GREY KOLLEGE BELEID TEN OPSIGTE VAN DWELMMIDDELS

Similar documents
OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

LAERSKOOL SAAMTREK. GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRIMêRE SKOOL LAERSKOOL SAAMTREK

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

LAERSKOOL SAAMTREK GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Die wonder van water *

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

GEDRAGSKODE: LEERDERS

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Daniël en die Leeukuil

BELEID OOR KONFLIK VAN BELANGE

LAERSKOOL HELDERKRUIN

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

nommer 1 Gedragskode vir ouers 3 2 Gedragskode en dissiplinêre prosedures 10 3 Dissipline Beleid 18 4 Dissiplinêre prosedure en gedragskode 24 5

TrumpetNet, 31 May 2007

Gedragskode vir leerlinge van die Hoër Landbouskool Boland. Deel 1. Etiekkode

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM

SAOU hoofdesimposium Leerderdissipline: Die ondersoek, voorbereiding en verhoor van ernstige wangedragsake Jaco Deacon

/Af KENNISGEWING AAN GETUIE OM DIE POLISIE VAN SY/HAAR ADRES OP HOOGTE TE HOU

Die wind as bron van energie *

Hoërskool Swartland Grondwet

Speel met battery elektrisiteit *

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Musiek: Toets jou kennis *

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

LAERSKOOL EVERSDAL VIGSBELEID

Gee die pas aan Setting the pace

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

DIE ARBEIDSREGTELIKE POSISIE VAN DIE NAKOMINGSBEAMPTE IN DIE REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Veldenvlei Primary School

Wat is elektrisiteit? *

GEDRAGSKODE Alle leerders het die verantwoordelikheid om:

KROONSTAD HOëRSKOOL KOSHUISE

Nuusbrief Junie / Julie 2017

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

Een gesertifiseerde kopie van elk van die volgende dokumente moet aangeheg wees indien van toepassing: Geslag. ID Nommer. Nasionaliteit.

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

OUTENIQUA HOëRSKOOL HANDLEIDING INGEVOLGE ARTIKEL 14 VAN DIE WET OP BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING (PAIA)

Beleid oor byeenkomste, demonstrasies en betooglinievorming by die Noordwes-Universiteit

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

E-Klas handleiding Studente

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

Wat is vaskulêre demensie?

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

GRONDWET VAN DIE DRAKENSTEIN SAKEKAMER

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA VOORTREKKER APTEEK BK

Government Gazette Staatskoerant

Buitengewone Provinsiale Koerant. Provincial Gazette Extraordinary CONTENTS INHOUD. Donderdag, 28 Februarie Thursday, 28 February 2002

DISSIPLINÊRE KODE VIR STUDENTE VAN DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

AGRI NOORD-KAAP GRONDWET

SPELERS MET GESTREMDHEDE

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION

5.2 Konstruksie van vraelyste Struktuur van die vraelys

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

Digitale Produkte. Katalogus

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA GORETE TEIXEIRA SUTIL N.O. AANGEHOOR OP: 29 NOVEMBER 2012 UITSPRAAK DEUR: VAN DER MERWE, R

Plekwaardes van heelgetalle *

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

INHOUDSOPGAWE 1. VOORWOORD 2. HISTORIESE OORSIG. 3. SKOOLTYE en SKOOLBYWONING 4. OUERVERTEENWOORDIGING

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA

PROVINSIALE AFDELING) PATRICK ~~Bl~-A BALEKL\. EN 21 ANDER

Hoofstuk 5: Opsomming, gevolgtrekkings en aanbevelings

ONWETTIGE JAG MET HONDE. RIGLYNE - Wees goed ingelig en tree versigtig op.

Die rol van waardes in klaskamerdissipline resultate van n empiriese ondersoek

SAOU (Gauteng) SKOOLVERTEENWOORDIGERS Februarie 2016 KORTLYSVERGADERINGS EN ONDERHOUDE

TOELATINGSBELEID LAERSKOOL RUSTENBURG RAKENDE DIE TOELATING VAN LEERDERS TOT DIE SKOOL OF GRADE BY DIE SKOOL

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

AURORA PRIVAAT STUDENTE ORGANISASIE GRONDWET

DIE VOORDEELVEREISTE IN DIE SUID-AFRIKAANSE INSOLVENSIEREG. deur. Retha du Plessis

HTS DANIEL PIENAAR GEDRAGSKODE 2015

Kennisgewing van die ALGEMENE JAARVERGADERING. Suidwes Beherend (RF) Eiendoms Beperk 21 September 2016

When the life has been saved the quality of that survival depends crucially on the next phase the process of rehabilitation (Gentleman 2001:193)

OPBERGINGSOOREENKOMS

G/ Volgende hersien datum: Algemeen

BOUKONTRAK AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN. Die KONTRAKTEUR soos gedefinieer in die kontrak waarvan hierdie ooreenkoms Aanhangsel F is

Transcription:

GREY KOLLEGE BELEID TEN OPSIGTE VAN DWELMMIDDELS Grey Kollege se missie bepaal dat daar gestreef word om elke Grey seun in ʼn gelukkige en geborge skoolomgewing op te voed. Grey Kollege se gedragskode bepaal dat daar doelgerig saamgewerk moet word om n gedisiplineerde omgewing daar te stel. Hierdie doelstellings word ondermyn deur die misbruik van verbode dwelmmiddels. Navorsing toon dat daar n verband is tussen dwelmmisbruik en ander asosiale en hoërisiko gedrag soos geweld, bendebedrywighede en diefstal. Die misbruik van verbode dwelmmiddels is skadelik vir die mens op sosiale, fisiese, emosionele en sielkundige gebied en lei dikwels tot verslawing - met vernietigende gevolge. Grey Kollege se gedragskode verbied die gebruik en of besit van verbode dwelmmiddels; die verskaffing daarvan aan ander asook die koop en verkoop daarvan. Hierdie oortredings resorteer ingevolge die gedragskode onder vlak 3 oortredings, waarvan skorsing ʼn moontlike straf is. Die doel van die skool se dwelmbeleid is om ʼn gelukkige, geborge, veilige, gesonde en dwelmvrye omgewing vir al sy leerders te bevorder. Die oogmerk van die beleid is eerstens om van hulp te wees vir leerders met ʼn dwelmprobleem en omleerders in hierdie verband op te voed en tweedens, om prosedures daar te stel om dwelm-aangeleenthede effektief en in lyn met wetgewing en regulasies te hanteer. Die beleid is van toepassing: op alle leerders van die skool, hetsy hulle in skooluniform is aldan nie op die skoolterrein, tydens enige uitstappie, funksie of ander aktiwiteit wat deur die skool gereël is, enige plek of aktiwiteit waar leerders die skool verteenwoordig of as sodanig herken mag word, op alle besoekers op die skoolterrein. Waar leerders buite skoolverband hulle skuldig maak aan die gebruik van enige verbode dwelmmiddel behou die skool die reg voor om dienooreenkomstig die beleid op te tree waar sodanige gebruik die leerder se gedrag, skoolbywoning of akademiese vordering beïnvloed. Dit is die oogmerk van die skool om 'n effektiewe anti-dwelmprogram aan te bied wat ooreenstem met die nasionale beleid en wetgewing rondom dwelms. Die doel van die program is om dwelmmisbruik onder leerders te identifiseer, om die veiligheid, regte en gesondheid van die meerderheid van leerders wat nie dwelms misbruik nie, te beskerm en om 'n dwelmvrye leeromgewing te bevorder.

Dit is die oogmerk van die skool om deur middel van hierdie program, leerders met 'n dwelmprobleem te help en te ondersteun sover moontlik en om ouers/voogde te voorsien van die nodige inligting om leerders te ondersteun. Sodanige leerders sal geregtig wees op gepaste hulp solank as wat hulle deelneem aan n gestruktureerde program. In gevalle waar leerders weier om van sodanige hulp gebruik te maak en skuldig bevind is aan dwelmverwante oortredings, sal die skool geen keuse hê as om sodanige oortreders behoorlik te straf nie. Die skool onderneem egter om alle sake rakende hierdie beleid te alle tye in samewerking met die ouer/voog te hanteer. Die skool sal poog om elke sodanige saak te hanteer met die nodige sensitiwiteit, en respek vir beide die leerder en die ouer/voog se reg op privaatheid. Die skool wil relevante inligting rakende dwelms aan die personeel, leerders en ouers verskaf as deel van die dwelmvoorkomingsprogram. Sodanige program fokus daarop om leerders ook die lewensvaardighede aan te leer ten einde die regte besluite te neem (Bylaag C). Indien daar ʼn regverdige en redelike vermoede bestaan dat n leerder ʼn verbode dwelmmiddel besit of gebruik of onder die invloed daarvan is, kan sodanige leerder en/of sy eiendom deursoek word. Sodanige leerder kan n toets toegedien word om te bepaal of hy ʼn verbode dwelmmiddel gebruik het. Indien daar ʼn regverdige en redelike vermoede bestaan dat ʼn verbode dwelmmiddel op die skoolterrein of by ʼn skoolaktiwiteit buite die skoolterrein gevind kan word, mag ʼn groep leerlinge en/of hul eiendom op ewekansige/lukrake wyse deursoek word (Bylaag A) Indien daar ʼn regverdige en redelike vermoede bestaan dat ʼn verbode dwelmmiddel op die skoolterrein of by ʼn skoolaktiwiteit buite die skoolterrein gebruik word, mag ʼn groep leerlinge ewekansig/lukraak ʼn toets toegedien word om te bepaal of ʼn verbode dwelmmiddel gebruik is (Bylaag B). Gemelde deursoeking en toetsing is in lyn met Artikel 8A van die SA Skolewet 84 van 1996 en die Grondwet van Suid-Afrika. Gemelde deursoekings en toetsings sal met die nodige respek gedoen word. Alle inligting rondom verbode dwelmgebruik en dwelmtoetsing is vertroulik. BYLAES Die volgende bylaes beskryf besonderhede van die beleid: BYLAAG A: Deursoekings- en Beslagleggingsprosedures BYLAAG B: Dwelmtoetsing BYLAAG C: Ondersteuningsmiddele VOORSITTER VAN DIE BEHEERLIGGAAM

BYLAAG A DEURSOEKING- EN BESLAGLEGGINGSPROSEDURES 1. VERBODE DWELMMIDDELS Die volgende dwelmmiddels en substansies word as verbode beskou. Dit sluit in die besit, die gebruik en die verskaffing daarvan aan ander, asook die koop en verkoop daarvan. alkohol amfetamines anaboliese steroïdes barbiturate benzodiazepine kokaïene metaphetamines (tik, crystal, meth) methadone ecstasy (MDMA) opiate (heroïene, morfien, opium) THC (dagga) (Hierdie lys is nie uitsluitlik nie en mag van tyd tot tyd opgedateer word om ander verbode substansies in te sluit) 2. PROSEDURE VIR DEURSOEKING Indien daar n regverdige en redelike vermoede bestaan dat n leerder n onwettige dwelmmiddel besit of gebruik of onder die invloed daarvan is, kan sodanige leerder en/of sy eiendom deursoek word deur die skoolhoof of sy gedelegeerde. Indien daar n regverdige en redelike vermoede bestaan dat n verbode dwelmmiddel op die skoolterrein of by n skoolaktiwiteit buite die skoolterrein gevind kan word, mag n groep leerlinge en/of hul eiendom op ewekansige/lukrake wyse deuroek word deur die skoolhoof of sy gedelegeerde. Gemelde deursoeking en toetsing is in lyn met Artikel 8A van die SA Skolewet 84 van 1996 en die Grondwet van Suid Afrika. Die prosedure wat gevolg moet word is die volgende: a) Die persoon wat die deursoeking doen moet van dieselfde geslag as die leerder betrokke wees. b) Die deursoeking moet in ʼn private area plaasvind c) Die deursoeking sal in die teenwoordigheid van n getuie, te wete ʼn ander personeellid van dieselfde geslag as die leerder, geskied. d) Indien enige verbode dwelmmiddels gevind word moet ʼn etiket met die volgende besonderhede aangeheg word: Waar dit gevind is Naam van leerder Tyd en datum van deursoeking en beslaglegging

Voorvalverwysingsnommer Naam van persoon wat deursoeking gedoen het Naam van personeellid teenwoordig Enige ander toepaslike besonderhede e) Indien enige verbode dwelmmiddels gevind word moet die volgende gedoen word: n Aantekening in n verslagboek moet gedoen word Oorhandig dadelik aan SAPD vir verwydering van die skoolterrein Indien die SAPD dit nie onmiddellik kan verwyder nie, moet die skoolhoof of sy gedelegeerde die verbode dwelmmiddel na die naaste polisiekantoor neem. Die SAPD moet n kwitansie vir die ontvangs daarvan uitreik. f) Indien n leerder weier om deursoek te word, sal die volgende prosedure gevolg word: Die ouer/voog word onmiddelik in kennis gestel dat die leerder weier om deursoek te word en derhalwe die bepalings van die Skolewet en die skool se dwelmbeleid oortree. Stel verder die ouer/voog in kennis dat die SAPD gekontak sal word om die deursoeking van die leerder te behartig. Die ouer/voog sal dan die geleentheid kry om die leerder te oortuig om sy samewerking te gee. Hierdie gesprek mag telefonies geskied in die teenwoordigheid van n getuie Indien beide die ouer/voog en leerder weier om hulle samewerking te gee, sal die saak onmiddellik aan die SAPD gerapporteer word en sal die reg sy loop neem, wat die potensiële strafregtelike vervolging van die leerder mag insluit. g) Indien ʼn leerder in besit van ʼn verbode dwelmmiddel is sal die volgende stappe geneem word: Die ouer/voog van die leerder word in kennis gestel. Die leerder word summier geskors hangende n dissiplinêre verhoor Die leerder moet ʼn redelike geleentheid kry om ʼn vertoë ten opsigte van die skorsing aan die Beheerligaam te rig voordat die gemelde skorsing afgedwing mag word

BYLAAG B DWELMTOETSING WAAR EN WANNEER Indien daar ʼn regverdige en redelike vermoede bestaan dat ʼn leerder ʼn onwettige dwelmmiddel gebruik het mag sodanige leerling, op die skoolterrein of by ʼn skoolaktiwiteit buite die skoolterrein, ʼn toets toegedien word om te bepaal of ʼn verbode dwelmmiddel gebruik is. Gemelde toetsing is in lyn met Artikel 8A van die SA Skolewet 84 van 1996 en die Grondwet van Suid Afrika. Indien daar ʼn regverdige en redelike vermoede bestaan dat ʼn groep leerlinge ʼn onwettige dwelmmiddel op die skoolterrein of by ʼn skoolaktiwiteit buite die skoolterrein gebruik word, mag ʼn groep leerlinge ewekansig/lukraak ʼn toets toegedien word om te bepaal of ʼn verbode dwelmmiddel gebruik is. Gemelde toetsing is in lyn met Artikel 8A van die SA Skolewet 84 van 1996 en die Grondwet van Suid Afrika. GESELEKTEERDE TOETSING Die skoolhoof of sy gedelegeerde sal op die tyd en datum van geselekteerde dwelmtoetsing besluit. Hierdie toetsing is ter voorkoming van die gebruik van verbode dwelmmiddels. Besonderhede rondom die dwelmtoetsprogram sowel as die seleksieproses word streng vertroulik gehou en beperk tot die betrokke personeellede, sodat leerders nie vermoedens sal kry wanneer die toetsing uitgevoer sal word nie. Die skool sal 'n regverdige en deursigtige metode van toevallige seleksie gebruik. Alle leerders wat toevallig gekies is vir toetsing en wat nie op die spesifieke dag aanwesig is nie, sal op die volgende beskikbare toetstyd getoets word of tydens enige datum wat deur die skoolhoof of sy gedelegeerde bepaal word. PROSEDURE Die volgende prosedure word toegepas in alle gevalle van dwelmtoetsing: a) Hierdie toets word toegedien deur die skoolhoof of sy gedelegeerde en is ʼn urien- of ander ingreepvrye toets. b) Die persoon wat die toets doen moet lateks handskoene aan hê en gemelde persoon moet van dieselfde geslag as die betrokke leerder wees. c) Die toets moet in ʼn private area plaasvind d) Die toets sal in die teenwoordigheid van ʼn getuie wat ʼn ander personeellid van dieselfde geslag as die leerder is, geskied. e) Die skoolhoof of sy gedelegeerde moet die toetsaparaat in die teenwoordigheid van die leerder sowel as die gemelde getuie uit die verpakking haal. Die instruksies van die apparaat moet hardop gelees en daarvolgens opgetree word.. f) Die skoolhoof of sy gedelegeerde moet die leerder beveel om ʼn urienmonster te verskaf. g) Die leerder moet ʼn urienmonster verskaf en die urienmonster moet as volg gemerk word:

Waar dit gevind is Naam van leerder Tyd en datum van toetsing Voorvalverwysingsnommer Naam van persoon wat toets gedoen het Naam van personeellid wat as getuie teenwoordig is Enige ander toepaslike besonderhede h) Die apparaat wat gebruik word soos voorgeskryf in Staatskoerant Kennisgewing 1140 van 2008 uitgevaardig in terme van die SA Skolewet 84 van 1996, is enige van die volgende: (1) Drug Detective Wipe Detection System for Surfaces. (2) One-Step Home Cocaine Test Strip. (3) Multi-Drug Test. (4) Quicktox Drug Screen Dipcard Test. (5) Monitect Drug Screen Casette Test (6) Toxcup Drug Screen Cup Test (7) Multi Panel Drug Testing Device (8) Smart Check Drug Screen Test (9) Drug Smart Cup (10) Avitar Oral Screen 4 Or Drugometer. i) Die ouer van die leerder moet, indien doenlik, binne een dag van die toediening van sodanige toets in kennis gestel word j) Die leerder en ouer moet, sodra die uitslag bekend is, onmiddellik van die uitslag in kennis gestel word k) Indien ʼn leerder positief toets word vir enige onwettige dwelmmiddel, sal die volgende stappe geneem word: Toetsresultate word aan die ouers/voogde en die leerder bekend gemaak. Ouers aanvaar die finansiële koste wat noodwendig aangegaan is ten opsigte van die toets en sal die toetskoste op aanvraag betaal. ʼn Gesprek moet met die ouers gevoer word sodat hulle die gevolge en impak van verbode middels kan begryp. Die skool verwys die leerder na n sentrum vir dwelmberading. Die koste vir hierdie program, indien enige, is die ouers se verantwoordelikheid. (BYLAAG C) Aangesien die skoolterrein n dwelmvrye area is, sal leerders wat positief vir verbode middels getoets is: o o tydelik geskors word totdat die leerder negatief toets vir enige verbode middels. Die ouer moet die skool voorsien van sodanige uitslag. Die skool behou die reg voor om self ook die leerder te toets n verslag van n rehabilitasieprogram inhandig. Dissiplinêre stappe teen die leerder sal geneem word. Geen kriminele prosedure sal teen die leerder geneem word nie indien hy hom vrywillig onderwerp aan toetsing nie. Die skool sal geregtig wees om die leerder te enige tyd daarna vir die res van sy skioolloopbaan aan Grey Kollege te onderwerp aan ʼn verdere toets vir enige verbode dwelmmiddel. Indien die leerder weer positief toets word vir enige verbode dwelmmiddel, sal dissiplinêre stappe teen die leerder geneem word op die basis dat dit ʼn vlak 3 oortreding daarstel, wat by skuldigbevinding volgens die diskresie van die dissiplinêre komitee gepaard sal gaan met ʼn aanbeveling van uitsetting.

BYLAAG C ONDERSTEUNINGSMIDDELE 1. VOORKOMING 1.1. Leerders 1.1.1. LO kurrikulum 1.1.2. Bewusmaking deur buite-organisasies 1.1.3. Inligtingsessies oor onder andere die belangrikheid van die regte keuses 1.1.4. Visuele bewusmaking deur plakkate, ens. 1.2. Ouers 1.2.1. Deurgee van inligting op webtuiste en tydens oueraande 1.3. Onderwysers 1.3.1. Opleiding oor tekens en toepassing van die beleid 2. HULPVERLENING 2.1. Me Chanell Cuyler-Greeff (Grey College sielkundige) 2.2. Kontakonderwysers by Grey College: Mnr Ludwig Koekemoer (Graad 8 en 9), Mnr Lourens Van Der Merwe (Graad 10-12) 2.3. Verskaffing van besonderhede van instansies wat hulp, terapie en programmme verskaf: 2.3.1. Inclusive Education (Department of Education): Tel 051 4048900 /051 4048929) free of charge 2.3.2. Aurora: Tel 051 4479204 2.3.3. Auksano: Tel 0833430484 (24-uur hulplyn)/ 051 4225454 2.4. Verskaffing van besonderhede van rehabilitasiesentrums: 2.4.1. Aurora: Tel 051 4479204 2.4.2. Hillandale Hospitaal: 051 4123300