GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Similar documents
LAERSKOOL SAAMTREK. GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRIMêRE SKOOL LAERSKOOL SAAMTREK

Hoërskool Swartland Grondwet

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

LAERSKOOL SAAMTREK GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS

GRONDWET VAN DIE DRAKENSTEIN SAKEKAMER

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

AGRI NOORD-KAAP GRONDWET

Buitengewone Provinsiale Koerant. Provincial Gazette Extraordinary CONTENTS INHOUD. Donderdag, 28 Februarie Thursday, 28 February 2002

13.6 RAPPORT 6: BESTUUR VAN DIE ADMINISTRATIEWE BURO AAN DIE LEDE VAN DIE ADMINISTRATIEWE BURO WYSIGING VAN REGLEMENT (Artt 155, 156)

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

PAARL RANGERS. Paarl Rangers Rugby-Voetbal Klub Gestig (1914) Grondwet en Reglimente Geamendemeer op 28 Oktober 2015

Kennisgewing van die ALGEMENE JAARVERGADERING. Suidwes Beherend (RF) Eiendoms Beperk 21 September 2016

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR

G/ Volgende hersien datum: Algemeen

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

OUTENIQUA HOëRSKOOL HANDLEIDING INGEVOLGE ARTIKEL 14 VAN DIE WET OP BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING (PAIA)

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

SAOU (Gauteng) SKOOLVERTEENWOORDIGERS Februarie 2016 KORTLYSVERGADERINGS EN ONDERHOUDE

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

DIE REPUBLIEK VAN HELDERBERG: GRONDWET

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

MOOIBERGE EIENAARSVERENIGING PAARL GRONDWET

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

TrumpetNet, 31 May 2007

Die wonder van water *

AURORA PRIVAAT STUDENTE ORGANISASIE GRONDWET

Daniël en die Leeukuil

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

UMZUMBE CHALETS AANDELEBLOK (EDMS) BPK

Laerskool Wonderboom LEERDERAANWESIGHEIDSBELEID

TOELATINGSBELEID LAERSKOOL RUSTENBURG RAKENDE DIE TOELATING VAN LEERDERS TOT DIE SKOOL OF GRADE BY DIE SKOOL

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Universiteit Stellenbosch Opleidingsforum. Terme van verwysing PD0329. General (external and internal)

Kennisgewing aan Aandeelhouers. Sakelys van n Algemene Jaarvergadering gehou te word te Kimberley op 09 November Program

Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES

Government Gazette Staatskoerant

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

BELEIDSDOKUMENT FINANSIëLE BELEID

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling)

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA VOORTREKKER APTEEK BK

HERSIENE REGLEMENT. van die GKSA PREDIKANTE PENSIOENFONDS

Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES

LAERSKOOL HELDERKRUIN

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE NORTHERN CAPE PROVINCE

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Wat is elektrisiteit? *

GREY KOLLEGE BELEID TEN OPSIGTE VAN DWELMMIDDELS

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

Speel met battery elektrisiteit *

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WILLEM STEPHANUS VAN ZYL

BELEID OOR DIE BESTUUR VAN WERKTYD, EN ALLE FAKTORE WAT DAAROP N IMPAK HET, VAN INRIGTINGSVERBONDE OPVOEDERS BY SKOLE [Grade R - 12]

5.2 Konstruksie van vraelyste Struktuur van die vraelys

KOOPOOREENKOMS THERESIA PARK

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Februarie 2016 No: 4 van 2016

BELEID OOR KONFLIK VAN BELANGE

Musiek: Toets jou kennis *

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

AGRI VOEDSEL. AGRI VOEDSEL BEPERK (In die Republiek van Suid-Afrika geïnkorporeer) (Registrasienommer 2007/015880/06) ("AVL" of "die Maatskappy")

AANSOEK TOT TOELATING VIR 2019 HUIDIGE SKOOLGELD VIR 2018 OPSIE 1: MAANDELIKS OPSIE 2: EENMALIG OPSIE 3: DEBIETORDER. Betaalbaar voor/op 1 Maart 2018

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA GORETE TEIXEIRA SUTIL N.O. AANGEHOOR OP: 29 NOVEMBER 2012 UITSPRAAK DEUR: VAN DER MERWE, R

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

SPELERS MET GESTREMDHEDE

BOUKONTRAK AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN. Die KONTRAKTEUR soos gedefinieer in die kontrak waarvan hierdie ooreenkoms Aanhangsel F is

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

SWELLENDAM MUNISIPALITEIT

nommer 1 Gedragskode vir ouers 3 2 Gedragskode en dissiplinêre prosedures 10 3 Dissipline Beleid 18 4 Dissiplinêre prosedure en gedragskode 24 5

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION

Plekwaardes van heelgetalle *

Beleid oor byeenkomste, demonstrasies en betooglinievorming by die Noordwes-Universiteit

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08


SOUTH AFRICAN BIATHLON ASSOCIATION SUID-AFRIKAANSE TWEEKAMP VERENIGING

LAERSKOOL EVERSDAL VIGSBELEID

LEDE - GEWESE EN HUIDIGE

Voorstel aan die Kerkraad in opdrag van die Kerkraad rakende Engelse Dienste Aangewysde ouderlinge en Register van besoekers in die erediens

Die wind as bron van energie *

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE NASKOOLSENTRUM 2018 Vorm NS 1

Die rol van skoolbeheerliggame in die aanbeveling van prinsipale aanstellings: uitdagings vir plattelandse skole.

Inkomstestaat en balansstaat *

OPBERGINGSOOREENKOMS

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN DIE TYGERBERG TAK VAN DIE FIA SOOS GEHOU 5 NOVEMBER 2010 BY LA MASSERIA RESTAURANT VAN 11:15 TOT 13:00

VOLTOOI AFDELINGS : A P VOLLEDIG

Transcription:

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM 1. WOORDOMSKRYWING In hierdie Grondwet tensy uit die samehang anders blyk, beteken beheerliggaam die beheerliggaam van die Laerskool Jan van Riebeeck soos in Artikel 16(1) van die Wet bedoel; borgliggaam n liggaam of groep persone deur die beheerliggaam goedgekeur en wat bereid is om die skool finansieël te ondersteun; departementshoof die hoof van die Departement van Onderwys in die Provinsie Wes-Kaap; die Wet die Suid-Afrikaanse Skolewet 1996 (wet 84 van 1996) en die maatreëls daarkragtens uitgevaardig; hierdie Grondwet die Grondwet van die beheerliggaam van die Laerskool Jan van Riebeeck; lid van die Uitvoerende Raad die lid van die uitvoerende Raad verantwoordelik vir onderwys in die Provinsie Wes-Kaap; maatreëls die maatreëls betreffende beheerliggame van gewone openbare skole uitgevaardig kragtens die bepalings van die Wet, soos van tyd tot tyd gewysig. onderwys onderriginstruksie of opleiding wat ingevolge die Wet aan leerders verskaf word. 2. NAAM VAN SKOOL Laerskool Jan van Riebeeck (hierna die skool genoem). 3. STRAATADRES VAN SKOOL Kloofstraat 52, Kaapstad, 8001 4. POSADRES VAN SKOOL Kloofstraat 52, Kaapstad, 8001 Grondwet van die Beheerliggaam Bladsy 1

5. STATUS VAN DIE SKOOL Die skool is n regspersoon met die wetlike bevoegdheid om sy werksaamhede ingevolgde die Wet te verrig. 6. LEUSE EN MISSIE 6.1 Die skool se leuse is Wees Uself 6.2 Die skool se missie is: Ons streef na die grootste mate van geluk vir almal wat by die Laerskool Jan van Riebeeck betrokke is: leerders, onderwysers en ouers. Ons poog om vir kinders n veilige hawe te skep en in vennootskap met die ouers kwaliteitonderrig te bied en só die leerders te begelei om hul volle potensiaal te verwesenlik. Ons wil die kind in sy totaliteit opvoed tot n gebalanseerde en verantwoordelike mens in diens van sy land en medemens. 7. BEHEER EN PROFESSIONELE BESTUUR VAN DIE SKOOL 7.1 Behoudens die Wet, setel die beheer van die skool in sy beheerliggaam: met dien verstande dat die beheerliggaam of lid daarvan in sy of haar hoedanigheid as lid, nie met die professionele werksaamheid van n onderwyser by die vervulling van sy of haar pligte mag inmeng nie. 7.2 Die beheerliggaam staan in n vertrouensposisie teenoor die skool. 7.2.1 Behoudens die Wet en hierdie Grondwet moet die professionele bestuur van die skool deur die prinsipaal, onder die gesag van die departementshoof, onderneem word. 8 DOELSTELLING VAN DIE SKOOL 8.1 Om onderwys van gehalte wat insluit onderrig, opvoeding, opleiding en sport, ingevolge die Wet aan leerlinge te bied. 8.2 Om onderrig in n veilige en rustige omgewing aan te bied. 8.3 Om behoudens die bepalings van Artikel 5 van die Wet, leerders toe te laat en in hulle opvoedkundige behoeftes te voorsien, sonder om op enige wyse onregverdig te diskrimineer. Grondwet van die Beheerliggaam Bladsy 2

8.4 Om behoudens die bepalings van Artikel 6 van die wet, geen vorm van rassediskriminasie toe te laat in die uitvoering van die skool se beleide nie. 8.5 Om behoudens die bepalings van Artikel 7 van die Wet, godsdiensbeoefening by die skool op n billike wyse te laat geskied en om bywoning daarvan deur leerder en personeellede op n vrywillige grondslag te laat plaasvind. 8.6 Om die skoolfonds, alle opbrengste daaruit en alle ander bates van die skool slegs te gebruik ooreenkomstig die bepalings van Artikel 37 van die Wet. 8.7 Om finansieel so te funksioneer dat die skool sy verpligtinge sal kan nakom. 8.8 Om die gemeenskap te dien deur leerders so voor te berei dat hulle as goed opgevoede persone hulle plek in die gemeenskap sal kan inneem. 8.9 Om aan die personeel van die skool die geleentheid te bied om professioneel te groei, werksbevrediging te kry en sodoende onderwys van hoogstaande gehalte te lewer. 8.10 Om n bydrae te lewer tot die bevordering van sport en kultuur in die algemeen maar in besonder om sport en kultuurbedrywighede as opvoedingsgeleenthede te benut tot voordeel van die leerders in die skool. 8.11 Om uitvoering aan die missie van die skool te gee. 9. BEDIENINGSGEBIED Die skool bedien tradisioneel die hele gemeenskap van die munisipale gebied van Kaapstad en omliggende gebiede. 10. WERKSAAMHEDE EN TOEGEWESE WERKSAAMHEDE VAN BEHEERLIGGAAM 10.1 Behoudens die bepalings van Artikels 20 en 21 van die Wet, verrig die beheerliggaam die werksaamhede wat binne sy bevoegdheid val en wat nodig is vir die welsyn van die skool. 10.2 Die beheerliggaam handel ooreenkomstig die bepaling van Artikel 37 van die Wet, met die skoolfonds en bates van die skool. Grondwet van die Beheerliggaam Bladsy 3

10.3 Die beheerliggaam wens ooreenkomstig die bepalings van die Wet en hierdie Grondwet fondse aan ten einde die doelstellings hierbo genoem te verwesenlik. 10.4 Ooreenkomstig die bepalings van die Wet en hierdie Grondwet moet die beheerliggaam dienste en fasiliteite daarstel in belang van die leerders en van onderwys. 10.5 Ooreenkomstig die bepalings van Artikel 43 van die Wet moet die beheerliggaam ouditeure aanstel om die skool se finansiële rekords en state te ouditeur. 10.6 Ooreenkomstig die bepalings van Artikel 8 van die Wet moet die beheerliggaam n gedragskode vir leerders aanvaar na oorleg met die leerders, ouers en onderwysers van die skool. 10.7 Ooreenkomstig die bepalings van Artikel 9 van die Wet moet die beheerliggaam optree teen leerders wat die gedragskode oortree. 10.8 Ooreenkomstig die bepalings van Artikels 39, 40 en 41 van die Wet, moet die beheerliggaam toesien dat skoolgeld gehef word en kan die beheerliggaam betaling daarvan afdwing. 10.9 Die beheerliggaam stel die leuse en missie van die skool op. Die leuse en missie vorm deel van hierdie Grondwet. 10.10 Om personeel aan te stel en te administreer ooreenkomstig die bepalings van die Wet en maatreëls en die beleid van die beheerliggaam. 10.11 Om in die naam van die skool uit skoolfonds beleggings te maak en op te vra, geld te leen en borg te teken. 10.12 Om, binne die voorskrifte van die Departement van Onderwys van die Provinsie Wes-Kaap roerende en onroerende eiendom te verkry en vervreem. 11. AANSPREEKLIKHEID VAN LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM n Lid van die beheerliggaam is nie aanspreeklik vir enige skuld, skade of verlies van die skool nie, tensy hy of sy sonder magtiging, opsetlik, kwaadwilliglik of nalatig opgetree het en daarom daarvoor verantwoordelik gehou kan word. Grondwet van die Beheerliggaam Bladsy 4

12. SAMESTELLING VAN DIE BEHEERLIGGAAM Die beheerliggaam van die skool word saamgestel ooreenkomstig die bepalings van Maatreël 2 van die maatreëls. 13. AMPSTERMYN VAN LEDE VAN BEHEERLIGGAAM n Lid van die beheerliggaam wat nie n leerder is nie, beklee of sy of haar amp vir n termyn ooreenkomstig die bepalings van Maatreël 4 van die maatreëls. 14. KWORUM Minstens een meer as die helfte van die lede van die beheerliggaam, saamgestel ooreenkomstig die bepalings van Maatreël 2(1) van die maatreëls, vorm n kworum vir enige vergadering. 15. VERKIESING VAN AMPSDRAERS VAN BEHEERLIGGAAM Behoudens die bepalings van die maatreëls verkies die beheerliggaam uit sy geledere, op die eerste vergadering van die beheerliggaam, ampsdraers wat minstens n voorsitter, n tesourier en n sekretaris insluit. 16. TERMYN VAN AMPSDRAERS 16.1 Behoudens die bepalings van die maatreëls beklee die ampsdraers hulle ampte vir n termyn van twaalf (12) maande vanaf die datum van hulle verkiesing. 16.2 n Ampsdraer kan herverkies word na verstryking van sy of haar ampstermyn. 17. VERSKONING VIR AFWESIGHEID VAN LEDE VAN BEHEERLIGGAAM Die beheerliggaam aanvaar verlof vir afwesigheid van n lid of lede vir n periode soos deur die beheerliggaam bepaal. 18. TOEVALLIGE VAKATURES IN BEHEERLIGGAAM n Toevallige vakature in die beheerliggaam onstaan en word gevul ooreenkomstig die bepalings van die maatreëls. Grondwet van die Beheerliggaam Bladsy 5

19. KOMITEES 19.1 Die beheerliggaam kan ooreenkomstig die bepalings van Artikel 30 van die Wet een of meer komitees aanstel om hom te adviseer en om onderworpe aan die opdrag van die beheerliggaam, die werksaamhede te verrig soos deur die beheerliggaam bepaal. 19.2 Die beheerliggaam kan enige besluit van n komitee in paragraaf 19.1 beoog, wysig of tersyde stel. 20. VERGADERINGS 20.1 Die beheerliggaam moet minstens een keer elke skoolkwartaal vergader. 20.2 Die beheerliggaam moet minstens een keer per jaar met leerders, ouers, onderwysers en ander personeel van die skool, onderskeidelik, vergader. 20.3 Die beheerliggaam moet minstens een keer per jaar oor sy aktiwiteite aan ouers, leerders, onderwysers en ander personeel van die skool verslag lewer en n finansiële jaarverslag aan ouers sirkuleer. 20.4 Vergaderings van die beheerliggaam geskied ooreenkomstig die bepalings van die maatreëls. 20.5 n Buitengewone vergadering word deur die voorsitter belê wanneer hy of sy dit nodig ag of wanneer minstens vier lede (die beheerliggaam stel getal lede vas) n skriftelike versoek met opgawe van redes vir sodanige vergadering voorlê. 20.6 Elke lid van die beheerliggaam het een stem. By die staking van stemme het die voorsitter, benewens sy of haar beraadslagende stem, n beslissende stem. 20.7 n Lid van die beheerliggaam moet van n vergadering van die beheerliggaam onttrek vir die duur van die bespreking van en die besluitneming oor enige aangeleentheid waarby die lid n persoonlike belang het. 21. KENNISGEWING VAN VERGADERINGS Gewone asook buitengewone vergaderings vind plaas na skriftelike kennisgewing van minstens sewe (7) daarvan voor die datum van die vergadering. Die kennisgewing van die vergadering moet n opgawe van die sake wat tydens die vergadering bespreek gaan word, insluit. Grondwet van die Beheerliggaam Bladsy 6

22. SAKELYS Die beheerliggaam behandel die sake waarvoor daar vooraf kennis gegee is, asook die sake wat die voorsitter of enige ander lid met die goedkeuring van die vergadering mag voorlê, tydens die vergadering. Enige persoon kan op uitnodiging van die beheerliggaam n vergadering van die beheerliggaam bywoon en aan die bespreking deelneem, maar het nie stemreg nie. Die beheerliggaam kan ook eis dat enige betrokke personeellid van die skool n vergadering bywoon vir doeleindes soos deur die beheerliggaam bepaal. 23. NOTULES VAN VERRIGTINGE VAN VERGADERINGS Die notules van die verrigtinge van vergaderings van die beheerliggaam moet ooreenkomstig die bepalings en maatreëls hanteer word. 24. BANKREKENING 24.1 Die beheerliggaam moet n bankrekening open en in stand hou. 24.2 Behoudens paragraaf 22.1 moet alle geld wat deur die skool ontvang word, met inbegrip van skoolgeld en vrywillige bydraes, in die skoolfonds gestort word. 24.3 Bankdeposito s en alle ander geldelike transaksies geskied in die naam van die skool. Die skool se tjeks, wissel en ander derglike dokumente word namens die skool deur twee persone uit die getal persone wat deur die beheerliggaam aangewys word, onderteken. 25. AFSLUITING VAN BOEKJAAR Die boekjaar begin op die eerste dag van Januarie en eindig op die laaste dag van Desember. Die rekords en state van die skool moet daarna geouditeer word ooreenkomstig die bepalings van Artikel 43 van die Wet. 26. INDIENING VAN FINANSIËLE STATE Die beheerliggaam moet binne ses (6) maande na die einde van elke boekjaar n afskrif van die jaarlikse geouditeerde finansiële state aan die departementshoof voorlê. Grondwet van die Beheerliggaam Bladsy 7

27. OUERKOMITEES Die beheerliggaam kan n ouerkomitee instel om hom te adviseer en sodanige funksies te verrig soos wat die beheerliggaam bepaal. 28. WYSIGING VAN DIE GRONDWET 28.1 n Besluit ter wysiging van hierdie Grondwet vereis n twee-derde meerderheid van die totale ledetal van die beheerliggaam nadat alle lede minstens twee (2) maande vooraf van die beoogde wysigings in kennis gestel is. 28.2 Indien te min lede by die vergadering wat hiervoor belê sou word, teenwoordig is, moet n tweede vergadering minstens twee (2) weke na die eerste vergadering uitsluitlik vir die doel byeen geroep word. Indien twee-derdes van die lede nie by die tweede vergadering teenwoordig is nie, kan die wysiging deur twee-derdes van die aanwesige lede aangebring word, waarna dit aan die betrokke provinsiale Onderwysdepartment vir goedkeurig voorgelê moet word. Hersien: Hersien: Goedgekeur deur die Beheerliggaam op 17 April 2012 en deur die Voorsitter onderteken. Goedgekeur deur die Beheerliggaam op 17 September 2018 en deur die Voorsitter onderteken. VOORSITTER: BEHEERLIGGAAM Grondwet van die Beheerliggaam Bladsy 8