 Bataljon. 16.8 Dit sal met eerbied weer eens noodsaaklik wees om die meriete van elke Eiser te ondersoek en is dit my submissie dat 'n gekonsolideerde verhoor ten opsigte hiervan geen gerief, koste of tyds-

& Bladsy 28 besparing tot gevolg sal h& nie. Ek doen met eerbied aan die hand dat dit inteendeel groter koste, meer tyd en baie ongerief tot gevolg sal h aangesien 'n ondersoek na verskillende tye en plekke onder verskillende omstandighede in een groot duur tydrowende verhoor sal plaasvind, waar noodsaaklike individuele onderskeiding groot verwarring kan veroorsaak. 17. AD PARAGRAAF 12: Ek ontken die bewerings hierin vervat en sal volledig daarmee handel in die beantwoording van paragraaf 13 van die Applikante se funderende eedsverklaring. 18. AD PARAGRAAF 13.1: 18.1 Die rede waarom lede van 32 Bataljon op 8 April 1992 Phola Park ingegaan het, vorm 'n klein gedeelte in tyd van die verhoor van 'n Eiser se saak en kan by 7n Reel 37 prosedure ooreengekom word of aansienlik beperk word. Voor die Komitee was die rede daarvoor gemeensaak tussen

Bladsy 29 die partye daar teenwoordig, naamlik om 'n skietery te ondersoek. 18.2 Ek het reeds hierbo daarop gewys dat lede van 32 Bataljon op 8 April 1992 en 9 April 1992 Phola 9 Park ingegaan het. Dit was nie een deurlopende handeling nie. Al die lede wat op 8 April 1992 betrokke was, was nie op 9 April 1992 betrokke nie. 18.3 Ek het ook hierbo gehandel met die feit dat sommige Eisers op 8 April 1992 na bewering beseer is, ander Eisers na bewering op 9 April 1992 en sommige Eisers op ander datums as 8 en 9 April 18.4 Indien al die Eisers se individuele verhore gekonsolideer word, sal dit beteken dat getuienis waarom lede van 32 Bataljon Phola Park op 8 April 1992 ingegaan het, aangehoor sal word tot nadeel van Eisers wat op 9 April 1992 beseer is of op ander datums as op 8 en 9 April 1992 beseer is. Dit sou beteken dat die Eisers wat byvoorbeeld nie deur die getuienis van 8 April 1992 geraak

J t k W u U. «3»2i ^»-*.<, - r aa-iv mf'iai- -i' L; B«btCH& iumi.,*1*2 *'.\'t;rj t fr^r?~ Vs* '.4 -y'avy^ <±*ix Bladsy 30 word nie, nogtans in die Hof teenwoordig moet wees, terwyl irrelevante getuienis ten opsigte van hulle sake aangehoor word. 19. AD PARAGRAAF 13.2: 19.1 Die beweerde beserings van die Eisers is opgedoen op 8 April 1992, 9 April 1992 en ander datums, soos hierbo vermeld en kan daardie beserings op die verskillende datums opgedoen nie regtens soortgelyke feite daarstel nie. 19.2 Omstandighede waarom lede van 32 Bataljon Phola Park op 8 April 1992 binnegegaan het, verskil van die omstandighede waarom die lede op 9 April 1992 Phola Park binnegegaan het. Hierdie verskille weerl ook enige moontlikheid van soortgelyke feite daaromtrent. 19.3 Soortgelyke feite is in die reel ontoelaatbaar en sal slegs toelaatbaar wees in gevalle waar een Eiser en 'n ander Eiser se aksie op dieselfde grondslag gebaseer is. Dit is egter nie in die

< - T T W ii» m A v 1 *+ 3 u.v.. ; iiicsif*. WiiS.AiL*),V. J ^ Vi..:'* Bladsy 31 30 Eisers die geval nie en het ek reeds met die verskille hierbo gehandel. Die Eisers het die keuse gemaak om individuele aksies in te stel. Die 30 Eisers is nie op dieselfde tyd, plek en omstandighede beseer nie. Verskillende lede van 32 Bataljon was met verskillende Eisers, op verskillende tye en by verskillende plekke betrokke. In sommige Eisers se gevalle was lede van 32 Bataljon nie betrokke nie (sien bv. paragraaf 15.15 en 16.1 hierbo). Die aard, omvang en oorsaak van elke Eiser se besering is individueel. 30 Verskillende uitsprake sal nodig wees en sal dit onmoontlik wees om 'n koste-verdeling te maak in die geval waar sommige Eisers slaag en sommige Eisers se aksies van die hand gewys word met koste. Dit sal ook onmoontlik wees om bepaalde verhoortydsdure aan spesifieke Eisers te koppel vir doeleindes van koste-bevele. 'n Gekonsolideerde verhoor sal ook skikkings bemoeilik aangesien elke Eiser deur die verloop

Bladsy 32 van die hele verhoor meegesleur sal word en dit besonder moeilik sal wees om in 'n gekonsolieerde verhoor te individualiseer. Indien 'n spesi- fieke Eiser se saak individueel verhoor word en hy slaag, sal dit sterk oorreding vir die Respondent wees om in die geval 'n ander Eiser wat se eis op 'n vergelykbare grondslag gebaseer is, se saak te skik. 'n Gekonsolideerde verhoor negeer hierdie moontlikheid van skikking, aangesien uitsprake slegs aan die einde van die gekonsolideerde verhoor gegee word en getuienis deurlopend aangebied word. In sekere Eisers se gevalle is die Onrusregu- lasies van toepassing, xnaar nie in die geval van ander Eisers nie. In 'n gekonsolideerde verhoor sal Eisers wat nie deur die Onrusregulasies geraak word nie, die koste, tyd en ongerief van 'n gekonsolideerde verhoor moet verduur. Diensbestek word in sekere Eisers se gevalle erken, maar in ander Eisers (soos byvoorbeeld in die geval van beweerde verkragtings) ontken. Weer eens sal Eisers wat nie deur die ontkenning van diensbestek geraak word nie, in tyd, koste

Bladsy 33 en gerief benadeel word. AD PARAGRAAF 14! 20.1 Ek het reeds gehandel met die verskillende oorsake, tye, plekke en omstandighede van elke saak wat individuele verhore genoodsaak. 20.2 Die Eisers se quantum verskil, asook die getuienis relevant tot elke Eiser se quantum en sal elke Eiser se quantum individueel verhoor en beoordeel moet word. 20.3 Die Eisers sal onbepaald by die Hof hulle beurt moet afwag. Sommige Eisers se quantum sal slegs, indien hulle slaag, koste op 'n skaal soos in die Landdroshof regverdig, wat taksering ontmoontlik sal maak, aangesien meerdere Eisers se saak op 'n besondere hofdag aangehoor mag word. 20.4 Al die Eisers se teenwoordigheid by die Hof mag 'n benadeling vir die Respondent inhou, deurdat ) ^ l

Bladsy 34 gemoedere van Eisers wat daar teenwoordig is opgesweep kan word en selfs Eisers deur die opgeboude emosies verwar en benadeel kan word. 20.5 Die Hof se tyd sal ook nie bespaar word in 'n gekonsolideerde verhoor nie, aangesien die waarskynlikheid van 'n skikking aansienlik minder is in die geval van 'n gekonsolideerde verhoor as in die geval waar 'n individuele verhoor afgehandel word, soos hierbo vermeld. Die Hof sal steeds uitsprake ten opsigte van elke Eiser se geval moet gee en sal getuienis wat moontlik in die geval van 'n spesifieke Eiser uitgeskakel kan word in 'n individuele verhoor, nie uitgeskakel kan word in 'n gekonsolideerde verhoor nie, aangesien dit noodsaaklik mag wees vir of teen 'n ander Eiser. AD PARAGRAAF 15: 21.1 Sommige Eisers mag slegs slaag (vanwee die quantum ) met koste op 'n skaal soos in die Landdroshof, terwyl ander Eisers geregtig mag wees op koste op 'n skaal soos in die Hooggeregshof.

21.2 Sommige Eisers mag slegs slaag op 'n skaal soos tussen party en party, terwyl ander Eisers mag slaag op 'n skaal soos tussen prokureur en eie klient. 21.3 Sommige Eisers se eise mag van die hand gewys word met koste. 21.4 Sommige Eisers se saak mag 'n kort tydperk in beslag neem, terwyl ander Eisers se saak oor 'n hele aantal hofdae mag strek. 21.5 Tussentydse aksies mag nodig wees in sekere Eisers se gevalle, wat nie die ander Eisers sou raak nie. 21.6 Meerdere getuienis en/of Eisers sal op een dag getuig, wat tydsallokering sal bemoeilik en taksasie onmoontlik sal maak. 21.7 Sommige Eisers mag peregrini wees en ander incolae en aansoeke vir sekuriteit mag nodig wees. Phola

Bladsy 36 Park het ook onwettige immigrante as inwoners. 21.8 Die Eisers se prokureurs sal nie in staat wees om 'n realistiese verdeling tussen party en party en prokureur en klient koste tussen al die Eisers te maak nie. AD PARAGRAAF 16; 22.1 Ek ontken die inhoud van die paragraaf. Indien 'n gekonsolideerde verhoor gehou word, sal die Respondent al sy getuienis beskikbaar moet hou ten einde te antwoord op getuies gelewer deur elke Eiser. Sommige van die Respondent se getuies sal lang tydperke onnodig by die Hof moet wag. Daarbenewens sal dertig Eisers se getuienis verwarrend wees en groot ongerief veroorsaak. 22.2 'n Gekonsolideerde verhoor sal nie getuienis uitskakel nie en sal Respondent gedwing word om al sy beskikbare getuies beskikbaar te hou en te roep as getuies in die verrigtinge. In die

I Bladsy 37 geval van 'n individuele verhoor sal alle getuies wat nie deur 'n Eiser geraak word nie, uitge- skakel kan word. Of dertig Eisers apart getuig in eie verhore of apart getuig in gekonsolideerde verhore, sal geen tydsbesparing in die geval van 'n gekonsolideerde verhoor tot gevolg he nie. 22.3 Die voorbereiding deur die Respondent sal ook moet geskied ten opsigte van elke Eiser aangesien elke Eiser se omstandighede, beserings en quantum verskil. Beserings is ook op verskillende tye en plekke weens verskillende oorsake opgedoen. 22.4 Daar sal geen koste-besparing vir die Respondent wees nie, aangesien die Respondent se ver- dediging ten opsigte van elke Eiser se saak steeds individueel voorberei en aangebied sal moet word. Aangesien die kanse op 'n skikking m 'n gekonsolideerde verhoor aansienlik minder is, soos hierbo uiteengesit, sal dit groter koste vir die Respondent veroorsaak. Die getuienis van die Respondent sal in tyd in 'n geringe mate oorvleuel en sal die oorvleueling slegs van toepassing wees ten opsigte van sekere van die Eisers. Elke Eiser se eis bly egter individueel

Bladsy 38 en is die Respondent se antwoord op elke Eiser se eis individueel. getuienis wat in die Hof gelewer word kan voortspruit. Aangesien elke Eiser ook 'n individuele saak het om aan te bied, sal dit tot gevolg moet he dat instruksies van tyd tot tyd van die Eisers verkry moet word gedurende die Al die Eisers sal meeste van die tyd by en in die Hof teenwoordig moet wees, aangesien dit onmoontlik is dat die Eisers se regsverteen- woordigers in detail kan antisipeer wat uit die verhoor. Die instruksies sal nie net tyd- vertragend wees en vele hofverdagings noodsaak nie, maar sal tot gevolg h dat die Hof baie moeilik al die Eisers sal kan akkommodeer op so wyse en plek waar die regsverteenwoordigers van die Eisers redelike en ordelike toegang tot hulle het. So situasie mag ook afbreuk doen aan die ordelikheid wat noodsaaklik is in die Hof. Die mag ook wees dat ooreenkoms bereik word tussen 'n Eiser en die Respondent dat 'n sekere feitestel in 'n sekere Eiser se geval by wyse van 'n gestelde saak voor die Hof geplaas kan word,

Bladsy 39 bv. ten opsigte van die vraag of 'n verkragting b m n e of buite diensbestek was, of die vraag of die Onrusregulasies in die geval van 'n spesifieke Eiser se geval toepaslik is. 'n Gekonsolideerde verhoor sal die prosedure negeer aangesien elke Eiser in elke geval sal getuig en die Respondent sal moet antwoord op elke Eiser se bewerings. Ek doen met eerbied aan die hand dat die vorderingsreg van dieselfde regs- of feitevrae, soos hierbo na verwys, nie. Ek doen met eerbied aan die hand dat die Verweerder benadeel sal word indien die aansoek om konsolidasie toegestaan word en so gekonsolideerde verhoor sal uiters ongerieflik vir die Verweerder en die Eisers wees. Die Verweerder en die Eisers sal ook nie koste of tyd in 'n gekonsolideerde verhoor bespaar nie. DEPONENT

c Bladsy 40 GETEKEN EN BEeDIG VOOR MY TE Qp HIERDIE DAG VAN 1993, NADAT DIE DEPONENT VERKLAAR HET DAT HY DIE INHOUD VAN HIERDIE EEDSVERKLARING BEGRYP EN VERSTAAN, DIT BINDEND OP SY GEWETE BESKOU EN DAT HY GEEN BESWAAR MAAK TEEN DIE NEEM VAN DIE EED NIE. VOLLE NAME: KOMMlSSARIS VAN EDE EX OFFICIO:.... ADRES :..ft.. A o'tit'd /h 5 ^ / ^ r~7jo-

Collection Number: AK2702 Goldstone Commission of Enquiry into PHOLA PARK Records 1992-1993 PUBLISHER: Publisher:-Historical Papers, University of the Witwatersrand Location:-Johannesburg 2012 LEGAL NOTICES: Copyright Notice: All materials on the Historical Papers website are protected by South African copyright law and may not be reproduced, distributed, transmitted, displayed, or otherwise published in any format, without the prior written permission of the copyright owner. Disclaimer and Terms of Use: Provided that you maintain all copyright and other notices contained therein, you may download material (one machine readable copy and one print copy per page) for your personal and/or educational non-commercial use only. People using these records relating to the archives of Historical Papers, The Library, University of the Witwatersrand, Johannesburg, are reminded that such records sometimes contain material which is uncorroborated, inaccurate, distorted or untrue. While these digital records are true facsimiles of the collection records and the information contained herein is obtained from sources believed to be accurate and reliable, Historical Papers, University of the Witwatersrand has not independently verified their content. Consequently, the University is not responsible for any errors or omissions and excludes any and all liability for any errors in or omissions from the information on the website or any related information on third party websites accessible from this website. This document is part of a private collection deposited with Historical Papers at The University of the Witwatersrand by the Church of the Province of South Africa.