DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE DIE MULTILATERALE MOTORVOERTUIG-

Similar documents
OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

[1] Die applikant vra, in sy kennisgewing van mosie, vir die

MICHAL CORNELIUS FRANZ ODENDAAL N.O. LUXUS WEALTH MANAGEMENT (EDMS) BEPERK

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling)

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA GORETE TEIXEIRA SUTIL N.O. AANGEHOOR OP: 29 NOVEMBER 2012 UITSPRAAK DEUR: VAN DER MERWE, R

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

VOORSLAG ONTWIKKELINGSKORPORASIE (EDMS) BPK RUIL 'N PLAAS (EIENDOMS) BEPERK

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

Government Gazette Staatskoerant

Daniël en die Leeukuil

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

JDG TRADING (EDMS)BEPERK UITSPRAAK

VRYSTAAT KOÖPERASIE BEPERK WESSEL GEORGE PRINCE WESSELS GELEWER OP: 18 FEBRUARIE 2010

ALGEMEEN GELDENDE KLOUSULE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID- AFRIKA

DEPARTEMENT REKENINGKUNDE FINALE ASSESSERINGSGELEENTHEID NOVEMBER 2015 BELASTING 300/BCTA

Die wonder van water *

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

BOUKONTRAK AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN. Die KONTRAKTEUR soos gedefinieer in die kontrak waarvan hierdie ooreenkoms Aanhangsel F is

Beslis, dat artikel 1 (1) van Wet 71 van 1969 van toepassing was en nie artikel 1 (1) van Wet 68 van 1957 nie.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (NOORDKAAPSE AFDELING) Appèl Nr. : A412/2007 In die saak tussen: ESIAS ENGELBERTUS MEYER

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

/Af KENNISGEWING AAN GETUIE OM DIE POLISIE VAN SY/HAAR ADRES OP HOOGTE TE HOU

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

KOOPOOREENKOMS THERESIA PARK

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

HERSIENE REGLEMENT. van die GKSA PREDIKANTE PENSIOENFONDS

OPBERGINGSOOREENKOMS

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WILLEM STEPHANUS VAN ZYL

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA ABSA BANK BPK REGNR. 1986/004764/06

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

LAERSKOOL SAAMTREK. GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRIMêRE SKOOL LAERSKOOL SAAMTREK

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE NORTHERN CAPE PROVINCE

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

ARBITRASIE-REËLS VAN DIE AFRIKAANSE ARBITRASIE-GENOOTSKAP

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (APPèLAFDELING) APPELLANT. Coram: Wessels AR, Potgieter AR, Jansen AR, Trollip AR en Muller AR UITSPRAAK

WET OP OUTEURSREG 98 VAN WET Om outeursreg te reël en om vir bykomstige aangeleenthede voorsiening te maak.

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. (Noord-KaapseAfdeling) ADRIAAN JACOB ADOLF JONKER EERSTE APPLIKANT ZACHRIA ELIZABETH JONKER TWEEDE APPLIKANT

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Saak Nr. : 5264/2006. In die saak tussen:

Plekwaardes van heelgetalle *

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

Nuusbrief Junie / Julie 2017

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA VOORTREKKER APTEEK BK

MALHERBE RP MALHERBE RP. Applikant verhuur aan respondent twee plase en n hoeveelheid. skape ingevolge n skriftelike huurkontrak (aanhangsel PCM1 tot

TrumpetNet, 31 May 2007

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

GRONDSLAGFASE (GRAAD R TOT 3) REGISTRASIEVORM

Hoërskool Swartland Grondwet

AANBOD VIR DIE VERKRYGING VAN N REG TOT UITBREIDING - DEELTITELSKEMA

OUTENIQUA HOëRSKOOL HANDLEIDING INGEVOLGE ARTIKEL 14 VAN DIE WET OP BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING (PAIA)

Kennisgewing van die ALGEMENE JAARVERGADERING. Suidwes Beherend (RF) Eiendoms Beperk 21 September 2016

VOLTOOI AFDELINGS : A P VOLLEDIG

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

DIE ARBEIDSREGTELIKE POSISIE VAN DIE NAKOMINGSBEAMPTE IN DIE REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Wat is vaskulêre demensie?

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE NASKOOLSENTRUM 2018 Vorm NS 1

VERBLYFREGTE. Wet Op Uitbreiding Van Sekerheid Van Verblyfreg (wet 62 / 1997) Extension Of Security Of Tenure Act = ESTA

UMZUMBE CHALETS AANDELEBLOK (EDMS) BPK

STATUTERE BESKERMING VAN DIE VOORDEELTREKKENDE AANDEELHOUER IN DIE SUID-AFRIKAANSE MAATSKAPPYEREG. deur FREDERIK ANTON DE BRUYN

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

ff;? 'Ka M u A. G, K. Z. G. TIP IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUIP-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) "* SAAKNOMMER: CC 482/8 5 DELMAS

IN DIE HO.OGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WITWATERSRANDSE..PIAASLIKE AFDELING) Saaknoimner : 93/13246 DIE MINISTER VAN VERDEDIGINC. BEeDIGDE VERKLARING

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

Die wind as bron van energie *

KAMMAGAS MYNBOU (EDMS) BEPERK

MOTORBOTE, SEILJAGTE EN KLEIN VAARTUIE

Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting *

Hoe kom ek op die webwerf? Besoek die Sanlam Aftreefondsweb by

# 2002 Universiteit van Suid-Afrika. Hersiene uitgawe Alle regte voorbehou

SILLABUS VIR DIE TRANSPORTBESORGINGEKSAMEN (2010 Uitgawe)

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

Speel met battery elektrisiteit *

N ARBEIDSREGTELIKE PERSPEKTIEF OP DIE ONGURE KONTRAK VAN KYLIE

Wat is elektrisiteit? *

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

LAERSKOOL SAAMTREK GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

Johannes 6:1-15; /07/2014

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

IS 2015/16 SE DROOGTE DIE ERGSTE NOG? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (APPèLAFDELING) V NOORDKAAPLANDSE AARTAPPELKERNMOERKWEKERS KOÖPERASIE BPK RESPONDENT

Transcription:

DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE 1e Appelant DIE MULTILATERALE MOTORVOERTUIG- ONGELUKFONDS.2eAppelant M M HOGAN Respondent

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE 1e Appellant DIE MULTILATERALE MOTORVOERTUIGONGELUK- FONDS 2e Appellant en M M HOGAN Respondent Coram: JOUBERT Wnd H R et E M GROSSKOPF, MILNE, NIENABER ARR et HARMS Wnd AR. Verhoor: 2 Maart 1993 Gelewer: 28 Mei 1993 U I T S P R A A K JOUBERT Wnd HR:

2 Hierdie is 'n appél teen 'n uitspraak van PLEWMAN R in die Transvaalse Provinsiale Afdeling wat 'n verklarende bevel ten gunste van die respondent ("Hogan") verleen het waarvolgens die tweede appellant (die "Multilaterale Motorvoertuigongelukfonds", oftewel die "M M F") verplig is om sonder enige aftrekkings betreffende inkomstebelasting die bruto bedrae van die paaiemente in klousule 1(6) van die sertifikaat te betaal (bede l(a) van Hogan se Kennisgewing van Mosie). (Ek sal straks verwys na die aard van die sertifikaat). Behalwe vir die kostebevel ten gunste van Hogan is die ander regshulp in bede l(b) van die Kennisgewing van Mosie, wat deur Hogan laat vaar is, tans akademies en irrelevant wat hierdie appél betref. Hogan was die applikant in die Hof a cruo terwyl die eerste appellant (die "Kommissaris") die tweede respondent en die M M F die eerste respondent was. Verlof om te appelleer, is deur die Hof a quo geweier. Met verlof in terme

3 van art 20(4)(b) van Wet 59 van 1959 kom die Kommissaris en die M M F tans in hoër beroep na hierdie Hof. Die appêl van die M M F is voorwaardelik vir die geval dat die Kommissaris se appèl gehandhaaf word nl. dat inkomstebelasting wel deur Hogan betaalbaar is, soos infra aangedui sal word. Hogan wat op 25 Oktober 1960 gebore is, was 'n brandweerman toe hy gedurende Junie 1977 baie ernstig in 'n motorvoertuigongeluk beseer is as gevolg waarvan hy 'n parapleeg geword het. Gedurende 1979 het sy vader in sy hoedanigheid as natuurlike voog namens hom 'n aksie in die Transvaalse Provinsiale Afdeling teen die Motorvoertuigassuransie-fonds (die "M V A- fonds) vir die betaling van R350 000-00 algemene skadevergoeding ingestel. Laasgenoemde het betrekking gehad op items soos toekomstige verlies aan inkomste of toekomstige verlies aan verdienvermoë, verlies aan lewensgenietinge, pyn, lyding, skending van voorkoms

4 ens. Die aksie is geskik en die bestuurder van die M V A-fonds het op 28 April 1981 kragtens art 21(lC)(b) van die Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering 56 van 1972 'n sertifikaat uitgereik om Hogan se eis vir toekomstige verlies vanaf 1 April 1981 paaiementsgewys te betaal. Hierdie sertifikaat bevat die volgende klousules: "1. Die Motorvoertuigassuransiefonds (die MVA-Fonds) sal, vanaf 1 April 1981, Matthew Michael Hogan (gebore op 25 Oktober 1960) ingevolge die Bepalings van Artikel 21 (1 C) (b) van Wet 56 van 1972 ten aansien van sy eis om toekomstige verlies aan inkomste genoemde verlies paaiementsgewys betaal op die volgende terme:- 1.1 Vir die eerste 6 maande R540,00 per maand. 1.2 Vir die daaropvolgende 6 maande R590,00 per maand. 1.3 Vir die daaropvolgende 6 maande R615,00 per maand. 1.4 Vir die daaropvolgende 2½ jaar R640,00

5 per maand. 1.5 Vir die daaropvolgende jaar R665,00 per maand. 1.6 Daarna, teen die bruto salaris wat per maand deur 'n sub-offisier (of iemand wat 'n ekwivalente pos beklee) by die Brandweerafdeling van die Johannesburgse Stadsraad van tyd tot tyd verdien word en wel tot by die normale aftreedatum van so 'n persoon. 1.7 Daarna, teen die bruto pensioen wat sodanige persoon op daárdie stadium sou verdien op die veronderstelling dat sy dienstydperk geëtrek het vanaf 1 April 1981. Die MVA-Fonds sal geregtig wees om die bogenoemde betalings maandeliks vooruit te doen op 1 Mei en 1 November van elke jaar. Dit is 'n voorvereiste vir sodanige betalings dat die Eiser voor elke betaling 'n verklaring voorlê van 'n Kommissaris van Ede dat hy homself tevrede gestel het dat die Eiser nog in lewe is. Indien betalings om enige rede nie 6 maandeliks gedoen word nie, sal die MVA-Fonds geregtig wees om aan te dui met welke tussenposes sodanige verklarings aan die MVA-Fonds voorgelê moet word deur die Eiser.

6 2. Die betalings deur die MVA-Fonds aan die Eiser sal direk in die Eiser se lopende bankrekening nommer 1938-000-986 by die Malvern tak van Nedbank inbetaal word of op sodanige ander rekening wat die Eiser van tyd tot tyd skriftelik mag aandui. Alternatiewelik sal die MVA-Fonds geregtig wees om die Eiser per tjek te betaal. 3. Gemelde onderneming word gegee op die veronderstelling dat die gemelde Matthew Michael Hogan vanweë die motorbotsing en daaropvolgende beserings (insluitende paraplegia) opgedoen, sy gehele toekomstige verdienste-vermoë verloor het. 4. Indien die MVA-Fonds te enige tyd van oordeel is dat gemelde M M Hogan nie sy toekomstige verdienste-vermoë totaal verloor het nie, sal die Fonds geregtig wees om die aangeleentheid na 'n arbiter te verwys wat geregtig sal wees om die voormelde paaiemente te verminder of om te gelas dat geen paaiemente betaalbaar is nie. 5. Indien gemelde M M Hogan te enige tyd van

7 oordeel is dat omstandighede sodanig verander het sedert die arbiterstoekenning dat die paaiemente geheel of gedeeltelik her-ingestel moet word, sal hy geregtig wees om sodanige aangeleentheid na 'n arbiter te verwys. 6. Die arbiter sal 'n senior advokaat wees wat aangewys is deur die Voorsitter van die Pretoriase Balieraad. 7. Die prosedure voor die arbiter sal informeel wees. 8. Die beslissing van die arbiter is nie aan appèl onderh finaal nie in die opsig dat enige party op 'n later stadium wanneer die party redelikerwys van mening is dat omstandighede genoegsaam verander het, die reg behou om op te tree soos uiteengesit in paragrawe 4 en 5 hierbo. 9. Gemelde M M Hogan onderneem om pp enige redelike versoek van die Fonds homself aan sodanige mediese en/of sielkundige toetse te onderwerp wat die Fonds in staat sal stel om te besluit om die aangeleentheid na die arbiter te verwys. Hofreël 36 van die

8 Hooggeregshofreëls sal mutatis mutandis op sodanige ondersoek van toepassing wees. 10. Gemelde M M Hogan sal van tyd tot tyd 'n sertifikaat van die Stadsraad van Johannesburg aan die Fonds voorlê ten einde die bruto salaris van 'n gewone brandweerman of 'n suboffisier vir doeleindes van paragraaf 1 van hierdie sertifikaat te bewys. ALDUS GETEKEN te PRETORIA op hierdie 28ste April dag van April 1981. AS GETUIES:- 1. (GETEKEN) (GET) J KEYSER 2. (GETEKEN) (Geteken J KEYSER namens DIE MOTORVOERTUIGASSURANSIEFONDS)". Die M M F is kragtens art 3(b) van Wet 93 van 1989 die regsopvolger van die Motorvoertuigongelukkefonds (MVO-fonds of "MVA Fund"). Laasgenoemde was die regsopvolger van die Motorvoertuigassuransie-fonds (MVA-fonds of "MVA Fund") wat ingestel is deur art 25 B van Wet 29 van 1942.

9 Wat aanleiding tot Hogan se aansoek om die regshulp in bede l(a) van sy kenisgewing van mosie gegee het, is dat die M M F nie die volle bedrag soos bereken ingevolge klousule 1.6 van die sertifikaat aan hom betaal het nie, maar wel 'n mindere bedrag naamlik daardie bedrag na aftrekking van werknemersbelasting. Laasgenoemde is deur die M M F aan die Kommissaris oorbetaal. Die regverdiging wat vir hierdie optrede voorgehou is, was dat die bedrae, in terme van die sertifikaat betaalbaar, bedrae is wat by wysé van 'n jaargeld aan Hogan betaal word en dat dit gevolglik deel van sy bruto inkomste uitmaak waarvan werknemersbelasting afgetrek moet word. Hogan se standpunt, daarenteen, is dat die betalings 'n ontvangste of toevalling van kapitale aard is, dat dit nie 'n jaargeld is nie en dat, in ieder geval, die M M F onderneem het om die volle bedrae in die sertifikaat genoem, aan hom oor te betaal.

10 Eerste Geskilpunt: Die eerste geskilpunt tussen die partye wat deur bede l(a) van die Kennisgewing van Mosie na vore kom, is of die periodieke maandelikse betalings, wat in klousule 1 van die sertifikaat beding is, as jaargeld (annuity) vir doeleindes van paragraaf 1 se omskrywing van "besoldiqinq" (remuneration) in die 4e Bylae tot die Inkomstebelastingwet 58 van 1962 (die "Wet") beskou kan word of nie. Volgens die relevante gedeelte van hierdie omskrywing beteken "besoldiging": " 'n bedrag aan inkomste wat by wyse van salaris, verlofgratifikasie, toelae, loon, besoldiging vir oortydwerk, bonus, gratifikasie, kommissie, gelde, vergoeding, pensioen, toelae by bereiking van pensioenleeftyd, aftreetoelae, stipendium of traktement aan iemand betaal word of betaalbaar is, hetsy in kontant of andersins, en ongeag of dit ten opsigte yan bewese dienste is al dan nie, met inbegrip van - (a) enige bedrag in paragraaf (a), (c), (d), (e) of (f) van die omskrywing van 'bruto inkomste' in artikel een van

11 hierdie Wet bedoel...." In art 1 van die Wet word "bruto inkomste" (gross income) soos volg omskryf: "met betrekking tot 'n jaar of tydperk van aanslag en in die geval van enige persoon, die totale bedrag, hetsy in kontant of andersins, ontvang deur of toegeval aan of ten gunste van so 'n persoon gedurende bedoelde jaar of tydperk van aanslag uit 'n bron in die Republiek of geag in die Republiek te wees, met uitsluiting van ontvangste of toevallings van 'n kapitale aard, maar ook, sonder afbreuk op enigerlei wyse aan die strekking van hierdie omskrywing, sodanige bedrae (hetsy van 'n kapitale aard al dan nie) aldus ontvang of toêgeval as wat hieronder beskryf word, te wete - (a) 'n bedraq by wyse van 'n jaarqeld ontvanq of toeqeval;...u (My onderstreping). Gévolglik moet jaargeld in die bruto inkomste ingesluit

12 word ongeag of dit van 'n kapitale aard is al dan nie. Volgens art 10 A van die Wet word die kapitaalelement van aangekoopte jaargeld egter vrygestel van inkomstebelasting. Die begrip jaargeld word nie deur die Wet omskryf nie. In ons regspraak is die benadering deur ons howe om aan die hand van die betrokke feite die belangrikste eienskappe van jaargeld vas te stel. Raadpleeg Secretary for Inland Revenue v Watermeyer, 1965(4) SA 431 (A) per HOLMES A R op p 437 A-C : "The Legislature has not defined 'annuity' and I do not consider that it is either necessary or desirable to try to formulate a touchstone definition applicable to all cases. It will be sufficient for the purposes of this case to refer to one or two basic or essential characteristics, without which there cannot be an annuity. Used in regard to payments, the word, from

13 its very nature, postulates the element of recurrence, in the sense of annual payments (even if made, say, quarterly during the year). And this element of necessary annual recurrence cannot be present unless the beneficiary has a riqht to receive more than one annual payment. This seems to me to be axiomatic, and there is no need to make it sound portentous by parading the authorities". Uit die onderstreepte woorde blyk dit dat daar op twee hoofeienskappe van jaargeld klem gelê is, nl. 1. herhaalde jaarlikse (of te wel periodieke) betalings, 2. die reg van die begunstigde om meer as een betaling van jaargeld te ontvang. Laasgenoemde hoofeienskap is natuurlik die keersy van iemand se verpligting om die jaarlikse betalings te maak. Hierdie uiteensetting van die hoofeienskappe van jaargeld onderskryf die toonaangewende benadering

14 deur PRICE R in I T C 761 19 S A T C 103 op 106: "The main characteristics of an annuity are : (1) that it is an annual payment (this would probably not be defeated if it were divided into instalments); (2) that it is repetitive - payable from year to year for, at any rate, some period; (3) that it is chargeable against some person." Hierdie hoofeienskappe van jaargeld is egter geensins alomvattend nie, soos straks sal blyk. Die vraag in die onderhawige geval is of paaiemente wat aan Hógan uit hoofde van klousule 1(6) van die sertifikaat betaalbaar is, jaargeld is of nie. Indien hulle wel jaargeld is dan is hulle deel van sy bruto inkomste (ongeag of dit van 'n kapitale aard is al dan nie). Wat meer is, hulle maak dan ook deel uit van sy "besoldiging" soos omskryf in paragraaf 1 van die 4e Bylae tot die Wet. Daarenteen indien die paaiemente

15 nie jaargeld is nie dan ontstaan die verdere vraag of hulle van 'n kapitale aard is in welke geval hulle nie deel van bruto inkomste en "besoldiging" uitmaak nie. Vergelyk Secretary for Inland Revenue v Watermeyer, supra, per HOLMES A R op p 436 : "It will been seen that if an amount in question is received by way of an annuity, it is part of gross income whether or not it is of a capital nature. If it is not an annuity, the further question arises whether the amount is a receipt or accrual of a capital nature, in which event it is excluded from gross income". Art 21(1 C)(b) van Wet 56 van 1972, soos ingevoeg deur art 8 van Wet 69 van 1978, is die magtigende wetsbepaling waarkragtens die sertifikaat as 'n onderneming (undertakinq) uitgereik is. Hierdie artikel lui soos volg: "Waar 'n eis om skadevergoeding kragtens artikel 21 - (b) 'n eis om toekomstige verlies aan

16 inkomste of van onderhoud insluit, is die betrokke bevoegde versekeraar geregtig om, nadat hy 'n onderneming te dien effekte aan die betrokke derde party verstrek het of 'n bevoegde hof hom gelas het om sodanige onderneming te verstrek, die bedrag deur hom ten opsiqte van genoemde verlies betaalbaar, paaiementsgewys soos ooreengekom of deur die hof gelas, te betaal." (My onderstreping). In Marine & Trade Insurance Co Ltd v Katz N 0, 1979(4) S A 961 (A) het hierdie Hof ingegaan op die uitleg van art 21(1 C)(b). Laasgenoemde se oogmerk is om voorsiening te maak daarvoor om te kan afwyk van die gemeenregtelike benadering waarvolgens 'n eiser sy skadevergoeding vir al sy skade of verlies, hetsy bestaande hetsy toekomstige, eens en vir altyd in één aksie moet eis. 'n Bevoegde versekeraar (soos omskryf in art 1 (1) van Wet 56 van 1972) word deur art 21 (1 C)(b) die bevoegdheid verleen om aan die

17 betrokke derde party 'n onderneming te verstrek om sy toekomstige verlies aan inkomste of onderhoud paaiementsqewys te betaal. Die doel van sodanige onderneming is om 'n verhoorhof die taak te ontneem om die cruantum van die skadeverqoeding vir hierdie items deur 'n qlobale bedraq vas te stel met inaqneminq van onsekerhede en onberekenbare faktore (raadpleeg p 974 B, p 974 in fine - p 975 A, p 975 B-C, p 976 A-B). In die huidige geval is die M V A-fonds se onderneming beliggaam in die sertifikaat (supra). Wat dadelik opval, is dat nêrens daarin melding gemaak word van 'n totaalsom of globale bedrag as skadevergoeding vir Hogan se eis om toekomstige verlies aan inkomste nie. Volgens klousule 1 onderneem die M V A-fonds om Hogan se (illikiede) eis om toekomstige verlies aan inkomste paaiementsgewys te betaal vanaf 1 April 1981 óp sekere terme. Klousule 1 (1) tot (5) lê vir die eerste 5 jaar sekere vaste maandelikse

18 bedrae as paaiemente neer. Daarna is die maandelikse paaiemente se bedrae bepaalbaar, soos vermeld in klousule 1(6) en (7). Dit is 'n voorvereiste voor elke maandelikse betaling dat Hogan skriftelike bewys voorlê dat hy nog in lewe is. Die afleiding is dat die verpligting om die maandelikse paaiemente te betaal met sy dood verval. Klousule 3 plaas op rekord dat Hogan sy gehele toekomstige verdienste-vermoë verloor het. Die ander bepalings van die onderneming is op hierdie stadium nie ter sake nie. Is die maandelikse paaiemente in die onderhawige geval jaargelde? Afgesien van die hoofeienskappe van jaargelde waarná supra verwys is, is daar ook ander hulpmiddels wat besonder waardevol in hierdie verband kan wees. In Deary v Deputy Commissioner of Inland Revenue, 1920 C P D 541 het BENJAMIN R op p 549-550 die volgende aangehaal uit 'n dictum van ROWLATT R in die Engelse

19 beslissing van Jones v Commissioner of Inland Revenue, 121 L T 611 nl. : "A man may sell his property for a sum which is to be paid in instalments and when you sée that is the case, that is not income nor any part of it - - - - A man may sell his property for what is an annuity - that is to say he causes the principal to disappear and an annuity to take its place. If you can see that that is what it is then the Income Tax taxes it. Or a man may sell his property for what looks like the annuity, but you can see quite well from the transaction that it is not really the transmutation of a principal sum into an annuity, but it is a principal sum the pavment of which is being spread over a time and is being paid with interest - - - - I therefore think that what one has to do is to look and see what the sum payable really is. I think - - - that the ascertaining of an antecedent debt is not the only thing that governs it; it does not govern it by magic, but it is a very valuable

20 guide in a great many cases undoubtedly." (My onderstreping). Aansluitend hierby is die volgende benadering deur MILLIN R in Commissioner for Inland Revenue v Millstein, 1942 T P D 57 op p 64 ten aansien van die betekenis van art 7(1) van die Inkomstebelastingwet 40 van 1925 se omskrywing van "gross income" wat insluit (a) of annuity". "any amount so received accrued by way Hy beslis soos volg: "Par. (a) includes under gross income any amount so received by way of an annuity. Annuities differ from other investments in that the capital sum invested is not returnable when the annuity ceases to be payable. - - - - The test, in determining whether a series of annual payments amounts to an annuity, is whether the principal continues to exist as a debt or is liquidated when the transaction takes place. If it is liquidated the payments constitute an

21 annuity." (My onderstreping). Die motorvoertuigongêluk waarin Hogan beseer is, het 'n deliktuele skuld laat ontstaan uit hoofde waarvan die M V A-fonds aanspreeklikheid teenoor hom opgedoen het om sy toekomstige verlies van inkomste te vergoed. 'n Eenmalige betaling van die skuld sou van 'n kapitale aard wees wat die skuld sou uitwis. Insgelyks sou die verspreiding van die betaling deur 'n aantal afbetalings ook van 'n kapitale aard wees wat die skuld verminder totdat dit uitgewis is. Vergelyk Jones v Commissioner of Inland Revenue, supra. Die onderneming het in die onderhawige geval egter 'n geheel en ander toestand tot stand gebring. Dit het die deliktuele skuld met sy aanspreeklikheid om Hogan se toekomstige verlies van inkomste te vergoed, deur kontraktuele aanspreeklikheid van die M V A-fonds om maandelikse paaiemente aan Hogan te betaal, vervang.

22 Die deliktuele skuld is deur die onderneming uitgewis sodat dit as 't ware 'n transmutasie ondergaan het deur. in die plek daarvan kontraktuele aanspreeklikheid te stel om die maandelikse paaiemente aan Hogan te betaal solank hy leef (tensy sy toestand sou verbeter) sonder om 'n likwiede of bepaalbare skuld daar te stel wat deur die betaling van maandelikse paaiemente verminder word. By Hogan se afsterwe word geen kapitaalsom aan hom teruggegee nie anders as wat die geval met ander beleggings is. In die lig van hierdie aspekte saamgelees met die hoofeienskappe van jaargeld, soos hierbo vermeld, is ek van oordeel dat hierdie maandelikse paaiemente jaargelde is en dat die Hof a cruo fouteer het deur hulle as kapitale betalings van algemene skadevergoeding te konstrueer. Wat die eerste geskilpunt betref, is ek derhalwe van oordeel dat die periodieke maandelikse betalings jaargeld is vir doeleindes van paragraaf 1 se

23 omskrywing van "besoldiging" in die 4e Bylae tot die Wet, en dat hulle deel van Hogan se bruto inkomste (ongeag of hulle van 'n kapitale aard is al dan nie), soos omskryf in art 1 van die Wet, is. Die Tweede Geskilpunt: Hierdie geskilpunt het ontstaan deurdat die M M F van die maandelikse paaiemente wat aan Hogan betaalbaar is maandeliks aftrekkings van werknemersbelasting gemaak het. Hogan daarenteen beroep hom op klousule 2 van die onderneming waarvolgens die maandelikse paaiemente direk in sy bankrekening inbetaal moet word. Sy standpunt is dat dit beteken sonder enige aftrekkings. Die Hof a quo het Hogan gelyk gegee. Art 89 bis (1) van die Wet maak voorsiening vir werknemersbelasting wat ooreenkomstig die bepalings van die 4e Bylae ingevorder moet word. Para 2(1) van die 4e Bylae verplig 'n werkgewer wat 'n

24 besoldiging aan 'n werknemer betaal, of deur hom aan 'n werknemer betaalbaar is, om van die besoldiging 'n bedrag af te trek as werknemersbelasting t.o.v. die werknemér se aanspreeklikheid vir normale belasting. Die werkgewer is verplig om die aftrekkings aan die Kommissaris oor te betaal. Sodanige oorbetalings kan dan in vergelyking gebring word deur die werknemer as belastingpligtige teen sy belastingaanspreeklikheid wanneer hy deur die Kommissaris aangeslaan word (para 28(1)). Die strekking van die omskrywing van "werkgewer" in para 1 is, vir doeleindes van die onderhawige geval, 'n persoon wat aan 'n werknemer (anders dan 'n maatskappy) 'n bedrag by wyse van besoldiging betaal. "Werknemer" is volgens para 1 'n persoon (behalwe 'n maatskappy) wat besoldiging ontvang of aan wie besoldiging betaalbaar is.

25 Para 1 se omskrywing van "besoldiging" is reeds supra aangehaal waaruit blyk dat dit o.a. bepaal "met inbeqrip van - (a) eniqe bedraq in paraqraaf (a), (b), (c), (d), (e) of (f) van die omskrywinq van 'bruto inkomste' in artikel een van hierdie Wet bedoel." (My onderstreping). Uit die omskrywing van "bruto inkomste" in art 1 van die Wet, supra aangehaal, beteken para (a) daarvan : " 'n bedrag by wyse van jaarqeld ontvang of toegeval."(my onderstreping). "besoldiging", Die effek daarvan is dat die begrip soos omskryf in para 1 van die 4e Bylae tot die Wet, by wyse van inlywing deur verwysing jaarqeld insluit. Dit volg dan dat daar 'n statutêre verpligting op die M M F rus om werknemersbelasting af te trek van die jaargelde alvorens hulle aan Hogan uitbetaal word. Al sou klousule 2 van die onderneming

26 die betekenis dra wat Hogan daaraan heg, kan dit as 'n kontraktuele bepaling nie die statutere verpligting van die M M F wysig nie. Die betoog namens die M M F moet derhalwe gehandhaaf word. ie resultaat is dat die twee appellante se appelle gehandhaaf word. Die volgende bevele word verleen : 1. Die appelle van die twee appellante slaag met koste. 2. Die bevel van die Hof a quo word deur die volgende bevel vervang : "Prayer l(a) of the Notice of Motion is dismissed with costs." E M GROSSKOPF AR MILNE AR Stem saam. NIENABER AR HARMS Wnd AR C P JOUBERT Wn HR.