SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS

Similar documents
LAERSKOOL SAAMTREK GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM

LAERSKOOL SAAMTREK. GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRIMêRE SKOOL LAERSKOOL SAAMTREK

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Hoërskool Swartland Grondwet

TOELATINGSBELEID LAERSKOOL RUSTENBURG RAKENDE DIE TOELATING VAN LEERDERS TOT DIE SKOOL OF GRADE BY DIE SKOOL

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

OUTENIQUA HOëRSKOOL HANDLEIDING INGEVOLGE ARTIKEL 14 VAN DIE WET OP BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING (PAIA)

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

Daniël en die Leeukuil

Die wonder van water *

AGRI NOORD-KAAP GRONDWET

GRONDWET VAN DIE DRAKENSTEIN SAKEKAMER

Kennisgewing van die ALGEMENE JAARVERGADERING. Suidwes Beherend (RF) Eiendoms Beperk 21 September 2016

GREY KOLLEGE BELEID TEN OPSIGTE VAN DWELMMIDDELS

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

SAOU (Gauteng) SKOOLVERTEENWOORDIGERS Februarie 2016 KORTLYSVERGADERINGS EN ONDERHOUDE

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

DIE ARBEIDSREGTELIKE POSISIE VAN DIE NAKOMINGSBEAMPTE IN DIE REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Buitengewone Provinsiale Koerant. Provincial Gazette Extraordinary CONTENTS INHOUD. Donderdag, 28 Februarie Thursday, 28 February 2002

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

/Af KENNISGEWING AAN GETUIE OM DIE POLISIE VAN SY/HAAR ADRES OP HOOGTE TE HOU

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

Inkomstestaat en balansstaat *

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

BELEID OOR KONFLIK VAN BELANGE

Een gesertifiseerde kopie van elk van die volgende dokumente moet aangeheg wees indien van toepassing: Geslag. ID Nommer. Nasionaliteit.

G/ Volgende hersien datum: Algemeen

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

PAARL RANGERS. Paarl Rangers Rugby-Voetbal Klub Gestig (1914) Grondwet en Reglimente Geamendemeer op 28 Oktober 2015

13.6 RAPPORT 6: BESTUUR VAN DIE ADMINISTRATIEWE BURO AAN DIE LEDE VAN DIE ADMINISTRATIEWE BURO WYSIGING VAN REGLEMENT (Artt 155, 156)

BOUKONTRAK AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN. Die KONTRAKTEUR soos gedefinieer in die kontrak waarvan hierdie ooreenkoms Aanhangsel F is

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

MOOIBERGE EIENAARSVERENIGING PAARL GRONDWET

SPELERS MET GESTREMDHEDE

HOOFSTUK 2 VAN DIE GRONDWET VAN DIE RSA, WET 108 VAN HANDVES VAN REGTE (aa 7-39)

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

UMZUMBE CHALETS AANDELEBLOK (EDMS) BPK

Speel met battery elektrisiteit *

Universiteit Stellenbosch Opleidingsforum. Terme van verwysing PD0329. General (external and internal)

AANSOEK TOT TOELATING VIR 2019 HUIDIGE SKOOLGELD VIR 2018 OPSIE 1: MAANDELIKS OPSIE 2: EENMALIG OPSIE 3: DEBIETORDER. Betaalbaar voor/op 1 Maart 2018

Die Senwes Etiese Kode is n hoëvlak dokument wat Senwes se toewyding tot die

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA

5.2 Konstruksie van vraelyste Struktuur van die vraelys

Die wind as bron van energie *

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA VOORTREKKER APTEEK BK

LAERSKOOL HELDERKRUIN

TrumpetNet, 31 May 2007

Nuusbrief Junie / Julie 2017

BELEID OOR DIE BESTUUR VAN WERKTYD, EN ALLE FAKTORE WAT DAAROP N IMPAK HET, VAN INRIGTINGSVERBONDE OPVOEDERS BY SKOLE [Grade R - 12]

Beleid oor byeenkomste, demonstrasies en betooglinievorming by die Noordwes-Universiteit

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

n Konsep Gedragskode vir Godsdienste in Suid-Afrika (2)

Wat is vaskulêre demensie?

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

AURORA PRIVAAT STUDENTE ORGANISASIE GRONDWET

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VOLTOOI AFDELINGS : A P VOLLEDIG

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE NASKOOLSENTRUM 2018 Vorm NS 1

Government Gazette Staatskoerant

Laerskool Wonderboom LEERDERAANWESIGHEIDSBELEID

GRONDSLAGFASE (GRAAD R TOT 3) REGISTRASIEVORM

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA GORETE TEIXEIRA SUTIL N.O. AANGEHOOR OP: 29 NOVEMBER 2012 UITSPRAAK DEUR: VAN DER MERWE, R

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Februarie 2016 No: 4 van 2016

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

nommer 1 Gedragskode vir ouers 3 2 Gedragskode en dissiplinêre prosedures 10 3 Dissipline Beleid 18 4 Dissiplinêre prosedure en gedragskode 24 5

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WILLEM STEPHANUS VAN ZYL

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES

LAERSKOOL EVERSDAL VIGSBELEID

AGRI VOEDSEL. AGRI VOEDSEL BEPERK (In die Republiek van Suid-Afrika geïnkorporeer) (Registrasienommer 2007/015880/06) ("AVL" of "die Maatskappy")

EDUPLEX. VOOR-, LAER- EN HOËRSKOOL Aansoekvorm Afrikaanse Klas. Graad/e:

KOOPOOREENKOMS THERESIA PARK

Die rol van skoolbeheerliggame in die aanbeveling van prinsipale aanstellings: uitdagings vir plattelandse skole.

Hoërskool Roodepoort

Agentskap-aansoekvorm. Afdeling 1

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

DIE REPUBLIEK VAN HELDERBERG: GRONDWET

BELEIDSDOKUMENT FINANSIëLE BELEID

Grondbeginsel 1. Annotasie

Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting *

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Transcription:

SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1-6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7-11) 3. Konseprookbeleid (bl. 12-13) 4. Grondwet van Beheerliggaam (bl. 14-17) 5. Taalbeleid (bl. 18-20) 6. Konsepgodsdiensbeleid (bl. 21-22) 7. Beleid oor seksuele teistering (bl. 23-25) 8. MIV/VIGS Beleidsdokument vir Skole (bl. 26-31) 9. Dwelmmisbruik (bl. 32-33) 10. Beleid oor geslagsgelykheid (bl. 34-39) 11. Grondwet van OOV (bl. 40-42) 12. Sportbeleid (bl. 43-45) 13. Assesseringsbeleid (bl. 46-58) 14. Leerderbywoningsbeleid (bl. 59-62) 15. Gedragskode vir opvoeders (bl. 63-64) 16. Veiligheid- en sekuriteitsbeleid (bl. 65-74) 17. Beleid t.o.v. sportborgskappe (bl. 75) 18. Selfoonbeleid (bl. 76) 19. Kultuurbeleid (bl. 77-79)

TOELATINGSBELEID: Beleid van WORCESTER-NOORD PRIMÊRE SKOOL rakende die toelating van leerders tot die skool of grade by die skool Aangesien Worcester-Noord Primêre Skool (hierna die skool ) n openbare skool is met regspersoonlikheid ingevolge die bepalings van artikel 15 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, Nr. 84 van 1996 (soos gewysig) (hierna die Skolewet ) waarvan die beheer aan sy skoolbeheerliggaam (hierna die SBL ), soos in artikel 16 van die Skolewet, toevertrou is; Aangesien die SBL ingevolge artikel 5 van die Skolewet by magte is om onderhewig aan die bepalings van die Skolewet en enige toepaslike provinsiale wet, die Skool se beleid rakende die toelating van leerders tot die Skool en grade by die Skool te bepaal; Aangesien die SBL met betrekking tot die kwessie van leerdertoelating tot die Skool of verskillende grade by die Skool op die volgende wetgewing (hierna die wetgewing ) let: (i) die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika vervat in Wet Nr. 108 van 1996 (hierna die Grondwet ); (ii) artikel 3(3)(4)(1) en 5 van die Wet op Nasionale Onderwysbeleid, Nr.27 van 1996 ( NEPA ); (iii) die Toelatingsbeleid vir Gewone Openbare Skole, deur die minister van onderwys in Staatskoerant Nr. 19377 van 19 Oktober 1998 (Kennisgewing Nr. 2432/98 (hierna ministeriële beleid ) gepubliseer; en (iv) die Wysigingswet op onderwyswette, Nr. 50 van 2002; Aangesien die Skool en sy SBL die betrokke bepalings van die wetgewing raadpleeg in soverre dit vir hulle geld en bindend is en voorrang geniet bo die mag van die SBL om die Skool se toelatingsbeleid te bepaal, en terselfdertyd vasbeslote is om die volle toepassing van die Skool se toelatingsbeleid binne die perke van die wetgewing en van tyd tot tyd enige ander toepaslike wetgewing, te verseker; Daarom verklaar die SBL namens die Skool nou die Skool se beleid vir die Toelating van Leerders tot die Skool of verskillende Grade by die Skool soos volg: 1. AANSOEKE OM TOELATING TOT DIE SKOOL 1.1 Daar word erken dat - (a) die Departementshoof (Onderwys) (hierna DH ) en/of amptenare van die departement van onderwys (DVO) wat deur die DH gedelegeer is (hierna die DH-gedelegeerde(s) ), vir die administrasie van leerdertoelating tot die Skool verantwoordelik is; en (b) die DH/die DH-gedelegeerde(s) n registrasieproses vir toelating tot openbare skole moet bepaal sodat leerdertoelating op n tydige en doeltreffende wyse plaasvind. 1.2 Daar word beklemtoon dat die DH/die DH-gedelegeerde(s) / die Skoolhoof hierdie beleid te alle tye sigbaar, billik en ingevolge die wet in aanmerking moet neem tydens optrede ooreenkomstig paragraaf 1.1 hierbo of die beslissingsproses rakende toelatingsaansoeke. Die Skool en sy SBL sal ook van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof verwag om te alle tye volle toegang tot en afskrifte van enige registers of lêers wat as deel van die toelatingsproses gehou word te verkry. 1.3 Die Skool en die SBL sal van die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof verwag om die inligtingsbylae vir beheerliggaamdoeleindes (hierby aangeheg) by die voorgeskrewe aansoekvorm in te sluit en die voltooiing daarvan deur die aansoeker te verseker. 1.4 Die Skool en die SBL sal van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof verwag om te verseker dat aansoekers van die volgende in kennis gestel word en ook skriftelik bevestig dat hulle dit gelees het en begryp: (a) die SBL-grondwet; (b) die Skool se taalbeleid; (c) die Gedragskode vir Leerders; en (d) hierdie toelatingsbeleid. 1.

1TOELATINGSBELEID: Beleid van WORCESTER-NOORD PRIMÊRE SKOOL rakende die toelating van leerders tot die skool of grade by die skool Aangesien Worcester-Noord Primêre Skool (hierna die skool ) n openbare skool is met regspersoonlikheid ingevolge die bepalings van artikel 15 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, Nr. 84 van 1996 (soos gewysig) (hierna die Skolewet ) waarvan die beheer aan sy skoolbeheerliggaam (hierna die SBL ), soos in artikel 16 van die Skolewet, toevertrou is; Aangesien die SBL ingevolge artikel 5 van die Skolewet by magte is om onderhewig aan die bepalings van die Skolewet en enige toepaslike provinsiale wet, die Skool se beleid rakende die toelating van leerders tot die Skool en grade by die Skool te bepaal; Aangesien die SBL met betrekking tot die kwessie van leerdertoelating tot die Skool of verskillende grade by die Skool op die volgende wetgewing (hierna die wetgewing ) let: (i) die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika vervat in Wet Nr. 108 van 1996 (hierna die Grondwet ); (ii) artikel 3(3)(4)(1) en 5 van die Wet op Nasionale Onderwysbeleid, Nr.27 van 1996 ( NEPA ); (iii) die Toelatingsbeleid vir Gewone Openbare Skole, deur die minister van onderwys in Staatskoerant Nr. 19377 van 19 Oktober 1998 (Kennisgewing Nr. 2432/98 (hierna ministeriële beleid ) gepubliseer; en (iv) die Wysigingswet op onderwyswette, Nr. 50 van 2002; Aangesien die Skool en sy SBL die betrokke bepalings van die wetgewing raadpleeg in soverre dit vir hulle geld en bindend is en voorrang geniet bo die mag van die SBL om die Skool se toelatingsbeleid te bepaal, en terselfdertyd vasbeslote is om die volle toepassing van die Skool se toelatingsbeleid binne die perke van die wetgewing en van tyd tot tyd enige ander toepaslike wetgewing, te verseker; Daarom verklaar die SBL namens die Skool nou die Skool se beleid vir die Toelating van Leerders tot die Skool of verskillende Grade by die Skool soos volg: 1. AANSOEKE OM TOELATING TOT DIE SKOOL 1.1 Daar word erken dat - (a) die Departementshoof (Onderwys) (hierna DH ) en/of amptenare van die departement van onderwys (DVO) wat deur die DH gedelegeer is (hierna die DH-gedelegeerde (s) ), vir die administrasie van leerdertoelating tot die Skool verantwoordelik is; en (b) die DH/die DH-gedelegeerde(s) n registrasieproses vir toelating tot openbare skole moet bepaal sodat leerdertoelating op n tydige en doeltreffende wyse plaasvind. 1.2 Daar word beklemtoon dat die DH/die DH-gedelegeerde(s) / die Skoolhoof hierdie beleid te alle tye sigbaar, billik en ingevolge die wet in aanmerking moet neem tydens optrede ooreenkomstig paragraaf 1.1 hierbo of die beslissingsproses rakende toelatingsaansoeke. Die Skool en sy SBL sal ook van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof verwag om te alle tye volle toegang tot en afskrifte van enige registers of lêers wat as deel van die toelatingsproses gehou word te verkry. 1.3 Die Skool en die SBL sal van die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof verwag om die inligtings - bylae vir beheerliggaamdoeleindes (hierby aangeheg) by die voorgeskrewe aansoekvorm in te sluit en die voltooiing daarvan deur die aansoeker te verseker. 1.4 Die Skool en die SBL sal van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof verwag om te verseker dat aansoekers van die volgende in kennis gestel word en ook skriftelik bevestig dat hulle dit gelees het en begryp: (a) die SBL-grondwet; 2

(b) die Skool se taalbeleid; (c) die Gedragskode vir Leerders; en (d) hierdie toelatingsbeleid. 3 Ouers wat nie daartoe in staat is om enige gedeelte van die bedrag of die volle bedrag te betaal nie, is daarop geregtig om op die voorgeskrewe vorms by die SBL om algehele of gedeeltelike vrystelling van die betaling van skoolgeld aansoek te doen. Sodanige aansoeke moet vertroulik deur die SBL hanteer word. Die SBL sal billik optree en bogenoemde maatstawwe asook die bepalings van die ministeriële toepas. n Afskrif van laasgenoemde sal op versoek aan ouers beskikbaar gestel word. Ouers wat om vrystelling aansoek doen, kan n opvoeder by die Skool of enige ander persoon vir bystand met die aansoek nader. n Ouer/ouers wat deur die SBL se besluit verontreg voel, kan ingevolge die prosedure wat in genoemde regulasies uiteengesit word, by die DH appelleer. 3.3 Aansoekers om vrystelling moet egter daarop let dat die gekombineerde jaarlikse inkomste van ouers in berekening gebring word in die besluit of ouers vir vrystelling in aanmerking kom al dan nie. Gekombineerde jaarlikse bruto-inkomste van ouers word in regulasie 1 van voorgenoemde regulasies omskryf as:- die saamgetelde bruto-inkomste van al die ouers van n leerder soos in die Wet omskryf.... 3.4 Die Skolewet omskryf ouer soos volg:- (a) die ouer of voog van n leerder; (b) die persoon met wettige aanspraak op sorg vir n leerder; of (c) die persoon wat onderneem om die verpligtinge van n persoon in paragrawe (a) en (b) ten opsigte van die leerder se opvoeding op skool na te kom. Dus indien die leerder byvoorbeeld n pa én n ma het, maar by sy/haar tante woon, met ander woorde n persoon na wie daar in (c) hierbo verwys word, sal die gekombineerde bruto inkomste (vóór belasting of aftrekkings) van al drie - d.w.s. die ma, pa én tante - in berekening gebring word wanneer daar oor algehele of gedeeltelike vrystelling van die betaling van skoolgeld beslis word. 3.5 Om hierdie rede moet die besonderhede van alle persone wat onder die omskrywing van ouer val, in die toelatingsaansoek aan die Skool verskaf word. 3.6 Die aansoeker se aandag word voorts op die volgende bepaling van die Skolewet gevestig :- (Artikel 41 - Die beheerliggaam van n openbare skool kan die betaling van skoolgelde deur ouers wat daarvoor aanspreeklik is..., deur regsproses afdwing. 3.7 Ouers van leerders word aangemoedig om die hoë onderrigstandaard en die goeie skoolfasiliteite en -omgewing in stand te hou deur skoolgeld te betaal en, waar hulle algehele of gedeeltelike vrystelling van die betaling van verpligte skoolgeld ontvang, hulle dienste tot voordeel van die Skool aan die SBL beskikbaar te stel. 4. SKOOLEIENDOM Aansoekers se aandag word op die volgende gevestig: (1) Elke leerder by n openbare skool sal goed omsien na die eiendom van die skool wat tot sy/haar beskikking gestel word, en sal dit voor of op die datum wat deur enige opvoeder by die skool aangedui word, aan die skool terugbesorg. (2) Die ouers van n leerder by n openbare skool sal aanspreeklik wees vir enige skade aan of verlies van skooleiendom waarvoor die betrokke leerder op sy/haar beurt teenoor die skool aanspreeklik is. (3) Dit is elke ouer se plig om die Staat en die beheerliggaam van n skool in die bevordering van n kultuur van respek vir skooleieindom by te staan. 5. RISIKO VAN SKADE OF VERLIES Aansoekers word daarop gewys dat die Skool geen aanspreeklikheid aanvaar vir skade aan, die vernietiging of verlies van enige eiendom wat deur die leerder of sy/haar ouer(s) op die Skoolperseel gebring word nie, ongeag wie sodanige skade, vernietig of verlies veroorsaak, hoe dit veroorsaak word, of dit deur iemand se optrede of versuim veroorsaak word, en of dit opsetlik of weens

nalatigheid veroorsaak word. Die skool aanvaar geen aanspreeklikheid nie. Leerders word aangemoedig om na enige eiendom wat op die Skoolperseel gebring word om te sien, en aansoekers en ouers van leerders word aangemoedig om self die nodige versekering teen sodanige skade, vernietiging of verlies uit te neem. 6. VOLGORDE VAN VOORKEUR MET BETREKKING TOT TOELATINGSAANSOEKE 6.1 Tensy en totdat die DH in oorleg met die SBL anders besluit, is die natuurlike voedingsgebied van die Skool Worcester 6.2 Die Skool is tans n Afrikaansmedium-instelling en beskik dus oor menslike hulpbronne wat hoofsaaklik voorsiening maak vir daardie leerders wie se moedertaal of gekose onderrigtaal die onderrigtaal van die Skool is. 6.3 Aangesien die Skool en die SBL weet dat hulle nie onregverdig teen n leerder mag diskrimineer namens wie n toelatingsaansoek ingedien word nie, en dus geensins voornemens is om te diskrimineer nie, en hoewel hulle graag hulle deel tot leeronderrig in vennootskap met die Staat wil bydra, begryp hulle dat die Skool nie alle leerders kan inneem nie en dat een of ander vorm van (billike) diskriminasie rakende leerdertoelating onvermydelik is. Daarom en in die lig van voorgenoemde, is dit die Skool se beleid dat aansoeke in die volgende volgorde van voorkeur hanteer word:- (a) Eerstens, aansoeke namens leerders wat bona fide (werklik) saam met hulle ouers (soos in die Skolewet omskryf) binne die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon, en wie se moedertaal die onderrigtaal van die Skool is. (b) Tweedens, aansoeke namens leerders wat bona fide (werklik) saam met hulle ouers (soos in die Skolewet omskryf) binne die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon, en wie se gekose onderrigtaal (welke keuse deur die ouer(s) op die toelatingsaansoek aangedui word) die onderrigtaal van die Skool is. (c) Derdens, aansoeke namens leerders wie se ouer(s) werklik by n adres binne die natuurlike voedingsgebied van die Skool in diens is, en wie se moedertaal die onderrigtaal van die Skool is. (d) Vierdens, aansoeke namens leerders wie se ouer(s) werklik by n adres binne die natuurlike voedingsgebied van die Skool in diens is, en wie se gekose onderrigtaal (welke keuse deur die ouer(s) op die toelatingsaansoek aangedui word) die onderrigtaal van die Skool is. (e) Vyfdens, aansoeke namens leerders wat buite die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon, wie se moedertaal die onderrigtaal van die Skool is, en wat n vak/vakke wil neem wat deur die Skool en nie deur n ander skool nader aan die leerder se woonplek aangebied word nie. (f) Laastens, aansoeke namens leerders wat buite die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon en wie se moedertaal of gekose onderrigtaal die onderrigtaal van die Skool is, op n eerste-kom, eerste-keuse-grondslag Nieteenstaande voorgenoemde en in oorleg met die distriksdirekteur, behou die SBL die reg om oorheersende voorkeur te gee aan broers of susters van leerders wat reeds by die Skool ingeskryf is. 7. VEREISTES Buiten waar die bepalings daarvan nie in die beste belang van n leerder of ander leerders is nie, sal die SBL en die Skool die ministeriële beleid raadpleeg. 8. TOELATING VAN PERSONE SONDER SUID-AFRIKAANSE BURGERSKAP Soos per regulasie 9. DIE SBL EN DIE LEERDERS VAN DIE SKOOL 9.1 Daar sal van alle leerders verwag word om hulle pligte na te kom. Leerders is voorts daarop 4

geregtig om hulle regte uit te oefen en op die handhawing van hulle regte aan te dring soos in die Kode van die Regte en Pligte van Belanghebbendes by die Skool uiteengesit. 5 9.2 Die SBL beskou homself gebonde tot die beskerming van die opvoeders, leerders, ouers en nie-opvoeders van die skool teen liggaamlike of geestelike geweld in soverre die SBL by magte is daartoe, en voorts tot die koestering van die liggaamlike, geestelike en morele welsyn van leerders. Vir hierdie doeleinde:- (a) behou die SBL die reg voor om die dissiplinêre en gedragsrekord van enige voornemende leerder by die Skool te bestudeer, en alle stappe binne sy mag te doen om die toelating van n leerder te verhoed wie se gedrag juis daardie beste belange kan bedreig wat die SBL genope voel om te beskerm; (b) mag die SBL die DH om inligting vra en met hom/haar in geding tree oor die wysheid van die toelating van n leerder tot enige graad by die Skool wanneer sodanige leerder ernstig benadeel sal word deur sy/haar onvermoë om op die vereiste vlak vir behoorlike onderrig in daardie graad te kommunikeer of mee gekommunikeer te word; (c) mag die SBL, gegewe die hulpbronne en omstandighede van die Skool, enige redelik uitvoerbare stappe doen om n gestremde voornemende leerder in die Skool te laat aanpas; en (d) verwag die SBL dat personeellede, leerders of ouers enige saak by hom sal aanmeld met betrekking tot die misbruik van regte of inbraak op die belange wat die SBL juis wil beskerm. 10. DIE OUERS EN DIE SKOOL/SBL 10.1 Ouers/voogde van leerders word versoek om die toestemmingsvorm in te vul ten einde die Skoolpersoneel daartoe in staat te stel om in noodgevalle in die beste belang van die leerder op te tree of die leerder se pyn of ongemak te verlig totdat die ouer(s) kan ingryp. 10.2 Buiten hulle pligte, het ouers van leerders by die Skool ook verskeie regte. In hierdie verband word ouers na die Kode van die Regte en Pligte van belanghebbendes by die Skool verwys. Ouers het onder andere die reg om geraadpleeg te word rakende die formulering van die Skool se taal- en godsdiensbeleid en gedragskode, of enige wysigings daaraan. Hulle word ook genooi om aanbevelings en voorstelle rakende die aanvulling of wysiging van bestaande beleid of die bestaande gedragskode ter oorweging by die SBL in te dien. 10.3 Ouers word aangemoedig om by al die werksaamhede van die Skool betrokke te raak, aan te bied om lede te word van die beheerstrukture en ondersteuningsgroepe wat die belange van die Skoolgemeenskap dien, en die onderrigproses te ondersteun deur opbouend met opvoeders om te gaan en te verseker dat leerders opgelegde take en huiswerk pligsgetrou en nougeset doen. Daar word voorts van ouers verwag om te verseker dat hulle kinders behoorlik toegerus is om ten volle aan die onderrigproses deel te neem en dat hulle skool stip op tyd en gereeld bywoon. 11. Hierdie beleid mag van tyd tot tyd deur die SBL gewysig, aangevul, verander of aangepas word.

BYLAE Vereiste inligting vir beheerliggaamdoeleindes bo en behalwe die besonderhede wat ingevolge ministeriële beleid, provinsiale beleid of wette verstrek moet word: 1. Die naam, woonadres, werkadres en alle telefoon-, faks- of e-posbesonderhede van elke persoon wat onder die omskrywing van ouer in die Skolewet val. 2. n Gewaarmerkte afskrif van enige hofbevel wat voogskap of wettige aanspraak op sorg, of enige soortgelyke reg van die persoon ( ouer ) wat daarop aanspraak maak, bevestig. 3. n Beëdigde verklaring, werkgewersertifikaat, elektrisiteitsrekening of enige ander bewys wat redelikerwys deur die SBL vereis mag word om n leerder en sy/haar ouers se woonplek, of die feit en plek van indiensneming van die leerder se ouers te verifieer. 4. n Afskrif van n identiteits- of ander dokument wat die identiteit van elke persoon wat onder die omskrywing van ouer in die Skolewet val, tot die redelike bevrediging van die SBL bevestig. 5. Skriftelike magtiging deur die ouer(s)/voog(de)/persoon na wie in punt 2 verwys word, aan enige persoon om hom/haar/hulle in die aansoek om toelating van die leerder tot die Skool of in enige ander aangeleentheid met betrekking tot die leerder te verteenwoordig. 6. Die onderrigtaal wat namens die voornemende leerder gekies word. 7. Besonderhede van enige aanmeldbare siekte waaraan die leerder (moontlik) ly. 8. Besonderhede van enige ernstige oortreding waaraan die leerder deur n hof of enige skool waar die leerder voorheen ingeskryf was, skuldig bevind is. 9. n Voltooide gedragsertifikaat van die skool waar die leerder tans ingeskryf is. 10. Besonderhede van enige toestand van die leerder wat die liggaamlike welsyn van enige ander leerder of personeellid van die Skool kan raak. 11. Besonderhede van enige bepaalde behoeftes wat die leerder mag hê en wat mag aandag verg om die leerder se skoolervaring te maksimaliseer of sy/haar beste belange te bevorder. 12. Besonderhede van enige toestand of omstandighede waarvan die Skool bewus behoort te wees ten einde die beste belange van die leerder en/of enige ander leerders van die Skool te beskerm. 13. Enige bepaalde vakke wat die leerder graag wil studeer en wat nie deur n skool nader aan die leerder se woonplek aangebied word nie. 6 ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE DAG VAN... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME: Alle beheerliggaamlede staan in n vertrouensverhouding teenoor hulle skool sowel as teenoor die mense wat hulle verkies het, en het daarom n vertrouensplig teenoor die skool. Dit vereis dat lede te alle tye soos volg optree: ALGEMENE GEDRAG VAN BEHEERLIGGAAMLEDE 1. Beheerliggaamlede moet te alle tye: 1.1 met getrouheid, eerlikheid, integriteit, in goeder trou, en in belang van die skool optree, en nie by enige handeling betrokke raak wat die skool en beheerliggaam se goeie naam oneer aandoen nie; 1.2 vir die beheer van die skool verantwoordelik wees, en die professionele bestuur van die skool aan die skoolhoof oorlaat; 1.3 die skool eties en ooreenkomstig onderstaande toepaslike wetgewing beheer: 1.3.1 die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996; 1.3.2 die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996; 1.3.3 die betrokke provinsie se provinsiale skolewet; en 1.3.4 die bepalings van die grondwet van die skoolbeheerliggaam; op n wyse wat doeltreffende, deursigtige en verantwoordbare skoolbeheer en -bestuur voorsien, regverdigbare en gegronde besluite verseker, sowel as doeltreffende onderrig en leer in die skool aanmoedig; 1.4 betrokkenheid vermy by enige handeling wat die skool kan benadeel, die skool en beheerliggaam se goeie naam oneer aandoen, of die vertrouensverhouding tussen die beheerliggaam en die skool of enige lid van die skool of beheerliggaam kan skaad; 1.5 op n manier optree wat die geloofwaardigheid van die beheerliggaam en die skool versterk; 1.6 verseker dat hulle besluite as beheerliggaamlede prosedureel billik is en deur grondige redes gestaaf word; 1.7 eerlik en rasioneel optree, en nie arbitrêr en onverantwoordbaar nie; 1.8 optrede vermy wat n gegronde vermoede van vooroordeel wek; 1.9 onbeïnvloed bly deur bybedoelings of bedekte beweegredes; 1.10 alle vorms van onbillike diskriminasie en onverdraagsaamheid bestry, deur te verseker dat alle leerders, ongeag ras, kleur, etnisiteit, geslag, taal of geloof, gehalte onderrig ontvang binne die raamwerk van die skool se beleid; 1.11 op n wyse optree wat bevorderlik is vir die vlot bedryf van die skool en vergaderings van die beheerliggaam; en 1.12 die skool so beheer en bestuur om nie net die skool gedurende die ampstermyn van die beheerliggaam te onderhou nie, maar ook positief tot die ontwikkeling van die skool en die beheer- en bestuurstrukture by te dra. FINANSIËLE SAKE 2. Die beheerliggam moet; 2.1 jaarliks n begroting opstel vir aanvaarding deur die skoolouers; 2.2 op aanbeveling van die Finansieskomitee die jaarlikse finansiële state goedkeur; 2.3 n boekhoustelsel voorsien en bygewerk hou, en n skoolfonds stig en bestuur; 2.4 ooreenkomstig klousule 1 optree in die administrasie, beheer en bestuur van die skool se finansies; 2.5 verseker dat daar in algehele eerlikheid met dokumente en rekords met betrekking tot skoolfinansies gehandel word; 7.

2.6 alles in hulle vermoë doen om te verseker dat die finansiële en ander hulpbronne van die skool verantwoordelik en verantwoordbaar aangewend word; 2.7 pogings aanwend om borgskappe, skenkings of vrywillige bydraes ten bate van die skool te bekom van individue en ondernemings in die gemeenskap wat deur die skool bedien word, ten einde die gehalte van die onderrig wat die skool aan leerders bied, te verbeter, onderworpe aan die voorwaardes soos in die toepaslike wetgewing uiteengesit; 2.8 verseker dat alle finansiële sake eerlik en ingevolge die toepaslike beleid, reëls, regulasies en voorskrifte geskied, soos deur die hoof van die provinsiale onderwysdepartement sowel as die beheerliggaam bepaal; 2.9 verseker dat alle sake met kommersiële banke op n behoorlike wyse en ingevolge toepaslike beleid en praktyke geskied; 2.10 tydig seker maak dat geen lid van die beheerliggaam, of naaste familielede van lede van die beheerliggaam, belange in finansiële sake met betrekking tot die beheerliggaam het, sonder dat sodanige belange volledig openbaar gemaak word nie; en 2.11 doeltreffende en toepaslike stappe doen om onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes; verliese vanweë misdadige of onreëlmatige optrede, en enige uitgawes in stryd met skoolbeleid te verhoed of te verhaal. OPENBAARMAKING VAN INLIGTING MET BETREKKING TOT DIE BEHEERLIGGAAM, DIE SKOOL, N OUER, N LEERDER OF N WERKNEMER VAN DIE SKOOL 3. Beheerliggaamlede: 3.1 mag nie verklarings aan die media of enige persoon maak, of die media of enige persoon van inligting met betrekking tot die beheerliggaam, enige lid van die beheerliggaam, die skool, n ouer, n leerder of enige werknemer van die openbare skool voorsien nie, tensy dit ingevolge die goedgekeurde beleid of reëls van die beheerliggaam geskied; 3.2 mag nie met betrekking tot die beheerliggaam of enige lid van die beheerliggaam, die skool, n ouer, n leerder of enige werknemer van die skool, valse inligting versprei of ongegronde bewerings maak nie; 3.3 moet alle inligting wat hulle as beheerliggaamlede bekom, as vertroulik hanteer, tensy die wet of skoolbeleid anders bepaal; 3.4 mag nie enige inligting versprei wat die beheerliggaam as vertroulik bestempel nie; 3.5 moet in die uitvoering van hulle pligte toegang hê tot privaat en vertroulike inligting van leerders, ouers en werknemers van die skool, welke inligting te alle tye as vertroulik beskou moet word; 3.6 moet gedurende sowel as ná hulle ampstermyn: 3.6.1 vertroulike inligting slegs vir die doel waarvoor dit bekend gemaak is, gebruik; 3.6.2 die privaatheid van enige sodanige inligting respekteer, en die vertroulikheid daarvan handhaaf; en 3.6.3 nie enige sodanige inligting openbaar maak nie, buiten in soverre dit nodig blyk te wees om hulle pligte ingevolge die wet of skoolbeleid uit te voer. OPTREDE MET BETREKKING TOT DIE WERKNEMERS VAN DIE SKOOL 4.1 Beheerliggaamlede moet hulle te alle tye daarvan weerhou om enigiets te doen wat as inmenging in die professionele bestuur van die skool, of in opvoeders se uitvoering van hulle professionele en ander pligte beskou kan word. 4.2 Beheerliggaamlede moet hulle te alle tye daarvan weerhou om, sonder magtiging van die beheerliggaam, enigiets te doen wat as inmenging in die werk van nie-opvoeders in die uitvoering van hulle pligte by die skool beskou kan word. 4.3 Beheerliggaamlede moet te alle tye toesien dat die beheerliggaam op hoogte gehou word van die bestuur van die skool en werknemers in die uitvoer van hulle pligte. 8

PLIGTE VAN BEHEERLIGGAAMLEDE MET BETREKKING TOT BEHEERLIGGAAM- VERGADERINGS 5. Lede van die beheerliggaam moet: 5.1 minstens een maal per skoolkwartaal vergader; 5.2 minstens een maal per jaar n vergadering met elk van onderstaande groeperinge hou: 5.2.1 ouers; 5.2.2 leerders; 5.2.3 opvoeders; en 5.2.4 ander personeel; 5.3 minstens een maal per jaar aan ouers, leerders en opvoeders verslag doen; 5.4 van alle vergaderings notule hou; 5.5 alle vergaderings van die beheerliggaam, of beheerliggaamsubkomitees waarin hulle dien, bywoon; en 5.6 deeglike aandag bestee en oorweging skenk aan die sake wat by beheerliggaamvergaderings bespreek gaan word. WANGEDRAG 6. Beheerliggaamlede is skuldig aan wangedrag indien hulle: 6.1 enige bepaling of verpligting van die Gedragskode oortree; en 6.2 enige gemeenregtelike of landswet oortree wat regstreeks met hulle lidmaatskap van die beheerliggaam verband hou, of wat die skool of beheerliggaam op enige wyse benadeel, of die skool of beheerliggaam se goeie naam oneer aandoen. PROSEDURE IN GEVAL VAN BEWEERDE WANGEDRAG 7. Onderstaande prosedure moet in geval van beweerde wangedrag gevolg word: 7.1 Alle klagtes oor die gedrag van n lid van die beheerliggaam moet aan die voorsitter van die beheerliggaam gerig word. 7.2 Klagtes oor die gedrag van die voorsitter van die beheerliggaam moet aan die ondervoorsitter gerig word. 7.3 Die voorsitter of ondervoorsitter, na gelang van omstandighede, sal by ontvangs van skriftelike bewerings van wangedrag die inligting ondersoek wat aan hom/haar voorgelê word, en bepaal of die bewerings van n ernstige aard is of nie. 7.4 Die voorsitter kan kies om die lid slegs tereg te wys indien die klagte teen hom/haar van n minder ernstige aard is. 7.5 Indien die bewerings van n ernstige aard is en verwysing na die volle beheerliggaam blyk te regverdig, sal die voorsitter n buitengewone vergadering van die beheerliggaam belê om die aangeleentheid te bespreek. 7.6 Indien die ondervoorsitter bepaal dat daar n prima facie-saak bestaan, moet hy/sy die beheerliggaam versoek om n buitengewone vergadering van die beheerliggaam te belê om die aangeleentheid te bespreek. AANSTELLING VAN ONDERSOEKKOMITEE 8. Onderstaande prosedure moet met die aanstelling van n ondersoekkomitee gevolg word: 8.1 By die vergadering soos in klousule 7.5 en 7.6 beoog, moet die beheerliggaam n komitee van minstens drie persone saamstel om die bewerings teen die lid te ondersoek. 8.2 Die beheerliggaam kan ook nie-beheerliggaamlede aanstel as lede van die komitee soos in klousule 8.1 beoog. 9

8.3 Die komitee moet: 8.3.1 binne n redelike tyd ná sy aanstelling die aangeklaagde lid van n skriftelike beskrywing van die bewerings van wangedrag teen hom/haar voorsien; 8.3.2 die lid geleentheid bied om skriftelike vertoë te rig binne 7 dae ná die datum waarop die skriftelike beskrywing van die bewerings van wangedrag aan hom/haar voorsien is; 8.3.3 sodanige vertoë oorweeg; en 8.3.4 n aanbeveling by die beheerliggaam maak. AANBEVELING DEUR DIE ONDERSOEKKOMITEE 9.1 Die komitee kan aanbeveel dat: 9.1.1 die lid vrygespreek word by gebrek aan enige bewys dat die bewerings van wangedrag teen hom/haar waar is; 9.1.2 die lid tereggewys word; of 9.1.3 n aanbeveling by die hoof van die provinsiale onderwysdepartement gemaak word om die lid uit die beheerliggaam te skors, of sy/haar lidmaatskap van die beheerliggaam te beëindig. 9.2 Indien die komitee skorsing of beëindiging van lidmaatskap, soos hier bo beoog, aanbeveel, en die beheerliggaam sodanige aanbeveling aanvaar, sal die beheerliggaam onmiddellik alle dokumente met betrekking tot die aangeleentheid vir n finale beslissing aan die hoof van die provinsiale onderwysdepartement stuur. BESLUIT DEUR DIE HOOF VAN DIE PROVINSIALE ONDERWYSDEPARTEMENT 10.1 By ontvangs van die aanbeveling van die beheerliggaam, moet die hoof van die provinsiale onderwysdepartement: 10.1.1 alle dokumente oorweeg wat na hom/haar verwys is; 10.1.2 hom/haar daarvan vergewis dat die prosedure soos in klousule 8 bepaal. gevolg is; 10.1.3 die saak op meriete beskou; en 10.1.4 n besluit neem om die aanbeveling van die beheerliggaam te bekragtig of te verwerp. 10.2 Indien die hoof van die provinsiale onderwysdepartement die aanbeveling van die beheerliggaam bekragtig, moet hy/sy: 10.2.1 so spoedig moontlik die lid skriftelik daarvan in kennis stel; 10.2.2 skriftelike redes vir sy/haar besluit verstrek; en 10.2.3 skriftelike redes vir sy/haar reg van appél teen die besluit by die Lid van die Uitvoerende Raad verantwoordelik vir onderwys. 10.3 In afwagting van die beslissing van die appél, mag die lid nie aan beheerliggaambedrywighede deelneem nie. APPÉL DEUR N LID VAN DIE BEHEERLIGGAAM BY DIE LID VAN DIE UITVOER- ENDE RAAD INGEVOLGE ARTIKEL 18A(6) VAN DIE SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET 11.1 Die appél moet: 11.1.1 binne 7 dae ná die datum van ontvangs van die skriftelike besluit van die hoof van die provinsiale onderwysdepartement ingedien word; 11.1.2 skriftelik ingedien word; en 11.1.3 duidelike redes vir die appél aanvoer. 10

11.2 Die Lid van die Uitvoerende Raad moet: 11.2.1 die appél oorweeg; en 11.2.2 die besluit van die hoof van die provinsiale onderwysdepartement bekragtig of ter syde stel. 11.3 In afwagting van die beslissing van die appél, mag die lid nie aan beheerliggaambedrywighede deelneem nie. VERSUIM DEUR DIE BEHEERLIGGAAM OM TEEN SY LEDE OP TE TREE 12.1 Die hoof van die provinsiale onderwysdepartement kan die beheerliggaam opdrag gee om binne 7 dae teen die lede op te tree soos in klousule 9 bepaal, indien dit sou blyk dat: 12.1.1 n lid of lede van die beheerliggaam die Gedragskode oortree het; 12.1.2 die beweerde oortreding prima facie van so n ernstige aard is dat dit skorsing uit, of beëindiging van lidmaatskap van, die beheerliggaam regverdig; en 12.2.3 die beheerliggaam versuim het om stappe teen die lid of lede te doen, of nie daartoe in staat was nie. 12.2 Indien die beheerliggaam versuim om binne 7 dae op te tree, kan die hoof van die provinsiale onderwysdepartement op redelike gronde die lid of lede uit die beheerliggaam skors, of sy/ haar/hulle ampstermyn beëindig. 12.3 Die hoof van die provinsiale onderwysdepartement mag nie volgens klousule 12.2 optree nie, tensy hy/sy: 12.3.1 die lid of lede van die beheerliggaam wat die oortreding begaan het. skriftelik van sy/haar voorneme in kennis stel om die lid of lede uit die beheerliggaam te skors, of sy/haar ampstermyn te beëindig; 12.3.2 die beweerde oorteding uiteengesit en redes vir sy/haar voorneme verskaf het; 12.3.3 die lid of lede geleentheid gebied om binne 7 dae ná ontvangs van bogenoemde kennisgewing aan hom/haar vertoë te rig oor die oortreding en die hoof van die provinsiale departement se voorneme; en 12.3.4 enige sodanige vertoë behoorlik oorweeg het. 12.4 Wanneer die hoof van die provinsiale onderwysdepartement ingevolge klousule 12.2 optree, moet hy/sy: 12.4.1 die prosedure soos in klousule 12.3.1 en 12.3.2 vervat, in aanmerking neem; en 12.4.2 die lid of lede in kennis stel van sy/haar/hulle reg van appél teen die besluit by die Lid van die Uitvoerende Raad verantwoordelik vir onderwys. 11 ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE DAG VAN... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

12 KONSEPROOKBELEID: 1. INLEIDING Hierdie dokument is die rookbeleid van Worcester-Noord Primêre Skool, wat deur die skoolbeheerliggaam goedgekeur is. Die rookbeleid erken die grondliggende waardes in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996, en die toepaslike bepalings van die Wet op die Beheer van Tabakprodukte, Wet 83 van 1993, soos gewysig deur die Wysigingswet op die Beheer van Tabakprodukte, Wet 23 van 2007 (hierna die Tabakwet ). Die doel van die rookbeleid is om n aangename en gesonde omgewing vir sowel rokers as nierokers te skep, en om tabakgebruik onder veral jongmense te verminder en te beheer. 2. DIE BELEID 2.1 Die hele skoolterrein word tot rookvrye gebied verklaar, wat enige gang, voorportaal, trappe, hysbak, kafeteria, toilette of ander gemeenskaplike gebied insluit wat die werknemers en/of leerders gereeld gebruik, met uitsondering van die aangewese rookgebiede. 2.2 Geen leerder mag op die skoolterrein of in skooldrag weg van die skoolterrein rook nie. 2.3 Werknemers en besoekers mag slegs in die aangewese rookgebiede rook, en slegs indien dit nie met hulle werksprestasie of met die leerders se opvoeding inmeng nie. 2.4 Rook is verbode in enige voertuig wat aan die skool behoort of waarin werknemers en/of leerders vervoer word. 3. TOEPASSING 3.1 Dit is hoofsaaklik die skoolhoof se verantwoordelikheid om hierdie beleid met die hulp van die departementshoofde toe te pas, en toe te sien dat die skool se werknemers, leerders en besoekers dit streng nakom. 3.2 Alle skoolwerknemers, -leerders en -besoekers sal saamwerk om die beleid toe te pas. 3.3 Die aangewese rookgebiede moet aan die standaarde in die Regulasies (GNR.975 van 29 September 2000) van die Tabakwet voldoen. As verteenwoordiger van die werkgewer (die Departement van Onderwys), is dit die skoolhoof se plig om toe te sien dat sodanige gebiede in pas is met die voorskrifte; dat werknemers en besoekers slegs in hierdie afgebakende gebiede rook, en dat geen leerder onder die ouderdom van 18 jaar sodanige gebiede betree nie. 3.4 Die skoolhoof moet toesien dat:- (a) werknemers sonder vrees vir vergelding kan beswaar aanteken teen rook in die werkplek wat in stryd is met hierdie beleid of die Tabakwet; (b) daar gehoor gegee word aan werknemers wat nie in die werkplek aan tabakrook wil blootgestel word nie; (c) geen werk+nemer, hetsy as n uitdruklike of geïmpliseerde diensvoorwaarde, verplig word om in n gedeelte van die werkplek te werk waar rook toegelaat word nie; en (d) geen werknemer verplig word om n vrywaring te onderteken teen werk in n gedeelte van die werkplek waar rook toegelaat word nie. 3.5 Die skoolhoof is verplig om nie-rook- en rookgebiede met duidelik sigbare tekens aan te dui. 4. ALGEMEEN: 4.1 Werknemers of leerders se versuim om hierdie beleid na te kom sal tot dissiplinêre stappe teen die oortreder aanleiding gee. In die geval van nie-nakoming deur besoekers, kan hulle vriendelik versoek word m die skoolterrein te verlaat, of toegang tot die skoolterrein geweier word. 4.2 Enige optrede in stryd met die Tabakwet is strafbaar ooreenkomstig die bepalings van die Wet.

4.3 Afskrifte van hierdie beleidsdokument moet aan alle werknemers van die skool voorsien word. 4.4 Toepaslike kennisgewings moet ingevolge die Tabakwet in alle gebiede aangebring word waar hierdie beleid geld. 13 ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE DAG VAN... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

14 GRONDWET VAN BEHEERLIGGAAM: 1. WOORDOMSKRYWING In hierdie Grondwet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken beheerliggaam die beheerliggaam van Worcester-Noord Primêre Skool soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel: borgliggaam n liggaam of groep persone deur die beheerliggaam goedgekeur en wat bereid is om die skool finansieel te ondersteun; departementshoof die hoof van die departement van onderwys in die provinsie Wes- Kaap; die Wet die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84 van 1996), en die maatreëls daarkragtens uitgevaardig; hierdie Grondwet die Grondwet van die beheerliggaam van Worcester-Noord Primêre Skool; Lid van die Uitvoerende Raad die Lid van die Uitvoerende Raad verantwoordelik vir onderwys in die provinsie Wes-Kaap; maatreëls die maatreëls betreffende beheerliggame van gewone openbare skole (uitgesonderd openbare skole vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes); of die maatreëls betref fende beheerliggame van openbare skole vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes (ingesluit openbare skole vir leerders wat kragtens die Wet op Kindersorg, 1983 (Wet 74 van 1983), en die Strafproseswet, 1977 (Wet 51 van 1977), daarheen verwys of oorgeplaas is); en onderwys onderrig, instruksies of opleiding wat ingevolge die Wet van leerders verskaf word. 2. NAAM VAN DIE SKOOL WORCESTER-NOORD PRIMêRE SKOOL (hierna die skool genoem.) 3. STRAATADRES VAN DIE SKOOL Jakarandalaan Worcester Poskode: 6850 4. POSADRES VAN DIE SKOOL Jakarandalaan Worcester Poskode: 6850 5. STATUS VAN SKOOL Die skool is n regspersoon met die wetlike bevoegdheid om sy werksaamhede ingevolge die Wet te verrig. 6. BEHEER EN PROFESSIONELE BESTUUR VAN SKOOL 6.1 Behoudens die Wet, setel die beheer van die skool in sy beheerliggaam: Met dien verstande dat die beheerliggaam of lid daarvan in sy of haar hoedanigheid as lid, nie met die professionele werksaamhede van n opvoeder by die vervulling van sy of haar pligte mag inmeng nie. 6.2 Die beheerliggaam staan in n vertrouensposisie teenoor die skool. 6.3 Behoudens die Wet en hierdie Grondwet, moet die professionele bestuur van die skool deur die prinsipaal, onder die gesag van die Departementshoof, onderneem word.

7. DOELSTELLINGS VAN SKOOL 7.1 Om onderwys aan leerders te voorsien. 7.2 Om behoudens die bepalings van artikel 5 van die Wet, leerders toe te laat en in hul o p v o edkundige behoeftes voorsien, sonder om op enige wyse onregverdig te diskrimineer. 7.3 Om behoudens die bepalings van artikel 6 van die Wet, geen vorm van rassediskriminasie toe te te laat in die uitvoering van die skool se taalbeleid nie. 7.4 Om behoudens die bepalings van artikel 7 van die Wet, godsdiensbeoefening by die skool op n billike wyse te laat geskied en om bywoning daarvan deur leerders en personeellede op n vrywillige grondslag te laat plaasvind. 7.5 Om die skoolfonds, alle opbrengste daaruit en alle ander bates van die skool slegs te gebruik ooreenkomstig die bepalings van artikel 37 van die Wet. 7.6 Om finansieel so te funksioneer dat die skool sy verpligtinge sal kan nakom. 7.7 Om die gemeenskap te dien deur leerders so voor te berei dat hulle as goed opgevoede per sone hulle plek in die gemeenskap sal kan inneem. 7.8 Om aan die personeel van die skool die geleentheid te bied om professioneel te groei, werks bevrediging te kry en sodoende onderwys van hoogstaande gehalte te lewer. 7.9 Om n bydrae te lewer tot die bevordering van sport en kultuur in die algemeen, maar in be sonder om sport en kultuurbedrywighede as opvoedingsgeleenthede te benut tot voordeel van die leerders in die skool. 8. BEDIENINGSGEBIED Die skool bedien tradisioneel die volgende gebied: Worcester omgewing 9. WERKSAAMHEDE EN TOEGEWESE WERKSAAMHEDE VAN BEHEERLIGGAAM 9.1 Behoudens die bepalings van artikels 20 en 21 van die Wet, verrig die beheerliggaam die werksaamhede wat binne sy bevoegdheid val en wat nodig is vir die welsyn van die skool. 9.2 Die beheerliggaam handel ooreenkomstig die bepalings van artikel 37 van die Wet, met die skoolfonds en bates van die skool. 9.3 Die beheerliggaam wend ooreenkomstig die bepalings van die Wet en hierdie Grondwet, fondse aan ten einde die doelstelling hierbo genoem te verwesenlik. 9.4 Ooreenkomstig die bepalings van die Wet en hierdie Grondwet, moet die beheerliggaam dienste en fasiliteite daarstel in belang van die leerders en van onderwys. 9.5 Ooreenkomstig die bepalings van artikel 43 van die Wet, moet die beheerliggaam ouditeure aanstel om die skool se finansiële rekords en state te ouditeer. 9.6 Ooreenkomstig die bepalings van artikel 8 van die Wet, moet die beheerliggaam n gedragskode vir leerders aanvaar ná oorleg met die leerders, ouers en opvoeders van die skool. 9.7 Ooreenkomstig die bepalings van artikel 9 van die Wet, moet die beheerliggaam leerders wat die gedragskode herhaaldelik oortree of ernstige misdrywe begaan, skors en/of aanbeveel dat hulle uit die skool gesit word. 9.8 Ooreenkomstig die bepalings van artikels 39, 40 en 41 van die Wet, moet die beheerliggaam toesien dat skoolgeld gehef word en kan die beheerliggaam betaling daarvan afdwing. 9.9 Die beheerliggaam stel die leuse, visie en die missie van die skool op. 10. AANSPREEKLIKHEID VAN LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM n Lid van die Beheerliggaam is nie anspreeklik vir enige skuld, skade of verlies van die skool nie, tensy hy of sy sonder magtiging, opsetlik kwaadwillig of nalatig opgetree het en daarom daarvoor verantwoordelik gehou kan word. 15

11. SAMESTELLING VAN DIE BEHEERLIGGAAM Die Beheerliggaam van die skool word saamgestel ooreenkomstig die bepalings van maatreël 2 van die maatreëls. 12. AMPSTERMYN VAN LEDE VAN BEHEERLIGGAAM n Lid van die beheerliggaam wat nie n leerder is nie, beklee sy of haar amp vir n termyn ooreenkomstig die bepalings van maatreël 4 van die maatreëls. 13. KWORUM Minstens een meer as die helfte van die lede van die beheerliggaam, saamgestel ooreenkomstig die bepalings van maatreël 2(1) van die maatreëls, vorm n kworum vir enige vergadering. 14. VERKIESING VAN AMPSDRAERS VAN BEHEERLIGGAAM: Behoudens die bepalings van die maatreëls verkies die beheerliggaam uit sy geledere, op die eerste vergadering van die beheerliggaam, ampsdraers wat minstens n voorsitter, n tesourier en n sekretaris insluit. 15. TERMYN VAN AMPSDRAERS 15.1 Behoudens die bepalings van die maatreëls beklee die ampsdraers hul ampte vir n termyn van 12 maande vanaf die datum van hul verkiesing. 15.2 n Ampsdraer kan herverkies word na verstryking van sy of haar ampstermyn. Die termyn van ampsdraers en komitees, soos deur die Beheerliggaam aangewys, strek oor n periode van een jaar. 16. VERSKONING VIR AFWESIGHEID VAN LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM Die beheerliggaam aanvaar verlof vir afwesigheid van n lid of lede vir n periode soos deur die Beheerliggaam bepaal. 17. TOEVALLIGE VAKATURES IN DIE BEHEERLIGGAAM n Toevallige vakature in die beheerliggaam ontstaan en word gevul ooreenkomstig die bepalings van die maatreëls. 18. KOMITEES 18.1 Die beheerliggaam kan, ooreenkomstig die bepalings van artikel 30 van die Wet, een of meer komitees aanstel om hom te adviseer en om onderworpe aan die opdrag van die beheerliggaam, die werksaamhede te verrig soos deur die beheerliggaam bepaal. 18.2 Die beheerliggaam kan enige besluit van n komitee in paragraaf 18.1 beoog, wysig of tersyde stel. 19. VERGADERINGS 19. 1 Die Beheerliggaam moet minstens een keer elke skoolkwartaal vergader. 19.2 Die beheerliggaam moet minstens een keer per jaar met leerders, ouers, opvoeders en ander personeel van die skool, onderskeidelik, vergader 19.3 Die beheerliggaam moet minstens een keer per jaar oor sy aktiwiteite aan ouers, leerders, opvoeders en ander personeel van die skool verslag lewer en n finansiële jaarverslag aan ouers beskikbaar stel. 19.4 Vergaderings van die beheerliggaam geskied ooreenkomstig die bepalings van die maatreëls. 19.5 n Buitengewone vergadering word deur die voorsitter belê wanneer hy of sy dit nodig ag of wanneer minstens agt (8) lede (beheerliggaam stel getal lede vas), n skriftelike versoek met opgawe van redes vir sodanige vergadering voorlê. 16

17 19.6 Elke lid van die Beheerliggaam het een stem. By staking van stemme het die voorsitter, b e - newens sy of haar beraadslagenede stem, n beslissende stem. 19.7 n Lid van die beheerliggaam moet van n vergadering van die beheerliggaam onttrek vir d i e duur van die bespreking van en die besluitneming oor enige aangeleentheid waarby die lid n persoonlike belang het. 20. NOTULE VAN VERRIGTINGE VAN VERGADERINGS Die notules van die verrigtinge van vergaderings van die beheerliggaam moet ooreenkomstig die bepalings van die maatreëls hanteer word. 21. BANKREKENING 21.1 Die beheerliggaam moet n bankrekening open en in stand hou. 21.2 Behoudens paragraaf 21.1 moet alle skoolfondsgelde wat deur die skool ontvang word, in die skoolfonds gestort word. 22. AFSLUITING VAN DIE BOEKJAAR Die boekjaar begin op die eerste dag van Januarie en eindig op die laaste dag van Desember. Die rekords en state van die skool moet daarna geouditeer word ooreenkomstig die bepalings van artikel 43 van die Wet. 23. INDIENING VAN FINANSIëLE STATE Die beheerliggaam moet binne ses maande na die einde van elke boekjaar n afskrif van die jaarlikse geouditeerde finansiële state aan die Departementshoof voorlê. 24. WYSIGING VAN GRONDWET n Besluit ter wysiging van hierdie Grondwet vereis n tweederdemeerderheid van die totale ledetal van die beheerliggaam, nadat alle lede minstens twee maande vooraf van die beoogde wysiging in kennis gestel is. Indien te min lede by die vergadering wat hiervoor belê sou word teenwoordig is, moet n tweede vergadering minstens twee weke na die eerste vergadering uitsluitlik vir dié doel byeengeroep word. ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE DAG VAN... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

18 TAALBELEID INHOUDSOPGAWE 1. Missie van WNPS 2. Visie van WNPS 3. Huidige klassifikasie 4. Huidige tale van leer en onderrig 5. Tale en tydtoewysing per week 6. Proses t.o.v. hersiening van huidige beleid 7. Proses indien taalbeleid sou verander 8. Kommunikasie en assessering 9. Bevordering van veeltaligheid 10. Taalversoeke 11. Inskrywing van nuwe leerders

1. MISSIE VAN WNPS Die missie van die skool is die verskaffing van dinamiese, bekostigbare kwaliteitsonderwys om n gebalanseerde skool te skep waar opvoeding en onderwys vir alle rolspelers 'n genotvolle en sinvolle ervaring mag wees. 2. VISIE VAN WNPS Om goed toegeruste leerders, wat te alle tye verantwoordelikheid vir hul optrede kan aanvaar, die wêreld in te stuur 3. HUIDIGE KLASSIFIKASIE VAN WNPS Enkelmedium met Afrikaans as voertaal. 4. HUIDIGE TALE VAN LEER EN ONDERRIG Afrikaans - Huistaal Engels - Eerste Addisionele Taal 5. TALE EN TYDTOEWYSING PER WEEK 19. Afrikaans Engels Graad 1 Graad 2 9 uur 9 uur Graad 3 6 uur 4 uur Graad 4 3½ uur 3½ uur Graad 5 3½ uur 3½ uur Graad 6 3½ uur 3½ uur Graad 7 3½ uur 3½ uur 6. PROSES T.O.V. HERSIENING VAN HUIDIGE BELEID Jaarliks by die Beheerliggaamvergadering in die derde kwartaal sal hersiening van die beleid 'n punt op die agenda wees. 7. PROSES INDIEN TAALBELEID SOU VERANDER Infasering sal plaasvind sonder dat enige huidige leerder se regte aangetas sou word. 8. KOMMUNIKASIE EN ASSESSERING Huidiglik vind bostaande in die Huistaal, nl. Afrikaans, plaas.

9. BEVORDERING VAN VEELTALIGHEID Die Beheerliggaam ondersoek tans die moontlikheid om Xhosa as Tweede Addisionele taal in te faseer. Indien die skool se begroting daarvoor voorsiening maak, sal 'n onderwyser aangestel word met die uitsluitlike doel om Xhosa as leerarea vir leerders vanaf graad 4 tot graad 7 te onderrig. Enkele handboeke t.o.v. Xhosa-taalonderrig is reeds beskikbaar. Die doel is verder om elke klasonderwyser saam met sy/haar klas te laat onderrig in dié nuwe uitdaging! 10. TAALVERSOEKE VANAF OUERS / POTENSIËLE OUERS Sodanige versoeke moet op skrif wees en sal liaseer word vir bespreking tydens die Beheerliggaamvergadering soos reeds gemeld. 11. INSKRYWING VAN NUWE LEERDERS Hierdie dokument sal saam met die skool se gedragskode aan dié betrokkenes gegee word en 'n ontvangs-erkenning sal geteken moet word. 20 ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE DAG VAN... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

21 KONSEPGODSDIENSBELEID: Aanhef Hierdie dokument is die godsdiensbeleid van Worcester-Noord Primêre Skool, soos die beheerliggaam dit goedgekeur het. Die godsdiensbeleid erken die fundamentele waardes wat in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996; die toepaslike bepalings van die Suid- Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996, en ander tersaaklike provinsiale wetgewing vervat word. Artikel 15(1) van die Grondwet bepaal dat elke persoon die reg het op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening. Artikel 15(2) bepaal voorts dat godsdiensbeoefening by staats- of staatsondersteunde instellings kan geskied, mits: (a) sodanige beoefening die reëls nakom wat deur die tersaaklike openbare owerheid neergelê is; (b) dit op n billike grondslag geskied; en (c) bywoning daarvan vry en vrywillig is. Worcester-Noord Primêre Skool erken dat bogenoemde regte nie absoluut is nie en deur artikel 36 van die Grondwet beperk kan word. Artikel 7 van die Suid-Afrikaanse Skolewet verleen aan die beheerliggaam die mag om die reëls ingevolge waarvan godsdiensbeoefening moet geskied, te bepaal. Hierdie mag is onderhewig aan die Grondwet en enige ander toepaslike provinsiale wetgewing. Godsdiensbeoefening moet op n gelyke grondslag geskied, en opvoeders en leerders se bywoning moet vrywillig wees. Op grond van bogenoemde het die beheerliggaam van Worcester-Noord Primêre Skool hierdie godsdiensbeleid met inagneming van die godsdienstige samestelling van die skool en ter uitvoering van die missie van die skool opgestel. Worcester-Noord Primêre Skool onderneem om te verseker dat elke verteenwoordigende godsdiens by die skool op gelyke grondslag hanteer sal word. Woordomskrywings Godsdiens - verwys na die omvattende en fundamentele oriëntasies in die wêreld, met bepaalde verwysing na heilige, spirituele en nie-sekulêre oortuigings; vereis toewyding; sluit georganiseerde vorme van geloof en sekere wêreldbeskouinge in, en word ook kollektief gebruik om na daardie organisasies te verwys wat opgerig is ten einde hierdie oortuigings te beskerm en te bevorder. Godsdienste onderrig - verwys na n kurrikulêre program met duidelike en ouderdomsverwante opvoedkundige doelwitte wat vir die onderrig en leer van godsdiens, godsdienste en godsdienstige diversiteit in Suid-Afrika en die wêreld deur die Departement van Onderwys voorgeskryf word. Die studie van godsdiens moet ten doel hê om herkenbare opvoedkundige doelwitte te bereik wat in ooreenstemming is met die doelwitte en uitkomste van ander leerareas, en programme in Godsdienste onderrig moet, soos ander leerareas in die kurrikulum, tot die ontwikkeling van grondliggende waarnemings-, luister-, lees-, skryf- en denkvaardighede bydra. Godsdiensonderrig - verwys na n program met inligting oor n bepaalde godsdiens wat ten doel het om navolging van daardie bepaalde godsdiens te bevorder. Die beheerliggaam beskou die huisgesin en geloofsgemeenskap as die hoofvoorsieners van godsdiensonderig. Die skool is n opvoedkundige instelling, en godsdiensonderrig maak dus nie deel uit van die formele skoolprogram nie. Die skool sal wél sy geriewe vir sodanige programme beskikbaar stel, met dien verstande dat godsdiensonderrig nie met die formele opvoedkundige doelwitte van die skool inmeng nie.