MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY PHASE

Similar documents
MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR SECONDARY PHASE

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Die wonder van water *

MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

Wat is elektrisiteit? *

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

Speel met battery elektrisiteit *

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Die wind as bron van energie *

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Musiek: Toets jou kennis *

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Plekwaardes van heelgetalle *

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

LAERSKOOL HELDERKRUIN

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

TrumpetNet, 31 May 2007

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

WAT IS GESKIEDENIS? Daar is tw ee moontlike antw oorde.

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Wat is vaskulêre demensie?

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

MINISTRY OF EDUCATION

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE SECOND LANGUAGE SYLLABUS AFRIKAANS VERSION GRADES 1-3

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Pret en plesier - 02 *

Daniël en die Leeukuil

LAERSKOOL HELDERKRUIN

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

Dierestories - 04 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Dierestories 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Digitale Produkte. Katalogus

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR

MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE RELIGIOUS AND MORAL EDUCATION SYLLABUS GRADES 1-3 AFRIKAANS VERSION

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

UNIVERSITY OF KWAZULU-NATAL - PIETERMARITZBURG EXAMINATIONS : NOVEMBER 2006 SCHOOL OF LANGUAGE, LITERATURE AND LINGUISTICS

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding *

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

Cambridge Assessment International Education Cambridge International General Certificate of Secondary Education. Published

Inkomstestaat en balansstaat *

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

HOOFSTUK 6. n ONDERRIG-LEERPROGRAMRAAMWERK VIR AAT

Die badkamer en kombuis *

E-Klas handleiding Studente

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

Die ekologiese sisteem *

MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE-PRIMARY SYLLABUS AFRIKAANS VERSION

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

Inligtingkunde/Information Science INL 220

Graad 5 EKSAMENAFBAKENING KWARTAAL 4: 2017

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education. Published

SAOU (Gauteng) SKOOLVERTEENWOORDIGERS Februarie 2016 KORTLYSVERGADERINGS EN ONDERHOUDE

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011 MEMORANDUM

SPELERS MET GESTREMDHEDE

n TI Oorsig oor die sillabus onder

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

Pret en plesier - 04 *

Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting *

NKR: Standaard: 3. ES No:8970. Fasiliteerder:... Maatskappy:... Kommoditeit:... Datum:...

DIE LEERDERPORTEFEULJE AS N ASSESSERINGSINSTRUMENT IN DIE LEERAREA SOSIALE WETENSKAPPE, INTERMEDIÊRE FASE (GRADE 4 6)

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ENVIRONMENTAL STUDIES SYLLABUS GRADES 1-3 AFRIKAANS VERSION

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

University Of Pretoria

DIE PRODLEMATIEK RONDOM DIE ONDERRIG VAN AFRIKAANS (TI) H. Menkveld Universiteit van Stellenbosch

JUNIE 2014 GRAAD 11 MEMORANDUM

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION

Transcription:

MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY PHASE AFRIKAANS FIRST LANGUAGE SYLLABUS GRADES 5-7 FOR IMPLEMENTATION IN 2007

Ministry of Education National Institute for Educational Development (NIED) Private Bag 2034 Okahandja Namibia Copyright NIED, Ministry of Education, 2006 Afrikaans First Language Syllabus Grades 5-7 ISBN: 99916-52-49-3 Printed by NIED Website: http://www.nied.edu.na Publication date: December 2006

INHOUDSOPGAWE 1. Inleiding... 1 2. Rasionaal en doelstellings... 1 3. Vaardighede en leeruitkomste... 2 4. Spesifieke kenmerke van die fase... 2 5. Geslagskwessies... 2 6. Plaaslike verband en inhoud... 3 7. Skakels met ander vakke en interkurrikulêre uitdagings... 3 8. Onderrig-leer-benadering... 4 9. Samevatting van die leerinhoud... 6 10. Leerinhoud... 7 11. Assessering... 15 11.1 Inleidende opmerkings... 15 11.2 Doel met assessering... 15 11.3 Tipes assessering... 15 11.4 Assesseringsmetodes... 16 11.5 Assesseringsdoelstellings... 16 11.6 Deurlopende assessering: Spesifieke riglyne... 17 11.7 Eindeksamen: Uiteensetting van vraestelle... 19 11.8 Verband tussen assesseringsdoelstellings en die vraestelle... 20 11.9 Graadomskrywings... 20 12. Woordelys... 21 Bylaes: Bylae A: Merkskema: Praatvaardigheid Bylae B: Merkskema: Hardoplees Bylae C: Merkskema: Skriftelike stelwerk Deurlopende Assesseringspuntelys Afrikaans First Language Syllabus Gr 5-7 NIED 2006

1. INLEIDING Die hersiene sillabus vir Afrikaans Eerste Taal Graad 5-7 beskryf die leeruitkomste en assessering van Afrikaans Eerste Taal in die Senior Primêre fase. As vak hoort Eerste Taal tot die taal- en geletterdheidsleerarea in die kurrikulum, maar het tematiese skakels met ander vakke in die kurrikulum. Een van die primêre doelwitte van die kurrikulum is die ontwikkeling van funksionele geletterdheid en taalvaardighede in die eerste taal of moedertaal van die leerder. Dit behels: die ontwikkeling van positiewe gesindhede teenoor die eerste taal (moedertaal) die verwerwing van n funksionele woordeskat en uitspraak in die eerste taal (moedertaal) op formele sowel as informele wyses, met die doel om die taal vlot en korrek te kan verstaan, praat, lees en skryf die ontwikkeling van die vermoë om die taal met selfvertroue in die skool, asook in die daaglikse lewe te gebruik. Onder optimale omstandighede word 6 periodes van 40 minute elk in elke 5-dagweek benodig vir die onderrig van die moedertaal. 2. RASIONAAL EN DOELSTELLINGS Taal is die belangrikste sleutel tot suksesvolle leer. Die moedertaal is essensieel vir konsepvorming, asook om dit wat deur medium van n ander taal geleer word, in verband te bring met persoonlike ervaring en die eie kultuur. Leerders wat nie hulle moedertaal as vak neem in formele onderwys nie, kan onder die indruk gebring word dat dit minderwaardig is in vergelyking met die tweede of vreemde taal. Om in die moedertaal te leer en te ontwikkel, is noodsaaklik vir die vestiging van n positiewe selfbeeld, vaslegging van die eie kultuur en primêre begrip van die wêreld. Taalgeletterdheid en kommunikasievaardighede in die eerste taal word beskou as onontbeerlike fasette van menslike ontwikkeling en lê die grondslag vir lewenslange leer. Ter wille van beide die bevordering van optimale leeromstandighede en die versterking van n eie identiteit, asook ter wille van taalekologie, behoort die moedertaal as vak aangebied te word tot aan die einde van die skoolloopbaan. Die oorkoepelende doelstelling met die onderrig van n nasionale taal is die ontwikkeling van die kommunikatiewe vaardighede van die leerders, ter wille van betekenisvolle interaksie in n multikulturele en meertalige gemeenskap. Met hierdie sillabus word daarna gestreef om die volgende algemene doelwitte te verwesenlik: om kreatiwiteit en intellektuele ontwikkeling te ondersteun om leerders te help om selfvertroue te ontwikkel, asook n beter begrip van die wêreld waarin hulle leef om positiewe gesindhede en waardesisteme te ontwikkel, asook begrip vir plaaslike sosiale en kulturele kwessies om groter bewustheid en verantwoordelikheid te kweek ten opsigte van gesondheids- en bevolkingskwessies, demokrasie en menseregte, MIV en Vigs en omgewingskwessies. Die sillabus wil leerders bemagtig om oor hierdie aangeleenthede te praat, te lees en te skryf. 1

Die sillabus wil ook die volgende spesifieke doelwitte verwesenlik: om leerders in staat te stel om mondelings en skriftelik effektief te kommunikeer in die moedertaal om leerders in staat te stel om uiting te gee aan gedagtes, idees, ervaringe en waardes as n noodsaaklike deel van persoonlike ontwikkeling om vaardigheid in die eerste taal te ontwikkel 3. VAARDIGHEDE EN LEERUITKOMSTE Met die aanvang van die Senior Primêre fase word veronderstel dat leerders reeds begin het om die eerste taal effektief te gebruik vir kommunikasie, selfontwikkeling en intellektuele groei. Daarom is dit belangrik om in gedagte te hou dat die eerstetaalsillabus primêr bedoel is vir moedertaalsprekers. Al die vaardighede in hierdie sillabus is noodsaaklik en dui die minimum vlak van vaardigheid aan wat leerders aan die einde van elke graad in die Senior Primêre fase behoort te bereik. Die bedoeling is nie om die inisiatief van die onderwyser of die klas te beperk nie. Onderwysers moet hulle leerders ver verby die minimum vlakke neem waar enigsins moontlik. Aan die einde van die Senior Primêre fase behoort alle leerders in staat te wees tot betekenisvolle interaksie, hulleself duidelik in n verskeidenheid genres en situasies kan uitdruk en n verskeidenheid tekste kan lees en krities interpreteer. 4. SPESIFIEKE KENMERKE VAN DIE FASE Deur gereelde blootstelling aan ryk vorme van kommunikasie, sal leerders toenemend bewus word van korrekte en betekenisvolle taal en die korrekte gebruik van grammatikale strukture. Ten einde groei en ontwikkeling in die taal soveel as moontlik aan te help, is dit belangrik dat die taalvaardighede geïntegreerd onderrig word. Die moedertaal vorm die basis vir die hele kurrikulum: die stories wat die leerders lees en na luister, die onderwerpe wat hulle bespreek, die rolle wat hulle speel, skakel alles oor vakgrense heen met kwessies soos omgewingsbewaring, MIV en Vigs, menseregte, kinderregte, waardes, sosiale regte en demokrasie. Deur oor hierdie kwessies te lees, te praat en te skryf, word die vermoë ontwikkel om dit te verstaan en te hanteer en om n waardestelsel daar rondom te ontwikkel. Baie van die vaardighede wat in die Senior Primêre fase ingesluit is, was reeds deel van die Junior Primêre fase. Die rede waarom dit in die Senior Primêre fase herhaal word, is om die belangrikheid van progressiewe ontwikkeling van hierdie vaardighede aan te dui. In opeenvolgende jare sal van leerders vereis word om die vaardighede met toenemende vlakke van gesofistikeerdheid te ontwikkel. 5. GESLAGSKWESSIES Onderwysers moet bewus wees van verskille wat verband hou met geslag, sowel as van probleme wat kan voortspruit uit die verskillende rolle van mans en vroue in die gemeenskap. Mans en vroue gebruik taal op verskillende wyses. Hierdie verskille kan as bron benut word in die klaskamer deur seuns en dogters in dieselfde groepe in te sluit. Rolspelsituasies kan gebruik word om geslagstereotipes uit te wys en leerders te leer om materiaal te analiseer om te bepaal of dit vry is van geslagstereotipe. Seuns en dogters kan meng en soms rolle omruil. Taal as vak is ook uitstekend geskik vir die onderrig van waardes. Die verskillende wyses waarop mans en vroue neig om oor waardes te dink, kan aangewend word om mekaar te verryk. Daar moet seker gemaak word dat alle leer- en onderrigmateriaal geslagsgelykheid bevorder. 2

6. PLAASLIKE VERBAND EN INHOUD Die moedertaal hou ten diepste verband met die identiteit van n persoon en bevestig lidmaatskap van die primêre groep in die lewe, die gesin, asook van die gemeenskap. Daarom moet die onderrig van die moedertaal op elke moontlike wyse put uit die kulturele rykdom van die gemeenskap en verbande lê tussen onderwerpe wat in die klas aan die orde kom en die onmiddellike omgewing. In skoolverband is die moedertaal die medium waardeur alles gekonseptualiseer word. Slegs as leerders geborge voel in hul persoonlike en taalidentiteit en hul eie kultuur na waarde skat, sal hulle in staat wees om Engels en die globalisering wat daarmee gepaard gaan te bemeester sonder om van hulle eie taal en kultuur vervreem te word. Die rol wat lokalisering speel in die onderrig van die moedertaal moet nie onderskat word nie. 7. SKAKELING MET ANDER VAKKE EN INTERKURRIKULÊRE KWESSIES Opvoeding in aangeleenthede rakende bevolkingskwessies, MIV en Vigs, menseregte, demokrasie en omgewingsbewustheid is nie beperk tot net enkele vakke nie, maar oorspan die hele kurrikulum. Hierdie kwessies word in die verskillende vaksillabusse aangedui. In die lig van die MIV en Vigspandemie is dit by uitstek belangrik om moedertaallesse te benut om leerders in staat te stel om uitdrukking te gee aan hulle opvattings en gevoel oor MIV en Vigs en die effek wat dit op die individu sowel as die gemeenskap het. Leerders moet leer om openlik en onbevange oor die aangeleenthede te wees en om n positiewe ingesteldheid en selfvertroue te ontwikkel wat hulle kommunikasievermoëns sal versterk, ten einde persone wat deur MIV en Vigs geraak word, te ondersteun. Hulle moet hulleself ook teen enige vorm van seksuele molestering kan beskerm. Die voorstelle in die onderstaande tabel het ten doel om leiding te verskaf aan onderwysers oor die integrering van interkurrikulêre kwessies in die daaglikse taalonderrig. Dit staan onderwysers vry om hierdie onderwerpe en aktiwiteite aan te vul en te verander om te pas by die ontwikkelingsvlak en belangstelling van hulle leerders. Interkurrikulêre kwessie Omgewingsopvoeding Bevolkingskwessies Onderwerp Waaruit betaan ons omgewing? Parke en ontspanning Bewaring Boomplantdag Namibië se bevolkingsamestelling Namibië se vroeë geskiedenis Lewensomstandighede in verskillende dele van die land Luister na tekste en rangskik inligting wat op stukkies papier geskryf is Aktiwiteite Luister Praat Lees Skryf Voer n onderhoud Vind inligting met n oor geskikte natuurbewaarder plante / bome vir die skoolter- Lewer n rein praatjie oor maniere Pas woorde by om elek- korrekte bete- trisiteit te bespaate kenisse in teks- oor omge- Luister na n voorlesing en merk korrekte antwoorde af Luister na n voorlesing en beantwoord eenvoudige begripsvrae daaroor Bespreek invloedryke persone in die geskiedenis van Namibië Debatteer aangeleenthede rondom die huidige bevolkingsgroei in Namibië wingskwessies Dra inligting oor kulturele groepe in Namibië in op n tabel Lees n tabel oor lewensverwagting Briefie van bedanking aan die burgemeester vir sy / haar deelname aan boomplantdag by die skool Ontwerp n plakkaat om verskillende aspekte van die bevolkingsgroepe in Namibië uit te beeld 3

Interkurrikulêre kwessie MIV en Vigs Menseregte en demokrasie Inligtingstegnologie Onderwerp Leef positief saam met MIV en Vigs Voorkoming Regte van MIV-positiewe mense Die bevordering van vrede Verstaan kulturele verskeidenheid Regte en verantwoordelikhede Dag van die Afrika-kind Ontwikkeling in inligtingstegnologie Maniere van kommunikasie Groot uitvinders Luister na n teks en beantwoord waar / vals vrae Luister na verhale oor persone wat MIVpositief is Aktiwiteite Luister Praat Lees Skryf Voer n Soeklees n onderhoud met teks vir n gesondheidswerker voorkomende oor be- maatreëls paalde aspekte Ontleed en bespreek rondom MIV & plakkate Vigs oor aspekte van Debatteer die MIV en Vigs vraag of dit goed is om jou MIV-status te ken Luister na tekste oor regte en verantwoordelikhede en voltooi verskillende take Luister na n beskrywing van n rekenaar en skryf die name van dele in op n skets Luister na stories oor beroemde uitvinders en gebruik die inligting om opdragte uit te voer Bespreek aspekte van verskillende kulture, bv. taal, stapelvoedsel, kleredrag, ens. bespreek verpligte skoolbywoning Bied n radioof TV-program aan oor ontwikkelinge in die tegnologie Lees en bespreek koerantartikels oor demokrasie Lees verhale waaruit inligting oor bepaalde kulture afgelei kan word Vluglees n teks oor die ontwikkeling van inligtingstegnologie en stel n tydlyn op Lees artikels oor groot uitvinders Dra data oor die voorkoms van MIV & Vigs in op n tabel Ontwerp plakkate om die boodskap van voorkoming oor te dra Stel riglyne op oor hoe om n vredebewaarder te wees Skryf n brief aan n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Vul inligting in op n grafiek, bv. oor die getal leerders in die skool wat n radio, selfoon en rekenaar besit 8. Onderrig-leer-benadering Die onderrig-leer-benadering is leerdergerig. Dit verseker die optimale kwaliteit van leer indien sekere beginsels nagekom word. Die doel is om begrip te verseker, asook die ontwikkeling van vaardighede en gesindhede wat nodig is om n bydrae tot die gemeenskap te kan lewer. Die uitgangspunt is die feit dat elke leerder n magdom kennis en sosiale ondervinding na die skool bring. Onderrig en leer in die skool moet elke leerder se bestaande kennis en ondervinding verbreed, ontwikkel en uitdaag. Leerders leer die beste wanneer hulle betrokke is by die leerproses deur n hoë mate van aktiewe deelname, bydrae en produksie. Terselfdertyd moet die onderrig-leer-benadering voorsiening maak vir die feit dat elke leerder n individu is met sy/haar eie behoeftes, tempo van leer, ondervinding en vermoëns. Die onderwyser moet in staat wees om die behoeftes van leerders te peil, die aard van die leer wat moet plaasvind te identifiseer en dan die leerervaring dienooreenkomstig te beplan. Daarom moet onderrigstrategieë buigsaam wees in n goed beplande reeks lesse wat verkieslik rondom temas beplan word wat verskillende vakgebiede betrek. 4

Afhangende van die betrokke algemene en spesifieke doelstellings wat bereik moet word, moet die onderwyser besluit wanneer leerinhoud direk onderrig moet word, wanneer dit beter sal wees om leerders die inhoud self te laat ontdek, wanneer gerigte leeraktiwiteite nodig is, wanneer vaslegging of verryking nodig is, wanneer daar n spesifieke opeenvolging van vaardighede of inligting is wat gevolg moet word, of wanneer leerders toegelaat kan word om self te besluit hoe hulle n onderwerp wil aanpak. Die klas kan op verskillende wyses georganiseer word: leerders kan individueel werk, in pare, in groepe of as die totale klasgroep. Die groepering wat gekies word, sal afhang van die taak op hande. Wedersydse ondersteuning en samewerking tussen groepe behoort aangemoedig te word. Om dit te bewerkstellig, moet opdragte so beplan word dat paar- en groepwerk nodig is om dit uit te voer, andersins is groepwerk vir leerders irrelevant. In die lig van die feit dat leerders in hierdie fase reeds bepaalde persoonlike, sosiale en kommunikatiewe vaardighede ontwikkel het, moet hulle onder leiding van die onderwyser toenemend meer en meer by die beplanning en evaluering van hulle werk betrek word. Aangesien leerders in die Junior Primêre fase reeds n groot deel van hulle moedertaal verwerf het, behoort die onderrig in die Senior Primêre fase afgestem te wees op verdere ontwikkeling van taalvaardighede. Dit moet bou op wat leerders reeds ken en kan doen, dit moet lei tot verfyning van taalstrukture, asook die ontwikkeling van die vermoë om die taal op meer subtiele wyse en in meer komplekse situasies te gebruik. n Belangrike funksie van die vak in hierdie fase is om die uitgebreide woordeskat wat die leerders reeds het verder uit te brei en hulle begrip van betekenis te verdiep. Die onderrig van die eerste taal moet n bewustheid kweek van die feit dat daar n standaardvorm van die taal is wat toepaslik is in skryfwerk en meer formele situasies, terwyl die gesproke vorm van die taal n reeks variëteite insluit, nie net in terme van dialekte nie, maar ook wat betref baie formele en hoflike taal tot informele taal en slang. Die klaskamer moet n ryk taalomgewing bied, nie net in terme van die mondelinge gebruik van die eerste taal nie, maar ook sover dit die geskrewe en gedrukte vorm raak. Elke klaskamer behoort n leeshoekie te hê met gepubliseerde boeke, plaaslike stories, poësie en prosa wat in samewerking met die plaaslike gemeenskap geskryf is, die leerders se eie kreatiewe skryfwerk en geannoteerde plakkate wat die leerders self maak. n Wye verskeidenheid onderrigmedia behoort gebruik te word om besprekings uit te lok: rolspel, kreatiewe skryfwerk, uitsendings deur plaaslike radiostasies, prente sonder byskrifte, aspekte van pop-kultuur en kinderliteratuur. Alhoewel min skole rekenaars beskikbaar het vir die leerders se gebruik, moet onderwysers n bewustheid kweek by die leerders van hedendaagse inligtingstegnologie. Dit kan versterk word deur gesprekke oor rekenaars in die leerders se onmiddellike omgewing, asook deur stories te lees en prente en advertensies wat oor inligtingstegnologie handel, te bespreek. Leerders wat toegang het tot rekenaars moet aangemoedig word om daarmee te werk en hulle ondervinding met hulle klasmaats te deel. 5

9. SAMEVATTING VAN DIE LEERINHOUD Die Eerstetaalsillabus omskryf die volgende vyf belangrike taalvaardighede wat deur alle leerders verwerf behoort te word: Luister en reageer Praat Lees en reageer Skryf Grammatika en taalgebruik Vaardighede Leerareas / Aktiwiteite Luister en reageer Ontwikkel luistervaardighede; luister na en reageer op inligting; verstaan opdragte en aanwysings; begryp gevoelens, bedoelings, emosies en houdings van sprekers; ontwikkel bewustheid van die struktuur van die taal en woordeskat. Praat Ontwikkel vaardigheid in die korrekte gebruik van die taalstruktuur; kommunikeer met selfvertroue en gebruik gepaste woordeskat effektief en oortuigend in verskillende situasies met n aanvoeling vir die gehoor en doel. Lees en reageer Ontwikkel stilleesvaardighede asook die vermoë om voor te lees; lees vir begrip en genot; haal inligting uit verskillende soorte tekste; gebruik naslaanbronne. Skryf Skryf verskillende soorte tekste met n aanvoeling vir die gehoor en doel; gebruik sinstrukture, korrekte spelling en punktuasie in goed gestruktureerde paragrawe. Grammatika en taalgebruik Skryf met toenemende korrektheid in spelling, punktuasie en verwysing; gebruik geskikte woordeskat, idiome en woordsoorte in n verskeidenheid sinstrukture. Bostaande tabel dui die leerareas of aktiwiteite aan ten opsigte van elk van die taalvaardighede wat verwerf moet word. Al word hierdie vaardighede hier apart aangedui om dit duidelik te omskryf, moet dit nie in isolasie onderrig word nie. Verskillende taalvaardighede word in die praktyk nie in isolasie gebruik nie, maar wel in verskillende kombinasies. In die taalklas moet dieselfde natuurlike groepering van taalvaardighede dus geïntegreerd onderrig word. 6

10. LEERINHOUD 10.1 Luister en reageer Ten einde luistervaardigheid te assesseer, sal leerders mondelings of skriftelik moet reageer. Die tekste, asook die vrae en opdragte wat in die verskillende grade gebruik word, sal in lengte en moeilikheidsgraad toeneem in Graad 6 en Graad 7. Die verskeidenheid en tipes tekste wat gebruik word vir die onderrig van luistervaardigheid moet van so n aard wees dat dit pas by die leerders se belangstelling en ontwikkelingspeil en bespreking stimuleer. DOELSTELLINGS Leerders sal: 1. na inligting luister en dit verstaan 2. instruksies en aanwysings herken en uitvoer 3. hoofpunte en idees herken en ondersteunende detail en voorbeelde vind 4. gevoelens, bedoeling, emosies en houdings van sprekers verstaan BASIESE VAARDIGHEDE Graad 5 Graad 6 Graad 7 Teen die einde van Graad 5 behoort Teen die einde van Graad 6 behoort Teen die einde van Graad 7 behoort na tekste soos stories en radiouitsendings na tekste soos stories, dramas, radio- na n groter verskeidenheid tekste te te luister met die doel om dit uitsendings en aankondigings te luister luister met die doel om dit te verstaan en te verstaan en eenvoudige inligting, soos met die doel om dit te verstaan en meer meer gevorderde inligting daaruit te feite, daaruit te haal gevorderde inligting daaruit te haal, haal soos om te onderskei tussen feit en inligting uit tekste mondelings en soos opinies argument, idees en aannames skriftelik aan te bied inligting uit tekste op n meer inligting uit tekste op n meer eenvoudige instruksies en aanwysings te volg en dit uit te voer oor hoe om toerusting en instrumente te gebruik, dinge te vind, na spesifieke plekke te gaan gevoelens en emosies in stories te herken en te bespreek gevoelens en emosies van karakters in stories te herken en bespreek omvattende wyse aan te bied meer gedetailleerde instruksies en aanwysings te volg en dit uit te voer oor hoe om toerusting en instrumente te gebruik, dinge te vind, na spesifieke plekke te gaan n spreker se hoofpunte en idees te herken en ondersteunende detail en voorbeelde te vind in tekste soos stories, gesprekke en besprekings gevoelens, emosies en houdings van karakters in stories en gesprekke te herken en bespreek omvattende wyse aan te bied meer gedetailleerde instruksies en aanwysings te volg en dit uit te voer oor hoe om toerusting en instrumente te gebruik, dinge te vind, na spesifieke plekke te gaan n spreker se hoofpunte en idees te herken en ondersteunende detail en voorbeelde te vind in tekste soos kort toesprake bedoelings en houdings van sprekers uit kort toesprake af te lei en te bespreek. Dit sluit aspekte in soos humor, of die trant formeel of minder formeel is, ensovoorts. 7

10.1 Luister en reageer (vervolg) DOELSTELLINGS Leerders sal: 5. effektief en krities in wisselwerking tree en gepaste woordeskat gebruik in sosiale, kulturele en vakverband 6. na n verskeidenheid mondelinge tekste soos stories, gedigte en liedjies luister om dit te verstaan en geniet BASIESE VAARDIGHEDE Graad 5 Graad 6 Graad 7 Teen die einde van Graad 5 behoort Teen die einde van Graad 6 behoort Teen die einde van Graad 7 behoort op gepaste wyse te reageer en op te tree op gepaste wyse en effektief te reageer effektief en krities te reageer en op te in verskillende sosiale en kulturele en op te tree in verskillende sosiale en tree in verskillende sosiale en kulturele situasies soos gesprekke kulturele situasies soos gesprekke situasies soos gesprekke, besprekings ander persone se gevoelens en opinies te ander persone se gevoelens en opinies en debatte, asook in vakverband herken en te respekteer te herken en te respekteer ander persone se gevoelens en opinies n verskeidenheid mondelinge tekste soos stories, gedigte en liedjies te geniet en verstaan rymelary, ritme en klank in eenvoudige gediggies te herken, herhaal en geniet eenvoudige voorbeelde van erns en humor in verhalende en beskrywende tekste te herken n verskeidenheid mondelinge tekste soos stories, gedigte en liedjies te geniet en verstaan en op persoonlike wyse daarop te reageer verskillende tipes tekste soos gedigte, stories en liedjies van mekaar te onderskei te herken en te respekteer n verskeidenheid mondelinge tekste soos stories, gedigte en liedjies te geniet en verstaan en die spreker se bedoelings te identifiseer eenvoudige aspekte van vorm en genre in gedigte en stories te herken n eie standpunt in te neem en oor te dra oor aspekte in stories en gedigte waarna hulle geluister het 8

10.2 Praat In die Senior Primêre fase behoort elke leerder sy/haar moedertaal vlot te kan praat en korrekte taalstrukture te gebruik. Leerders moet gelei word om bedagsaam en sensitief te wees vir kulturele verskille soos aanspreekvorme en verskillende wyses van groet wat verband hou met die verhouding tussen kinders en volwassenes. DOELSTELLINGS Leerders sal: 1. inligting, aanwysings, instruksies en demonstrasies op gepaste wyse vra en gee 2. ondervinding, gevoelens en opinies oordra 3. gepaste woordeskat gebruik om beskrywings van bepaalde onderwerpe te gee 4. algemene hoflikheidskonvensies toepas met n aanvoeling vir die gehoor in gesimuleerde situasies BASIESE VAARDIGHEDE Graad 5 Graad 6 Graad 7 Teen die einde van Graad 5 behoort Teen die einde van Graad 6 behoort Teen die einde van Graad 7 behoort inligting oor spesifieke onderwerpe / verduidelikings en instruksies oor duidelike instruksies en verduidelikings aangeleenthede op gepaste wyse te gee spesifieke onderwerpe / aangeleenthede oor spesifieke onderwerpe / en te vra op gepaste wyse te gee en te vra aangeleenthede te gee en te vra aanwysings te gee en te vra om aanwysings te gee en te vra om duidelike aanwysings te gee en te vra bepaalde plekke of dinge te vind bepaalde plekke of dinge te vind om bepaalde plekke of dinge te vind eie ondervinding en gevoelens oor te dra in n verskeidenheid situasies beskrywings te gee van bepaalde onderwerpe soos persone, voorwerpe, plekke, gebeure algemene hoflikheidskonvensies toe te pas in alledaagse situasies soos telefoongesprekke, die plaas van bestellings en toestemming vra eie ondervinding en gevoelens oortuigend oor te dra en ander se gevoelens te erken duidelike beskrywings te kan gee van persone, voorwerpe, plekke en gebeure bestaande advertensies aan te bied asook eie advertensies te ontwerp en aan te bied algemene hoflikheidskonvensies toe te pas in informele en eenvoudige formele situasies soos afsprake maak en kanselleer, mense voorstel en toestemming vra en weier eie ondervinding en gevoelens oortuigend oor te dra en ander se gevoelens te erken in verskillende situasies soos dood, ongelukke, siekte, n klasmaat wat druip gepaste woordeskat te gebruik om duidelike beskrywings te gee van persone, voorwerpe, plekke en gebeure n toenemende aanvoeling vir die gehoor te openbaar algemene hoflikheidskonvensies toe te pas in informele en meer formele situasies soos die gee en ontvang van komplimente, gelukwensings, raad en waarskuwings 9

10.2 Praat (vervolg) DOELSTELLINGS Leerders sal: 5. inligting, gevoelens en idees oordra deur middel van n verskeidenheid aanbiedings en met n aanvoeling vir die gehoor 6. betekenisvol en krities kommunikeer deur gepaste woordeskat in sosiale, kulturele en vakverband te gebruik BASIESE VAARDIGHEDE Graad 5 Graad 6 Graad 7 Teen die einde van Graad 5 behoort Teen die einde van Graad 6 behoort Teen die einde van Graad 7 behoort inligting, gevoelens en idees oor te dra inligting, gevoelens en idees oor te dra inligting, gevoelens en idees oor te dra in aktiwiteite soos die oorvertel van in aktiwiteite soos gesprekke, in aktiwiteite soos debatte, voordragte, stories, voordra van gedigte, onderhoude en aanbiedings situasies van onderhandeling, dramatisering van situasies, verslag gee gepaste lyftaal, oogkontak en probleemoplossing van aktiwiteite soos sportgeleenthede en gesigsuitdrukkings te gebruik gepaste lyftaal, oogkontak en kulturele programme n aanvoeling te openbaar vir die gehoor gesigsuitdrukkings te gebruik n aanvoeling te openbaar vir die gehoor deel te neem aan gesprekke oor bepaalde onderwerpe deel te neem aan groepbesprekings en gesprekke krities en op gepaste wyse deel te neem aan gesprekke en debatte; en kort toesprake te lewer 10

10.3 Lees en reageer Die tekste wat in die verskillende grade gebruik word, sal toeneem in lengte en moeilikheidsgraad en moet aanpas by die belangstelling en ontwikkelingsvlak van die leerders. Gepaste Afrikaanse tekste wat handel oor onderwerpe wat in ander vakke behandel word, behoort gebruik te word vir die onderrig van leesvaardighede. Leesonderrig moet nie net op die ontwikkeling van bepaalde leesvaardighede afgestem wees nie, maar moet op so n wyse aangepak word dat leerders dit geniet om te lees en lewenslange lesers sal word. Stilleesvaardighede moet toenemend meer aandag geniet soos leerders deur die grade vorder. DOELSTELLINGS Leerders sal: 1. hardop lees om begrip van die teks oor te dra 2. stillees uit n verskeidenheid voorgeskrewe en ander tekste 3. n verskeidenheid tekste, insluitende visuele tekste, van geskikte moeilikheidsgraad lees en interpreteer 4. tekste oor onderwerpe in ander vakke lees vir genot en begrip 5. n verskeidenheid tekste lees met die doel om spesifieke inligting daaruit te haal BASIESE VAARDIGHEDE Graad 5 Graad 6 Graad 7 Teen die einde van Graad 5 behoort Teen die einde van Graad 6 behoort Teen die einde van Graad 7 behoort eenvoudige tekste soos stories voor te lees stilleestegnieke soos vluglees en soeklees toe te pas om inligting in tekste te vind verskillende soorte tekste te lees en te interpreteer soos tabelle, prente en grafiese voorstellings tekste wat oor interkurrikulêre onderwerpe handel te lees vir begrip en genot n persoonlike reaksie weer te gee op tekste wat gelees is verskillende soorte tekste soos tydskrifte en koerante te lees en bepaalde inligting daaruit te haal verskillende tipes tekste soos stories, dialoë en feitelike tekste voor te lees op so n wyse dat dit maklik is om te volg en verstaan stilleestegnieke soos vluglees, soeklees en die lees van frases toe te pas met toenemende leesspoed en begrip verskillende soorte tekste met toenemende spoed en vaardigheid te lees en te interpreteer soos diagramme, grafieke, simbole. (Dit behoort ook tekste op oudio-visuele en elektroniese media in te sluit waar moontlik.) tekste wat oor interkurrikulêre onderwerpe handel te lees met toenemende begrip en genot n persoonlike reaksie weer te gee op tekste wat gelees is inligting uit n verskeidenheid soorte tekste soos advertensies, instruksies en pamflette te haal en op bepaalde wyses weer te gee verskillende tipes tekste soos stories, dramas, feitelike tekste, tabelle voor te lees op so n wyse dat dit maklik is om te volg en verstaan stilleestegnieke soos vluglees, soeklees, kolomlees, die lees van frases en studielees toe te pas met toenemende leesspoed en begrip verskillende soorte tekste met toenemende spoed en vaardigheid te lees en te interpreteer soos diagramme, grafieke, simbole. (Dit behoort ook tekste op oudio-visuele en elektroniese media in te sluit waar moontlik.) tekste wat oor interkurrikulêre onderwerpe handel te lees met toenemende begrip en genot n persoonlike en kritiese reaksie weer te gee op tekste wat gelees is inligting uit n verskeidenheid soorte tekste soos artikels, kennisgewings en naslaanwerke te haal en op bepaalde wyses weer te gee 11

10.3 Lees en reageer (vervolg) DOELSTELLINGS Leerders sal: 6. n verskeidenheid voorgeskrewe literêre tekste lees en daarop reageer BASIESE VAARDIGHEDE Graad 5 Graad 6 Graad 7 Teen die einde van Graad 5 behoort Teen die einde van Graad 6 behoort Teen die einde van Graad 7 behoort die hoofgedagtes van n storie te vind eenvoudige karakterbeskrywings te gee die doel van n teks te identifiseer kommentaar te lewer oor die bedoeling van die skrywer die doel van n teks te identifiseer kommentaar te lewer oor die bedoeling van die skrywer eenvoudige verskille tussen twee tekste te kan uitwys, byvoorbeeld of dit verhalend of beskrywend is 12

10.4 Skryf Daar sal van leerders verwag word om toenemend langer tekste te skryf en 'n groter aanvoeling vir die teikengehoor te toon. DOELSTELLINGS Leerders sal: 1. n verskeidenheid sinstrukture gebruik 2. goed-gestruktureerde paragrawe skryf BASIESE VAARDIGHEDE Graad 5 Graad 6 Graad 7 Teen die einde van Graad 5 behoort Teen die einde van Graad 6 behoort Teen die einde van Graad 7 behoort eenvoudige sinne korrek te skryf langer sinne korrek te skryf langer sinne korrek te skryf eenvoudige sinne saam te voeg met die saamgestelde en langer sinne saam te saamgestelde en langer sinne saam te gebruik van voegwoorde voeg met die gebruik van geskikte voeg met die gebruik van geskikte voegwoorde voegwoorde prentjies in die regte volgorde te rangskik om n strokie te vorm sinne saam te voeg om n kort paragraaf te vorm sinne saam te voeg om n paragraaf te vorm verskillende soorte paragrawe te skryf, bv. n inleidende en slotparagraaf notas te maak uit tekste wat gelees word beskrywende paragrawe te skryf wat inleidende en slotsinne bevat verskillende paragrawe te skryf om n langer skryfstuk te vorm notas te maak uit tekste wat gelees sowel as gehoor word 3. notas maak eenvoudige notas te maak uit kort tekste wat gelees word 4. vorms invul eenvoudige vorms in te vul langer vorms in te vul langer vorms in te vul 5. n verskeidenheid n verskeidenheid kreatiewe skryftake kreatiewe skryftake uit te voer, soos persoonlike uitvoer ondervindings, beskrywings en raaisels 6. n verskeidenheid formele en informele kreatiewe tekste skryf, met n aanvoeling vir gehoor en doel korter tekste van ongeveer 60 woorde en langer tekste van ongeveer 120 woorde te skryf. Korter tekste sluit in informele briewe en notas aan vriende en familie, asook dagboekinskrywings. Langer tekste kan ware en fiktiewe stories en ander opstelle insluit. n verskeidenheid kreatiewe skryftake uit te voer, soos aanwysings, plakkate en advertensies n aanvoeling vir die gehoor te openbaar in skryfwerk korter tekste van ongeveer 80 woorde en langer tekste van ongeveer 150 woorde te skryf. Korter tekste sluit in informele en formele briewe, dagboekinskrywings en uitnodigings. Langer tekste kan dialoë, ware en fiktiewe stories, artikels en ander opstelle insluit. n verskeidenheid kreatiewe skryftake uit te voer, soos kort koerantberigte n aanvoeling vir die gehoor te openbaar in skryfwerk korter tekste van ongeveer 120 woorde en langer tekste van ongeveer 180 woorde te skryf. Korter tekste sluit in verskillende informele sowel as formele briewe en verslae. Langer tekste kan ware en fiktiewe stories oor spesifieke onderwerpe en ander opstelle insluit. 13

10.5 Grammatika en taalgebruik DOELSTELLINGS Leerders sal: 1. progressief meer korrek spel, asook punktuasie en grammatikale strukture korrek gebruik 2. gepaste, verbeeldingryke en n verskeidenheid woorde en idiome gebruik 3. verskillende woordsoorte effektief in sinne gebruik 4. n verskeidenheid sinstrukture gebruik 5. progressief meer vaardigheid ontwikkel in die gebruik van naslaanbronne BASIESE VAARDIGHEDE Graad 5 Graad 6 Graad 7 Teen die einde van Graad 5 behoort Teen die einde van Graad 6 behoort Teen die einde van Graad 7 behoort die klanke, spelling, punktuasie en die klanke, spelling, punktuasie en die klanke, spelling, punktuasie en grammatika van Afrikaans redelik grammatika van Afrikaans meestal grammatika van Afrikaans meestal korrek te gebruik korrek te gebruik korrek te gebruik diktee van tot 5 lyne te skryf diktee van tot 10 lyne te skryf diktee van tot 15 lyne te skryf nuwe woorde wat hulle uit leeswerk verkry in hulle skryfwerk te gebruik gepaste woorde en idiomatiese uitdrukkings te gebruik woorde en idiome te kies en te gebruik om n spesifieke effek op die leser te hê die basiese woordsoorte (selfstandige naamwoord, werkwoord, byvoeglike naamwoord) in sinsverband te herken enkelvoudige en kort saamgestelde sinne te gebruik enkelvoudige sinne saam te voeg om saamgestelde sinne te kry (sonder om noodwendig met die begrippe eenvoudig en saamgesteld te werk) stel- vraagsinne te gebruik en te onderskei die negatief in kort sinne korrek te gebruik n eenvoudige woordeboek te gebruik om die betekenis en spelling van woorde na te slaan algemeen gebruikte afkortings te herken woorde en uitdrukkings te kies om spesifieke effekte te verkry Afrikaanse woorde uit ander vakgebiede in hulle skryfwerk te gebruik homonieme korrek te gebruik lidwoorde, telwoorde en voegwoorde in sinsverband te herken veelvoudige sinne te gebruik langer sinne saam te voeg deur spesifieke voegwoorde te gebruik die negatief korrek te gebruik in langer sinne sinne in die direkte en indirekte rede korrek te gebruik woordeboeke met meer vertroue te gebruik om aspekte soos sinonieme, woordsoorte, afleidings, variasies in spelling en betekenis en afleidings na te slaan n gevarieerde woordeskat in hulle skryfwerk te gebruik gepaste woorde en idiomatiese uitdrukkings in hulle skryfwerk te gebruik bywoorde, voorsetsels en voornaamwoorde in sinsverband te herken en gebruik meer komplekse sinstrukture korrek te gebruik die negatief korrek te gebruik in langer sinne sinne in die direkte en indirekte rede korrek te gebruik die aktiewe en passiewe vorm van die werkwoord te herken woordeboeke en ander naslaanbronne met vertroue te gebruik voorvoegsels, agtervoegsels en spesiale betekenisse van woorde in woordeboeke na te slaan 14

11. ASSESSERING 11.1 Inleidende opmerkings In leerdergerigte onderrig is die deurlopende assessering van elke leerder se vordering n integrale deel van die onderrig- en leerproses. Die hoofdoel van assessering is om so n getroue beeld as moontlik te kry van die vordering van elke leerder ten opsigte van die vaardighede soos uiteengesit in die sillabus, asook algemene lewensvaardighede. 11.2 Doel van assessering Inligting vir die leerder Die inligting wat verkry word uit leerders se vordering en prestasies behoort gebruik te word om leerders in te lig oor hulle sterk- en swakpunte, aspekte van die werk wat hulle goed bemeester het, en aspekte wat meer aandag verdien. Inligting vir die ouers Ouers moet gereeld ingelig word oor die vordering wat hulle kind maak, aangemoedig word om prestasies te beloon en duidelike riglyne kry oor hoe hulle hul kind in die vak kan ondersteun. Evaluering van die onderrig-leerproses Inligting verkry uit informele en formele deurlopende assessering moet deur die onderwyser gebruik word om vas te stel in watter gevalle dit nodig is om metodes en materiaal aan te pas by die individuele vordering en behoeftes van elke leerder. Aan die einde van n bepaalde hoofafdeling van die werk en aan die einde van elke termyn moet die onderwyser saam met die kinders die leerproses evalueer in terme van voltooide take, deelname, wat die leerders geleer het, en wat gedoen kan word om voortdurend die werkatmosfeer en prestasies van die klas te verbeter. 11.3 Tipes assessering Formatiewe assessering Assessering is formatief omdat die waarnemings wat gemaak word en die inligting wat verkry word gebruik word om leiding te gee aan die leerder sowel as die onderrig- en leerproses. Assessering het formatiewe waarde vir leerders as en wanneer: - dit gebruik word om leerders te motiveer om hulle kennis en vaardighede uit te brei, waardes te vestig en gesonde studiegewoontes te bevorder; - assesseringstake leerders help om probleme op intelligente wyse op te los deur dit wat hulle geleer het, toe te pas; - die onderwyser die inligting gebruik om onderrigmetodes en materiaal te verbeter. Deurlopende assessering Deurlopende assessering (DA) behoort aan die begin van die jaar beplan te word, so eenvoudig as moontlik gehou word, en nie te veel tyd in beslag te neem nie. Punte wat toegeken word vir klasaktiwiteite, take, tuiswerk of kort toetse na afhandeling van n bepaalde aspek van die werk kan op die puntelys vir deurlopende assessering aangeteken word. Summatiewe assessering Aan die einde van elke skooljaar word die vordering en prestasies wat die leerder deur die jaar behaal het, saamgevat. Dit word summatiewe assessering genoem. Vir promosiedoeleindes sal die summatiewe assessering bestaan uit beide die deurlopende assessering sowel as n finale assessering. Die besluit om n leerder na die volgende standerd te promoveer of nie, berus hierop. 15

11.4 Metodes van assessering Informele metodes Die onderwyser moet vasstel hoe goed elke leerder die basiese vaardighede in die sillabus bemeester, en hieruit n beeld kry van die algehele vordering van die leerder. Dit kan in n groot mate op n informele wyse geskied deur gestruktureerde waarneming van elke leerder se vordering in leersituasies terwyl hulle besig is om dinge te ondersoek, bevindings te evalueer, kennis toe te pas, te kommunikeer, waarde-oordele te vel, asook in hulle algemene deelname. Formele metodes Wanneer dit nodig is om assessering meer formeel te struktureer, moet die onderwyser so ver as moontlik dieselfde tipe situasie as in gewone leer- en oefensituasies gebruik om die vaardigheid van die leerder te toets. Gewone skriftelike en mondelinge toetse kan slegs n beperkte reeks vaardighede toets en moet daarom nie te veel tyd in beslag neem nie. Toetse moet tot een periode, of n gedeelte daarvan, beperk word. Kriteria-gerigte assessering Wanneer punte toegeken word, is dit belangrik dat die leerder se werklike vlak van prestasie ten opsigte van die basiese vaardighede in die sillabus en nie ten opsigte van die ander leerders nie, weerspieël word. Die beste manier om begrip te assesseer, is om van kriteria gebruik te maak. Kriteria wat in n merkskema gegroepeer is, kan gebruik word om normatiewe punte te verkry wat op die gewone puntelys aangeteken kan word. Die wyse waarop skriftelike en mondelinge stelwerk in taalonderrig gemerk word, is n voorbeeld hiervan. 11.5 Assesseringsdoelstellings 11.5.1 Luister en reageer Die leerder behoort in staat te wees om: 1. na inligting te luister en dit te verstaan 2. instruksies en aanwysings te herken en te volg 3. hoofpunte in n mondelinge teks te herken en ondersteunende detail en voorbeelde te identifiseer 4. gepaste woordeskat te gebruik om effektief te kommunikeer 11.5.2 Lees en reageer Die leerder behoort in staat te wees om: 1. hardop te lees om begrip van die teks oor te dra 2. spesifieke inligting te verkry deur stillees van n verskeidenheid tekste 3. n verskeidenheid voorgeskrewe literêre tekste te lees en daarop te reageer 11.5.3 Skryf Die leerder behoort in staat te wees om: 1. enkelvoudige, saamgestelde en veelvoudige sinne te skryf 2. goed gestruktureerde paragrawe te skryf 3. n verskeidenheid formele en informele kreatiewe skryftake uit te voer 4. n aanvoeling te toon vir die gehoor en doel 11.5.4 Grammatika en taalgebruik Die leerder behoort in staat te wees om: 1. korrekte spelling, punktuasie en grammatikale strukture te gebruik 2. gepaste en verbeeldingryke woordeskat en idome te gebruik 3. verskillende woordsoorte effektief te gebruik 4. n verskeidenheid sinstrukture te gebruik 16

11.6 Deurlopende assessering in Eerste Taal 11.6.1 Riglyne Byhou van punte Die punte wat leerders behaal in deurlopende assesseringstake moet deur die loop van die jaar bygehou word en gebruik word om die leerder en ouers in te lig oor vordering en prestasies. Dit behoort ook gebruik te word om aspekte uit te wys waarin die leerder aanvullende onderrig nodig het. Assessering sal uit beide informele en formele deurlopende assessering bestaan. Interne toetse word toegelaat as deel van formele deurlopende assessering. Geen eksterne eksamen sal in Eerste Taal Graad 5-7 geskryf word nie. Deurlopende assessering sal 50% bydra tot die finale jaarpunt en n interne eksamen aan die einde van die jaar sal 50% tel. [50 + 50 = 100]. n Verskeidenheid vraagtipes moet gebruik word om n wye verskeidenheid vaardighede te toets. Luister en praat Leerders se luisterbegrip moet ten minste een keer per termyn formeel getoets word. Vir hierdie doel sal onderwysers n luistertoets moet opstel wat skriftelik beantwoord word. Die punte word aangeteken in die kolom vir Luisterbegrip op die Deurlopende Assesseringspuntelys. Leerders se praatvaardigheid moet ten minste een keer per termyn bepunt word. aangeteken in die toepaslike kolom op die Deurlopende Assesseringspuntelys. Die punte word Lees en literatuurstudie Hardoplees moet ten minste een keer per termyn getoets word. Dit moet verkieslik gedoen word deur middel van n teks wat die leerders voorberei het. Die onderwyser kan begrip van die voorgelese gedeelte toets deur enkele vrae te vra wat die leerder mondelings moet beantwoord, maar dit is belangrik om daarop te let dat die formele toetsing van begrip in die Lees en Gerigte Skryfwerk-take gedoen word. Ten minste een kort taak of toets oor die voorgeskrewe literatuur moet per termyn bepunt word. Die punte word in die toepaslike kolom op die Deurlopende Assesseringspuntelys aangeteken. Die studie van literatuur bestaan uit twee aspekte: prosa en poësie. Beide prosa en gedigte kan deel uitmaak van die formele mondelinge toetsing en ook skriftelik getoets word. Prosa (roman of kortverhale) Die inhoud moet informeel bestudeer word wat betref karakters, verhaalverloop, gebeure en gevolge. Geskrewe vrae moet kontekstueel wees. Leerders behoort in staat te wees om die vrae te beantwoord deur die teks te raadpleeg. In die primêre fase word nie n diepgaande studie van die tekste vereis nie. Gedigte Leerders behoort geleer te word om gedigte te waardeer en te geniet. Om dit te bereik, is dit belangrik dat die leerders die inhoud van n gedig verstaan. Gedigte moet nie gememoriseer word nie. Leerders moet eerder gelei word om die gedigte met gevoel en n interpretasie van die emosies wat ter sprake is te lees. Afgesaagde en singerige koorlees van gedigte moet nooit aangemoedig of toegelaat word nie. Voorgeskrewe leeswerk per graad: Graad 5: 4 gedigte (verpligtend) en n seleksie van 3 kortverhale OF 1 kort roman (kinderverhaal) per jaar Graad 6: 5 gedigte (verpligtend) en n seleksie van 4 kortverhale OF 1 kort roman (kinderverhaal) per jaar Graad 7: 6 gedigte (verpligtend) en n seleksie van 5 kortverhale OF 1 kort roman (kinderverhaal) per jaar 17

Lees en gerigte skryfwerk Ten minste een taak wat uit n leesstuk met n verskeidenheid tipes vrae bestaan moet per termyn deur die onderwyser gemerk word en die punte ingedra word op die Deurlopende Assesseringspuntelys. Die vrae kan vrae insluit wat kennis van die grammatika toets. Dit is egter belangrik om daarop te let dat grammatikale kennis altyd in sinsverband getoets moet word. Die vrae moet ook begrip toets. Diktee Diktee in die vorm van sinne of n paragraaf wat voorgelees word moet gebruik word om leerders se spelvermoë te toets. Dit is belangrik dat leerders gereeld oefening kry in die skryf van diktee. Die paragraaf (of sinne) moet woorde insluit wat in die onderrig opgeduik het en pertinent onderrig is in die loop van die week, termyn of jaar. Dit kan deur die leerders self of deur klasmaats gemerk word. Ten minste een dikteetoets per termyn moet deur die onderwyser gemerk word vir doeleindes van formele deurlopende assessering en die punte moet aangeteken word op die Deurlopende Assesseringspuntelys. Deurlopende skryfwerk Ten minste een opstel en een korter skryfstuk per termyn moet volledig nagesien word en die punte op die Deurlopende Assesseringspuntelys aangeteken word. Die onderstaande aanduiding van die lengte van skryfstukke is op die verskillende grade van toepassing: Opstelle: Graad 5: Graad 6: Graad 7: 100-120 woorde 130-150 woorde 150-180 woorde Korter skryftake: Graad 5: 50-60 woorde Graad 6: 60-80 woorde Graad 7: 100-120 woorde 11.6.2 Samevatting van Deurlopende Assessering: Vaardigheid Punte Totaal 1. Luister/Praat Luisterbegrip 10 Voorbereide toespraak 10 Totaal: 20 2. Lees en Literatuurstudie Hardoplees 10 Literatuurstudie 10 Totaal: 20 3. Lees en gerigte skryfwerk Lees en gerigte skryfwerk taak 30 Diktee 10 Totaal: 40 4. Deurlopende skryfwerk Opstel 10 Korter skryfstuk 10 Totaal: 20 TOTAAL 100 18

11.7 Eindeksamen: Uiteensetting van vraestelle Die eksamen aan die einde van die jaar bestaan uit twee vraestelle: Vraestel 1: Lees en Gerigte Skryfwerk Vraestel 2: Deurlopende Skryfwerk GRAAD 5 & 6 Tyd Punte Vraestel 1 bestaan uit twee afdelings. Die vrae kan die volgende tipes vrae insluit: meerkeuse vrae, waar/vals vrae, vrae waarin die antwoord aan n stelling gekoppel word, volsin antwoorde en vrae oor taalgebruik. Afdeling A: Leesvaardigheid (15 punte) 1 uur Twee vrae moet gevra word, gebaseer op kort lees- of visuele tekste soos strokiesprente, advertensies, prente. Een vraag (5 punte) sal van die leerders verwag om n vorm in te vul of n vraelys te beantwoord. (10 + 5 punte) Afdeling B: Gerigte Skryfwerk (15 punte) Die afdeling sal uit drie vrae bestaan wat gebaseer is op verhalende, feitelike, beskrywende en visuele tekste. Vrae sal begrip toets en n verskeidenheid tipes vrae insluit. (3 x 5 punte) 30 Vraestel 2 bestaan uit 2 afdelings. Afdeling A: (10 punte) 1 uur Leerders sal n opstel oor een van 4 onderwerpe skryf. (Graad 5: 100-120 woorde, Graad 6: 130-150 woorde) Afdeling B: (10 punte) Leerders sal oor een van 3 onderwerpe skryf. Stimulusmateriaal sal verskaf word waar nodig. Daar sal van leerders verwag word om taal vir n spesifieke doel te gebruik, bv. om n informele brief te skryf, of n verslag, of dialoog. (Graad 5: 50 60 woorde, Graad 6: 60 80 woorde) 20 TOTAAL 50 Vraestel 1: Lees en Gerigte Skryfwerk Vraestel 2: Deurlopende Skryfwerk GRAAD 7 Vraestel 1 bestaan uit twee afdelings. Die vrae kan die volgende tipes vrae insluit: meerkeuse vrae, waar/vals vrae, vrae waarin die antwoord aan n stelling gekoppel word, volsin antwoorde en vrae oor taalgebruik. Afdeling A: Leesvaardigheid (40 punte) Twee vrae moet gevra word, gebaseer op kort lees- of visuele tekste soos strokiesprente, advertensies, prente. Een vraag (5 punte) sal van die leerders verwag om n vorm in te vul of n vraelys te beantwoord. Afdeling B: Gerigte skryfwerk (30 punte) Die afdeling sal uit drie vrae bestaan wat gebaseer is op verhalende, feitelike, beskrywende en visuele tekste. Vrae sal begrip toets en n verskeidenheid tipes vrae insluit. (3 x 10 punte) Vraestel 2 bestaan uit twee afdelings. Afdeling A: (20 punte) Leerders sal oor een van 4 onderwerpe skryf. (150-180 woorde) Afdeling B: (10 punte) Leerders sal oor een van 3 onderwerpe skryf. Stimulusmateriaal sal verskaf word waar nodig. Daar sal van leerders verwag word om taal vir n spesifieke doel te gebruik, bv. om n informele brief te skryf, of n verslag, of dialoog. (100-120 woorde) TOTAAL 1 uur 30 min. 1 uur 70 30 100 2 = 50 19

11.8 Verband tussen assesseringsdoelstellings en die vraestelle Assesseringsdoelstellings Deurlopende assessering Vraestel 1 Vraestel 2 Luister en reageer 1 Luister en reageer 2 Luister en reageer 3 Luister en reageer 4 Lees en reageer 1 Lees en reageer 2 Lees en reageer 3 Skryf 1 Skryf 2 Skryf 3 Skryf 4 Grammatika en taalgebruik 1 Grammatika en taalgebruik 2 Grammatika en taalgebruik 3 Grammatika en taalgebruik 4 11.9 Graadomskrywings Die leerder se bemeestering van die basiese vaardighede wat in die sillabus aangedui is. sal met die letters A E aangedui word. A verteenwoordig die hoogste graad en E die laagste. Die verband tussen die grade en die basiese vaardighede word in die tabel hier onder aangedui. GRAAD GRAAD- INTERVALLE (%) OMSKRYWING GRAAD A 80-100 Bemeester basiese vaardighede uitsonderlik goed. GRAAD B 60-79 Bemeester basiese vaardighede baie goed. GRAAD C 45-59 Bemeester basiese vaardighede. GRAAD D 30-44 Bemeester die minimum getal basiese vaardighede om te slaag. GRAAD E 0-29 Kon nie die minimum getal basiese vaardighede bemeester om te slaag nie en benodig remediërende hulp. 20