PROSPEKTUS ONS VISIE. Inhoud MISSIE

Similar documents
ALTIORA SPERO STREEF ALTYD HOËR HOËRSKOOL B R A C K E N F E L L HIGH SCHOOL

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Hoërskool Roodepoort

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Daniël en die Leeukuil

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

Musiek: Toets jou kennis *

Die wonder van water *

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR

Een gesertifiseerde kopie van elk van die volgende dokumente moet aangeheg wees indien van toepassing: Geslag. ID Nommer. Nasionaliteit.

Die wind as bron van energie *

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

GEDRAGSKODE Alle leerders het die verantwoordelikheid om:

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

LAERSKOOL HELDERKRUIN

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

TrumpetNet, 31 May 2007

GREY KOLLEGE BELEID TEN OPSIGTE VAN DWELMMIDDELS

1. VISIE VAN HOëRSKOOL DE KUILEN. n Strewe om n hoërskool met effektiewe en gehalte-onderrig. MISSIE VAN HOëRSKOOL DE KUILEN

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Speel met battery elektrisiteit *

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Tygienuus. 29 Maart 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

Wat is elektrisiteit? *

VIVAT SCIENTIA

HOËRSKOOL J G MEIRING 2011/12

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

Inkomstestaat en balansstaat *

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Hoërskool Punt. Prospektus

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

PANORAMA PRIMARY BUITEMUURSE AKTIWITEITE

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

BELEID TEN OPSIGTE VAN DIE TOEKENNING VAN EREKLEURE AAN HOËRSKOOL DF MALAN 2017

laerskool darling GEDRAGSKODE CODE OF CONDUCT

LAERSKOOL SAAMTREK GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

LAERSKOOL SAAMTREK. GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRIMêRE SKOOL LAERSKOOL SAAMTREK

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Februarie 2016 No: 4 van 2016

LAERSKOOL WELGEMOED PROSPEKTUS

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Soos n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel.

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

PAARL - SKOOL PROSPEKTUS

Digitale Produkte. Katalogus

Gedragskode. Inleiding

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Veldenvlei Primary School

HOËRSKOOL MONTANA INLIGTINGSTUK VIR NUWE LEERDERS

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

Prospektus Robertson Voorbereidingskool

nommer 1 Gedragskode vir ouers 3 2 Gedragskode en dissiplinêre prosedures 10 3 Dissipline Beleid 18 4 Dissiplinêre prosedure en gedragskode 24 5

GEDRAGSKODE - SKOOLREëLS EN REGULASIES

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS VAN HOËRSKOOL MONTANA

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

INHOUDSOPGAWE. Kontakbesonderhede. 2 Geskiedkundig. 3. Die Visie en Missie van Hoër Volkskool. 5. Skoolwapen en Leuse. 6. Die Skoollied.

Nuusbrief 22 Junie 2018

NUUSBRIEF 2/2017 SKOOLBEHEERLIGGAAM (SBL) AANGELEENTHEDE

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Plekwaardes van heelgetalle *

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION

Kuilie-Koers. n Hartlike welkom aan al ons nuwe ouers! Missie van die Hoërskool De Kuilen. Visie van Hoërskool De Kuilen

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

Nuusbrief Junie / Julie 2017

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Vrystaat (Bothaville).

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

18 Mei Geagte Ouers

Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES

AANSOEK OM LIDMAATSKAP STUDENTE 2015

Hokkiespan. Kaskardag. Kaskardag. Hoofleiers Mev. C de Bruin Onderhoof. Mnr. S Weber Hoof. Matriekafskeid

2 8/2016. Discipline is the bridge between goals and accomplishment. -Jim Rohn*

Verdraagsaam Dog Beslis

SPELERS MET GESTREMDHEDE

5.2 Konstruksie van vraelyste Struktuur van die vraelys

HOËRSKOOL SUID-NATAL P R O S P E K T U S 2015

NUKLEUSONDERWYS. Inligtingstuk LIG - WAARHEID - LEWE

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

BELEID OOR DIE BESTUUR VAN WERKTYD, EN ALLE FAKTORE WAT DAAROP N IMPAK HET, VAN INRIGTINGSVERBONDE OPVOEDERS BY SKOLE [Grade R - 12]

Appendix 12. General Correspondence with Interested and Affected Parties

EDUPLEX. VOOR-, LAER- EN HOËRSKOOL Aansoekvorm Afrikaanse Klas. Graad/e:

Transcription:

PROSPEKTUS ONS VISIE Die Hoërskool Brackenfell strewe na uitnemendheid op alle gebiede sodat elke leerder sy/haar volle potensiaal kan ontwikkel om n gebalanseerde volwassene en n nuttige landsburger te wees. MISSIE Die volle potensiaal van leerders moet op n gebalanseerde manier ontwikkel word deur: Kindgerigte /mensgerigte belangstelling te toon Wedersydse respek te openbaar Onderlinge samewerking tussen die skool en die gemeenskap te bewerkstellig Gelukkige kinders met n positiewe houding en skooltrots te skep Godsdienstige morele waardes by leerders te kweek n Akademiese ingesteldheid te vestig Aktief op buitemuurse vlak deel te neem Inhoud Verwelkoming 2 Administrasie 3 Inskrywings 4 Finansies 5 Vakkeuses 6 Vakkeuses 7 Musiek 8 Dansstudies 8 Taalbeleid 9 School and Leisure 10 Skooldrag 11 Sportdrag 12 De Jagers 14 Voorkoms en netheid 15 Sport 16 Kultuur 17 Ondersteuningsdienste 18 Afhanklikheidsbeleid 19 Detensiestelsel 20 Geskiedenis van skool 21 Opsomming: Gedragskode 22 1

VERWELKOMING VERWELKOMING Geagte Ouers / Voogde en Leerders Ons vetrou dat hierdie prospektus voldoende inligting bevat om u te help om n ingeligte besluit te neem aangaande u kind se toekomstige skoolloopbaan. Die volgende feite behoort Hoërskool Brackenfell u voorkeurskool te maak. Ons is n tweetalige skool wat daarna streef om Afrikaans en Engels te bevorder. Hierdie blootstelling aan beide tale en diverse kulture is tot groot voordeel van al ons leerders. Leerders: n Toegewyde personeel is beskikbaar om julle te ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te ontwikkel in kritiese denkers en aktiewe probleemoplossers wat die wêreld met selfvertroue kan ingaan. Ouers: U kinders se toekoms is in die bekwame hande van n toegewyde span professionele leiers, onderwysers en n ondersteuningspan. Ons fokus op n holistiese benadering waar die leerders die middelpunt is. Ons strewe om die leerders toe te rus met n verskeidenheid van vaardighede sodat hulle kan funksioneer in n multi-kulturele land. Om hierdie doelwitte te bereik is samewerking tussen ouers en onderwysers baie belangrik. Ek is vol vertroue dat alle rolspelers in u kind se lewe die vermoë het om aan Hoërskool Brackenfell se verwagtinge te voldoen. Ons sien onsself as n veelsydige skool wat streef na uitnemendheid in alles wat ons doen. Ons sien uit daarna om u aansoek te ontvang. Ons bedank Xerox Cape Office vir die borg van die prospektus. Ons opregte dank en waardering aan u. Mnr Jannie Muller Skoolhoof Skoollied Ons harte swel van grootse trots By die aanhoor van jou naam Die bron van kennis wat ons dryf En ons vir ons taak bekwaam Ons streef na hoër dinge Ja, dit is tog ons leus Getrou aan Hoërskool Brackenfell Dit wil ons altyd wees Our thoughts and speech and actions Our body and our soul We dedicate to you our school May we attain your goal With industry and fervour We ll utilize our time Altiora Spero Spero The steep ascent we ll climb. Altiora Spero Die Hoërskool Brackenfell se leuse Mik altyd hoër Die uitsonderlike prestasies van leerders is n bewys dat dié motto nagevolg word. 3 2

ADMINISTRASIE Opedag Die Hoërskool Brackenfell hou elke jaar in Februarie n opedag vir voornemende Brakkies en hul ouers. Die VRL begelei Skoolhoof: Adjunkhoofde: Visehoofde: Sekretaresses: Finansies: Mnr J Muller Mnr J Benadie Mev S Potgieter Mnr P Stofberg (Sport en bemarking) Mev S Kotzé (Ondersteuningsdienste) Mej D Bester (Kultuur) Mev M Carstens (Ontvangs) Mev C Marais (Skakelbord en Bemarking) Mev A Bester (Administratief) Mev R Smit Mev A Opperman Mev D Cupido Mev J Pringle voornemende leerders deur die skoolgebou. Die ouers besoek die verskillende lokale, uitstallings en aanbiedings. Die skoolhoof, mnr Muller, spreek die ouers toe. n Kort video, wat die bedrywighede van die skool toon, word aan die ouers gewys. Verversings en n warm brakkie sluit die aand af. Posadres: Privaatsak X03 Brackenfell 7561 Telefoon: 021 981 5522 Faksnommer: 021 981 6023 E-posadres: Webtuiste: Facebook: staff@brackenfellhs.co.za www.brakkies.co.za www.facebook.com/brakkieland Skoolure: Ma. Do.: 07:40 14:15 Vr.: - 07:40 13:45 Graadhoofstelsel Elke graad het Graadhoofde verantwoordelik vir die algemene welsyn van die leerders vir dié spesifieke graad. Die Graadhoofde vergesel die groep deur hul hoërskoolloopbaan. Die Graadhoofde is verantwoordelik vir: Dissipline Voorligting Vakkeuse Akademiese vordering Kampe, uitstappies Sosiale geleenthede Skakeling met ouers Verwag die beste! 3

INSKRYWINGS Prosedure by inskrywing vir 2018 Opedag / Inligtingsaand vind plaas op 23 Februarie 2017 om 18:00. Alle leerders, sowel as minstens een ouer, MOET hierdie geleentheid bywoon, aangesien baie belangrike inligting aan u deurgegee sal word. 1 Vul die aansoekvorm in en voorsien ons van die volgende dokumente: Graad 6-rapport (Desember 2016) Afskrif van leerder se ID / geboortesertifikaat Bewys van Brackenfell-adres (bv. diensterekening) Kliniekkaart (indien beskikbaar) Afskrifte van beide ouers se ID s sowel as die ID van die huiseienaar by wie die leerder inwoon. KOMMUNIKASIE MET OUERS 2 Inskrywings vir 2018 vind DV plaas op Dinsdag, 28 Februarie, Woensdag, 1 Maart en Donderdag 2 Maart vanaf 16:00 19:00. Skakel asseblief die sekretaresse om u naam binne n sekere tydgleuf te plaas. Ouers sal slegs in die bespreekte tydgleuf gehelp word. Ons sal dit waardeer indien beide ouers die inskrywing saam met hul kind kan bywoon. Skooltoelating sluit op 24 Maart 2017. Ouers word in kennis gestel teen 3 Junie 2017. Ouers bevestig aanvaarding voor of op 30 Junie 2017. 3 Indien ons nie die voltooide vorm en dokumentasie met inskrywing op 28 Februarie, 1 en 2 Maart 2016 ontvang het nie, moet u daarmee vir lief neem dat die skool bestaande plekke aan ander aansoekers kan gee. Ons kan slegs 330 graad 8 s hanteer. OUERBETROKKENHEID Kommunikasie vind plaas deur middel van die volgende kanale: Gereelde omsendbriewe Oueraande ná toetse en eksamens Kwartaallikse rapporte Re Vera (skoolkoerant) Graadhoofde Afsprake op u versoek D6 communicator E-posstelsel Webwerf Facebook Ouer-Onderwysersvereniging Die vereniging bestaan uit: Twee ouers per graad wat elke graad verteenwoordig n Lid van die Beheerliggaam Twee onderwysers Hierdie vereniging se taak is om ouers by die skool te betrek deur funksies en oueraande aan te bied. Hierdie komitee is ook verantwoordelik vir fondsinsamelings en die koördinering daarvan. U sal dus van tyd tot tyd genader word vir hulp in die verband. 4

FINANSIES SKOOLFONDS (2016) Die skoolfonds is tans R18 500 per kind per jaar. Betaalbaar voor of op 28 Februarie. Wyse van betaling: Kantoorure: Maandag Donderdag: 07:30 14:15 Vrydag: 07:30 12:00 Verpligte eerste paaiement: R 1300 in November. Die heffing kan ook, met die goedkeuring van die Beheerliggaam, soos volg betaal word: in 10 gelyke paaiemente vanaf 1 Februarie tot 1 November Let asseblief daarop dat alle bedrae jaarliks tydens die begrotingsvergadering in Oktober hersien word. in 12 gelyke paaiemente van 1 Desember van die vorige jaar tot 1 November. Hierdie opsie is slegs beskikbaar vir debietorder-betalers. Enige ander vorm van betaling moet deur die finansiële komitee goedgekeur word. Voordeel vir ouers: Indien u die volle bedrag voor / op 28 Februarie betaal, is n afslag van R1000 per kind van toepassing. Indien n verpligting vir meer as 30 dae uitstaande is, sal die Beheerliggaam geregtelike stappe doen om hierdie skuld in te vorder. Regskoste sal van die skuldenaar verhaal word. Die totale jaarlikse heffing word in so n geval onmiddellik betaalbaar. Skoolfondsverligting: U kom slegs hiervoor in aanmerking as u volgens die WKOD-tabelle daarvoor kwalifiseer en dan slegs as u die toepaslike aansoekvorms en dokumente voltooi en ingehandig het vóór of op 31 Januarie 2018. HAND- EN SKRYFBOEKE Alle skryfbehoeftes moet deur die leerders self gekoop word en sal deur Boeke 24/7 by die skool te koop aangebied word. Handboekgeld is reeds by die skoolfonds ingesluit. Die eerste paaiement (tans R1 300) moet reeds November 2016 betaal word. LW: Dit is nie handboekfooie nie. LET WEL: Leerders is te alle tye verantwoordelik vir hul persoonlike besittings en kan geen eise teen die skool instel indien hul boeke, klere, selfone, ens. wegraak of beskadig word nie. (Tasse moet tydens pouses in klasse toegesluit wees.) Selfoongebruik in klasse is streng verbode en strafbaar. Vergelyk die gedragskode. 5

VAKKEUSES GRAAD 8 EN 9 Vakkeuse vir die Algemene Onderwys-en- Opleidingsertifikaat (A.O.O.S.) 1. Tale: Afrikaans Huistaal / Eerste Addisionele Taal Engels Huistaal / Eerste AddisioneleTaal 2. Wiskunde 3. Natuurwetenskappe (NW) 4. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) 5. Sosiale wetenskappe (SW) 6. Tegnologie 7. Skeppende Kunste (kies twee van Drama, Dans, Musiek) 8. Lewensoriëntering Die groepe waarin leerders die keusevakke neem, word jaarliks deur die rooster bepaal en hersien. Die skool bied n oop vakkeuse aan as die getalle dit regverdig. LET WEL: Spesialisvakke met n enkel asterisk (*) gemerk, is onderhewig aan keuring. Vakke met twee asteriske (**) gemerk, het n beperking ten opsigte van getalle as gevolg van fisiese geriewe. GRAAD 10 TOT 12 Vakkeuse vir die Verdere Onderwys-en- Opleidingsertifikaat (V.O.O.) Die vakke (genommer 1 tot 3) is VERPLIGTEND 1. Tale (Huistaal EN n Addisionele Taal is verpligtend) Afrikaans Huistaal / Eerste AddisioneleTaal Engels Huistaal / Eerste Addisionele Taal 2. Wiskunde / Wiskundige Geletterdheid 3. Lewensoriëntering n KEUSE van 3 vakke uit die volgende: Besigheidstudies Dansstudie * Dramakuns * Wees die beste! Ekonomie Fisiese Wetenskappe * Geografie Ingenieursgrafika en Ontwerp** Kuns (onderhewig aan keuring) Musiek * Inligtingstegnologie * Lewenswetenskappe Rekenaartoepassingstegnologie ** Rekeningkunde Toerisme Verbruikerstudies ** 6

VAKKEUSES OPMERKINGS BETREFFENDE VAKKEUSES GR. 10 tot 12 Vakkeuses is onderhewig aan wysiging, afhangende van die getal leerders wat 'n spesifieke vak wil neem. Wiskunde is 'n voorvereiste vir die volgende vakke: Fisiese Wetenskappe Inligtingstegnologie Rekeningkunde Vir verandering van vakke deur die loop van die jaar sal 'n administrasiefooi gehef word en dit is onderhewig aan bepalings soos gestel deur die WKOD. Waar daar meer aansoeke tot n vak is as waarvoor daar plek is, sal keuring op grond van akademiese prestasie plaasvind. Dit geld veral vir vakke soos Rekenaartoepassingstegnologie, Verbruikerstudies, Ingenieursgrafika en Ontwerp waar beperkte fisiese geriewe is. Toelating tot die volgende vakke is onderhewig aan keuring: Musiek Inligtingstegnologie Ingenieursgrafika en Ontwerp Fisiese Wetenskappe Wiskunde Rekeningkunde Dramakuns Dansstudie Kuns (Tygerberg Kunssentrum) Slegs gekeurde leerders word toegelaat om meer as 7 eksamenvakke te neem. 'n Addisionele heffing tot die skoolgeld (per ekstra vak) sal verhaal word. GEBORG DEUR XEROX CAPE OFFICE 7

VAKKEUSES MUSIEK Die Hoërskool Brackenfell bied musiek as n vak aan van graad 8 tot graad 12. Gratis praktiese onderrig word in die volgende instrumente aangebied: klavier, kerkorrel, blokfluit, viool, tjello en sang (onderhewig aan n geslaagde oudisie). Die skool bied verder ook privaatonderrig aan in die volgende instrumente: kitaar en dwarsfluit. Onderrig in ander instrumente word op n ad hoc-basis gereël. Leerders mag musiek as vak neem terwyl hulle praktiese onderrig by gekwalifiseerde onderwysers buite die skool ontvang. Instrumente wat aangebied kan word vir musiek as vak: klawerbordinstrumente, stem, blokfluit, kitaar, orkesinstrumente, perkussie (3 instrumente), instrumente wat in ligte musiekgroepe en jazz-ensembles gebruik word ( band instruments ), tromstel (drum kit). Musiekleerders en die koor van die Hoërskool Brackenfell tree gereeld op by eisteddfods en eksterne eksamens. Die musiekdepartement speel n tweeledige rol: dié van n akademiese departement en ook om die skool met musiek te dien. Musiekleerders tree by skoolfunksies op. Ons plaas die klem op gehalte en verskeidenheid. DANSSTUDIES Die Hoërskool Brackenfell is baie bevoorreg om een van die min skole in die Wes-Kaap en een van die enigste in die noordelike voorstede te wees wat Dansstudies as vak aanbied. Ons spesialiseer in Kontemporêre dans en volg ʼn sillabus wat deur die WKOD in samewerking met Jazzart Dansteater ontwikkel is. Dit bestaan uit ʼn praktiese sowel as n teoretiese komponent wat uit Dans-geskiedenis en Anatomie bestaan. Die leerders word gedurende die jaar aan talle professionele danswerke blootgestel. Hulle hou ook dansuitvoerings by die skool. Hierdie is ʼn opwindende vak wat leerders nie net fisies uitdaag nie, maar ook bydra tot die ontwikkeling van kunstenaars met ʼn diep waardering vir dié kunssoort. 8

TAALBELEID Die taalbeleid is ontwikkel teen die agtergrond van alle wetgewing (provinsiaal en nasionaal) wat beskikbaar is tot en met 2007. 1 Taal van leer en onderrig Afrikaans en Engels is die tale van onderrig en leer. In graad 8 en 9 word parallelmediumonderrig gevolg en in graad 10-12 word klasse in dubbelmedium onderrig. Dit impliseer dat n leerder in die VOOfase (gr. 10 12) in beide Afrikaans en Engels onderrig in dieselfde klas kan ontvang. n Leerder moet dus bedrewe wees in beide die tale omdat dit beteken dat nie alles in die leerder se huistaal herhaal gaan word nie. In die AOO-fase (gr. 8 9) sal leerders in Afrikaans of Engels onderrig ontvang. Leerders wat dus aan die einde van die fase nie in staat is om in beide tale klasonderrig te ontvang nie, moet toegang tot n skool soek waar in die leerder se taalvoorkeur onderrig gegee word. Die skool en die bestuur kan nie in sulke gevalle aan leerders toegang tot sodanige skole verseker nie. Ouers van sodanige leerders sal sterk aangemoedig word om hulle kinders uit die staanspoor in te skryf in skole waar aan hul taalvoorkeur voldoen word. 2 Tale wat as vak onderrig word Afrikaans en Engels word as vakke aangebied volgens die tydstoewysing wat deur die leerplanne bepaal word. 3 Beskerming van die regte van leerders in geval van n beleidsverandering Indien die taalbeleid van die skool verander, sal die skool die nuwe taalbeleid infaseer sodat leerders nie in die middel van hul skoolloopbaan ontwrig word nie. 4 Taal van assessering AOO-fase: Afrikaans of Engels (Leerder se keuse) VOO-fase: Afrikaans of Engels (Leerder se keuse) Onderrigmateriaal word in beide tale van onderrig en leer voorsien. 5 Taal van kommunikasie met ouers Hoofsaaklik in parallelmedium, maar soms ook in dubbelmedium. Oueraande word in dubbelmedium aangebied. Onderhoude met ouers word in die taalvoorkeur van die ouer gevoer (Afrikaans of Engels). 6 Vergaderings sal in dubbelmedium geskied. Sprekers van buite word versoek om die beleid te volg, maar die skool kan nie n bepaalde uitkoms waarborg nie. 9

SCHOOL AND LEISURE 10

SKOOLDRAG Die Hoërskool Brackenfell se leerders moet altyd netjies geklee wees. Hulle is te alle tye beelddraers en ambassadeurs van die skool. Daarom word verwag dat voorgeskrewe skooldrag in die regulasies wat hieronder uiteengesit word, gedra sal word. Mengsels van skool-/sportdrag en gewone drag is onaanvaarbaar. Skoolklere moet altyd heel, skoon en gestryk wees. Skooltasse mag nie bekrap of beplak word nie. Skoolbaadjies moet na alle amptelike skoolgeleenthede gedra word. LAPELWAPENS EN BALKIES Wapens wat leierskap aandui, word op die linkerkantse lapel gedra. Ander wapens word op die regterkantse lapel gedra. Balkies (halfkleure) moet direk onder die bo-sak, 1 cm uit mekaar, vasgewerk word. Slegs lapelwapens wat met skoolbedrywighede verband hou mag 11 DOGTERS - somer Swart skoolskoene met kort wit sokkies wat omgeslaan is Skoolrok met wapen op Wit oopnek kortmou skoolhemp Moulose skooltrui en skoolbaadjie (opsioneel) Skool se reënbaadjie (mag alleenlik op reëndae bo-oor skoolbaadjie gedra word). Langmoutrui mag alleenlik onder die skoolbaadjie gedra word DOGTERS - winter Swart skoolskoene Skoolrok (met wapen op) met donkerblou of swart broekiekouse OF: Grys langbroek met grys sokkies Wit langmou-skoolhemp met n das Skoolbaadjie Skool se reënbaadjie (mag alleenlik bo-oor skoolbaadjie gedra word). Langmoutrui mag slegs onder die skoolbaadjie gedra word Slegs skoolserpe mag gedra word. Geen ander klerasie van enige aard mag by die skooldrag, gedra word nie. Dit sluit mussies en handskoene in SEUNS - somer Swart skoolskoene met lang grys sokkies Grys kortbroek of langbroek (bo die heupe en knieë) met belt Wit, kortmou oopnek skoolhemp met skoolwapen op sak Skool se moulose oortrektrui en skoolbaadjie (opsioneel) Skool se reënbaadjie (mag alleenlik op reëndae bo-oor skoolbaadjie gedra word). Langmoutrui mag alleenlik onder die skoolbaadjie gedra word SEUNS - winter Swart skoolskoene met lang grys sokkies Grys kortbroek of langbroek (bo die heupe en knieë) met belt Wit, langmou skoolhemp met n das en skoolbaadjie Skool se reënbaadjie (mag alleenlik bo-oor skoolbaadjie gedra word) Langmoutrui mag alleenlik onder die skoolbaadjie gedra word Slegs skoolserpe mag gedra word. Geen ander klerasie mag by die skooldrag gedra word nie. Dit sluit pette, mussies en handskoene in.

SPORTDRAG DIE AMPTELIKE VOORSIENERS VAN DIE SKOOLDRAG IS School & Leisure De Jagers Mans- & Skooluitrusters DOGTERS Atletiek en Landloop Skoolatletiekfrokkie Donkerblou broekie.of: Crop top met n Lycrabroekie Die skool (vir sportklere) Tennis Wit skoolsporthemp Donkerblou romp/broekie Wit sokkies en tennisskoene Hokkie Rooi skool gholfhemp Donkerblou hokkieromp Skoolrugbykouse Netbal Rooi skool-netbaltop Donkerblou netbalromp Wit Brakkie-enkelsokkies Wit opwarmingshemp LO-drag: seuns en dogters: Donkerblou sportbroek met rooi insetsel Sporthemp verskillende kleure met skool se embleem Tafeltennis Tafeltennishempie Blou skoolsportbroekie Skyfskiet Tydens oefeninge: gemaklike klere waarmee in verskillende houdings geskiet kan word Vir wedstryde: Denim langbroek Spesiale skiethemp Tekkies met sokkies of hoogste SANSSU-kleure verwerf n Reënbaadjie vir die winter (opsioneel) word gemaak vir skuts wat daarin sou belangstel. SEUNS Atletiek en Landloop Skoolatletiekfrokkie Donkerblou broekie Hokkie Rooi skool gholfhemp Skoolrugbykouse Tennis Wit skooltennishemp Donkerblou broekie Wit sokkies en tennisskoene Krieket Wit skoolsporthemp met skoolwapen Wit langbroek met wit sokkies en wit skoene Pet met skoolwapen Rugby Rugbytrui in skoolkleure Donkerblou broekie Rugbykouse Gholf Skool gholfhempie met kraag Roomkleurige broek (lank of kort) Kort enkelsokkies Gholf- of sportskoene LET WEL: Géén sport mag op Sondae op die skoolterrein beoefen word nie. 12

13 DE JAGERS

VOORKOMS EN NETHEID DOGTERS Hare Hare langer as die onderkant van die kraag moet gevleg of vasgebind wees Hare mag nie in die oë of gesig hang nie Waar ekstra hare ingeweef / ingevleg of verlengstukke bygevoeg is, mag dit nie te veel hare wees sodat dit buite proporsie tot die kopgrootte is nie. Waar ekstra hare ingeweef / ingevleg of verlengstukke ingevoeg is, mag dit nie te lank wees, sodat dit buite proporsie tot die kopgrootte is wanneer vasgemaak nie. Haarkleur: Hare moet n natuurlike kleur wees / hare mag nie definitiewe verskillende kleure wees nie Vlegsels, ingeweefde hare en verlengstukke moet so ná moontlik aan die leerder se natuurlike haarkleur wees Haarbykomstighede: Haarbykomstighede net donkerblou, rooi, geel en wit (om by skoolkleure te pas), of swart en bruin (om by die haarkleur te pas) Juweliersware en oorringe Slegs een stel klein oorringetjies of knopies( studs ) van silwer of goud of met n klein, deurskynende steentjie /pêreltjie is toelaatbaar in onderkant van die oor. Geen deursigtige / swart pennetjies om nuwe gaatjies op enige sigbare plek oop te hou nie. Stretchers wat gaatjies groter rek word nie toegelaat nie. Geen ringe, knopies of stawe wat ingeskiet is, word op enige sigbare plek toegelaat nie. Geen ringe, armbande of kettinkies nie, behalwe n armhorlosie of Medic Alert-armband Naels Naels moet kort wees. Slegs kleurlose naellak word toegelaat. Tatoeëermerke: Geen tatoeëermerke mag sigbaar wees nie. Die leerder moet baadjie dra of tatoeëermerk met vleeskleurige pleister bedek. SEUNS Hare Die algemene snit moet n netjiese indruk wek Hare mag nie oor die kraag of ore hang nie Kuiwe mag nie aan die wenkbroue raak nie Daar mag geen riwwe in die hare wees nie Die hare mag nie in die sogenaamde mushroom-, mullet- of Mohawk-styl gesny word nie. Die hare moet dus die natuurlike vorm van die seun se skedel volg. Daar mag geen patrone geskeer word nie Die hare langs en agter die kop moet dieselfde lengte gesny wees Geen ekstra hare mag ingeweef of verlengstukke ingevoeg word nie Geen eksotiese of onnatuurlike haarstyle word toegelaat nie Hare mag nie gekleur of getint( highlights ) word nie. Baard Seuns moet skoongeskeer wees Snorre of wangbaard word nie toegelaat nie Wangbaard mag nie by die middel van die oor verbysteek nie Tatoeëermerke:Geen tatoeëermerke mag sigbaar wees nie. Die leerder moet n baadjie dra of die tatoeëermerk met n vleeskleurige pleister bedek. Juwele Seuns mag geen juwele dra nie, behalwe n armhorlosie of Medic Alert-armband. Slegs lapelwapens wat met skoolbedrywighede verband hou, mag gedra word. Algemeen Geen grimering word toegelaat nie. Naels moet skoon en kort wees. Lyk altyd. netjies! 14

SPORT Sport vorm n integrale deel van opvoeding by die Hoërskool Brackenfell. Sportsoorte aangebied Rugby Krieket (seuns) Atletiek Netbal Hokkie (seuns en meisies op astrobaan) Tennis (seuns en meisies) Landloop Tafeltennis Gholf Skaak Trompoppies Skyfskiet Fietsry Sportorganisasie Die skool beskik oor n voltydse sportbestuurder wat omsien na sportontwikkeling, afrigting en sportfasiliteite. Elke sport-soort beskik oor n organiseerder en n toegewyde afrigterskorps. Daar word van verskeie professionele buite-afrigters gebruik gemaak om te verseker dat n hoë afrigtingstandaard gehandhaaf word. Sportklinieke word ook jaarliks aangebied en bygewoon om vaardighede te slyp.. SPORTONDERSTEUNERSKLUB Die Sportondersteunersklub van die skool stel hom ten doel om skoolsportsoorte in die algemeen te bevorder en ook verdienstelike individuele gevalle finansieel te steun. Indien u kind aan sport deelneem, het u n morele verpligting om by dié klub aan te sluit. Prestasies Erkenning word verleen aan leerders wat presteer by wyse van erekleure, half-erekleure, trofeë en diplomas. Erekleure word net toegeken aan sportkodes wat onder beskerming van die skool aangebied word. Toere Gereelde toere word onderneem en sportspanne neem ook deel aan n verskeidenheid toernooie en sportdae. Koste Spesiale fondsinsamelings word vir sporttoere gehou om die koste vir leerders so laag moontlik te hou. In uitsonderlike gevalle, moet leerders vir busvervoer betaal. Sportklere is by die skool beskikbaar 15

KULTUUR Die Hoërskool Brackenfell streef daarna om sy leerders aan n wye spektrum kulturele aktiwiteite bloot te stel. Dramavereniging Ons moedig ons leerders aan om deel te neem aan die aktiwiteite van hierdie vereniging. Verskeie geleenthede word jaarliks aangebied om aan leerders die geleentheid te bied om hulle talente ten toon te stel. Hierdie vereniging bied die volgende geleenthede aan die leerders: Eenbedryfproduksies Nasionale Toneelkompetisie Poësie- en prosa-aande Koor Musiekkonserte Verryk jouself Redenaars- en Debatsverenigings Hierdie twee verenigings bied geleenthede aan ons jong, opkomende sprekers. Ons skool neem aan die volgende kompetisies deel: ATKV-redenaarskompetisie Rotary Debating Competition Interact Vereniging Interact fokus op gemeenskapsdiens, uitreikaksies, fonds- en produkte-insamelings en leierskapontwikkeling. n Aktiewe vereniging wat weekliks besig is met interessante projekte. Teaterklub Leerders word aangemoedig om deur die loop van die jaar n verskeidenheid teaterproduksies (geskik vir hoërskoolleerders) by te woon: Shakespeare-produksies te Maynardville Opvoerings by die Kunstekaap Opvoerings van Afrikaanse en Engelse voorgeskrewe werke. Eisteddfod Ons leerders kry elke jaar die geleentheid om aan n verskeidenheid eisteddfods deel te neem: Cape Town Eisteddfod Kaapstad Afrikaanse Eisteddfod Stellenbosch Eisteddfod Tygerberg Internasionale Eisteddfod 16

ONDERSTEUNINGSDIENSTE DIE FOKUS IS: om die leerder te begelei om op alle terreine van menswees te ontwikkel om probleme wat leerders negatief beïnvloed uit te skakel om n uitgebreide verwysingsnetwerk aan leerders en ouers te verskaf DIT BEHELS: Berading voltydse maatskaplike werker voltydse pastorale berader voltydse geestelike begeleier Ma s wat omgee-gebedsaksie moeders wat vrywillig weekliks vir die skool en leerders bid Skakeling / Verwysing krisis- en/of traumaassesserings verwysing vir akademiese, emosionele en geestelike assesserings vir lees- of leerstoornisse leeshulp tydens eksamens (Jun. / Nov.) samewerking met leessentrums / buitesielkundiges / welsynorganisasies / rehabilitasiesentrums / spesiale onderwys ens. teens@comm: tieners vir die gemeenskap vereniging wat fokus op uitreikaksies in ons skool kwartaallikse insamelings vir minderbevoorregtes fondsinsamelingsprojekte kosprojekte Beleide Ons verseker die korrekte uitvoer van die skoolbeleide ten opsigte van swangerskap, selfskending, boeliegedrag, afhanklikheidsmiddels en MIV/Vigs. Interact Rotary projekte saam met Rotary talle uitstappies en kampe leierskapontwikkeling hulpaksies by sportbyeenkomste ONS WAARDES is: Omgee Empatie, goedhartigheid, liefdevol, vriendelikheid, bedagsaamheid, dankbaarheid, vergewensgesindheid Betroubaarheid Integriteit, eerlikheid, lojaliteit, steel of jok nie, bou n goeie naam, kan vertrou word, doen die regte ding Respek respekteer individuele verskille, luister, agting, los konflik sonder geweld op, goeie maniere, respekteer regte Regverdigheid maak beurte en deel, trek nie voor nie, bevoordeel nie hulself nie, onpartydig, onbevooroordeeld Verantwoordelikheid pligsbesef, is selfbeheersd, uitnemendheid, is voorbeeldig, beplan en stel doelwitte Burgerskap werk saam, bly ingelig, stem, goeie buurman, wetsgehoorsaam, respekteer die omgewing, spaar water en elektrisiteit Ons gee om 17

AFHANKLIKHEIDSBELEID Gebaseer op die Nuwe Regulasie insake dwelms gedateer 2008/09/19, omsendskrywe 1140 van 2008, onderteken deur Grace N M Pandor, Minister van Onderwys. Die beleid vorm deel van die gedragskode van die skool en word deur leerder en ouers / voogde onderteken. PROSEDURE AANMELDING deur... deur leerder(s) self / vriende / ouers / voogde / mede-leerders / personeel OF vermoede van middelgebruik / besit van / handel dryf in / eksperimentering met. leerder word direk na die adjunkhoof (dissiplinêr) verwys en opdrag word gegee vir dwelmtoetsing by Ondersteuningsdienste of Ondersteuningsdienste tref self reëlings. LET WEL: Die OUER(S) / VOOG(DE) is self verantwoordelik vir ALLE kostes rakende die verdere verloop van die proses. die toetsuitslag moet binne 24 uur aan die berader / graadhoof / skoolhoof verskaf word. die toetsuitslag word so spoedig moontlik binne 24 uur met die leerder bespreek; die leerder moet n skriftelike verklaring aflê oor die gebruik / eksperimentering / besit / verspreiding van / handel dryf in afhanlikheidsmiddels; die ouer(s)/voog(de) word binne 24 uur telefonies in kennis gestel van die uitslag. Indien die leerder positief toets: moet die ouer(s) / voog(de) die ooreenkoms (Bylaag A) vir die voorgeskrewe prosedure binne sewe dae onderteken mag die leerder nie die skool bywoon nie alvorens - die ooreenkoms onderteken is - die skool n skriftelike bewys ontvang het - van die program wat die leeder by n erkende diensverskaffer gaan bywoon ouer(s) /voog(de) reël self afsprake en vervoer opvolgtoetsing sal daarna deurlopend plaasvind Indien die leerder na die program weer POSITIEF toets of n skriftelike verklaring aflê waarin hy / sy erkenning gee van die gebruik / eksperimentering / besit / verspreiding van / handel dryf in afhankliheidsmiddels, moet EEN van die volgende opsies uitgevoer word: leerder verlaat vrywillig die skool of OF leerder verskyn voor die Beheerliggaam van die skool waarop n uitsetting kan volg. Die ouer(s) / voog(de) moet hierdie reëlings in samewerking met die adjunkhoof (dissiplinêr) en die Ondersteuningsdienste tref. DWELMHANDEL Die besit van / verspreiding van / handel dryf in afhanklikheidsmiddels op die skoolterrein word as n kriminele oortreding beskou en deur die SAPD ondersoek. Die span van Ondersteuningsdienste: Mev Sonja van Breda, Mnr Deon Beukes en Mev Sandra Kotzé 18

DETENSIESTELSEL Leerders word volgens n puntestelsel gestraf vir oortredings. Dissiplinêre oortredings: Leerders sit detensie op Saterdag oggende van 8:00 tot 10:00. Ouers sal n SMS ontvang asook n brief wat geteken moet word indien n leerder detensie sit. Akademiese versuim: Vakonderwyser sal self met leerder reël vir akadmiese intervensie en die ouers in kennis stel. n Leerder Ondersteunings Vergadering kan ook belê word om ernstige gevalle saam met die ouers en leerder aan te spreek. Leerders wat nie vir detensie opdaag nie, sal vir drie dae inskool geskors word waartydens hulle in die graadhoof se klas sal wees. STRAFKLAS Leerders wat steurende of ontwrigtende gedrag in die klas openbaar, sal ná een waarskuwing uit die klas verwyder word en na die skoolhoof se kantoor gestuur word. Die verwydering van die leerder uit die klas is nie n straf nie, maar n maatreël om te verseker dat onderrig in die klas kan voortgaan. Indien n leerder nie gehoor wil gee nie, sal die ouers ingeroep word en/of die leerder sal deur die Tribunaal verhoor en gestraf word. AFWESIGHEID Dit is elke ouer se plig om die skool in kennis te stel as n leerder afwesig sal wees. Leerders wat afwesig is se ouers sal per SMS in kennis gestel word (al het u die skool laat weet). Wanneer die leerder terugkeer, moet die ouer n brief met die datum(s) van afwesigheid of n mediese sertifikaat indien. NB: n Mediese sertifikaat is verpligtend wanneer n leerder afwesig is vir n toets of eksamen. UITTEKEN Leerders wat dringend gedurende die skooldag moet huis toe gaan, kan slegs uitteken indien die ouer self die kind by die skool kom afhaal. Toestemmingsbriewe van ouers moet aan die begin van die dag ingehandig word. Leerders wat siek voel, moet liefs tuis bly, aangesien dit n geweldige las plaas op die sekretaresse wat dit moet hanteer. Jou gesindheid bepaal jou optrede. Jou optrede bepaal jou kundigheid. n Betrokke Brakkie is n gelukkige Brakkie! 19

GESKIEDENIS n Kort oorsig oor die ontstaan van die Hoërskool Brackenfell Die opening van die Hoërskool Brackenfell op 21 Januarie 1976 was n ideaal wat so ver as 1906 terugstrek. In Januarie 1906 het mev Janet Brink, weduwee van Andries Brink, eienaar van die plaas Kruispad, een morg grond geskenk vir die oprigting van n skool in Brackenfell. Vanaf 22 Januarie 1906, terwyl die skool gebou is, het die leerlinge tydelik skoolgegaan aan huis van mnr CM Nagel. Op 9 April 1906 het ongeveer 18 leerlinge onder leiding van Mev Janet Brink me Miller die eenvertrekgebou wat deur die Skoolkomitee opgerig is, betrek. Vanaf Januarie 1907 is die skool onder beheer van die Skoolraad van Stellenbosch geplaas. Aangesien die skool so vinnig gegroei het, moes daar later twee klaskamers aangebou word en n derde van die NG Kerk gehuur word. Die eerste skoolgebou in 1906 In 1949 was die fasiliteite totaal ontoereikend en vroeg in 1960 is n nuwe skoolgebou betrek. Vanaf Januarie 1964 het die skool middelbare status verkry en van Januarie 1973 was dit ná verskeie uitbreidings n volwaardige hoërskool wat ook die laerskool gehuisves het. Die groei in die area en in leerdergetalle, het egter gou die noodsaak van n aparte hoërskool bevestig. Die huidige skoolgebou is in 1975 voltooi en in Januarie 1976 in gebruik geneem. Presies 70 jaar na die eerste skool in Brackenfell begin is, het die Hoërskool Brackenfell op 22 Januarie 1976 sy deure geopen. Onder die hoofskap van mnr PB Bruwer, het 234 leerders, 14 onderwysers en een sekretaresse die jaar begin. Op 14 Augustus 1976 het die destydse Direkteur van Onderwys, dr PS Meyer, die skool Dr. PS Meyer n Nuwe skoolwapen is deur dr C Pama van die SA Raad vir Heraldiek ontwerp. Die skoollied is deur mev Rika du Plessis geskryf en is deur dr Dirkie de Villiers getoonset. Die wapen en skoollied is op 11 September 1978 saam met die nuwe skooldrag (roesbruin baadjies en ligbruin broeke en rokke) in gebruik geneem. In Julie 1983 is V.l.n.r.: Mnr LC Bruwer, M Smit (Hoofmeisie), Mnr PB Bruwer (Hoof), E du Plessis (Hoofseun), dr C Pama mnr O Theron as nuwe skoolhoof aangestel. Verskeie prestasies is op akademiese en kulturele gebiede behaal. Na oorlegpleging met die Laerskole Brackenfell, Bastion en die Paarl-Skool, is in 1994 n gestandaardiseerde skooluniform (donkerblou baadjie, grys broek en turkoois rok) vir al vier skole in gebruik geneem. Onder leiding van mnr Ossie Theron is die aktiwiteitsentrum in 1992 in gebruik geneem. Die gebou is dan ook na hom vernoem omdat hy die inisieerder en dryfveer agter die projek was. Sedert April 2003 was mnr André Pretorius die skoolhoof. Die skool se getalle het uitgebrei en weer eens is die gebou vergroot en ander fasiliteite is opgegradeer. Die inwyding van n pawiljoen met sowat duisend sitplekke op 20 Maart 2010, het n lank gekoesterde droom bewaarheid. Die Hoërskool Brackenfell spog daarmee dat ons ook op akademiese gebied vooruitgegaan het. Die skool is tans een van die weinige skole wat aan leerders n onbeperkte vakkeuse bied. In 2017 neem mnr Jannie Muller die leisels oor by mnr Pretorius. Wat oor die afgelope 40 jaar bereik is, strek alle betrokkenes tot groot eer. Ons gaan vorentoe met 20

GEDRAGSKODE HOËRSKOOL BRACKENFELL SAMEVATTING VAN DIE GEDRAGSKODE (soos goedgekeur deur die beheerliggaam) AANHEF Die voorkoms, gedrag en optrede van leerders van die Hoërskool Brackenfell moet te alle tye in ooreenstemming wees met die voorskrifte en etos van die skool. Leerders se optrede moet die skool tot eer strek en mag op geen wyse ander leerders se reg op onderwys benadeel of die personeel verhinder om hul onderrigtaak uit te voer nie. LEERDERS ONDERNEEM OM... te alle tye die gedragskode en alle skriftelike en mondelinge reëlings van die skool na te kom; slegs die voorgeskrewe skool of sportdrag te dra (sien prospektus); toe te sien dat hul voorkoms te alle tye volgens die voorskrifte sal wees (sien prospektus); respek te betoon teenoor onderwysers, ander volwassenes en medeleerders en altyd ordentlik en beskaafd teenoor hulle op te tree; die skool en ander se eiendom te respekteer en hulle te weerhou van enige vorm van vandalisme; hulle te weerhou van rook, alkohol of enige vorm van dwelmgebruik; geen vorm van enige kriminele oortreding te begaan nie; hulle te onderwerp aan die gesag van die skoolhoof of sy verteenwoordiger en die SBL indien hulle ná n verhoor skuldig bevind mag word aan n oortreding van die gedrags-kode. Hiermee aanvaar ek die gedragskode en reëls soos in die skool se prospektus uiteengesit en onderneem ek om dit te alle tye te gehoorsaam. 21